# Afrikaans Hl Grade 6 P1 November Common Test 2011 Question Paper

> Grade 6 Afrikaans Hl Paper 1 question paper from the November Common Test 2011, 8 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr6-afrhl-p1-n11-qp-afr/aac473de-91f9-4add-a565-027a82f8e6e4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans Hl
- Grade: Grade 6
- Document type: Question paper
- Year: 2011
- Exam period: November Common Test
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 6](https://www.hlayiso.com/library/grade-6) › [Afrikaans Hl](https://www.hlayiso.com/library/grade-6/afrikaans-hl) › [Afrikaans Hl Grade 6 P1 November Common Test 2011 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr6-afrhl-p1-n11-qp-afr/aac473de-91f9-4add-a565-027a82f8e6e4)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 6 · November Common Test · 2011. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 Province of the
                 EASTERN CAPE
                 EDUCATION

                     INTERMEDIÊRE FASE

                            GRAAD 6

                      NOVEMBER 2011

                 AFRIKAANS HUISTAAL

PUNTE:   50

TYD:     2 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  AFRIKAANS HUISTAAL                     (NOVEMBER 2011)

INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
      AFDELING A                   KYK- EN LEESBEGRIP                20
      AFDELING B                   TAAL IN KONTEKS                   15
      AFDELING C                   SKRYFWERK                         15
2.    Beantwoord al die vrae.
3.    Let noukeurig op spelling en sinskonstruksie.
4.    Nommer jou antwoorde korrek soos op die vraestel.
5.    Skryf netjies en leesbaar.

AFDELING A          KYK- EN LEESBEGRIP

VRAAG 1      TYDSKRIFARTIKEL

Lees die volgende artikel en beantwoord die vrae wat volg:

Jong Uitvinders: jy kan ook een wees!

Jy is nou wel nog bloedjonk, maar weet jy wat? Jy kan die wêreld verander – nes
die kinders wat van ons planeet se koelste uitvindings uitgedink het.

                                YS OP ŉ STOKKIE

Wat is een van die lekkerste dinge om op ŉ warm somersdag te eet?
ŉ Waterroomys, ysie-op-ŉ-stokkie, waterlollie, ysstokkie! Noem dit net wat jy wil,
maar dit bly lekker!
Het jy al ooit gedink waar dit vandaan kom?
Voel jammer vir kinders wat voor 1905 geleef het. Frank Epperson, ŉ 11-jarige
knaap van San Francisco in Amerika het een aand gaan slaap en ŉ mengsel van
verpoeierde soda, water en ŉ stokkie op sy huis se stoep vergeet. Die temperatuur
het daardie nag tot onder vriespunt gedaal en toe hy die volgende oggend wakker
word, kry hy die gevriesde lekkerny op ŉ stokkie! Dit was ŉ groot treffer onder sy
skoolmaats en hy het sommer baie sakgeld begin verdien. Hy het seker gemaak
niemand kan sy idee steel nie en in 1923 die regte om ysies te maak aan ŉ
kosmaatskappy verkoop!
Weet jy wat die verskil tussen roomys en ŉ ysstokkie is? Roomys se hoofproduk is
melk, maar ysstokkies word met water gemaak. Mmm ... hoe lus is ek nou vir my
gunsteling waterroomys!

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2011)                  AFRIKAANS HUISTAAL                              3

 1.1    Wat doen ŉ uitvinder?                                                   (1)

 1.2    Wat eet kinders graag op ŉ warm somersdag?                              (1)

 1.3    Hoekom moet jy jammer voel vir kinders wat voor 1905 geleef het?        (1)

 1.4    Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer en die korrekte
        LETTER neer:

        Frank Epperson, ŉ 11-jarige knaap. Die woord “knaap” beteken ...

        A         stout seun.
        B         jong seun.
        C         slim seun.                                                    (1)

 1.5    Hoekom was die lekkerny die volgende oggend gevries?                    (1)

 1.6    Waaruit het Frank se ysstokkie bestaan?                                 (1)

 1.7    Hoe weet jy Frank se maats het baie van sy ysstokkie gehou?
        Skryf EEN WOORD uit die leesstuk as jou antwoord neer.                  (1)

 1.8    Dink jy Frank het geld gemaak as gevolg van sy uitvinding?
        Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                            (2)

 1.9    Wat is die groot verskil tussen ŉ ysstokkie en ŉ roomys?                (1)

                                                                                [10]

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                AFRIKAANS HUISTAAL                          (NOVEMBER 2011)

VRAAG 2        RESEP

Suikerbekkie-sosaties

ŉ Suikerbekkie is ŉ voëltjie wat die soet nektar uit blomme suig met sy lang bekkie.
Hy kry sy soetigheid uit die natuur – en jy kan ook, sonder om regte suiker te
gebruik!

Maak self hierdie Suikerbekkie-sosaties. Vra dat jou onderwyser of ouers jou moet
help om die vrugte te skil. Maak ook seker of jy nie allergies is vir een van die
bestanddele nie. Sommige mense is allergies vir klapper en neute.

Bestanddele:

      1 appel
      1 piesang
      1 mango
      6 korrels rooi of wit druiwe
      1 koppie jogurt (verkieslik laevet)
      ¼ koppie klapper of fyngekapte neute/grondboontjies

Toerusting:

      skerp mes (werk versigtig of vra iemand om jou te help!)
      sosatiestokkies
      2 groot borde
      ŉ bord om die sosaties op uit te pak

Metode:

      Was die vrugte (nadat jy ook jou hande gewas het!)
      Skil die vrugte as jy wil.
      Sny die vrugte in klein stukkies.
      Sprei die klapper uit in die een bord.
      Gooi die jogurt uit in die ander bord.
      Sit nou die stukkies vrugte op die stokkie totdat die hele stokkie amper vol
      vrugte is.
      Hou die stokkie aan die kante vas en rol dit in die jogurt totdat dit heeltemal
      bedek is.
      Rol die stokkie nou in die klapper of neute.

                           MMMM ... LEKKER EET!

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2011)                   AFRIKAANS HUISTAAL                              5

 2.1    Hoekom dink jy is die naam van die resep “Suikerbekkie-sosaties”?        (1)

 2.2    Noem nog EEN ander vrug wat in die sosatie gebruik kan word.             (1)

 2.3    Waarom sal party mense nie klapper oor hul sosatie eet nie?              (1)

 2.4    Waarom is dit nodig dat die vrugte gewas moet word voordat dit gebruik
        word?                                                                    (1)

 2.5    Noem TWEE dinge wat met die mes gedoen moet word.                        (2)

 2.6    Hoekom dink jy beveel die resep laevet joghurt aan?                      (1)

 2.7    Waarom moet die punte van ŉ sosatiestokkie oopgehou word?                (1)

 2.8    Hoe sal ŉ mens hierdie gesonde vrugte sosatie ongesond kan maak?         (1)

 2.9    Verduidelik in jou eie woorde wat ŉ sosatie is.                           (1)
                                                                                 [10]

                                                          TOTAAL AFDELING A:     20

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 AFRIKAANS HUISTAAL                     (NOVEMBER 2011)

AFDELING B           TAAL IN KONTEKS

VRAAG 3

3.1   Gee die MEERVOUD van die woord: taxi.                                          (1)

3.2   Vervang die woord tussen hakies met ŉ SINONIEM (ŉ ander woord met min
      of meer dieselfde betekenis).
      Almal sien uit na ŉ (lekker) Kersvakansie.                                     (1)

3.3   Kies die woord wat REG GESPEL is tussen hakies en skryf net die woord
      as jou antwoord neer.
      Die (passasiers, pasasiers, pasassiers) is almal opgewonde om vir
      Kersfees huis toe te gaan.                                                     (1)

3.4   Skryf die volgende sin oor in die ONTKENNENDE VORM:
      Die taxi is altyd laat.                                                        (1)

3.5   Verbind die volgende twee sinne met die VOEGWOORD tussen hakies:
      Die bagasie gaan van die dak afval. Dit is nie stewig vasgemaak nie.
      (aangesien)                                                                    (1)

3.6   Vorm EEN WOORD van die woorde tussen hakies:
      As die taxi deur takbokke gesleep word, verminder dit (lug+besoedel)           (1)

3.7   Skryf die korrekte VOORSETSEL neer wat uitgelaat is.
      As jy betyds wil wees, moet jy ... vliegtuig reis.                             (1)
                                                                                     [7]

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2011)                    AFRIKAANS HUISTAAL                                7

 VRAAG 4

 4.1    Skryf die volgende sin oor in die VERLEDE TYD:
        Die toeris besluit om in Suid-Afrika te gaan kuier.                          (1)

 4.2    Skryf die volgende vraag oor in die TOEKOMENDE TYD:
        Die passasiers is opgewonde om deur Afrika te reis.                          (1)

 4.3    Skryf die volgende vraag oor in die INDIREKTE REDE:
        Die Suid-Afrikaner vra: "Het jy al deur die wêreld getoer?"
        Begin so: Die Suid-Afrikaner vra of ...                                      (2)

 4.4    Skryf die volgende sin oor in die LYDENDE VORM:
        Die toeriste het die vakansie geniet.
        Begin jou antwoord so: Die vakansie is ...                                   (1)

 4.5    Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.

        Skryf net die antwoord neer.
        Die (verf) vlae op die bussie sê vir jou watter lande hulle al besoek het.   (1)

 4.6    Die bussie val more-oggend om 7 vm. in die pad.

        Skryf die AFKORTING vir vm. in woorde uit.                                   (1)

 4.7    Kies die REGTE WOORD tussen hakies.

        Skryf net die woord as jou antwoord neer.
        Suid-Afrika is my (gunstelling; gunsteling) land om te besoek.               (1)
                                                                                     [8]

                                                              TOTAAL AFDELING B:     15

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                              AFRIKAANS HUISTAAL                         (NOVEMBER 2011)

AFDELING C         SKRYFWERK

VRAAG 5     DIALOOG

                                        Dit is een van die dae jou dertiende
                                        verjaarsdag en jou ouers het gesê jy kan
                                        jou eie selfoon kry. Jy is baie opgewonde
                                        en bel jou beste maat om die wonderlike
                                        nuus te deel. Skryf ŉ dialoog waarin jy
                                        die nuus meedeel. Jou dialoog moet
                                        tussen 85 en 95 woorde wees.

Onthou die volgende:

     Skryf die naam van die persoon wat praat, langs die kantlyn.
     Moenie aanhalingstekens gebruik nie.
     Laat ŉ reël oop voor die volgende persoon praat.
     Gebruik hakies vir ander inligting bv. (saggies)                                 [8]

VRAAG 6     PLAKKAAT

                            Jy wil ekstra sakgeld verdien en het besluit om jou
                            eie yslollies te maak en verkoop. Jy het
                            geëksperimenteer en het ŉ paar geure wat baie
                            lekker smaak. Jy gaan in jou woonbuurt ŉ stalletjie
                            oprig en dit vandaar verkoop. Jy sal ook op bestelling
                            yslollies maak.

                            Ontwerp ŉ plakkaat om jou stalletjie en jou produk te
                            adverteer. Gee jou produk ŉ naam en noem die
                            datum en plek en die verskillende geure. Dui aan
                            watter ander lekkernye jy ook gaan verkoop. Versier
                            jou plakkaat sodat dit die oog sal vang en kopers
                            sommer lus sal maak vir ŉ yskoue yslollie.

                            Die plakkaat moet nie meer as 30 woorde wees nie.         [7]

                                                         TOTAAL AFDELING C:           15

                                                               GROOTTOTAAL:           50

## Related documents

- [Gr6 AFRHL P1 N11 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr6-afrhl-p1-n11-memo-afr/24710950-6935-40f6-a0fe-44aac1ec88a2) — Afrikaans HL · Memo · 2011 · Afr
- [Afrikaans Taal Graad 6](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-taal-graad-6/afe3c756-805d-4066-97de-38e92b3b936f) — Afrikaans HL · QP · 2011 · Afr
- [Gr 6 Afr Huistaal Finaal](https://www.hlayiso.com/library/gr-6-afr-huistaal-finaal/57620b29-a3c8-450b-b03f-9a2b4f5fa63f) — Afrikaans HL · QP · 2011 · Afr
- [Afrikaans Taal Graad 6 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-taal-graad-6-memo/3f849993-84f2-4917-a552-6baf95934e13) — Afrikaans HL · Memo · 2011 · Afr
- [Gr 6 AFR HL MEMO June](https://www.hlayiso.com/library/gr-6-afr-hl-memo-june/0a5fd776-64ec-49c1-9af9-154a693a5a09) — Afrikaans HL · Memo · 2011 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-qp/b36abc2e-ee17-4480-a8b7-d825ab1ad052) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 6 Afrikaans Hl

- [Afrikaans HL MG June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-afrikaans-hl-2024-north-west-june-exam-question-paper-afrikaans/fa8f3827-b75a-4391-9e2d-f02a26b61f28) — Memo · 2024 · Afr
- [AFR HL P2 GR6 MEMO NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr6-memo-nov2018-d/53d742d1-9f86-4ef1-bdb9-284e38c4be6e) — Memo · 2018 · Afr
- [AFR HL P3 GR6 MEMO NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr6-memo-nov2018/633a64e4-5a21-406a-85df-29790cc7931a) — Memo · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 MEMO NOVEMBER 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-memo-november-2017/7871f2a1-b789-457c-bee9-08c9365615ab) — Memo · 2017 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 MEMO NOV2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo-nov2017/cf555b7a-c965-4ecc-ad4a-b424c70f4bf0) — Memo · 2017 · Afr
- [Gr6 AFRHL P2 N16 MEMO](https://www.hlayiso.com/library/gr6-afrhl-p2-n16-memo/23f3439d-5d22-4ac4-a5d8-6485c8745872) — Memo · 2016

## Collection

- [Grade 6 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-6/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
