# Physical Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2021 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-physical-sciences-p1-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/5ecc0116-0ac0-4e66-bdfa-ef287881d583
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-physical-sciences-p1-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/5ecc0116-0ac0-4e66-bdfa-ef287881d583)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

          GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                    VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                                   2021

                                  10841

                   FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA

                                VRAESTEL 1

TYD:     3 uur

PUNTE:   150

14 bladsye + 3 gegewensblaaie

                                                 b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                 FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA       2
                                                 VRAESTEL 1          10841/21

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit 10 vrae. Beantwoord AL die vrae in die
      ANTWOORDBOEK.

2.    Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

3.    Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

4.    Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

5.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

6.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE BLADSY.

7.    Laat EEN reël tussen twee subvrae oop, byvoorbeeld VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2.

8.    Toon ALLE formules en invervangings in ALLE berekeninge.

9.    Rond jou finale numeriese antwoorde tot ŉ minimum van TWEE desimale plekke
      af.

10.   Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                       b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                               FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA                3
                                               VRAESTEL 1          10841/21

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE VRAE

Vier opsies word as moontlike antwoorde gegee vir die vrae wat volg. Elke vraag
het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D)
langs die vraagnommer (1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.11 D.

1.1   Vertraging is daardie eienskap van ŉ voorwerp waarby die voorwerp …

      A       ŉ krag benodig om te versnel.
      B       tot rus kom wanneer die krag wat dit laat beweeg het, verwyder
              word.
      C       kinetiese energie het.
      D       nie in staat is om te beweeg nie.                                           (2)

1.2   ŉ Boks, massa m, rus op die vloer van ŉ hysbak wat opwaarts versnel. Die
      hysbak se versnelling is a en die versnelling as gevolg van gravitasie is g.
      Die netto krag op die boks is gelyk aan:

      A      ma
      B      -mg
      C      ma + (-mg)
      D      ma – (-mg)                                                                   (2)

1.3   ŉ Leerder laat val ŉ voorwerp vanaf die 15de vloer van ŉ hoë gebou. Een
      sekonde later laat val die leerder ŉ ander identiese voorwerp vanaf dieselfde
      posisie. Aangesien beide voorwerpe vryval, sal die afstand tussen hulle …

      A      vermeerder.
      B      verminder.
      C      aanvanklik vermeerder, daarna verminder.
      D      dieselfde bly.                                                               (2)

1.4   ŉ Trollie met massa m, beweeg op ŉ wrywinglose baan teen ŉ konstante
      horisontale snelheid van v. ŉ Blok met massa m, word van bo af op die
      trollie laat val. Die finale snelheid van die trollie en die blok sal dan … wees.

      A      0

      B      v
             𝑣
      C
             2
             𝑣                                                                            (2)
      D
             4

                                                                                              b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                            FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA               4
                                            VRAESTEL 1          10841/21

1.5   Die drywing van ŉ WS motor word gegee as 1,2 kW. In EEN minuut is die
      hoeveelheid werk gedoen deur die motor, (in Joule):

      A      1 200
      B      2 000
      C      72
      D      72 000                                                                   (2)

1.6   ŉ Motor reis teen ŉ konstante snelheid na ŉ stilstaande luisteraar. Die motor
      se toeter stel ŉ klank vry met ŉ konstante frekwensie soos wat dit die
      luisteraar nader.
      Watter EEN van die volgende stellings aangaande die frekwensie en die
      golflengte van die klank van die toeter is KORREK, soos waargeneem deur
      die luisteraar?

      A       Beide die frekwensie en die golflengte het verminder.
      B       Beide die frekwensie en die golflengte het vermeerder.
      C       Die frekwensie het verminder terwyl die golflengte vermeerder het.
      D       Die frekwensie het vermeerder terwyl die golflengte verminder het.      (2)

1.7   Die aantal oortollige elektrone wat ŉ lading van -8µC op ŉ sfeer sal
      veroorsaak, is gelyk aan:

      A      5 x 10-13
      B      5 x 1013
      C      5 x 1014
      D      5 x 10-14                                                                (2)

1.8   Vier identiese gloeilampe word verbind soos getoon in die diagram
      hieronder.

      Hoe sal die helderheid en potensiaalverskil van L4 vergelyk met die
      helderheid en die potensiaalverskil van L1?

                    HELDERHEID                      POTENSIAALVERSKIL
      A                  MINDER                            MINDER
      B                  MINDER                           DIESELFDE
      C               DIESELFDE                            MINDER
      D               DIESELFDE                           DIESELFDE
                                                                                      (2)
                                                                                          b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                          FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA            5
                                          VRAESTEL 1          10841/21

1.9   Watter EEN van die volgende toestelle kan nie werk met beide GS en WS
      stroom nie?

      A    Elektriese ketel
      B    Transformator
      C    240 V Gloeilamp
      D    Elektriese waaier                                                     (2)

1.10 In ŉ eksperiment van die foto-elektriese effek, skyn ŉ wetenskaplike ŉ
     groen lig op ŉ metaaloppervlak en neem waar dat elektrone uit die metaal
     se oppervlak vrygestel word. Later skyn die wetenskaplike ŉ blou lig met
     dieselfde intensiteit as die groen lig, op dieselfde metaaloppervlak.

      Watter EEN van die stellings hieronder sal die KORREKTE waarneming
      wees as gevolg van hierdie verandering?

      A    Die aantal vrygestelde elektrone per sekonde sal vermeerder.
      B    Die aantal vrygestelde elektrone per sekonde sal verminder.
      C    Die maksimum kinetiese energie van die vrygestelde elektrone sal
           vermeerder.
      D    Die spoed van die vrygestelde elektrone sal verminder.                (2)
                                                                                [20]

                                                                                     b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                            FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA             6
                                            VRAESTEL 1          10841/21

VRAAG 2 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Leë hysbak word ondersteun deur staalkabels. Die hysbak beweeg opwaarts
teen ŉ konstante spoed terwyl ŉ opwaartse krag van 2 500 N word op die kabel
toegepas. Ignoreer die massa van die kabel en alle wrywingskragte.

2.1   Stel Newton se Tweede Wet van beweging in woorde.                             (2)

2.2   Teken ŉ benoemde vryliggaamdiagram wat al die kragte aandui wat op die
      hysbak inwerk terwyl die hysbak opwaarts beweeg teen hierdie konstante
      spoed.                                                                        (2)

2.3   Skryf die grootte van die versnelling van die hysbak soos dit opwaarts
      beweeg, neer.                                                                 (1)

2.4   Bereken die massa van die leë hysbak.                                         (3)

2.5   Wanneer die 2 500 N krag van die kabel vervang word met ŉ krag van
      3 000 N, versnel die hysbak opwaarts. Bereken die grootte van hierdie
      versnelling.                                                                  (4)

2.6   Identifiseer die krag wat ŉ Newton III-kragpaar vorm met die gewig van die
      leë hysbak.                                                                   (2)
                                                                                   [14]

                                                                                        b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                            FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA             7
                                            VRAESTEL 1          10841/21

VRAAG 3 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Seun staan op ŉ brug en projekteer ŉ bal A vertikaal opwaarts met ŉ
aanvanklike snelheid van 5 m•s-1. Die hoogte van die brug is 20 m. Ignoreer
lugweerstand.

3.1   Gee die grootte en rigting van die versnelling van bal A wanneer dit die
      seun se hand verlaat.                                                         (2)

3.2   Bereken die totale tyd wat dit bal A sal neem tot by die pad.                 (4)

Op dieselfde oomblik wat bal A opwaarts gegooi word vanaf die bokant van die
brug, word ŉ ander bal B, opwaarts geprojekteer vanaf die pad. Bal B het ŉ
aanvanklike snelheid van 14 m•s-1.

3.3   Bereken hoe ver bal A en bal B van mekaar af sal wees na 1,2 s.               (6)

      Tennisbal A tref die pad onder die brug, bly in kontak met die pad vir
      0,2 sekondes en bons dan opwaarts met ŉ snelheid van 14 m•s-1.

3.4   Teken ŉ snelheid-tyd sketsgrafiek vir die beweging van bal A vanaf die tyd
      wat dit opwaarts geprojekteer word vanaf die brug tot die tyd wanneer dit
      terugbons tot ŉ maksimum hoogte.

      Wys die volgende duidelik op jou grafiek:

      3.4.1 Die aanvanklike snelheid van die bal.
      3.4.2 Die tyd waar die bal die pad tref en in kontak is met die pad.
      3.4.3 Die snelheid van die bal wanneer dit terugbons van die pad af.          (4)
                                                                                   [16]

                                                                                        b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                            FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA         8
                                                            VRAESTEL 1          10841/21

VRAAG 4 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Motor met ŉ massa van 900 kg beweeg ooswaarts en bots met ŉ vrystaande
versperring met ŉ massa van 3 200 kg.

Bestudeer die volgende momentum-tydgrafiek van die motor en die versperring
hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         18144                                                          Versperring
         18000

       Momentum (kg·m·s-1)

                                                                                      tyd (s)

                                                                              Motor

4.1                    Stel die wet van behoud van liniêre momentum in woorde.                      (2)

4.2                    Gebruik die inligting gegee op die grafiek en bereken die:

                       4.2.1    Finale spoed en rigting van die motor                               (4)

                       4.2.2    Impuls op die motor                                                 (4)

4.3                    Is hierdie botsing elasties of onelasties?

                       Gebruik berekeninge om jou antwoord te verifieer.                         (5)
                                                                                                [15]

                                                                                                    b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                  FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA        9
                                                  VRAESTEL 1          10841/21

VRAAG 5 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Trollie van 2 kg is in rus op ŉ horisontale wrywinglose oppervlakte. ŉ Konstante
horisontale krag van 8 N word toegepas op die trollie oor ŉ afstand van 3 m.

         B

                                 7m
              h
                                                                      8N

                                                        A
                                                                3m

By punt A, in die diagram hierbo, word die krag verwyder. Die trollie beweeg ŉ
afstand van 7 m opwaarts met die helling totdat dit ŉ maksimum hoogte bereik by
punt B. Die trollie ondervind ŉ konstante wrywingskrag van 1,5 N terwyl dit
opwaarts beweeg teen die helling.

5.1   Definieer ŉ nie-konserwatiewe krag.                                             (2)

5.2   Teken ŉ benoemde vryliggaamdiagram en dui al die kragte aan wat op die
      trollie inwerk soos dit langs die horisontale oppervlakte beweeg.               (3)

5.3   Stel die arbeid-energiestelling in woorde.                                      (2)

5.4   Gebruik energiebeginsels en bereken die:

      5.4.1       Spoed van die trollie wanneer dit punt A bereik                     (4)

      5.4.2       Hoogte, h, wat die trollie bereik by punt B                         (4)
                                                                                     [15]

                                                                                         b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                               FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA            10
                                               VRAESTEL 1          10841/21

VRAAG 6 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Groep graad 12 leerders staan buite ŉ brandweerstasie wanneer ŉ brandweerwa
verby gejaag kom oppad na ŉ brand. Die sirene van die brandweerwa stel ŉ klank vry
met ŉ frekwensie van 250 Hz terwyl dit teen ŉ spoed van 20 m.s-1 met flitsende rooi
ligte, verby die leerders jaag. Die groep leerders neem waar dat die klank van die sirene
verander soos die brandweerwa weg van hulle af beweeg. Neem die spoed van klank in
lug as 340 m·s-1.

6.1   Noem die verskynsel wat beskryf word deur die onderstreepte sin hierbo.         (1)

6.2   Hoe sal elk van die volgende verander soos die brandweerwa weg van die
      leerders af beweeg? Skryf slegs GROTER AS, KLEINER AS of BLY
      DIESELFDE.

      6.2.1   Frekwensie waargeneem deur die leerders                                 (1)

      6.2.2   Die spoed van klank in die lug                                          (1)

6.3   Bereken die waarskynlike frekwensie van die klank van die sirene soos
      waargeneem deur die leerders wanneer die brandweerwa wegbeweeg van
      die leerders teen ŉ spoed van 20 m.s-1.                                         (4)

6.4   Teken ŉ diagram om die aankomende golffronte wat deur die klank
      vrygestel word soos die brandweerwa wegbeweeg van die leerders, aan te
      dui. Dui die leerders se posisie, asook die rigting van die brandweerwa se
      snelheid, duidelik aan in die diagram.                                          (2)

6.5   Daar is ŉ waarneembare verandering in die frekwensie van die klank, maar
      geen merkbare verandering in die kleur van die flitsende rooi ligte soos die
      brandweerwa verby die leerders jaag nie. Verduidelik hierdie waarnemings.       (3)
                                                                                     [12]

                                                                                        b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                            FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA          11
                                            VRAESTEL 1          10841/21

VRAAG 7 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Metaalsfeer X, met ŉ lading van +5 nC word gehang aan ŉ onelastiese tou van
weglaatbare massa wat vasgebind is aan die plafon by punt M. ŉ Ander
metaalsfeer Y, op ŉ geïsoleerde staander, het ŉ lading van –8 nC en word nader
gebring aan sfeer X totdat hul middelpunte 20 mm van mekaar af is.

7.1   Stel Coulomb se Wet in woorde.                                              (2)

7.2   Bereken die grootte van die elektrostatiese krag wat sfeer Y op sfeer X
      uitoefen.                                                                   (4)

7.3   Teken die resultante elektriese veldpatroon wat deur sfere X en Y gevorm
      word.                                                                       (3)

7.4   Sfeer Y word nou nader beweeg en maak kontak met sfeer X waarna sfeer
      X afgestoot word.

      Bereken die nuwe lading op sfeer X.                                         (3)
                                                                                 [12]

                                                                                    b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                              FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA        12
                                              VRAESTEL 1          10841/21

VRAAG 8 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Battery met ŉ emk van 8 V en ŉ interne weerstand r, word verbind in ŉ
stroombaan soos getoon hieronder.

                                                 R1

                        S1
                                                2
                                                             S2

           r

                          V

                              A                  2

Indien skakelaar S1 gesluit word, is die lesing op die voltmeter 6,86 V en die
lesing op die ammeter 2 A.

8.1    Verduidelik die betekenis van ŉ emk van 8 V.                               (2)

8.2    Bereken die interne weerstand r, van die battery.                          (3)

8.3    Bereken die waarde van die onbekende weerstand R1.                         (5)

8.4    Definieer die term drywing.                                                (2)

8.5    Skakelaar S2 word nou oopgemaak.

       8.5.1   Watter effek sal die drywing gelewer deur R1 hê? Skryf slegs
               VERHOOG, VERLAAG of BLY DIESELFDE neer.                            (1)

       8.5.2   Verduidelik jou antwoord vir VRAAG 8.5.1.                          (3)
                                                                                 [16]

                                                                                    b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                            FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA         13
                                            VRAESTEL 1          10841/21

VRAAG 9 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Die diagram hieronder wys ŉ eenvoudige generator.

9.1   Is hierdie ŉ WS of ’n GS generator?                                        (1)

9.2   Gee ŉ rede vir jou antwoord vir VRAAG 9.1.                                 (2)

9.3   Skryf die naam van Deel A neer.                                            (1)

9.4   Beskryf die energie omskakeling wat plaasvind in die generator.            (2)

9.5   Die maksimum emk wat gegenereer word, is 15 V. Teken ŉ sketsgrafiek van
      emk-teenoor-tyd vir EEN en ŉ HALWE siklus vir hierdie generator.           (3)

9.6   Die spesifikasies van ŉ professionele haardroër is as volg:

      2 100 Watt, WS motor 240 V

      9.6.1   Definieer wgk vir ŉ wisselstroom potensiaalverskil.                (2)

      9.6.2   Wat is die wgk-potensiaalverskil vir hierdie haardroër?            (2)

      9.6.3   Bereken die maksimum stroom wat deur die haardroër kan vloei.      (4)
                                                                                [17]

                                                                                   b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                 FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA              14
                                                 VRAESTEL 1          10841/21

VRAAG 10 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Die apparaat hieronder laat verskeie veranderlikes toe vir die ondersoek van die
foto-elektriese effek. ŉ Leerder stel die apparaat op en meet die maksimum
kinetiese energie van foto-elektrone vrygestel vanaf die oppervlakte van metaal X
deur gebruik te maak van verskillende frekwensies van die invallende straal.

                                                          invallende
                                                          straal
                Metaal X                                                 ontvanger

                           vakuum                             glasbuis
                                            S
                                                     

                             Metaal                Arbeidsfunksie (J)
                            Natrium                    3,65 x 10-19
                           Magnesium                   5,92 x 10-19
                           Aluminium                   6,53 x 10-19
                              Sink                     7,15 x 10-19

10.1   Beskryf die term foto-elektriese effek.                                             (2)

10.2   Lig met verskillende golflengtes word op metaal X geskyn en die kinetiese
       energie word gemeet.

       10.2.1      Noem die onafhanklike, afhanklike en die gekontroleerde
                   veranderlikes van hierdie eksperiment.                                  (3)

       10.2.2      Wanneer ultraviolet lig met ŉ golflengte van 280 nm geskyn
                   word op metaal X, is die kinetiese energie van die vrygestelde
                   elektron 5,74 x 10-20 J. Identifiseer metaal X in die tabel hierbo.     (5)

       10.2.3      Die maksimum kinetiese energie van die vrygestelde elektrone
                   deur die ultraviolet lig is groter as die maksimum kinetiese
                   energie van die vrygestelde elektrone deur die helder blou lig.
                   Verduidelik waarom dit so is.                                           (3)
                                                                                          [13]

                                                                                TOTAAL:   150
                                         EINDE

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                              FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA       15
                                              VRAESTEL 1          10841/21

                       DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                 PAPER 1 (PHYSICS)

                  GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                             VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

          NAME/NAAM                SYMBOL/SIMBOOL        VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
                                         g                   9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Universal gravitational constant
                                         G             6,67 x 10-11 N·m2·kg-2
Universele gravitasiekonstant
Radius of the earth
                                         RE                6,38 x 106 m
Radius van die aarde
Mass of the earth
                                         ME                5,98 x 1024 kg
Massa van die aarde
Speed of light in a vacuum
                                         c                3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in ŉ vakuum
Planck's constant
                                         h                6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Coulomb's constant
                                         k               9,0 x 109 N·m2·C-2
Coulomb se konstante
Charge on electron
                                         e                 -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
                                         me               9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                               FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA               16
                                                               VRAESTEL 1          10841/21

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING
                                                      Δx  v i Δt  21 at 2 or/of
 v f  vi  a t
                                                      Δy  v i Δt  21 at 2
                                                            v  vf                 v  vf 
 v f  v i  2ax or/of v f  v i  2ay
   2     2                         2      2
                                                      Δx   i       Δt or/of Δy   i       Δt
                                                            2                      2 

FORCE/KRAG
Fnet  ma                                             p  mv
 fsmax   sN                                         fk  kN
Fnet t  p
                                                      w  mg
 p  mv f  mv i
        m 1m2                             m 1m2              M                      M
FG                    or/of       FG                gG           or/of        gG 2
          d   2
                                              r   2
                                                             d2                     r

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING
 W  Fx cos                  U  mgh    or/of EP  mgh
                                                      Wnet  K          or/of         Wnet  Ek
   1                                       1
K  mv 2               or/of           Ek  mv 2
   2                                       2
                                                      K  K f  K i      or/of        Ek  Ekf  Eki
                                                         W
 Wnc  K  U or/of Wnc  E k  E p                P
                                                         t
Pav e  Fv av e    /
                         Pgem  Fv gem

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG
                                   1
 v f                         T
                                   f
      v  vL         v  vL                                                        c
 fL         fs fL         fb E  hf or/of                                 E h
      v  vs         v  vb                                                        
E  Wo  Ek(max)           or/of       E  Wo  K max where/waar
                                                       1                      1
E  hf and/en W0  hf 0                and/en Ek(max)  mv max
                                                            2
                                                                 or/of K max  mv max
                                                                                  2

                                                       2                      2

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                         FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA              17
                                                         VRAESTEL 1          10841/21

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA
    kQ Q                         kQ
 F  12 2                     E 2
      r                          r
     W                           F
 V                           E
     q                           q
    Q             Q
 n      or/of n
    e             qe

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE
                                emf ( ε ) = I(R + r)
    V
 R
    I                           emk ( ε ) = I(R + r)
 R s  R1  R 2  ...
  1   1   1                                    q  It
           ...
 R p R1 R 2

                                                    W
W = Vq                                         P
                                                    Δt
W = VI  t
                                               P = VI
W= I2R       t
                                               P = I2R
      V 2 Δt
W=                                                  V2
       R                                       P
                                                    R

ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM
                                               Pav e  VrmsIrms       /   Pgemiddeld Vwgk Iwgk
           I max                      I maks
 I rms                 /    Iwgk 
             2                          2
                                               Pav e  I rms
                                                         2
                                                            R         /   Pgemiddeld  Iwgk
                                                                                        2
                                                                                            R
            Vmax                     Vmaks
 Vrms                  /   Vwgk                        2
                                                                                       Vwgk
                                                                                         2
               2                       2       Pav e 
                                                       Vrms
                                                                  /       Pgemiddeld 
                                                        R                               R

## Related documents

- [PHYS SC P1 MEMO GR12 JUNE2021 Afrik English](https://www.hlayiso.com/library/phys-sc-p1-memo-gr12-june2021-afrik-english/51075955-8380-4def-a361-3f9b02ab715c) — Physical Sciences · Memo · 2021 · Afr
- [Gr12 Physical Sciences P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-physical-sciences-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/baad5064-31b1-446a-98f5-c35747e817a9) — Physical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [PHYSICAL SCIENCES P1 GR12 QP JUNE2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-gr12-qp-june2022-afrikaans/7da2a467-33ba-4d42-9de8-a501165ff1e0) — Physical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [Physical Sciences P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-may-june-2021-eng/f4b97e24-79cc-40f8-86c0-9185416a66a1) — Physical Sciences · QP · 2021 · Eng
- [Gr12 Physical Sciences P2 (English and Afrikaans) SEP 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr12-physical-sciences-p2-english-and-afrikaans-sep-2022-possible-answers/4d5542c1-6f3c-4307-b28a-61585b180bda) — Physical Sciences · Memo · 2022 · Afr
- [Gr 12 Physical Sciences P1 (English and Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-physical-sciences-p1-english-and-afrikaans-june-2024-possible-answers/f78ca708-f7f0-4bc5-8ff9-36594b1b1052) — Physical Sciences · Memo · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
