# Physical Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2022 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-physical-sciences-p1-afrikaans-sep-2022-question-paper/3517efc1-5c32-4ced-8f45-f9ea5d3fb0a5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-physical-sciences-p1-afrikaans-sep-2022-question-paper/3517efc1-5c32-4ced-8f45-f9ea5d3fb0a5)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

VOORBEREIDENDE EKSAMEN
              2022

               10841

    FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA

            VRAESTEL 1

                   TYD:      3 uur

                   PUNTE:    150

                   17 bladsye + 3 data blaaie en ŉ antwoordblad

                                                        b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                            FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA        2
                                            (Vraestel 1)           10841/22

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Beantwoord AL die vrae op die
     ANTWOORDBOEK.

2.   Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

3.   Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

4.   Jy word aangeraai om die aangehegde DATA BLAAIE te gebruik.

5.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

6.   Skryf netjies en leesbaar.

7.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy in die ANTWOORDBOEK.

8.   Los EEN lyn oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld, tussen VRAAG 2.1 en
     VRAAG 2.2.

9.   Toon ALLE formules en invervangings in ALLE berekeninge.

10. Rond alle FINALE numeriese antwoorde af tot ŉ minimum van TWEE desimale
    plekke waar nodig.

11. Gee kort motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig.

                                                                                   b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                             FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA                 3
                                             (Vraestel 1)           10841/22

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Vier opsies word gegee as moontlike antwoorde op die volgende vrae. Elke vraag het
slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs
die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.11 D.

1.1   Watter van die volgende illustreer gebalanseerde kragte die beste?

      A    ŉ Persoon lig ŉ swaar voorwerp van die grond af
      B    ŉ Groot rots wat vryval na die grond
      C    ŉ Ligte stilstaande voorwerp
      D    ŉ Krag van ŉ boks op die aarde en ŉ krag van die aarde op die boks            (2)

1.2   ŉ 8 kg boks word op ŉ growwe oppervlakte geplaas soos hieronder getoon.

      Indien ŉ krag van 16,5 N op die boks toegepas word, versnel dit teen 1,5 m∙s-2
      na regs. Die wrywingskrag tussen die 8 kg boks en die oppervlakte is …

      A    0 N.
      B    4,5 N.
      C    10,3 N.
      D    29,4 N.                                                                       (2)

                                                                                             b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                             FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA                 4
                                             (Vraestel 1)           10841/22

1.3   ŉ Bal word laat val vanaf ŉ sekere hoogte bo die grond en bons ŉ paar keer
      wanneer dit die grond tref. Die snelheid-tyd grafiek hieronder beskryf die
      beweging van die bal vanaf die oomblik wat dit laat val word.
      Ignoreer alle effekte van lugweerstand.

      Watter stelling is korrek vir die snelheid-tyd grafiek van die bonsende bal soos
      gegee in die grafiek hierbo?

      A     Afwaarts word geneem as positiewe rigting en die bal is by die hoogste
            posisie van die bons by punt C.
      B     Afwaarts word geneem as die positiewe rigting en die bal is by die
            hoogste posisie van die bons by punt D.
      C     Afwaarts word geneem as die negatiewe rigting en die bal is by die
            hoogste posisie van die bons by C.
      D     Afwaarts word geneem as die negatiewe rigting en die bal is by die
            hoogste posisie van die bons by D.                                           (2)

                                                                                             b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                              FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA               5
                                              (Vraestel 1)           10841/22

1.4   Twee identiese soliede sfere, elk met ŉ massa m, beweeg teen ŉ spoed v na
      mekaar toe, in ŉ geïsoleerde sisteem. Die sfere ondergaan ŉ elastiese kop aan
      kop botsing.

                                 v                   v

                            m                               m

      Watter stelling is korrek vir die botsing soos hierbo beskryf?

      A      Die sfere sit vas aanmekaar met impak.
      B      Die totale kinetiese energie na die impak is mv2.
      C      Die totale kinetiese energie voor die impak is nul.
      D      Die totale momentum voor die botsing is 2mv.                               (2)

1.5   Die meganiese energie van ŉ bewegende voorwerp sal konstant bly, indien …

      A      daar wrywingskragte teenwoordig is.
      B      daar slegs gravitasiekrag daarop inwerk.
      C      slegs die kinetiese energie konstant bly.
      D      slegs die gravitasie potensiële energie konstant bly.                      (2)

1.6   ŉ Trein beweeg teen ŉ konstante snelheid van 10 m∙s-1 terwyl die fluitjie blaas
      met ŉ frekwensie van 500 Hz.

      Neem die spoed van klank in lug as 340 m∙s-1. Watter frekwensie sal gehoor
      word deur die man wat in die trein sit?

      A      500 Hz
      B      Meer as 500 Hz
      C      Minder as 500 Hz
      D      Geen klank sal gehoor word nie.                                            (2)

                                                                                            b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                             FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA            6
                                             (Vraestel 1)           10841/22

1.7   Die diagram hieronder wys ŉ punt p op ŉ afstand r vanaf ŉ gelaaide sfeer Q.

      Die elektriese veldsterkte by punt p is …

      A      direk eweredig aan r en na regs.
      B      direk eweredig aan die kwadraat van r en na links.
      C      omgekeerd eweredig aan die kwadraat van r en na regs.
      D      omgekeerd eweredig aan die kwadraat van r en na links.                 (2)

1.8   Watter van die volgende stellings aangaande ŉ WS generator is WAAR?

      A      Die minimum potensiaalverskil gelewer is nie nul volt nie.
      B      Die emk gelewer verminder soos die aantal windinge in die spoel
             vermeerder.
      C      Die maksimum waarde van die WS kan vermeerder word deur die
             periode van die rotasie te verhoog.
      D      Die maksimum waarde van die WS gelewer kan vermeerder word deur
             die spoed van die rotasie van die spoel te verhoog.                    (2)

                                                                                        b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                            FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA                 7
                                            (Vraestel 1)           10841/22

1.9   ŉ Battery met ŉ interne weerstand word verbind aan ŉ vaste resistor R.
      ŉ Voltmeter word verbind oor die battery soos in diagram A. Die battery word
      vervang deur een met dieselfde emk maar met ŉ groter interne weerstand (r),
      soos getoon in diagram B.

      In diagram B: Skakelaar S word gesluit. Hoe verander die voltmeterlesing en die
      stroom deur die vaste resistor, in vergelyking met diagram A?

                    Diagram A                               Diagram B

                                            S

               Voltmeterlesing           Stroom deur resistor
       A       Verminder                 Verminder
       B       Verminder                 Bly dieselfde
       C       Bly dieselfde             Verminder
       D       Bly dieselfde             Bly dieselfde
                                                                                        (2)

                                                                                            b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                                          FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA       8
                                                                          (Vraestel 1)           10841/22

1.10   Die grafiek hieronder toon die kinetiese energie teenoor frekwensie vir ŉ fotosel
       met ŉ natrium-metaal katode.

       Die werksfunksie van natrium is 4,41 x 10-19 J.

           Kinetiese Energie (10-19 J)

                                                           Frekwensie (1014 Hz)

       Die drumpelfrekwensie van natrium is …

       A                                 4,41 x 1014 Hz.
       B                                 3 x 1014 Hz.
       C                                 3 x 1014 J.
       D                                 4,41 x 10-19 J.                                                     (2)
                                                                                                            [20]

                                                                                                                b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                             FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA                  9
                                             (Vraestel 1)           10841/22

VRAAG 2 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Groep leerders ontwerp ŉ toestel wat bestaan uit ŉ ligte bal op ŉ toutjie wat hang
vanaf die dak van ŉ vragmotor. Die toestel word gebruik om die versnelling van die trok
te bepaal. Wanneer die trok stilstaan of beweeg teen ŉ konstante spoed, hang die bal
reguit afwaarts. Sodra die vragmotor ŉ konstante versnelling ondergaan, hang die bal
afwaarts teen ŉ hoek , soos getoon in die diagram hieronder.

                  a
                                       

2.1   Teken ŉ vryliggaamdiagram van al die kragte wat op die bal inwerk.                   (2)

2.2   In hierdie geval is die massa van die bal 50 g en die hoek  is 18.

      Bereken die:

      2.2.1   Horisontale krag op die bal                                                  (4)

      2.2.2   Grootte van die versnelling van die vragmotor                                (3)

2.3   A en B hieronder is twee identiese blokke, elk met ŉ massa van 5 kg, verbind
      aan ŉ ligte onrekbare toutjie. Die blokke word getrek met ŉ krag van 65 N teen ŉ
      hoek van 40 met die horisontaal. Die twee blokke versnel na regs teen ŉ
      versnelling van 2,17 m∙s-2 en die spanning in die tou is 26 N.

                                                           40°

      2.3.1    Bereken die wrywing op elke blok.                                           (5)

      2.3.2    Verduidelik waarom die wrywingskragte op die twee blokke verskil.           (3)
                                                                                          [17]

                                                                                              b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                             FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA                 10
                                             (Vraestel 1)           10841/22

VRAAG 3 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ 50 g bal word vanaf ŉ sekere hoogte laat val. Die snelheid-tyd grafiek hieronder
verteenwoordig die beweging van die bal soos dit vertikaal opwaarts bons op ŉ sement
vloer. Die kontaktyd gedurende die bons is 0,02 s. Ignoreer alle effekte van
lugweerstand.

3.1   Definieer ŉ projektiel.                                                             (2)

3.2   Skryf die grootte van die snelheid waarmee die bal die grond verlaat, net na die
      bons, neer.                                                                         (1)

3.3   Skets ŉ benoemde vryliggaamdiagram wat al die kragte wys wat inwerk op die
      bal by 0,77 s.                                                                      (2)

3.4   Gebruik die inligting gegee op die grafiek en bereken die:

      3.4.1 Versnelling van die bal                                                       (3)

      3.4.2 Hoogte van waar die bal laat val is                                           (4)

3.5   Op ŉ assestelsel, skets ŉ posisie-tyd grafiek vir die beweging van die bal vanaf
      0 s tot 1,12 s. Gebruik die grond as nul verwysing. Dui die hoogte aan
      waarvandaan die bal laat val is en alle ander relevante tye op die tyd-as op jou
      grafiek.                                                                            (4)

                                                                                          b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                             FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA                  11
                                             (Vraestel 1)           10841/22

3.6   Gee EEN term vir die tempo van verandering van momentum.                             (2)

3.7   Bereken die grootte van die krag uitgeoefen deur die vloer op die bal vir die
      kontaktyd.                                                                           (3)

3.8   Hoe sal dit die krag op die bal beïnvloed indien ŉ sagter bal gebruik word en die
      kontaktyd met die vloer vermeerder word, terwyl die momentum konstant bly?
      Skryf slegs VERHOOG, VERLAAG of BLY DIESELFDE.

      Verduidelik die antwoord.                                                            (3)
                                                                                          [24]

VRAAG 4 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Houtboks gly af langs ŉ growwe 8 m lange helling AB. Die aanvanklike snelheid van
die boks by A is 2 m∙s-1 soos getoon in die diagram hieronder.

4.1   Definieer ŉ konserwatiewe krag.                                                      (2)

4.2   Noem die konserwatiewe krag in die diagram hierbo.                                   (1)

4.3   Stel die arbeid-energiestelling in woorde.                                           (2)

4.4   Die snelheid van die blok by punt B is 6,92 m∙s-1. Gebruik SLEGS ENERGIE-
      BEGINSELS en bereken die wrywingskrag wat die blok ondervind soos wat dit
      vanaf punt A na punt B beweeg.                                                       (4)

4.5   Die wrywingskoëffisiënt vir die laaste horisontale deel na punt B is 0,35.
      Sonder die gebruik van bewegingsvergelykings, bereken die afstand wat die
      blok sal beweeg voordat dit heeltemal tot stilstand kom.                             (4)
                                                                                          [13]

                                                                                           b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                             FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA               12
                                             (Vraestel 1)           10841/22

VRAAG 5 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Graad 12 leerders doen ŉ ondersoek om die spoed van ŉ renmotor te verifieer deur
gebruik te maak van die Doppler effek. ŉ Renmotor ry om ŉ renbaan teen ŉ konstante
spoed en stel ŉ enkele frekwensie van 200 Hz vry. ŉ Leerder wat op die finale reguit
strook staan, neem die klank op met behulp van ŉ selfoon, soos die motor hom nader
en nadat dit by hom verby is.

5.1   Vir hierdie ondersoek, skryf die volgende neer:

      5.1.1   ŉ Afhanklike veranderlike                                                 (2)

      5.1.2   Een gekontroleerde veranderlike                                           (2)

      5.1.3   ŉ Toepaslike ondersoekende vraag vir hierdie eksperiment                  (2)

5.2   Die klank wat opgeneem is op die selfoon word teruggespeel in die
      teenwoordigheid van ŉ ossilloskoop. ŉ Verskil in frekwensie van 67,15 Hz word
      geregistreer. Gebruik die inligting hierbo om die spoed van die renmotor te
      bereken. Neem die spoed van klank in lug as 340 m∙s-1.                            (5)

5.3   Die spektrum van lig vanaf die meeste sterre bevat lyne wat ooreenstem met die
      van heliumgas.

      Diagram A toon die heliumspektrum soos waargeneem in ŉ laboratorium.

      Diagram B toon die heliumspektrum van lig van ŉ verafgeleë ster.

      5.3.1    Is hierdie verafgeleë ster besig om WEG VANAF die aarde of NA
               die aarde te beweeg? Verduidelik die antwoord.                           (3)
                                                                                       [14]
                                                                                        b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                              FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA                13
                                              (Vraestel 1)           10841/22

VRAAG 6 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Klein polistireen sfeer, B, hang aan ŉ tou met weglaatbare massa vanaf ŉ plafon.
Twee ander sfere, A en C word geplaas op geïsoleerde staanders. Die ladings op elke
sfeer is A = +5,6 nC, B = - 2,34 nC en C = -7,46 nC.
Die massa van sfeer B is 5,085 x 10-3 kg. Aanvaar dat die oppervlaktes van al drie die
sfere geleidend is.

6.1   Definieer elektriese veldsterkte by ŉ punt.                                         (2)

6.2   Skets die elektriese veldpatroon rondom sfere B en C indien A verwyder word.        (3)

6.3   Lading B ondervind ŉ netto krag van 0,004078 N as gevolg van ladings A en C.
      Bereken die afstand, r, tussen ladings B en C.                                      (5)

6.4   Ladings A en B word toegelaat om te raak en daarna beweeg hulle terug na die
      oorspronklike afstand tussen hulle.

      6.4.1 Bereken die nuwe lading op elke sfeer.                                        (2)

      6.4.2 Verduidelik die verandering, indien enige, aan die veldpatroon tussen B
            en C.                                                                         (3)
                                                                                         [15]

                                                                                          b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                            FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA             14
                                            (Vraestel 1)           10841/22

VRAAG 7 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

In die stroombaan hieronder het die battery ŉ emk van 24 V en ŉ interne weerstand
van 0,6 Ω. Die verwarmer het ŉ weerstand van 10 Ω en die vaste resistor het ŉ
weerstand van 30 Ω. Die verstelbare resistor, R, kan wissel tussen 0 Ω en 15 Ω.

7.1   Die verstelbare resistor, R, word gestel op ŉ weerstand van 3,5 Ω.

      Bereken:

      7.1.1   Die totale weerstand van die stroombaan (ingesluit die battery)        (5)

      7.1.2   Die stroom gemeet deur die ammeter A2                                  (3)

7.2   Die verstelbare resistor word nou aangepas tot ŉ nog hoër weerstandswaarde.

      Hoe sal dit die drywing gelewer deur die verwarmer beïnvloed? Skryf slegs
      VERHOOG, VERLAAG of BLY DIESELFDE. Verduidelik die antwoord deur
      gebruik te maak van ŉ geskikte vergelyking.                                    (3)
                                                                                    [11]

                                                                                     b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                             FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA             15
                                             (Vraestel 1)           10841/22

VRAAG 8 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Leerders voer ŉ eksperiment uit om die interne weerstand, r, van ŉ battery te
bepaal. Hulle gebruik ŉ verstelbare resistor as die eksterne weerstand soos getoon
in die diagram hieronder.

                                                                  S

Skakelaar S word gesluit. Lesings van die voltmeter en ammeter word genoteer na
elke verandering van die resistor.

              Eksperiment nr.   Stroom (mA)      Potensiaalverskil (V)

                     1               0,00                   1,5
                     2                131                  1,30
                     3                229                  1,15
                     4                327                  1,00
                     5                652                  0,50

8.1   Gebruik die inligting in die tabel hierbo om ŉ grafiek te teken van die
      potensiaalverskil teenoor die stroom. Gebruik die grafiekpapier wat aan die
      einde van die vraestel verskaf word.                                            (4)

8.2   Gebruik die grafiek en bepaal die volgende:

      8.2.1     Die emk van die battery                                               (1)

      8.2.2     Die interne weerstand van die battery
                Gebruik ŉ vergelyking om die metode wat gebruik is te regverdig.      (3)

8.3   ŉ Geleier van weglaatbare weerstand word verbind tussen die punte X en Y.
      Hoe sal dit die temperatuur van die battery beïnvloed? Skryf slegs VERHOOG,
      VERLAAG of BLY DIESELFDE.
      Verduidelik die antwoord.                                                       (3)
                                                                                     [11]

                                                                                      b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                             FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA                16
                                             (Vraestel 1)           10841/22

VRAAG 9 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Die diagram hieronder toon ŉ eenvoudige model van ŉ GS-motor.

                                        Spoel

            Kommutator

9.1   Bespreek die energieverandering wat in ŉ GS-motor plaasvind.                       (2)

9.2   Verduidelik die term GS.                                                           (2)

9.3   In watter rigting sal die konvensionele stroom in die spoel vloei?
      Skryf slegs VANAF P tot Q of VANAF Q tot P.                                        (1)

9.4   Verduidelik die verandering wat nodig is om hierdie motor te verander sodat dit
      ŉ WS-motor is.                                                                     (2)

9.5   ŉ Verwarmer gemerk 2 000 W, 220 V en 50 Hz, is verbind aan ŉ WS
      stroombaan. Bereken die maksimum stroom wat deur die verwarmer vloei.              (5)
                                                                                        [12]

                                                                                         b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                              FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA                 17
                                              (Vraestel 1)           10841/22

VRAAG 10 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Foto-elektriese sel is verbind in ŉ stroombaan. Die laagste frekwensie van lig wat
                                                              14
elektrone sal vrystel van die sesium se oppervlakte is 5,1 x 10 Hz.

Violet lig met ŉ golflengte van 400 nm val in op die sesium se oppervlakte.

                                                                              lig
                                                 anode

Verstelbare
potensiaal
bron                                                               sesium metaal katode

10.1    Definieer drumpelfrekwensie.                                                       (2)

10.2    Bereken:

        10.2.1     Die werksfunksie van sesium                                             (3)

        10.2.2     Die hoeveelheid energie wat deur die invallende fotone van
                   violet lig gedra word                                                   (3)

        10.2.3     Die maksimum kinetiese energie van die foto-elektrone wat
                   vanaf die sesiumoppervlakte vrygestel word wanneer violet
                   lig daarop skyn                                                         (4)

10.3    Gee EEN toepassing, anders as foto voltaïese selle, wat gebruik maak van die
        deeltjie geaardheid van lig.                                                       (1)
                                                                                          [13]

                                                                              TOTAAL:     150

                                            EINDE

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                         FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA          18
                                         (Vraestel 1)           10841/22

                       DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
                                 PAPER 1 (PHYSICS)

                  GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                             VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

         NAME/NAAM                 SYMBOL/SIMBOOL     VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
                                         g                 9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Universal gravitational constant
                                         G           6,67 x 10-11 N·m2·kg-2
Universele gravitasiekonstant
Radius of the Earth
                                         RE              6,38 x 106 m
Radius van die Aarde
Mass of the Earth
                                         ME             5,98 x 1024 kg
Massa van die Aarde
Speed of light in a vacuum
                                         c              3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in ŉ vakuum
Planck's constant
                                         h              6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Coulomb's constant
                                         k            9,0 x 109 N·m2·C-2
Coulomb se konstante
Charge on electron
                                         e               -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
                                         me             9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                                               FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA                     19
                                                               (Vraestel 1)           10841/22

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING

                                                          Δx  v i Δt  21 at 2 or/of
 v f  vi  a t
                                                          Δy  v i Δt  21 at 2
                                                                v  vf                 v  vf 
 v f  v i  2ax or/of v f  v i  2ay
   2       2                           2      2
                                                          Δx   i       Δt or/of Δy   i       Δt
                                                                2                      2 

FORCE/KRAG

Fnet  ma                                                 p  mv
 fsmax   sN                                             fk  kN
Fnet t  p
                                                          w  mg
 p  mv f  mv i
          m 1m2                               m 1m2                M                       M
FG                     or/of          FG                gG             or/of         gG 2
            d2                                    r   2
                                                                   d2                      r

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

 W  Fx cos                                             U  mgh               or/of        EP  mgh
                                                          Wnet  K             or/of        Wnet  Ek
   1                                           1
K  mv 2                or/of              Ek  mv 2
   2                                           2
                                                          K  K f  K i        or/of        Ek  Ekf  Eki
                                                             W
 Wnc  K  U or/of Wnc  E k  E p                    P
                                                             t
Pav e  Fv av e     /
                          Pgem  Fv gem

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

                                                               1
 v f                                                    T
                                                               f
        v  vL                         v  vL                                            c
 fL           fs               fL           fb          E  hf        or/of     E h
        v  vs                         v  vb                                            
E  Wo  Ek(max)            or/of          E  Wo  K max where/waar
                                                           1                     1
E  hf and/en W0  hf 0                    and/en Ek(max)  mv max
                                                                2
                                                                    or/of K max  mv max
                                                                                     2

                                                           2                     2

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                                             FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA                   20
                                                             (Vraestel 1)           10841/22

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

   kQ 1Q 2                                                   kQ
F                                                      E
      r2                                                     r2
   W                                                         F
V                                                      E
    q                                                        q
   Q                            Q
n         or/of           n
    e                           qe

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE

                                                        emf ( ε ) = I(R + r)
   V
R
   I                                                    emk ( ε ) = I(R + r)
R s  R1  R 2  ...
  1   1   1                                             q  It
           ...
 R p R1 R 2
                                                             W
W = Vq                                                  P
                                                             Δt
W = VI  t
                                                        P = VI
W= I2R  t
                                                        P = I2R
      V 2 Δt
W=                                                           V2
       R                                                P
                                                             R

ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM

                                                        Pav e  VrmsIrms       /   Pgemiddeld Vwgk Iwgk
           I max                               I maks
 I rms                /              Iwgk 
             2                                   2
                                                        Pav e  I rms
                                                                  2
                                                                     R         /   Pgemiddeld  Iwgk
                                                                                                 2
                                                                                                     R
            Vmax                              Vmaks
 Vrms                 /             Vwgk                     V2                               Vwgk
                                                                                                  2
               2                                2       Pav e  rms        /       Pgemiddeld 
                                                                R                                R

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
                               FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA       21
                               (Vraestel 1)           10841/22

ANTWOORDBLAD
VRAAG 8.1
NAAM VAN LEERDER: ________________________

## Related documents

- [Gr12 Physical Sciences P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-physical-sciences-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/baad5064-31b1-446a-98f5-c35747e817a9) — Physical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [PHYSICAL SCIENCES P1 GR12 QP JUNE2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-gr12-qp-june2022-afrikaans/7da2a467-33ba-4d42-9de8-a501165ff1e0) — Physical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Physical Sciences P2 (English and Afrikaans) SEP 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr12-physical-sciences-p2-english-and-afrikaans-sep-2022-possible-answers/4d5542c1-6f3c-4307-b28a-61585b180bda) — Physical Sciences · Memo · 2022 · Afr
- [Gr 12 Physical Sciences P1 (English and Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-physical-sciences-p1-english-and-afrikaans-june-2024-possible-answers/f78ca708-f7f0-4bc5-8ff9-36594b1b1052) — Physical Sciences · Memo · 2024 · Afr
- [PHYS SC P1 MEMO GR12 JUNE2021 Afrik English](https://www.hlayiso.com/library/phys-sc-p1-memo-gr12-june2021-afrik-english/51075955-8380-4def-a361-3f9b02ab715c) — Physical Sciences · Memo · 2021 · Afr
- [2019 AFR ENG Gauteng Paper 1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2019-afr-eng-gauteng-paper-1-memo/7e7c9cfc-f2f5-4700-a132-61eae8192020) — Physical Sciences · Memo · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
