# Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Tourism question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 25 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-trsm-sept2017-qp-afr/28594cfe-32b0-4778-8a97-148f04419e00
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Tourism
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 25

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Tourism](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/tourism) › [Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-trsm-sept2017-qp-afr/28594cfe-32b0-4778-8a97-148f04419e00)

## About this document

Tourism · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2017

                           TOERISME

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

                             *TRSMA*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                    TOERISME                              (EC/SEPTEMBER 2017)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die instruksies aandagtig voordat die vrae beantwoord word.

1.     Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.

2.     ALLE vrae in AFDELING A, B, C, D en E is VERPLIGTEND.

3.     Begin elke VRAAG op ŉ NUWE bladsy.

4.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.     Skryf netjies en leesbaar.

6.     Die volgende tabel is ŉ riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke
       afdeling in te deel.

       AFDELING       VRAAG           ONDERWERP            PUNTE           TYD

            A             1         Kortvrae               40 punte     20 minute
                                    Kaartwerk en
                          2
                                    Toerbeplanning
            B                                              50 punte     50 minute
                                    Buitelandse
                          3
                                    Valutaverhandeling
                          4
                                    Toerisme Attraksies
                                    Kultuur- en
            C             5                                50 punte     50 minute
                                    Erfenistoerisme
                          6         Bemarking

                          7         Toerisme Sektore
            D                       Volhoubare en          30 punte     30 minute
                          8         Verantwoordelike
                                    Toerisme
                                    Plaaslike-, Streeks-
                          9         en Internasionale
            E                       Toerisme               30 punte     30 minute
                                    Kommunikasie en
                         10
                                    Kliëntediens

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                    TOERISME                                           3

  AFDELING A: KORTVRAE

  VRAAG 1

  1.1 Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
      die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
      (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv.1.1.21 A.

        1.1.1    Met die opstel van ŉ reisplan moet die toerbeplanner in ag neem dat
                 reisigers op internasionale vlugte … voor hulle vertrek vir hulle vlug
                 moet inboek.

                 A     30 minute
                 B     90 minute
                 C     2 tot 3 uur
                 D     1 tot 2 uur

        1.1.2    ŉ Voorbeeld van ŉ Wêrelderfenisterrein in die Noord-Kaap:

                 A     Wieg van die Mensdom
                 B     Robbeneiland
                 C     Vredefortkoepel
                 D     Richtersveld

        1.1.3    Internasionale reisigers behoort afskrifte van … apart van hulle
                 bagasie te hou.

                 A     bankbesonderhede
                 B     paspoorte
                 C     doeaneregulasies
                 D     reistoelae

        1.1.4    ŉ Kliënteterugvoermetode wat nie baie vrae bevat nie:

                 A     Opname
                 B     Terugvoerkaart
                 C     Opvolgtelefoonoproep
                 D     Vraelys

        1.1.5    Met aankoms in Suid-Afrika word ŉ 100 ml bottel parfuum deur
                 doeane as … beskou.

                 A     goedere om te verklaar
                 B     belastingvry goedere
                 C     verbode goedere
                 D     beperkte goedere

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   TOERISME                          (EC/SEPTEMBER 2017)

      1.1.6   Die Swartwoud is in … geleë.

              A      Switserland
              B      Duitsland
              C      Rusland
              D      Turkye

      1.1.7   ŉ Afrikaland wat ŉ geelkoors risikogebied is:

              A      Egipte
              B      Swaziland
              C      Moroko
              D      Demokratiese Republiek van die Kongo

      1.1.8   Die gedeelte van ŉ inkomende toerismemark van ŉ land vergeleke
              met sy hoofmededingers:

              A      Buitelandse inkomende toeriste
              B      Gemiddelde lengte van verblyf
              C      Buitelandse markaandeel
              D      Surplus van inkomende toeriste

      1.1.9   ŉ Siekte wat op dieselfde wyse as MIV Vigs aangesteek word:

              A      Hepatitis A
              B      Hepatitis B
              C      Malaria
              D      Cholera

      1.1.10 Hierdie stad sal die gasheerstad vir die Internasionale Olimpiese
             Komitee se Somerspele in 2020 wees.

              A      Tokio
              B      Beijing
              C      Parys
              D      Los Angeles

      1.1.11 Suid-Afrikaanse banknote tot die waarde van R10 000 word as …
             deur SARS beskou.

              A      goedere om te verklaar
              B      belastingvry-goedere
              C      verbode goedere
              D      beperkte goedere

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                     TOERISME                                      5

        1.1.12 Die ontvoering van 276 skooldogters in 2014 deur Boko Haram in
               Nigerië is ŉ voorbeeld van …

                 A     burgeroorlog.
                 B     algemene onluste.
                 C     ŉ onvoorsiene gebeurtenis.
                 D     terrorisme.

        1.1.13 Watter van die volgende word NIE as ŉ voorbeeld van goeie
               omgewingspraktyke beskou NIE?

                 A     Omgewingsvriendelike geboue
                 B     Herwin, hergebruik en hersirkuleer
                 C     Plaaslike verkryging
                 D     Besoedelingsbestuur

        1.1.14 ŉ Misdaadvoorkomingsmaatreël wat die sukses van ŉ aantreklikheid
               verseker:

                 A     Beskikbaarheid van hoë gehalte paadjies
                 B     Beskikbaarheid van sluitkassies
                 C     Gereelde nagaan van kennisgewingborde
                 D     Daarstelling van nood mediese dienste

        1.1.15 Tsogo Sun Hotelpersoneel wat professioneel lyk in hulle uniforms
               dra by tot die maatskappy se ...

                 A     korporatiewe beeld.
                 B     driedubbele-slotreël.
                 C     BSEB handves.
                 D     kliëntediensbeleid.

        1.1.16 Hierdie wêreldikoon is een van die nuwe sewe wonders van die
               wêreld:

                 A     Machu Picchu
                 B     Eiffeltoring
                 C     Die Sfinx
                 D     Big Ben

        1.1.17 Die Internasionale Datumlyn (IDL) is ŉ denkbeeldige lyn wat
               ongeveer … van die Universele Tydkoördinaat geleë is.

                 A     360°
                 B     180°
                 C     90°
                 D     270°

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                     TOERISME                            (EC/SEPTEMBER 2017)

      1.1.18 … is die murasies van ŉ groot, antieke stad van die Majas.

              A      Taj Mahal
              B      Cuzco
              C      Vatikaanstad
              D      Chichen Itza

      1.1.19 Dagligbesparingstyd (DBT) is die praktyk waarby horlosies in ŉ
             gegewe land met een uur voor standaardtyd gedurende …
             aangeskuif word.

              A      winter
              B      lente
              C      herfs
              D      somer

      1.1.20 ŉ Voorbeeld van universele toegang by ŉ aantreklikheid:

              A      Die restaurant bied kosherdisse aan.
              B      Badkamerfasiliteite vir mense in rolstoele is beskikbaar.
              C      Personeellede is in staat om in ŉ verskeidenheid tale met
                     besoekers te kommunikeer.
              D      Al bogenoemde                                             (20 × 1) (20)

1.2   Kies ŉ begrip vanuit die lys wat die onderstaande sinne die beste voltooi. Jy
      mag elkeen van die begrippe slegs EEN keer gebruik. Skryf slegs die begrip
      langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

      Paspoort, TB, IBP, bilharzia, malaria, IDL, visum, Hepatitis A, MIV, cholera

      1.2.1   Die gebruik van insekweerder op blootgestelde vel, bly binnenshuis,
              spuit ŉ aërosol-insekdoder in die slaapkamer of brand
              muskietspoele en muskietmatjies is voorsorgmaatreëls teen infeksie
              van …

      1.2.2   ŉ Wetlike dokument, beskikbaar by die AA kantore, wat die draer
              toelaat om in ŉ vreemde land te bestuur staan bekend as ŉ …

      1.2.3   Langdurige hoes, asemhalingsprobleme en bors- en gewrigspyne is
              simptome van …

      1.2.4   Persoonlike besonderhede van die aansoeker, besonderhede oor
              die besoek aan die bestemming, inligting oor die aansoeker se
              finansiële status en kriminele rekord is vereistes vir die aansoek om
              ŉ…

      1.2.5   Vermyding van riviere wat moontlik besmet is en om nie te drink of
              te was in besmette water, is voorsorgmaatreëls teen die opdoen
              van …
                                                                            (5 × 1)       (5)

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                      TOERISME                                           7

  1.3 Kies die korrekte woord(e) uit dié tussen hakies. Skryf slegs die korrekte
      antwoord langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
      neer.

        1.3.1    (Die Koepel van die Rots/Ayers Rock) is ŉ unieke natuurlike
                 landmerk, wat uit harde rooi sandsteen bestaan wat in die Uluru-
                 Kata Tjuta Nasionale Park geleë is.

        1.3.2    Die (Alcázar van Segovia/Parthenon) word as die mooiste kasteel in
                 Spanje beskou.

        1.3.3    Toeriste wat in antieke beskawings belangstel, moet na Jordanië
                 reis om (die Kremlin/Petra) te besoek.

        1.3.4    (Die Blou Moskee/Mekka) word as die geestelike middelpunt van die
                 Moslemgeloof beskou.

        1.3.5    (Berg Everest/Berg Fuji) is ŉ amper perfekte gevormde vulkaan wat
                 deur Boeddhiste as ŉ heilige plek aanbid word.
                                                                             (5 × 1)        (5)

  1.4 Kies vanuit die Stormsrivier Avontuurmaatskappy (Adventures) die stelling
      met betrekking tot volhoubaarheid waaraan hulle hulself verbind in
      KOLOM B wat die beste pas by die begrip in KOLOM A. Skryf slegs die
      letter (A–E) langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die
      ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.4.6 F.

                 KOLOM A                                 KOLOM B
        1.4.1    Maatskaplike        A    Skoolvoedingskema waarby 220
                 pilaar                   laerskoolleerders van vier maaltye per week
                                          voorsien word.

        1.4.2    KMB                 B    Aktief betrokke by fondsinsamelingsprojekte
                                          vir die gemeenskap.

        1.4.3    Omgewingspilaar     C    Volgehoue toewyding tot bewaring van
                                          natuurlike hulpbronne wat in
                                          avontuurprodukte gebruik word.

        1.4.4    FTT (voorheen       D    Opheffing van die gemeenskap deur
                 bekend as                werkskepping en die skep van klein
                 FTTSA)                   ondernemings deur opleiding van
                                          “Avontuur Kontrakteurs”.

        1.4.5    Ekonomiese          E    Lone, werksomstandighede, aankope en
                 pilaar                   aksies wat billik is. Gelyke verspreiding van
                                          voordele, respek vir menseregte, kultuur en
                                          die omgewing.
                                                                                  (5 × 1)   (5)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                      TOERISME                           (EC/SEPTEMBER 2017)

    1.5 Kies die beeld wat die beste pas by die onderstaande beskrywings.
        Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.5) in die
        ANTWOORDEBOEK, bv. 1.5.6 G.

                          A                                      D

                   Wêreldreismark

                          B                                      E

          Voorafgelaaide buitelandsevaluta
                    debietkaart

                          C                                      F

         1.5.1   ŉ Bekende Suid-Afrikaanse buitelug- en avontuurleefstylgeleentheid.

         1.5.2   Banke hef meer rente vir onttrekkings van geld van ŉ OTM as
                 wanneer aankope gedoen word.

         1.5.3   ŉ Jaarlikse Duitse gebeurtenis wat ŉ unieke geleentheid vir die
                 globale reisbedryf bied om mekaar te ontmoet, te netwerk en om
                 besigheid te doen.

         1.5.4   ŉ Toerismebemarkingsgeleentheid wat die verskeidenheid van
                 Suidelike Afrika se beste toerismeprodukte ten toon stel en
                 internasionale kopers en media van regoor die wêreld lok.

         1.5.5   Gewy aan die buitelandse valuta van die land (of lande) waarna jy
                 reis.                                                        (5 × 1)     (5)

                                                             TOTAAL AFDELING A:           40
Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                  TOERISME                                         9

  AFDELING B:          KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE
                       VALUTAVERHANDELING
  VRAAG 2

  2.1     Bestudeer die Wêreldtydsonekaart hieronder, lees die gegewe inligting en
          beantwoord die daaropvolgende vrae.

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                  TOERISME                           (EC/SEPTEMBER 2017)

       Die 2016-Somer Olimpiese Spele was ŉ groot globale multi-sport
       geleentheid wat in Rio de Janeiro, Brasilië, van 5 tot 21 Augustus 2016
       plaasgevind het. Die 2016-Olimpiese Spele het die hoogste getal lande
       gehad wat aan ŉ rekordgetal sportsoorte deelgeneem het. Meer as 10 500
       atlete van 206 lande het deelgeneem. Die openingseremonie het by die
       Maracanã Stadion in Rio de Janeiro op 5 Augustus om 20:00 plaasgevind.

       2.1.1   Bereken die tyd en datum wat sportliefhebbers in Parys, Frankryk
               hulle televisiestelle moes aanskakel indien hulle ŉ lewendige
               uitsending van die openingseremonie wou kyk. Onthou dat Frankryk
               dagligbesparingstyd beoefen in die tyd van die openingseremonie.         (5)

       2.1.2   Gee EEN moontlike voordeel vir die toerismebedryf van ŉ land wat
               dagligbesparingstyd beoefen.                                             (1)

       2.1.3   Bereken die tyd en datum wat Australiese sportliefhebbers in
               Sydney hulle televisiestelle moes aanskakel indien hulle ŉ
               lewendige uitsending van die openingseremonie wou kyk.                   (4)

       2.1.4   Chad le Clos, een van Suid-Afrika se top Olimpiese swemmers,
               was deel van die Suid-Afrikaanse sportspan wat aan die Olimpiese
               Spele deelgeneem het. Sy pa het na Rio de Janeiro gevlieg om te
               kyk hoe sy seun deelneem.

               (a)   Mnr le Clos het op vlug O66152 in Rio de Janeiro via Sao
                     Paulo, Brasilië om 19:55 op 31 Julie gearriveer na ŉ 13h 45m
                     vlug. Bereken die datum en vertrektyd van sy vlug uit
                     Johannesburg, Suid-Afrika.                                         (6)

               (b)   Mnr le Clos kon moontlik aan vlugvoosheid gely het na sy
                     vlug. Gee TWEE simptome van vlugvoosheid.                          (2)

       2.1.5   Elke lid van die Suid-Afrikaanse Olimpiese Span moes in besit van
               ŉ paspoort wees om Brasilië binne te gaan, maar het nie nodig
               gehad om ŉ visum te bekom vir die duur van hulle verblyf nie.

               (a)   Onderskei tussen ŉ paspoort en ŉ visum.                  (2 × 2)   (4)

               (b)   Benoem EEN inenting wat die span moes kry voor hulle
                     vertrek na Brasilië.                                               (1)

       2.1.6   Met sy terugkeer na Suid-Afrika, het Mnr le Clos ŉ 750 ml bottel
               wyn by die doeanevry-winkels by Guarulhos Internasionale
               Lughawe in Sao Paulo vir sy vrou gekoop.

               (a)   Verduidelik die begrip doeanevry-winkel.                           (2)

               (b)   Moes Mnr le Clos deur die rooi of die groen kanaal gestap het
                     met sy aankoms by OR Tambo?                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                     TOERISME                                              11

  2.2    Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg.

         12 dag Suid-Afrika Safari
         Verken Suidelike Afrika se oorvloedige wildlewe, Zulu-kultuur en
         dramatiese natuurskoon op reis deur Suid-Afrika en Swaziland in ŉ
         kombinasie van kulturele en wildlewe ervarings. Die toer begin met ŉ
         besoek aan die uitgestrekte woongebied, Soweto, waarna jy by verskeie
         bestemmings sal stop om aktiwiteite soos stap, kanovaart en vlotvaart te
         ervaar voordat jy na die Kruger Nasionale Park sal reis vir ongelooflike
         wildbesigtigingservarings. Hoogtepunte sluit in, kamp onder die Afrikasterre
         in die Kruger Nasionale Park, ontmoeting met die Zulu-kultuur waar jy van
         spiesmaak, dans en mandjieweef kan leer, wildbesigtigingsgeleenthede en
         ŉ begeleide staptog na Blyderivier Canyon waar Bourke’s Luck Potholes
         wonderlike fotografie geleenthede bied.

         Tema: Familie (hierdie toer is vir volwassenes en kinders wat saam reis,
                min. ouderdom 11)
         Koste: ZAR 17 564 pp            Grootte van die groep: Min. 2 maks. 16

         Opsomming van die toer:
         Dag 1 Johannesburg                Dae 6 en 7 Hlane Nasionale Park
         Dag 2 Hluhluwe-iMfolozi Park      Dae 8 en 9 Kruger Nasionale Park
         Dag 3 Hluhluwe Wildreservaat      Dae 10 en 11 Blyderivier
         Dae 4 en 5 Kosibaai               Dag 12 Johannesburg

         Ingesluit: Alle maaltye, vervoer (4 × 4, minibusse), verblyf (kamp,
                    permanente tente, hotel en herberge/”lodges”), aktiwiteite
                    (wildbesigtigingsritte by Hluhluwe-iMfolozi Park, Hlane Nasionale
                    Park en Kruger Nasionale Park, besoek aan ŉ Zulu-dorpie en
                    Bourke’s Luck Potholes).
                                                             [Bron: www.intrepidtravel.com]

         2.2.1    Die bostaande toer is ŉ voorbeeld van ŉ pakkettoer.

                  Stem jy saam met hierdie stelling? Motiveer jou antwoord.                   (2)

         2.2.2    Neem die aktiwiteite in ag en identifiseer EEN tipe toeris wat sal
                  oorweeg om op hierdie toer te gaan.                                         (1)

         2.2.3    Verduidelik die begrip ingesluit soos in die uittreksel genoem.             (1)

         2.2.4    Gee aan ŉ toeris wat ŉ bespreking vir hierdie toer maak raad oor
                  TWEE items wat hy/sy moet inpak voor sy/haar vertrek op hierdie
                  toer.                                                        (2 × 1)         (2)
                                                                                              [32]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                      TOERISME                           (EC/SEPTEMBER 2017)

     VRAAG 3

     3.1   Bestudeer die wisselkoerstabel hieronder en beantwoord die vrae wat
           daarop volg.

                    Land               Geldeenheidkode          BAK           BVK
           Brittanje                         GBP                18,63         19,34
           Europese lande                    EUR                15,53         16,11
           VSA                               USD                14,14         14,46

           3.1.1   ŉ Suid-Afrikaanse besigheidstoeris besoek die VSA. Hy het
                   ZAR15 000 sakgeld. Bereken hoeveel USD hy sal ontvang.                  (3)

           3.1.2   ŉ Afgetrede Suid-Afrikaanse paartjie beplan om hulle familie in
                   Londen te besoek. Hulle het ZAR25 000 wat hulle vir sakgeld wil
                   omruil.

                   (a)   Bereken hoeveel van die plaaslike geldeenheid hulle sal
                         ontvang.                                                          (3)

                   (b)   Met hulle terugkeer het hulle nog sakgeld oor. Bereken
                         hoeveel ZAR hulle sal ontvang as hulle £20 wissel.                (3)

                   (c)   Identifiseer die geldeenheid waarvoor hulle hulle ZAR sou
                         moes omruil, indien hulle familie in Frankryk gebly het.          (1)

     3.2   Bespreek die effek van ŉ swak rand op beide inkomende en uitgaande
           toerisme in ŉ paragraaf.                                     (2 × 2)            (4)

     3.3   Verduidelik, in ŉ paragraaf, die begrip vermenigvuldigereffek en hoe dit die
           toerismebedryf van ŉ land kan bevorder.                              (2 × 2)    (4)
                                                                                          [18]

                                                              TOTAAL AFDELING B:           50

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                         TOERISME                                       13

  AFDELING C:           TOERISME ATTRAKSIES; KULTUUR- EN
                        ERFENISTOERISME; BEMARKING
  VRAAG 4
  4.1    Bestudeer die prente en kaart van Europa en beantwoord die onderstaande vrae.

         4.1.1        Identifiseer die ikone genommer A, B, C en D.             (4 × 2)     (8)
         4.1.2        Verduidelik waarom die ikoon genommer A een van Europa se
                      gewildste toerismestreke is.                                          (2)
         4.1.3        Gee EEN rede waarom toeriste, wat in geskiedenis belangstel, die
                      ikoon genommer ...
                      (a)   C sal besoek.                                                   (2)
                      (b)   D sal besoek.                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                       TOERISME                             (EC/SEPTEMBER 2017)

     4.2   Bestudeer die inligting oor uShaka Marine World en beantwoord die
           daaropvolgende vrae.

           Twee jaar gelede was uShaka Marine World in die moeilikheid met hulle
           vorige HUB wat vir bedrog gearresteer is. Nou blyk dit dat hulle vooruitgaan
           met ŉ inkomste van R210m in 2015 terwyl hulle winsgewend bly.

                                                  MANDELADAG-2016
                                                  Ter nagedagtenis van Madiba se lewe
                                                  en nalatenskap het uShaka Marine
                                                  World ŉ volle dag opsy gesit vir 21
                                                  straatkinders tussen die ouderdomme
                                                  van 12 en 21.

                                                  KINDERREEKS
           USHAKA RY OP GOLWE VAN                 Kinders, maak reg om die water te
           SUKSES                                 laat spat in uShaka se oseaan-
           uShaka Marine World het die            geïnspireerde klerereeks. Van T-
           toekenning “Top Choice 2015” van       hemde vir kinders, pette, swemklere
           ŉ Asiatiese toerisme                   en kortbroeke tot rugsakke, dit is alles
           inligtingswebtuiste ontvang.           pret en modern!
           Lianorg Toeriste
           inligtingsnetwerk/”Tourist
           Information Network” bied reis-
           inligting aan reisigers. Intekenaars
           sluit toeriste van Sjina, Japan,
           Korea, Mongolië en ander
           Asiatiese lande in.

           2014 – 2015 hoogtepunte
            681 072 besoekers
            537 leerders wat deur
              beroepskursusse aan marine          HUB Stella Khumalo
              biologie voorgestel is              “Ons is gedurig besig met opgradering
            120 bome tydens Boomplant-           van ou infrastruktuur en stel van tyd
              week by skole geplant               tot tyd nuwe opwindende
            700 ure gespandeer op                aantreklikhede bekend.”
              rehabilitasie van diere
            1 072 ure aan gesondheid en
              veiligheidsopleiding gewy

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                    TOERISME                                          15

         4.2.1 (a)     Identifiseer EEN voorbeeld van onetiese gedrag wat by
                       uShaka Marine World plaasgevind het.                              (1)

                 (b)   Stel EEN aksie voor wat uShaka Marine World kon neem om
                       die onetiese gedrag genoem in VRAAG 4.2.1(a) te hanteer om
                       sodoende die impak daarvan op die aantreklikheid te
                       verminder.                                                        (2)

         4.2.2 Gee EEN voorbeeld uit die uittreksel om uShaka Marine World se:

                 (a)   omgewingsbestuurstrategie, en                                     (2)

                 (b)   bemarkingstrategie te ondersteun.                                 (2)

         4.2.3 Verduidelik hoe die “Top Choice 2015”-toekenning die bestuur van
               uShaka Marine World sal help om hulle verwagte inkomsteteiken te
               oorskry.                                                                  (2)

         4.2.4 Stel DRIE maniere voor hoe HUB, Stella Khumalo, se stelling
               langtermynvoordele vir uShaka Marine World kan inhou.       (3 × 2)        (6)
                                                                                         [29]
  VRAAG 5

  Bestudeer die onderstaande kaart en beantwoord die vrae.

  5.1    Identifiseer die UNESCO Wêrelderfenisterreine genommer A en B.        (2 × 1)   (2)

  5.2    5.2.1 Gee die tipe Wêrelderfenisterrein wat deur die terrein genommer A
               voorgestel word.                                                          (1)

         5.2.2 Bespreek EEN voorbeeld van hoe die Wêrelderfenisterrein
               genommer A aan UNESCO se kriteria (v) voldoen.                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                      TOERISME                               (EC/SEPTEMBER 2017)

     5.3   5.3.1 Noem die hoof plantegroeitipe wat die berge, valleie en vlaktes langs
                 die kus in die Wêrelderfenisterrein genommer B bedek.                          (2)

           5.3.2 Verduidelik EEN manier hoe indringer plantspesies ŉ bedreiging vir
                 die voortbestaan van die Wêrelderfenisterrein genommer B is.                   (2)

     5.4   Bespreek TWEE maniere hoe die Suid-Afrikaanse Toerismebedryf deur
           Wêrelderfenisterreine genommer A en B bevoordeel word.        (2 × 2)                 (4)
                                                                                                [13]
     VRAAG 6

     6.1   Lees die onderstaande uittreksel.

           SAToerisme Duitsland loods voedsel en drank veldtog

           Suid-Afrikaanse Toerisme het ŉ voedsel en drankveldtog,
           www.chefkoch.de wat ŉ reseptenetwerk is, in samewerking met Duitsland
           se kookgemeenskap, geloods.

           Oor ŉ tydperk van ses weke sal ŉ spesiale uitsending met ŉ Suid-
           Afrikaanse tema oor die reseptenetwerk uitgesaai word en sodoende Suid-
           Afrika se diverse kossoorte en braaikultuur meer toeganklik vir Duitsers
           maak.
                                                [Verwerk uit: http://www.tourismupdate.co.za]

           Verduidelik TWEE maniere hoe hierdie bemarkingsinisiatief waarde sal
           toevoeg tot Suid-Afrika as ŉ reisbestemming.                  (2 × 2)                (4)

     6.2   Verduidelik die volgende stelling:

           TOMSA speel ŉ waardevolle rol deur by te dra tot SAToerisme se vermoë
           om Suid-Afrika as ŉ voorkeur bestemming te bemark.               (2 × 2)             (4)
                                                                                                [8]

                                                                TOTAAL AFDELING C:              50

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                  TOERISME                                          17

  AFDELING D:          TOERISME SEKTORE; VOLHOUBARE EN
                       VERANTWOORDELIKE TOERISME

  VRAAG 7

  Bestudeer die onderstaande collage en beantwoord die vrae.

  7.1    Bespreek hoe die reëls ten opsigte van voorkoms/”dress code” van die SAA
         personeel in die collage tot die professionele beeld van die maatskappy
         bydra.                                                                        (2)

  7.2    Lys TWEE ander faktore, behalwe vir die logo en voorkoms van die
         personeel, wat ŉ bydrae tot die professionele beeld van SAA kan lewer.
                                                                            (2 × 1)    (2)

  7.3    Alle SAA personeellede moet ŉ dienskontrak onderteken.

         7.3.1 Verduidelik waarom dit noodsaaklik vir ŉ werknemer is om ŉ
               dienskontrak te onderteken.                                             (2)

         7.3.2 Lys TWEE items wat in ŉ dienskontrak, wat deur werknemers
               onderteken moet word, ingesluit kan word.           (2 × 1)             (2)

  7.4    SAA werknemers onderneem om, met hulle indiensneming, die gedragskode
         van die maatskappy te handhaaf. Bespreek die waarde van ŉ gedragskode
         vir werknemers in die lugvaartbedryf.                                          (2)
                                                                                       [10]

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                       TOERISME                              (EC/SEPTEMBER 2017)

     VRAAG 8

     Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg.

     Lion Sands Privaat Wildreservaat

     Lion Sands, deel van Sabi Sands wat in die Kruger Nasionale Park geleë is, is
     een van die uitgesoekte, Suid-Afrikaanse safari herberge/”lodges” wat hulself
     verbind tot die bewaring van Afrika se wildlewe, die omgewing en die ontwikkeling
     van plaaslike gemeenskappe terwyl hulle terselfdertyd outentieke grootwild safari-
     ervarings bied. Al hierdie safari herberge/”lodges” word aan die organisasie,
     Open Africa, gekoppel en moedig besoekers aan om verantwoordelike toerisme
     te beoefen.

     Lion Sands Wildreservaat vorm deel van die grootste bewaringsgebied in
     Suidelike Afrika. In hierdie gebied is dit noodsaaklik dat die balans tussen die
     natuur en die gebruik daarvan vir kommersiële doeleindes fyn gemonitor en
     bestuur word.

     Lion Sands Privaat Wildreservaat het ŉ verhouding met die plaaslike
     gemeenskap wat gemik is op wedersydse voordele en sosiale ontwikkeling wat
     volhoubaar en eko-vriendelik is. Een van die inisiatiewe wat deur Lion Sands
     befonds word, is die Henna kleuterskool wat in 1991 gestig is met 20 leerders.
     Hierdie kleuterskool het in die behoefte aan opvoeding en gesonde maaltye vir
     die kinders voorsien.

     Met verdere ondersteuning van Lion Sands het die kleuterskool aansienlik
     gegroei en huisves nou 250 kinders. Van die hoofprojekte tot dusver was die bou
     van klaskamers, opknapping van die kombuis en die daarstelling van
     boorgatwater vir die skool. Lion Sands is ook die gasheer van die jaarlikse
     gradeplegtigheidseremonie vir die kinders, wat hulle aanmoedig om die
     belangrikheid van kennis en opvoeding te verstaan.

     Lion Sands het saam met die regering en die gemeenskap hande gevat in die
     stryd teen MIV/Vigs. Die reservaat bied ondersteuning aan sy werknemers asook
     aan ŉ plaaslike tuisversorgingsinisiatief vir mense wat MIV positief is. Gaste by
     Lion Sands word die opsie gegee om die plaaslike gemeenskap te besoek en
     word aangemoedig om skenkings tot hierdie verdienstelike saak te maak. Lion
     Sands is ook betrokke by die jaarlikse aktiwiteite wat op Wêreld Vigs-dag gehou
     word waarby MIV weeskinders en ander kwesbare kinders van die gemeenskap
     kospakkies en skool noodsaaklikhede ontvang.
                                                            [Verwerk uit: www.openafrica.org]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                    TOERISME                                            19

 8.1    Lion Sands Privaatwildreservaat kan as ŉ toerismebesigheid, wat die
        driedubbele-slotreël benadering in sy besigheidspraktyke insluit, beskou
        word.

        8.1.1    Bespreek hierdie stelling deur na hulle toewyding tot die
                 omgewings- en sosiale pilare van die driedubbele-
                 slotreëlbenadering te verwys.                                 (2 × 2)    (4)

        8.1.2    Stel EEN manier voor oor die wyse hoe Lion Sands
                 Privaatwildreservaat hulle toewyding tot die ekonomiese pilaar van
                 die driedubbele-slotreël benadering kan toon.                            (2)

 8.2    Lys TWEE voorbeelde van verantwoordelike toerismepraktyke wat in ŉ
        gedragskode vir verantwoordelike toeriste tydens hulle besoek aan Lion
        Sands Privaatwildreservaat ingesluit kan word.                     (2 × 2)        (4)

 8.3    Stel TWEE strategieë voor wat Lion Sands Privaatwildreservaat kan
        implementeer om omgewingsbewuste toeriste te lok.                 (2 × 2)         (4)

 8.4    Lion Sands Privaatwildreservaat het ŉ korporatiewe maatskaplike
        beleggingsprogram.

        8.4.1    Verduidelik die begrip korporatiewe maatskaplike belegging.              (2)

        8.4.2    Beskryf TWEE inisiatiewe waarby Lion Sands Privaatwildreservaat
                 hulle korporatiewe maatskaplike beleggingsprogram in hulle
                 plaaslike omgewing tot stand gebring het.                  (2 × 2)        (4)
                                                                                          [20]

                                                            TOTAAL AFDELING D:            30

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                                 TOERISME                              (EC/SEPTEMBER 2017)

AFDELING E:      PLAASLIKE-, STREEKS- EN INTERNASIONALE
                 TOERISME; KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS

VRAAG 9

9.1   Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

                                               [Verwerk uit: www.businessinsider.com]

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                    TOERISME                                              21

        9.1.1    Gee EEN rede waarom die Tour de France as ŉ globale gebeurtenis
                 geklassifiseer word.                                                       (2)

        9.1.2    Verduidelik waarom die Tour de France as “Die wonderlikste gratis
                 vertoning op die planeet” uitgebeeld word.               (2 × 2)           (4)

        9.1.3    Identifiseer EEN strategie waarvan die Tour de France-
                 organiseerders gebruik maak om die drie-week lange gebeurtenis
                 se impak op die omgewing te verminder.                                     (2)

        9.1.4    Bespreek die voordele vir die plaaslike gemeenskappe van die 660
                 stede waardeur gery word tydens die Tour de France in ŉ
                 paragraaf.

                 Sluit die onderstaande aspekte in jou paragraaf in:

                 (a)   Inkomste generering                                                  (2)

                 (b)   Werkskepping                                                         (2)

 9.2    Bestudeer die onderstaande statistiek oor reisneigings van buitelandse
        toeriste na Suid-Afrika in 2015 en beantwoord die onderstaande vrae.

        9.2.1    Identifiseer die toerismestreek wat die grootste afname in
                 buitelandse inkomende toeriste na Suid-Afrika in 2015 getoon het
                 in vergelyking met 2014.                                                   (1)

        9.2.2    Algehele buitelandse inkomende toerisme na Suid-Afrika het
                 afgeneem met 6,8% in 2015 in vergelyking met 2014. Hierdie
                 afname het groot kommer veroorsaak omdat hierdie sektor tot
                 onlangs een van die beste presterende sektore was.

                 Gee TWEE faktore wat tot die afname in inkomende internasionale
                 toeriste na Suid-Afrika kon lei.                         (2 × 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                                  TOERISME                           (EC/SEPTEMBER 2017)

9.3   Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae.

                                                                [Bron: www.statssa]

      Vergelyk die aktiwiteite waaraan buitelandse toeriste tydens hulle besoek
      aan Suid-Afrika in 2014 en 2015 deelgeneem het.

      Gee die neiging tussen dié twee jare.                                            (2)
                                                                                      [19]

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                   TOERISME                                             23

 VRAAG 10

 Bestudeer die uittreksel oor kliëntetevredenheid en beantwoord die
 daaropvolgende vrae.

        *Die hpi is hellopeter se nywerheidstandaarde-maatstaf om die toestand
        van ŉ organisasie se kliëntediens te meet.
                                                       [Verwerk uit www.hellopeter.com]

 10.1   Identifiseer die kliënteterugvoermetode wat kliënte toelaat om resensies te
        gee oor produkte of dienste wat hulle ervaar het, soos in die uittreksel
        gebruik.                                                                          (1)

 10.2   Verduidelik hoe die terugvoermetode wat in VRAAG 10.1 geïdentifiseer is
        van nut kan wees vir potensiële kliënte.                                          (2)

 10.3   Gee jou opinie oor die stand van Ocean Fresh Restaurant se kliëntediens
        gebaseer op die 290 resensies.                                     (2 × 2)        (4)

 10.4   Stel TWEE intervensieplanne aan die restaurantbestuurder voor om
        AnnieH se klagtes aan te spreek.                                 (2 × 2)           (4)
                                                                                          [11]

                                                           TOTAAL AFDELING E:              30
                                                               GROOTTOTAAL:               200

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [GR12 TRSM SEPT2017 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-trsm-sept2017-memo-afr/5a2317bb-d0d4-4aaf-8308-e9ceebc0a29c) — Tourism · Memo · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Tourism Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-preparatory-2017-question-paper/640cd7ed-e481-47a3-be29-1a9c00d027df) — Tourism · QP · 2017
- [Grade 12 NSC Tourism (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/ec6edadc-0127-4389-83e0-7bae35e51922) — Tourism · QP · 2017 · Afr
- [Tourism Feb March 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/tourism-feb-march-2017-afr/57bfd419-f913-43c5-aa39-bb645ddb70f3) — Tourism · QP · 2017 · Afr
- [Tourism Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-feb-march-2017-eng/9745b952-56b4-4c76-942b-48efd486989a) — Tourism · QP · 2017 · Eng
- [TOURISM GR12 QP SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept-2023-english/eef87206-3c0b-41cc-b5aa-3a485d2fe7d5) — Tourism · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Tourism

- [Gr 12 Tou ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tou-atp-2023-24/4a3f87bb-0e9c-4318-ae42-69c3fd65355f) — ATP
- [Tourism Grade 12 MEMO March 2025 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/tourism-grade-12-memo-march-2025-eastern-cape/ee2b0f72-064f-44cd-9f61-f4f4c9b770a0) — Memo · 2025
- [Tourism May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2025-mg-eng/ec771c5b-542a-4493-a34f-3fd64c21fc0c) — Memo · 2025 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/bb51a3e6-6506-479a-bff1-02b2b49c3ded) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Tourism P1 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tourism-p1-english-june-2024-question-paper/4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f) — QP · 2024 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2023-afrikaans-final/c7a5014e-71b8-4365-8270-65fe0d37bae2) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
