# Afrikaans Fal Grade 8 NSC November 2022 Question Paper (Afr)

> Grade 8 Afrikaans Fal question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/graad-8-afr-eat-v1-nov-2021-1/1b5374fe-eb6e-4dd2-8ad7-ef693d8c111c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans Fal
- Grade: Grade 8
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 8](https://www.hlayiso.com/library/grade-8) › [Afrikaans Fal](https://www.hlayiso.com/library/grade-8/afrikaans-fal) › [Afrikaans Fal Grade 8 NSC November 2022 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/graad-8-afr-eat-v1-nov-2021-1/1b5374fe-eb6e-4dd2-8ad7-ef693d8c111c)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 8 · NSC November Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

HOERSKOOL VREDENBURG

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

GRAAD 8 NOVEMBER 2021

TAAK 10 TYD: 2 UUR
EKSAMINATOR: — L. SMIT PUNTE: 60

MODERATOR: L. CRAILL, K. CORDIER

NET DIE BESTE GEE VOLDOENING

INSTRUKSIES

1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE AFDELINGS:

AFDELING A: Geskrewe en visuele begrip * (30)
AFDELING B: Opsomming (10)
AFDELING C: Taalstrukture en —konvensies (20)

2. Beantwoord ALLE vrae.

3. Begin elke afdeling op 'n NUWE BLADSY.

4. Nommer jou antwoorde presies soos in die vraestsel.
5. Trek ’n KANTLYN aan die regterkant van elke bladsy.
6. Los ’n reél oop tussen antwoorde.

7. Skryf NETJIES en leesbaar.

8. Skryf met ’n BLOU of SWART pen.

9. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

10. Sterkte!

### Page 2

AFDELING A: BEGRIP

TEKS A
Lees die onderstaande teks en beantwoord die vrae wat daarop volg.

Die rol van troeteldiere in jou kind se lewe

Lousanne Hugo

ik.

As ek terugdink aan my gelukkigste
herinneringe as kind, is my troetel-
diere prominente figure daarin. Ek
onthou my eerste hamster en hoe ek
hom heeldag dopgehou het... Ek
onthou hoe ek baba-gansies uit hulle
eiers gehelp het en weer onder die
mamma se vlerkies gesit het... Ek §
onthou hoe ek duiwe probeer mak : :
maak het en hoe hulle in my klerekas nes gemaak het... As ek my 0&
toemaak en terugdink aan my kinderdae, sien ek ons erf. Ek sien al die
hoenders, ganse, eende en honde wat almal my maats was. Ek onthou
hoe die ganse bo-op my kom staan het as ek hartseer was en hulle bekkies
deur my hare getrek het so asof hulle sé: "Alles gaan okay wees; ons is
lief vir jou."

Ek besef dat alle kinders nie die voorreg het om troeteldiere te hé nie en
dat daar sekerlik redes is waarom hulle dit nie kan hé nie, maar ek wil
graag die positiewe impak wat troeteldiere op kinders se lewens kan speel,
uitlig. Wanneer daar na die voordele van die mens-dier-verhouding gekyk
word, kan fisiese, emosionele en sosiale voordele geidentifiseer word.

Wanneer kinders in kontak met diere kom, en dit positief beleef, skei die
brein oksitosin* af. Hierdie stof skep ‘n gevoel van geluk en liefde wat
kinders as "lekker" beleef. Hierdie stof help ook die kind om gesonde
bindings te vorm en kan positief benut word by kinders wat
bindingsprobleme het. Mediese navorsing toon ook dat positiewe kontak
met diere bloeddruk en spanning verlaag en hartklop reguleer. Kinders
ervaar dus 'n ontspanne gevoel wat angstigheid verlaag en die kind help
met emosionele regulering.

Elke dag wanneer ek by die huis kom, wag daar twee swaaiende sterte vir
my by die hek. Hulle gee nie om hoe my dag was, hoe ek lyk of wat ek
doen nie. Hulle is altyd bly om my te sien. My honde bied onvoor-
waardelike liefde en aanvaarding binne ‘n wéreld wat dit nie noodwendig
bied nie. Kinders ervaar die dier-kind-verhouding as veilig aangesien die
dier nie die kind. oordeel nie. Positiewe kontak met troeteldiere skep
emosionele veiligheid vir kinders aangesien hulle altyd daar is om 'n hand
te lek of 'n drukkie te gee in tye van hartseer.

### Page 3

3:

As kind het my ouers vir my een belangrike les geleer: "Respekteer alles
wat lewe, maak nie saak hoe klein hulle is nie." Deur my interaksie met
aiere het ek geleer dat ek nie diere kan seermaak of mishandel nie.
Positiewe kontak met troeteldiere kan dus vir kinders toepaslike sosiale
gedrag leer en empatie bewerkstellig. Kinders leer ook hoe om
verantwoordelikheid vir die dier te neem en hoe om respek vir ander te
hé. Hulle ontwikkel 'n gevoel van bemeestering en verantwoordelikheid vir
besluite. Dit ontwikkel oorsaak-gevolg-denke in kinders en speel 'n
posiiewe rol in hul sosialisering. Indien kinders respek en empatie vir ‘n
troel eldier kan toon, kan hulle dit ook. vir ander mense en maats toon.
Kinders wat nie respek en empatie leer nie, sukkel om maats te maak en
om sosiale situasies effektief te hanteer.

*Oksitosin: 'n Hormoon deur die hipotalamus geproduseer, wat 'n belangrike rol speel in sosiale binding,
voortplanting en ook tydens en na geboorte. (https://en.wikipedia.org/wiki/Oxytocin)

Verwerk uit: https://www.vitanova.co.za/Articles/Tabld/87 7/ArtMID/2636/Article[D/53/Die-rol-van-
troeteldiere-in-jou-kind-se-lewe.aspx

|
vRad 1

1.1 Watter aspek van die skrywer se kinderjare staan vir haar uit? (1)

1.2 Gpe twee bewyse uit par.1 dat die skrywer baie omgee vir diere se

veiligheid. (2)
1.3 las die skrywer eensaam as kind? Motiveer jou antwoord deur ‘n-sin uit

petaatat 1 aan te haal. (1)
1.4 Gee een moontlike bewys dat die skrywer glo diere kon haar hartseer as

kind aanvoel. (1)
41.5 Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Motiveer jou antwoord volledig.

Die skrywer gio dat alle kinders troeteldiere moet hé. (1)
1.6 Verdi in jou eie woorde wat “bindingsprobleme’” beteken. (1)

1.7 Om watter moontlike redes, dink jy, kan sommige kinders nie troeteldiere
hé nie? (2)

| ‘
1.8 Op watter manier word die brein deur ’n kind-dier-verhouding geaffekteer? (1)

1.9 — EEN fisiese bewys wat staaf dat die skrywer se honde bly is om

haar te sien wanneer sy by die huis kom. (1)

|
| 3
|
|

### Page 4

1.10 | Bespreek TWEE belangrike eienskappe (waardes) wat ‘n kind leer
danksy 'n kind-dier-verhouding. (2)

1.11 | Watter belangrike les het die spreker se ouers haar as kind geleer? (1)

1.12 | Noem enige TWEE voordele wat die hormoon oksitosin vir mense se

gesondheid inhou. (2)

1.13 | Stem jy saam met die skrywer oor die belangrike rol van diere in ‘n kind
se lewe? Motiveer jou antwoord. (2)

1.14 | Watter dier sal jy graag as ‘n troeteldier wou hé? Gee ‘n rede vir jou
antwoord. (2)

[20}

TEKS B

Hestoiser die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1.15 Waaroor gaan hierdie spotprent? (1)
1.16 | Noem TWEE OOREENKOMSTE tussen die eienaar en die hond. (2)
1.17 | Hoe pas die koerantopskrif links bo by die hond in die spotprent? (1)

### Page 5

1.18
1.19

1.20

1.21

Bespreek een OOREENKOMS tussen TEKS A en TEKS B. (1)
Waarna verwys die eerste muis met die woorde, “Dis al die lekker sous”?
Waar, dink jy, sou hy hierdie lekker sous gekry het? (2)
Dink jy dit is REG wat die man in die spotprent aan homself en aan sy
troeteldier doen? Gee ‘n rede vir jou antwoord. (2)
Kies ‘n gepaste antwoord vir die volgende stelling:

Die dokter in die spotprent lyk:

a) Gelukkig

b) Bekommerd

c) Hartseer

d) Geirriteerd (1)
[10]

TOTAAL AFDELING A: [30]

### Page 6

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

Lees die onderstaande teks en voer die instruksies uit.
INSTRUKSIES:

Ae Som die SEWE WENKE om ‘n suksesvolle troeteldiereienaar te wees, op.
2; Jou opsomming moet in jou EIE WOORDE, PUNTGEWYS aangebied word.
3. Dit is nie nodig om Jou opsomming ‘n titel of inleiding te gee nie.

4. Die opsomming mag nie meer as 90 woorde wees nie.

5.

; Pui die korrekte aantal woorde wat jy vir die Opsomming gebruik het, aan.
TEKS C

Jenke Vir suksesvolle troeteldiereienaars

|
Net soos om 'n ouer te wees, is daar vaardighede wat jy nodig het om ‘n suksesvolle
troeteldiereienaar te wees. Daar is baie meer betrokke as om net na die troeteldier-
winkel te gaan en ’n hondjie of katjie te gaan haal.

Deesdae maak dierewelsynsorganisasies dubbe! seker dat jy in staat is om *n verant-
woordelike troeteldiereienaar te wees, voordat hulle ‘n klein hondjie, katjie of 'n

As jy eers ’n troeteldier het, moet jy in staat wees om vir die inspuitings wat jou d lertjie
nodig caer hé, te betaal. Jy moet seker maak dat jy ’n troeteldier kan bekostig. Goeie
troeteldierkos is nie goedkoop nie en veeartsrekeninge kan baie duur wees. Tensy jy
kan bekostig om ordentlik vir ’n troeteldier te sorg, is dit beter om sonder een klaar te

kom.

|
Wees konstant wat jou reéls betref. Dit is veral belangrik vir honde. As Jy geen honde
Op jou meubels wil hé nie, Moet Jy dit nooit toelaat nie. As Jy dit nou en dan laat gebeur,

vir honde| wat baie oefening nodig het, soos Border Kolliehonde. Hulle het oop spasies
Nodig. As jy nie bereid is om pligsgetrou jou hond vir sy daaglikse wandeling of draffie
te neem nie, moet ly liewer nie een aanhou nie.

Troeteldiere is ook gewoontediere en het die sekuriteit van gereelde en voorspelbare
voer-tye nodig. Diere moet op dieselfde tyd elke dag gevoer word. Dit is nie ’n goeie
idee om toe te laat dat diere onbeperkte toegang tot kos het nie - baie van hulle sal te
veel vreet, veral as hulle verveeld of angstig voel. Sit die kos neer, los dit vir’n halfuur
en verwyder dit dan. Maak ook seker daar’s altyd vars water vir jou diere.

Diere voel seergemaak en verward wanneer hulle geslaan word en dit los nie enige
dissiplinére probleme Op nie. Miskien haal Jy net jou opgekropte woede op ’n weerlose
dier uit. Moet dit nie doen nie, Gewoonlik is jou stemtoon genoeg om jou misnoeé te

kenne te gee.
[oe
6

### Page 7

Laastens, katte kan nog klaarkom met heelwat tyd op hul eie, maar honde het baie
geselskap nodig. Hulle is tropdiere en raak depressief as hulle die heeldag alleen moet
wees. Dit is belangrik om met jou diere te speel en dit te geniet. Dit is per slot van
rekening die hoofrede hoekom jy ’n troeteldier aanhou.

(Susan Erasmus, Health24, hersien Oktober 2010)

i
|
| TOTAAL AFDELING B: [10]
|

### Page 8

AFDELING C: TAAL

TEKS D
Bestudeer die onderstaande tekste en beantwoord die taalvrae wat daarop volg.

Die krokodil en die
swembadnoedel

|
1 Hier is een krokodil wat beslis weet hoe om die lewe
te sen

2'n Man van Florida het vroeér vandeesmaand gesien
hoe ’n n krokodil ’ n kanaal in Key Largo oorsteek :
deur i 'n drywende “pool noodle” gebruik te maak. Eoio: Victor Perez, In fagram (@vipkeys

3 “Ek het heel eerste gewonder wat met die persoon gebeur het wat die noedel gebruik
het!” ‘. plaaslike inwoner, Victor Perez, aan Fox News gesé nadat hy die (3.6) geel

swembadspeelding op die kanaal gesien het. “Ek weet glad nie hoe hy dit in die hande
gekry | Pe nie, maar hy het soos ’n tipiese Florida-toeris gelyk.”

4 (3.8) Fotos van die krokodil en sy speelding het vinnig ’n groot treffer op sosiale media
geword. Perez het dit met die wéreld gedeel.

5 Dis st | eds nie duidelik waar die oulike krokodil aan die speelding kom nie, maar
sanraking is (3.12)baie slim, veral wanneer hulle met mensgemaakte voorwerpe in
aanraking kom.

Aangepas uit Marcela Media (23 Augustus 2018)

VRAA ob:

3.1. | Skryf die VERKLEININGSVORM van krokodil neer. (1)
3.2 _Identifiseer die KERN van die woord swembadnoedel. (1)
3.3. |Herskryf paragraaf 1 in die VERLEDE TYD. (1)
3.4 | Waarom is “pool noodle” in aanhalingstekens geskryf? (par. 2) (1)
3.5. Herskryf die onderstreepte sinsdeel in paragraaf 3 in die INDIREKTE

REDE. Begin met: Plaaslike inwoner, Victor Perez, het gesé dat... (1)
3.6 Wat is die INTENSIEWE VORM van geel? (1)
3.7 | Identifiseer ’n spelfout in paragraaf 4 en gee die korrekte spelling van die

woord. (1)
3.8 | Benoem die BYWOORD in die onderstreepte sin en sé watter TIPE

BYWOORD dit is. (2)

3.9  Verbind die twee sinne in paragraaf 4 met ’n gepaste VOEGWOORD. (1)
3.10 | Skryf die VERKLEININGSVORM van die woord wéreld neer. (par.5) (1)

### Page 9

3.11

3.12
3.13

TEKS.

Verdeel die woord sosiale in LETTERGREPE en sé of elke lettergreep

OOP of GESLOTE is. (2)
Gee die OORTREFFENDE TRAP van baie. (1)
Identifiseer ’n BYVOEGLIKE NAAMWOORD in paragraaf 5. (1)

[15]
E

3.14

3.15
3.16

3.17

3.18

Skryf die volgende sin in ONTKENNENDE vorm:
Hiatt suiker het geval. (1)

Gee 'n ANTONIEM vir lekker. (1)
Sky die sin oor in die TOEKOMENDE TYD:
Ek voel nie lekker nie! (1)

Rentinseer die GESEGDE in die volgende sin:

L
Ek voel nie lekker nie! (1)
Maak ‘n sin met die HOMONIEM sak. (1)
[5]

TOTAAL AFDELING C: [20]
GROOTTOTAAL: 60 PUNTE

### Page 10

|
GRAAD 8
TAAK 10 MEMORANDUM
EKSAMINATOR: — L. SMIT PUNTE: 60
MODERATOR: —_L. CRAILL, K. CORDIER

HOERSKOOL VREDENBURG

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

NOVEMBER 2021

NET DIE BESTE GEE VOLDOENING

VRAAG ANTWOORD PUNTE | VLAK
|
1.1 | Haar troeteldiere. / 1 1
|
1.2 Sy het klein gansies uit hul eiers gehelp V en hulle veilig | 2 2
by hulle ma’s gaanlos. JV
1.3 | Nee, sy sé dat die diere op hul erf almal haar maats 1 2
| was. 4
147 Sy glo die ganse het bo-op haar kom staan/ hulle het 1 3
haar hare getrek om haar te troos. /
1.5 ONWAAR. Sy besef dat nie almal troeteldiere kan hé 1 3
nie./ Sy voel almal moet —_ ten minste net in aanraking
met troeteldiere kom. V
16 Die brein skei oksitosin af. V 1 1
1.7) ’n Kind sukkel om gesonde verhoudings met ander 1 3
i mense te bou. /
1.8 Hulle kan allergies wees V / Kan nie finansieel omsien | 2 3
vir diere nie V/ Ouers dalk allergies V (enige twee
geskikte redes)
1.9 Hulle swaai hulle sterte. / 1 1
1.10 Respek ¥ en empatie V 2 1
1.41 Dit verlaag bloeddruk/ Dit verlaag spanning/ Dit reguleer | 2 4
| hartklop/ Angstigheid verlaag / Dit help met emosionele
| regulering. (Enige twee) /V

### Page 11

Ja, mediese navorsing bewys dat dit voordelig is./ 2 4
Kinders leer belangrike waardes en lewenswaardhede
deur ‘n troeteldier te hé./ Enige gepaste rede. //

OF

Nee, diere is vuil. / Maak dat kinders minder tyd met
vriende spandeer./ Enige gepaste rede. /

(Ja/Nee + rede = 2 punte of 0)

1.13 "Respekteer alles wat lewe, maak nie saak hoe klein 4 il
hulle is nie."

1.14 Leerder verskaf eie troeteldier V en gepaste 2 3
motivering. v

1.15 Oorgewig diere/ diere wat vet en ongelukkig is/ vetsug 1 2

| by diere/ Diereienaars wat hulle diere mishandel deur vir

hulle te laat ooreet.

1.16 | Hulle is oorgewig. 2 3
Hulle eet te veel.
Hul borde is oorlaai met kos.
Hulle lyk ongelukkig .
(enige TWEE V Vv)

1.417 Die opskrif sé dat vet troeteldiere ongelukkig is, en die | 1 2
hond is vet/ lyk ongelukkig.v (Albei vir 1 punt)

1.18 Teks A en teks B gaan albei oor mense wat troeteldiere | 4 2
besit.

1.19 Hy kyk na die nommer op die skaal en sy boepensie, en | 2 3
blameer dit op al die lekker sous wat hy geéet het. /
Hy sou die lekker sous by die oorskietkos van die hond
en/of sy eienaar gekry het. /

1.20 Nee, dit is mishandeling om jou diere so te laat ooreetV/ | 2 3
enige gepaste rede.

1.21 B (Bekommerd) 1 2

TOTAAL AFDELING A: [30]

### Page 12

AFDELING B: OPSOMMING

Aanhaling uit Teks

Moontlike bewoording

1 ay moet seker maak dat jy ’n troeteldier kan
'bekostig. Goeie troeteldierkos is nie goedkoop
nie en veeartsrekeninge kan baie duur wees.

Maak seker jy kan ‘n
troeteldier bekostig.

2 Wees konstant wat jou reéls betref. Dit is veral
belangrik vir honde. As jy geen honde op jou
meubels wil hé nie, moet jy dit nooit toelaat
nie. As jy dit nou en dan toelaat, maak dit die
dier onseker.

Wees konstant met die
reéls wat jy maak.

3 | Honde het ook oefening nodig en word stuurs
en onbeheerbaar wanneer hulle op werwe of
in tuine vasgekluister word. Dit geld veral vir
honde wat baie oefening nodig het, soos
Border Kolliehonde. Hulle het oop spasies
nodig. As jy nie bereid is om pligsgetrou jou
hond vir sy daaglikse wandeling of draffie te
neem nie, moet jy liewer nie een aanhou nie.

Vat jou hond gereeld vir ‘n
wandelstappie. / Sorg dat
jou hond gereeld genoeg
oefening inkry.

4 | Diere moet op dieselfde tyd elke dag gevoer
word. Dit is nie 'n goeie idee om toe te laat dat
diere onbeperkte toegang tot kos het nie - baie
van hulle sal te veel vreet, veral as hulle
verveeld of angstig voel.

Voer jou hond op dieselfde
tyd elke dag.

5 | Maak ook seker daar’s altyd vars water vir jou
diere.

Maak seker jou diere het
altyd vars water.

6 Diere voel seergemaak en verward wanneer
hulle geslaan word en dit los nie enige
dissiplinére probleme op nie. Miskien haal jy
net jou opgekropte woede op ’n weerlose dier
uit. Moet dit nie doen nie.

Moenie jou honde slaan nie.

7 Laastens, katte kan nog klaarkom met heelwat

tyd op hul elie, maar honde het baie geselskap

nodig. Hulle is tropdiere en raak depressief as
hulle die heeldag alleen moet wees.

Moenie jou hond te lank
alleen los nie.

Puntetoekenning:

1-3 Feite korrek: 1 Punt
4-5 Feite korrek: 2 Punte
6-7 Feite korrek: 3 Punte

TOTAAL AFDELING B: [10]

### Page 13

VRAAG | ANTWOORD PUNTE | VLAK
34 Krokodilletjie. / 1 3
3.2 Noedel V 1 3
35 Hier was een krokodil wat beslis geweet het hoe om 1 3

die lewe te geniet! V
3.4 Dit is ‘n ander taal (Engels) V 1 3
3.5 Plaaslike inwoner, Victor Perez, het gesé dat hy heel 1 3

eerste gewonder het wat met die persoon gebeur het

wat die noedel gebruik het.
3.6 Goudgeel/ kanariegeel/ kerriegeel V 1 3
3.7 Foto's / 1 3
3.8 Vinnig “ — bywoord van wyse / 2 3
3.9 Foto’s van die krokodil en sy speelding het vinnig ’n 1 3

groot treffer op sosiale media geword, want Perez het

dit met die wéreld gedeel.

OF

Foto’s van die krokodil en sy speelding het vinnig ’n

groot treffer op sosiale media geword nadat Perez dit

dit met die wéreld gedeel het.

OF

Foto’s van die krokodil en sy speelding was 'n groot

treffer op sosiale media omdat Perez dit met die

wéreld gedeel het.
3.10 wéreldjie / 1
3.11 So-si-a-leV 2

(oop — cop — cop — cop) ¥
3.12 Mensgemaakte / 1 3
3.13 Oulike V / slim / / mensgemaakte / 1 3
3.14 Jou suiker het nie geval nie. / 1 3
3.15 Sleg. V 1 3
3.16 Ek gaan/sal nie lekker voel nie. / 1 3
3.17 Voel. / 1 3
3.18 Dit is mooi wanneer die son sak. / 1 3

TOTAAL AFDELING C: [20]
[GROOTTOTAAL: 60 PUNTE]

## Related documents

- [AA GR 8 Afrikaans gr.8 EAT Taak 5 2022 1](https://www.hlayiso.com/library/aa-gr-8-afrikaans-gr-8-eat-taak-5-2022-1/3832efce-64ce-43df-bdfe-74a9d87ab69e) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr
- [CAPS SP FAL AFRIKAANS GR 7-9 WEB](https://www.hlayiso.com/library/caps-sp-fal-afrikaans-gr-7-9-web/2be72a94-14cb-4632-b970-ea81d58ba7cb) — Afrikaans FAL · CAPS · Afr
- [Grade 8 Afrikaans FAL P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-8-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/a3f36795-1492-43ae-8f95-7e71fd8ea0d2) — Afrikaans FAL · Memo · 2026 · Afr
- [Grade 8 Afrikaans FAL P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-8-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/b36e3a6b-5bd0-44bb-8907-4039d8de2ab3) — Afrikaans FAL · Memo · 2026 · Afr

## Collection

- [Grade 8 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-8/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
