# Afrikaans HL Grade 10 P3 November Mock Exam 2 2026 Memo (Afr)

> Grade 10 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the November Mock Exam 2 2026 (Afrikaans), 7 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-10-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-3-afrikaans/e71a4abf-f83a-4d33-ab31-4df3dc54997b
- Updated: 2026-10-23
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2026
- Exam period: November Mock Exam 2
- Paper: 3
- Publisher: Hlayiso
- Curriculum: CAPS
- Pages: 7

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 10 P3 November Mock Exam 2 2026 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-3-afrikaans/e71a4abf-f83a-4d33-ab31-4df3dc54997b)

## About this document

Afrikaans HL · Grade 10 · November Mock Exam 2 · 2026. Memorandum, 7 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Grade 10 Afrikaans HL P3 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-3-afrikaans/526a12ef-af15-440a-b74d-9dc979930eda) — QP · 2026 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
hlayiso mock exams
Oefenreeks:
Graad 10 eksamenvoorbereiding
WWW.HLAYISO.COM
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
AFRIKAANS HUISTAAL V3
NOVEMBEREKSAMEN 2026 (PROEF)
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 7 bladsye.

### Page 2

Afrikaans Huistaal/V3
2
NSS – Nasienriglyne
Hlayiso/Proef 2026
ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE
Gebruik die volgende simbole by die nasien van skryfwerk ter wille van eenvoud en
eenvormigheid:
VERDUIDELIKING
SIMBOOL
BESKRYWING
Woordorde
( )↷
Hakies en pyltjie
Woord(e) weggelaat
^
Weglaatteken
Taalfoute (ook spelfoute)
Dubbelstreep onder die taalfout
Paragraafindeling
[
Begin van ’n nuwe paragraaf
Woord(keuse)foute
x
Trek ’n x bo die verkeerde woord
Erkenning van
taaljuweeltjies
✓
Regmerkie bo goeie taalgebruik, idees of
uitdrukkings
Onduidelik/onverstaanbaar
≀
Kronkelstreep in die kantlyn
Punktuasie
◦
Omkring die fout
AFDELING A: OPSTEL
AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN
onderwerp of prent skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel skryf wat pas by sy/haar interpretasie
van die onderwerp. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die
finale poging is, word die eerste opstel nagesien.
Dui aan die einde van die opstel die punte soos volg aan:
Inhoud en beplanning:
I = 22
Taal, styl en redigering:
T = 10
Struktuur:
S = 4
Totaal (onder die opstel, regs):
36
Dra die punt uit 50 oor na die begin van die opstel (by die beplanning).
VRAAG 1
Riglyne: Assesseer die opstel sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. Die moontlikhede hieronder is nie bindend nie.
1.1
Toe ek die koevert oopskeur …
Waarskynlik ’n verhalende opstel wat met spanning opbou na die oomblik waarop
die koevert oopgemaak word: ’n uitslag (beurs, toelating, kompetisie), ’n brief van ’n
onbekende familielid, ’n aanmaning, ’n ou brief van ’n oorlede ouer, ens. Die inhoud
van die koevert moet die verhaal laat draai of ’n keerpunt bring. ’n Bespiegelende
benadering (wat die koevert kon bevat en hoe dit die lewe sou verander) is ook
aanvaarbaar. Die opstel moet nie net by die oopskeur stop nie: die gevolge/reaksie
moet ontwikkel word.
[50]
1.2
Agter die gordyn
Kan letterlik geïnterpreteer word (agter die verhoog se gordyn voor ’n opvoering; ’n
kind wat agter ’n gordyn wegkruip en iets hoor/sien) of figuurlik (wat mense agter
’n masker/fasade verberg; die geheime van ’n “perfekte” gesin; die werklikheid agter
sosiale media). Verhalend, beskrywend of bespiegelend. Die kandidaat se interpretasie
moet duidelik en volgehoue wees.
[50]
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Huistaal/V3
3
NSS – Nasienriglyne
Hlayiso/Proef 2026
1.3
Huiswerk behoort heeltemal afgeskaf te word.
’n Argumenterende opstel (een duidelike standpunt, deurgaans volgehou) of ’n
beredeneerde opstel (albei kante, gemotiveerde gevolgtrekking).
Vir: lang skooldae, tyd vir gesin/sport/rus, ongelyke tuisomstandighede (geen hulp, data
of rustige plek nie), stres en slaaptekort, kopieerwerk leer niks.
Teen: inoefening en vaslegging, selfdissipline en tydsbestuur, voorbereiding vir graad
12 en verdere studie, ouers sien wat geleer word, terugvoer vir die onderwyser.
Die woord “heeltemal” kan ’n middeweg-standpunt uitlok (minder of beter beplande
huiswerk) — aanvaarbaar mits dit gemotiveer word.
[50]
1.4
Wie nie waag nie, sal nie wen nie.
Die spreekwoord beteken dat ’n mens risiko’s moet neem/moed aan die dag moet lê om
iets te bereik. Leen hom tot ’n verhalende opstel (die kandidaat of ’n karakter waag iets
— ’n oudisie, ’n nuwe sport, om eerlik te wees, om iemand te help — met ’n positiewe
of selfs negatiewe uitkoms) of ’n bespiegelende/beredeneerde opstel oor wanneer ’n
waagstuk die moeite werd is. Die spreekwoord moet sigbaar met die inhoud verband
hou.
[50]
1.5
„Ek sal altyd daar wees vir jou.” …
Waarskynlik ’n verhalende opstel oor vriendskap, ’n sibbe of ’n ouer: die belofte is in
die verlede gemaak en word skielik op die proef gestel (siekte, ’n ongeluk, ’n krisis, ’n
vriend wat in die moeilikheid is). Die tweede sin vra dat die kandidaat die belofte nakom
(of sukkel om dit na te kom). Emosionele diepte, karakterontwikkeling en ’n sinvolle slot
word verwag. Die aanhaling kan in die inleiding of slot gebruik word.
[50]
1.6
Prent: ’n padwyser met drie leë borde by ’n kruispad, ’n leerder met ’n rugsak wat
daarna kyk
Moontlike interpretasies: keuses en besluite (vakkeuse, beroep, vriende), onsekerheid
oor die toekoms, ’n reis/avontuur, om weg te loop van die huis, ’n nuwe begin,
verdwaal-wees. Die leë borde nooi die kandidaat om self die rigtings te benoem. Enige
opstelsoort is aanvaarbaar mits die kandidaat duidelik op die prent reageer en sy/haar
eie titel gee.
[50]
1.7
Prent: ’n vuurtoring in ’n storm met ’n klein bootjie op die golwe
Moontlike interpretasies: hoop en leiding in moeilike tye, iemand wat vir ander ’n “lig”
is (’n ouer, onderwyser, vriend), oorlewing, ’n reddingsoperasie, eensaamheid (die
vuurtoringwagter), gevaar en moed. Verhalende (spanning op see) en bespiegelende
of beskrywende opstelle is gepas; figuurlike vertolkings word verwelkom.
[50]
1.8
Prent: ’n feestafel met ’n gesin (ouma en seun links, pa en dogter regs), een leë
stoel in die middel en ’n brandende kers voor dit
Moontlike interpretasies: verlies/rou (’n oorlede familielid word met Kersfees of ’n
verjaarsdag onthou), ’n familielid wat weg is (werk elders, in die tronk, oorsee, vermis),
’n tuiskoms waarvoor gewag word, ’n gebroke gesin of versoening. Beskrywende en
verhalende opstelle met ’n sterk emosionele toon sal waarskynlik oorheers. Die leë
stoel en die kers moet in die interpretasie figureer.
[50]
TOTAAL AFDELING A:
50
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Huistaal/V3
4
NSS – Nasienriglyne
Hlayiso/Proef 2026
SOORTE OPSTELLE (KORT RIGLYN)
• Verhalend: ’n Boeiende storie met ’n duidelike storielyn, oortuigende karakters en
agtergrond/atmosfeer, ’n treffende inleiding en ’n bevredigende/verrassende slot;
gewoonlik in die verlede tyd.
• Beskrywend: Die onderwerp word so lewendig beskryf dat die leser dit kan beleef;
waarnemings met al vyf sintuie, oorspronklike beeldspraak, stemming en atmosfeer.
• Beredeneerd: Objektief; albei kante van die saak word gebalanseerd bespreek en die
slot gee ’n gemotiveerde gevolgtrekking.
• Argumenterend: Subjektief; die skrywer neem ’n duidelike standpunt in en verdedig dit
enduit met ’n reeks oortuigende argumente en retoriese middele.
• Bespiegelend: Die skrywer dink oor ’n idee, droom of lewenswaarheid na en weeg
moontlikhede op; persoonlik van aard; ’n gevolgtrekking is nie noodsaaklik nie.
AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE
AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien.
Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste twee tekste nagesien.
Dui aan die einde van elke teks die punte soos volg aan:
Inhoud, beplanning en formaat:
I = 10
Taal, styl en redigering:
T = 6
Totaal (onder die teks, regs):
16
VRAAG 2
2.1
INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF
Die brief moet TWEE aspekte dek: (1) bemoediging (empatie, herinneringe aan die
vriendskap, versekering dat die gevoel normaal is en sal verbygaan) EN (2) praktiese
raad oor nuwe vriende (bv. by ’n klub/sport/koor aansluit, vriendelik wees met iemand
wat ook alleen sit, ’n gesprek begin oor gedeelde belangstellings, geduldig wees, kontak
met ou vriende behou maar nie daarin vasval nie).
• Skrywer se adres (regs bo) en datum daaronder, bv. 21 Oktober 2026.
• Informele aanhef (Liewe Thabo/Hallo Mia) en informele afsluiting (Jou vriend,
Groete, naam).
• Warm, simpatieke en positiewe toon; inleiding, liggaam (paragrawe) en slot.
• Die konteks van die WhatsApp-boodskap moet in die inleiding erken word.
[25]
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Huistaal/V3
5
NSS – Nasienriglyne
Hlayiso/Proef 2026
2.2
FORMELE BRIEF: BRIEF AAN DIE PERS
Die brief beskryf die probleem (onwettige storting op die oop erf langs die skool;
vullis op die sportvelde; reuk; gesondheids- en veiligheidsrisiko’s soos plae, vure,
skerp voorwerpe) EN stel oplossings voor (munisipaliteit: vullis verwyder, erf omhein,
borde en kameras, boetes; gemeenskap: skoonmaakdag, aanmelding van oortreders,
herwinningspunte, skole se omgewingsklubs).
• Skrywer se adres en datum; ontvanger: Die Redakteur, Die Gemeenskapstem,
Posbus 2214, Kimberley, 8300.
• Aanhef: Geagte Redakteur OF Meneer/Mevrou; ’n onderwerpreël/betreflyn is
opsioneel by ’n brief aan die pers.
• Formele, oortuigende maar beleefde toon; objektiewe feite; logiese paragrawe;
slot met ’n oproep tot aksie.
• Afsluiting: Die uwe OF Die uwe, …, handtekening/naam (en eventueel ’n
skuilnaam/woonbuurt, bv. Bekommerde leerder, Galeshewe).
[25]
2.3
TYDSKRIFARTIKEL
Die gegewe opskrif Slaap: die geheime wapen van slim tieners moet as titel gebruik
word. Die artikel verduidelik waarom slaap belangrik is (konsentrasie, geheue, bui,
gesondheid, sportprestasie), wat tieners se slaap benadeel (skerms laat in die aand,
kafeïen/energiedrankies, huiswerk tot laat, sosiale media) en gee raad (vaste slaaptyd,
foon uit die kamer, minder kafeïen, slaaproetine). Ongeveer 8–10 uur slaap per nag
word dikwels vir tieners aanbeveel — moenie die kandidaat vir die presiese getal
penaliseer nie.
• Opskrif; byreël (naam van die skrywer); eventueel ’n onderskrif/inleidende lokteks.
• Boeiende inleiding (vraag, anekdote, verrassende feit) wat die leser se aandag
trek.
• Informele tot semi-formele, lewendige register wat by tienerlesers pas; kort
paragrawe; tussenopskrifte is aanvaarbaar.
[25]
2.4
ONDERHOUD
Die onderhoud ondersoek die jong entrepreneur se idee en begin (die R300), uitdagings
(tyd, skoolwerk, geld bestuur), hoe die besigheid gegroei het, verantwoordelikheid
teenoor die helpers, raad vir ander leerders en toekomsplanne. Vrae moet oop en
opvolgend wees; antwoorde volledig en geloofwaardig.
• Kort inleiding (wie, wat, waar, waarom) vir die luisteraars van die jeugprogram.
• Name of voorletters aan die linkerkant, gevolg deur ’n dubbelpunt; geen
aanhalingstekens nie; elke spreker op ’n nuwe reël.
• Gepaste, vriendelike maar respekvolle register; slot waarin die persoon bedank
word.
[25]
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Huistaal/V3
6
NSS – Nasienriglyne
Hlayiso/Proef 2026
2.5
TOESPRAAK
Die kandidaat spreek die gehoor gepas aan (bv. Meneer die hoof, geagte ouers
en graad 9-leerders), stel hom-/haarself voor en vertel uit eie ervaring hoe graad
10 verskil (meer vakke se inhoud, nuwe vakke, SBA-take en praktiese werk, meer
selfstandigheid, eksamens tel meer) EN gee raad (kies vakke volgens belangstelling en
loopbaan, beplan ’n studierooster, vra hulp vroeg, balanseer buitemuurse aktiwiteite).
• Gepaste aanspreekvorm en treffende inleiding (bv. ’n anekdote oor die eerste
week van graad 10).
• Retoriese middele: retoriese vrae, drieslag, herhaling, direkte aanspreek van die
gehoor.
• Bemoedigende, persoonlike en formele toon; sterk slot (bv. ’n oproep of goeie
wense).
[25]
2.6
DIALOOG
Die dialoog moet BEIDE standpunte duidelik stel — die tiener (spaar vir die
skooltoer, verantwoordelikheid, ondervinding) en die ouer (moegheid, skoolwerk, sport,
veiligheid/vervoer) — EN eindig met ’n ooreenkoms of kompromie (bv. ’n proeftydperk,
net elke tweede Saterdag, punte moet behoue bly).
• Kort inleiding/agtergrond van die situasie is opsioneel; name aan die linkerkant,
gevolg deur ’n dubbelpunt.
• Geen
aanhalingstekens
nie;
elke
nuwe
spreker
op
’n
nuwe
reël;
verhoogaanwysings (indien enige) tussen hakies en in die teenwoordige
tyd.
• Natuurlike, informele maar respekvolle register; die gesprek moet logies na die
ooreenkoms ontwikkel.
[25]
TOTAAL AFDELING B:
50
GROOTTOTAAL:
100
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Huistaal/V3
7
NSS – Nasienriglyne
Hlayiso/Proef 2026
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR DIE OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
Kriteria
Uitsonderlik
Knap
Gemiddeld
Elementêr
Onvoldoende
INHOUD EN
BEPLANNING
(30)
Respons en
idees;
organisering
van idees;
bewustheid
van doel,
gehoor en
konteks
Hoë
vlak
28–30
Respons
uitsonderlik/treffend
en bo verwagting;
idees intelligent en
volwasse;
uitsonderlike
organisasie en
samehang
(inleiding, liggaam,
slot)
22–24
Respons baie
goed; idees
relevant,
interessant en
volwasse;
organisasie baie
goed en
samehangend
16–18
Respons
bevredigend; idees
redelik
samehangend en
oortuigend;
redelike
organisasie
10–12
Wisselvallige
samehang; idees
onduidelik, nie
oorspronklik nie;
min bewys van
organisasie
4–6
Respons heeltemal
irrelevant; idees
deurmekaar; geen
organisasie nie
Lae
vlak
25–27
Respons
uitmuntend, maar
sommige treffende
eienskappe
ontbreek; knap
organisasie en
samehang
19–21
Respons goed;
idees relevant en
interessant;
organisasie goed
en samehangend
13–15
Respons
bevredigend, maar
verval soms in
onduidelikheid; ’n
mate van
organisasie
7–9
Respons grootliks
irrelevant; idees los
en verwarrend;
skaars bewys van
organisasie
0–3
Geen poging om by
die onderwerp te
hou nie;
deurmekaar en
sonder fokus
TAAL, STYL
EN
REDIGERING
(15)
Toon, register,
styl,
woordkeuse,
grammatika,
spelling en
punktuasie
Hoë
vlak
14–15
Toon, register, styl
en woordeskat
hoogs gepas;
taalgebruik
indrukwekkend;
grammatika en
spelling feitlik
foutvry
11–12
Baie gepaste toon
en woordeskat;
taalgebruik
effektief;
grammatika en
spelling grootliks
foutvry
8–9
Gepaste toon en
woordeskat; taal
dra betekenis
voldoende oor
5–6
Toon en
woordeskat minder
gepas; baie
basiese taalgebruik
0–3
Taal
onverstaanbaar;
woordeskat so
beperk dat dit nie
sin maak nie
Lae
vlak
13
Taalgebruik
uitstekend en
retories effektief;
feitlik foutvry
10
Taalgebruik
toepaslik en oor die
algemeen effektief;
enkele foute
7
Voldoende
taalgebruik, maar
teenstrydighede;
beperkte retoriese
middele
4
Taalgebruik
onvoldoende;
weinig
sinsverskeidenheid;
woordeskat baie
beperk
STRUKTUUR
(5)
Paragraaf-
ontwikkeling en
sinskonstruksie
5
Uitstekende
ontwikkeling van
die onderwerp;
uitsonderlike detail;
sinne en
paragrawe
uitsonderlik
gekonstrueer
4
Logiese
ontwikkeling van
detail;
samehangend;
sinne en
paragrawe logies
en gevarieerd
3
Relevante detail
ontwikkel; sinne en
paragrawe goed
gekonstrueer;
opstel maak sin
2
Sommige punte
geldig; sinne en
paragrawe foutief;
opstel maak nog
effens sin
0–1
Noodsaaklike
punte ontbreek;
sinne en
paragrawe foutief;
opstel maak nie sin
nie
LET WEL: Die kriteria vir Inhoud en Taal is in elke vlak in ’n hoë en ’n lae subkategorie verdeel. Struktuur word nie in hoë en lae vlakke
verdeel nie. ’n Opstel wat aansienlik korter as die vereiste lengte is, word nie hoër as “Gemiddeld” vir struktuur geplaas nie.
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
Kriteria
Uitsonderlik
Knap
Gemiddeld
Elementêr
Onvoldoende
INHOUD,
BEPLANNING EN
FORMAAT (15)
Respons en idees;
organisering; doel,
gehoor, kenmerke/
konvensies en
konteks
13–15
Respons
uitsonderlik;
grondige kennis van
die kenmerke van
die teks; behou
fokus; idees
uitgebrei met
ondersteunende
detail; gepaste en
akkurate formaat
10–12
Respons baie goed;
goeie kennis van
die kenmerke; geen
afwykings nie;
samehangend;
formaat gepas met
onbeduidende foute
7–9
Respons
voldoende;
voldoende kennis
van die kenmerke;
enkele afwykings;
redelike samehang;
formaat oorwegend
gepas
4–6
Basiese respons;
geringe kennis van
die kenmerke;
afwykings; min
detail; formaat
vaagweg toegepas
0–3
Geen kennis van
die kenmerke nie;
betekenis
onduidelik; geen
samehang nie;
formaat nie
toegepas nie
TAAL, STYL EN
REDIGERING (10)
Toon, register, styl,
woordkeuse,
grammatika,
punktuasie en
spelling
9–10
Toon, register en
woordeskat hoogs
geskik; grammatika
akkuraat; feitlik
foutloos
7–8
Baie geskik vir doel
en gehoor;
grammatika oor die
algemeen korrek;
baie goeie
woordeskat
5–6
Geskik vir doel en
gehoor; enkele
grammatikafoute
wat nie betekenis
belemmer nie
3–4
Minder geskik;
grammatika
onakkuraat met
etlike foute; basiese
woordeskat;
betekenis belemmer
0–2
Stem nie ooreen
met doel en gehoor
nie; besaai met
foute; betekenis
ernstig belemmer
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Grade 10 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-1-afrikaans/f2378afd-0365-4ed6-9ca9-9f2b2ebd956d) — Afrikaans HL · QP · 2026 · Afr
- [Grade 10 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-2-afrikaans/38b16002-635a-4648-bea6-4c08085f87d2) — Afrikaans HL · QP · 2026 · Afr
- [Grade 10 Afrikaans HL P3 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/d129f72b-0c62-40a3-9efd-edf6ff848d81) — Afrikaans HL · QP · 2026 · Afr
- [Grade 10 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/8f52dcb8-9b2d-49b6-ab8d-a43e6fbd4dc8) — Afrikaans HL · QP · 2026 · Afr
- [Grade 10 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/841c325f-8d26-4dbc-8b26-1abaef354fa7) — Afrikaans HL · QP · 2026 · Afr
- [Gr 10 Afrikaans HL ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-afrikaans-hl-atp-2023-24/52cee0ab-d1d4-42ec-9d50-532bdd57ce07) — Afrikaans HL · ATP · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
