# Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2013 Memo

> Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2013 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-rlgs-p2-s13-memo-afr/79ac2beb-e7f4-474d-bf7e-8faa69c1c106
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2013 Memo](https://www.hlayiso.com/library/gr12-rlgs-p2-s13-memo-afr/79ac2beb-e7f4-474d-bf7e-8faa69c1c106)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2013. Memorandum, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                  Province of the
                  EASTERN CAPE
                  EDUCATION

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2013

                    RELIGIESTUDIES V2
                      MEMORANDUM

PUNTE:   150

                 Hierdie memorandum bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              RELIGIESTUDIES V2                       (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 1
1.1 1.1.1   Kontemporêre inspirasie
             Inspirasie is ŉ belangrike normatiewe bron in baie godsdienste.
             Die term kontemporêre inspirasie verwys na inspirasie wat
               vandag steeds plaasvind.
             In die meeste godsdienste is daar figure met volgelinge wat glo
               dat hulle deur ŉ hoër krag of wysheid geïnspireer is.
             Die stigtingfigure in godsdienstige geskiedenis beweer gewoonlik
               dat hulle geïnspireer is.
             Ons kens nie die name van al die geïnspireerde figure, soos in
               vroeë Afrika Tradisionele Godsdiens of Hindoeïsme nie.
             Baie bekende figure wat egter geïnspireer is, sluit in Abraham,
               Moses, Confucius, Vedvyas, die Boedha, Jesus, Mohammed en
               Baha’u’llah.
             Daar word geglo dat hierdie figure van aangesig tot aangesig met
               God gekom het.
             In die Afrika Tradisionele Godsdiens kommunikeer mense met
               hulle voorvaders en ontvang hulle boodskappe.
             In die Abrahamitiese gelowe glo hulle dat hulle profete goddelike
               inspirasie ontvang het wat as hulle heilige skrifte neergeskryf is.
             In die Oosterse godsdiens het ŉ aantal mense wat heilige
               leermeesters geword het, goddelike inspirasie ontvang.
             Baha’u’lla was die stigter van die Bahai-godsdiens wat in die 19de
               eeu geleef het.
             In terme van godsdienstige geskiedenis was dit redelik onlangs,
               tog het hy goddelike inspirasie ontvang.                               (20)

    1.1.2   Heilige boeke
             Skryfkuns het ongeveer vierduidend jaar gelede op die
                 godsdienstige toneel verskyn.
             Soos wat skryftegnologie meer algemeen geword het, het dit
                 meer en meer in die tekstuur van tradisie ingedring.
             Tradisie het meer vas geword.
             Mondelinge tradisie wat parallel met geskrewe tradisies kan loop,
                 is baie vloeibaar.
             In Hindoeïsme word onderskei tussen ontsluierde (gehoorde) en
                 geskrifte (shruti) en sekondêre (onthoude) geskrifte wat deur
                 mense opgestel is.
             Die heilige boek is die Vedas.
             In Judaïsme staan die primêre geskrifte saam bekend as die
                 Tenach. Van hierdie geniet die eerste groep kanonieke status.
             Van alle godsdienste neem Islam die idee van goddelike
                 openbaring as perfek neergeskrewe die ernstigste op.
             Die Koran word algemeen beskou as ŉ perfekte kopie/afskrif van
                 die oorspronklike ewige tablet met inskripsies in die hemel.
             Heilige boeke bestaan dikwels nie net as individuele werk nie,
                 maar as deel van groter versamelings.
             ŉ Belangrike onderskeid moet tussen primêre bronne en
                 kommentaar gemaak word.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                   RELIGIESTUDIES V2                                         3

           Kommentaar is sekondêre geskrifte.
           Dit is verduidelikings en toepassings van die normatiewe primêre bronne.
           Die meeste godsdienste met heilige boeke het ook baie kommentaar op
            primêre geskrifte.                                                               (20)

 1.2 Verduidelik die hermeneutiese beginsels om die normatiewe bronne van EEN
     godsdiens te interpreteer.

           Die woord hermeneutiek beteken om te interpreteer.
           Geneem uit die tradisionele konteks, was hermeneutiek die poging deur
            mans en vroue vanuit sekulêre of godsdienstige oogpunt of perspektief of
            vooroordeel om die geskrif hoofsaaklik in die lig van hulle eie oortuigings te
            interpreteer, en tweedens in die historiese konteks.

           Historiese konteks
           Die beginsels van hermeneutiese interpretasie is:
           1. Grammatikale-en historiese konteks
           2. Duidelike betekenis
           3. Plan, doel en konteks
           4. Betekenis en woorde
           5. Figuurlike taal
           6. Die oorweging van ander heilige skrifte

           Die Christenbybel bestaan uit die Ou en Nuwe Testament.
           Hierdie geskrifte is as gesaghebbend verklaar deur vorige
            geloofsgemeenskappe.
           Nooit in die geskiedenis van die Bybel was daar net een manier om
            Bybeltekste te interpreteer nie.
           Volgens Islam is die Koran ŉ heilige geskrif wat goddelike openbaring van
            God van sy boodskappers bevat.
           Moslem geleerdes verwys na interpretasie, kommentaar en hermeunetiek
            as “tafsir”.
           Die “tafsir” is ŉ komplekse term en verwys na die omvattende begrip en
            kennis van die Koran.
           Dit verrys ook na die proses om die betekenis te vind en die proses om die
            reëls, wysheid en grondstellings te stel.                                        (10)
                                                                                             [50]

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              RELIGIESTUDIES V2                     (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 2

2.1 Aard van goddelikheid
     Christene glo in die bestaan van ŉ hoër en goddelike wese naamlik God.
     God onthul homself as drie persone.
       1. God die Vader as Skepper van die Heelal.
       2. God die Seun as Redder/Bevryder van die mensdom.
       3. En God die Heilige Gees as die Berader van Christene.                     (10)

2.2 Aard van die wêreld
     Volgens die Christelike godsdiens was daar niks aan die begin behalwe
        chaos nie.
     Die boek Genesis vertel dat God die wêreld en die heelal in ses dae
        geskep het en op die sewende dag gerus het.
     Die wêreld was perfek nadat die Heilige Drie-Eenheid klaar was met die
        skepping.
     Mense, seelewe, diere en plante behoort alles aan God.
     Volgens die Christelike oortuigings is die wêreld onderhewig aan die
        bestuur van die mensdom.                                                    (10)

2.3 Plek en verantwoordelikheid van die mensdom in die wêreld
     Christene glo dat mense na die beeld van God geskape is.
     Nadat Adam en Eva geskep is, het God hulle opdrag gegee om na die tuin
        van Eden en die hele skepping om te sien.
     As medeskeppers saam met God, is mense God se verteenwoordiger op
        aarde.
     God het hulle aangestel om na sy eiendom, die wêreld, om te sien.
     Hulle is verantwoordbaar aan God.                                             (10)

2.4 Oorsprong van die bose
     Volgens die Christelike godsdiens het God nie die bose geskep toe Hy die
       wêreld geskep het nie.
     Hy het ŉ perfekte wêreld met perfekte mense geskep.
     Die bose is later bekend gestel toe Adam en Eva God se opdragte
       verontagsaam het.
     Christene noem hierdie tipe ongehoorsaamheid ‘sonde’.
     Christene glo dat die bose deur Satan, wat eens ŉ engel van God was
       maar teen God gerebelleer het, gebruik word.                                 (10)

2.5 Lewe na die dood
     Christene glo dat mense geskep is om onsterflik te wees.
     Adam en Eva het egter God se opdragte verontagsaam.
     Die straf vir hierdie sonde van die mensdom, was die dood.
     Selfs na hierdie straf, het God steeds probeer om die mensdom van die
       bose en die dood te bevry.
     Christene verwag ŉ nuwe gemeenskap na die dood wat gekenmerk sal
       word deur liefde, mededeelsaamheid en omgee.                                 (10)
                                                                                    [50]

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                   RELIGIESTUDIES V2                                       5

 VRAAG 3

 3.1 Bespreek die verhouding tussen godsdiens en wetenskap.

           Wetenskaplike ontwikkeling het ons wêreld verander.
           Op ŉ dieper vlak het godsdiens die manier hoe mense na die wêreld kyk
            verander.
           Belangriker is dat wetenskap die fondamente van tradisionele godsdienste
            uitgedaag het.
           Die moeilikhede tussen godsdiens en wetenskap het in die laaste vier
            eeue na vore gekom.
           Die twee benaderings het toenemend kompeterend en selfs botsend
            geword.
           In alle kulture het godsdiens deur die eeue tradisioneel antwoorde op vrae
            verskaf soos die volgende:
           1. Hoe en wanneer die wêreld begin het.
           2. Wanneer het die mens sy eerste verskyning gemaak.
           Terwyl sommige godsdienste dit as ŉ groot konflik beskou, het ander
            minder probleme om hulle leringe met die wetenskaplike teorieë te
            versoen.                                                                       (10)

 3.2 Verduidelik die impak wat Darwin se teorie oor evolusie op die skepping,
     volgens die Christelike geloof, gehad het.

           Darwin se teorie bestaan hoofsaaklik uit vier idees:
           1. Spesies bevat ŉ groot verskeidenheid van klein verskille
           2. Beide die wêreld en spesies verander met verloop van tyd
           3. In die stryd om oorlewing sal die beter aangepaste variasies oorleef,
               terwyl die wat nie aangepas het nie, sal sukkel om te oorleef
           4. Op hierdie manier kan die spesies geleidelik verander en meer
               kompleks raak – deur langs ŉ pad van suksesvolle variasie te onwikkel
           Volgens die kreasioniste is daar geen twyfel dat God die heel as deel van
            Sy meesterplan vir die mensdom geskep het nie.
           Genesis beskryf hoe God die wêreld in ses dae geskep het.
           God het vir Adam en Eva geskep, dus lyk dit asof daar nie ŉ plek vir die
            evolusie teorie in die skepping is nie.
           Darwin se werk is as kontroversieel gesien deur die kerk.
           Darwin se idee is as volg gekritiseer:
           1. Daar is geen getuienis in die menslike geskiedenis vir die ontwikkeling
               van nuwe spesies nie
           2. Daar is geen bewyse dat een spesie uit ŉ ander ontwikkel het nie
           3. Die pogings om nuwe spesies te skep deur kruisteling is dikwels
               onsuksesvol omdat kruisings nie geteel kan word nie
           Een van die redes waarom Darwin se teorie so ŉ groot impak op die kerk
            gehad het, is dat dit lyk asof dit ŉ alternatiewe verduideliking gee wat nie
            die idee van ŉ intelligente ontwerper nodig het nie.
           Die meeste ortodokse en konserwatiewe gelowiges dring daarop aan dat
            hierdie skeppingsmite as werklikhede gelees moet word want indien hulle
            onwaar is, kan dit ander oortuigings en leerstellings bevraagteken.            (20)

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 RELIGIESTUDIES V2                       (SEPTEMBER 2013)

3.3 Vergelyk die lering van EEN godsdiens oor goddelikheid en die skepping van
    die heelal met die Big Bang-teorie.

          Die Abrahamitiese godsdienste glo dat God die heelal geskep het.
          Daar is geen twyfel by hulle dat God die skepper is nie.
          Die meeste Ortodokse en konserwatiewe gelowiges dring daarop aan dat
           hierdie skeppingsmites as letterlike waarheid gelees moet word want
           indien dit onwaar is, kan dit ander oortuigings en leerstellings
           bevraagteken.
          Sommige liberale of progressiewe Jode, Christene en Moslems wat
           godsdienstig is, verwerp nie die idee van evolusie nie.
          Die liberale en progressiewe Jode, Christene en Moslems argumenteer dat
           indien alles in die heelal deur God geskep is, dan is die proses van
           evolusie ook deel van God se plan.
          Die sintese van evolusie en godsdienstige doktrine word na verwys as
           geleide of teïstiese evolusie. Sommige godsdienstige gelowiges se dat
           God vir die Big Bang verantwoordelik was.
          Dit is die gebeurtenis wat wetenskaplikes glo wat op die heelal begin het.
          Die teorie se dat ongeveer 14 miljard jaar gelede het die heelal begin
           uitbrei en warmer en warmer begin word totdat daar ŉ ontploffing was.

     LW: Vir meer inligting raadpleeg “Focus on Religion Studies Grade
         12.” bl 99 – 101                                                                (20)
                                                                                         [50]
VRAAG 4

4.1 ŉ Kort, relevante inleiding

          Een van die drukste kwessies vandag in Suid-Afrika is die HIV/Vigs
           pandemie wat die lewens van baie Suid-Afrikaners eis.
          In Mei 2003 het godsdienstige gemeenskappe en organisasies ontmoet
           om maniere te bespreek oor hoe om die probleem van HIV/Vigs te
           adresseer tydens die eerste konferensie van die streek.
          Dit moet met die nodige sensitiwiteit wat dit verdien hanteer word.
          Dit dring aan op liefde en meegevoel.                                         (6)

4.2 Die oorsake van die sosiale probleem

     HIV/Vigs is steeds een van die euwels van ons gemeenskap
      Die oorsake van HIV/Vigs
        1. Onbeskermde seks
        2. Rondslapery
        3. Meer as een bedmaat
        4. Verkragting
        5. Mite dat ŉ maagd HIV/Vigs kan genees
        6. Oorbevolkte tronke

     LW:     Enige relevante punt sal gekrediteer of aanvaar word.                       (6)

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                  RELIGIESTUDIES V2                                   7

 4.3 Faktore wat bydra tot hoe dit versprei

        Armoede is een groot faktor
        Werkloosheid
        Meer as een seksmaat
        Onveilige seks
       LW: Enige relevante punt sal gekrediteer word.                                 (10)

 4.4 Verwys na die leringe van ten minste TWEE godsdienste om oplossings te
     illustreer vir die sosiale probleem wat jy gekies of geïdentifiseer het

       Verwys na die leringe van ten minste TWEE godsdienste tot die Vigs-
       pandemie
        Godsdienstige leringe in elke geloof beklemtoon die belangrikheid van die
           familie eenheid en waarsku teen die ernstige gevolge van owerspel.
        Christelike lering
          1. Geen seks voor die huwelik.
          2. Monogamie word aangemoedig.
          3. Getrouheid aan een maat word aangemoedig.
          4. Egbreuk word veroordeel.
        Lering van Islam
        Owerspel is verkeerd.
        Dit maak die weg oop vir ander booshede.

       LW:    Enige relevante punt sal gekrediteer word.                              (10)

 4.5 Praktiese stappe of strategieë om dit aan te spreek

       Die verskillende godsdienstige gemeenskappe het ooreengekom om die
       volgende aksies te neem en toegewyd die volgende beginsels te
       implementeer:

           Liefde, meegevoel, verantwoordelikheid, waardigheid en nie-veroordelend
            ten opsigte van mense wat leef met HIV/Vigs.
           Opvoeding en openheid rondom seks en seksualiteit.
           Veroordeel diskriminasie teen mense wat met HIV/Vigs leef.
           Erken eenheid in diversiteit.
           Die aanmoediging van oop gesprekke en dialoog rondom sensitiewe
            kwessies.
           Godsdienstige leiers van alle gemeenskappe moet hul volgelinge opvoed
            oor HIV/Vigs sodat daar nie teen mense wat met die siekte leef
            gediskrimineer word nie.
           Godsdiensleiers moet druk op die regering uitoefen om toegang tot
            behandeling aan diegene wie geaffekteer is, te voorsien.                  (18)
                                                                                      [50]

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 RELIGIESTUDIES V2                      (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 5

5.1 Identifiseer en bespreek TWEE temas wat jy beskou as belangrike onderwerpe
    vir ŉ wêreldparlement van godsdienste. Gee redes vir jou keuses.

     ARMOEDE
      Armoede die grootste boosheid van ons gemeenskap
      Dit bring lydings oor die families
      Die meeste mense, veral die jeug, neig om hulle tot inbrake te wend as
        gevolg van armoede
      Dit veroorsaak dat arme mense aan kwale en siektes blootgestel word
      Hulle eindig in prostitusie
      Families word verbrokkel as gevolg van armoede
      Kinders sterf as gevolg van armoede
      Leerders verlaat skool om werk te gaan soek

     MISDAAD
      Dit neem verskillende vorme aan bv. moord, verkragting, en huisbraak
      Mense handel
      Nepotisme is deesdae algemeen en benodig veroordeling
      Misdaad bedreig besighede
      Korrupsie is misdaad en is besig om teen ŉ gevaarlike tempo te eskaleer
      Daar is ŉ verrassende toename op elke vlak van ons samelewing in beide
        privaat en publieke sektor
      Verduistering van geld van enige organisasie, hetsy godsdienstig, regering
        en of private sektor in die algemeen, is verbode
      Bedrog kom baie voor en moet mee sterk en sonder kompromieë gedeel
        word

     LW:     Enige relevante antwoord sal aanvaar word.                                 (20)

5.2 Bespreek TWEE moontlike uitkomste (of resultate) wat jy van so ŉ konferensie
    sal verwag.

          Strategieë om armoede aan te spreek
          Verligting van armoede in die algemeen
          Afname in armoede
          Uitwissing van armoede
          Om onmiddellik sorg te neem van mense wat vasgevang is in erge
           armoede
          Begin van suksesvolle projekte
          Genadelose optrede teen misdaad
          Misdadigers op alle vlakke moet aan die man gebring word
          Indien skuldig bevind word moet hulle harde strawwe opgelê word
          Geen vry borgtog vir verkragters en moordenaars
          Geen presidensiële parool vir moordenaars, verkragters, bankrowers,
           motor kapers, ens. nie.                                                      (12)

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                    RELIGIESTUDIES V2                                   9

 5.3 Beskryf die godsdienstige samestelling in jou gemeenskap en verduidelik die
     behoefte vir inter-religieuse dialoog.

            Meestal Christene en Moslems
            Die Christendenominasies is Afrika Onafhanklike Kerke, Protestante en
             Pinkster Kerke
            Die huidige interreligieuse dialoog is deur die S.A.R.K.
            Daar is ŉ groot behoefte vir interreligieuse dialoog tussen Christene en
             Moslems.

       LW:     Enige relevante feit sal gekrediteer word.                               (8)

 5.4 Suid-Afrika het sedert 1994 nie ernstige gevalle van godsdienstige konflik nie.
     Watter stappe het die Suid-Afrikaanse regering geneem om vreedsame
     naasbestaan tussen die verskillende godsdienste in die land te verseker?

            Godsdiensvryheid was bevorder
            Godsdienstige verdraagsaamheid was aangemoedig
            Die Nederlands Gereformeerde Kerk het nie meer langer voorkeur
             behandeling van die regering ontvang nie
            Alle godsdienste opereer vryelik en hulle moet mekaar respekteer
            Daar is geen godsdiens wat spesiale gunste ontvang nie
            Verskillende ekumeniese liggame word toegelaat om hulle sieninge vryelik
             te verkondig
            In konflik kwessies soos die Marikana saak was die S.A.R.K. toegelaat om
             deel te neem maar in die konteks van die Grondwet

       LW:     Enige relevante feit sal gekrediteer word.                               (10)
                                                                                        [50]

                                                                              TOTAAL:   150

## Related documents

- [Gr12 RLGS P2 S13 Memo EA](https://www.hlayiso.com/library/gr12-rlgs-p2-s13-memo-ea/161f35dd-54f4-4f7a-b471-e796af71fbfa) — Religion Studies · Memo · 2013
- [Gr12 RLGS P2 S13 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-rlgs-p2-s13-qp-afr/9f3cc399-6ea8-421d-b854-bd8afc9511b1) — Religion Studies · QP · 2013 · Afr
- [Gr12 RLGS P2 S13 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-rlgs-p2-s13-qp-eng/b14175b9-5e05-404a-bc86-e5f37566037c) — Religion Studies · QP · 2013 · Eng
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2020 AFR](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2020-afr/4fc7414e-5627-48ef-89d0-65ccf9497f6d) — Religion Studies · Memo · 2020 · Afr
- [RELIGION STUDIES P2 MEMO SEPT 2020 ENG](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-memo-sept-2020-eng/370b34b7-f732-49c4-b743-024b885139ce) — Religion Studies · Memo · 2020 · Eng
- [REL STUDIES P2 MEMO SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p2-memo-sept-2018-afrikaans/8a667319-4336-43ff-a856-d3395338d73b) — Religion Studies · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-religion-studies-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/280b2f45-cc59-4fda-8962-bcd5e4a7d0bb) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
