# Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Tourism question paper from the Gauteng Mock Exam 2021 (Afrikaans), 29 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-tourism-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/05d90ba3-031b-4e1b-b472-7488d7ea218c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Tourism
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 29

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Tourism](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/tourism) › [Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-tourism-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/05d90ba3-031b-4e1b-b472-7488d7ea218c)

## About this document

Tourism · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 29 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

       GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                 VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                         2021
                         10870

                        TOERISME

TYD:     3 uur

PUNTE: 200

29 bladsye

                                            b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                           TOERISME                                    2
                                                                       10870 / 21

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die instruksies noukeurig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.    Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings en TIEN vrae.

2.    Beantwoord AL die vrae.

3.    Begin ELKE vraag op ’n NUWE bladsy.

4.    Nommer jou vrae soos die nommeringstelsel in die vraestel.

5.    Gebruik die puntetoekenning wat by elke vraag aangedui is om die lengte van
      jou antwoord te bepaal.

6.    Jy mag ’n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.    Skryf netjies en leesbaar.

8.    Die tabel hieronder is ’n riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling in
      te deel.

     AFDELING                        ONDERWERP                           PUNTE       TYD

          A         Kortvrae                                                40        20
                    Kaartwerk en Toerbeplanning;
          B                                                                 50        50
                    Buitelandse valutaverhandeling
                    Toerismebesienswaardighede;
          C                                                                 50        50
                    Kultuur- en Erfenistoerisme; Bemarking
                    Toerisme Sektore; Volhoubare en
          D                                                                 30        30
                    Verantwoordelike Toerisme
                    Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme;
          E                                                                 30        30
                    Kommunikasie en Kliëntediens
                                                           TOTAAL          200       180

                                                                                           b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                             TOERISME                                    3
                                                                         10870 / 21

AFDELING A: KORT VRAE

VRAAG 1

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
    Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
    vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld
    1.1.21 D

    1.1.1   ’n Lae begroting vir akkommodasie sal moontlik geskik wees vir ...
            toeriste.

            A     besigheid- en gapingsjaar
            B     rugsakreis en aansporingsbonus
            C     besigheid- en aansporingsbonus
            D     gapingsjaar- en rugsakreis

    1.1.2   Die dra van langmouhemde en langbroeke wanneer die Kruger
            Nasionale Park vir ’n vakansie besoek word, is ’n
            voorkomingsmaatrëel teen …

            A     bilharzia.
            B     cholera.
            C     malaria.
            D     MIV/VIGS.

    1.1.3   Een tydsone verteenwoordig … grade.

            A     10
            B     15
            C     20
            D     30

    1.1.4   ’n Toeristeprofiel vir ’n … toeris sal moontlik Kosher-kos insluit as deel
            van die voedselvoorkeure.

            A     Buddiste
            B     Joodse
            C     Islamitiese
            D     Hindiese

    1.1.5   Die tydsone (+3) vir Moskou is ...

            A     30˚ Oos.
            B     30˚ Wes.
            C     45˚ Wes.
            D     45˚ Oos.

                                                                                             b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                        TOERISME                                  4
                                                                   10870 / 21

1.1.6   Kwart oor elf in die aand word internasionaal as … aangedui op ’n 24-
        uur horlosie.

        A     11:15
        B     11h15
        C     23:15
        D     23h15

1.1.7   Die tipe toeris wat meer tyd-sensitief as begrotingsensitief is wanneer
        dit kom by die keuse van ’n reisplan.

        A     Ontspanningstoeris
        B     Besoek vriende en familie
        C     Gesondheidstoeris
        D     Besigheidtoeris

1.1.8   Een manier om die effek van die Suid-Afrikaanse somerson te
        verminder, sluit … in.

        A     die dra van langmouklere wanneer in die buitelug
        B     inenting teen velkanker
        C     swem tussen 12:00 en 15:00
        D     die gebruik van ’n verwarmer binnenshuis

1.1.9   Die prent aan die
        regterkant, stel ’n … in
        die verhandelingspryse
        van die Euro en die
        Dollar voor.

        A     verhoging
        B     verlaging
        C     stabiliteit
        D     fluktuasie

1.1.10 Europa en Noord-Amerika staan bekend as die … markte van
       Suid-Afrika.

        A     opkomende
        B     bron
        C     nuwe
        D     land

                                                                                      b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                       TOERISME                                5
                                                                 10870 / 21

1.1.11 Die dokument wat help om ’n samewerking en samehorige atmosfeer
       in die werkplek te skep, is die ...

        A     gedragskode.
        B     dienskontrak.
        C     kode vir globale etiek.
        D     regverdige handelskontrak.

1.1.12 Die AVIS karverhuringsmaatskappy se personeel lyk professioneel in hulle
       uniforms. Hulle dra by tot die maatskappy se ...

        A     tuinversorging.
        B     korporatiewe beeld.
        C     driedubbele-slotreël.
        D     prysstruktuur.

1.1.13 Volhoubare en verantwoordelike bestuursplanne verwys na ...

        A     etiese gedrag wanneer ’n opdrag uitgevoer word.
        B     bemarkingsplanne om toerisme attraksies te bemark.
        C     die bewaring en effektiewe gebruik van hulpbronne.
        D     effektiewe kliëntediens in die werkplek.

1.1.14 TOMSA verwys na …

        A     tien persent heffing wanneer aansoek vir ’n visum gedoen word.
        B     twaalf persent heffing vir ’n luukse skip bespreking.
        C     vyf persent heffing vir sommige Uber ritte in Gauteng.
        D     een persent heffing vir bevestigde hotel bespreking.

1.1.15 ’n Voorbeeld van ‘n positiewe impak van volhoubare toerisme is ...

        A     ’n verhoging in kriminele aktiwiteite by die attraksie.
        B     uitsetting van die plaaslike gemeenskap vanuit hulle area.
        C     ’n verhoging in die pryse van produkte en dienste.
        D     plaaslike inwoners het werk en word in ag geneem.

1.1.16 Hierdie is Afrika se voorste leefstyl en avontuur bemarkings
       geleenthede.

        A     Getaway-skou
        B     TOMSA
        C     Indaba reis handelskou
        D     ITB

                                                                                   b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                        TOERISME                                   6
                                                                   10870 / 21

1.1.17 As deel van hulle Korporatiewe Maatskaplike Belegging het ’n
       toerisme besigheid …

        A      uniforms aan hulle personeel voorsien.
        B      hulle webwerf en handelsmerk opgedateer.
        C      beurse aan studente vir hulle studies aangebied.
        D      hulle personeel opgelei oor dienslewering.

1.1.18 Uniforms wat by die werkplek gedra word, dra by tot (’n) ...

        A      meer individualiteit in die werkplek.
        B      vermindering in volhoubaarheid van die besigheid.
        C      beter professionele beeld van die werknemers.
        D      minder spanwerk onder werknemers.

1.1.19 Die tipe terugvoer metode wat deur hierdie hotel gebruik is om hulle
       kliente aan te moedig om hulle diens te evalueer is ’n ...

        A      web-gebaseerde antwoord.
        B      SMS boodskap.
        C      terugvoerkaart.
        D      opname.

1.1.20 Die laaste stap in ’n analise om die neiging in kliënteterugvoering te
       bepaal.

        A      Bepaal die mees algemene klagtes.
        B      Begin die intervensieproses.
        C      Bestudeer en sleutel die terugvoering in.
        D      Besluit op ’n aksieplan wat gebruik gaan word.
                                                                        (20 x 1)         (20)

                                                                                       b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                          TOERISME                                 7
                                                                     10870 / 21

1.2   Kies ’n beskrywing vir die Wêrelderfenisterrein in KOLOM B wat die beste by ’n
      prent in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer
      (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 H.

                  KOLOM A                              KOLOM B
      1.2.1                                  A Dié terrein toon die oorblyfsels
                                               van die Ystertydperk wat die
                                               handel in goud en ivoor met
                                               China aandui.

                                             B Hierdie gemengde
                                               wêrelderfenisterrein bevat van
                                               die grootste rotskuns-
                                               versamelings van die Khoisan
      1.2.2
                                               mense.

                                             C Dié terrein toon ‘n groot krater
                                               wat die resultaat is van die
                                               impak van ‘n meteoriet wat
                                               baie jare gelede die aarde
                                               getref het.
      1.2.3
                                             D Die terrein is bekend vir die
                                               diversiteit van habitatte en
                                               ekosisteme wat mere, duine en
                                               sandstrande insluit.

                                             E   Dié terrein was die tuiste van
                                                 politieke gevangenes wat vir
                                                 hoogverraad aangekla was.
      1.2.4.
                                             F Die terrein toon fossiele wat
                                               Mev Ples insluit.

                                             G Hierdie terrein het agt
                                               beskermde gebiede wat 9600
                                               spesies flora huisves
                                               insluitende die protea en
      1.2.5.                                   Fynbos.

                                                                                              (5)

                                                                                       b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                           TOERISME                                  8
                                                                      10870 / 21

1.3   Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs
      die woord(e) langs die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.5) in die
      ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 Paspoort

      1.3.1   Die presiese tyd vir ‘n bestemming of ’n land is bekend as die
              (plaaslike/somer) tyd.

      1.3.2   Travel Wallet is ‘n voorbeeld van ’n voorafgelaaide buitelandse
              valuta (debiet/krediet) kaart.

      1.3.3   DBT verwys na die tyd wanneer horlosies met 1 uur
              (vorentoe/agtertoe) verstel word.

      1.3.4   Die gebruik van (telegrafiese oorplasings/reisigerstjeks) is stadig
              maar seker besig om uitgefaseer te word as betalingsmetode vir
              vakansies.

      1.3.5   Protes opstande in ’n land oor ’n tekort aan dienslewering word as
              (onvoorsiene gebeurtenisse/politieke situasies) geklassifiseer.                   (5)

                                                                                         b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                             TOERISME                                      9
                                                                        10870 / 21

1.4 Identifiseer die internasionale ikone in die prente hieronder. Skryf slegs die naam
    van die ikoon langs die vraagnommer (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDBOEK
    neer, byvoorbeeld 1.4.6 Eiffeltoring

                    1.4.1                        1.4.2                       1.4.3

                              1.4.4                                     1.4.5

                                                                                     (5 x 1)          (5)

                                                                                               b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                         TOERISME                                  10
                                                                     10870 / 21

1.5   Bestudeer die handelsmerke/prente van die organisasies in 1.5.1 tot 1.5.5.
      Kies die betrokke reisdokumente uit die lys hieronder wat ’n toeris by die
      genommerde organisasies kan verkry. Skryf slegs die naam van die
      reisdokument langs die vraagnommer (1.5.1 tot 1.5.5) in jou
      ANTWOORDBOEK byvoorbeeld 1.5.6 identiteitsdokument

                   paspoort; instapkaart; internasionale bestuurspermit;
                               visum; gesondheidsertifikaat

        1.5.1                                  1.5.2

                1.5.3                                  1.5.4

                           1.5.5

                                                                                           (5)
                                                               TOTAAL AFDELING A:          40

                                                                                    b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                         TOERISME                                  11
                                                                   10870 / 21

AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING;
BUITELANDSE VALUTAVERHANDELING

VRAAG 2

2.1   Bestudeer die wêreldtydsonekaart hieronder tesame met die inligting op die
      volgende bladsy en beantwoord dan die vrae wat volg.

              New York -5

                                          Los Angeles

                                               -8

                                                                                    b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                           TOERISME                                  12
                                                                      10870 / 21

2.1

      Mnr en Mev Gordon besoek hulle dogter, Roxy, wat in Los Angeles woon.
      Hulle vlieg vanaf Johannesburg na New York. In New York moet hulle
      oorstaan waarna hulle dan na Los Angeles sal vlieg.
      Sien die besonderhede van die reis in die tabel hieronder.

              Johannesburg           Oorstaantyd                New York
                   na                    in                        na
                New York              New York                 Los Angeles
              16 ure vlugtyd         5 ure oorstaan     6 ure en 30 minute vlugtyd

      2.1.1    Die vlug vertrek vanaf Johannesburg om 05:00 op die 4de Oktober
               2021. Bepaal wat die arriveertyd en datum in New York is.
               (NOTA: New York gebruik DBT.)                                                 (5)

      2.1.2    Mnr Gordon het Roxy belowe dat hy haar sal bel net voordat hulle
               New York verlaat. Bereken die tyd waarop Roxy die telefoonoproep in
               Los Angeles vanaf haar pa sal ontvang. (NOTA: Ignoreer DBT omdat
               beide stede DBT toepas)                                                       (4)

      2.1.3    Bereken die totale duur van die reis vanaf die Gordon-egpaar se
               vertrek van Johannesburg tot hulle in Los Angeles arriveer.                   (2)

      2.1.4    Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

               Mnr en Mev Gordon sal vluguitputting ervaar wanneer hulle in New
               York arriveer.

               a) Evalueer die stelling hierbo krities.
                  Verwys na die Oos-Wes vlugroete en bewys dat hulle NIE
                  vluguitputting ervaar nie.                                                 (2)

               b) Noem EEN simptoom van vlugvoosheid.                                        (2)

                                                                                      b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                           TOERISME                                   13
                                                                     10870 / 21

              c) Bestudeer die prente hieronder. Kies TWEE prente en verduidelik
                 hoe die Gordon-egpaar die uitwerking van vlugvoosheid
                 gedurende en/of na afloop van die vlug, kan verminder. Skryf die
                 letter van die gekose prente en jou verduideliking.                          (4)

                  A                                 B

                  C                                 D

                                                                        Tyd in
                                                                       New York

2.2   Die egpaar het ‘n oorstaantyd van 5 ure in New York. Gee advies aan hulle
      oor hoe om hulle bagasie veilig te hou gedurende die oorstaantyd op die
      lughawe.                                                                                (4)

2.3   Die ouers wil graag ‘Trots Suid-Afrikaanse’ produkte vir
      hulle dogter saamvat. Hulle het al haar gunstelinge
      gekies.
      Die produkte sluit in:
           3 x 750 ml wyn                                            DOEANE
           1 kg Biltong
           2 x 500g SAFARI gedroogde vrugte
           1 dosie Cadbury sjokolades

      2.3.1   Verskaf raad aan die egpaar oor watter kanaal hulle by doeane moet
              gebruik as hulle arriveer.                                                      (1)

      2.3.2   Motiveer die kanaal in jou antwoord tot VRAAG 2.3.1 deur ’n rede te
              gee vir elkeen van die produkte wat gelys is in die scenario. (4 x 2)           (8)

      2.3.3   Noem die organisasies op die OR Tambo Internasionale Lughawe
              wat verantwoordelik is vir uitvoering van die volgende aksies wanneer
              hulle na Suid-Afrika terugkeer:

              a) Nagaan van die reisdokumente                                                 (1)

              b) Invordering van doeanebelasting                                              (1)

                                                                                       b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                          TOERISME                                     14
                                                                     10870 / 21

2.4   Bestudeer die kaart van Suid-Afrika en beantwoord die vrae wat volg.

                                                             Oos-Londen

         Kaapstad

      Peter, sy vrou en hulle 2 kinders woon in Durban. Hy wil graag sy familie op
      ’n self-bestuur vakansie vat om hulle vriende in Kaapstad te besoek. Hulle wil
      eerste by hulle Ouma en Oupa in Johannesburg gaan kuier en dan die prag
      van die Namakwaland-blomme geniet in Garies voor hulle na Kaapstad reis.
      Peter wil van die nasionale paaie gebruik maak.

      2.4.1   Noem die korrekte volgorde van die nasionale paaie wat Peter moet
              gebruik tydens die self-bestuur vakansie.                                        (4)

      2.4.2   Noem TWEE aspekte van die vervoerkoste wat Peter in gedagte
              moet hou wanneer hy ’n begroting vir die vakansie saamstel.                      (2)
                                                                                               [40]

                                                                                        b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                           TOERISME                                   15
                                                                         10870 / 21

VRAAG 3

Bestudeer die valutaverhandelingstabel hieronder, saamgestel op 8 Julie 2021, en
beantwoord die vrae wat volg.
    Toon ALLE berekeninge.
    Rond die antwoord af tot TWEE desimale plekke.

                             Buitelandse Wisselkoerstabel
                          Geldeenheid              BAK                BVK
                              VSD                  13.90              14.69
                              GBP                  19.09              20.29
                              JPY                   0.12               0.13
                                                        [Bron: www.nedbank.co.za]

3.1     Mnr Graham het R 45 500 begroot vir die reis na Texas.
        Bereken die bedrag, in VS Dollar.                                                     (3)

3.2     Verwys na die buitelandse wisselkoerstabel hierbo en vergelyk die
        geldeenhede se waarde.

        Skryf ’n paragraaf waarin die volgende inligting verskaf word:
         Sterkste geldeenheid teenoor die Rand
         Swakste geldeenheid teenoor die Rand
         Vergelyk die koopkrag vir inkomende toeriste vir die geldeenhede wat
           geïdentifiseer is as die sterkste en die swakste teen die Rand.                    (4)

3.3     Lys DRIE maniere hoe inkomende toerisme tot voordeel is van die Suid-                 (3)
        Afrikaanse ekonomie.
                                                                                              [10]
                                                             TOTAAL AFDELING B:               50

                                                                                       b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                           TOERISME                                     16
                                                                       10870 / 21

AFDELING C: TOERISME BESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR- EN ERFENIS
TOERISME; BEMARKING

VRAAG 4

4.1       Bestudeer die kaart van Europa en Noord-Afrika hieronder waar die liggings
          van DRIE wêreld ikone aangedui is. Beantwoord die vrae wat volg.

                                                      [Aangepas uit lahistoriaconmapas.com]

          4.1.1      Identifiseer die DRIE wêreld ikone wat A, B en C gemerk is. Skryf
                     die naam van die wêreld ikoon langs die letter A, B en C in die             (3)
                     ANTWOORDBOEK.

          4.1.2      Teken en voltooi die tabel hieronder ten opsigte van die DRIE
                     wêreld ikone op die kaart aangedui, in jou ANTWOORDBOEK.

                    Wêreld ikoon                       Kort beskrywing
                         A                   EEN feit wat na die struktuur verwys
                         B                   EEN feit wat na die geskiedenis verwys
                         C                   EEN feit wat na die geologie verwys
                                                                                                 (6)

                                                                                          b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                         TOERISME                                     17
                                                                     10870 / 21

4.2   Vergelyk die Berlynse Muur en die Groot Muur van China soos volg:

      4.2.1        Gee EEN ooreenkoms tussen die Berlynse Muur en die Groot
                   Muur van China.                                                              (2)

      4.2.2        Gee EEN verskil tussen die Berlynse Muur en die Groot Muur van
                   China.                                                                       (2)

4.3   Bestudeer die infografika hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                 [Bron: mapsof the world.com]

      4.3.1         Gee die volle naam van die wêreld ikoon in die infografika                  (1)
                    hierbo.

      4.3.2         Noem en bespreek TWEE karaktereienskappe wat van die ikoon
                    genoem as die antwoord tot VRAAG 4.3.1 ’n suksesvolle                       (4)
                    attraksie maak.

      4.3.3   a)    Identifiseer DRIE faktore wat kan bydra tot die sukses van die
                    wêreld ikoon.                                                               (3)

              b)    Gee ’n voorbeeld van die infografika hierbo vir elke faktor wat in
                    VRAAG 4.3.3 a) genoem is.                                                   (3)

                                                                                         b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                        TOERISME                                     18
                                                                   10870 / 21

4.4.   Verwys na die grafiek wat handel oor die monumente wat die meeste besoek
       word in die wêreld. Beantwoord die vrae wat volg.

                                                                   [Bron: statista.com]

       4.4.1     Identifiseer die wêreld ikoon in Italië wat die meeste besoekers                (2)
                 ontvang het.

       4.4.2     Gee EEN rede waarom die ikoon wat in Vraag 4.4.1 geïdentifiseer                 (2)
                 is, so gewild is.
                                                                                                 [28]

                                                                                          b.o.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                           TOERISME                                  19
                                                                     10870 / 21

VRAAG 5

Bestudeer die kaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                             A

                                                                    Barberton Makhonjwa
                                                                    Berge
                              B
                                            C

        Richtersveld Kulturele en
        Botaniese Landskap

                        D

     Robben
     Eiland

                                                                      [Bron: whc.unesco.org]

5.1 Bestudeer die Wêrelederfenisterreine op die kaart wat A tot D gemerk is en
    identifiseer die volgende:

        5.1.1      TWEE kulturele Wêrelderfenisterreine.                                       (2)

        5.1.2      EEN natuurlike Wêrelderfenisterrein.                                        (1)

                                                                                        b.o.

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                          TOERISME                                 20
                                                                     10870 / 21

5.2   Teken en voltooi die tabel hieronder wat gebaseer is op Wêrelderfenisterreine
      wat in die tabel gelys is.
      Vir 5.2.1−5.2.3 noem die provinsie waar elk van die wêrelderfenisterreine geleë
      is.
      Vir 5.2.4−5.2.6 verduidelik hoe elkeen van hierdie terreine aan UNESCO se
      kriteria voldoen.

                                                          Hoe die terrein aan
           Naam van die terrein           Provinsie
                                                       UNESCO se kriteria voldoen
      Barberton Makhonjwa Berge            5.2.1 (1)              5.2.4 (2)
      Richtersveld Kulturele en
                                           5.2.2 (1)              5.2.5 (2)
      Botaniese Landskap
      Robben Eiland                        5.2.3 (1)              5.2.6 (2)

                                                                                               (9)
                                                                                               [12]

                                                                                        b.o.

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
                                           TOERISME                                    21
                                                                       10870 / 21

VRAAG 6

6.1   Bestudeer die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        WTM Londen was virtueel – November 2020

                                                                  VIRTUEEL

                         LONDEN

              WTM Virtueel het plaasgevind vanaf 9 tot 11 November 2020. Dit het
              afgevaardigdes die geleentheid gebied om een-tot-een virtuele
              vergaderings te hou om besigheid te doen, sekere konferensie sessies by
              te woon en deel te neem aan vinnige netwerksessies (‘networking’), en vele
              meer.

              Die lewendige skou sou in Londen (2−4 November 2020) plaasgevind het;
              maar, die voortdurende reisbeperkings, kwarantyn regulasies wat volgehou
              word en plaaslike inperkings oor die hele Europa beteken dat die
              geleentheid ‘n volledige virtuele ondervindings was.
                                                               [Bron: www.tourismupdate.co.za]

      6.1.1        Skryf die akroniem WTM voluit.                                                (2)

      6.1.2        Verduidelik wat met WTM Virtueel bedoel word.                                 (2)

      6.1.3        Stel EEN rede voor vir die veranderinge by die WTM skou in                    (2)
                   2020.

      6.1.4        SAToerisme stal gewoonlik by die WTM uit.

                   Gee TWEE verantwoordelikhede van SAToerisme.                                  (4)
                                                                                                 [10]
                                                           TOTAAL AFDELING C:                    50

                                                                                          b.o.

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
                                        TOERISME                                  22
                                                                  10870 / 21

AFDELING D: TOERISME SEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE
TOERISME

VRAAG 7

7.1   Verwys na die prent hieronder wat sekere aspekte van die Wet op Basiese
      Diensvoorwaardes uitwys en beantwoord die vrae wat volg.

                                                      Jaarlikse
                                                       verlof

      7.1.1      Noem VIER aspekte wat in ’n dienskontrak ingesluit moet word.            (4)

      7.1.2      Verduidelik hoe die volgende aspekte van die Wet of Basiese
                 Diensvoorwaardes wat in die prent getoon word, van toepassing
                 sal wees op ’n reisagent wat voltyds by ’n reisagentskap werk:

                 a) Werksure                                                              (2)

                 b) Siekverlof                                                            (2)

                 c) Jaarlikse verlof                                                      (2)

                                                                                   b.o.

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
                                         TOERISME                                      23
                                                                    10870 / 21

7.2   Bestudeer die tekenprent hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                                 [Aangepas van www.cartoonstock.com]

      Die tekenprent wys swak kliëntediens.

      Bespreek TWEE maniere hoe kliëntediens-beleide kan bydra tot die
      professionele beeld van hierdie toerisme besigheid.                                      (4)
                                                                                               [14]

                                                                                        b.o.

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
                                           TOERISME                                   24
                                                                       10870 / 21

VRAAG 8

8.1   Bestudeer die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      Hotel Verde (Suid-Afrika: WesKaap)

      Hotel Verde, geleë by die Kaapstad Internasionale Lughawe, het onlangs Fair Trade
      Tourism sertifisering ontvang. Dit is ‘n gerespekteerde toekenning vir Hotel Verde
      asook vir die toerismebedryf in Suid-Afrika; dit toon leierskap in die groeiende ‘groen-
      ervaring’ toerismemark.

      Hotel Verde word geprys as ‘Afrika se groenste hotel’. Sedert die opening in 2013, het
      hulle bewys luuksheid en volhoubaarheid kan hand-aan-hand gedoen word. Die hotel
      het sy plek in die bedryf verdien as een van die mees volhoubare hotelle in die wêreld
      is.

      Die sertifisering deur Fair Trade Tourism gee nuwe gewig aan die toewyding wat Hotel
      Verde toon ten opsigte van verantwoordelike toerismebeginsels. Dit beklemtoon ook
      dat die volhoubare beginsels meer as net die uitleg van die hotel en bouregulasies is.

      Die sertifisering het gefokus op aspekte soos regverdige lone en werksomstandighede,
      regverdige aankope en bestuur, gelyke verspreiding van voordele en respek vir
      menseregte, die kultuur en die omgewing.
      Mario en Annemarie Delicio, die eienaars van Hotel Verde, het begin met ‘n plaaslike
      gemeenskap ‘Eko-uitstappies’ wat skoolkinders en universiteitstudente oplei. Hulle wys
      hulle is passievol oor volhoubaarheid.
                                                                  [Aangepas uit www.travindy.com]

                                                                                         b.o.

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
                                           TOERISME                                   25
                                                                        10870 / 21

      8.1.1      Lys VIER kriteria waaraan Hotel Verde voldoen het om ’n Fair
                 Trade Tourism sertifisering te ontvang.                                      (4)

      8.1.2      Verduidelik wat beteken die status as “Afrika se groenste hotel”
                 vir hierdie hotel.                                                           (2)

      8.1.3      Verduidelik hoe Fair Trade Tourism sertifisering die teikenmark
                 van hierdie hotel kan beïnvloed.                                             (2)

8.2   Verwys na die infografika hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      8.2.1      Verduidelik die term ‘plaaslik’ wat in die infografika gebruik is.           (2)

      8.2.2      Lys die drie pilare van volhoubare toerisme en langs elke pilaar
                 skryf EEN element uit die infografika wat daarby sal pas.                    (6)

                                                                                              [16]
                                                             TOTAAL AFDELING D:               30

                                                                                       b.o.

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
                                             TOERISME                                    26
                                                                         10870 / 21

AFDELING E: PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME;
KOMMUNIKASIE EN KLIëNTEDIENS

VRAAG 9

Lees die uittreksel wat handel oor die 2019 / 2020 Australiese bosbrande hieronder
en beantwoord die vrae wat volg.

    Australiese bosbrande: 5 feite om te weet oor die krisis
                                                           Duisende inwoners en toeriste
                                                           word gedwing om te vlug of
                                                           skuiling te soek teen die vuur
                                                           wat dorpe in Australië verwoes.

                                                           1. Area wat gebrand het
                                                           Vanaf die 2de Januarie het
                                                           meer as 12 miljoen hektaar
                                                           afgebrand – dis 'n oppervlakte
                                                           ses keer groter as die oppervlak
                                                           wat in die 2018 brande in
                                                           Kalifornië verwoes is.
    2. Verlies aan wilde diere
    'n Studie het gevind dat 480 miljoen diere alreeds dood is, insluitende die bedreigde
    koalabeer, of deur die vuur of dalk na die brand as gevolg van 'n tekort aan kos, water
    en                                                                             skuiling.

    3. Verstikking aan rook
    Vir maande het gevaarlike rook van die bosbrande van tyd-tot-tyd oor hoë populasie
    areas (areas met 'n hoë inwonertal) soos Sydney, Melbourne en Canberra gehang.
    Rookwolke, stof en as kon vanuit die buitenste ruim gesien word. Wind het dit ook
    duisende kilometer ver gedra, tot sover as Nieu-Seeland waar die lug oranje verkleur
    het.

    4. CO2 emissies (uitlatings)
    Daar word beraam dat die bosbrande ongeveer 350 miljoen ton CO2 in die atmosfeer
    ingepomp het. Dit sal woude omtrent 100 jaar of meer neem om die CO2 wat sover deur
    die seisoen se brande vrygestel is te absorbeer (bome neem dit op).

    5. Hitte en droogte
    Die land ondervind een van die ergste droogtes in 10 jaar asook 'n hittegolf wat in
    Desember die rekord van 41,9˚C gebreek het as die hoogste gemiddelde temperatuur
    in die land. Wetenskaplikes het gewaarsku dat klimaatsverandering die voorkoms van
    veldbrande kan verhoog.
                                                                [Aangepas uit www.weforum.org]

                                                                                            b.o.

### Page 27

Downloaded from hlayiso.com
                                                    TOERISME                               27
                                                                         10870 / 21

9.1    9.1.1     Klassifiseer die bosbrande as ’n tipe gebeurtenis van internasionale               (1)
                 belang.

       9.1.2     a)     Verwys na die vyf hoofaspekte van die bosbrande. Identifiseer
                        die pilaar van volhoubaarheid wat die meeste deur die katastrofe
                        geraak is.                                                                  (1)

                 b)     Motiveer jou antwoord tot VRAAG 9.1.2 a).                                   (2)

       9.1.3     Kies en verduidelik TWEE gevolge (impakte) wat sal bly lank na die
                 skade van die bosbrande.                                                           (4)

9.2    Verwys na die openingsparagraaf van die uittreksel: “Duisende inwoners ...”

       9.2.1     Voorspel TWEE negatiewe uitwerkings van die bosbrande op die
                 toerismebedryf van Australië.                                                      (4)

       9.2.2     Bespreek TWEE impakte van die bosbrande op die ekonomie van
                 Australië.                                                                         (4)

9.3    Verwys na die statistieke vir Suid-Afrika hieronder en beantwoord die vrae
       wat volg.

         Internasionale aankomste – Januarie tot Maart (22020 teen 2019)
                            Kumulatiewe vergelyking

                       Totale aankomste

                         -10,2%

                                              Europa           -13,4%

      Amerikas        -16,9%                                              Asië en          -25,6%
                                                                         Australië
                                   Afrika –         -23,6%              Midde Ooste
                                     lug                                   (MO)

                                                                             Nie
                                                                         gespesifiseer
                                    Afrika – land      -7,3%                 nie

                                                                            [Bron: www.southafrica.net]

                                                                                             b.o.

### Page 28

Downloaded from hlayiso.com
                                      TOERISME                                  28
                                                                   10870 / 21

9.3.1   Lees die stelling hieronder tesame met die statistieke hierbo en
        beantwoord die vraag wat volg.

        Suid-Afrika het in die grendeltydperk ingegaan op 27 Maart 2020 as
        gevolg van die COVID-19 pandemie.

        Stel EEN rede voor waarom die internasionale aankomste statistieke
        vir Suid-Afrika so ’n merkbare vermindering (afname) wys VOOR
        einde van Maart 2020.                                                           (2)

9.3.2   a) Verduidelik waarom die statistieke vir Afrika gesplit is in Afrika
           land markte en Afrika lug markte.                                            (2)

        b) Stel EEN rede voor waarom die totale aankomste in Afrika land
           markte hoër is in vergelyking met Afrika lug markte.                         (2)

9.3.3   Identifiseer die kontinent/streek wat die volgende toon:

        a) Die hoogste persentasie afname in aankomste in Suid-Afrika (nie
           Afrika nie)                                                                  (1)

        b) Die kleinste persentasie afname in aankomste in Suid-Afrika (nie
           Afrika nie)                                                                  (1)
                                                                                        [24]

                                                                                 b.o.

### Page 29

Downloaded from hlayiso.com
                                             TOERISME                                      29
                                                                         10870 / 21

 VRAAG 10

 Verwys na die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                   [Bron: www.ezeeabsolute.com]

10.1       Stel TWEE terugvoermetodes wat ’n toerismebesigheid kan gebruik voor,
           waar daar persoonlike kontak tussen die werknemer en die kliënt is.                  (2)

10.2       Skryf ’n kort paragraaf waarin verduidelik word hoe kliënteterugvoer tot
           uitstekende dienslewering in ’n toerismebesigheid, kan lei.                          (4)
                                                                                                [6]
                                                               TOTAAL AFDELING E:               30

                                                                                  TOTAAL        200

                                               EINDE

## Related documents

- [Gr12 Tourism (Afrikaans) 2021 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr12-tourism-afrikaans-2021-preparatory-possible-answers/edd5dcc0-74a5-4997-8f35-89fa496ba714) — Tourism · Memo · 2021 · Afr
- [TOURISM GR12 QP SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept2021-afrikaans/8d4e0a48-41bd-4f17-9702-13e63e5d88d6) — Tourism · QP · 2021 · Afr
- [Gr12 Tourism (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-tourism-afrikaans-sep-2022-question-paper/6e37ff57-107b-4678-874c-5c00ec48c4bb) — Tourism · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Tourism (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/1c5c7dd8-d89c-4927-ba26-de7c3f4232ef) — Tourism · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Tourism (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/b66489d0-a84c-4e18-af4d-ef3c23585ac1) — Tourism · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Tourism (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/ec6edadc-0127-4389-83e0-7bae35e51922) — Tourism · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Tourism

- [Gr 12 Tou ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tou-atp-2023-24/4a3f87bb-0e9c-4318-ae42-69c3fd65355f) — ATP
- [Tourism Grade 12 MEMO March 2025 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/tourism-grade-12-memo-march-2025-eastern-cape/ee2b0f72-064f-44cd-9f61-f4f4c9b770a0) — Memo · 2025
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/bb51a3e6-6506-479a-bff1-02b2b49c3ded) — Memo · 2024 · Afr
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2023-afrikaans-final/c7a5014e-71b8-4365-8270-65fe0d37bae2) — Memo · 2023 · Afr
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2022-afrikaans-final/1403b445-16b4-4547-88df-afa43f0bb468) — Memo · 2022 · Afr
- [Gr12 Tourism Errata SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-tourism-errata-sep-2022-question-paper/5bcec1ac-12f8-41c1-9982-d8ba45ec098c) — Errata · 2022

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
