# Social Sciences Grade 9 November EC 2011 QP (Afr)

> Grade 9 Social Sciences question paper from the November EC 2011 (Afrikaans), 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr9-social-sc-afr-qpx/1b8fe6d8-9cfa-47af-a670-bdb96f37e7cd
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Social Sciences
- Grade: Grade 9
- Document type: Question paper
- Year: 2011
- Exam period: November EC
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Social Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/social-sciences) › [Social Sciences Grade 9 November EC 2011 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr9-social-sc-afr-qpx/1b8fe6d8-9cfa-47af-a670-bdb96f37e7cd)

## About this document

Social Sciences · Grade 9 · November EC · 2011. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                     Province of the
                     EASTERN CAPE
                     EDUCATION

                                SENIOR FASE

                                GRAAD 9

                           NOVEMBER 2011

                   SOSIALE WETENSKAPPE

PUNTE:    100

TYD:      2 uur

   Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye met ŉ topografiese kaart as ŉ addendum.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                             SOSIALE WETENSKAPPE                         (NOVEMBER 2011)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Beantwoord ALLE vrae.

2.   Jy word voorsien van ŉ 1:50 000 topografiese kaart 3227CD van KING WILLIAM’S
     TOWN (Addendum). Verwys daarna wanneer jy VRAE 1.1 en 1.2 beantwoord.

3.   Vir VRAE 1.1 en 1.2 sal jy ook jou instrumente-blikkie en sakrekenaar benodig.

4.   Die topografiese kaart moet ingehandig word aan die toesighouer aan die einde van
     die eksamen.

5.   Bestudeer en analiseer die inligting in die bronne voordat jy die vrae begin
     beantwoord.

6.   Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae:

     VRAAG 1:        KAARTWERK

     VRAAG 2:        MENSEREGTE en MENSESLAGTING

     VRAAG 3:        APARTHEID IN SUID-AFRIKA

     VRAAG 4:        ONTWIKKELING en VOLHOUBARE GEBRUIK VAN BRONNE

     VRAAG 5:        DIE KOUE-OORLOG en KERNWAPEN ERA

     VRAAG 6:        ANTI-KOLONIALE STRYD IN SUID-AFRIKA en DIE WÊRELD

     VRAAG 7:        SAKE VAN ONS TYD en OMGEWINGSKONFLIKTE

     VRAAG 8:        GLOBALISERING en DIE ROL VAN WETENSKAP EN
                     TEGNOLOGIE

7.   Begin elke vraag op ŉ nuwe bladsy en onderstreep die vraag indien dit voltooi is.

8.   Nommer alle vrae korrek.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2011)                 SOSIALE WETENSKAPPE                                         3

 Lys van Terme
 Gebruik hierdie gids om jou te help om presies te bepaal wat die vraag van jou verwag.
    WOORD                                      BETEKENIS
 Analiseer     Ondersoek en breek dan af in dele of elemente. Vind of wys die
               struktuur van sommige geskrewe items en gee ŉ beskrywing waar
               moontlik.
 Haal aan      Noem, gee die naam, verwys na.
 Bereken       Gebruik getalle om jou antwoord te kry.
 Vergelyk      Wys op ooreenkomste en verskille.
 Lei af        Redeneer vanaf ŉ algemene idee tot by ŉ spesifieke idee.
 Beskryf       Gee die hoof kenmerke van iets of gee verslag van gebeure sonder om
               dit te analiseer.
 Bespreek      Ondersoek ŉ saak, gebruik ŉ argument, deur verskillende idees neer te
               skryf en te beklemtoon.
 Verduidelik Maak duidelik, interpreteer, en noem die feite: Gee redes vir verskille in
               standpunte of gevolge; probeer om redes te analiseer.
 Evalueer      Prys en/of kritiseer; gee jou opinie oor ŉ saak/stelling/item, nadat jy na
               die bewyse gekyk het.
 Illustreer    Maak die betekenis van iets duidelik deur voorbeelde te gebruik.
 Lys           Skryf kort stellings neer en nommer hulle.
 Noem          Om te skryf/om te noem/identifiseer.
 Rangskik      Gee ŉ item of persoon ŉ sekere posisie op ŉ lys of skaal; gewoonlik
               word items genoem van eerste tot laaste of andersom.
 Toon aan      Om duidelik te maak; uit te wys; te verduidelik.
 Sintetiseer Om sekere elemente of feite op te bou tot ŉ groter geheel, om te skep,
               om te komponeer, om te verander en of te verbeter.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              SOSIALE WETENSKAPPE                       (NOVEMBER 2011)

AFDELING A         KAARTLEES en ANALISE

VRAAG 1

1.1   Kaartwerk: Meervoudigekeuse-vrae

      Die onderstaande vrae is gebaseer op die 1 : 50 000 topografiese kaart
      3227CD van KING WILLIAM’S TOWN (Addendum).
      Kies die mees gepaste antwoord uit die lys van moontlike antwoorde vir elke
      vraag hieronder. Skryf slegs die korrekte letter langs die vraagnommer.

      1.1.1   Die indeks van die kaart Noord-wes van King William’s Town is …

              A       3227DC.
              B       3227CA.
              C       3227AA.
              D       3227CB.                                                        (1)

      1.1.2   Die Alfa Numeriese-rooster van die Rioolwerke in Bisho is …

              A       8A.
              B       27º27’S en 32º50’S.
              C       A8.
              D       32º50’S en 27º27’S.                                            (1)

      1.1.3   Wanneer koördinate neergeskryf word, begin jy met …

              A       lengtegraad gevolg deur die breedtegraad.
              B       die linker kant op die kaart na die regterkant.
              C       die lang kant na die kort kant.
              D       breedtegraad gevolg deur lengtegraad.                          (1)

      1.1.4   Die formule om area op ŉ kaart te bereken is …

              A       Lengte x Breedte
              B       Lengte ÷ Breedte
              C       Breedte + Lengte
              D       Breedte ÷ Lengte                                               (1)

      1.1.5   Een van die volgende tekens is nie ŉ konvensionele lynsimbool nie.

              A

              B

              C
              D                                                                      (1)

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2011)                    SOSIALE WETENSKAPPE                                    5

 1.2    Kaartlees en Analise

        Verwys na die 1: 50 000 topografiese kaart 3227CD van KING WILLIAM’S
        TOWN (Addendum).

        1.2.1     Gebruik die lynskaal onderaan die kaart om die afstand vanaf die
                  letter A (D3/4) onder Ginsberg tot by nommer 3 (B4) links van die
                  opgrawings, te meet.                                           (1x2)   (2)

        1.2.2     Vind KwaBhonke; Watter bewys is daar op die kaart om die stelling
                  te regverdig dat plaasboere in die omgewing voordeel trek uit die
                  rivier daar naby om water te kry vir hul landerye.             (1+1)   (2)

        1.2.3     Waarom is die strome van die Yellowwoods-rivier (noord-oos op
                  die kaart in blok A10) geneig om stadiger te vloei op hierdie plek?
                  (Kyk na die verskynsels in die omliggende gebied.)                     (2)

        1.2.4     Rioolafvoerwerke naby die rivier kan ŉ gevaar (risiko) inhou. Gee
                  enige TWEE moontlike negatiewe uitwerkings van die
                  rioolafvoerwerke op die nedersetting en die omgewing van
                  Pakamisa (blok G10) en KwaMlakalaka (blok F8).                 (1x2)   (2)

        1.2.5     Bepaal die ware peiling vanaf die letter A (D3/4) onder Ginsberg tot
                  by die nommer 4 (D4) links van die Opgrawings.                 (1x2)    (2)
                                                                                         [15]

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                SOSIALE WETENSKAPPE                               (NOVEMBER 2011)

VRAAG 2        MENSEREGTE SAKE GEDURENDE en NA DIE TWEEDE
               WÊRELDOORLOG

Bestudeer Bron 2A en beantwoord dan die vrae wat volg.

                             BRON 2A: MENSEREGTE
                  Jy moet in iemand anders se land bly om te verstaan

                    Hoe voel dit om ŉ buitestander te wees?
              Hoe voel dit om in ŉ klas te sit waar almal blonde hare
                         het en jy alleen het swart hare?
                       Hoe voel dit as die onderwyser sê:
                 “Wie nie hier gebore is nie, steek op jou hand.”
                             En jy is die enigste een.
              Dan, wanneer jy jou hand opsteek, kyk almal na jou en
                                 dryf spot met jou.
              Jy moet in iemand anders se land bly om te verstaan.
                                    Noy Chou
              Facing History & Ourselves, 1986 Group & Individual Identity

2.1   Skryf die woord neer wat gebruik word om te verwys na: vrees vir
      buitelanders.                                                                             (1)

2.2   Interpreteer die idees van Noy Chou hierbo, in TWEE sinne.                                (2)

2.3   Bestudeer Bron 2B hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg.

                                BRON 2B
      NAZI RASSISME en ANTI-SEMITIESE IDEOLOGIE

      “… hierdie besmetting van ons bloed, wat blindelings geïgnoreer word deur
      honderde duisende van ons mense, word vandag sistematies oorgedra deur
      die Jode … hierdie swart parasiete van die volk ontreinig ons onervare jong
      blonde dogters en sodoende word iets vernietig wat nie in hierdie wêreld
      weer vervang kan word nie. Die Joodse jeug, met hul swart hare, wag vir
      ure en ure op onskuldige meisies; gluur hulle satanies aan en spioeneer op
      hulle wie hulle beplan om te verlei … ontreinig hulle bloed en verwyder hulle
      van die boesem van hul mense.”
       The Holocaust: Lessons for Humanity- UITTREKSEL UIT DIE MEIN KAMPF (deur Adolf Hitler)

      Skryf ŉ kritiek op die idees geopper deur Bron 2B.                                        (2)
                                                                                                [5]

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2011)                 SOSIALE WETENSKAPPE                                 7

 VRAAG 3             APARTHEID IN SUID-AFRIKA

 Analiseer die stellings hieronder en kies die mees gepaste antwoord. Skryf jou
 keuse langs die vraagnommer op die antwoordblad.

 3.1    Die volgende persoon was nie President van die Republiek van Suid-Afrika
        nie.

             Thabo Mbeki
             C.R. Swart
             Pumzile Mlambo-Ngcuka
             F.W. De Klerk
             Nelson Mandela                                                        (1)

 3.2    Hierdie datum pas nie in die tydlyn van die grondwette van die Republiek
        van Suid-Afrika nie.

             1910
             1961
             1983
             1994
             2010                                                                  (1)

 3.3    Nasionale Regeringsverkiesings word elke 5 jaar gehou.

             Waar
             Vals                                                                  (1)

 3.4    Die volgende Kommissie is verantwoordelik vir die toepassing van vry en
        regverdige verkiesings in Suid-Afrika.

             Onafhanklike Kommissie
             Afrika Onafhanklike Kommissie
             Onafhanklike Verkiesingskommissie
             Verkiesingskommissie                                                  (1)

 3.5    In ŉ demokrasie, …

             word leiers gekies deurdat mense ŉ stem uitbring.
             is mense vry om te kies vir wie hulle wil stem.
             is alle mense gelyk voor die reg.
             kan mense stem deur ŉ strepieskode-identiteitsdokument te gebruik.
             is al die bogenoemde van toepassing.                                  (1)
                                                                                   [5]

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                             SOSIALE WETENSKAPPE                        (NOVEMBER 2011)

VRAAG 4          ONTWIKKELING en VOLHOUBARE GEBRUIK VAN BRONNE

Lees die volgende persverklaring (Bron 3) van die 15de Sessie van die VN se
kommissie oor Volhoubare Ontwikkeling, en beantwoord die vrae wat volg.

                                   BRON 3
                            Die Armoede Slagyster

Ons sal nooit die mikpunte van volhoubare ontwikkeling bereik, solank as ŉ
derde van alle mense nie moderne energie dienste het nie …

So lank as vroue en kinders moet opdok vir vuurmaakhout, so lank as studente
nie kan lees na sonsondergang nie, en so lank as nuwe besighede en nywerhede
nie elektriese krag kry om te funksioneer nie, kan ons nie verwag om
ontwikkeling te bereik wat ekonomies, sosiaal en omgewings gebalanseerd is
nie…

Dit word van lande verwag om staat te maak op fossielbrandstof vir hul energie
behoefte tot 2030 en daarna, en vrystelling van CO2, die dominante groenhuis-
gas, sal moontlik verdubbel teen 2030.

Ontwikkelende lande, wat die minste bygedra het tot die atmosferiese opbou van
koolstofdioksied, is die meeste blootgestel en is die swakste toegerus om die
gevolge van klimaatsveranderinge te hanteer.
Mnr. Abdullah Hamad Al-Attiyah, Minister van Energie van Qatar en voorsitter van
               die 15de Sessie van die VN-Kommissie oor volhoubare ontwikkeling
           (CSD persverklaring April 2007) www.un.org/esa/sustdev/csd/policy.htm

4.1   Wat is volhoubare ontwikkeling?                                                (2)

4.2   Noem DRIE benaderings tot ontwikkeling.                                        (3)

4.3   Watter DRIE dinge uit Bron 3 hierbo, soos deur Mnr. Abdullah Hammad Al-
      Attiyah aangedui, vertraag volhoubare ontwikkeling?                            (3)

4.4   Gee TWEE voorstelle van dinge wat ons land kan doen om die uitwerking
      van aardverwarming te verminder.                                               (2)

4.5   Maak ŉ lys van VYF Millennium Ontwikkelingsmikpunte.                           (5)
                                                                                    [15]

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2011)                   SOSIALE WETENSKAPPE                                             9

 VRAAG 5             DIE KOUE-OORLOG EN KERNWAPEN-ERA
 Analiseer bronne 4A, 4B (foto) en 4C.
          BRON 4A                        BRON 4B                     BRON 4C
  My clever Social Sciences                                 http://home.pacbell.net/kidwell5/
                                                                       aefdr.html
           Grade 9
       Het Jy Geweet?                                       Albert Einstein se brief
                                                             aan die Amerikaanse
 Kernwapens is die kragtigste                                President Franklin D.
 ontploffings-toestelle wat nog                               Roosevelt in 1939.
 deur mens gemaak is. Die
 bestraling vanaf kernenergie                              Hierdie nuwe verskynsel
 het ŉ vernietigende                                       sou ook lei tot die maak
 uitwerking op mense.                                      van bomme, en dit is
                                                           moontlik - hoewel nie so
 Gedurende die Koue-oorlog                                 seker nie - dat uiters
 het die VSA en USSR so baie                               kragtige bomme van ŉ
 kern wapens gehad, dat                                    nuwe tipe vervaardig
 indien die twee lande sou                                 sou kon word. ŉ Enkele
 oorgaan tot oorlog, hulle die                             bom van hierdie tipe,
 wêreld sou vernietig.                                     gedra deur ŉ boot wat
 Hierdie beleid, waar nie een                              ontplof in die hawe, sal
 kant sou wen in ŉ kernoorlog                              heel waarskynlik die
 nie, was bekend as MAD                                    hele hawe vernietig
 (Mutual Assured Destruction).                             tesame met die
 Dit het beide kante verhoed                               omliggende gebied. Dit
 om ŉ oorlog te begin want                                 lyk egter asof sulke
 hulle het geweet dat geeneen                              bomme te swaar sal
 kon wen nie.                                              wees vir lugvervoer.

 5.1    Gedurende die Koue-oorlog het die VSA en USSR ŉ oorlog probeer verhoed.
        Waarom? Verwys na Bron 4A.                                       (1x2)                   (2)
 5.2    Skryf die simbool wat kenmerkend was van die Koue-oorlog, wat gebruik
        was om die Ooste van die Weste te skei.                                                 (2)
 5.3    Skryf die feite neer wat elkeen van die bronne (hierbo) onthul oor die
        oorsake en gevolge van gevaarlike wapens.
          BRON             Oorsaak                     Moontlike gevolge
                       (skryf die wapen)            (wat die wapen kan doen)
            4A                5.3.1                           5.3.2
         4B (Foto)            5.3.3                           5.3.4
            4C                5.3.5                           5.3.6
                                                                                       (6x1)    (6)
 5.4    Skryf TWEE paragrawe van nie meer as 60 woorde (tel die woorde),
        waarin jy die aard van die oorlog vergelyk en kontrasteer na die
        bomaanvalle op Hirosjima en Nagasaki.
        Jou eerste paragraaf moet ŉ opsomming gee van veranderings in die
        manier van oorlogvoering vandag, en die tweede paragraaf moet die
        gevare van kernkrag tegnologie ondersoek.                                               (10)
                                                                                                [20]

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                             SOSIALE WETENSKAPPE                         (NOVEMBER 2011)

VRAAG 6           MENSE-REGTE EN ANTI-KOLONIALE STRYD

Kyk na Bron 5. Hierdie gesigte is bekend in geskiedkundige temas in Afrika en
ander lande. Pas die regte naam by die regte gesig. Die name is gegee in blok F
hieronder.

               BRON 5: Mense-Regte Leiers in Afrika en verder

           A                            B                         C
                                                              HULLE IS:
                                                            Kwame Nkrumah

                                                             Nelson Mandela

                                                             Robert Mugabe

                                                             Samora Machel

                                                            Osama Bin Laden
           D                            E                           F

6.1   Skryf die letters A – E, en pas elke naam by die gepaste gesig.         (5x1)    (5)

6.2   Wat beteken die woord kolonialisme?                                              (2)

6.3   Noem DRIE redes waarom Europese lande gebiede in Afrika wou hê.                  (3)

6.4   BRON 6:      Prominente figure van die Afro-Amerikaanse Siviele Regte-beweging

                  Rosa Parks                       Martin Luther King Jnr.

      Skryf ŉ paragraaf oor die bydrae van die volgende aktiviste van die Siviele
      Regte Beweging wat in hierbo in BRON 6 verskyn:                         (2x5)   (10)
                                                                                      [20]

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2011)                    SOSIALE WETENSKAPPE                                 11

 VRAAG 7               SAKE VAN ONS TYD, SOSIALE en
                       OMGEWINGSKONFLIKTE

 Analiseer Bron 7 noukeurig voordat jy die vrae beantwoord.

 BRON 7:          Uittreksel uit Ruwanda se radio uitsaai-stasie bekend as
                  “Radio Television Libre des Mille Collines (RTLM)”

 Ons moet onthou hoe om ons gewone             In werklikheid sal
 middele te gebruik [d.w.s. wapens]… ek sal    alle Tutsi’s omkom.
 ook vra dat elke gemeenskap homself           Hulle sal verdwyn
 probeer organiseer…om huise te deursoek       uit hierdie land…
 … om die vleie van die omgewing te            hulle verdwyn          Wis die
 deursoek en seker te maak dat geen iinyezi    bietjie-bietjie danksy kakkerlakke
 (kakkerlakke) deurglip en hulself daar        die wapens wat         uit!!!!
 wegsteek nie… deursoek die rioolgate en       hulle tref, maar hulle
 slote, rig grense op…sodat niks hulle kan     word ook
 ontglip nie.                                  doodgemaak soos
Instruksies aan die Ministerie van Verdediging rotte.

 7.1    Wie is die skrywer van die bron?                                               (1)

 7.2    Kies DRIE woorde/frases van haatspraak uit Bron 7 neer.                        (3)

 7.3    Verduidelik waarom jy hierdie woorde in VRAAG 7.2 gekies het.                  (2)

 7.4    Noem en verduidelik TWEE benaderings wat gebruik was om misdade teen
        die mensdom in Suid-Afrika (WVK) in 1994 en in Duitsland (Nuremberg) in
        1946 aan te spreek, in ŉ poging om regverdigheid te herstel.                    (4)
                                                                                       [10]

 VRAAG 8               GLOBALISERING en DIE ROL VAN WETENSKAP en
                       TEGNOLOGIE

 8.1    Omskryf die term globalisering.                                                (2)

 8.2    Wat was die Groen Rewolusie?                                                   (2)

 8.3    Geslagsongelykheid is steeds ŉ ernstige bron van konflik in Suid-Afrika en
        Afrika.

        Skryf in ŉ paragraaf van 5 – 6 sinne ŉ artikel aan die redakteur van ŉ
        koerant waarin jy hierdie saak uitlig.                                          (6)
                                                                                       [10]

                                                                             TOTAAL:   100

## Related documents

- [Gr9-SOCIAL SC ENG QP](https://www.hlayiso.com/library/gr9-social-sc-eng-qp/900e9fd4-dbaa-4ddb-b2ff-8a5700a52678) — Social Sciences · QP · 2011 · Eng
- [Gr9-SOCIAL SC AFR MEMOx](https://www.hlayiso.com/library/gr9-social-sc-afr-memox/2dff434a-8a3e-4fb8-8d47-6e79ef348ffb) — Social Sciences · Memo · 2011 · Afr
- [Gr9-SOCIAL SC ENG MEMO](https://www.hlayiso.com/library/gr9-social-sc-eng-memo/ebd41a5b-c9ee-49cd-9ed6-95f0b4cac68d) — Social Sciences · Memo · 2011 · Eng
- [SOS SCIENCES GR9 QP NOV2014 ENG](https://www.hlayiso.com/library/sos-sciences-gr9-qp-nov2014-eng/c868fca0-a728-431d-b30f-520aacb14975) — Social Sciences · QP · 2014 · Eng
- [SOS SCIENCES GR9 NOV2013 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/sos-sciences-gr9-nov2013-qp-eng/7a2e3a52-ed59-4c64-aaf3-c8d12c522613) — Social Sciences · QP · 2013 · Eng
- [SOS WET GR9 NOV2013 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/sos-wet-gr9-nov2013-qp-afr/a85d9090-5ba6-4e26-b6b2-b378eee5d628) — Social Sciences · QP · 2013 · Afr

## More from Grade 9 Social Sciences

- [CAPS SP SOCIAL SCIENCE GR 7-9](https://www.hlayiso.com/library/caps-sp-social-science-gr-7-9/a0b47288-db90-4b74-b9f7-0185f2ef1623) — CAPS · Eng
- [Grade 9 Social Sciences P1 (Geography) November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-social-sciences-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-geography/a93cbcad-58b5-4391-a64d-0a545bbb7c39) — Memo · 2026 · Eng
- [Grade 9 Social Sciences P2 (History) November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-social-sciences-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-history/162feceb-8aa8-4498-8485-a4c46dd166ac) — Memo · 2026 · Eng
- [SOCIAL SCIENCES GEO GR9 MEMO NOV2016 AFR](https://www.hlayiso.com/library/social-sciences-geo-gr9-memo-nov2016-afr/4dbe9b75-8912-4797-91fc-b19ce737df06) — Memo · 2016 · Afr
- [SOCIAL SCIENCES GEO GR9 MEMO NOV2016 ENG](https://www.hlayiso.com/library/social-sciences-geo-gr9-memo-nov2016-eng/5b86ffd9-62f6-4599-a238-80b6a332ece0) — Memo · 2016 · Eng
- [SOC SC - ENG (HIST) GR9 MEMO NOV 2016](https://www.hlayiso.com/library/soc-sc-eng-hist-gr9-memo-nov-2016/c69f06f4-1ff1-4c59-af3b-e4bb4d255067) — Memo · 2016 · Eng

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
