# Natural Sciences Grade 9 Gauteng June 2022 QP (Afr)

> Grade 9 Natural Sciences question paper from the Gauteng June Exam 2022 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr9-ns-afr-june-2022-question-paper/d35eb88a-71f8-4e82-baab-222c9154002b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Natural Sciences
- Grade: Grade 9
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Gauteng June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Natural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/natural-sciences) › [Natural Sciences Grade 9 Gauteng June 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr9-ns-afr-june-2022-question-paper/d35eb88a-71f8-4e82-baab-222c9154002b)

## About this document

Natural Sciences · Grade 9 · Gauteng June Exam · 2022. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                     nnnnNNNNNNNNNN

                  PROVINSIALE EKSAMEN
                                 JUNIE 2022
                                     GRAAD 9

                               NATUURWETENSKAPPE

LEERDER SE NAAM: ___________________________________________

GRAAD 9: ________

TYD:      2 uur

PUNTE:    100

19 bladsye + 1 datablad

VRAAG                     1      2      3    4    5    6    7    TOTAAL
LEERDER SE PUNT
PUNTE                     22    11     12   10    11   22   12    100

                                                                          b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                 NATUURWETENSKAPPE                2
                                                                  GRAAD 9

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Skryf jou naam en graad op die voorblad van hierdie vraestel wat ook as ŉ
     ANTWOORDBOEK dien.

2.   Beantwoord ALLE vrae in die spasies wat voorsien word.

3.   Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B gebaseer op die
     voorgeskrewe inhoud raamwerk soos vervat in die KABV-dokument.

4.   Toekenning van punte:

     AFDELING A: 22
     AFDELING B: 78

5.   Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae.

6.   Alle sketse moet in potlood gedoen word en byskrifte in blou of swart ink.

7.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                  b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                    NATUURWETENSKAPPE                    3
                                                                     GRAAD 9

AFDELING A

VRAAG 1

MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

1.1   Verskeie opsies word voorsien as moontlike antwoorde tot die volgende vrae.
      Kies die korrekte opsie deur slegs die korrekte letter (A – D) in die blokke wat
      voorsien word neer te skryf.

      1.1.1   As ŉ stof enige soort sel binnegaan of verlaat, moet dit deur die ...
              beweeg

              A      Golgi apparaat
              B      ribosome
              C      selwand
              D      selmembraan                                                             (1)

      1.1.2   Organismes groei as gevolg van ...

              A      wateropname.
              B      toename in massa.
              C      aanhoudende seldeling.
              D      voedselopname.                                                          (1)

      1.1.3   Watter van die volgende is ŉ ongespesialiseerde sel?

              A      Spermsel
              B      Senuweesel
              C      Stamsel
              D      Rooibloedsel                                                            (1)

      1.1.4   Watter van die volgende is NIE ŉ funksie van die tong NIE?

              A      Skei ensieme af wat stysel in voedsel verteer
              B      Kou voedsel en meng dit met speeksel
              C      Vorm ŉ voedselbolus
              D      Help met die slukproses                                                 (1)

                                                                                         b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                            NATUURWETENSKAPPE                  4
                                                             GRAAD 9

1.1.5   Bestudeer die onderstaande diagram en kies die korrekte naam vir die
        deel genommer Y.

                                             Y
                                             brongiool

                                             kapillêre
                                             bloedvat

        A       Bloed
        B       Aar
        C       Alveoli
        D       Uriene                                                             (1)

1.1.6   Bestudeer die volgende stellings.

        Uitgeasemde lug verskil van ingeasemde lug in die volgende aspekte:

        1   Bevat meer koolstofdioksied
        2   Bevat minder suurstof
        3   Bevat meer waterdamp

        Kies die regte kombinasie.

        A       Slegs 1 en 2
        B       Slegs 2 en 3
        C       Slegs 1 en 3
        D       1, 2 en 3.                                                         (1)

                                                                               b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                NATUURWETENSKAPPE                 5
                                                                 GRAAD 9

1.1.7    Wat is die funksie van die plasenta?

         A       Verskaf voeding vir die fetus en verwyder afvalprodukte
         B       Dra genetiese materiaal oor tussen die moeder en die fetus
         C       Help om die geslag van die ongebore baba te identifiseer
         D       Die ongebore baba hou daaraan vas, om voortydige geboorte te
                 verhoed                                                              (1)

1.1.8    Hoekom is die elemente Mg en Ca in dieselfde groep?

         A       Hulle het soortgelyke chemiese eienskappe.
         B       Albei het dieselfde atoomgetalle.
         C       Albei is nie-metale.
         D       Albei is gasse.                                                      (1)

1.1.9    Die verhouding waarin atome in swaeltrioksied verbind om ŉ molekuul te
         vorm word voorgestel deur:

         A       2:1:3
         B       3:1
         C       1:3
         D       3:3                                                                  (1)

1.1.10   Hoekom is ŉ universele aanwyser die mees aanbevole aanwyser?

         A       Dit verander glad nie kleur nie.
         B       Dit funksioneer slegs in ŉ suur.
         C       Dit is tuisgemaak.
         D       Dit funksioneer oor ŉ wye reeks pH-waardes.                       (1)
                                                                                  [10]

                                                                                  b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                 NATUURWETENSKAPPE                       6
                                                                  GRAAD 9

TERMINOLOGIE

1.2   Gee die korrekte wetenskaplike term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
      slegs die term neer in die spasies wat voorsien is.

      1.2.1   Die buitenste, lewende membraan wat die sitoplasma van selle omring

                                                                                             (1)

      1.2.2   Die proses waardeur voedsel in kleiner deeltjies deur ensieme en sure in
              die mond, maag en dermkanaal afgebreek word

                                                                                             (1)

      1.2.3   Die bloedvat wat deoksigeneerde bloed weg vanaf die hart vervoer

                                                                                             (1)

      1.2.4   Die koord wat bloed vervoer tussen die fetus en die plasenta in die mens

                                                                                             (1)

      1.2.5   ŉ Tipe chemiese reaksie waar ŉ stof en suurstof tydens verbranding
              reageer om ŉ nuwe produk te vorm

                                                                                             (1)

      1.2.6   ŉ Nie-metaal wat nie met suurstof sal reageer nie

                                                                                             (1)
                                                                                             (6)

                                                                                         b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                 NATUURWETENSKAPPE                          7
                                                                  GRAAD 9

BYPASSENDE ITEMS

1.3   Kies die item in KOLOM B wat by die beskrywings in KOLOM A pas. Skryf slegs
      die letter (A – H) langs die vraagnommers (1.3.1 – 1.3.6) in die spasies wat
      voorsien word, neer.

                            KOLOM A                                 KOLOM B
      1.3.1   Duur 28 dae lank                        A Aborsie               1.3.1

      1.3.2   ŉ Metode om swangerskap te              B Suurstof              1.3.2
              verhoed

      1.3.3   Ontsteking in die voering van die       C Menstruele siklus     1.3.3
              brongiale buise wat lug na en van die
              longe dra

      1.3.4   Die gas wat vrygestel word wanneer ŉ D NaOH+HCl                 1.3.4
              suur met ŉ metaal reageer

      1.3.5   Slaan met ŉ plofklank aan die brand     E Weerhou               1.3.5

      1.3.6   Neutralisasie proses                    F Asma                  1.3.6

                                                      G Brongitis

                                                      H H2

                                                                                  (1 x 6)   [6]

                                                                  TOTAAL AFDELING A:            22

                                                                                            b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                     NATUURWETENSKAPPE                           8
                                                                      GRAAD 9

AFDELING B

VRAAG 2

Die onderstaande diagram wys die koppeling tussen twee belangrike organelle en hul
funksies. Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

             Lig                                     glukose + X           energie
                                                                                            +Y

 Y       +         energie
                                        X+ glukose
         =                              glglucose
         +

                             Proses 1
                             11
                                                     =
                                 Proses 2

2.1    Noem die organelle waarin die volgende plaasvind:

       2.1.1       Proses 1                                                                      (1)

       2.1.2       Proses 2                                                                      (1)

2.2    Identifiseer die prosesse verteenwoordig deur:

       2.2.1       Proses 1                                                                      (1)

       2.2.2       Proses 2                                                                      (1)

       2.2.3       Die glukose wat in Proses 1 geproduseer is, word in Proses 2 gebruik.
                   Watter gas word deur Y voorgestel?
                                                                                                 (1)

       2.2.4       Energie word in Proses 2 vrygestel. Watter gas word deur X voorgestel?
                                                                                                 (1)

       2.2.5       Hoekom is die gas wat in VRAAG 2.2.4 genoem word, belangrik vir
                   mense?
                                                                                                 (1)

                                                                                                 b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                              NATUURWETENSKAPPE                     9
                                                               GRAAD 9

2.3   Voltooi die onderstaande tabel en dui met ŉ KRUIS (X) aan of die organel of
      komponent in SLEGS ŉ PLANTSEL of SLEGS ŉ DIERSEL of in BEIDE PLANT-
      en DIERSELLE teenwoordig is.

                                                  Teenwoordig in
                                                                     BEIDE,
       Organel of komponent          SLEGS ŉ        SLEGS ŉ
                                                                   PLANT- EN
                                    PLANTSEL        DIERSEL
                                                                   DIERSELLE
       Selwand
       Selmembraan
       Sitoplasma
       ŉ Paar klein vakuole of is
       heeltemal afwesig
                                                                                     (4)
                                                                                    [11]

                                                                                    b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                     NATUURWETENSKAPPE                       10
                                                                      GRAAD 9

VRAAG 3

ŉ Groep Graad 9 leerders het ŉ ondersoek gedoen om te bepaal wat die effek van
verskillende oefeninge op die hartklop sal wees. Hulle het die hartklop van 5 leerders
gemeet na elk van die volgende aktiwiteite:

•     Rus
•     Vinnige stap vir 5 minute
•     Draf vir 2 minute
•     Spring met ŉ springtou vir 2 minute

Hulle het hulle resultate in die onderstaande tabel aangeteken.

                    Hartklop (slae per minuut) na elke aktiwiteit
                          Rus            Vinnig stap         Draf             Spring
    Leerder 1              66                 72              80                 98
    Leerder 2              72                 72              86                100
    Leerder 3              72                 74              82                108
    Leerder 4              68                 74              84                 96
    Leerder 5              78                 86              100               120
GEMIDDELDE                71,2               75,6            86,4                X

3.1      Identifiseer die afhanklike veranderlike.

                                                                                              (1)

3.2      Bereken die waarde van X in die tabel (gemiddelde hartklop vir springtou spring).

                                                                                              (2)

                                                                                             b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                  NATUURWETENSKAPPE                        11
                                                                   GRAAD 9

3.3   Teken ŉ staafgrafiek in die gegewe spasie, om die gemiddelde hartklop vir die
      verskillende aktiwiteite te toon.

                                                                                            (6)
                        Kriteria                  Punte
                        Opskrif/Titel               1
                        Asse benoem                 2
                        Plot van data               3

3.4   Gebruik die grafiek om die tipe oefening te identifiseer wat die mees effektief is
      om hartklop te verhoog.

                                                                                            (1)

3.5   Stel EEN rede voor hoekom ŉ persoon se hartklop tydens oefening verander.

                                                                                            (2)
                                                                                           [12]

                                                                                           b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                    NATUURWETENSKAPPE          12
                                                                     GRAAD 9

VRAAG 4

Bestudeer die onderstaande diagramme en beantwoord die vrae wat volg.

              STRUKTUUR A                                     STRUKTUUR B
      4.1.1    Identifiseer die opskrifte vir struktuur A en struktuur B.

               Struktuur A
                                                                                    (1)

               Struktuur B
                                                                                    (1)

      4.1.2    Benoem die volgende dele in struktuur B:

               (a)    Deel 1                                                        (1)

               (b)    Deel 6                                                        (1)

      4.1.3    Gee die nommer en die naam van die deel in struktuur B wat:

               (a)    Beide semen en urine vervoer                                  (2)

               (b)    Testosteroon produseer                                        (2)

      4.1.4    Benoem die deel gemerk 3 in struktuur A.
               Deel 3:                                                              (1)

      4.1.5    Noem die deel in struktuur A waar bevrugting plaasvind.
                                                                                 (1)
                                                                                [10]

                                                                               b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                    NATUURWETENSKAPPE                         13
                                                                     GRAAD 9

VRAAG 5

5.1           Die onderstaande vloeidiagram stel die prosesse in die spysverteringstelsel
              voor. Bestudeer die vloeidiagram en voltooi dit deur die ontbrekende prosesse
              langs elke letter te skryf wat aandui waar hulle plaasvind.

       Mond:
      Mouth:                   * Vind plaas wanneer voedsel deur die mond ingeneem
       A: Inname                 word tot binne die liggaam deur te eet en te drink

                               Maag:
                               B: _____________

                               _________________
                               ____              Dunderm:
                                                 C: _______________

                                                                        Anus:
                                                                        D: ________________
                                                                                                   (3)

5.2      Beskryf wat gebeur in elk van die prosesse vanaf B tot D.

         B:

                                                                                                   (2)

         C:

                                                                                                   (2)

         D:

                                                                                                   (2)

                                                                                              b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                NATUURWETENSKAPPE                      14
                                                                 GRAAD 9

5.3   Die prentjie hieronder toon ŉ persoon aan met ŉ eetversteuring wat geassosieer
      word met die spysverteringstelsel.

      5.3.1   Noem die eetversteuring wat in die bostaande prentjie uitgebeeld word.

                                                                                        (1)

      5.3.2   Hoekom moet ŉ mens eers ŉ dokter of gesondheidsorgwerker raadpleeg
              voordat jy ŉ gewigsverlies dieet volg?

                                                                                        (1)
                                                                                       [11]

                                                                                       b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                NATUURWETENSKAPPE                     15
                                                                 GRAAD 9

VRAAG 6

                              17
                              Cl
                              35,45

6.1   Wat is atoommassa van die bogenoemde element?

                                                                                       (1)

6.2   Gee die element se atoomgetal.

                                                                                       (1)

6.3   Is die element ŉ metaal, ŉ nie-metaal of ŉ semi-metaal?

                                                                                       (1)

6.4   Skryf die groepnommer van die element in die periodieke tabel neer.

                                                                                       (1)

6.5   6.5.1   Skryf die naam en die chemiese formule van die produk wat gevorm word
              as die element wat in VRAAG 6 gebruik word met magnesium reageer.

                                                                                       (2)

      6.5.2   Skryf die formule neer van die diatomiese molekuul wat deur die
              bogenoemde element gevorm word.

                                                                                       (1)

                                                                                      b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                               NATUURWETENSKAPPE                    16
                                                                GRAAD 9

6.6   Beantwoord die volgende vrae.

      6.6.1   Onderskei tussen ŉ suiwer stof en ŉ mengsel.

                                                                                     (2)

      6.6.2   Balanseer die volgende chemiese vergelykings.

              (a)   Na + O2   →   Na2O

                                                                                     (2)

              (b)   H2 + O2 → H2O

                                                                                     (2)

6.7   Roes is ŉ proses wat natuurlik voorkom en die effek van roes kan mooi wees,
      maar ook baie skadelik en gevaarlik.

      6.7.1   Wat is roes en hoekom is dit vir ons ongewens?

                                                                                     (3)

      6.7.2   Lys TWEE maniere om die roes van yster te verhoed.

                                                                                     (2)

                                                                                    b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                          NATUURWETENSKAPPE                       17
                                                           GRAAD 9

6.7.3   Bestudeer die sleutel hieronder en teken ŉ prentjie van ŉ gebalanseerde
        vergelyking vir die reaksie tussen yster en suurstof in die spasie wat
        voorsien word.

        Fe + O2   →   Fe2O3

        Sleutel: yster                                 suurstof

                                                                                   (4)
                                                                                  [22]

                                                                                  b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                                  NATUURWETENSKAPPE                           18
                                                                   GRAAD 9

VRAAG 7

Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die volgende vrae:.

Verskillende soorte grond het verskillende pH vlakke. Sommige grondsoorte is suur terwyl
ander alkalies is. Die pH van grond hang af van die rotsgesteente waaruit die grond gevorm
het, en die plantreste in die grond. Grond afkomstig van kalksteen is alkalies met ŉ pH van
ongeveer 8. Kleigrond met ontbindende plantreste mag meer suuragtig wees met ŉ pH van
ongeveer 4 of 5. Sommige plante groei beter in suurgrond en ander weer beter in neutrale
grond of alkaliese grond. Die meeste plante groei goed in grond met ŉ pH van 6,5. As die
pH van die grond nie reg is nie, sal die plante nie optimaal groei nie. Om hierdie rede,
verander boere die pH van die grond sodat hul gewasse goed kan groei. Suurgrond kan
geneutraliseer word deur verpoeierde kalksteen of kalk in die grond by te voeg. Kalk is ŉ
metaalhidroksied en die chemiese naam is kalsiumhidroksied.

                                                                   kruisement
                    8
                        beet

                               uie
                                     geelwortel
                                                           blaarslaai
                    7
                                             blomkool

               pH   6

                                                    aartappel

                    5

       7.1.1   In watter pH-reeks sal aartappels goed groei?
                                                                                               (1)

       7.1.2   As die grond ŉ pH van 7,6, gehad het, watter gewas kan in daardie grond
               verbou word?
                                                                                               (1)

       7.1.3   As daar gevind word dat die grond ŉ pH van 6,5 het, watter TWEE soorte
               plante kan ŉ boer in daardie grond kweek?

                                                                                               (2)

                                                                                              b.o.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com

7.1.4   Wat kan ŉ boer doen as sy grond ŉ pH van 4 het?

                                                                                       (2)

7.1.5   Skryf die algemene woordvergelyking neer om die reaksie aan te toon
        wat plaasvind wanneer grond geneutraliseer word.

                                                                                       (2)

7.1.6   Skryf die chemiese formule neer vir die hidroksied wat in die gevallestudie
        genoem word.

                                                                                       (1)

7.1.7   Identifiseer die kleur van die universele indikator in grondmonsters van:

        (a)   Kalksteen

                                                                                       (1)

        (b)   Kleigrond

                                                                                       (1)

        (c)   Neutrale grond

                                                                                       (1)
                                                                                      [12]

                                                          TOTAAL AFDELING B:           78

                                                                         TOTAAL:      100

                                      EINDE

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                                        NATUURWETENSKAPPE GRAAD 9                     20

1     2      3   4   5   6   7   8   9   10   11   12    13      14     15    16     17      18
(I)   (II)                                               (III)   (IV)   (V)   (VI)   (VII)   (VIII)

## Related documents

- [Gr9 NS (ENG) June 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr9-ns-eng-june-2022-question-paper/2c95ebbd-ecb4-4d5e-bcd3-b51dd06538cf) — Natural Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Gr9 NS (ENG) June 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr9-ns-eng-june-2022-possible-answers/b80749bd-4989-4d9b-bb09-e1cd1de31b1d) — Natural Sciences · Memo · 2022 · Eng
- [Gr9 NS (AFR) June 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr9-ns-afr-june-2022-possible-answers/6c8b0130-1ecf-4630-afeb-d846dc83858e) — Natural Sciences · Memo · 2022 · Afr
- [Gr 9 Natural Sciences (English) November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-natural-sciences-english-november-2022-question-paper/d3616b0c-d55f-4bcc-a9d1-c53242b8c672) — Natural Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Grade 9 Afrikaans NS Test](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-ns-test/a36f5835-c4cc-498c-94fd-08df58a57ff5) — Natural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [Grade 9 English NS](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-english-ns/f6a4adf8-8e13-4130-814d-b9d085fe1dc8) — Natural Sciences · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 9 Natural Sciences

- [CAPS SP NATURAL SCIENCES GR 7-9 WEB](https://www.hlayiso.com/library/caps-sp-natural-sciences-gr-7-9-web/2a288109-09f9-496d-bbe5-5c0490d3bf2f) — CAPS · Eng
- [Grade 9 Natural Sciences November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-natural-sciences-2026-november-mock-exam-memorandum/15e7fa56-78c1-400e-80fd-a2c43f34b162) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 9 NS (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ns-afrikaans-june-2024-possible-answers/2c41d124-6fd7-4816-8c4c-71aaf5fc6b41) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 9 NS (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ns-english-june-2024-possible-answers/7c82b136-933b-449d-a6ec-0f4de4e6d8e4) — Memo · 2024 · Eng
- [10 JUNE S2 NW 9 NS MG JUNE 24](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-natural-sciences-2024-north-west-june-exam-question-paper/bb46aadd-6c45-4f2b-83a0-0045170e2105) — Memo · 2024
- [FS Natural Sciences Grade 9 June 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-natural-sciences-2023-free-state-june-exam-question-paper-and-memorandum/38de93c6-eacb-4b5a-af4d-5e7031a2a92b) — QP + Memo · 2023

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
