# Afrikaans HL Grade 6 Paper 2 November 2016 Question Paper

> Grade 6 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the November Exam 2016, 8 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr6-afrhl-p2-n16-qp/bcff5e11-c51c-4168-95f5-47931999d11d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 6
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 6](https://www.hlayiso.com/library/grade-6) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-6/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 6 Paper 2 November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr6-afrhl-p2-n16-qp/bcff5e11-c51c-4168-95f5-47931999d11d)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 6 · November Exam · 2016. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                   INTERMEDIÊRE FASE

                             GRAAD 6

                     NOVEMBER 2016

                 AFRIKAANS HUISTAAL V2

PUNTE:   40

TYD:     1 uur

NAAM:

                              *6AFHL2*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/NOVEMBER 2016)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

        AFDELING A:          KYK- EN LEESBEGRIP            (25 punte)

        AFDELING B:          TAAL                          (15 punte)

 2.     Beantwoord al die vrae.

 3.     Vul die antwoorde op die vraestel in.

 4.     Skryf netjies met blou of swart ink.

 5.     Lees die instruksies by AL die vrae versigtig deur voordat jy dit
        beantwoord.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    3

 AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP
 VRAAG 1: TYDSKRIFARTIKEL
 Lees die onderstaande tydskrifartikel mooi deur en beantwoord dan die
 daaropvolgende vrae.
                       ONS KINDERS IS ONGESOND
 1.    Die manier waarop ons lewe, lei tot ongesonde kinders. So waarsku
       dr. Ali Kamffer, raadgewer van die Sure Slim-groep nadat Discovery
       Vitality ŉ verslag wat almal geskok het, bekend gemaak het. Dit gaan
       oor Suid-Afrikaanse kinders se gesondheid.

 2.    Volgens die verslag is een uit elke vyf kinders vet en eet hulle drie maal
       per week wegneemetes. Dr. Kamffer sê a.g.v. verkeerde eetgewoontes
       en ŉ swak lewensstyl, ly al hoe meer jongmense aan siektes soos
       diabetes, hoë cholesterol, hartprobleme en eetsteurnisse. Die siektes
       kom voor by vet kinders en tieners wat geen oefening doen nie. Die
       leerders is baie onaktief.
 3.    Dr. Kamffer sê dat hierdie probleem deur man en muis in Suid-Afrika
       aangepak moet word. Skole se leerplanne moet goeie eetgewoontes
       insluit en kinders moet van jongs af geleer word om gesond te eet.
 4.    Navorsers bestaande uit dokters, lede van die regering, akademici en
       nie-regeringsorganisasies het die verslag saamgestel.
 5.    Suid-Afrika het van die wêreld se beste wetgewing teen rook- en
       drankmisbruik en tog rook en drink ŉ derde van Suid-Afrika se kinders.

 6.    Kinders doen ook min oefening deesdae. Volgens dr. Morris moet sport
       verpligtend wees vir alle leerders. Kamffer gee die volgende wenke aan
       kinders en ouers om gesond te lewe.
            Moenie baie vrugtesap drink nie omdat dit versoet is en kinders te
             veel energie gee.
            Drink baie water, wat verniet is, vermy koffie, tee en Milo.
            Bly weg van kitskosse, dit bevat baie vet en suiker. Eet gereeld
             vrugte en groente.
                              Verkort en verkry uit “ Afrikaans sonder grense”

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (EC/NOVEMBER 2016)

 1.1    Beantwoord die volgende vraag in ŉ volsin.
        Watter organisasie het navorsing oor die eetgewoontes van
        Suid-Afrikaanse kinders gedoen?

                                                                                         (1)
 1.2    Noem TWEE redes waarom kinders volgens dr. Kamffer hoë cholesterol het.

                                                                                         (2)
 1.3    Onderstreep die antwoord wat nie pas nie.
        Kinders ly aan diabetes omdat hulle …
        A    vet is.
        B    baie groente en vrugte eet.
        C    geen oefening doen nie.                                                     (1)
 1.4    Verskillende navorsers het tot die verslag bygedra, soos …
        A    lede van die regering.
        B    akademici.
        C    ouers.                                                                      (1)
 1.5    Is die volgende stelling waar of onwaar? Motiveer jou antwoord deur ŉ
        sin uit die artikel uit paragraaf drie aan te haal.
        Almal moet help om die probleem op te los.
                                                                                         (2)
 1.6    Beantwoord die vraag in ŉ volsin.
        Hoekom, volgens die artikel, is dit goedkoper om water te drink?
                                                                                         (1)
 1.7    Haal EEN woord uit die hoofopskrif van die berig wat sê dat ons
        kinders nie gesond is nie.
                                                                                         (1)
 1.8    Dink jy vrugtesap is gesond vir kinders?
        Ja OF Nee en motiveer jou antwoord met ŉ goeie sin vanuit die teks.
                                                                                         (2)
 1.9    Omkring die letter met die korrekte antwoord.
        Wat word bedoel met nie-regeringsorganisasie?
        A      ŉ Organisasie waar die regering mense help.
        B      ŉ Organisasie wat deur die regering bestuur word.
        C      ŉ Organisasie waar die regering nie betrokke is nie.                      (1)
 1.10 Voltooi die volgende sin deur die ontbrekende woord in te vul
        Een uit elke                        kinders in Suid-Afrika is vet.               (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      5

 1.11   Beantwoord die vraag in ŉ volsin.
        Watter oplossing bied prof. Morris vir die onfiksheid van kinders?
                                                                                     (1)
 1.12   Haal ŉ woord uit die leesstuk wat dieselfde beteken as (om passief te
        wees).
                                                                                     (1)
                                                                                    [15]
 VRAAG 2: GRAFIEK

 Die grafiek hieronder dui aan van watter sportsoorte kinders die meeste hou.

                 Die sportsoorte waarvan kinders die meeste hou

              100
               90
               80
               70
               60
               50
               40
               30
               20
              10
                0
                      Rugby    Netbal     Swem      Atletiek

        Gebruik die grafiek en beantwoord die volgende vrae.

 2.1    Waarom verkies die minste leerders om te swem?

                                                                                     (1)

 2.2    Omkring die korrekte antwoord.
        Volgens die grafiek hou die meeste leerders van
        (atletiek, netbal en rugby).

                                                                                     (1)

 2.3    Indien dit baie warm in ŉ omgewing is, watter sportsoort sal leerders dan
        liewer verkies om te beoefen? Waarom sê jy so?

                                                                                     (2)
                                                                                     [4]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/NOVEMBER 2016)

 VRAAG 3: DIGKUNS

 Lees die gedig “Die Stêrre” deur en beantwoord die onderstaande vrae.

 Die Stêrre

 (ŉ San-mite soos opgeteken deur o.a. G.R. von Wiellig)

 Die Son slap onder die kombers
 So oud soos die heelal
 Met honderdduisend gaatjies
 Waardeur die sonlig val

 Die gaatjies noem ons stêrre,
 Wat groot kan wees of klein
 Soos die aandstêr, dagstêr, Sewe Susters
 Wat in die donker skyn.

                                                 [Deur Hennie Aucamp, ongepubliseer]

 3.1    Beantwoord die volgende vraag in ŉ volsin:

        Uit hoeveel strofes bestaan die gedig?

                                                                                       (1)

 3.2    Voltooi die volgende sin.

        Die woord heelal rym met die woord                            in die gedig.    (1)

 3.3    Haal ŉ voorbeeld van personifikasie uit die gedig.

                                                                                       (1)

 3.4    Omkring die korrekte antwoord.

        Watter soort beeldspraak tref ons in die volgende sin aan?

        “Wat groot kan wees of klein”

        A      Alliterasie
        B      Personifikasie
        C      Vergelyking                                                             (1)

 3.5    Niemand ken die gedig nie. Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou
        antwoord met EEN woord uit die gedig.

                                                                                       (2)
                                                                                       [6]

                                                         TOTAAL AFDELING A:            25

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      7

 AFDELING B: TAAL IN KONTEKS

 VRAAG 4: ’N STROKIE

 Kyk na die strokies en beantwoord dan die taalvrae.

 4.1    Skryf die volgende sin oor in die lydende vorm.
        Die onbeskofte seun tart die meneer.

                                                                                     (1)

 4.2    Gee ŉ antoniem (Teenoorgestelde) vir die onderstreepte woord.
        Neelsie weet dat hy die wenner van die kompetisie gaan wees.

                                                                                     (1)

 4.3    Sê watter soort sin die onderstaande sin is, bv. Waar is my boek? Vraagsin

        Meneer is regtig nie lus vir speletjies nie.                                 (1)

 4.4    Skryf die volgende vraag in die ontkennende vorm.
        Doen Neelsie dan nooit sy huiswerk by die huis?

                                                                                     (1)

 4.5    Skryf meneer se woorde oor in die indirekte rede. (Raampie 2)
        “Ek is nie lus vir speletjies nie.” Begin so:

        Meneer sê

                                                                                     (2)

 4.6    Gee die intensiewe vorm van die woord tussen hakies.
        Meneer is (baie kwaad) vir Neelsie.

                                                                                     (1)
                                                                                     [7]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/NOVEMBER 2016)

 VRAAG 5: VISUELE TEKS

 Die taalvrae wat volg, is op die visuele teks gebaseer.

 JUSTIN BIEBER, bekende sanger, op die kassie.

 5.1    Verander die volgende sin vanaf die verlede tyd
        na die teenwoordige tyd.
        Justin het daarvan gehou om hokkie, sokker
        en skaak te speel.

                                                                                      (1)

 5.2    Maak twee enkelvoudige sinne van die onderstaande saamgestelde sin.
        Ek weet ook dat geleerdheid belangrik is, en ek wil aanhou leer en
        universiteit toe gaan.

        Sin 1

        Sin 2                                                                         (2)

 5.3    Kies die korrekte spelling van die woord tussen hakies.
        Justin is baie lief vir sy (famielie, familie, family).

                                                                                      (1)

 5.4    Skryf die regte vorm van die woord neer:
        Justin oefen (elke dag) om beter te kan sing.

                                                                                      (1)

 5.5    Soek die bywoorde in die volgende sin en sê of dit ŉ bywoord van tyd,
        plek of wyse aandui.
        Justin moet vanmiddag gaan oefen.

                                                                                      (1)

 5.6    Gee die verkleining van die woord tussen hakies:

        Justin sê: “Ek het al vroeg in my lewe besef dat (besittings) nie die
        belangrikste ding is nie.”

                                                                                      (1)

 5.7    Kyk na die sin: Justin Bieber sing elke dag.
        Wat is die gesegde in die sin?

                                                                                      (1)
                                                                                      [8]

                                                           TOTAAL AFDELING B:         15
                                                               GROOTTOTAAL:           40

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [Gr6 AFRHL P2 N16 MEMO](https://www.hlayiso.com/library/gr6-afrhl-p2-n16-memo/23f3439d-5d22-4ac4-a5d8-6485c8745872) — Afrikaans HL · Memo · 2016
- [Gr6 AFRHL P3 N16 QP](https://www.hlayiso.com/library/gr6-afrhl-p3-n16-qp/040b2769-a6b4-4c66-991b-b7a173f2c2cc) — Afrikaans HL · QP · 2016
- [AFR HL P2 GR6 QP NOV2014](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr6-qp-nov2014/7adea8c2-6023-48a6-929e-eeb1f475e839) — Afrikaans HL · QP · 2014 · Afr
- [Gr6 AFRHL P3 N16 Memo](https://www.hlayiso.com/library/gr6-afrhl-p3-n16-memo/0dcad7cf-b7d9-4420-be0d-9bb2b9e4c6d0) — Afrikaans HL · Memo · 2016
- [AFR HL P2 GR6 MEMO NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr6-memo-nov2018-d/53d742d1-9f86-4ef1-bdb9-284e38c4be6e) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 MEMO NOVEMBER 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-memo-november-2017/7871f2a1-b789-457c-bee9-08c9365615ab) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 6 Afrikaans HL

- [Afrikaans HL MG June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-afrikaans-hl-2024-north-west-june-exam-question-paper-afrikaans/fa8f3827-b75a-4391-9e2d-f02a26b61f28) — Memo · 2024 · Afr
- [AFR HL P3 GR6 MEMO NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr6-memo-nov2018/633a64e4-5a21-406a-85df-29790cc7931a) — Memo · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 MEMO NOV2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo-nov2017/cf555b7a-c965-4ecc-ad4a-b424c70f4bf0) — Memo · 2017 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-qp/b36abc2e-ee17-4480-a8b7-d825ab1ad052) — QP · 2017 · Afr
- [2014 ANA Grade 6 Afrikaans HL Memo](https://www.hlayiso.com/library/2014-ana-grade-6-afrikaans-hl-memo/5b0a3d35-8a87-436e-848d-f4d5e8aca86e) — Memo · 2014 · Afr
- [2014 ANA Grade 6 Afrikaans HL Test](https://www.hlayiso.com/library/2014-ana-grade-6-afrikaans-hl-test/56a66d8e-e2d8-4354-ae12-dfbc9a51c55d) — QP · 2014 · Afr

## Collection

- [Grade 6 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-6/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
