# Afrikaans HL Grade 10 P1 November Mock Exam 2 2026 Memo (Afr)

> Grade 10 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the November Mock Exam 2 2026 (Afrikaans), 8 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-10-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-1-afrikaans/5d684432-9309-492e-9ee4-5dfbede974b6
- Updated: 2026-10-23
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2026
- Exam period: November Mock Exam 2
- Paper: 1
- Publisher: Hlayiso
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 10 P1 November Mock Exam 2 2026 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-1-afrikaans/5d684432-9309-492e-9ee4-5dfbede974b6)

## About this document

Afrikaans HL · Grade 10 · November Mock Exam 2 · 2026. Memorandum, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Grade 10 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-1-afrikaans/f2378afd-0365-4ed6-9ca9-9f2b2ebd956d) — QP · 2026 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
hlayiso mock exams
Oefenreeks:
Graad 10 eksamenvoorbereiding
WWW.HLAYISO.COM
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
AFRIKAANS HUISTAAL V1
NOVEMBEREKSAMEN 2026 (PROEF)
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 70
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 8 bladsye.

### Page 2

Afrikaans Huistaal/V1
2
NSS – Nasienriglyne
Hlayiso/Proef 2026
AFDELING A: LEESBEGRIP
Nasien van die leesbegrip:
• Die fokus is op die begrip van die leesteks. Spel- en taalfoute word nie gepenaliseer nie,
tensy dit die begrip van die antwoord beïnvloed. (Taal- en spelfoute moet wel aangetoon
word.)
• Indien die kandidaat woorde uit ’n ander taal gebruik, word die vreemde woorde
geïgnoreer. Indien die antwoord sonder die vreemde woorde sinvol is, word die
kandidaat nie gepenaliseer nie.
• Vir oop vrae word geen punte vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE
toegeken nie. Die rede/motivering moet oorweeg word.
• Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die
aanhalingstekens ontbreek nie.
• Waar eenwoordantwoorde gevra word en die kandidaat ’n volsin gee, is dit korrek mits
die korrekte woord onderstreep of op ’n ander manier uitgelig word.
• Wanneer twee of drie feite vereis word en die kandidaat gee ’n hele reeks, word slegs
die eerste twee of drie feite nagesien.
• Aanvaar dialektiese variasies en enige ander antwoord wat sinvol is en deur die teks
gesteun word.
VRAAG 1 (Sien binne konteks na; sien betekenis na, nie woorde/taalgebruik nie.)
VRAAG
ANTWOORD
PUNT
1.1
Hy fluit (terwyl hy die trollie stoot)./Hy praat met ’n breë glimlag.
Die kandidaat bied ENIGE EEN bewys aan.
1
1.2
Personifikasie
(1)
Die trollie word voorgestel asof dit ’n mens is wat kla; dit beklemtoon hoe
oud/swaar gelaai die trollie is en hoe sleg die strate is – tog laat Kagiso hom
nie ontmoedig nie (hy fluit net).
(1)
Aanvaar ook: klanknabootsing/alliterasie (kraak en kla) met ’n sinvolle
verduideliking van die geluid van die ou trollie.
2
1.3
Ander mense beskou die afval as waardelose vullis, maar hy besef dat dit
herwin en verkoop kan word/dat hy ’n inkomste daaruit kan verdien.
Albei kante van die kontras moet genoem word vir die punt.
1
1.4
ENIGE TWEE:
• Op stortingsterreine
• In riviere
• In die see
2
1.5
grondstof
1
1.6
Om die leser emosioneel te raak/te skok sodat hy/sy die erns van
plastiekbesoedeling besef./Om te wys wat Kagiso so diep geraak het dat hy
tot aksie oorgegaan het.
1
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Huistaal/V1
3
NSS – Nasienriglyne
Hlayiso/Proef 2026
1.7
ONWAAR
(1)
“Hy het begin deur net sy eie gesin se afval te sorteer.”
(1)
ONWAAR (1) word slegs toegeken as ’n korrekte aanhaling (1) gegee word. Geen
punt vir ONWAAR alleen nie.
Aanvaar ook: “Toe het die bure begin saamdoen.”
2
1.8
Aanvanklik het sy gedink dit is net ’n tydelike/kortstondige bevlieging
(stokperdjie) wat hy gou sou laat vaar.
(1)
Nou bewonder sy hom/is sy trots op hom, want hy het volgehou en is baie
gedissiplineerd.
(1)
2
1.9
ENIGE TWEE:
• Hulle spaar munisipaliteite geld.
• Hulle ontlas stortingsterreine/minder afval beland op stortingsterreine.
• Hulle hou die strate skoon(er).
2
1.10
Mening
(1)
Dit is dr. Khumalo se persoonlike siening/oordeel; die woord “helde” is ’n
waardeoordeel wat nie bewys kan word nie.
(1)
Geen punt vir mening sonder ’n geldige motivering nie.
2
1.11
Eers was hy seergemaak/verneder deur die spotnaam, maar nou is hy trots
daarop/sien hy dit as ’n eerbewys vir sy goeie werk.
Die verandering (van seer na trots) moet duidelik wees vir die punt.
1
1.12
Konnotatief/figuurlik
(1)
Die skool het nie werklik ’n gogga/insek gevang nie; die uitdrukking beteken
dat die skool ook entoesiasties oor herwinning geraak het/dat die geesdrif
aansteeklik was.
(1)
Geen punt vir konnotatief sonder ’n geldige motivering nie.
2
1.13
Eie antwoord met ’n sinvolle motivering, bv.
JA: Kompetisie motiveer leerders/maak herwinning pret; die pizza-ete is ’n
aansporing; leerders werk saam as ’n span en raak bewus van die
probleem.
NEE: Leerders herwin dan net vir die prys en nie omdat hulle omgee nie;
die gewoonte verdwyn sodra die kompetisie verby is.
Twee punte vir ’n goed gemotiveerde antwoord. Geen punt vir JA/NEE alleen nie.
2
1.14
Hy wil twee probleme met een oplossing aanspreak:
(1)
die tekort aan skoolbanke en die oormaat plastiekbesoedeling – deur van
die plastiekbottels skoolbanke te maak.
(1)
2
1.15
Die kind dink die plastiekbottel is ’n (nuwe soort) seeskulp/natuurlike deel
van die strand,
(1)
terwyl dit eintlik besoedeling/vullis is – daar is so baie vullis dat dit vir die
kind “normaal” lyk./Die see is nie vol skulpe nie, maar vol plastiek.
(1)
2
1.16
Hy laat sy (leë koeldrank)blikkie op die sand val.
1
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Huistaal/V1
4
NSS – Nasienriglyne
Hlayiso/Proef 2026
1.17
Dit wys dat mense die boodskap/reël om die strand skoon te hou,
ignoreer/dat mense hul vullis selfs reg voor die waarskuwing
ophoop/neergooi.
1
1.18
Die pa is onverskillig/blameer ander (“Hulle moet … skoonmaak”) en gooi
self vullis neer,
(1)
terwyl Kagiso self verantwoordelikheid neem/self die vullis optel en herwin.
(1)
2
1.19
JA: Die strand is vol rommel/herwinbare plastiek en blikkies wat geld werd
kan wees – as iemand soos Kagiso dit optel, kan dit in rande omskep word.
NEE: In TEKS B word die rommel net weggegooi en niemand verdien iets
daaruit nie; daar is net rommel en geen rand nie.
Aanvaar enige sinvolle, gemotiveerde antwoord. Geen punt vir JA/NEE alleen nie.
1
[30]
TOTAAL AFDELING A:
30
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Huistaal/V1
5
NSS – Nasienriglyne
Hlayiso/Proef 2026
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Nasien van die opsomming
• Die nasien word gebaseer op die insluiting van die SEWE relevante feite wat met die
vraag ooreenstem.
• Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne, in enige volgorde, as EEN paragraaf
skryf. Slegs feite wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
• Rofwerk moet duidelik aangedui word. Indien nie, word die eerste opsomming nagesien.
• Punte word soos volg toegeken: 7 punte vir 7 feite (1 punt per feit) en 3 punte vir taal.
Totaal: 10.
• Verspreiding van taalpunte wanneer die kandidaat NIE woordeliks aangehaal het nie:
1–3 feite korrek: 1 punt; 4–5 feite korrek: 2 punte; 6–7 feite korrek: 3 punte.
• Verspreiding van taalpunte wanneer die kandidaat woordeliks aangehaal het: 6–7
aanhalings: geen taalpunte; 4–5 aanhalings: maksimum 1 punt; 2–3 aanhalings:
maksimum 2 punte.
• Tel van woorde: Indien die getal woorde oorskry is, lees tot by die laaste sin waarin die
woordgetal (90) oorskry word en ignoreer die res. Geen punte word afgetrek indien die
woordgetal nie (of verkeerd) aangedui is nie. Korter opsommings wat die vereiste feite
bevat, word nie gepenaliseer nie.
NASIENSIMBOLE
V
Onvolledige sin
H
Herhaling
^
Onvolledige feit
S
Stelling
A
Aanhaling
F
Feitefout
SEWE FEITE
1.
Stel ’n begroting op/hou boek van hoeveel geld jy kry en waaraan jy dit spandeer.
2.
Spaar eerste: sit ’n vaste deel (bv. ’n tiende) dadelik opsy wanneer jy geld kry.
3.
Onderskei tussen behoeftes (wat jy nodig het) en begeertes (wat jy net graag wil hê).
4.
Wag (’n paar/twee dae) voordat jy iets duurs koop/vermy impulsaankope.
5.
Vergelyk pryse by verskillende winkels/op die internet voordat jy koop.
6.
Vermy skuld/moenie (sommer) geld by vriende leen nie.
7.
Hou jou spaargeld in ’n bankrekening (waar dit veilig is en rente verdien).
LET WEL: Die verwysings na Zinhle, haar R800 en haar bankstaat is nie feite nie en verdien nie punte
nie. “Veilig” en “rente” by feit 7 vorm saam EEN feit.
TOTAAL AFDELING B:
10
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Huistaal/V1
6
NSS – Nasienriglyne
Hlayiso/Proef 2026
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Nasien van taalstrukture en -konvensies:
• Spelling: Eenwoordantwoorde moet korrek gespel wees. Waar volsinne vereis word,
moet die fokuspunt van die vraag korrek wees; ander spelfoute word nie gepenaliseer
nie.
• Waar die vraag ’n herskryfde sin vra, moet die woordorde en die gevraagde verandering
korrek wees.
VRAAG 3: ADVERTENSIE
VRAAG
ANTWOORD
PUNT
3.1
Retoriese vraag/vrae
Aanvaar ook: direkte aanspreek van die leser (jy).
1
3.2
Jy beheer self wat op jou skerm gebeur/jy skep self die programme en
speletjies in plaas daarvan om dit net te gebruik/speel.
1
3.3
app: toep/toepassing; game: speletjie/(rekenaar)speletjie
BEIDE moet korrek wees vir die punt; geen halwe punte nie.
1
3.4
Werkwoord
1
3.5
on-der-vin-ding
1
3.6
stappie
1
3.7
per persoon
1
3.8
Dit bevat bykomende/ekstra inligting (dat die middagete by die prys
ingesluit is).
1
3.9
JA: Die prent van die tiener voor die skootrekenaar wys aan die teikenmark
(tieners) dat dit iets is wat hulle kan doen; die vuurpyl suggereer dat hulle
vaardighede die hoogte in sal skiet/opwinding.
(1)
Reël 8 (“Vandag ’n speler, môre ’n skepper!”) is kort, kragtig en maklik om
te onthou; dit belowe dat jy van ’n gewone speler in ’n skepper kan
verander.
(1)
NEE: Die prent is eenvoudig/onduidelik; die prys (R1 200) is vir baie tieners
te duur; daar is geen webwerf/inligting oor die afrigters nie.
(1)
Reël 8 belowe te veel: ’n vyfdaagse kamp sal ’n speler nie werklik in ’n
skepper verander nie.
(1)
Een punt vir ’n sinvolle verwysing na die prent en een punt vir ’n sinvolle verwysing
na reël 8. Geen punt vir JA/NEE alleen nie.
2
[10]
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Huistaal/V1
7
NSS – Nasienriglyne
Hlayiso/Proef 2026
VRAAG 4: STROKIESPRENT
VRAAG
ANTWOORD
PUNT
4.1
Ouma het vir Sannie gesê dat sy nooit sal raai wat Oupa Koos daardie dag
aangevang het nie.
Voegwoord dat met die werkwoord (sal raai) aan die einde van die bysin (1);
voornaamwoord- en tydsveranderinge jy →sy EN vandag →daardie dag (1).
Aanvaar ook sou raai en die dag. Die aanspreekvorm Hallo, Sannie word
weggelaat.
2
4.2
Ontronding
1
4.3
Om die woord te beklemtoon/klem te lê (sy is woedend dat die HELE koek,
en nie net ’n stuk nie, geëet is).
1
4.4
wat ek vir die kerkbasaar gebak het
Die betreklike voornaamwoord wat moet ingesluit wees.
1
4.5
bakker/bakster
1
4.6
Sy oë is groot/sy mond is oop/sweetdruppels/sy arms is in die lug.
Die kandidaat bied ENIGE EEN aan.
1
4.7
kat
1
4.8
Ouma se “geheime” klagte oor Oupa se gulsigheid het by die hele
kerkgroep, selfs die dominee, uitgekom,
(1)
en nou kry Oupa ’n koek-emoji en ’n Bybelstukkie oor gulsigheid sonder dat
hy weet waarom/die dominee straf Oupa liggies terwyl Oupa nog niks van
die stemboodskap weet nie.
(1)
Aanvaar ook: ironie – Ouma wou net met tant Sannie skinder, maar haar woorde
het die teenoorgestelde/groter effek gehad.
2
[10]
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans Huistaal/V1
8
NSS – Nasienriglyne
Hlayiso/Proef 2026
VRAAG 5: ARTIKEL
VRAAG
ANTWOORD
PUNT
5.1
Die nuuskierige kinders van die dorp
Aanvaar ook: Die nuuskierige kinders.
1
5.2
Die mobiele biblioteek is vyf jaar gelede deur mev. Rebecca Maake, ’n
afgetrede onderwyseres, begin.
is + begin (verlede tyd van die lydende vorm) en deur moet korrek wees. Aanvaar
die sin sonder die bystelling (’n afgetrede onderwyseres).
1
5.3
Baie goedkoop/teen ’n baie lae prys.
1
5.4
verskillende
1
5.5
doodstil
1
5.6
lesende
1
5.7
Onbepaalde voornaamwoord
1
5.8
Mev. Maake se leuse is eenvoudig: “’n Kind wat lees, is ’n kind wat droom.”
Die dubbelpunt ná eenvoudig is die vereiste leesteken.
1
5.9
Samestelling – dit bestaan uit twee stamme/selfstandige woorde (skool +
hoof).
Die motivering moet korrek wees vir die punt.
1
5.10
verandering
1
[10]
TOTAAL AFDELING C:
30
GROOTTOTAAL:
70
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Grade 10 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-2-afrikaans/38b16002-635a-4648-bea6-4c08085f87d2) — Afrikaans HL · QP · 2026 · Afr
- [Grade 10 Afrikaans HL P3 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-3-afrikaans/526a12ef-af15-440a-b74d-9dc979930eda) — Afrikaans HL · QP · 2026 · Afr
- [Grade 10 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/8f52dcb8-9b2d-49b6-ab8d-a43e6fbd4dc8) — Afrikaans HL · QP · 2026 · Afr
- [Grade 10 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/841c325f-8d26-4dbc-8b26-1abaef354fa7) — Afrikaans HL · QP · 2026 · Afr
- [Grade 10 Afrikaans HL P3 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/d129f72b-0c62-40a3-9efd-edf6ff848d81) — Afrikaans HL · QP · 2026 · Afr
- [Gr 10 Afrikaans HL ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-afrikaans-hl-atp-2023-24/52cee0ab-d1d4-42ec-9d50-532bdd57ce07) — Afrikaans HL · ATP · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
