# Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-phsc-p1-sept2017-qp-afr/0f232c39-e5d3-4aed-a6d0-54ab6f9ce60a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP](https://www.hlayiso.com/library/gr12-phsc-p1-sept2017-qp-afr/0f232c39-e5d3-4aed-a6d0-54ab6f9ce60a)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                             SEPTEMBER 2017

                     FISIESE WETENSKAPPE V1

PUNTE:       150

TYD:         3 uur

                                     *PHSCA1*

       Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, insluitende ŉ 2-bladsy gegewensblad.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              FISIESE WETENSKAPPE V1                    (EC/SEPTEMBER 2017)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Skryf jou volle NAAM en VAN in die toepaslike spasie op jou
        ANTWOORDEBOEK.

 2.     Beantwoord AL die vrae.

 3.     Nieprogrameerbare sakrekenaar mag gebruik word.

 4.     Toepaslike wiskundige apparaat mag gebruik word.

 5.     Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelstel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

 6.     Jy word aangeraai om die aangehegde GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

 7.     Toon ALLE formules en substitusie in ALLE bewerkings.

 8.     Gee kort verduidelikings, motiverings, ensovoorts, waar nodig.

 9.     Rond jou finale numeriese antwoord af tot ŉ minimum van TWEE desimale
        plekke.

 10.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 11.    Alle diagramme is nie noodwendig volgens skaal geteken nie.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                  FISIESE WETENSKAPPE V1                                3

 VRAAG 1        MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

 Vier moontlike keuses word voorsien by die volgende vrae. Elke vraag het slegs EEN
 korrekte antwoord. Kies die beste antwoord en skryf SLEGS die letter A, B, C of D
 langs die vraagnommer (1.1–1.10) in jou ANTWOORDEBOEK.

 1.1    Watter EEN van die volgende is ŉ konserwatiewe krag?

        A        Normaalkrag
        B        Wrywingskrag
        C        Toegepaste krag
        D        Gravitasiekrag                                                            (2)

 1.2    Twee voorwerpe ondervind ŉ ELASTIESE botsing in ŉ geslote sisteem. Watter
        EEN van die volgende kombinasies ten opsigte van momentum en kinetiese
        energie is korrek?

                        Momentum bly …                   Kinetiese energie bly …
        A        nie behoue nie                     behoue
        B        behoue                             nie behoue nie
        C        nie behoue nie                     nie behoue nie
        D        behoue                             behoue                                 (2)

 1.3    Twee identiese ladings Q1 en Q2 word ŉ afstand r van mekaar geplaas. Die
        ladings ondervind ŉ elektrostatiese krag F.

        Indien die afstand ... is, verander die krag na 4F. Watter EEN van die
        volgende veranderings in r sal ŉ krag van 4F voortbring?

                       Oorspronklike afstand                  Nuwe afstand
        A                        r                                  3r
                                                                    1
        B                        r                                      r
                                                                    4
                                                                    1
        C                        r                                      r
                                                                    2

        D                        r                                   r                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               FISIESE WETENSKAPPE V1                     (EC/SEPTEMBER 2017)

 1.4    In die stroombaan hieronder het die gloeilampies X en Y weerstande van R en
        3R onderskeidelik.

        Indien die potensiaalverskil oor Y gelyk is aan V, wat is die voltmeterlesing oor
        die battery?

        A       2V
        B       V
                1
        C           V
                4
                1
        D           V                                                                        (2)
                2

 1.5    Die diagram hieronder toon lig wat op die katode van ŉ fotosel inval. Die
        ammeter registreer ŉ ZERO-lesing.

        Die intensiteit van die invallende lig word nou verhoog. Watter EEN van die
        volgende beskryf die verwantskap tussen die intensiteit van die invallende lig
        en die ammeterlesing korrek?

                          INTENSITEIT                        AMMETERLESING
        A                   Neem toe                            Neem toe
        B                   Neem toe                           Bly dieselfde
        C                   Neem toe                             Neem af
        D                   Neem af                             Neem toe                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                  FISIESE WETENSKAPPE V1                            5

 1.6    ŉ Bal word geskop en beweeg teen ŉ wrywinglose skuinsvlak op en bereik
        punt A soos in die diagram getoon.

        Een van die volgende vryeliggaamdiagramme toon al die kragte wat op die
        bal inwerk. Die diagramme is nie volgens skaal geteken nie.

        A                                        B

        C                                        D

                                                                                       (2)

 1.7    ŉ Lugsak kan ŉ bestuurder teen ernstige beserings tydens ŉ botsing
        beskerm. Die rede hiervoor is dat soos die tyd van impak …

        A        toeneem, neem die netto-krag af.
        B        afneem, neem die netto-krag af.
        C        toeneem, neem die netto-krag toe.
        D        afneem, bly die netto-krag dieselfde.                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               FISIESE WETENSKAPPE V1                   (EC/SEPTEMBER 2017)

 1.8    Die grafiek hieronder toon die verwantskap tussen maksimum kinetiese
        energie (Kmaks) van die foto-elektrone en die frekwensie van invallende fotone
        tydens ŉ foto-elektriese effek eksperiment.

        Die punt gemerk P op die grafiek verteenwoordig die …

        A       maksimum snelheid.
        B       maksimum frekwensie.
        C       drumpelfrekwensie.
        D       werksfunksie.                                                              (2)

 1.9    ŉ Waarnemer beweeg weg van ŉ stilstaande bron. Die toonhoogte wat die
        waarnemer hoor verander skynbaar want die .…

        A       hardheid van die bron neem skynbaar toe.
        B       frekwensie van die bron neem skynbaar toe.
        C       frekwensie van die bron neem skynbaar af.
        D       golflengte van die bron neem skynbaar af.                                  (2)

 1.10 Die skets hieronder verteenwoordig ŉ wisselstroom(WS)-generator. Watter
      EEN van die volgende ten opsigte van ŉ WS-generator is korrek?

                Die WS-generator ...                    Tipe ring gebruik
        A       skakel meganiese energie om na
                                                        Sleepringe
                elektriese energie.
        B       skakel elektriese energie om na
                                                        Split-ring kommutator
                meganiese energie.
        C       skakel elektriese energie om na
                                                        Sleepringe
                meganiese energie.
        D       skakel meganiese energie om na
                                                        Split-ring kommutator
                elektriese energie.                                                        (2)
                                                                                          [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                  FISIESE WETENSKAPPE V1                                 7

 VRAAG 2        (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

 ŉ 5 kg-blok rus op ŉ ruwe horisontale tafel en is deur middel van ŉ ligte, onelastiese
 tou wat oor ŉ ligte, wrywinglose katrol hang, aan ŉ 12 kg-blok verbind. ŉ 5 N-krag
 word op die 5 kg-blok teen ŉ hoek van 30° met die horisontaal soos in die diagram
 hieronder getoon, uitgeoefen.

 2.1    Skryf Newton se Tweede Bewegingswet in woorde neer.                                 (2)

 2.2    Teken ŉ vrye-liggaamdiagram van al die kragte wat op die 5 kg-blok inwerk.          (5)

 2.3    Die kinetiese wrywingskoëffisiënt (µk) tussen die 5-kg blok en die oppervlak is
        0,2.

        Gebruik Newton se Wette en bereken die grootte van die:

        2.3.1    Normaalkrag wat op die 5 kg-blok inwerk                                    (3)

        2.3.2    Kinetiese wrywingskrag wat op die 5 kg-blok inwerk                         (2)

        2.3.3    Versnelling van die 5 kg-blok                                              (4)
                                                                                           [16]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                FISIESE WETENSKAPPE V1                 (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 3         (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

 ŉ Klip word vertikaal opwaarts vanaf punt A, wat 1,8 m bokant die basis van ŉ gebou
 is, met ŉ spoed van 15 m•s-1 geprojekteer. Die klip tref die dak van die gebou by
 punt X, 2,4 s nadat dit geprojekteer is. Ignoreer die effekte van lugwrywing.

 3.1    Definieer die term vryval.                                                        (2)

 3.2    Bereken die:

        3.2.1    Tyd wat dit die klip neem om die maksimum hoogte by Y te bereik          (3)

        3.2.2    Spoed waarteen die klip die dak van die gebou tref                       (4)

 3.3    Bereken die hoogte van die gebou.                                                 (6)

 3.4    Skets die snelheid-tyd-grafiek van die beweging van die bal vanaf die tyd wat
        dit geprojekteer is, totdat dit die dak van die gebou tref.

        Dui die volgende op jou grafiek aan:

         i)    Beginsnelheid
         ii)   Tyd by Y, die maksimumhoogte
        iii)   Eindsnelheid by X, die dak van die gebou                                   (3)
                                                                                         [18]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                  FISIESE WETENSKAPPE V1                               9

 VRAAG 4        (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

 ŉ 4 kg-houer word by punt A bokant die horisontaal gelos en dit gly 7 m vanaf A na C
 teen ŉ skuins helling af. Die skuins helling vanaf punt A na B is 3 m lank en is
 wrywingloos terwyl die helling vanaf punt B na C ŉ ruwe oppervlak is, soos in die
 diagram getoon. Die diagram is nie volgens skaal geteken nie.

 4.1    Stel die Beginsel van Behoud van Meganiese energie in woorde.                     (2)

 4.2    Bereken die spoed van die houer by punt B.                                        (4)

 4.3    Die houer ondervind ŉ konstante kinetiese wrywingskrag van 13,6 N soos dit
        vanaf B na C beweeg.

        4.3.1    Stel die Arbeid-Energie-stelling in woorde.                              (2)

        4.3.2    Teken ŉ vrye-liggaamdiagram van AL die kragte wat op die houer
                 inwerk terwyl dit van B na C beweeg.                                     (3)

        4.3.3    Gebruik die energie-beginsels en bereken die kinetiese wrywingskrag
                 tussen B en C indien die spoed van die houer by punt C, die
                 onderkant van die helling, 3 m•s-1 is.                                   (5)

 4.4    Die hoek tussen die helling en die horisontaal word verminder. Hoe sal hierdie
        verandering die kinetiese wrywingskoëffisiënt op die houer beïnvloed?

        Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE.                                     (1)
                                                                                         [17]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              FISIESE WETENSKAPPE V1                  (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 5        (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

 ŉ 5 g-staal albaster word horisontaal ooswaarts vanaf ŉ 2 kg-model kanon wat op ŉ
 plat wrywinglose horisontale oppervlak stilstaan, gevuur. Die kanon word 0,32 m
 vanaf ŉ vaste versperring geplaas.

 Op die oomblik wat die staal albaster die kanon verlaat, beweeg die kanon teen ’n
 konstante snelheid terugwaarts.

 5.1    Stel die Beginsel vir die Behoud van Lineêre Momentum in woorde.                  (2)

 5.2    Nadat die skoot afgevuur is, neem die kanon 0,33 s om die versperring 0,32 m
        weg te tref.

        Bereken die spoed waarteen die:

        5.2.1   Kanon die versperring tref                                                (3)

        5.2.2   Staal albaster vanuit die kanon afgevuur word                             (4)

 5.3    Die kanon bons vanaf die versperring teen ŉ spoed van 0,4 m•s-1, terug.
        Bereken die grootte van die impuls van die versperring op die kanon.              (3)
                                                                                         [12]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                 FISIESE WETENSKAPPE V1                                11

 VRAAG 6        (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

 ŉ Ambulans beweeg weg van ŉ ongelukstoneel teen ŉ konstante spoed met die sirene
 wat klankgolwe met ŉ frekwensie van 890 Hz voortbring. ŉ Detektor by die toneel meet
 90% van die frekwensie van die klankgolwe wat die sirene voortbring soos die
 ambulans wegbeweeg.

 6.1    Watter verskynsel word hierbo beskryf?                                              (1)

 6.2    Verduidelik in terme van golfbeweging waarom die detektor 90% van die
        frekwensie van die klankgolwe wat die ambulans voortbring, meet.                    (2)

        Neem aan dat die spoed van klank in lug 340 m•s-1 is.

 6.3    Bereken die spoed van die ambulans.                                                 (5)

 6.4    Wat is die gebruik van die Doppler-vloeimeter in die mediese veld?                  (1)

 6.5    Die diagram hieronder toon die spektraallyne van ŉ nabygeleë ster soos vanaf
        die Aarde waargeneem.

        6.5.1    Beweeg die ster na of weg van die Aarde?                                   (1)

        6.5.2    Vergelyk die beweging van die nabygeleë ster en die verafgeleë ster
                 soos vanaf die Aarde waargeneem. Watter EEN van hulle beweeg
                 vinniger?                                                                  (2)
                                                                                           [12]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              FISIESE WETENSKAPPE V1                    (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 7        (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

 Twee metaalsfere, J en L, wat op houtstaanders geplaas word, het ladings van +3 μC
 en +2 μC onderskeidelik. Die diagram is nie volgens skaal geteken nie.

 7.1    Stel Coulomb se Wet in woorde.                                                      (2)

 7.2    Bereken die elektrostatiese krag wat deur sfeer L as gevolg van sfeer J
        ondervind word.                                                                     (4)

 7.3    Sfeer L word nou 12 cm van sfeer J geplaas. Nog ŉ sfeer, M met ŉ lading van
        -8 μC kom in kontak met sfeer L. Na die kontak word sfeer M op ŉ houtstaander
        P geplaas, 8 cm van sfeer L, soos in die diagram getoon.

        7.3.1   Wat is die lading (Q) op sfeer M na kontak met sfeer L?                     (1)

        7.3.2   Bereken die aantal elektrone wat tussen sfeer L en sfeer M na kontak
                oorgedra is.                                                                (3)

        7.3.3   Teken die elektriese veldpatroon as gevolg van die lading op sfeer J en
                sfeer L na kontak.                                                          (3)

 7.4    Bereken die netto elektriese-veldsterkte of sfeer L as gevolg van sfeer J en
        sfeer M na kontak.                                                                  (6)
                                                                                           [19]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                 FISIESE WETENSKAPPE V1                            13

 VRAAG 8        (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

 8.1    ŉ Wisselstroom(WS)-generator word op ŉ plaas geïnstalleer en die volgende
        emk teenoor tyd grafiek word gelewer. Die wortel van gemiddelde kwadraat-
        stroom is 3% van die wortel van gemiddelde kwadraat-spanning.

        8.1.1    Wat verteenwoordig 94,3 V op die grafiek?                              (1)

        8.1.2    Bereken die gemiddelde drywing vir hierdie generator.                  (4)

        8.1.3    Watter veranderings moet aan die bogenoemde WS-generator
                 gemaak word om dit na ŉ GS-generator te verander?                      (2)

 8.2    ŉ Soeklig met ŉ ohmiese gloeilamp is gemerk 90 V en 56 W.

        8.2.1    Bereken die weerstand van die gloeilamp.                               (4)

        Die soeklig word nou aan die WS-generator wat in VRAAG 8.1 hierbo beskryf
        is, gekoppel.

        8.2.2    Verduidelik hoe die helderheid van die gloeilamp nou sal
                 verander.

                 Kies uit TE HELDER, REGTE HELDERHEID of TE DOF.

                 Verduidelik jou antwoord.                                              (2)
                                                                                       [13]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                              FISIESE WETENSKAPPE V1                   (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 9        (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

 ŉ Battery word in ŉ stroombaan soos in die diagram hieronder getoon, gekoppel.
 Indien skakelaar S1 oop is, vloei die stroom en die voltmeter V se lesing is 22,14 V.

 9.1    Skyf die term wat die voltmeterlesing beskryf indien die skakelaar S 1 oop is,
        neer.                                                                          (1)

 9.2    Indien albei skakelaars gesluit is, verminder die voltmeterlesing na 21,24 V en
        die ammeter se lesing is 4,5 A.

        Bereken die:

        9.2.1   Interne weerstand van die battery                                          (4)

        9.2.2   Effektiewe weerstand van die parallelle verbinding                         (6)

 9.3    Noem EEN faktor wat sal veroorsaak dat die lesings verander.                       (1)

 9.4    Skakelaar S2 word nou geopen.
        Sal die voltmeterlesing TOENEEM, AFNEEM of DIESELFDE BLY?                          (1)
                                                                                          [13]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                FISIESE WETENSKAPPE V1                                15

 VRAAG 10         (Begin op ŉ NUWE bladsy.)

 ŉ Groep wetenskaplikes doen ŉ ondersoek deur vyf verskillende ligbronne A, B, C,
 D en E met verskillende golflengtes op ŉ platinummetaaloppervlak te skyn. Hulle
 meet die maksimum kinetiese-energieë van die uitgestraalde foto-elektrone en stel
 die volgende grafiek op.

     Ek (maks.)

     ( × 10-18 J )

                                                                   f ( × 1015 Hz )

 10.1 Definieer die werksfunksie van ŉ metaal.                                             (2)

 10.2 Gebruik die inligting vanaf die grafiek en bereken die werksfunksie van die
      platinummetaal.                                                                      (3)

 10.3 Hoe sal die aantal uitgestraalde elektrone beïnvloed word:

        (Kies slegs VERMEERDER, VERMINDER of BLY DIESELFDE.)

        10.3.1 Indien die intensiteit van ligbron A verhoog word                           (1)

        10.3.2 As ligbron B in plaas van ligbron A gebruik word                            (1)

 10.4 Bereken die spoed van ŉ uitgestraalde elektron indien ligbron C op die
      platinummetaal geskyn word.                                                          (3)
                                                                                          [10]
                                                                             TOTAAL:      150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
16                                    FISIESE WETENSKAPPE V1                            (EC/SEPTEMBER 2017)

                          DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                    PAPER 1 (PHYSICS)

                    GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                               VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
                                                      SYMBOL/
                     NAME/NAAM                                VALUE/WAARDE
                                                      SIMBOOL
 Acceleration due to gravity / Swaartekragversnelling    g       9,8 m•s-2
 Universal gravitational constant /
 Universelegravitasiekonstant
                                                                  G           6,67 × 10-11 N•m2.kg-2
 Speed of light in a vacuum / Spoed van lig in ŉ vakuum           c               3,0 × 108 m•s-1
 Planck's constant / Planck se konstante                          h              6,63 × 10-34 J•s
 Coulomb's constant / Coulomb se konstante                        k             9,0 × 109 N•m2•C-2
 Charge on electron / Lading op elektron                          e                -1,6 × 10-19 C
 Electron mass / Elektronmassa                                  me                9,11 × 10-31 kg
 Mass of earth / Massa op aarde                                   M               5,98 × 1024 kg
 Radius of earth / Radius van aarde                               RE              6,38 × 103 km

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING
 v f  vi  a t                                  Δx  v i Δt  21 at 2 or/of Δy  v i Δt  21 at 2
                                                        v  vf                 v  vf 
 v f  v i  2ax or/of v f  v i  2ay
     2      2                  2      2
                                                  Δx   i       Δt or/of Δy   i       Δt
                                                        2                      2 

FORCE/KRAG
 Fnet  ma                                        p mv

 fsmax = µsN                                      fk = µkN
 Fnett  p
                                                  w  mg
 p  mv f  mv i
         Gm 1 m2                                        M
 F            2                                  g = G d2
           d

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING
 W  Fx cos                  U  mgh    or/of EP  mgh
                                                  Wnet  K or/of Wnet  Ek
         1                 1
 K        mv 2 or/of E k  mv 2
         2                 2                      K  K f  Ki        or/of Ek  Ekf  Eki
                                                     W
 Wnc  K  U or/of Wnc  Ek  Ep              P
                                                     t
 Pav  Fv

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                      FISIESE WETENSKAPPE V1                                              17

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG
                                                      1
 vf                                            T
                                                      f
     v  vL         v  vL                                            c
 fL        fs fL         fb                    E  hf or/of E  h
     v  vs         v  vb                                            
 E  Wo  E k where/waar
                                    1                  1
 E  hf and/en W0  hf0 and/en E k  mv 2 or/of K max  mv max
                                                           2

                                    2                  2

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA
    kQ Q                         kQ
 F  12 2                     E 2
       r                          r
     V                           F
 E                           E
     d                           q
     W                           Q
 V                           n=
     q                           qe

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE
    V                           emf ( ε ) = I(R + r)
 R
    I                           emk ( ε ) = I(R + r)
 R s  R1  R 2  ...
  1   1   1                                      q  I t
           ...
 R p R1 R 2

 W = Vq                                               W
                                                 P
                                                      Δt
 W = VI  t
                                                 P = VI
 W= I2R  t
                                                 P = I2R
    V 2 Δt                                           V2
 W=                                              P
     R                                                R

ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM
                                  Paverage  Vrms I rms                       /   Pgemiddeld Vwgk I wgk
         I max              Imaks
 I rms        /    I wgk 
            2                 2
                                  Paverage  I rms
                                               2
                                                  R                       /       Pgemiddeld I 2wgkR
          Vmax                           Vmaks
 Vrms                  /       Vwgk                      V2
                                                                                                 2
                                                                                                Vwgk
            2                              2     Paverage  rms       /           Pgemiddeld
                                                            R                                     R

Kopiereg voorbehou                                                                              Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [Physical Sciences P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-memo/2d2b7939-aa98-49f1-afa7-ca27e7f59489) — Physical Sciences · Memo · 2017
- [Phsc P1 Jun2017 Qp Afr](https://www.hlayiso.com/library/phsc-p1-jun2017-qp-afr/b5663af8-09c3-43af-85ec-615d384497f5) — Physical Sciences · QP · 2017 · Afr
- [PHYS SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2023 Xhosa](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p1-qp-gr12-sept-2023-xhosa/2bbd2fc3-2b94-4d0c-9012-591942a529e4) — Physical Sciences · QP · 2023
- [PHYS SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2022 English](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p1-gr12-qp-sept2022-english/ef216851-4105-40f6-9cb0-f3146d776699) — Physical Sciences · QP · 2022 · Eng
- [PHYS SCIENCES P2 SEPT2017 ERRATA](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p2-sept2017-errata/14ef3406-a298-492e-92e0-6cd6a067d1c0) — Physical Sciences · Errata · 2017
- [2017 Physics P1 Memo GP](https://www.hlayiso.com/library/2017-physics-p1-memo-gp/3c8a7aaa-341e-4611-bd94-085d68de1cb6) — Physical Sciences · Memo · 2017

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
