# Business Studies Grade 10 National November 2017 QP (Afr)

> Grade 10 Business Studies question paper from the National November Exam 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2017-national-november-exam-question-paper-afrikaans/df933a34-fb53-4f1d-97fd-5ccba21cd35a
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: National November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/business-studies) › [Business Studies Grade 10 National November 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2017-national-november-exam-question-paper-afrikaans/df933a34-fb53-4f1d-97fd-5ccba21cd35a)

## About this document

Business Studies · Grade 10 · National November Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                 SENIOR SERTIFIKAAT

                         GRAAD 10

                   NOVEMBER 2017

                 BESIGHEIDSTUDIES

PUNTE:   300

TYD:     3 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

2                                     BESIGHEIDSTUDIES                    (EC/NOVEMBER 2017)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

    1.   Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al die hoofonderwerpe.

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Bestaan uit VYF vrae.
                     Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling..
         AFDELING C: Bestaan uit VIER vrae.
                     Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.

    2.   Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
         vereis word.

    3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is. Geen punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
         genommer is nie.

    4.   Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

    5.   Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van
         ŉ antwoord te bepaal.

    6.   Gebruik die tabel hieronder as ŉ gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke
         vraag beantwoord word.

                  AFDELING                    VRAAG        PUNTE              TYD
         A:     Objektiewe tipe vrae
                                                 1           40            30 minute
                VERPLIGTEND

         B:     VYF direkte/indirekte            2           60            30 minute
                tipe vrae                        3           60            30 minute
                KEUSE (Beantwoord                4           60            30 minute
                enige DRIE.)                     5           60            30 minute
                                                 6           60            30 minute

         C:     VIER opsteltipe vrae            7            40            30 minute
                KEUSE (Beantwoord               8            40            30 minute
                enige TWEE.)                    9            40            30 minute
                                                10           40            30 minute

                     TOTAAL                                  300          180 minute

    7.   Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ nuwe bladsy, byvoorbeeld
         VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts.

    8.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

    9.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2017)                  BESIGHEIDSTUDIES                                      3

  AFDELING A (VERPLIGTEND)

  VRAAG 1

  1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
      Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
      vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in jou ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
      1.1.11 E.

        1.1.1    Die ... beskryf die hoofdoelwit van ŉ besigheid en verduidelik waarom
                 die besigheid bestaan.

                 A     visie
                 B     missieverklaring
                 C     doelwitte
                 D     oogmerke

        1.1.2    Die doel van hierdie wet is om vir die minimum diensvoorwaardes
                 voorsiening te maak:

                 A     Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 65 van 1995
                 B     Wet op Basiese Diensvoorwaardes, Wet 75 van 1997
                 C     Wet op Gelyke Indiensneming, Wet 66 van 1995
                 D     Wet op Vaardigheidsontwikkeling, Wet 55 van 1998

        1.1.3    Twitter, Instagram en Facebook is deel van die …

                 A     globale omgewing.
                 B     tegnologiese omgewing..
                 C     ekonomies omgewing.
                 D     sosiale omgewing.

        1.1.4    Die volgende besigheid is nie ŉ regspersoon nie:

                 A     Jacque se koffiewinkel
                 B     Wooltru Bpk.
                 C     Ford Stigting
                 D     Supersport BK

        1.1.5    ŉ Besigheid kan aan die gemeenskap ‘iets teruggee’ deur ...

                 A     verantwoordelike sakepraktyke.
                 B     korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid.
                 C     korporatiewe maatskaplike belegging.
                 D     korporatiewe bestuur.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

4                                 BESIGHEIDSTUDIES                       (EC/NOVEMBER 2017)

       1.1.6     Die proses om ŉ besigheidsfunksie aan ŉ derde party toe te
                 vertrou word … genoem.

                 A     probleemoplossing
                 B     rigtinggewend
                 C     uitkontraktering
                 D     delegering

       1.1.7     Die vermoë om jou eiewaarde, sterk punte en talente te vertrou word
                 … genoem.

                 A     selfbeheer
                 B     selfvertroue
                 C     selfassessering
                 D     selfbetragting

       1.1.8     Mededingers in die sakewêreld beïnvloed mekaar deur …

                 A     sakekultuur.
                 B     opnames.
                 C     verskaffers.
                 D     nuwe produkte.

       1.1.9     Die besigheidsektor waarin ŉ motorhandelaar handel dryf word as
                 die … geklassifiseer.

                 A     tersiêre sektor
                 B     sekondêre sektor
                 C     primêre sektor
                 D     gemeenskapsektor

       1.1.10    Die kontrak is ongeldig as …

                 A     die voorwaardes van die kontrak redelik is.
                 B     een of beide van die partye volle regskapasiteit het.
                 C     beide partye saamstem om die kontrak aan te gaan.
                 D     die inhoud van die kontrak onduidelik is.
                                                                               (10 x 2)   (20)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2017)                   BESIGHEIDSTUDIES                                        5

  1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
      Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

                   leiding; memorandum van inkorporasie; kreatiewe denke;
                kwaliteitsversekering; openbare betrekkinge; beheer; prospektus;
                              produksie; gehaltebeheer; innoverende

        1.2.1     ŉ ... is ŉ geskrewe uitnodiging aan die publiek om aandele in ŉ
                  publieke maatskappy te koop en dit moet sekere voorgeskrewe
                  inligting bevat.

        1.2.2     Suksesvolle entrepreneurs benodig ... idees wat nuwe en
                  oorspronklike metodes vereis.

        1.2.3     Bestuur moet ...-stelsels gebruik om te verseker dat standaarde
                  bereik word.

        1.2.4      … se verantwoordelikheid sluit in om die goeie beeld van die
                  besigheid aan mense buite die besigheid te bevorder.

        1.2.5     ŉ ... stelsel word gebruik om te verseker dat die verlangde kwaliteit
                  bereik word.
                                                                               (5 x 2)     (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

6                                   BESIGHEIDSTUDIES                       (EC/NOVEMBER 2017)

    1.3 Kies die beskrywing uit KOLOM B wat by die begrip in KOLOM A pas. Skryf
        slegs die letter (A–J) LANGS DIE VRAAGNOMMER (1.3.1–1.3.5) in die
        ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.

             KOLOM A                                 KOLOM B
        1.3.1 Kapitaal          A    Mense wat die goedere en dienste wat deur
                                     die besigheid aangebied word, koop

        1.3.2   Navorsing       B    Geld gegenereer om ŉ besigheid te begin

        1.3.3   Sinergie        C    Gemoeid met die aankoop van voorraad

        1.3.4   Finansїele      D    Mense wat die gaping tussen die besigheid en
                funksie              die verbruiker oorbrug

        1.3.5   Tussen-         E    Waardeverlies van ‘n produk omdat dit
                gangers              verouderd is

                                F    Onverwerkte inligting in die vorm van rou feite

                                G Om te bepaal hoeveel kapitaal benodig word

                                H    Die gekombineerde poging van spanlede is
                                     meer as die totaal van elke lid se individuele
                                     poging

                                I    ŉ Proses om feite te versamel om te bepaal
                                     wat klante nodig het

                                J    Spanwerk verhoog werknemers se
                                     betrokkenheid
                                                                               (5 x 2)   (10)

                                                              TOTAL AFDELING A:            40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2017)                  BESIGHEIDSTUDIES                                          7

AFDELING B

Beantwoord enige DRIE vrae van die vyf vrae in AFDELING B. Die antwoord op
ELKE vraag moet op ŉ NUWE bladsy begin, byvoorbeeld VRAAG 2 op ŉ NUWE
bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE bladsy, ensovoorts.

VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS

2.1   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              SKY RULE VRUGTESAPPE

      Efraim en Sipho het die Sky Rule vrugtesap-besigheid begin wat in die
      vervaardiging van vrugtesappe spesialiseer. Hierdie fabriek is in die hartjie
      van Oos-London geleë. Hulle wil hulle besigheid van ander besighede
      onderskei. Hulle het ŉ weeklange beplanning rondom die organisasiekultuur
      gedoen. Hulle het een hoofverskaffer, in die Elvin-groep. Hulle wil ook
      verseker dat die besigheid aan al die regsaspekte soos vereis deur die
      Departement van Handel en Nywerheid voldoen.

      2.1.1     Noem die sakesektor waarin Sky Rule Vrugtesappe bedrywig is.
                Motiveer jou antwoord.                                                  (3)

      2.1.2     Identifiseer DRIE komponente van die besigheidsomgewings wat
                in die scenario genoem word en klassifiseer elke komponent
                volgens die besigheidsomgewing en mate van beheer

                LET WEL: Teken die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK
                         oor om jou antwoord aan te bied.

                     KOMPONENTE           OMGEWINGS                BEHEER

                                                                                        (9)

      2.1.3     Verduidelik die doel van ŉ organisasiekultuur.                          (6)

2.2   Bespreek hoe die komponente van die markomgewing mekaar kan
      beïnvloed.                                                                      (12)

2.3   Klassifiseer elke stelling volgens die relevante sosio-ekonomiese kwessie:

      2.3.1     Om ŉ nabootsing van ŉ produk te maak en dit as die ware produk
                voor te hou

      2.3.2     Die onwettige produksie van iemand anders se oorspronklike,
                kreatiewe produk, sonder om die nodige toestemming te verkry

      2.3.3     ŉ Vorm, simbool, kleur of woorde wat gebruik word om ŉ produk of
                diens te herken

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

8                                   BESIGHEIDSTUDIES                      (EC/NOVEMBER 2017)

      2.3.4    Gee die eienaar eksklusiewe regte om ŉ produk of proses te maak,
               gebruik of te verkoop

      2.3.5    Beskerm die oorspronklike uitdrukking van ŉ bepaalde idee (5 x 2)     (10)

2.4   Verduidelik die doel van inklusiwiteit in die werkplek.                          (8)

2.5   Evalueer die negatiewe impak van MIV/Vigs op die besigheid.                    (12)
                                                                                     [60]

VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

3.1   Noem VIER entrepreneurseienskappe.                                               (4)

3.2   Beskryf in breë trekke enige VIER komponente van ŉ sakeplan.                     (8)

3.3   Dui die tipe visuele hulpmiddel aan wat in elk van die volgende stellings
      beskryf word:

      3.3.1   ŉ Skryfblok wat op ŉ staander vasgemaak word

      3.3.2   ŉ Groot vertoonarea wat aan ŉ rekenaar of projektor gekoppel word
              en aan ŉ groot gehoor wys wat op die rekenaarskerm is

      3.3.3   ŉ Toestel wat deur middel van ŉ videosein beelde op ŉ skerm
              projekteer en videobeelde of foto’s kan vertoon

      3.3.4   ŉ Vertoontoestel wat gebruik word om beelde aan die gehoor
              bokant die spreker se kop te wys

      3.3.5   Verskeie toerusting wat deelnemers in staat stel om met mekaar
              oor lang afstande te praat en ook visuele beelde te stuur  (5 x 2)     (10)

3.4   Tabuleer die verskille tussen ŉ vennootskap en ŉ privaat maatskappy.           (12)

3.5   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         GEEN WATER VIR SEWE MAANDE

      Dit is die nagmerrie van die inwoners van Ezinketheni naby Northdale wat
      sedert Desember nie ŉ druppel water gehad het nie. Die inwoners moet hoë
      watertariewe betaal en hoë misdaadvlakke is in die omgewing aangemeld.
      Zuko dink daaraan om ŉ karwas-besigheid in hierdie omgewing te begin.

      3.5.1   Identifiseer die faktore van die scenario wat ŉ impak op die ligging
              van Zuko se besigheid sal hê.                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2017)                   BESIGHEIDSTUDIES                                              9

      3.5.2    Bespreek die impak van die TWEE faktore op die ligging van Zuko
               se besigheid, soos in die bostaande scenario gemeld.     (2 x 4)              (8)

      3.5.3    Beveel maniere aan waarop die besigheid EEN van die
               liggingsfaktore, genoem in VRAAG 3.5.1, kan verbeter.                         (4)

3.6   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      Dit is belangrik om na die faktore wat moontlik jou besigheid kan beïnvloed
      te kyk voordat jy jou sakeplan begin skryf. Die faktore waaroor die meeste
      besighede min of geen beheer het nie, is in die makro-omgewing. Die beste
      manier om ŉ omgewingskandering uit te voer is om ŉ PESTWO-analise te
      doen.

      Analiseer die omgewingsfaktore deur van ŉ PESTWO-analise gebruik te
      maak. Illustreer deur ŉ voorbeeld te gebruik.                                        (12)
                                                                                           [60]

VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE

4.1    Identifiseer die probleemoplossingstegniek van die gegewe scenario’s.

       4.1.1     Poog om die opinies van deskundiges te kry sonder om hulle
                 bymekaar te bring.

       4.1.2     Word gebruik vir die beplanning en implementering van
                 veranderinge in die besigheid.

       4.1.3     Oorweeg die voor- en nadele van ŉ idee of ŉ besluit.

       4.1.4     Om ŉ besluit op jou eie te neem; wanneer die persoon helderheid
                 oor die probleem wil verkry en om die probleem beter te verstaan..

       4.1.5     Willekeurige generering van idees.                                        (10)

4.2    Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
       Sisa Ngubelanga het Rebosis Property Fund in 2011 gelys. Hy het destyds
       die volgende gesê: “Dit is veilig om te sê ek het my besigheidsdoelwitte
       bereik, maar sukses kom nie sonder ŉ prys nie.” Sisa glo dat harde werk
       die antwoord vir sukses is.

          [Nadine Todd: www.entrepreneurrmag.co.za. Toegang op November 10 verkry, 2016]

       4.3.1     Definieer die betekenis van sukses.                                         (2)

       4.3.2     Bespreek die belangrikheid daarvan om doelwitte te stel.                  (12)

       4.2.3     Doen aanbevelings oor maniere              waarop    werknemers      ŉ
                 professionele beeld kan projekteer.                                         (4)

4.3    Onderskei tussen probleemoplossing en besluitneming.                                  (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

10                                 BESIGHEIDSTUDIES                       (EC/NOVEMBER 2017)

4.4    Beskryf die probleemoplossingsiklus.                                           (12)

4.5    Bespreek enige VIER kriteria vir ŉ suksesvolle span.                           (12)
                                                                                      [60]

VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

5.1   Identifiseer die besigheidsfunksies in ELKEEN van die volgende
      scenario’s.

      5.1.1   Omskep arbeid, kapitaal, grondstowwe en entrepreneurskap in
              produkte en dienste.

      5.1.2   Die aanstelling van werknemers met vermoëns en ondervinding om
              kwaliteitresultate te verkry.

      5.1.3   Dit is die verantwoordelikheid van Ndimphiwe om alle dokumente
              en data te versamel en data op te roep.

      5.1.4   Dek alle funksionele areas en werknemers in die besigheid.

      5.1.5   Neem besluite omtrent die prosesse wat aanleiding gee tot die
              verkoop van die goedere en dienste wat deur die besigheid
              geproduseer word.                                          (5 x 2)      (10)

5.2   Bespreek die voordele van gehaltebeheer.                                        (10)

5.3   “Bestuur is die proses waardeur ŉ individu die organisasie lei en rigting gee
      sodat die organisasie sy doelwitte kan bereik.”

      5.3.1   Identifiseer die bestuursvlakke en die besluite wat met betrekking
              tot die bestuursfunksie geneem word.

              LET WEL:    Teken die onderstaande tabel in die
                          ANTWOORDEBOEK om jou antwoord aan te bied.

                     BESTUURSVLAK                TIPE BESLUITE GENEEM

                                                                                      (6)

      5.3.2   Bespreek die VIER basiese bestuurstake.                                 (12)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2017)                  BESIGHEIDSTUDIES                                       11

5.4    Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.

                      MNR. PABLO STAAR BOETE IN DIE GESIG

       Pablo Winkels bevind hulleself in warm water. Hulle hef sonder die
       toestemming van die verbruiker ŉ klubfooi op kredietooreenkomste. Hulle
       bied ook of dring aan op die uitneem van versekering en bied finansiële
       pakkette aan verbruikers, wat nie daarvoor kwalifiseer of dit nodig het nie.

       5.4.1   Identifiseer die Wet wat Pablo Winkels nie nakom nie.                      (1)

       5.4.2   Haal die DRIE redes uit die scenario aan waarom Pablo vir die
               toestaan van krediet beboet is.                                            (3)

       5.4.3   Beskryf in breë trekke VIER verbruikersregte wat in terme van die Wet
               in VRAAG 5.4.1 geïdentifiseer is.                                          (8)

5.5    Bespreek die impak (positief en negatief) van die Nasionale Verbruikers-
       beskermingswet op die aankopefunksie.                                             (10)
                                                                                         [60]

VRAAG 6: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE

BESIGHEIDSOMGEWING

6.1    Noem enige VYF komponente, behalwe organisasiekultuur, van die mikro-
       omgewing.                                                                          (5)

6.2    Verduidelik kortliks die interverwantskap tussen die mikro- (interne), mark-
       en makro-omgewings.                                                               (10)

BESIGHEIDSGELEENTHEDE

6.3    Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.

       Mona het sy eie besigheid begin, Sebastian Tuindienste. Hy het R2 000
       beskikbaar om sy besigheid te begin. Hy het nie rekeningkundige vaardighede
       nie en hoop dat sy broer hom daarmee kan help. Langs sy pa se besigheid is
       ŉ oop erf wat aan sy pa behoort. Sy pa is gewillig om hierdie erf aan hom teen
       ŉ minimale fooi te verhuur. Daar is soortgelyke besighede in die gemeenskap.

       6.3.1   Gee EEN metode/navorsingsinstrument wat deur Mona gebruik kan
               word om data by klante in te samel.                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

12                                 BESIGHEIDSTUDIES                    (EC/NOVEMBER 2017)

      6.3.2   Doen ŉ SSGB-ontleding (‘SWOT’) vir Mona se besigheid. Teken die
              tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK oor om jou antwoord aan
              te bied.

                     Sterk punte                      Swak punte

                     Geleenthede                      Bedreigings
                                                                                     (8)

6.4   Verduidelik die faktore wat oorweeg moet word wanneer ŉ verbale
      aanbieding voorberei word.                                                     (6)

BESIGHEIDSROLLE

6.5   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      Besighede se grootste probleem in 2017 is nie swak verkope en sagte pryse
      nie. Hulle grootste probleem is die gebrek aan gekwalifiseerde arbeid. Om
      kompeterend te wees moet besighede pro-aktief en kreatief wees, voordat
      dit die winsgewendheid van die besigheid negatief beïnvloed.

      6.5.1   Haal uit die scenario EEN probleem aan wat besighede in 2017 in
              die gesig staar.                                                       (1)

      6.5.2   Bespreek hoe besighede kreatiewe denke kan gebruik om
              besigheidsprobleme op te los.                                          (8)

6.6   Maak voorstelle oor maniere waarop besighede ŉ omgewing kan skep waar
      spanne effektief kan wees.                                                     (6)

BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

6.7   6.7.1   Noem enige DRIE bronne van finansiering.                               (3)

      6.7.2   Bespreek in breë trekke die rolle en verantwoordelikhede van die
              verskillende vlakke van bestuur.                                      (12)
                                                                                    [60]

                                                       TOTAAL AFDELING B:           180

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2017)                 BESIGHEIDSTUDIES                                     13

  AFDELING C

  Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

  LET WEL:       Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
                 Die antwoord op ELKE vraag moet op ŉ NUWE bladsy begin,
                 byvoorbeeld VRAAG 7 op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 8 op ŉ NUWE
                 bladsy, ensovoorts.

  VRAAG 7: BESIGHEIDSOMGEWINGS (SAKESEKTORE)

  Woolworths skenk hul surplus klere aan die Klerebank, wat ŉ informele sektor
  besigheid is en wat poog om werk te skep vir werklose mense.

  Verwys na die bostaande scenario en skryf ŉ opstel oor die volgende aspekte:

      Bespreek die voordele van die informele sektor.
      Vergelyk die formele en informele sektor.
      Verduidelik die doel van die openbare sektor.
      Onderskei tussen die private sektor en openbare sektor.                         [40]

  VRAAG 8: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (KONTRAKTE)

  Versekerings- en indiensnemingskontrakte is belangrike ooreenkomste wat gesluit
  word wanneer ŉ persoon ŉ besigheid stig. Hierdie kontrakte het regte en
  verantwoordelikhede.

  Ondersteun bostaande stelling en skryf ŉ opstel oor die volgende aspekte:

     Verduidelik wat ŉ kontrak beteken.
     Bespreek wat die inhoud van ŉ indiensnemingskontrak moet wees.
     Omskryf die wetlike vereistes van ŉ indiensnemingskontrak.
     Verduidelik die beginsels van die versekeringskontrak.
     Maak aanbevelings oor die regte en verantwoordelikhede van die
      versekeringskontrak vir beide die versekeraar en die versekerde.                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

14                                 BESIGHEIDSTUDIES                     (EC/NOVEMBER 2017)

  VRAAG 9: BESIGHEIDSROLLE (SOSIALE VERANTWOORDELIKHEID)

  Die bekende Nobelpryswenner en ekonoom, Milton Friedman, het gesê dat ŉ
  besigheid se primêre sosiale verantwoordelikheid ekonomiese prestasie is. Met
  ander woorde as die besigheid misluk, omdat die hooffokus nie op ekonomiese
  prestasie was nie, sal dit nog slegter vir die omliggende gemeenskap wees.

  Verwys na die bostaande scenario en skryf ŉ opstel wat die volgende aspekte
  insluit:

      Definieer die begrip Korporatiewe Sosiale Verantwoordelikheid en gee EEN
       praktiese voorbeeld.
      Beskryf in breë trekke die uitdagings van KSV vir beide besighede en
       gemeenskappe.
      Bespreek die voordele van KSV vir beide besighede en gemeenskappe.
      Maak voorstelle oor inisiatiewe wat besighede kan onderneem om sosio-
       ekonomiese kwessies aan te spreek.                                             [40]

  VRAAG 10: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE. (DIE KONSEP VAN GEHALTE)

  Gehalte is belangrik vir organisasies om te verseker dat foute en defekte
  geëlimineer word.

  Verduidelik gehalte in verband met die volgende besigheidsfunksies:

       Menslike hulpbronfunksie
       Administratiewe funksie
       Finansiële funksie
       Algemene bestuursfunksie
       Produksiefunksie

  Bespreek die belangrikheid van gehaltebevordering van die besigheid se beeld.       [40]

                                                          TOTAAL AFDELING C:          80
                                                              GROOTTOTAAL:            300

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

## Related documents

- [BUSINESS STUDIES GR10 MEMO AFRIK](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2017-national-november-exam-memorandum-afrikaans/a95ffb54-c75b-44d5-b1bd-bdf7472e7069) — Business Studies · Memo · 2017 · Afr
- [BUSINESS STUDIES QP GR10 NOV 2019 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2019-national-november-exam-question-paper-afrikaans/33006d69-87d9-4952-be2f-189853693dab) — Business Studies · QP · 2019 · Afr
- [BUSINESS STUDIES QP GR10 NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2018-national-november-exam-question-paper-afrikaans/e6cf8a91-6fd9-488c-8a17-77f6fb3a51fb) — Business Studies · QP · 2018 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR10 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2018-national-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/b7ccf711-d3b2-4e75-a01b-40505e45a3f5) — Business Studies · QP · 2018 · Afr
- [BUSINESS STUDIES GR10 MEMO NOV 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2019-national-november-exam-memorandum-afrikaans/da9e46b1-35a8-4bd8-a908-1010faedbd47) — Business Studies · Memo · 2019 · Afr
- [BUS STUDIES P2 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2019-national-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/7e676337-e79b-48dc-aa1e-f276f879d90e) — Business Studies · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 10 Business Studies

- [Gr10-Besigheidstudie-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-besigheidstudie-studyguide-lr/a4f5aa94-a92e-47d4-921d-9afbe170cee1) — Guide
- [Gr10-Business-Studies-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-business-studies-studyguide-lr/f1f2cd4f-dd8c-4da9-956a-1709f7d7953d) — Guide
- [Gr 10 Bus Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-bus-stu-atp-2023-24/275fdd47-3b44-4afe-9900-15609e39bc03) — ATP
- [GP Sosh Business Studies Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/gp-sosh-business-studies-grade-10-march-2025-qp-and-memo/55518b1d-484c-4dcc-b0b2-067c148e2449) — QP + Memo · 2025
- [LP Business Studies Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-10-june-2025-p1-and-memo/1c1b6cde-1015-47d8-8a45-b8df59b0e497) — QP + Memo · 2025
- [Business Studies Grade 10 March 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-10-march-2023-qp-and-memo/0ef398dc-186c-4514-b5f6-61e70e26bee3) — QP + Memo · 2023

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
