# Natural Sciences Grade 8 NSC November 2017 Memo

> Grade 8 Natural Sciences memorandum from the NSC November Exam 2017, 16 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/graad-8-natuurwetenskap-memo/ef3518ac-adb6-4f8e-88dc-dbd207a67d42
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Natural Sciences
- Grade: Grade 8
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 8](https://www.hlayiso.com/library/grade-8) › [Natural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-8/natural-sciences) › [Natural Sciences Grade 8 NSC November 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/graad-8-natuurwetenskap-memo/ef3518ac-adb6-4f8e-88dc-dbd207a67d42)

## About this document

Natural Sciences · Grade 8 · NSC November Exam · 2017. Memorandum, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

GAUTENG DEPARTEMENT VAN ONDERWYS

                          EKURHULENI-NOORD DISTRIK

               NATUURWETENSKAPPE FINALE EKSAMEN MEMORANDUM
                              NOVEMBER 2017
                                       GRAAD 8

PUNTE:         100                                                 TYD:     1 ½ URE

Naam van leerder:

Klas:

Instruksies:

   1. Skryf jou naam, van en klas op die vraestel.

   2. Beantwoord ALLE vrae op die vraestel.

   3. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A, AFDELING B en AFDELING C

        gebaseer op die voorgeskrewe raamwerk in die KABV dokument.

   4. Toekenning van punte:

        AFDELING A [33]

        AFDELING B [53]

        AFDELING C [13]

   5. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae.

   6. Volg die instruksies van elke vraag.

   7. Alle diagramme moet in potlood geteken word en alle byskrifte en byskriflyne moet

        in blou ink geskryf word.

   8. Skryf netjies en leesbaar.

   9. Jy mag ‘n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

______________________________________________________________________

                                                                          Bladsy 1 van 16
EKURHULENI-NOORD DISTRIK Graad 8 Natuurwetenskappe November Eksamen MEMORANDUM 2017

### Page 2

AFDELING A

VRAAG 1.1

Meervoudige keusevrae: Kies die korrekte antwoord vanuit die opsies “A” tot “D”. Skryf
die antwoord in die spasie wat verskaf is aan die regterkant, bv.            C

1.1.1     Die invalshoek is gelyk aan die …
          A   weerkaatsingshoek.
          B   ligbrekingshoek.
          C   transmissiehoek
          D   invalshoek.                                                                  A 

1.1.2     In die geval van ‘n kortsluiting, sal … stroom in die stroombaan vloei.
          A   oneindige

          B   normale

          C   baie lae

          D   zero                                                                         D 

1.1.3     Die Kuipergordel bestaan uit …
          A   rotsagitige voorwerpe.
          B   asteroïedes.
          C   ys.
          D   gevriesde gasse en water.                                                     D

1.1.4     ‘n Teleskoop laat die Maan en die planete …
          A   kleiner lyk.
          B   groter lyk.
          C   helderder skyn.
          D   sigbaar lyk.                                                                 B 

                                                                                  Bladsy 2 van 16
        EKURHULENI-NOORD DISTRIK Graad 8 Natuurwetenskappe November Eksamen MEMORANDUM 2017

### Page 3

1.1.5     Die vorm van die melkweg lyk soos ‘n …
          A   sirkel met gebuigde arms.
          B   sfeer met gebuigde arms.
          C   spiraalvorm met gebuigde arms.
          D   spiraal met reguit arms.                                                        C 

                                                                                      (2 x 5 = 10)

                                                                                  TOTAAL: 10

VRAAG 1.2

Gee die korrekte wetenskaplike term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
die term neer.
1.2.1      ‘n Stelsel met baie sterre wat bymekaar gehou word deur hul gravitasiekrag op
           mekaar.
           Sterrestelsel 

1.2.2      Een baan vir die stroom om deur te gaan.
           Serie stroombaan 

1.2.3      Klipagtige voorwerpe wat op die Aarde land nadat dit nie heeltemal in die ruimte
           uitgebrand het nie.
           Meteoriet 

1.2.4      Energie wat ‘n voorwerp besit as gevolg van beweging.
           Kinetiese energie 

1.2.5      ‘n Lens wat ligstrale versamel en inwaarts buig na die brandpunt.
           Konveks

1.2.6      Die afstand wat lig in ‘n jaar beweeg.
           Ligjaar 

                                                                                  Bladsy 3 van 16
        EKURHULENI-NOORD DISTRIK Graad 8 Natuurwetenskappe November Eksamen MEMORANDUM 2017

### Page 4

1.2.7      Die aantal golflengtes wat per sekonde verby ‘n punt beweeg.
           Frekwensie 

1.2.8      ‘n Groep of patroon sterre wat lyk asof dit op ‘n manier verbind is.
           Konstellasie 

1.2.9      ‘n Voorwerp wat voortdurend hitte- en ligenergie in alle rigtings uitstraal.
           Ster 

1.2.10     ‘n Instrument wat die rigting van die Noordpool van die Aarde aandui.
           Kompas 

                                                                                          (1 x 10 = 10)

                                                                                      TOTAAL: 10

                                                                                  Bladsy 4 van 16
        EKURHULENI-NOORD DISTRIK Graad 8 Natuurwetenskappe November Eksamen MEMORANDUM 2017

### Page 5

VRAAG 1.3

Pas die beskrywing in Kolom A by die term in Kolom B. Skryf jou antwoord in Kolom C,
bv. J
                              Kolom A                                   Kolom B           Kolom C
  1.3.1      Voortdurende kernreaksies                              A   Elektrolise          F
  1.3.2      Suiderkruis                                            B   Deursigtig           H
  1.3.3      Lig beweeg deur ‘n voorwerp sonder enige
             sigbare kleur                                          C   Sterrestelsel        B
  1.3.4      Meer as een baan vir ‘n stroom                         D   Nichroom             E
  1.3.5      Lyk soos melk wat gemors het                           E   Parallel             C
  1.3.6      Elektrisiteit word gebruik om ‘n stof af te breek in
             elemente                                               F   Son                  A
  1.3.7      Nikkel en chroom                                       G Staal                  D
                                                                        Suidelike
                                                                    H   halfrond
                                                                    I   Ondeursigtig

                                                                                          (1 x 7 = 10)

                                                                                        TOTAAL: 7

                                                                                  Bladsy 5 van 16
        EKURHULENI-NOORD DISTRIK Graad 8 Natuurwetenskappe November Eksamen MEMORANDUM 2017

### Page 6

VRAAG 1.4          STATIESE ELEKTRISITEIT

Bestudeer die diagram van 'n vel papier en 'n ballon hieronder en beantwoord die vrae
wat volg.

                   A                B                             D             E

                                                  C

1.4.1     Skryf die LETTER van die voorwerp wat …
          a)    negatief gelaai is neer.                     E                                 (1)
          b)    neutraal is neer.                            A of B                            (1)
                                                                                                [2]

1.4.2     Noem die lading wat van een voorwerp na ‘n volgende beweeg.
          Elektrone                                                                            [1]

1.4.3     Voltooi die volgende sinne deur telkens die korrekte woord uit die boks
          hieronder te kies.

                   gedruk                  trek mekaar aan                 spanning
               stoot mekaar af                 gevryf                       wrywing

          Terwyl A en B teen mekaar gevryf                  word, veroorsaak
          wrywing                      dat die lading beweeg. Twee voorwerpe met
          teenoorgelstelde ladings trek mekaar aan.                                .           (3)
                                                                                                [3]

                                                                                        TOTAAL: 6
                                                                        TOTAAL AFDELING A: 33

                                                                                  Bladsy 6 van 16
        EKURHULENI-NOORD DISTRIK Graad 8 Natuurwetenskappe November Eksamen MEMORANDUM 2017

### Page 7

AFDELING B

VRAAG 2          OORDRAG VAN ENERGIE IN ELEKTRIESE STELSELS

2.1 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
                                      A                 B

2.1.1     Watter tipe lamp is lamp B?
          Gloeilamp                                                                          (1)

2.1.2     Lys die TWEE effekte wat ‘n elektriese stroom op ‘n lamp het.
          Beligtingseffek

          Verhittingseffek                                                                   (2)

2.1.3     Verduidelik waarom mense aangemoedig word om nie van lamp B gebruik te
          maak nie.
          Lamp B gebruik baie energie/elektrisiteit 
          Baie energie gaan verlore as hitte energie 

          in plaas van ligenergie                                                            (3)
                                                                                              [6]

                                                                                  Bladsy 7 van 16
        EKURHULENI-NOORD DISTRIK Graad 8 Natuurwetenskappe November Eksamen MEMORANDUM 2017

### Page 8

2.2 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        Identifiseer die volgende vanuit die diagram hierbo:
        a)   Uitset-toestel             Lamp                                               (1)
        b)   Inset-toestel              Sel                                                (1)
        c)   Prosestoestel              Geleidingsdrade                                    (1)
                                                                                            [3]

2.3     Gee EEN rede waarom ‘n smeltdraad in ‘n stroombaan geplaas word.
        Om vuur te voorkom                                                                 [1]

2.4     Beskryf hoe ‘n smeltdraad werk.
        -Die smeltdraad smelt 
        -wanneer die stroom te sterk vloei. 
        - Dit laat die stroombaan breek.                                                   [3]

                                                                                TOTAAL: 13

                                                                                Bladsy 8 van 16
      EKURHULENI-NOORD DISTRIK Graad 8 Natuurwetenskappe November Eksamen MEMORANDUM 2017

### Page 9

VRAAG 3        SERIE EN PARALLEL STROOMBANE

3.1     Dui EEN voordeel aan van lampe wat in serie gekoppel word.
        Een skakelaar skakel al die lampe aan.                                             [1]

3.2     Dui EEN voordeel aan van lampe wat in parallel gekoppel word.
        As een doodgaan, skyn die ander steeds.  Alle lampe skyn helder.

        Lampe kan onafhanklik aan/af geskakel word.                    MERK EERSTE 1 [1]

3.3     Verduidelik wat met die stroom en weerstand van ‘n stroombaan gebeur wanneer
        resistors in …

        a)   parallel gekoppel word.
             Totale weerstand verminder.

             Stroom word meer.                                                             (2)

        b)   serie gekoppel word.
             Totale weerstand word meer.

             Stoom verminder                                                               (2)
                                                                                            [4]

3.4     Teken ‘n stroombaan met drie selle in serie, twee lampe in parallel en ‘n oop
        skakelaar.

                                      vir drie selle in serie
                                      vir oop skakelaar
                                      vir twee lampe in parallel

                                                                                            [3]

                                                                                TOTAAL: 9

                                                                                Bladsy 9 van 16
      EKURHULENI-NOORD DISTRIK Graad 8 Natuurwetenskappe November Eksamen MEMORANDUM 2017

### Page 10

VRAAG 4       DIE SONNESTELSEL

Lees die paragraaf hieronder en beantwoord die vrae op die volgende bladsy

Vir millennia het sterrekundiges ligpunte gevolg wat blyk of hulle tussen die sterre beweeg. Die
antieke Grieke het hierdie planete benoem. Mercurius, Venus, Mars, Jupiter en Saturnus was
in die oudheid bekend, en die uitvinding van die teleskoop het die Asteroïedebelt, Uranus,
Neptunus, Pluto en baie van hierdie wêreld se mane bygevoeg. Die aanbreek van die
ruimtetydperk het dekades se probes geloods om ons stelsel te verken, 'n avontuur wat vandag
voortduur. Slegs een ruimtetuig tot dusver, “Voyager 1”, het die drumpel in die interstellêre
ruimte oorgesteek.

Die vier binneste planete – Mercurius, Venus, Aarde en Mars – bestaan hoofsaaklik uit yster en
rots. Hulle staan bekend as terrestriële of aard-agtige planete as gevolg van hul soortgelyke
grootte en samestelling. Tussen Mars en Jupiter lê die Asteroïedebelt. Asteroïedes is klein
planete, en wetenskaplikes beraam dat daar meer as 750 000 van hulle is met deursnee groter
as 1 km en miljoene kleiner asteroïedes. Die dwergplaneet Ceres, ongeveer 950 km in
deursnee, woon hier. 'n Aantal asteroïedes het wentelbane wat hulle nader in die sonnestelsel
bring wat hulle soms laat bots met die Aarde of die ander binneste planete.

Die buitenste planete – Jupiter, Saturnus, Uranus en Neptunus – is reuse wêrelde met dik
buitenste lae gas. Tussen hierdie planete, het hulle dosyne mane met 'n verskeidenheid
komposisies, wat wissel van rotsagtig tot ysig tot selfs vulkanies. Byna al die planete se massa
bestaan uit waterstof en helium, wat hulle komposisies soos dié van die son gee. Onder hierdie
buitenste lae het hulle geen soliede oppervlaktes nie – die druk van hul dik atmosfere
veroorsaak dat hul binnekant vervloei, alhoewel hulle rotsagtige kerne kan hê. Ringe van stof,
rots en ys omsluit al hierdie reuse, met Saturnus wat die bekendste is.

Komete staan dikwels as vuil sneeuballe bekend, en bestaan hoofsaaklik uit ys en rots.
Wanneer 'n komeet se wentelbaan dit naby aan die son neem, verander sommige van die ys in
sy sentrale kern in ‘n gas wat uit die sonnige kant van die komeet uitstoot, wat die sonwind
uitstoot om 'n lang stert te vorm. Korttermyn-komete wat hul bane in minder as 200 jaar voltooi,
is vermoedelik van die skyfvormige Kuipergordel afkomstig, terwyl langtermyn komete wat
meer as 200 jaar neem om terug te keer, vermoedelik afkomstig is uit die sferiese Oortwolk.
                (Aangepas uit: https://www.space.com/56-our-solar-system-facts-formation-and-discovery.html)

                                                                              Bladsy 10 van 16
     EKURHULENI-NOORD DISTRIK Graad 8 Natuurwetenskappe November Eksamen MEMORANDUM 2017

### Page 11

4.1     Noem die TWEE groepe planete in ons sonnestelsel.
        Binneste rotsagtige  / terrestriële / aard-agtige planete

        Buitenste gas  / reuse planete                                                                                [2]

4.2     Noem EEN planeet vanuit ELKE groep genoem in VRAAG 4.1. Dui die groep aan
        waaraan ELKE planeet behoort.
        Binneste rotsagtige – Mercurius / Mars / Aarde / Venus  (enige 1)
        Buitenste gas – Jupiter / Saturnus / Uranus / Neptunus (any 1)
                                                                                                                       [2]

4.3     Mars staan bekend as die Rooi planeet. Verduidelik TWEE redes waarom die
        mens huidiglik nie op Mars kan leef nie.
        Atmosfeer bestaan meestal uit koolstofdioksied.
        Te groot temperatuurveranderinge.                            Die atmosfeer is te dun. 
        Die atmosferiese druk is te laag.                                           MERK EERSTE 2
                                                                                                                       [2]

4.4     Noem die DRIE faktore wat lewe op Aarde moontlik maak.
        Water      Temperatuur 
        Sonlig
        Suurstof                                                                     MERK EERSTE 3
                                                                                                                       [3]

4.5     Tabuleer EEN verskil tussen ‘n asteroïed en ‘n komeet.
                          ASTEROÏED                                               KOMEET
        Deeltjies wat oorbly nadat binneste planete vorm    Klompe bevrore gasse, ys, klein rotsagtige deeltjies en
                                                             stof 
        Tussen 1 en 1 000 km deursnee                       200 m tot 50 km in deursnee
        Vorm Asteroidbelt                                   Vorm Oortwolk (groot komete) / Kuiperbelt (kleiner
                                                             kcomete) 
        Klein planete                                       Vuil sneeuballe       MERK EERSTE VERSKIL
                                                                                                                       [2]

4.6     Verduidelik waarom die aantrekking van swaartekrag tussen die Son en al die
        ander voorwerpe baie belangrik is.

        Dit hou hul wentelbane om die Son stabiel en voorspelbaar. 
                                                                                                                       [1]
                                                                                                       TOTAAL: 12

                                                                               Bladsy 11 van 16
      EKURHULENI-NOORD DISTRIK Graad 8 Natuurwetenskappe November Eksamen MEMORANDUM 2017

### Page 12

VRAAG 5        BUITE DIE SONNESTELSEL

5.1     Noem die naaste ster wat sigbaar is vir ons sonnestelsel.
        Alpha Centauri                                                                    [2]

5.2     Verduidelik hoe jy die naaste ster aan ons sonnestelsel kan identifiseer.
        Kyk vir die Suiderkruis
        -Identifiseer die twee punte
        Die helderder een van die twee punte
        -is die naaste ster                                                                [4]

5.3     Dit neem die lig van die Son 8 minute om die Aarde te bereik, wat 150 000 km vêr
        van die Son af geleë is. Bereken die afstand van die volgende planete in
        ligminute. Toon al jou bewerkings.

        a)     Venus: 105 000 km vanaf die Son
               (8 ÷ 150 000)  x 750 000 
               = 40 ligminute                                                              (3)

        b)     Mars: 225 000 km vanaf die Son
               (8 ÷ 150 000)  x 150 000 
               =5.6 ligminute 
                                                                                            (3)
                                                                                            [6]

                                                                                    TOTAAL: 12

                                                                               Bladsy 12 van 16
      EKURHULENI-NOORD DISTRIK Graad 8 Natuurwetenskappe November Eksamen MEMORANDUM 2017

### Page 13

VRAAG 6      BESIGTIGING VAN DIE RUIMTE

Bestudeer die diagramme hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                         Teleskoop-
                                            buis           Objektiewe lens

                                                                                  Lig

                                           Oogstuk lens

                                                                             Bladsy 13 van 16
    EKURHULENI-NOORD DISTRIK Graad 8 Natuurwetenskappe November Eksamen MEMORANDUM 2017

### Page 14

6.1     Tabuleer TWEE verskille tussen ‘n optiese- en ‘n radioteleskoop wat sigbaar is in
        die diagramme.

              OPTIESE TELESKOOP                          RADIOTELESKOOP
        1. Ontvang lig                           1. Ontvang radiogolwe 

        2. Fokus deur refleksie en refrak-        2. Fokus deur refleksie 
           sie
                                                     Gebruik ‘n metaal opvangskottel
            Gebruik lense                           en rekenaar MARK FIRST DIF-
                                                                     FERENCES               [4]

6.2     Noem EEN bekende optiese teleskoop.
        SALT (Suider-Afrikaanse groot teleskoop) / Hubble teleskoop
                                                                 MERK EERSTE 1              [2]

6.3     Lys TWEE redes waarom Suid-Afrika ‘n ideale plek is vir Aard-gebaseerde
        teleskope.
        Wolklose lug 
        Hoogte bo seespieël 
        Beperkte ligbesoedeling 
        Beperkte lugbesoedeling                                      MERK EERSTE 2
                                                                                            [2]

                                                                                TOTAAL: 8
                                                                 TOTAAL AFDELING B: 53

                                                                               Bladsy 14 van 16
      EKURHULENI-NOORD DISTRIK Graad 8 Natuurwetenskappe November Eksamen MEMORANDUM 2017

### Page 15

AFDELING C

VRAAG 7        SIGBARE LIG

Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                 Reëndruppel

7.1    Verduidelik hoe ‘n reënboog gevorm word. Begin jou verduideliking vanaf die punt
       waar sonlig die reëndruppel binnedring en eindig met die vorming van die kleure
       wat ons sien in ‘n reënboog.
       -Sonlig dring reëndruppels binne
       -Sonlig verander rigting 
       -Dit word breking genoem 
       -Lig word weerspieël vanaf die oppervlak van die druppel 
       -die lig buig terug wanneer dit die reëndruppel verlaat. 
       -Refraksie veroorsaak dat wit lig versprei 
       - en vorm die kleure van die reënboog.
                                                                                            [5]

                                                                               Bladsy 15 van 16
      EKURHULENI-NOORD DISTRIK Graad 8 Natuurwetenskappe November Eksamen MEMORANDUM 2017

### Page 16

7.2    Die sewe hoofkleure van ‘n reënboog word aangedui deur die letters “ROGGBIV”.
       Bespreek TWEE eienskappe van die kleur VIOLET.
       Hoogste frekwensie 
       Kortste golflengte 
       Dra die hoogste energie                                     MERK EERSTE 2

                                                                                            [2]

7.3    Waarom lyk ‘n rooi roos…
       a)    rooi wanneer ‘n wit lig op die rooi roos skyn?

             -ses kleure word geabsorbee
             -uit sewe kleure
             -rooi lig word gereflekteer.                                                  (3)

       b)    swart wanneer ‘n blou lig op die rooi roos skyn?
             -geen lig
             -word gereflekteer nie,
             -daarom lyk dit swart.                                                        (3)
                                                                                            [6]

                                                                                TOTAAL: 13
                                                                 TOTAAL AFDELING C: 13
                                      GROOTTOTAAL 100

                                                                               Bladsy 16 van 16
      EKURHULENI-NOORD DISTRIK Graad 8 Natuurwetenskappe November Eksamen MEMORANDUM 2017

## Related documents

- [GRAAD 8 NATUURWETENSKAP EKSAMEN](https://www.hlayiso.com/library/graad-8-natuurwetenskap-eksamen/988ee51e-c850-4023-b349-e31a27ecdab2) — Natural Sciences · QP · 2017
- [Natural Science Nov 2018 1](https://www.hlayiso.com/library/natural-science-nov-2018-1/60a9f798-2763-41ca-b030-bbb8af173920) — Natural Sciences · QP · 2018
- [Grade 8 Natural Sciences November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-8-natural-sciences-2026-november-mock-exam-question-paper/ab30aee9-0249-4891-af68-648a942d9545) — Natural Sciences · QP · 2026
- [Natural Science Grade 8 June Exam 2019](https://www.hlayiso.com/library/natural-science-grade-8-june-exam-2019/07fa301d-38ca-417c-af80-062db07d4784) — Natural Sciences · QP · 2019
- [GR 8 NW VRAESTEL](https://www.hlayiso.com/library/gr-8-nw-vraestel/13e31fde-5b51-42b7-aa17-0a84e890e214) — Natural Sciences · QP · 2019
- [Gr8 Nov 2019 Worksheet](https://www.hlayiso.com/library/gr8-nov-2019-worksheet/3e3a6597-3b23-41ac-8b79-3c234b4a2215) — Natural Sciences · QP · 2019

## More from Grade 8 Natural Sciences

- [Natural Science June 2018 2](https://www.hlayiso.com/library/natural-science-june-2018-2/01f06c8d-4f49-4bb6-bc74-7b3b3af90710) — QP · 2018
- [Natural Science March 2018 1](https://www.hlayiso.com/library/natural-science-march-2018-1/43492209-44ad-49fb-8b28-715e2d74913b) — QP · 2018
- [Natural Science Sept 2018 1](https://www.hlayiso.com/library/natural-science-sept-2018-1/88183cd6-eff3-48e2-ab3c-4f38344f3d17) — QP · 2018
- [Natural Science Sept 2018 1](https://www.hlayiso.com/library/natural-science-sept-2018-1/23ae31d9-76ce-4626-9f14-8e5507dd3104) — QP · 2018
- [NS test march 2016](https://www.hlayiso.com/library/ns-test-march-2016/82131f1a-293f-46e7-a57e-a509c215eca9) — QP · 2016
- [Grade 8 NS Term One 2014](https://www.hlayiso.com/library/grade-8-ns-term-one-2014/18198b09-035d-4508-886d-0ef6c2296be8) — QP · 2014

## Collection

- [Grade 8 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-8/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
