# Religion Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 Memo (Afr)

> Grade 12 Religion Studies memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-rlgsp2-sept2017-memo-afr/0c813ea7-aed3-4bc4-ba13-b108a8daf403
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Religion Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Religion Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/religion-studies) › [Religion Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-rlgsp2-sept2017-memo-afr/0c813ea7-aed3-4bc4-ba13-b108a8daf403)

## About this document

Religion Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017. Memorandum, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                    NASIONALE
                SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                 SEPTEMBER 2017

               RELIGIESTUDIES V2
                 MEMORANDUM

PUNTE:   150

               Hierdie memorandum bestaan uit 8 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                            RELIGIESTUDIES V2                         (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 1

 1.1   Relevante Inleiding
        Een van die dreigende kwessies in Suid-Afrika vandag is MIV/Vigs-
          pandemie wat soveel Suid-Afrikaners se lewens eis.
        In Mei 2003, het religieuse gemeenskappe en organisasies bymekaar
          gekom om die probleem van MIV/Vigs by die eerste konferensie in die
          gemeenskap aan te spreek.
        Dit moet met sensitiwiteit wat dit verdien behandel word.
        Dit het ŉ uitroep na liefde en medelye.                                         (8)

 1.2   Impak van MIV/Vigs op die Suid-Afrikaanse samelewing.
        Daar is ŉ hoë sterftesyfer onder die jongmense in die land.
        Dit veroorsaak dat gesinne verbrokkel as een lid besmet is, omdat elke lid
         van die gesin beïnvloed word.
        Dit beïnvloed die moraal van die samelewing (waardes en houdings
         verander).
        Die getal leerders wat die skool vroeg verlaat, styg.
        Gesinstrukture word verswak (gesinne met kinders as hoofde).
        Dit veroorsaak finansiële spanning op die ekonomie; die regering spandeer
         meer geld, wat die ongelyke verspreiding van fondse veroorsaak.
        Dit veroorsaak dat mense in ŉ siklus van armoede vasgevang word.
        Dit veroorsaak werkloosheid (soms word mense op grond van hul
         gesondheidstatus aangestel).
        Dit veroorsaak meer lyding en laat skuldig voel, lae selfbeeld, min
         selfvertroue en vertroue.                                                      (16)

 1.3   Praktiese strategieë vir godsdienstige organisasies om MIV/Vigs te
       bestry:
        Organiseer werkswinkels om mense te onderrig en hulle bewus te maak
          van die epidemie.
        Onderrig lede en gemeenskappe oor godsdienstige leringe oor
          voorbehoed.
        Bied berading vir mense wat besmet en beïnvloed word.
        Bewusmakingsveldtogte moet beplan word.
        Ons moet uit suksesvolle anti-Vigs-veldtogte leer, bv. In Uganda het
          godsdienstige organisasies en die regering saamgewerk om morele
          regenerasie te bewerkstellig.
        Seks buite stabiele verhouding is taboe verklaar.
        Geloofsgebaseerde organisasies werk almal saam om die boodskap van
          kuisheid oor te dra.
        Seks word slegs binne die huwelik beoefen.
       (Enige relevante feite moet gekrediteer word.)                                   (14)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                  RELIGIESTUDIES V2                                       3

 1.4    Slaag die godsdienstige organisasies in die stryd teen MIV/Vigs?
        JA
         Die hoër bywoningsyfer in verskillende godsdienstige organisasies deur
           hul verskillende genesingstrategieë en lewenstyle dra by tot die stryd teen
           MIV en Vigs.
         Bewusmakingsveldtogte word deur verskillende godsdienstige groepe
           georganiseer.
         Tuisorganisasies word deur verskillende godsdienstige organisasies
           bedryf.
         Godsdienstige groepe werk saam met die regering as ŉ gesamentlike mag
           vir effektiewe implementering van strategieë.
         Die meeste gevestigde waakhuise (safe houses) word georganiseer deur
           godsdienstige organisasies om na weeskinders om te sien.
         Seminare om bewustheid te kweek word deur verskillende godsdienstige
           groepe georganiseer.
         Berading en hulpkantore werk effektief om hulp aan gemeenskappe te
           verleen.
         Godsdienstige groepe doen uitreike en gee skenkings aan gesinne sodat
           hulle iets het om te eet en te dra.

        NEE
         Mense gaan na godsdienstige organisasies wanneer dinge moeilik raak en
          wanneer hulle in moeilike situasies is.
         Godsdienstige organisasies kan dit nie alleen doen sonder befondsing nie.
         Dit word moeiliker vir die organisasie om na groot getalle mense om te
          sien.
         Statistieke toon dat die besmettingsyfer steeds baie hoog is in vergelyking
          met ander Afrikalande.
         Godsdienstige organisasies is te veel gefragmenteer om effektief in die
          stryd te wees.
         Godsdienstige organisasies moet meer insette in regeringsbeleid lewer via
          die Nasionale Godsdienstige Leiersforum (NGLF).

        (Hierdie is ŉ oop vraag. Die leerders moet gekrediteer word vir relevante feite
        al word die strategieë van meer as een religie verkry.)                             (12)
                                                                                            [50]
 VRAAG 2

 2.1    Sentrale leringe van enige een religie: Boeddhisme dien as voorbeeld.

        2.1.1    Die Aard van die wêreld:
                  Die wêreld is net een van ŉ miljoen wêrelde.
                  In elkeen van hierdie wêreld sal ŉ Boeddha die ware aard van
                    wesens herontdek.
                  Boeddhisme floreer vir duisende jare en sterf dan stadig uit.
                  ŉ Ander man sal probeer om te verstaan waarom mense swaarkry
                    en hy sal die volgende Boeddha word.
                  Elke siklus het ŉ Boeddha.                                               (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              RELIGIESTUDIES V2                          (EC/SEPTEMBER 2017)

       2.1.2    Die aard van godheid:
                 Die meeste vorms van Boeddhisme aanvaar dat magtige wesens
                   bestaan, wat ons god noem.
                 Boeddhiste leer dat alles nie-permanent is, selfs die gode.
                 Elke Boeddhis moet self verligting vind.
                 Hulle volg die Boeddha se instruksies.
                 Hulle mag tot die plaaslike godheid bid.                                (10)

       2.1.3    Die plek en verantwoordelikheid van die mensdom in die wêreld:
                 Om as ŉ mens gebore te word is raar en kosbaar.
                 Die mensdom is die enigste toestand waarin verligting moontlik is.
                 Die primêre verantwoordelikheid van elke mens is om verligting te
                   bekom.
                 Jy moet die weg van verligting met ander deel.
                 Hulle is aktief betrokke in die veld van kernontwapening, teen
                   oorlogspogings en ekologiese aksie.                                    (10)

 2.2   Normatiewe bronne:

       2.2.1    Inspirasie:
                 Inspirasie verwys na die asemhaling (mag, kennis) van ŉ
                    buitengewone wese of mag, bv. ŉ godheid wat ŉ mens oorneem
                    en hom/haar met goddelike kennis inspireer.
                 Die meeste religieë het stigtersfigure wat deur ŉ hoër mag of
                    wysheid geïnspireer is, voorbeelde is Abraham, Moses,
                    Confucuis, die Boeddah, Jesus, die Profeet Muhammed en
                    Baha’u’llah.
                 Die inspirasie van hierdie figure word deur hulle volgelinge as
                    direk en onmiddellik aanvaar.
                 Daar word geglo dat hulle van aangesig tot aangesig met God
                    was.
                 Sulke onmiddellike kontak met ŉ dimensie buite alledaagse lewe
                    is die wortel/oorsprong van Afrikageloof.
                (Hier moet enige relevante antwoord gekrediteer word.)                    (10)

       2.2.2    Heilige boek:
                  Skryfwerk het die godsdienstige toneel ongeveer 4000 jaar gelede
                    betree.
                  Sedertdien het dit ŉ al hoe belangriker rol beklee.
                  Die verskil tussen mondeling en geskrewe is nie net die medium
                    nie – tradisie het meer gevestig geword as gevolg van geskrifte.
                  Mondeling tradisie wat parallel met geskrewe tradisie kan loop, kan
                    baie vloeibaar wees, maar as dit eers neergeskryf is, raak dit
                    gewoonlik gevestig.
                  In Boek-godsdienste (Judaïsme, Christenskap en Islam), speel
                    heilige geskrifte ŉ sleutelrol in leringe.
                (Bogenoemde antwoorde is ŉ gids, die kandidaat kan enige relevante
                feite byvoeg, daarom moet enige relevante feit gekrediteer word.)         (10)
                                                                                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                 RELIGIESTUDIES V2                                       5

 VRAAG 3

 3.1    Teorie van evolusie:
        Darwin se teorie bestaan uit hoofsaaklik die volgende idees:
         Spesies bevat ŉ groot verskeidenheid klein verskilletjies.
         Beide die wêreld en spesies het oor tyd verander.
         In die oorlewings stryd sal beter aangepaste variasies bevoordeel word
           terwyl die wat nie is nie, sal sukkel om te oorleef.
         Op hierdie wyse kan spesies geleidelik van vorm verander en meer
           kompleks word – deur op ŉ pad van suksesvolle variasies te ontwikkel.
         Alle vorm van lewe is verbind en kan teruggeneem word na ŉ
           gemeenskaplike oorsprong.
         Die verskillende tipes lewe is nie absoluut verskillend nie, maar kom op
           een enkele kontinuum voor.
        (Enige relevante feite moet gekrediteer word.)                                     (12)

 3.2    Response van enige een religie op Darwin se teorie
        (Boeddhisme word as voorbeeld gebruik)
         Baie Boeddhisme redeneer dat die evolusieleer en Boeddhisme
           saamstem.
         Daar is geen weergawe van skepping in Boeddhisme nie.
         Boeddhiste gee nie om wat wetenskaplikes se oor hoe die heelal ontstaan
           het nie.
         Hulle glo dat alle lewe voortdurende transformasie en evolusie behels.
         Boeddhiste glo al lank voor Westerse wetenskaplikes aan evolusie.
         Boeddhiste glo ook aan die kontinuïteit van alle lewende wesens.
         Hulle het dus nie ŉ probleem met die idee dat mense uit meer primitiewe
           primaatvorms ontwikkel/ontstaan het nie.
         Hulle geloof in Nirvana is ŉ goeie voorbeeld van lewenstransformasie en
           evolusie.
         Boeddhisme het geen intelligente ontwerper wat vir skepping
           verantwoordelik is nie, dit is waarom hulle geen probleem met evolusie het
           nie.
         Boeddhisme glo aan onwesenlikheid (geen deel van die mens is onsterflik
           nie), so hulle het nie ŉ probleem met evolusie nie.                             (18)

 3.3    Die Oerknalteorie
         Die sogenaamde oerknalteorie is tans die gewildste wetenskaplike teorie
           oor die heelal.
         Dit is nie bekend wat voor die oerknal bestaan het nie.
         Dit is nie bekend wat voorheen bestaan het nie.
         Na die oerknal het die heelal verskyn en tot ŉ enorme grootte uitgebrei.
         Dit het ongeveer 15 biljoen jaar gelede gebeur.
         Klein temperatuurverskille in die eerste ontploffing het tot verskillende
           digthede dwarsdeur die heelal gelei.
         Dit het uiteindelik bondels dwarsdeur die heelal gevorm en die bondels het
           meer verdig op ŉ klonterige manier en uiteindelik die groot versameling
           sterre gevorm wat ons sterrestelsels noem.
         Ons aarde is deel van die sonnestelsel.                                          (20)
                                                                                           [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                             RELIGIESTUDIES V2                         (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 4

 4.1    Die geskiedenis en werk van die organisasies buite die Afrikakontinent.
        Wêreldparlement van Religieë (W.P.R.)
         Die inisiatief is in 1983 begin.
         Die Unitarristiese en Universalistiese kerke was die hoofaandrywers van
           hierdie inisiatief.
         Westerse en Oosterse godsdienste is verteenwoordig.
         Swami Vivekananda het Hindoe-denkwyse aan die Weste bekendgestel.
         Dit was ŉ kritiese stap in intergodsdienstige dialoog, omdat Oosterse
           godsdienste voorheen nie as godsdiens deur die Westerse wêreld
           verstaan/aanvaar is nie.

        Wêreldkonferensie van Religieë vir Vrede (W.K.R.V.)
         Dit is in 1970 gestig.
         Dit het uit lede van alle godsdienste bestaan.
         Die gemeenskaplike doel is vrede.
         Hierdie liggaam glo dat intergodsdienstige verhoudings die beste manier is
          om mense van verskillende rasse, klasse en kulture saam te snoer met ŉ
          gemeenskaplike doelwit.
         Dit is omdat godsdienstige mense in samehangende groepe organiseer
          wat daartoe verbind is om ander in nood te help.

        Wêreldraad van kerke (W.R.K.)
         In 1948 in Amsterdam gestig.
         Dit is suiwer Christin.
         Dit herbevestig die drie-eenheid van God.                                      (14)

 4.2    Interne Verskille van Een Geloof. [Vir die doel van hierdie memorandum word
        Hindoeïsme bespreek.]

        4.2.1   Bestuur
                 Tradisionele Hindoeïsme het geen sentrale bestuur/leierskap nie.
                 Hervormers het binne die bestaande stelsel gewerk.
                 Daar was geen wegbreekbewegings nie.
                 Tradisionele bestuur/leierskap is om die huis en plaaslike tempel
                    gesentreer.
                 In Indië is elke tempel onafhanklik wat betref bestuur/leierskap.
                 Plaaslike priesters bepaal rituele wat in ŉ gemeenskap beoefen
                    word.
                 Vandag is daar gestruktureerde Hindoe-bewegings in lande met
                    ŉ groot Hindoe-verteenwoordigheid buite Indië.
                (Enige relevante antwoord moet gekrediteer word.)                        (12)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                  RELIGIESTUDIES V2                                    7

        4.2.2    Praktyke
                  In tradisionele Hindoeïsme is die beoefening van huishoudelike en
                   tempelrituele verpligtend vir almal.
                  Hierdie ritueel neem baie tyd in beslag.
                  Hindoegelowiges steek lampe aan en berei voedsel op die
                   korrekte wyse voor.
                  In Neo-Hindoe-bewegings word minder klem op rituele geplaas.
                  In Neo-Hindoe-bewegings word die klem meer op individuele en
                   groepstoewyding (bhakti) geplaas.
                  Toewyding word ook aan ŉ spesifieke goddelike vorm gerig.
                  In baie gevalle sluit sulke toewydingsessies ŉ formele rituele
                   element in.
                  Aanbidding vind in die huis en in die tempel plaas.

                 (Enige relevante feite moet gekrediteer word.)                          (14)

 4.3    Dink jy dat die sekulêre wêreldbeskouiing toenemende gewildheid kry? Gee
        redes vir jou antwoord.
        JA
         Sekularisme is die geloof dat die regering en moraliteit nie op religie
           gegrond moet wees nie.
         Westerse demokrasie van vandag is sekulêre state.
         Onaanvaarbare gedrag deur godsdienstigeleiers het ontnugtering onder
           hulle volgelinge veroorsaak.
         Die verdeeldheid tussen die Rooms Katolieke Kerk en die Protestante was
           ook deel van die skeiding tussen religie en die staat.
         Die meeste mense glo dat daar vrede in die samelewing sal wees as daar
           ŉ skeiding tussen die kerk en die staat is.
         Die Departement het ook bygedra tot die verspreiding van sekularisme
           omdat meer mense geletterd geword het.
        (Enige relevante feit moet gekrediteer word.)                                    (10)
                                                                                         [50]
 VRAAG 5

 5.1    Hermeneutiese beginsels
         Grammatika en historiese konteks
         Duidelikste betekenis
         Plan, doel en konteks
         Betekenis van woorde
         Figuurlike betekenis
         Ander heilige geskrifte                                                        (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                             RELIGIESTUDIES V2                         (EC/SEPTEMBER 2017)

 5.2    5.2.1   Oorsake van omgewingsvernietiging:
                 Omgewingsvernietiging word veroorsaak deur die
                   onverantwoordelike gebruik van chemikalieë (plaagdoders en
                   kunsmis).
                 Dit word ook deur die oormatige verbranding van
                   fossielbrandstowwe veroorsaak.
                 Dit verhoog die hoeveelheid koolstofdioksied in die atmosfeer.
                 Die oormatige toename in koolstofvrylatings deur fabrieke en
                   vervoer lei tot kweekhuiseffek/aardverwarming.
                 Dit laat die temperatuur van die aarde se atmosfeer styg wat tot
                   klimaatsverandering lei.
                 Dit word ook veroorsaak deur party menslike aktiwiteite soos die
                   storting van afval produkte in oop areas (grondbesoedeling).
                 Verkeerde landboumetodes beskadig ook die omgewing want dit
                   lei tot gronderosie.
                (Enige relevante feite moet gekrediteer word)                            (14)

        5.2.2   Impak van omgewingsvernietiging:
                 Die weer en klimaat het verander (aardverwarming).
                 Daar is meer dikwels storms, droogtes en vloede oor ons hele
                   planeet.
                 Verwoesting neem toe veral in Afrika.
                 Dit lei tot voedseltekorte.
                 Daar is ŉ gat in die osoonlaag en dit veroorsaak
                   temperatuurstygings.
                 Meer mense sterf jaarliks as gevolg van siektes wat deur
                   lugbesoedeling veroorsaak word.
                 Siektes het ernstiger geword want ons liggame slaag nie daarin
                   om by die steeds wisselende omgewing aan te pas nie.
                 Sommige spesies sterf uit as gelog van klimaatsverandering.
                (Enige relevante feite moet gekrediteer word.)                           (12)

 5.3    Die Rol van die huidige wetgewing in SA wat gesonde inter-godsdienstige
        verhoudings:
         In 1997 het president Nelson Mandela godsdienstige gemeenskappe
           gevra om saam te werk om ŉ vrye en regverdige SA te bou
         Die koalisie Nasionale Godsdiensleiersforum (NRLF) was gevorm
         ŉ Morele beraad was gehou in Oktober 1999.
         Hulle is toegewyd aan kwessies van kinder- en vrouemishandeling en om
           bewustheid van MIV en Vigs te verhoog, ens.
         Die Suid-Afrikaanse Grondwet is in 1996 aanvaar
         Die Grondwet het Suid-Afrika as ŉ sekulêre staat gevestig, met geen
                   staatsgodsdiens nie.
         Dit verbied diskriminasie op grond van godsdienstige oortuigings.
         Godsdienstige onderhouding kan by staatsinstellings met dien verstande
           dat:
            Dit gebeur op ŉ gelyke grondslag.
            Bywoning daarvan is vry en vrywillig.
        (Enige relevante feite moet gekrediteer word)                                    (14)
                                                                                         [50]

                                                                          TOTAAL:        150
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [GR12 RLGSP2 SEPT2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-rlgsp2-sept2017-memo-eng/82e318dd-6e11-4065-b095-6f5683db5707) — Religion Studies · Memo · 2017 · Eng
- [REL STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-memo-sept2017-afrikaans/36e4e58d-a9d6-468e-84e7-196ae70761ff) — Religion Studies · Memo · 2017 · Afr
- [REL STUDIES P1 GR12 MEMO SEPT2017 English](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-memo-sept2017-english/931bf60c-5a70-46da-bd4e-e8c6403f13d3) — Religion Studies · Memo · 2017 · Eng
- [GR12 RLGSP2 SEPT2017 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-rlgsp2-sept2017-qp-eng/fbfc8097-fb50-4ca2-b72a-6feafbbe1081) — Religion Studies · QP · 2017 · Eng
- [REL STUDIES P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/rel-studies-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/848b77ad-f4f6-47d7-a851-9dc6a69f8c97) — Religion Studies · QP · 2017 · Afr
- [Religion Studies P1 May June 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-may-june-2017-memo-eng/3bef31a5-56c3-4463-9f4f-4c2dfc2c2941) — Religion Studies · Memo · 2017 · Eng

## More from Grade 12 Religion Studies

- [Gr 12 Rel Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-rel-stu-atp-2023-24/506fcf57-c1e6-4c4b-bd21-fba6f147f20b) — ATP
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/1285d56b-137f-4fbe-9aec-e374523e79e3) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-eng/0c13dbdc-e322-43ed-aa01-f39578d31c9f) — QP · 2024 · Eng
- [Religion Studies P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-nov-2024-afr/bf4d1331-1edb-4473-8d95-f6dc04204194) — QP · 2024 · Afr
- [Religion Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p2-nov-2024-afr/04aeabb0-cded-4bb3-bfbf-8ef272c469e6) — QP · 2024 · Afr
- [RELIGION STUDIES P1 GR12 QP SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/religion-studies-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/353fb867-5b39-442f-80a4-7cdafe333a1f) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
