# Mathematics Grade 4 ANA Exemplars 2012 Question Paper

> Grade 4 Mathematics question paper from the ANA Exemplars 2012, 30 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/graad-4-wiskunde/954cfd9c-212e-4186-a07f-e9bd7433cdce
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematics
- Grade: Grade 4
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: ANA Exemplars
- Curriculum: CAPS
- Pages: 30

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 4](https://www.hlayiso.com/library/grade-4) › [Mathematics](https://www.hlayiso.com/library/grade-4/mathematics) › [Mathematics Grade 4 ANA Exemplars 2012 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/graad-4-wiskunde/954cfd9c-212e-4186-a07f-e9bd7433cdce)

## About this document

Mathematics · Grade 4 · ANA Exemplars · 2012. Question paper, 30 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING

            GRAAD 4

           WISKUNDE

     STEL 1: 2012 VOORBEELD

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

RIGLYNE BY DIE GEBRUIK VAN JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGSVOORBEELDE (ANA)

1. Algemene oorsig

Die Jaarlikse Nasionale Assessering (ANA) is 'n summatiewe assessering van die verwagte kennis en
vaardighede wat leerders aan die einde van graad 1 tot 6 en graad 9 moes ontwikkel het. As hulpmiddel vir die
skoolgebaseerde assessering en om te verseker dat leerders die nodige selfvertroue ontwikkel om suksesvol
deel te neem aan eksterne assessering, het opvoedkundige panele en vakspesialiste voorbeeldvraestelle
ontwikkel wat onderwysers vir Taal- en Wiskunde-onderrig kan gebruik. Die voorbeeldvraestelle is ontwikkel,
gebaseer op die kurrikulum wat oor die eerste drie kwartale van die skooljaar strek. Daar is ook 'n volledige
Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets (ANA) vir elke graad. Die voorbeeldvraestelle, insluitend die
modeltoets, is aanvullend tot die skoolgebaseerde assessering wat leerders deurgaans moet voltooi en vervang
nie die skoolgebaseerde assessering nie.

2. Die struktuur van die voorbeeldvraestelvrae

Die voorbeeldvraestelle is ontwerp om verskillende tegnieke of style te illustreer om dieselfde vaardighede en/of
kennis te assesseer. Spesifieke inhoudkennis of 'n vaardigheid kan byvoorbeeld geassesseer word deur 'n
meervoudigekeuse-vraag (waar leerders die beste antwoord uit die gegewe opsies kies) of 'n stelling (wat van
die leerder vereis om 'n kort antwoord of 'n paragraaf te skryf) of ander soorte vrae (wat leerders vra om
gegewe woorde/stellings met lyne te verbind, om gegewe sinne of patrone te voltooi, om hulle antwoorde met
tekeninge of sketse te toon, ens.). Onderwysers en leerders sal dus 'n aantal voorbeeldvraestelvrae kry wat
verskillend gestruktureer is, maar wat dieselfde spesifieke inhoud en vaardigheid teiken. Blootstelling aan 'n
groot verskeidenheid vraagstellingstegnieke of -style gee leerders die nodige selfvertroue om op verskillende
toetsitems te reageer.

3. Verband met ander leer- en onderrigbronmateriaal

Sommige teksgedeeltes en vrae word doelbewus vir integrering met die graadverwante werkboeke verbind. Die
voorbeeldvraestelle voldoen ook aan die vereistes van die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV), graad R tot
12, die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklarings (NKABV) vir die onderskeie grade en die
Nasionale Protokol vir Assessering. Hierdie dokumente, saam met ander dokumente wat deur 'n skool voorsien
kan word, sal 'n ryk bron van bronmateriaal vorm wat onderwysers in staat sal stel om lesse te beplan en om
formele assessering uit te voer.

4. Hoe om die voorbeeldvraestelle te gebruik

Alhoewel die voorbeeldvraestelle vir die verskillende grade en vakke as 'n omvattende stel saamgestel is, hoef
die leerders nie op die hele stel in een sessie te reageer nie. Die onderwyser moet toepaslike voorbeeldvrae
kies wat deel vorm van die beplande les. Sorgvuldig geselekteerde individuele voorbeeldvrae of 'n hanteerbare
groep vrae kan tydens die verskillende stadiums van die onderrig- en leerproses soos volg gebruik word:

4.1   Aan die begin van 'n les as 'n diagnostiese toets om leerders se sterk en swak punte vas te stel. Die
      diagnose moet lei tot onmiddellike terugvoer aan leerders en geskikte lesse moet ontwikkel word om
      aandag te gee aan die geïdentifiseerde swak punte en om die sterk punte uit te bou. Die diagnostiese
      toets kan as tuiswerk gegee word om nie onderrigtyd in die klaskamer te verloor nie.

4.2   Gedurende die les as kort, informatiewe toetse om te assesseer of leerders die veronderstelde kennis en
      vaardighede ontwikkel soos wat die les verloop en om seker te maak dat geen leerder agter raak nie.

                                                                                                               1

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com

4.3   By die voltooiing van 'n les of reeks lesse as 'n summatiewe toets om te assesseer of die leerders
      voldoende begrip het en of hulle die kennis en vaardighede in die voltooide les(se) kan toepas.
      Spoedige terugvoer aan leerders is noodsaaklik, sodat die onderwyser kan vasstel of daar dele van die
      les(se) is wat weer behandel moet word om spesifieke kennis en vaardighede vas te lê.

4.4   Om by alle fases leerders aan verskillende tegnieke van assessering of vraagstelling bloot te stel, bv.
      hoe om meervoudigekeuse-vrae (MK), oop vrae of vryeresponsvrae, kortvrae, ens. te beantwoord.

Waar diagnostiese en formatiewe toetse korter in terme van die aantal vrae kan wees, sal die summatiewe
toets heelwat meer vrae insluit, afhangend van die hoeveelheid werk wat reeds teen 'n sekere tyd behandel is.
Dit is belangrik om seker te maak dat leerders uiteindelik genoeg oefening kry in die beantwoording van 'n
volwaardige toets, soortgelyk aan dié van die Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets.

5. Memorandums of nasienriglyne

'n Tipiese voorbeeld van die verwagte response (nasienriglyne) word by elke voorbeeldtoets en Jaarlikse
Nasionale Assesseringsmodeltoets gegee. Onderwysers moet in gedagte hou dat die nasienriglyne geensins
rigied is nie. Dit gee slegs breë riglyne ten opsigte van verwagte response en onderwysers moet aanvaarbare
moontlikhede ondersoek en ander aanvaarbare response van die leerders aanvaar.

6. Kurrikulumdekking

Dit is van kardinale belang dat die kurrikulum in elke klas ten volle behandel moet word. Die voorbeeldvraestelle
vir elke graad en vak verteenwoordig nie die kurrikulum in sy geheel nie. Dit is slegs 'n voorbeeld van
belangrike kennis en vaardighede en dek die werk wat op die eerste drie kwartale van die skooljaar betrekking
het. Die tempo waarteen die werk in sekere skoolkwartale behandel moet word, is vervat in die betrokke
Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklarings (NKABV).

7. Gevolgtrekking

Die doelwit van die Departement is om die vlak en kwaliteit van leerderprestasie in die kritiese
grondslagvaardighede van gesyferdheid en geletterdheid te verbeter. Die Jaarlikse Nasionale
Assesseringsmodeltoets is een instrument wat die Departement gebruik om vas te stel of leerderprestasie
verbeter. Daar word van distrikte en skole verwag om onderwysers te ondersteun en om die nodige
hulpmiddels daar te stel om die effektiwiteit van onderrig en leer in skole te verbeter. Deur van die Jaarlikse
Nasionale Assesseringsmodeltoetse as deel van die onderwyshulpmiddels gebruik te maak, sal onderwysers
leerders help om vertroud te raak met verskillende style en tegnieke van assessering. Indien die
voorbeeldvraestelle behoorlik aangewend word, sal dit help dat leerders die toepaslike kennis opdoen en
vaardighede ontwikkel om effektief te leer en om beter te vaar in toekomstige Jaarlikse Nasionale
Assesseringstoetse.

                                                                                                               2

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com

Tel aan en tel terug in telgetalle tussen 0 en 10 000.

1.          Vul die ontbrekende getalle in.

            a. 3 050; 3 075; 3 100; _______; _______; _______.                   (2)

            b. 7 050; 7 000; 6 950; _______; _______; _______; 6 750.            (2)

2.          Vul die ontbrekende getalle in op die getallelyn.

            a.
                  2 225          2 275                     2 350                 (1)

            b.                                                                   (1)
                  150                     9 120   9 110

3.          Skryf die volgende 4 getalle in elke ry neer.

            a. 930; 933; 936; ______; _______; _______; _______.                 (2)

            b. 4 884; 4 882; 4 880; _______; ______; _____; _____.               (2)

4.          Voltooi die volgende pyldiagramme.
                          +3             +3               +5            +5

            a. 516             ______          ______          ______   _____    (2)

                          -2              -2                    -10      -10
            b. 8 224            ______         _____           ______   ______   (2)

5.          Watter getal word in uitgebreide notasie geskryf as

            ( 4 x 1 000) + (5 x 100) + (8 x10) + (2 x 1)?                        (1)

6.          Gebruik syfers om elk van die volgende getalle te skryf.

                                                                                       3

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com

      a.   vier duisend agt honderd en dertien.                          (1)

      b.   ses duisend en sestien                                        (1)

7.    Skryf 5 018 in woorde.                                             (1)

8.    Skryf 6 438 in uitgebreide notasie.                                (1)

9.    Rangskik die volgende getalle van die grootste tot die kleinste.

      4 810 , 8 410 , 4 180 , 8 140                                      (1)

10.   Wat is die grootste getal wat met die volgende syfers gevorm kan
      word?

      6     0       5     9                                              (1)

11.   Wat is die waarde van die onderstreepte syfer in 4 614?            (1)

12.   a. Watter telgetal kom net voor 5 646?                             (1)

      b. Watter telgetal kom net na 6 789?                               (1)

13.   Voltooi ...

      4 869 = ( 4 x ______)+(_____x100)+( 6 x ____) + ( ___x 1)

                of 4 000 + _________+ __________+____________

                of 4 x 10 x 10 x 10 + ______ + _______ +       _____     (5)

14.   Gebruik die gegewe vermenigvuldigings getalsin om 2 deling
      getalsinne te skryf.

      9 x 4 = 36                                                         (2)

15.   Voltooi ...

      As 9 x 8 = 72           dan is _________x 9 =72                    (1)

16.   Is 54 + 29        gelyk aan 29 + 54?                               (1)

17.   Is die volgende WAAR of VALS?

                                                                               4

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com

          a. 67 – 45 is gelyk aan 45 – 67                                   (1)

          b. 30 ÷ 5 is gelyk aan 5 ÷ 30                                     (1)

18.       Omkring al die getalle in die driehoek wat veelvoude van 3 is.

                                                  18
                                                  46
                                            24         39
                                                                            (1)

19.       Sal ek die getal 46 tel as ek die veelvoude van 6 tel tot by

          100?                                                              (1)

20.       Skryf die eerste ses veelvoude van 8 neer.                        (1)

21.       Omkring al die veelvoude van 7.

          29, 35, 15, 67, 49                                                (1)

22.       Wat is die produk van 7 en 5?                                     (1)

23.       Skryf al die veelvoude van 6 tussen 40 en 60 neer.                (1)

24.       Voltooi ...

          14; 21; 28; 35 is almal veelvoude van _____                       (1)

25.       Watter getal kom in die volgende pyl?

               15        20         25
                                                                            (1)

Ewe en onewe getalle

1.       Voltooi die volgende getalrye.

         a. 4 102; 4 104; 4 106; _________; __________.                     (1)

         b. 5 991; 5 989; 5 987; _________; __________.                     (1)
2.       Teken ‘n driehoek om al die onewe getalle en ‘n sirkel om al die

                                                                                  5

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

         ewe getalle in die groep.

                                     710            804
                                           497
                              418                       501
                                                  213
                                            665
                                                                            (2)

3.       Voltooi...

         a. ______ is die volgende onewe getal na 419.                      (1)

         b. Die ewe getal net voor 67 is _____.                             (1)

4.        Vul die ontbrekende getalle in op die getallelyn.

              639     641            645                  651
                                                                            (1)

5.       Lys al die onewe getalle van 1 073 tot 1 083.                      (2)

Plekwaarde van heelgetalle

1.       Gee die waarde van die onderstreepte syfer in 7 694.               (1)

2.       Skryf elk van die volgende getalle in die eenvoudigste numeriese
         vorm.

          a. 5 000 + 300 + 20 + 1                                           (1)

          b. 2 TD + 3 D + 7 H + 2E                                          (1)

3.       Bereken die verskil tussen die waardes van die onderstreepte

         syfers in 2 475 en 2 045.                                          (2)

4.       Vul in > of < om die sinne waar te maak.

          a. 7 964 _______7 946                                             (1)

          b. 3 010 _______ 3 110                                            (1)

5.       Watter getal word deur die onderstaande diagram voorgestel?

                                                                                  6

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

          D                       H            T            E

          X

          X

          X                       X                         X

          X                       X                         X

                                                                                                                                                                            (1)

Gewone en desimale breuke

1.      Bestudeer die breuke-muur en beantwoord die volgende vraag.

                                                                                          1 hele
                                                   1                                                                             1
                                                   2                                                                             2

                                       1                                                   1                                                  1
                                       3                                                   3                                                  3

                              1                                          1                                  1                                          1
                              4                                          4                                  4                                          4

                          1                                 1                              1                             1                                 1
                          5                                 5                              5                             5                                 5

                      1                            1                             1                  1                            1                             1
                      6                            6                             6                  6                            6                             6

                  1                            1                     1                     1                    1                     1                            1
                  7                            7                     7                     7                    7                     7                            7

              1                            1                    1                    1          1                    1                    1                            1
              8                            8                    8                    8          8                    8                    8                            8

              1                        1                1                    1             1            1                    1                1                        1
              9                        9                9                    9             9            9                    9                9                        9

           1                       1                1                1                1         1                1                1                1                    1
          10                      10               10               10               10        10               10               10               10                   10

                                                                                                                                                                                  7

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

a.       Skryf die gegewe breuke van die kleinste tot die grootste neer.

               ,       ,   ,       ,   ,                                               (2)

b.       Hoeveel kwarte maak een half?                                                 (1)

c.            = ______.                                                                (1)

d.       Kleur     in op die breuke-muur.                                              (1)

2.           Voltooi die volgende tabel

              Gewone breuk                 Desimale breuk
                 a._________                       0,4

                               1              b._________
                               2

                       c.________                 0,08
                                                                                         (3)

Rond af tot die naaste 10, 100 of 1 000

1.       Voltooi ...

         4 948 afgerond tot die naaste 10        ≈ _____________.                       (1)

         4 948 afgerond tot die naaste 100 ≈ _____________.                             (1)

         4 948 afgerond tot die naaste 1000 ≈ _____________.                            (1)

2.       R 14,76 ≈ _________ afgerond tot die naaste rand.                              (1)

         R   4,06 ≈ _________ afgerond tot die naaste rand.                             (1)

3.       Mev Patel koop lekkers vir R13, 99 en ‘n pakkie skyfies vir R3, 14. Bereken
         hoeveel sy spandeer het afgerond tot die naaste rand.                           (2)

4.       Is 1 758 nader aan 1 700 of 1 800?                                              (1)

                                                                                         8

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

Optel en aftrek van telgetalle

1.       Bereken:

          a. 3 846 + 3 217                                                                   (3)

          b. 2 752 + 4 356                                                                   (3)

2.       Bereken: 5 726 – 1 334.                                                             (2)

3.       Vul die ontbrekende getal in.
                  426
               +______
                1 3 9 6_                                                                     (2)

4.       Bereken die verskil tussen die waarde van die onderstreepte syfers in die getalle
         9 008 en 8 109.                                                                   (3)

Optel en aftrek van gewone breuke

1.       Lauren eet     van ‘n sjokolade koek voor ete en nog    na ete.
          a. Watter breukdeel van die sjokolade koek het sy altesaam geëet?                  (2)

          b. Watter breukdeel van die koek het oorgebly?                                     (2)

2.       Voltooi ...

           + = ______                                                                        (2)

3.       Op Maandag pluk Ben een sesde van ‘n kilogram aarbeie. Op Dinsdag pluk hy
          twee sesdes van ‘n kilogram aarbeie. Wat is die totale massa van die aarbeie
          wat Ben gepluk het?                                                                (2)

4.       Drie vyfdes van die kinders by my partyjie hou van sjokolade roomys. Hoeveel
          van die 20 kinders by my partytjie hou nie van sjokolade roomys nie?            (2)

                                                                                         9

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

5.       Wat is      + - gelyk aan?                                                          (2)

6.       Mamma bak ‘n koek en sny dit in 6 gelyke snye. Pappa eet 2 snye. Ek eet 1
          sny. Watter breukdeel van die koek bly oor?                                        (2)

Vermenigvuldig 2-syfergetalle met 2-syfergetalle

1.       Skryf die herhalende optelsom in verkorte vorm.

            5 + 5 + 5 + 5 + 5 = _____ x 5 = ________                                         (1)

2.       Gebruik die ”afbreekmetode” om 46 x 32 te bereken.                                  (3)

3.       Gebruik die “vertikale-kolom metode” om 24 x 64 te bereken.                         (3)

4.       Voltooi die getalsin: 20 x 8 = ______ x 20                                          (1)

5.       Tom skryf 12 sinne met 11 woorde in elk, dit beteken Tom skryf ___________
         woorde altesaam.                                                                    (2)

Deel 3-syfergetalle deur 1-syfergetalle

1.       Ek moet 296 appels in 8 houers pak. Hoeveel appels sal in elke houer wees as
         dieselfde aantal appels in elke houer gepak word?                                   (3)
2.       Hoeveel lekkers sal elke kind kry as ek 123 lekkers gelykop tussen 7 kinders
          deel?                                                                              (3)
         Hoeveel lekkers sal oorbly?
3.       Bereken         722 ÷ 4                                                             (3)

4.       Vul in >, < of = om die volgende bewering waar te maak.
         500 ÷ 5          100 ÷ 10                                                           (1)

5.       Teken ‘n pyltjie om die vraag in kolom A met die korrekte antwoord in kolom B te
         verbind.

          KOLOM A              KOLOM B
          125 ÷ 5              50
          333 ÷ 3              25
           450 ÷ 9             111
                                                                                             (3)

                                                                                        10

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

Vermenigvuldiging en deling as omgekeerde bewerkings

1.      78 x 8 = 624 beteken 624 ÷ 8 = ______ en 624 ÷ 78 = _____                           (2)

2.      Gebruik die getalle in die driehoek om 2 verskillende getalsinne te skryf.

                               6

                           2       3
                                                                                     (2)

Verhouding en koers

1.      Kenny het R5,00, Mpho het R7,00 en Thato het R6,00.

        a. Die verhouding van Kenny se bedrag tot Mpho se bedrag
            = _____________.                                                                (1)

        b. Die verhouding van Kenny se bedrag tot Thato se bedrag
           =                  .                                                             (1)

        c. Die verhouding van Mpho se bedrag tot die totale bedrag
             = _____________.                                                               (1)

2.      Skryf die verhouding van die aantal hasies tot die aantal koeie neer.

                                                                                            (1)

                                                                                       11

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

3.       James is 5 jaar oud en tannie Renate is tien maal ouer as wat hy is.
         Tannie Renate se ouderdom : James se ouderdom = ________.                        (1)

4.       Druk die volgende uit as ‘n koers:

         a. 60 saailinge geplant in 6 rye beteken _____________ saailinge per ry.         (1)

         b. 5 appels kos R4,00 beteken die koste is ____________ sent per appel.          (1)

5.       Een sokkerbal kos R42,50. Hoeveel sal die sokkerballe in die prentjie kos?

                                                                                          (2)

Groepering en halvering met ‘n res.

1.       Hoeveel karretjies sal oorbly as die karretjies gelykop tussen 3 broers verdeel word?

                                                                                              (1)

                                                                                         12

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

2.      Bereken 41 ÷ 4.                                                                     (2)

3.      Troy het 127 skulpe in sy versameling. Hy het 10 klein houers en wil dieselfde aantal
        skulpe in elke houer pak.

         a. Hoeveel skulpe sal hy in elke houer pak?                                        (1)
         b. Hoeveel skulpe sal oorbly?                                                      (1)

4.      Voltooi 56 ÷ 6 = _________ res___________.                                          (1)

Probleem oplossing wat gewone breuke, groepering en halvering behels

1.      Een tiende van 30 piesangs is vrot. Hoeveel piesangs is vrot?                       (1)

2.      Sabrina verdeel 14 koekies gelykop tussen 4 leerders. Hoeveel koekies sal
         elke leerder kry?                                                                  (2)

3.      Tannie Peggy se 5 kleinkinders kom kuier. Sy verdeel a bottel koeldrank gelykop
        tussen die 5 kinders.

         a. Watter breukdeel van die koeldrank sal elke kind kry?                           (1)

         b. Sue gee haar koeldrank vir Omar. Watter breukdeel van die koeldrank het
            Omar gekry?                                                                     (1)

4.         van 24 dennebome word afgekap vir Kersfees. Hoeveel bome word afgekap? (2)

                                                                                       13

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

5.

         Een derde van die tiere in die prentjie is beseer. Hoeveel tiere is beseer?    (1)

6.       Serena spandeer van haar R60,00 sakgeld op lekkers en nog van haar
         sakgeld op ‘n pen.

         a. Totale bedrag spandeer =_________________________________                       (2)

         b. Breukdeel van sakgeld wat oorbly = ____________________________             (1)

Probleemoplossing wat geld behels

1.       Hoeveel kleingeld sal ek kry as ek met R10,00 die volgende betaal:

         a. R6,50                                                                       (1)
         b. R5,20                                                                       (1)

2.       Bereken die koste van 3 identiese poppe as 1 pop R12,34 kos.                   (3)

3.       Voltooi die tabel om die totale bedrag te bereken.

          Banknote R5,00          R1,00       20c         10c         Totaal
          2x       4              6           5           4              a.
          R20,00
          6x       3              1           5           2               b.
          R10,00
                                                                                        (2)

4.   Bereken R38,32 + R7,82 + R4,00 .                                                   (2)

                                                                                       14

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

5.     Jabu wil graag ‘n T-hemp vir R86,99 en ‘n plakkaat vir R25,89 koop.

       a. Hoeveel sal dit altesaam kos?                                                       (1)

       b. Jabu het slegs R100,00 in sy beursie. Hoeveel meer geld het hy nodig om die

          T-hemp en plakkaat te koop?                                                         (1)

Diagrampatrone

1.    Teken die volgende 5 vorms in die diagrampatroon:

                                                                                         (1)

2.    Hoeveel vuurhoutjies word benodig om die 4de diagram te maak?

                                                                                         (1)

 3.    a. Voltooi die ontwerp op die onderstaande muur.                                 (1)
       b. In watter land sal jy so ‘n ontwerp teëkom?                                   (1)

Getalpatrone

                                                                                         15

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com

1.    Voltooi elk van die getalpatrone.
      a. 1; 2; 4; 7; 11; _____; _____; _____.                                   (1)

      b. 1; 6; 11; _____; ______; _______; 31.                                  (1)

 2.   Sipho tel as volg:

               0; 20; 40; 60; …

      a. Sal hy die getal 560 tel as hy aanhou tel?
                                                                                (1)
      b. Hoe weet ons dit?                                                      (1)

 3.          1     = 1
          1+3      = 4
       1+3+5 = 9
      1 + 3 + 5 +7 = 16

      Skryf die volgende twee rye in die patroon neer.                          (2)

 Verhoudings

 1.   Een gogga het 6 pote.

      Twee goggas het 12 pote.

      Hoeveel pote het 20 goggas?                                               (2)

 2.   Sammy het 23 albasters. Imraan het 12 meer as Sammy. Altesaam het hulle
      58 albasters. Skryf ‘n getalsin vir die voorafgaande sinne.               (2)

                                                                                16

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com

3.    Identifiseer die reël in elk van die volgende getalrye.
         a. 44 ; 49 ; 54 ; 59; …                                                   (1)
         b. 67 ; 77 ; 87 ; 97; …                                                   (1)
         c.   2 ; 6 ; 18 ; 54; …                                                   (1)

4. Beskryf die getalpatroon in jou eie woorde.

              1      2        3    4       5       6       7        8    9

     1        1      2        3    4       5       6       7        8    9

     2        2      4        6    8       10      12      14       16   18

     3        3      6        9    12      15      18      21       24   27

     4        4      8        12   16      20      24      28       32   36

     5        5      10       15   20      25      30      35       40   45

     6        6      12       18   24      30      36      42       48   54

     7        7      14       21   28      35      42      49       56   63
                                                                                   (1)

Getalsinne

1.    Skryf ‘n getalsin vir die volgende woordsom.
      Yusuf het R84, 00 om ‘n lekker sjokolade vir elk van sy maats te koop. Een
      sjokolade kos R6, 00. Vir hoeveel maats kan hy ‘n sjokolade hy koop?              (2)

2.    Skep jou eie woordsom met gebruik van die getalsin 35 x 9 = 315.                  (2)

3.    Watter instruksie is in die onderstaande tabel gebruik?

         Getal waarmee ek begin             Getal waarmee ek eindig nadat
                                            ek die instruksie gevolg het

                          3                                     7                       (1)

                                                                                   17

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com

4.   Vul ‘n + of – in sodat die volgende getalsinne korrek is.

        a. 165    ______    145 _____ 48 = 262

        b. 789 ______       709 ______207 = 287
                                                                                        (4)

Herken en benoem 2-D vorms

1.    Trapesium                             Parallellogram
      Vyfhoek                               Seshoek

     Gebruik die name in die tabel om die volgende 2-D figure te benoem.

                                                                               B
                    A

                    C                                                      D

                                                                                        (4)

                                                                                   18

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com

3-D voorwerpe

1.      Bestudeer die volgende 3-D voorwerpe en voltooi die onderstaande tabel.

         A                                       B

                       Naam van      Aantal          Aantal          Aantal
                       figuur        vlakke          hoekpunte       rande
              A

              B
                                                                                       (4)

Herken, teken en beskryf simmetrielyne in 2-D vorms

1.      Teken die simmetrielyn(e) in die prente wat simmetries is.

                                                                                       (3)

2.      Benoem enige 4 hoofletters in die alfabet wat simmetries is.                   (2)

3.      Merk die vorms wat simmetries is met ‘n “x”.

                                                                                       (2)

                                                                                  19

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com

4.      Teken die ander gedeelte van die gesig om ‘n simmetriese prent te vorm.

                                                                                             (2)

Tessellasies

1.      Watter van die volgende vorms kan gebruik word om ‘n oppervlak te tesselleer?

                                                                                             (1)

2.      Ontwerp jou eie tessellasie.                                                         (2)

3.      Hoekom kan vierkante en driehoeke gebruik word om te tesseller, maar nie
        sirkels nie?
                                                                                             (2)

                                                                                        20

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com

Identifiseer alledaagse voorwerpe vanuit verskillende aansigte

   1. Trek ‘n pyl om elke tekening met die kind wat dit geteken het te verbind.

                                                                    Andrew

                                                                    Vuvu

 Lundi

         1                              2

                                        3

                                                                                       (3)

                                                                                  21

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Bepaal die posisies van voorwerpe op ‘n rooster of kaart

 1.    Bestudeer die kaart van die eiland en skryf die posisie van elk van die
       volgende neer deur ‘n letter en syfer te kombineer bv. D 10.
       a. Die seerower                                                            (1)

       b. Die reddingsboot                                                        (1)

       c. Die grot                                                                (1)

       d. Die skat                                                                (1)

                     G

                     F

                     E

                     D

                     C

                     B

                     A

                         1   2   3   4       5   6       7   8   9   10   11 12

 2.
                                 A       B           C       D
                         1
                         2
                         3
                         4

       Gebruik die bostaande rooster om die volgende vrae te beantwoord.

       a. Stip die volgende punte A3 ;       B1 en C3

       b. Verbind die punte en benoem die figuur wat jy geteken het.                         (3)

                                                                                        22

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com

Tyd

1.    Bestudeer die bord wat die vertrektye by die lughawe aandui. Beantwoord die vraag
      wat volg.

                                    Vertrektye
       Bestemming             Tyd                Vlugnommer
       Mosselbaai             07:45              S.A.A. 769
       Knysna                 10:20              B.A. 172
       Johannesburg           20:00              S.A.A. 372

      Teken ‘n analoog horlosie se wyserplaat om die vertrektyd van vlugnommer
      S.A.A 769 aan te toon.                                                                   (2)

2.    ‘n Man vertrek om 10.30 vm. uit Kaapstad en arriveer om 3.45 nm. in George. Hoe
      lank het sy reis geneem?                                                                 (2)

3.       Voltooi ...

         a. ‘n Eeu     = ____________ jare.
         b. 3 jare      = __________ maande.
         c. Junie het _________ dae.
         d. ‘n Dekade = _________ maande                                                       (2)

4.       Voltooi die tabel.

          Aantal         1               2          5            10
          minute
          Aantal
          sekondes                                                                             (2)

                                                                                          23

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com

Meting
1.

                                      500 9        750

              1.          340
                           B            C           D
               A
               I        340 m       500 m        750 m

         a. Gebruik die letters A, B, C en D om die houers te rangskik van die een wat
                                                                                           (1)
            die minste tot die een wat die meeste kan inhou.

         b. Hoeveel meer koeldrank kan die Kola bottel as die Pop blikkie inhou?           (1)

         c.   Hoeveel koeldrank kan die 4 houers altesaam inhou?                           (2)

2.       Watter maateenheid word gebruik om die hoeveelheid water in ‘n swembad te
         bereken?                                                                          (1)

3.       Voltooi die volgende.

          a. 0,5 liter = _______ml
          b. 2 cm      = ________mm
          c. 500 mm = _______mm
          d. 1 500g    = ______kg                                                         (2)

4.       Shireen gebruik 2 liter water om tee en koffie te maak, 50 liter om wasgoed te
         was en 32 liter om haar tuin nat te spuit. Hoeveel water het sy altesaam
         gebruik?                                                                         (2)

                                                                                          24

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com

5.   Pas die sinne in kolom A by die eenhede in kolom B.

                  KOLOM A                      KOLOM B

                  Eenheid om afstand te meet   Kilogram

                  Eenheid om massa te meet     Liter

                  Eenheid om vloeistowwe te    Meter
                  meet
                                                                                            (3)

6.   Meet en bereken die omtrek van elke vorm in mm

              A                                            B

                                                                                            (4)

7.   Teken 2 verskillende vorms op die rooster wat uit presies dieselfde aantal vierkante
     as die reghoek bestaan.

                                                                                            (2)

                                                                                     25

### Page 27

Downloaded from hlayiso.com

8.    Hoeveel vierkante vorm die donker figuur?

                                                                             (1)

            Reghoek A                 Reghoek B

         a. Watter reghoek is die grootste?
         b. Uit hoeveel klein vierkante bestaan reghoek A?
         c. Uit hoeveel klein vierkante bestaan reghoek B?                   (3)

10.   Wat is die oppervlakte van die ingekleurde deel van die figuur?

                                                                             (1)

                                                                        26

### Page 28

Downloaded from hlayiso.com

Datahantering

1.     Die grafiek toon die aantal toekennings wat leerders gewen het in ‘n Wiskundetoets.

                                   Toekennings gewen deur leerders.
                               6

          Aantal toekennings
                               5
                               4
                               3
                               2
                               1
                               0
                                      Amina      Lucky           Sam          Tammy
                                                   Name van leerders

                                                                                             (4)
       Voltooi die frekwensietabel.

        Naam                                  Telmerkies               Frekwensie
        Amina
        Lucky
        Sam
        Tammy

             a. Wie het die meeste toekennings ontvang?                                      (1)

             b. Hoeveel toekennings is altesaam gewen?                                       (2)

                                                                                      27

### Page 29

Downloaded from hlayiso.com

2.   Die staafgrafiek toon die gunsteling koeldrankgeure van graad 4D leerders
     aan.

                                 Graad 4 D leerders se gunsteling
                                            koeldrank
                            16

                            14

                            12

                            10

          Aantal leerders
                            8

                            6

                            4

                            2

                            0
                                   Kola   Lemoen     Perske         Appel   Pynappel   Suurlemoen

                                                   Koeldrankgeure

        a. Wat is die verskil tussen die aantal leerders wat kola bo suurlemoen
                verkies?                                                                             (1)
        b. Hoeveel Graad 4 leerders is altesaam gevra wat hulle gunsteling geur
                is?                                                                                  (2)

                                                                                                    28

### Page 30

Downloaded from hlayiso.com

3.     The pictogram stel die gunsteling speelgoed van leerders voor.

          Karre      Poppe      Vlieërs   Tolle       Verf        Klei

       SLEUTEL- 1 gesiggie stel 5 leerders voor.

          a. Watter speelding is die gewildste?
          b. Watter speelding is die minste gewild?
          c. Hoeveel leerders het klei gekies as hul gunsteling?
                                                                                          (4)
          d. Hoeveel meer leerders het poppe as tolle gekies?

Waarskynlikheid

1.     Kies ‘n woord vanuit : “seker”, “onmoontlik”, “waarskynlik”, of “onwaarskynlik”
       om te sê wat die kans is dat ...

          a. Tasneem twee keer in 2012 sal verjaar.
          b. Donderdag die dag na Woensdag sal wees.
          c. ek vandag 15 glase water sal drink.                                          (3)

                                                                                         29

## Related documents

- [Grade 4 Mathematics Exemplar](https://www.hlayiso.com/library/grade-4-mathematics-exemplar/e2f68a37-e8a1-4bb4-ae74-02088918c6ff) — Mathematics · QP · 2012
- [Grade 4 Afrikaans Maths](https://www.hlayiso.com/library/grade-4-afrikaans-maths/2a3b8a18-14d1-425f-8ed0-53e820a66716) — Mathematics · QP · 2012 · Afr
- [Grade 4 Mathematics Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-4-mathematics-memo/fe9ec796-7147-4ab4-bb2d-36fb9247b2a9) — Mathematics · Memo · 2012
- [GRAAD WISKUNDE Memo](https://www.hlayiso.com/library/graad-wiskunde-memo/2caaac25-b88f-41d2-ab97-60cc94901b77) — Mathematics · Memo · 2012
- [Grade 4 Afrikaans Maths Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-4-mathematics-2012-ana-exemplars-memorandum-afrikaans/e1a1438c-c52c-43af-b0ef-d266b86d62c3) — Mathematics · Memo · 2012 · Afr
- [Grade 4 English Maths Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-4-mathematics-2012-ana-exemplars-memorandum-english/4645d1e6-1b3e-4445-8f99-a123f0ea519e) — Mathematics · Memo · 2012 · Eng

## More from Grade 4 Mathematics

- [Grade 4 Maths Memo June 2022](https://www.hlayiso.com/library/grade-4-mathematics-2022-june-exam-memorandum/b967d472-9335-4de3-bb57-5da280e05dd9) — Memo · 2022
- [Grade 4 Mathematics Memo November 2022](https://www.hlayiso.com/library/grade-4-mathematics-2022-november-exam-memorandum/37c09b73-ff69-4c12-9aa1-39d02e9bc0d3) — Memo · 2022
- [Grade 4 Maths Memo June 2021](https://www.hlayiso.com/library/grade-4-mathematics-2021-june-exam-memorandum/9d12ad4b-27af-40c1-8231-65efb95dbb0a) — Memo · 2021
- [Grade 4 Mathematics Mid Year Examination 2021 Marking Guidelines](https://www.hlayiso.com/library/grade-4-mathematics-2021-june-exam-memorandum/5ec49f4c-293c-48c9-8cdb-761fc35afc79) — Memo · 2021
- [Grade 4 Maths Memo November 2021](https://www.hlayiso.com/library/grade-4-mathematics-2021-november-exam-memorandum/44d3b52a-aeac-4ad3-a77b-97f50a25b33d) — Memo · 2021
- [Grade 4 Mathematics Paper 1 Final Examination 2019 Marking Guidelines](https://www.hlayiso.com/library/grade-4-mathematics-2021-november-exam-memorandum-paper-1/11161636-ea23-43b3-b37c-1ea81a15169c) — Memo · 2021

## Collection

- [Grade 4 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-4/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
