# Mathematics Grade 5 ANA Exemplars 2012 Question Paper

> Grade 5 Mathematics question paper from the ANA Exemplars 2012, 26 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/graad-5-wiskunde/bf8d1665-d352-4f29-89c3-3f92977f2888
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematics
- Grade: Grade 5
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: ANA Exemplars
- Curriculum: CAPS
- Pages: 26

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 5](https://www.hlayiso.com/library/grade-5) › [Mathematics](https://www.hlayiso.com/library/grade-5/mathematics) › [Mathematics Grade 5 ANA Exemplars 2012 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/graad-5-wiskunde/bf8d1665-d352-4f29-89c3-3f92977f2888)

## About this document

Mathematics · Grade 5 · ANA Exemplars · 2012. Question paper, 26 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING

            GRAAD 5

           WISKUNDE

     STEL 1: VOORBEELD 2012

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

RIGLYNE BY DIE GEBRUIK VAN JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGSVOORBEELDE (ANA)

1. Algemene oorsig

Die Jaarlikse Nasionale Assessering (ANA) is 'n summatiewe assessering van die verwagte kennis en
vaardighede wat leerders aan die einde van graad 1 tot 6 en graad 9 moes ontwikkel het. As hulpmiddel vir die
skoolgebaseerde assessering en om te verseker dat leerders die nodige selfvertroue ontwikkel om suksesvol
deel te neem aan eksterne assessering, het opvoedkundige panele en vakspesialiste voorbeeldvraestelle
ontwikkel wat onderwysers vir Taal- en Wiskunde-onderrig kan gebruik. Die voorbeeldvraestelle is ontwikkel,
gebaseer op die kurrikulum wat oor die eerste drie kwartale van die skooljaar strek. Daar is ook 'n volledige
Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets (ANA) vir elke graad. Die voorbeeldvraestelle, insluitend die
modeltoets, is aanvullend tot die skoolgebaseerde assessering wat leerders deurgaans moet voltooi en vervang
nie die skoolgebaseerde assessering nie.

2. Die struktuur van die voorbeeldvraestelvrae

Die voorbeeldvraestelle is ontwerp om verskillende tegnieke of style te illustreer om dieselfde vaardighede en/of
kennis te assesseer. Spesifieke inhoudkennis of 'n vaardigheid kan byvoorbeeld geassesseer word deur 'n
meervoudigekeuse-vraag (waar leerders die beste antwoord uit die gegewe opsies kies) of 'n stelling (wat van
die leerder vereis om 'n kort antwoord of 'n paragraaf te skryf) of ander soorte vrae (wat leerders vra om
gegewe woorde/stellings met lyne te verbind, om gegewe sinne of patrone te voltooi, om hulle antwoorde met
tekeninge of sketse te toon, ens.). Onderwysers en leerders sal dus 'n aantal voorbeeldvraestelvrae kry wat
verskillend gestruktureer is, maar wat dieselfde spesifieke inhoud en vaardigheid teiken. Blootstelling aan 'n
groot verskeidenheid vraagstellingstegnieke of -style gee leerders die nodige selfvertroue om op verskillende
toetsitems te reageer.

3. Verband met ander leer- en onderrigbronmateriaal

Sommige teksgedeeltes en vrae word doelbewus vir integrering met die graadverwante werkboeke verbind. Die
voorbeeldvraestelle voldoen ook aan die vereistes van die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV), graad R tot
12, die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklarings (NKABV) vir die onderskeie grade en die
Nasionale Protokol vir Assessering. Hierdie dokumente, saam met ander dokumente wat deur 'n skool voorsien
kan word, sal 'n ryk bron van bronmateriaal vorm wat onderwysers in staat sal stel om lesse te beplan en om
formele assessering uit te voer.

4. Hoe om die voorbeeldvraestelle te gebruik

Alhoewel die voorbeeldvraestelle vir die verskillende grade en vakke as 'n omvattende stel saamgestel is, hoef
die leerders nie op die hele stel in een sessie te reageer nie. Die onderwyser moet toepaslike voorbeeldvrae
kies wat deel vorm van die beplande les. Sorgvuldig geselekteerde individuele voorbeeldvrae of 'n hanteerbare
groep vrae kan tydens die verskillende stadiums van die onderrig- en leerproses soos volg gebruik word:

4.1   Aan die begin van 'n les as 'n diagnostiese toets om leerders se sterk en swak punte vas te stel. Die
      diagnose moet lei tot onmiddellike terugvoer aan leerders en geskikte lesse moet ontwikkel word om
      aandag te gee aan die geïdentifiseerde swak punte en om die sterk punte uit te bou. Die diagnostiese
      toets kan as tuiswerk gegee word om nie onderrigtyd in die klaskamer te verloor nie.

4.2   Gedurende die les as kort, informatiewe toetse om te assesseer of leerders die veronderstelde kennis en
      vaardighede ontwikkel soos wat die les verloop en om seker te maak dat geen leerder agter raak nie.

                                                                                                               1

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com

4.3     By die voltooiing van 'n les of reeks lesse as 'n summatiewe toets om te assesseer of die leerders
        voldoende begrip het en of hulle die kennis en vaardighede in die voltooide les(se) kan toepas.
        Spoedige terugvoer aan leerders is noodsaaklik, sodat die onderwyser kan vasstel of daar dele van die
        les(se) is wat weer behandel moet word om spesifieke kennis en vaardighede vas te lê.

4.4     Om by alle fases leerders aan verskillende tegnieke van assessering of vraagstelling bloot te stel, bv.
        hoe om meervoudigekeuse-vrae (MK), oop vrae of vryeresponsvrae, kortvrae, ens. te beantwoord.

Waar diagnostiese en formatiewe toetse korter in terme van die aantal vrae kan wees, sal die summatiewe
toets heelwat meer vrae insluit, afhangend van die hoeveelheid werk wat reeds teen 'n sekere tyd behandel is.
Dit is belangrik om seker te maak dat leerders uiteindelik genoeg oefening kry in die beantwoording van 'n
volwaardige toets, soortgelyk aan dié van die Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets.

5. Memorandums of nasienriglyne

'n Tipiese voorbeeld van die verwagte response (nasienriglyne) word by elke voorbeeldtoets en Jaarlikse
Nasionale Assesseringsmodeltoets gegee. Onderwysers moet in gedagte hou dat die nasienriglyne geensins
rigied is nie. Dit gee slegs breë riglyne ten opsigte van verwagte response en onderwysers moet aanvaarbare
moontlikhede ondersoek en ander aanvaarbare response van die leerders aanvaar.

6. Kurrikulumdekking

Dit is van kardinale belang dat die kurrikulum in elke klas ten volle behandel moet word. Die voorbeeldvraestelle
vir elke graad en vak verteenwoordig nie die kurrikulum in sy geheel nie. Dit is slegs 'n voorbeeld van
belangrike kennis en vaardighede en dek die werk wat op die eerste drie kwartale van die skooljaar betrekking
het. Die tempo waarteen die werk in sekere skoolkwartale behandel moet word, is vervat in die betrokke
Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklarings (NKABV).

7. Gevolgtrekking

Die doelwit van die Departement is om die vlak en kwaliteit van leerderprestasie in die kritiese
grondslagvaardighede van gesyferdheid en geletterdheid te verbeter. Die Jaarlikse Nasionale
Assesseringsmodeltoets is een instrument wat die Departement gebruik om vas te stel of leerderprestasie
verbeter. Daar word van distrikte en skole verwag om onderwysers te ondersteun en om die nodige
hulpmiddels daar te stel om die effektiwiteit van onderrig en leer in skole te verbeter. Deur van die Jaarlikse
Nasionale Assesseringsmodeltoetse as deel van die onderwyshulpmiddels gebruik te maak, sal onderwysers
leerders help om vertroud te raak met verskillende style en tegnieke van assessering. Indien die
voorbeeldvraestelle behoorlik aangewend word, sal dit help dat leerders die toepaslike kennis opdoen en
vaardighede ontwikkel om effektief te leer en om beter te vaar in toekomstige Jaarlikse Nasionale
Assesseringstoetse.

   1.       Herken, beskryf en vergelyk heelgetalle tot ten minste 6 syfers

                                                                                                               2

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com

     1.1 Vul die ontbrekende getal in.
                                                                                        (1)
          4 210 ; 4 207 ; 4 204 ; _______ ; 4 198

     1.2 Skryf die volgende 2 getalle neer in die ry en sê watter reël jy gebruik het
          om die getalle te kry.
          697 ; 699 ; 701 ; 703 ; ______ ; _______                                      (2)

     1.3 Skryf die veelvoude van 3 neer van 474 tot 483.                                (1)
     1.4 Skryf die veelvoude van 5 neer tussen 718 en 733.                              (1)

     1.5 Voltooi: 5720 is 100 minder as ________                                        (1)

     1.6 Skryf die getal neer wat voorgestel word deur A en B op die getallelyn.
                                        A             B

                21000   21250   21500        22000        22500                         (2)
                21000   21250   21500        22000        02250

2.   2.1 Watter getal word voorgestel deur____
                                                                                        (1)
          40 000 + 2 000 + 5 + 60 + 700

     2.2 Merk die getal in die raam wat seshonderd drie en twintig duisend nege
          honderd en twee voorstel.

                   662 922      623 902     632 209
                   692 023      623 209     623 920                                     (1)

     2.3 Skryf die volgende getalle in woorde.

          a. 42 749
          b. 348 706                                                                    (2)

                                                                                        3

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com

     2.4 Skryf die volgende getal in syfers.

          Drie-honderd-ag-en veertig-duisend sewe-honderd-ses-en-dertig.
                                                                                      (1)
          ____________________________

     2.5 Rangskik die volgende getalle van die kleinste tot die grootste.

          36 589 , 35 698 , 38 569 , 39 958                                           (1)
     2.6 Skryf die grootste en kleinste getal neer wat jy kan maak as jy die syfers
          5, 9, 6,1 , 7 , 2 elk net een keer kan gebruik . ______________
                                                                                      (2)

3.   3.1 Bereken:

          a. 23 + 0
          b. 23 – 0
          c.   25 625 – 25625
                                                                                      (4)
          d. 1298 – 0

     3.2 a. Wat gebeur as jy 0 by ‘n getal bytel?
          b. Wat gebeur as ‘n getal van homself afgetrek word?
          c. Wat gebeur met ‘n getal as jy 0 van die getal aftrek?                    (3)

     3.3 Bereken:

          a. 1x1x1
                                                                                      (2)
          b. 3 x 0 x 3

     3.4 a. Wat gebeur met ‘n getal as jy dit vermenigvuldig met 1?
                                                                                      (2)
          b. Wat is die produk van ‘n getal en 0?

4.   4.1 Is 36 + 24 gelyk aan 24 + 36?                                                (1)

     4.2 As 17 x 3 = 51 wat is 3 x 17 gelyk aan?                                      (1)

     4.3 Voltooi:

          2(5+3) = (2x____) + (2 x ____)
                 = _______ + _______
                 = 16                                                                 (3)

                                                                                      4

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com

     4.4 Is 9 ÷ 3 gelyk aan 3 ÷ 9?                                                     (1)

5.   5.1 Watter van die getalle 1, 6, 9, 7, 8 is faktore van 21?                       (2)

     5.2   Watter van die getalle in die raam is veelvoude van 3?

                               46             49

                               72        68        54

                                                                                       (2)

     5.3      Omkring die getalle wat veelvoude van 8 is op die getallelyn.

                                                                                       (3)
                    4      8        12    16       20   24   28

6.   Ewe en onewe getalle

     6.1      _______ is die volgende onewe getal na 5335.                             (1)

     6.2      Die ewe getal net voor 2846 is ____________.                             (1)

     6.3      Wat is die grootste onewe getal wat jy kan maak met 1 , 3 , 5 , 6 , 2?   (1)

     6.4      Rangskik 4 , 1 , 6 , 7 om die kleinste ewe getal te maak.                (1)

7.   Plekwaarde

     7.1      Teken ŉ telraam om die getal 79 342 voor te stel.                        (1)

                                                                                       5

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

     7.2      Watter getal word voorgestel deur.

              (4 x 10) + (2 x 10 000) + (5 x 1) + (3 x 100) + (6 x 1000)           (1)

     7.3       Wat is die ontbrekende getal?

               33 413 = 30 000 + ________ + 3 + 400 + 10                           (1)

     7.4      Wat is die waarde van die onderstreepte syfer 97 406?                (1)

     7.5      Skryf 3 742 in uitgebreide notasie.                                  (1)

8.   Breuke en desimale breuke

     8.1 Kyk na die houers en beantwoord dan die vrae.

                                        1 litre         1,5 ℓ           SODA
                                      FRUITY                            A2 ℓ
                            0,5 ℓ
              2,5 ℓ                    juice
                              B           C                D
                A
                                                                         E

     a. Watter houer se kapasiteit is tussen      liter en 1,5 liter?

     b. Watter houer se kapasiteit is minder as 1 liter?
     c. Hoeveel Pop blikkiessap het jy nodig om die koeldrankbottel vol te maak?   (3)

                                                                                   6

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

     8.2     Kyk na die breuke-strokies om die vrae wat volg te beantwoord.

             a. Vul in > , < , = om korrekte bewerings te maak.
                          1           3
             (i)
                          4           4                                       (1)

                              4        2
             (ii)                                                             (1)
                              8        4

             b. Skryf 2 breuke neer wat kleiner as ‘n           is.           (2)

             c. Skryf 1 breuk neer wat groter is as         .                 (1)

             d. Watter breuk is gelyk aan         ?                           (2)

     8.3     Skryf die vierde term in die getalry.

                    ;         ;   ; ___________                               (1)

     8.4     Watter breuk kom volgende?

                    ;         ;   ; ___________                               (1)

9.   Afronding tot die naaste 5, 10, 100, 1 000

     9.1     Gebruik die getallelyn om die volgende vrae te beantwoord.

                        120                  A        125       126

             a. Is A nader aan 120 of 125?
             b. 126 afgerond tot die naaste 10 =____________.
                                                                              (2)

                                                                              7

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

      9.2     Beantwoord die volgende vrae en gee ‘n rede vir jou antwoord.

              a. 74 is afgerond tot die naaste       10 = _______
              b. 3 097is afgerond tot die naaste 1 000 = _______                       (2)

      9.3     Rond al die bedrae af tot die naaste rand.

              a. R53,64       =         __________
              b. R 6 348, 35 =         __________                                      (2)

10.   Optel en aftrek met telgetalle
      10.1    Vul die ontbrekende getal in.

              3 576 + __________ = 6 892                                               (2)

      10.2    Bereken 1 673 + 374.                                                     (2)

      10.3    Bereken die som van 3624 en 2304.                                        (2)

      10.4    Anna is ‘n blomme-verkoper. Vandag het sy 1 403 blomme verkoop en
              gister het sy 2 364 blomme verkoop. Hoeveel meer blomme het sy
              gister as vandag verkoop?                                                (3)

      10.5    Sandile verkoop krale by ‘n handwerk-stalletjie. Die tabel wys hoeveel
              krale sy gedurende ‘n 5-dae fees verkoop het.

                Maandag       Dinsdag     Woensdag Donderdag            Vrydag
                 1 213          643         812       417                2068

              a. Hoeveel krale het sy altesaam Maandag, Dinsdag en Woensdag
                                                                                       (3)
                  verkoop?
              b. Hoeveel meer krale het sy Vrydag as Woensdag verkoop?                 (3)

                                                                                       8

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

11.   Gewone breuke

      11.1        Bereken die antwoorde vir vrae a. tot f.

             a.                                      5 1
                                                      +
                                                     6 6                               (1)
                   8 3
             b.     -
                  11 11
                                                                                       (1)
                                                     2    3
             c.                                  3     +5
                                                     5    5
                                                                                       (2)

                    3    4
             d. 9     -1                                                               (2)
                    12 12

             e. 1 van 24                                                               (2)
                6

             f.     van R30                                                            (3)

      11.2        Mamma het ‘n koek gebak en dit in 8 gelyke dele opgesny. Pa eet 3
                                                                                       (3)
                  stukke en jy het een stuk geëet. Watter breuk van die koek is oor?

                                                            1
      11.3        By die Moses Mabhida Stadion in Durban is   van die 630
                                                            3
                  parkeerplekke gereserveer vir beamptes. Hoeveel parkeerplekke is
                  daar vir die toeskouers?                                             (4)

12.   Vermenigvuldiging

      12.1        Bereken die antwoorde vir a. tot d.

             a. 5 x 20
                                                                                       (1)
             b. 6 x 400
                                                                                       (1)
             c. __ x 3 000 =15 000
                                                                                       (1)
             d. 5487 x 62
                                                                                       (3)

                                                                                       9

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

    12.2     Voltooi:

             562 x 5
             = (500 +__+ 2) x 5
             = (500 x___) + (60 x ___) + (___ x 2)
             =_________________
                                                                                  (4)
             = _________________

    12.3     Gebruik die distributiewe metode om 373 x 26 te bereken.             (4)

    12.4     Skryf al die faktore van 54 neer.                                    (2)

    12.5     Maak gebruik van die faktoriseringsmetode om 237 x 42 te bereken.    (3)

13. Deling

    13.1     Gebruik faktore om 728 ÷ 28 te bereken.                              (3)

    13.2     Bereken 289 ÷ 17.                                                    (2)

    13.3     Bereken die kwosiënt.

             21 735                                                               (3)

    13.4     Gebruik 2 verskillende metodes om 805 te deel deur 35.               (3)

14. Eienskappe van getalle

    14.1     Sê of elk van die volgende bewerings WAAR of VALS is.

             a. 7 x 3 + 6 = 3 + 7 x 6
             b. 3(5 +6) = (3 x 5) + (3 x 6)
             c. 51 + 22 = 22 + 51
             d. 24 ÷ 5 = 5 ÷ 24
                                                                                  (5)
             e. 61 x 0 = 610 x 0

                                                                                 10

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

      14.2   Voltooi:
             a. 9 + 2 = 2 + ___
             b. 7 + 1 = ___ + 7
             c. ___ x 4 = 4 x 6
             d. 8 x ___ = 5 x ____                                                    (4)

      14.3   Voltooi:
             a.   2 x (3 x 4) = (2 x 3) x _____
             b.   1 + (3 + 5) = (1 + 3) +___
             c.   6 x (2 + 4) = (6 x 2) + (_______)                                   (3)

15.   Verhouding en koers

      15.1   Wat is die verhouding van die aantal dogters tot die aantal seuns in jou (1)
             klas?

      15.2   As ek wil koeldrank maak gebruik ek 2 liter konsentraat en voeg 4 liters
             water by. Dit beteken ek het die konsentraat en water gemeng in die
             verhouding ____________________ .                                        (1)

      15.3   1 liter sap kos R12,50.
                                                                                      (3)
             Hoeveel gaan ek betaal vir 8 liter van dieselfde sap?

      15.4   As 5 kg suiker R40 kos. Wat is die prys per kg?                          (2)

      15.5   Verdeel 200 voorwerpe in 5 gelyke groepe.                                (1)

      15.6   Verdeel 300 appels gelykop tussen 20 mense.                              (2)

                                                                                     11

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

  15.7 Die lys hieronder toon die inkomste en uitgawes per maand van Mnr. en
        Mev. Moeng aan.

         Mnr.   Moeng R10 200        Klere       R1 847
         se salaris

         Mev. Moeng R7 500           Vervoer     R1 280
         se salaris

         Huurinkomste R2 150         Kos         R2 624

        a. Wat is hulle totale inkomste vir 1 maand?                            (2)
        b. Wat is hulle totale uitgawe?                                         (2)
        c. Hoeveel geld het hulle aan die einde van die maand oor?              (2)

16. Numeriese- en Meetkundige- patrone

   16.1 Voltooi elk van die volgende patrone:
         a. 25; 50; 75 ___; ___ .
         b. 1994; 1998; 2002; ______; _______ .
                                                                                (3)
         c. 99; 94; 89; ____; ______

   16.2 Gee die reël vir elk van die patrone.

         a. 21; 26; 31; ………..
                                                                                (2)
         b. 56 ; 49 ; 42; ………

   16.3 Beskryf die verhouding tussen die getalle in die boonste ry en in die
        onderste ry in elke tabel.

          x     1     2   3     4

          y     3     5   7     9

          x     1     2    3     4

          y     5     6    7     8
                                                                                (2)

                                                                                      12

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
   16.4 Voltooi die patroon:

                                                                 (1)

    16.5   Maak twee van jou eie patrone.                        (2)

17. Vloeidiagramme en getalsinne

    17.1             Invoer               Reёl        Uitvoer

              a.     15

                     20               X 3
                     25

                     Invoer            Reёl            Uitvoer

              b.    15

                    30
                                    5           -3
                     45

                     60

                     75                                          (8)

                                                                       13

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

17.2   Skryf ‘n getalsin vir elk van die volgende woordsomme:

       a. Daar is 5 seuns en 23 meisies in ‘n klas. Hoeveel leerders is daar
          altesaam in die klas?

       b. ‘n Ma koop 3 dosyn lekkers vir haar twee kinders. Sy besluit om 4
          lekkers vir die pa te gee en toe verdeel sy die res van die lekkers
          gelykop tussen die 2 kinders. Hoeveel lekkers kry elke kind?

       c. Daar is 20 handsakke met 5 lipstiffies in elke sak. Hoeveel lipstiffies is
          daar altesaam?

       d. Die som van vier getalle is 20500. Drie van die getalle is 2341, 578 en
          10690. Wat is die vierde getal?                                               (4)

17.3   Skryf ‘n getalsin en bereken dan die antwoord.

       Mev. Mashile koop wêreldbekerkaartjies vir 29 wedstryde vir haarself en
                                                                                       (4)
       haar man teen R160 elk. Hoeveelkos die kaartjies altesaam?

17.4   Skryf die reёl neer wat in die onderstaande vloeidiagram gebruik is.

              48                                          8
             36                                            6
              24                                           4                           (1)

                                                                                       14

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

18. 2-D vorms, 3-D voorwerpe, simmetrie en transformasies

    18.1    Voltooi die tabel.
                       Vorm               Naam van         Aantal   Aantal
                                            vorm            sye     hoeke

                                                                             (6)

   18.2 Skryf neer hoeveel regte hoeke daar in elke figuur is

           Skryf neer hoeveel regte hoeke daar in elke figuur is.

            a.                                       b.

                                                                             (2)

                                                                              15

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com

18.3

       Hoeveel reghoeke is daar op die diagram van die sokkerveld?
       ____________                                                  (1)

18.4

       Benoem die 2-D vorms op die sokkerbal.                        (2)

18.5    3-D voorwerp             Naam van 3-D     Die name van
                                 voorwerp         die vorms op
                                                  die vlakke

                                                                     (4)

                                                                     16

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
19.

       19.1     Teken al die simmetrielyne in die vorm.

                                                                                    (2)

       19.2     Die sylengtes van die bostaande figuur is ewe lank. Hoeveel
                simmetrielyne het die vorm?

                                                                                    (1)

        19.3    Trek ‘n lyn simmetrielyn in die driehoek waarin 2 sye ewelank is.

                                                                                    (1)

20.
      20.1     Pas die woorde in kolom B by die woorde in kolom A.

                KOLOM      A                  KOLOM B

                20. 1 Roteer                  a. gly

                20. 2 Transleer               b.   swaai

                20.3   Reflekteer             c.   draai
                                                                                    (3)

      20.2     Teken die volgende figuur in die diagrampatroon.

                               *

                  *                     *                                           (1)

                                                                                          17

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
      20.3     Teken die refleksie van die driehoek in die donker vertikale lyn.

                                                                                   (1)

21.   AANSIGTE EN ROOSTERPOSISIES

        21.1    Maak ‘n kolletjie om die posisie van die punte A4, A1, C1, G3
                en D2 op die rooster aan te dui.

                            A    B       C       D       E       F       G
                    1
                    2
                    3
                    4                                                                (5)

             21.2   Figure en vorms word op die rooster aangedui. Beantwoord die vrae
                    wat volg.

                                 A           B          C            D        E
                        1

                        2

                        3

                        4

                        5

                    a. Benoem die voorwerp op
                        C5: ______________________________
                        E2:_______________________________

                                                                                           18

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com

        b. Gee die posisie van die
               driehoek: _______
               reghoek: _______                                     (4)

21.3

       Links                           Regs

                   Voor

       a. Teken die aansig van die voorwerp vanaf die regterkant.

       b. Teken die aansig van die voorwerp vanaf die agterkant.

       c. Teken die aansig van die voorwerp van bo af.                    (3)

21.4   Teken die aansig van die voorwerp van bo af.

                                                                          (1)

21.5   Teken die sy-aansig van die volgende vorm.

                          Bo- aansig

                                              Sy -aansig

                                                                          (3)
                     Vooraansig

                                                                                19

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com

22.          Meting
      22.1 Voltooi die tabel:

                                  AANTAL
                      Jare   Eeue    Dekades Maande
                      Bv.100   1       10    1 200
                      50
                      25
                      75                                             (9)

  22.2       Skryf elk van die volgende in analoog tyd.

             a. 06:00
             b. 21:30
             c. 23:15                                                (3)

        22.3    Skryf elk van die volgende in 24-uur tyd.

                a. Kwart oor 5 in die aand.
                b. Kwart voor 8 in die aand.
                c. Half drie in die oggend                           (3)

      22.4 Skryf die digitale tyd , hierbo getoon, as analoog tyd.

                   19:10
                                                                     (1)

      22.5
               Tel op:                             Trek af
               4 weke 2d                           13h 44min
               9 weke 3d                            9h 35 min
               __________                          __________
                                                                     (2)

                                                                           20

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com

23. 23.1   Kies en skryf die korrekte maateenheid in elke geval, neer.

            Item              (m, cm, kg, mℓ ; km, mm, ℓ )

            Afstand van
            Kaapstad tot
            Oos-London

            Vingernael

            Sak sement

            Koppie tee
                                                                                        (4)

    23.2   Edward verkoop 4 002 liters      paraffien in Januarie, 98 000 milliliters
           paraffien in Februarie en 1, 703 kiloliters paraffien in Maart. Hoeveel
           liters paraffien het hy altesaam verkoop?                                    (4)

    23.3   Kleur die blokkies in die tabel wat die totale massa van die pampoen
           gee, in.

                   2 kg

            0,5 kg        250 g     200 g
            0,25 kg       600 g     400 g

    23.4   Die lengte van my serp is 2 meters. Hoe lank is dit in sentimeters?          (2)

    23.5   Watter een van die volgende temperature beskou jy as baie koud?
                                                                                        (1)
           2oC      12 oC         22 oC

                                                                                              21

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com

24.   24.1 Reghoek ABCD is op die rooster waar 1 blokkie = 1cm x 1cm,
           geplaas.

                   A                                                  B

                   D                                                    C

           a. Skryf neer die lengte van AB en BC.                                   (1)

           b. Bereken die oppervlakte van die reghoek ABCD                          (4)

        24.2   Bereken die volume van ‘n kubus as die lengte van elke syvlak 6 cm
               is.                                                                  (3)

        24.3   Bereken die volume van die onderstaande prisma:

                                 7 cm

                               6 cm
                                                                                     (3)
                   5 cm

                                                                                           22

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com

25.    Datahantering

      25.1       Shereen het elke leerder in haar klas gevra wat hulle gunsteling
                 roomys geur is. Sy het hulle antwoorde opgeteken in ‘n tabel. Teken
                 ‘n staafgrafiek om die data te illustreer.

                  Roomys geure        Aantal leerders
                      Vanielje               12
                     Sjokolade                9
                       Aarbei                 6
                     Lemmetjie                3                                        (3)

      25.2 Daar is 50 leerders in ‘n klas. Hulle werk daaraan om hulle
             skoolomgewing te verbeter.

                  17 doen afvalbeheer
                  10 maak ‘n groentetuin
                  12 plant bome
                  11 is verantwoordelik vir waterbewaring

             Voltooi die frekwensie table.

                 Omgewingskwessie Telmerkies Frekwensie

                 Afvalbeheer                                  17

                 Groentetuin                                  10

                 Boomplant                                    12

                 Waterbewaring                                11
                                                                                       (4)

                                                                                             23

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com

    25.3   Die volgende is ‘n frekwensietabel wat toon watter sokkerspanne die
           Graad 6 A leerders gedurende die wêreldbeker in 2010 ondersteun
           het. Die totale aantal Graad 6 leerders in die skool is 150.
           Voltooi die frekwensietabel.

                Spanne                     Telmerkies             Frekwensie
            Suid-Afrika         III     III II                        12
            Ghana               I       I                              9
            Brazilië            III     III I
            Spanje              I       I                             4
            Argentinië          III
                                I

           a. Skryf die modus van die datastel neer.
           b. Wat is die verhouding van die aantal graad 6A leerders tot die
              verhouding tot die totale graad 6 populasie?                           (6)

26. Waarskynlikheid

    26.1   Vul in a, b, c of d in die korrekte kolom om by die waarskynlikheid van
           elk van die gebeurtenisse te pas.

           a. Die son gaan mȏre skyn.
           b. Ek kan tot by die maan spring.
           c. Die kinders in graad 5 sal nooit langer word nie.
           d. Oefeninge maak jou fiks.

            Onmoontlik                Seker

                                                                                     (4)

                                                                                      24

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com

26.2   Jy het ‘n sakkie met ‘n 50c, ‘n 20c, ‘n R1 en ‘n R2 muntstuk in.
       Omkring die regte antwoord. Jou kans om ‘n R1 stuk te trek is...
       a. Moontlik
       b. Seker
       c. Onmoontlik                                                      (1)

26.3   Wat is die kans om ‘n 2 op ‘n dobbelsteen te gooi?                 (1)

                                                                           25

## Related documents

- [Grade 5 Mathematics Exemplar](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-mathematics-exemplar/c9060390-a22e-43b7-80e0-3b6ece187fcf) — Mathematics · QP · 2012
- [Grade 5 Mathematics memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-mathematics-memo/115c0f04-cd3c-453d-947b-5f8c0e523cca) — Mathematics · Memo · 2012
- [GRAAD 5 WISKUNDE MEMO](https://www.hlayiso.com/library/graad-5-wiskunde-memo/346d3240-fcd0-41fb-a030-e300fb1a3dce) — Mathematics · Memo · 2012
- [Mathematics Grade 5 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/mathematics-grade-5-2012-eng/f724e2b4-3165-4d59-b0f4-93c36c653777) — Mathematics · QP · 2012 · Eng
- [Mathematics Grade 5 2012 Afr](https://www.hlayiso.com/library/mathematics-grade-5-2012-afr/240feb20-bafc-4873-979a-24ce42bb3818) — Mathematics · QP · 2012 · Afr
- [2013+GRADE+5+MATHEMATICS+EXEMPLAR+QUESTIONS+2013+ANA](https://www.hlayiso.com/library/2013-grade-5-mathematics-exemplar-questions-2013-ana/f3424736-f1d0-4b70-a915-46aebba5519c) — Mathematics · QP · 2013

## More from Grade 5 Mathematics

- [Grade 5 Maths Memo June 2022](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-mathematics-2022-june-exam-memorandum/6d3d810d-b9a5-4983-80fe-ba3d61d032df) — Memo · 2022
- [Grade 5 Mathematics Memo November 2022](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-mathematics-2022-november-exam-memorandum/e45658d0-e2e3-4691-97f6-8a8a862f2be9) — Memo · 2022
- [Grade 5 Mathematics Mid Year Examination 2021 Marking Guidelines](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-mathematics-2021-june-exam-memorandum/4d590714-0048-4c07-82c1-511658c0e232) — Memo · 2021
- [Grade 5 Maths Memo June 2021](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-mathematics-2021-june-exam-memorandum/53d02fa2-13c5-4116-aced-913c242e75e6) — Memo · 2021
- [Grade 5 Maths Memo November 2021](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-mathematics-2021-november-exam-memorandum/62ade1b2-cffe-4e37-95a0-ec54e831b674) — Memo · 2021
- [Grade 5 Mathematics Paper 1 Final Examination 2019 Marking Guidelines 1](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-mathematics-2019-november-exam-memorandum-paper-1/591b37b2-d75d-443f-91db-b48fd89d18c2) — Memo · 2019

## Collection

- [Grade 5 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-5/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
