# Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Tourism question paper from the Gauteng Mock Exam 2022 (Afrikaans), 27 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-tourism-afrikaans-sep-2022-question-paper/6e37ff57-107b-4678-874c-5c00ec48c4bb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Tourism
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 27

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Tourism](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/tourism) › [Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-tourism-afrikaans-sep-2022-question-paper/6e37ff57-107b-4678-874c-5c00ec48c4bb)

## About this document

Tourism · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 27 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

        VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                           2022
                            10870

                          TOERISME

TYD:     3 uur

PUNTE: 200

27 bladsye

                                               b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                TOERISME                                 2
                                                                             10870/22

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die instruksies noukeurig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.    Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings en TIEN vrae.

2.    Beantwoord AL die vrae.

3.    Begin ELKE nuwe vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.    Nommer jou vrae soos die nommeringstelsel in die vraestel.

5.    Gebruik die puntetoekenning wat aan die einde van elke vraag aangedui is om
      die lengte van jou antwoord te bepaal.

6.    Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

7.    Skryf netjies en leesbaar.

8.    Gebruik die tabel hieronder as ŉ riglyn om jou te help om jou tyd vir elke
      afdeling in te deel.

      AFDELING                       ONDERWERP                          PUNTE      TYD

          A                             Kort Vrae                          40      20
          B         Kaartwerk en Toerbeplanning;                           50      50
                    Buitelandse Valutaverhandeling
          C         Toerismebesienswaardighede;                            50      50
                    Kultuur- en Erfenistoerisme; Bemarking
          D         Toerisme Sektore; Volhoubare- en                       30      30
                    Verantwoordelike Toerisme
          E         Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme;        30      30
                    Kommunikasie en Kliëntediens
                                                           TOTAAL         200      180

                                                                                             b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                TOERISME                             3
                                                                          10870/22

AFDELING A: KORT VRAE

VRAAG 1

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
    die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
    (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.21 D

    1.1.1    Die doel van die verkryging van kliënteterugvoer is om ...

             A     personeel wat nie hulle werk doen nie, te ontslaan.
             B     ŉ belastingkorting vir al die personeellede te kry.
             C     te weet waar die probleemareas is.
             D     die klagte van die toeris te ignoreer.

    1.1.2    Hierdie tipe terugvoer van besoekers aan ŉ hotel kan gedoen word deur
             die internetblad van die besigheid te besoek:

             A     Terugvoerkaart
             B     Geheimsinnige kliënt
             C     SMS boodskap
             D     Webgebaseerde respons

    1.1.3    Die Suid-Afrikaanse handelsmerk is ontwerp om ...

             A     Gauteng, Wes-Kaap en Limpopo provinsies te verteenwoordig.
             B     ŉ eenvormige beeld te skep om Suid-Afrika internasionaal te
                   bemark.
             C     die vennootskap tussen die regering en private organisasies te
                   bemark.
             D     ontwerpers die geleentheid te gee om hulle kreatiewe talent te
                   wys.

    1.1.4    Kernmarkte verwys na ...

             A     aantreklike markte met baie toeriste wat Suid-Afrika besoek.
             B     markte met ŉ lae aantal toeriste wat Suid-Afrika wil besoek.
             C     minder aantreklike markte maar met ŉ geleentheid om te groei.
             D     toekomstige markte wat as belangrik beskou word met ŉ gesonde
                   groei.

    1.1.5    Die Kaapse Blommeryk Beskermde Gebiede Wêrelderfenisterrein ...

             A     bewaar die geskiedenis van die Nama-stam.
             B     toon bewyse van menslike fossiele.
             C     word as ŉ biodiversiteit konsentrasiepunt beskou.
             D     het beide natuurlike en kulturele eienskappe.

                                                                                         b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                          TOERISME                               4
                                                                      10870/22

1.1.6   Suid-Afrika se 10de Wêrelderfenisterrein, hieronder getoon wat in
        Mpumalanga geleë is, is die ... genoem.

        A     Mapungubwe Kulturele Landskap
        B     Maloti Drakensberg Park
        C     iSimangaliso Vleiland Park
        D     Barberton Makhonjwa Berge

1.1.7   Die FIFA Sokker Wêreldbeker wat in Qatar in 2022 aangebied word,
        word as ŉ ... beskou.

        A     politieke situasie
        B     onvoorsiene gebeurtenis
        C     aardeberaad
        D     sportgebeurtenis

1.1.8   Die prent hieronder toon ...

        A     nat vloere.
        B     aangepaste toegang.
        C     bouterreine.
        D     gevaar voor.

                                                                                     b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                           TOERISME                               5
                                                                       10870/22

1.1.9   ŉ Positiewe ekonomiese impak van die aanbieding van die
        onderstaande wêreldgebeurtenis is:

                  Die Olimpiese Spele, ŉ multi-miljard rand gebeurtenis.

        A     Beleggingsgeleenthede moontlik sal wees.
        B     Te veel geld sal in die gebeurtenis belê word.
        C     Daar sal verhoogde aanvraag vir natuurlike hulpbronne wees.
        D     Daar sal verhoogde waardering vir die kulturele diversiteit wees.

1.1.10 ŉ Faktor wat bydra tot die sukses van ŉ besienswaardigheid soos
       Tafelberg, is:

               Ek is u vriendelike
               toergids – ek sal u
               wys waar die opritte
               vir rolstoelgebruikers
               is

        A     Meer besoekers as wat verwag is
        B     Oorweeg die behoeftes van persone met gestremdhede
        C     Oorweeg meer winkels om aandenkings te koop
        D     Hoër inkomste as wat verwag is

1.1.11 Die tyd in San Francisco (-8) is …, wanneer dit 14:00 in Paris (+1) is.

        A     07:00
        B     05:00
        C     23:00
        D     21:00

1.1.12 Die COVID-19-pandemie het tot baie veranderinge gelei wanneer
       internasionaal gereis word. ŉ Moontlike nuwe vereiste is ŉ ...

        A     internasionale bestuurspermit.
        B     inentingsertifikaat.
        C     retoer vlugkaartjie.
        D     geldige paspoort .

                                                                                      b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                          TOERISME                                 6
                                                                      10870/22

1.1.13 Goedere wat as beperkte items deur doeane by ŉ Suid-Afrikaanse
       lughawe beskou word is:

        A     Gewoontevormende dwelmmiddels
        B     Plofstowwe
        C     Militêre wapens
        D     Bedreigde plante

1.1.14 Fair Trade Toerisme is bekend vir …

        A     die gradering van akkommodasie-instellings.
        B     internasionale bemarking van Suid-Afrika.
        C     die erkenning van verantwoordelike toerismepraktyke.
        D     die verklaring van Wêrelderfenisterreine.

1.1.15 Die 37 doeane kantore in Suid-Afrika word deur ... bestuur.

        A     TGCSA
        B     TBCSA
        C     SAID
        D     WHO

1.1.16 Die ekonomiese pilaar word ondersteun wanneer ...

        A     die aanskaffing en eienaarskap van produkte plaaslik-gebaseer
              is.
        B     die gemeenskap se kulturele hulpbronne beskerm word.
        C     die hulpbronne in die omgewing goed bestuur word.
        D     die plaaslike gemeenskap vaardigheids- en opleidingsgeleenthede
              gebied word.

1.1.17 ŉ Geskrewe regsdokument wat die terme en voorwaardes van ŉ
       werksposisie uitlê, word ŉ ... genoem.

        A     gedragskode
        B     byvoordeel
        C     werkskontrak
        D     beëindiging van diens

1.1.18 Hierdie tipe verlof is ŉ periode van betaalde tyd af, wat deur werkgewers
       aan werknemers toegestaan word om gebruik te word vir wat die
       werknemer ook al wil hê:

        A     Kraamverlof
        B     Uniformtoelae
        C     Gesinsverantwoordelikheid
        D     Jaarlikse verlof

                                                                                       b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                  TOERISME                                 7
                                                                              10870/22

     1.1.19 ŉ Ontvangspersoon word beskou as goed versorg en dra by tot die
            professionele beeld van die besigheid wanneer hy/sy ...

              A     baie lang, gemanikuurde naels het.
              B     ŉ baie sterk parfuum dra.
              C     vars asem en skoon tande het.
              D     sy/haar hare laat styl om sy/haar gesig te bedek.

     1.1.20 ŉ Sterk rand sal ... tot gevolg hê.

              A     ŉ afname in die Bruto Binnelandse Produk
              B     meer koopkrag vir inkomende toeriste
              C     beperkte internasionale besoekers aan Suid-Afrika
              D     beperkte internasionale reis aan Europa
                                                                                (20 x 1)   (20)

1.2 Bestudeer die inligting en die ikone wat in die tabel hieronder gelys is. Vul die
    ontbrekende woorde in om die onderstaande paragrawe te voltooi. Skryf die
    naam van die korrekte ikoon langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
    ANTWOORDBOEK.

     Sodra die internasionale grense oop is na die COVID-19 pandemie, wou Rosie
     op ŉ reis gaan om ŉ haar ikone te besoek wat sy wou sien. Rosie het ŉ reisplan
     begin opstel wat sekere van die wêreld se mees bekende ikone insluit.

     die Windmeulens                      die Eiffeltoring
     die Franse Riviera                   die Switserse Alpe
     die Parthenon                        die Taj Mahal

                                                       MOET-DOEN
                                                          LYS

     Rosie se “moet-doen”
     reis-lys
     Ek is so opgewonde! Uiteindelik word dit waar. Ek gaan die antieke Griekse
     struktuur sien wat gebou is vir die Godin Athena. Ek sal die pad vind na dié ou
     tempel (1.2.1) … wat eens die sentrum van godsdienstige leefwyses en ŉ teken
     van groot rykdom was.

     Daarna sal ek na die mees romantiese stad in die wêreld reis. Ek gaan die
     welbekende gedraaide ysterraamwerk besoek (1.2.2) …, wat jaarliks miljoene
     toeriste aanlok. Volgende op die lys is die Mediterreense kuslyn waar ek ŉ paar
     sonskyndae langs (1.2.3) … gaan geniet.

                                                                                               b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                             TOERISME                                 8
                                                                        10870/22

    Die volgende stop sal my na die land van pragtige berge neem, bekend vir die
    asemrowende ski-hange, bekend as (1.2.4) … Ja dis reg, ek gaan probeer om
    teen die hange af te ski – wat ŉ avontuur sal dit wees!

    My reis sal nie volmaak wees sonder om die grense na Nederland oor te steek
    nie. Hierdie wêrelderfenisterrein moet gesien word. Natuurlik sal ek tussen
    (1.2.5) … stap en die antieke (baie oud) wateringenieursisteem sien.

    Ooo. Ek kan nie wag nie!
                                                                            (5 x 1)       (5)

1.3 Kies die korrekte woord(e) in hakies. Skryf slegs die woord(e) langs die
    vraagnommers (1.3.1 tot1.3.5) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld
    1.3.6 paspoort.

    1.3.1   (Visums/IBP's) is dokumente wat ŉ toeris toegang gee om ŉ land binne
            te gaan.

    1.3.2   Horlosies word met een uur gedurende somer (terug/vorentoe) gedraai
            om dagligbesparingstyd toe te pas.

    1.3.3   Wanneer ŉ toerismebesigheid ŉ leerder se reis na die kus van
            KwaZulu-Natal borg, spreek hulle die (omgewings/menslike) pilaar van
            volhoubare toerisme aan.

    1.3.4   ŉ Virale siekte wat deur gekontamineerde kos of water versprei word en
            die lewer aantas, staan bekend as (Hepatitis A/Geelkoors).

    1.3.5   ŉ (Gedragskode/Werkbeskrywing) is ŉ stel reëls wat werknemers rig oor
            hulle gedrag by die werksplek.
                                                                          (5 x 1)         (5)

                                                                                          b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                TOERISME                                   9
                                                                             10870/22

1.4 Kies ŉ voorbeeld van ŉ natuurlike ramp uit KOLOM B wat die beste by die
    prent van die natuurlike ramp in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – F)
    langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDBOEK neer,
    byvoorbeeld 1.4.6 G.

                  KOLOM A                              KOLOM B
     1.4.1                                  A    Vloede in KwaZulu-Natal

                                            B    Sikloon Eloise in Suider-
                                                 Afrika

                                            C    Vulkaniese uitbarsting in die
                                                 Filippyne

     1.4.2                                  D    Bosbrande in Australië

                                            E    COVID-19-pandemie

                                            F    Tornado oor Texas, VSA

     1.4.3

                   Suid van Durban
     1.4.4

     1.4.5

                                                                                 (5 x 1)       (5)

                                                                                               b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                  TOERISME                                  10
                                                                              10870/22

1.5 Kies die regte kanaal wat vyf toeriste moet volg wanneer hulle op ŉ Suid-
    Afrikaanse lughawe arriveer. Gebruik die lys hieronder genommer 1.5.1 tot 1.5.5
    wat die item/s aandui wat die toeriste in hulle besit het. Skryf slegs “Rooi kanaal”
    of “Groen kanaal” langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in die
    ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld, 1.5.6 groen kanaal.

     NOTA:     ‘Rooi kanaal’ of ‘Groen kanaal’ mag meer as een keer gebruik word.

                    ROOI KANAAL                        GROEN KANAAL

                                 DOEANE               DOEANE
                                 Goedere              Niks om
                                  om te                  te
                                 verklaar             verklaar
                                                        nie

     1.5.1   ŉ Stel golfstokke

     1.5.2   50 ml botteltjie parfuum

     1.5.3   Voorskrifmedisyne – twee maande se voorraad

     1.5.4   400 sigarette

     1.5.5   ŉ Potplant
                                                                                  (5 x 1)    (5)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:          40

                                                                                             b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                             TOERISME                              11
                                                                       10870/22

AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE
            VALUTAVERHANDELING

VRAAG 2

2.1   Bestudeer die Wêreldtydsonekaart en die scenario op die volgende bladsy en
      beantwoord die vrae wat volg.

                                                                                    b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                           TOERISME                                12
                                                                      10870/22

                    WÊRELD JEUG TOERISME BERAAD

                                         Die eerste Wêreld Jeug Toerisme
                                         Beraad (ŉ inisiatief van die Verenigde
                                         Nasies) het in Sorrento, Italië
                                         plaasgevind. Dit het om 13:00 op die
                                         15 Augustus 2022 begin. Die
                                         organiseerders van die gebeurtenis het
                                         kinders en die jeug tussen die
ouderdomme van 12 en 18 jaar, uitgenooi om te netwerk met die Verenigde
Nasies (VN) se amptenare asook met verskeie belanghebbendes van die
toerismebedryf.
Karabo Kgobile van Suid-Afrika is uitgenooi om die gebeurtenis by te woon.
Karabo se vlug het om 17:00 op 13 Augustus 2022 vanaf Johannesburg vertrek.
Haar vliegtyd na Rome, Italië was 13 uur en 30 minute. Sy het van ŉ Uber gebruik
gemaak van Rome na Sorrento toe.

2.1.1   Bereken die tyd en die datum wat Karabo se vlug in Rome, Italië
        aangekom het voordat die Wêreld Jeug Toerisme Beraad 2022 begin
        het.

        NOTA: Italië gebruik DBT.                                                   (4)

2.1.2   Omdat die Wêreld Jeug Toerisme Beraad ŉ globale gebeurtenis was,
        was jongmense van ander lande ook uitgenooi om virtueel (aanlyn) deel
        te neem. Alison Brackenwell van Londen het die beraad aanlyn
        bygewoon.

        Bereken die tyd en die datum in Londen toe Alison by die beraad aanlyn
        aangesluit het. Die beraad het in Sorrento, Italië om 13:00 begin.

        NOTA: DBT kan geïgnoreer word omdat beide stede DBT gebruik.                (4)

2.1.3   Karabo Kgobile het die beraad persoonlik bygewoon. Gee haar raad oor
        TWEE veiligheidsmaatreëls wat sy in die hotelkamer moet neem. (2 x 2)       (4)

                                                                                    b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                               TOERISME                                  13
                                                                           10870/22

2.2 Verwys na die kaart van die wêreld hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      VLUGMOEGHEID OF VLUGVOOSHEID?

                              B                              A

                                    B

    2.2.1   (a)   Bepaal of ŉ toeris vlugvoosheid of vlugmoegheid op vlug AB sal
                  ervaar.                                                                 (1)
            (b)   Gee EEN rede vir jou antwoord in VRAAG 2.2.1 (a).                       (2)

    2.2.2   (a)   Lys enige TWEE simptome wat ŉ toeris kan ervaar na afloop van
                  vlug AB. Verwys na jou antwoord by VRAAG 2.2.1.                         (2)
            (b)   Gee enige TWEE maniere om die impak van die simptome, wat in
                  VRAAG 2.2.2 (a) ondervind is, te verminder.                             (2)

2.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                         WAARSKUWING

                                                           BILHARZIA

                                      “WIE DINK JY IS DIÉ
                             BILL HARZIA OOR WIE ALMAL SO SKREE?
                               IEMAND WAT HIER VERDRINK HET?”
                                            [Bron: Aangepas uit: www.cartoonstock.com]

                                                                                          b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                         TOERISME                         14
                                                                               10870/22

    2.3.1   (a)      Skryf ŉ paragraaf om die vraag wat deur die twee mans in die
                     spotprent gevra word, te beantwoord. Sluit die volgende in die
                     paragraaf in:

                         Die oorsaak van bilharzia (2)
                         TWEE voorkomingsmaatreëls (2)
                         EEN behandelingsmetode (1)                                       (5)
            (b)      Lys enige TWEE gesondheidsmaatreëls wat deur toeriste geneem
                     moet word wanneer hulle gaan swem of wanneer hulle in die son
                     bak.                                                                  (2)

    2.3.2   Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vraag wat volg.

            Elke land in die wêreld het hulle eie regulasies
            met betrekking tot die COVID-19-inentings en die
            reisbedryf. Dit is ŉ veel gedebatteerde (besproke)
            onderwerp. Behoort die inentings verpligtend te
            wees? Behoort die inentings net ŉ aanbeveling te
            wees?

            Jou vriend wil oorsee gaan reis maar hy verstaan
            egter nie die verskil tussen die twee woorde nie.

            Verduidelik wat die verskil is tussen verpligte inentings en aanbevole
            inentings.                                                                     (2)

2.4 Bestudeer die beelde hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                     Vuurwapens         Skêr

                      Giftige vloeistowwe
        Jogurt

                                                              Alkohol
                                            Toiletware
                                                                          Dwelms

         Vervalste
         goedere

    2.4.1   Lys VIER items van die beelde hierbo wat as verbode goedere
            geklassifiseer word.                                                           (4)

    2.4.2   Verduidelik waarom diere, bv. katte en honde, eers ŉ sekere tydperk in
            kwarantyn (isolasie) moet deurbring voordat hulle toegelaat is om oor die
            grens na ŉ ander land geneem te gaan.                                          (2)
                                                                                           b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                 TOERISME                                   15
                                                                               10870/22

2.5 Toeriste koop baie belastingvrye goedere op die lughawe.

     2.5.1    Verduidelik die konsep belastingvrye goedere.                                  (2)

     2.5.2    Gee TWEE voorbeelde van belastingvrye goedere
              wat op ŉ lughawe of ŉ vliegtuig toegelaat word.                                (2)
                                                              [Bron: www.stock.adobe.com]

2.6 Bestudeer die scenario in die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   Joseph gaan vir ŉ besigheidskonferensie na Spanje
                                   reis. Hy sal ŉ motor vir die naweek huur om die stad
                                   Barcelona te verken.

     2.6.1    Noem die dokument wat Joseph nodig het om toegelaat te word om in die
              buiteland te bestuur.                                                          (1)

     2.6.2    Noem die organisasie wat hierdie reisdokument, waarna daar in
              VRAAG 2.6.1 verwys is, kan uitreik.                                            (1)
                                                                                            [40]

VRAAG 3

3.1 Bestudeer die valutaverhandelingstabel soos op 9 Mei 2022 hieronder en
    beantwoord die vrae wat volg.

            Toon alle berekeninge aan.
            Rond die antwoord af tot twee desimale plekke.

             Geldeenheid en geldeenheid kode             BAK               BVK
                        EURO (EUR)                       16,59             16,65
                    Britse Pond (GBP)                    19,86             20,01
                Mauritiaanse Roepee (MUR)                 0,8              0,41
                                                       [Bron: www.businesstech.co.za]

     3.1.1    Kies die volgende van die valutaverhandelingstabel hierbo:

              (a)   Die sterkste geldeenheid                                                 (1)
              (b)   Die swakste geldeenheid                                                  (1)

                                                                                             b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                TOERISME                                16
                                                                             10870/22

    3.1.2    Mnr. en Mev. Mtshali wil graag hulle wittebrood in Mauritius deurbring.
             Die egpaar het ZAR 35 000 vir die reis gespaar. Bereken die bedrag in
             Mauritiaanse Roepee.                                                        (3)

3.2 Die BBP van ŉ land is ŉ aanduiding van die grootte van die ekonomie van die
    land.

    3.2.1    Skryf die afkorting BBP voluit.                                             (1)

    3.2.2    Skryf ŉ paragraaf waarin jy EEN impak en ’n rede vir so ’n impak van ŉ
             sterk rand op elk van die volgende verduidelik:

                   Binnelandse toerisme
                   Koopkrag

             Jou paragraaf moet EEN impak en EEN rede vir die impak insluit.             (4)
                                                                                        [10]

                                                              TOTAAL AFDELING B:         50

                                                                                         b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                    TOERISME                                 17
                                                                                10870/22

AFDELING C: TOERISME BESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR- EN
            ERFENISTOERISME; BEMARKING

VRAAG 4

4.1 Bestudeer die blokkiesraaisel hieronder waarin die name van sekere wêreldikone
    sal inpas.

    Hou asseblief die volgende in gedagte:

     DWARS verwys na horisontale woorde in die blokkiesraaisel
     AF verwys na vertikale woorde in die blokkiesraaisel
     ŉ Geskakeerde blokkie wat swart is, beteken dat daar geen letter vir die blok
      nodig is nie en dit dui die spasie tussen twee woorde aan, bv. AF 4.1.5 bestaan
      uit twee woorde, die eerste woord het 4 letters en die tweede woord het
      7 letters.
     Die eerste letter van jou antwoord moet IN die blokkie van die vraagnommer
      begin.

    Voltooi die blokkiesraaisel deur jou antwoord langs die vraagnommers
    (4.1.1 tot 4.1.7) in jou ANTWOORDBOEK te skryf bv. 4.1.8 Eiffeltoring.

                                           4.1.5

                           4.1.1

                 4.1.2                                                4.1.6

                                                                                    4.1.7

                                   4.1.4

       4.1.3

     LEIDRADE
     DWARS

     4.1.1     Hierdie attraksie is ŉ aktiewe vulkaan.                                      (1)

     4.1.2     Dié strukture is bewyse wat verband hou met die Maja-beskawing. Dit is
               in die Yucatan Skiereiland, Meksiko geleë.                                   (1)

     4.1.3     ŉ Islamitiese heiligdom, opgerig in die ou stad van Jerusalem.               (1)

     4.1.4     Hierdie antieke stad is uit rots gekap.                                      (1)
                                                                                                  b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                                 TOERISME                                 18
                                                                              10870/22

    AF

    4.1.5    Die hoogste berg in die wêreld.                                               (1)

    4.1.6    ŉ Heilige plek vir die Jode en word vir aanbidding gebruik. Klein stukkies
             papier met gebede word in die mure gebêre.                                    (1)

    4.1.7    Die middelpunt van die jaarlikse Hajj pelgrimstog.                            (1)

4.2 Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

            TOE                                  NOU

                                                                  [Bron:www.medium.com]

    4.2.1    Kies die korrekte opsie van die woorde in hakies:

             Die Wêrelderfenisikoon in die prent hierbo is deur UNESCO as ŉ
             (natuurlike/kulturele) Wêrelderfenisterrein geklassifiseer.                   (1)

    4.2.2    Noem die stad waar hierdie ikoon geleë is.                                    (1)

    4.2.3    Verduidelik EEN rede waarom die ikoon gebou is.                               (2)

                                                                                           b.o.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                                  TOERISME                                 19
                                                                                10870/22

4.3 Verwys na die uittreksel van ŉ tydskrifartikel hieronder en beantwoord die vrae
    wat volg.

                       MOET DIE TAJ MAHAL GESLOOP WORD?
     Jare van rookmis (lugbesoedeling), toeriste en insekte beskadig Indië se ikoniese
     mausoleum, die Taj Mahal. Dit veroorsaak dat dele van die buitenste mure in ŉ
     geel-groen kleur verander. Sommige mense van Indië dring daarop aan dat die
     regering óf die Taj Mahal moet restoureer óf moet sloop.
                                                 [Aangepas uit www.discovermagazine.com]

     4.3.1   Beskryf EEN manier hoe besoedeling die fisiese voorkoms van die Taj
             Mahal affekteer.                                                               (2)

     4.3.2   Verduidelik kortliks in ŉ paragraaf, die gevolge vir toeriste en die
             toerisme-industrie, indien die Taj Mahal gesloop sou word.
             Sluit die volgende in:

                  Ekonomiese impak van hierdie terrein op toerisme
                  Die belangrikheid daarvan om hierdie Wêrelderfenisterrein te
                   beskerm
                  Motivering ten gunste van of teen die sloping van hierdie terrein        (6)

     4.3.3   Baie ikone se voortbestaan word deur massatoerisme bedreig.

             Voorspel die toekoms van die Taj Mahal indien massatoerisme nie
             beheer word nie.                                                (2 x 2)        (4)

4.4 Bestudeer die prent van die wêreldikoon hieronder en beantwoord die vrae wat
    volg.

                                  [Bron: www.thetravelbunny.com]

     4.4.1   Identifiseer die wêreldikoon in die bostaande prent.                           (1)

     4.4.2   Die ikoon in VRAAG 4.4.1 is honderde jare gelede gebou en word deur
             argitekte van dwarsoor die wêreld bewonder.

             Noem EEN faktor wat kan bydra tot die sukses van dié attraksie.                (2)
                                                                                           [26]

                                                                                            b.o.

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                                TOERISME                                      20
                                                                                10870/22

VRAAG 5 KULTUUR- EN ERFENISTOERISME

5.1 Bestudeer die infografika hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

 Kom ons besoek VIER van ons Wêrelderfenisterreine om te sien hoe hulle die
             status behou waarvolgens hulle geklassifiseer is.

     A

                                             OORSPRONKLIKE KRATERRAND

     D                                                                          C
                                                                                C

                                                                  [Bron: tripadvisor.co.za]

5.1 5.1.1    Noem die provinsie waar Wêrelderfenisterrein, gemerk A, geleë is.                 (1)

     5.1.2   Gee die kategorie waaronder UNESCO hierdie Wêrelderfenisterrein
             ingeskryf (amptelik ingesluit is) het.                                            (1)

                                                                                               b.o.

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
                                                  TOERISME                                    21
                                                                                10870/22

5.2 Lees die volgende inligting en beantwoord die vrae wat volg.

     Afval van verrottende karkasse (dooie bene van diere), hoë vlakke van giftige
     minerale (vol gif) en rommel loop in dieselfde rivier wat deel van die waardevolle
     Wieg van die Mensdom Wêrelderfenisterrein vorm.
                                                     [Aangepas uit: Mail and Guardian 2021]

     5.2.1   Die Wieg van die Mensdom vorm deel van ŉ Wêrelderfenisterrein wat al
             die ander ontdekkingsterreine insluit.

             Gee die nuwe naam van die Wêrelderfenisterrein, gemerk B op die
             infografika.                                                                      (1)

     5.2.2   Noem TWEE provinsies wat hierdie Wêrelderfenisterrein, genoem in
             VRAAG 5.2.1, deel.                                                                (2)

     5.2.3   Bespreek DRIE maniere hoe die genoemde omgewingsprobleem die
             toestroming van toeriste na die Wieg van die Mensdom sal affekteer.               (3)

5.3 Gee ŉ kort beskrywing van hoe volgens wetenskaplikes, Wêrelderfenisterrein
    gemerk C gevorm is.                                                                        (2)

5.4 Verwys na die terrein gemerk D.

     5.4.1   Identifiseer die terrein gemerk D wat Suid-Afrika se eerste
             Wêrelderfenisterrein was.                                                         (1)

     5.4.2   Stel EEN manier voor wat toon hoe die ekonomie van die provinsie
             bevoordeel word omdat die terrein genoem by VRAAG 5.4.1 daar geleë
             is.                                                                               (2)
                                                                                              [13]

                                                                                               b.o.

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
                                                  TOERISME                                    22
                                                                               10870/22

VRAAG 6: BEMARKING

6.1 Bestudeer die logo hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                   [Bron: www.sukume.com]

    6.1.1    Noem die organisasie wat die bostaande logo gebruik om Suid-Afrika te
             bemark.                                                                           (1)

    6.1.2    Verduidelik watter fondse deur die organisasie, genoem in VRAAG 6.1.1,
             gebruik word om van Suid-Afrika te bemark.                                        (2)

    6.1.3    ŉ Groot deel van die totale getal toeriste wat dit geniet om in Suid-Afrika te
             reis is plaaslike toeriste.

             Bespreek DRIE maniere hoe die organisasie, genoem in VRAAG 6.1.1,
             kan help om die getal binnelandse toeriste te vermeerder.     (3 x 2)             (6)

6.2 Bestudeer die logo hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                         [Bron: www.theevent.co.za]

    Africa’s Travel Indaba Handelskou is ŉ dinamiese (aktiewe) bemarkingsgeleentheid
    vir Suid-Afrikaanse toerismebesighede.

    Verduidelik kortliks EEN manier hoe Africa’s Travel Indaba Handelskou toerisme na
    Suid-Afrika kan bevorder.                                                                  (2)
                                                                                              [11]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:           50

                                                                                               b.o.

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
                                                 TOERISME                                  23
                                                                             10870/22

AFDELING D: TOERISME SEKTORE; VOLHOUBARE- EN VERANTWOORDELIKE
            TOERISME

VRAAG 7

7.1 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                    ONS HET DIT

                       [Bron: www.stageandscreen.com]

     Die bostaande prent vertoon ŉ professionele beeld van die maatskappy.

     Identifiseer DRIE aspekte wat in die prent getoon word, wat tot die professionele
     beeld van die maatskappy bydra.                                                        (3)

7.2 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

     Verduidelik, deur EEN rede te gee, waarom die
     gebruik van uniforms deur die personeel in die prent ŉ
     belangrike rol in die sukses van ŉ toerismebesigheid
     speel.

                                                                                            (2)
                                                                 [Bron: www.vecteezy.com

7.3 Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

     Shernique Adams is nuut aangestel as sekretaresse vir ŉ hotelbestuurder.
     Na twee maande het haar skedule verander en sy het nuwe werks-
     verantwoordelikhede bygekry. Sy is beveel om op publieke vakansiedae sonder
     enige ekstra betaling te werk en tydens haar etenstye het hulle vergaderings
     gehou. Shernique het ook meer as die voorgestelde ure per week gewerk.

     7.3.1   Noem die dokument wat Shernique kan raadpleeg om duidelikheid oor
             haar werksomstandighede by die hotel te kry.                                   (2)

     7.3.2   (a) Dui aan of Shernique se werksomstandighede voldoen aan die
                 vereistes van die dokument genoem by VRAAG 7.3.1.                          (2)
             (b) Gee DRIE redes vir jou antwoord by VRAAG 7.3.2 (a).                        (6)
                                                                                           [15]

                                                                                            b.o.

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
                                                  TOERISME                                   24
                                                                              10870/22

VRAAG 8

8.1 Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              “Oseaanbesoedeling in die Karibiese streek:
                                    Nie ŉ minuut om te mors nie”
                                                 Wêreldbankverslag
                            Daar is ongeveer 200 000 stukkies plastiek per vierkant
                            kilometer in die noord-oostelike Karibiese streek. Dié
                            stukkies gaan met tyd afbreek in baie klein stukkies
                            mikroplastieke. Meer rommel is gevind op die strande en
                            kusgebiede. Dit hou ŉ bedreiging in vir die plaaslike
                            bevolking sowel as die toekoms van toerisme-ontwikkeling
                            in die streek.

     Die Toerisme- en Voedselindustrieë word geïdentifiseer as die grootste bydraers
     tot plastiekafval.
                                                               [Aangepas uit www.unep.org]

     8.1.1   Identifiseer die pilaar van volhoubare toerisme wat in die bostaande
             uittreksel uitgelig word.                                                        (1)

     8.1.2   In ŉ paragraaf, verduidelik hoe besoedeling die ontwikkeling van die
             toerisme-industrie in die Karibiese streek beïnvloed.               (3 x 2)      (6)

     8.1.3   Stel TWEE maniere voor hoe hotelle hulle verbruik van plastiek kan
             bestuur om hulle bydrae tot besoedeling te verminder.                            (4)

8.2 Bestudeer die logo hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        FAIR TRADE TOERISME

     Fair Trade Toerisme assesseer toerisme-besighede volgens ŉ stel kriteria.
     Voldoening aan die kriteria deur toerismebesighede lei tot FTT sertifisering.

     Bespreek TWEE maniere hoe FTT sertifisering voordele vir die
     toerismebesigheid inhou.                                                                 (4)
                                                                                             [15]

                                                                TOTAAL AFDELING D:            30

                                                                                              b.o.

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
                                                TOERISME                                25
                                                                           10870/22

AFDELING E: PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME;
            KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS

VRAAG 9

9.1 Bestudeer die inligting en prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      Die verwoesting veroorsaak deur Orkaan Ida – Louisiana, VSA
             Orkaan Ida het die kus van Louisiana op 29 Augustus 2021 bereik.

                    VOOR                                     NA
                                                      [Aangepas uit www.dogonews.com]

     9.1.1   Voltooi die sin: Orkaan Ida kan as ŉ … geklassifiseer word.                 (1)

     9.1.2   Verduidelik TWEE negatiewe gevolge van Orkaan Ida op die ekonomie
             van die geaffekteerde streek.                                               (4)

     9.1.3   Stel EEN manier voor hoe toerismebesighede in die streek bygestaan
             kan word om te herstel na die verwoesting van die orkaan.                   (2)

9.2 Bestudeer die logo hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                 01–12 Nov 2021
                        Glasgow, Scotland

                             In samewerking
                                 met Italië

                              [Aangepas uit www.impactonezero.com]

     9.2.1   COP26 is gesamentlik deur twee lande aangebied.

             Noem die kontinent wat die konferensie aangebied het.                       (2)

                                                                                         b.o.

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
                                                     TOERISME                                 26
                                                                               10870/22

     9.2.2   Gee die hoofdoel van die COP26-konferensie.                                       (2)

     9.2.3   Voorspel TWEE negatiewe gevolge van klimaatsverandering op die
             toerisme-industrie dwarsoor die wêreld.                                           (4)

9.3 Bestudeer die inligting op buitelandse markaandeel hieronder en beantwoord die
    vrae wat volg.

         MARKAANDEEL VAN INTERNASIONALE TOERISTE AANKOMSTE PER
         LAND VOOR COVID-19 IN VERGELYKING MET GEDURENDE COVID-19
                     Buitelandse Markaandeel: Suid-Afrika

                    Voor COVID-19                        Gedurende COVID-19
                    Markaandeel                          Markaandeel
                                         Streek
                   Gemiddeld                             Gemiddeld
                                 (%)                     per maand    (%)
                   per maand
                   10 234       1,1    Australië            298       0,2
                   10 033       1,1    S en S-Amerika       404       0,3
                   3 824        0,4    Midde-Ooste          461       0,3
                   35 389       2,8    Asië                2 685      2
                   35 389       3,9    Noord-Amerika       2 555      1,9
                   29 552       3,3    Afrika-Lug          5 462      4,1
                   158 208     17,5    Europa             11 039      8,3
                   633 285     69,9    Afrika-Land       110 750     82,9

                                                          [Aangepas uit www.statssa.gov.za]

     9.3.1   Definieer die term markaandeel.                                                   (2)

     9.3.2   (a) Identifiseer die mark met die hoogste getal internasionale
                 aankomste in Suid-Afrika voor COVID-19.                                       (1)
             (b) Bereken die verskil in die aantal toeriste-aankomste van die mark
                 genoem in VRAAG 9.3.2 (a) deur ŉ vergelyking te doen van die
                 getalle voor COVID-19 en gedurende COVID-19. (Toon alle
                 berekeninge aan.)                                                             (2)
             (c) Gee EEN moontlike rede vir die dalende tendens wat aangetoon
                 word deur die statistieke in die infografika hierbo.                          (2)
                                                                                              [22]

                                                                                               b.o.

### Page 27

Downloaded from hlayiso.com
                                                 TOERISME                                27
                                                                             10870/22

VRAAG 10

10.1   Bestudeer die spotprent hieronder wat op kliënteterugvoer gebaseer is en
       beantwoord die vrae wat volg.

                       “… en 85% sê dat ons ons kliëntediens kan
                        verbeter deur die besigheid toe te maak”
                                                    [Aangepas uit: www.glasbergen.com]

       10.1.1   Verduidelik wat die opmerking in die bostaande spotprent beteken
                deur na dienslewering te verwys.                                         (2)

       10.1.2   Bespreek TWEE voordele hoe kliënteterugvoer die wins van ŉ
                toerismebesigheid kan verhoog.                                           (4)

10.2   Bestudeer die beeld hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                       [Bron: www.infoq com]

       Daar is verskeie metodes beskikbaar om kliënteterugvoer te verkry.

       Gee EEN voordeel vir die gebruik van die kliënteterugvoermetode wat hierbo
       uitgebeeld word.                                                                  (2)
                                                                                         [8]

                                                               TOTAAL AFDELING E:         30

                                                                            TOTAAL:      200

                                            EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC Tourism (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/1c5c7dd8-d89c-4927-ba26-de7c3f4232ef) — Tourism · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Tourism (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/b66489d0-a84c-4e18-af4d-ef3c23585ac1) — Tourism · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Tourism (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/ec6edadc-0127-4389-83e0-7bae35e51922) — Tourism · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 Tourism NSC P1 10870 (Afrikaans) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-tourism-nsc-p1-10870-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/09001106-1848-4aa1-b07a-abb91b23723d) — Tourism · QP · 2016 · Afr
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2022-afrikaans-final/1403b445-16b4-4547-88df-afa43f0bb468) — Tourism · Memo · 2022 · Afr
- [Gr12 Tourism (Afrikaans) 2021 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr12-tourism-afrikaans-2021-preparatory-possible-answers/edd5dcc0-74a5-4997-8f35-89fa496ba714) — Tourism · Memo · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Tourism

- [Gr 12 Tou ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tou-atp-2023-24/4a3f87bb-0e9c-4318-ae42-69c3fd65355f) — ATP
- [Tourism Grade 12 MEMO March 2025 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/tourism-grade-12-memo-march-2025-eastern-cape/ee2b0f72-064f-44cd-9f61-f4f4c9b770a0) — Memo · 2025
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/bb51a3e6-6506-479a-bff1-02b2b49c3ded) — Memo · 2024 · Afr
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2023-afrikaans-final/c7a5014e-71b8-4365-8270-65fe0d37bae2) — Memo · 2023 · Afr
- [Gr12 Tourism Errata SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-tourism-errata-sep-2022-question-paper/5bcec1ac-12f8-41c1-9982-d8ba45ec098c) — Errata · 2022
- [Tourism May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2022-afr/a0347674-b4e7-4ed0-844e-ff6dc0f7c919) — QP · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
