# Business Studies Grade 10 National November 2018 QP (Afr)

> Grade 10 Business Studies question paper from the National November Exam 2018 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2018-national-november-exam-question-paper-afrikaans/e6cf8a91-6fd9-488c-8a17-77f6fb3a51fb
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: National November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/business-studies) › [Business Studies Grade 10 National November 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2018-national-november-exam-question-paper-afrikaans/e6cf8a91-6fd9-488c-8a17-77f6fb3a51fb)

## About this document

Business Studies · Grade 10 · National November Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                  SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 10

                    NOVEMBER 2018

                 BESIGHEIDSTUDIES V2

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

2                                  BESIGHEIDSTUDIES V2                 (EC/NOVEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

      AFDELING A:      VERPLIGTEND
      AFDELING A:      Bestaan uit DRIE vrae.
                       Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
      AFDELING A:      Bestaan uit TWEE vrae.
                       Beantwoord SLEGS EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

 2.   Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
      vereis word.

 3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik is. Geen punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is
      nie.

 4.   Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

 5.   Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ŉ
      antwoord te bepaal.

 6.   Gebruik die tabel hieronder as ŉ gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke
      vraag beantwoord word.

                   AFDELING                          VRAAG     PUNTE            TYD
      A: Objektiewe tipe vrae
                                                         1       30         20 minute
         VERPLIGTEND

       B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae               2       40         35 minute
          KEUSE: Beantwoord enige TWEE.                  3       40         35 minute
                                                         4       40         35 minute

      C: TWEE opsteltipe vrae                            5       40         30 minute
         KEUSE: Beantwoord SLEGS EEN.                    6       40         30 minute

                      TOTAAL                                     150        120 minute

 7.   Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy, byvoorbeeld
      VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts.

 8.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 9.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2018)                 BESIGHEIDSTUDIES V2                                    3

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommer
        (1.1.1–1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 E.

        1.1.1    Een van die partye tot ŉ dienskontrak is ŉ …

                 A     versekeraar.
                 B     verhuurder.
                 C     werknemer.
                 D     huurder.

        1.1.2    Die naam van ŉ privaat maatskappy eindig met die afkorting …

                 A     (Edms.) Bpk.
                 B     Bpk.
                 C     MSW
                 D     Edms.

        1.1.3    Die beste visuele hulpmiddel wat besighede kan gebruik om hulle
                 vordering oor ŉ tydperk van drie maande te toon, is ŉ …

                 A     sirkelgrafiek.
                 B     staafgrafiek.
                 C     diagram.
                 D     lyngrafiek.

        1.1.4    Watter EEN van die volgende is ŉ voorbeeld van ŉ maatskaplike
                 verantwoordelikheidsprogram van ŉ besigheid?

                 A     ŉ Verhoging in die bestuurder se salaris
                 B     ŉ Toename in wins
                 C     Om ŉ Vigs-weeshuis te borg
                 D     Om die pryse van produkte te verminder

        1.1.5    Hierdie probleemoplossingstegniek help die bestuurder om oplossings
                 op sy/haar eie te vind:

                 A     Dinkskrum-tegniek
                 B     Delphi-tegniek
                 C     Leë-stoel-tegniek
                 D     Gedwonge kombinasies-tegniek                             (5 x 2)   (10)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

4                                 BESIGHEIDSTUDIES V2                      (EC/NOVEMBER 2018)

 1.2   Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
       Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
       ANTWOORDEBOEK neer. (ŉ) Woord(e) mag net EEN keer gebruik word.

             probleemoplossing; krediet-ooreenkoms; prospektus; drievoudige
          eindresultaat; JSE SVI indeks; selfvertroue; versekering; besluitneming;
                     professionalisme; memorandum van inkorporasie

       1.2.1    ŉ … is ŉ geskrewe uitnodiging aan die publiek om aandele in ŉ
                publieke maatskappy te koop en dit moet voorgeskrewe inligting
                bevat.

       1.2.2    Die … meet ŉ besigheid se wins, sosiale en omgewings-
                volhoubaarheid.

       1.2.3    ... is ŉ kontrak wat deur ŉ persoon of besigheid uitgeneem word om
                risiko te bestuur.

       1.2.4    ... vereis kreatiewe denke om alternatiewe oplossings te genereer
                en te evalueer.

       1.2.5    … beteken om vertroue in jou eie vermoëns, eienskappe en oordeel
                te hê.                                                    (5 x 2)          (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2018)               BESIGHEIDSTUDIES V2                                      5

 1.3 Kies die beskrywing uit KOLOM B wat by die begrip in KOLOM A pas. Skryf
     slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
     ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.

                KOLOM A                              KOLOM B
       1.3.1    Vennootskap        A   Die raad van direkteure word deur die
                                       regering aangestel

       1.3.2     Dinkskrum         B   Eienaars is persoonlik vir skuld en eise teen
                                       die besigheid verantwoordelik en
                                       persoonlike bates kan verkoop word om
                                       skuld te betaal

       1.3.3     Maatskappy in     C   Aktiwiteite wat jy geniet
                 staatsbesit

       1.3.4     Etiek             D   Kragte vir en kragte teen

       1.3.5     Navorsing         E   Verskil van ander wat betref kultuur of
                                       geloof

                                   F   Hulle is gesamentlik en afsonderlik
                                       aanspreeklik vir die skuld en
                                       verantwoordelikhede

                                   G Besonderhede van 7 P’s se opsomming

                                   H   ŉ Proses om feite te versamel om klante se
                                       behoeftes te bepaal

                                   I   ŉ Stel morele waardes van ŉ individu of ŉ
                                       groep

                                   J   Genereer baie idees vir die oplos van ŉ
                                       probleem
                                                                             (5 x 2)    (10)

                                                            TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

6                                BESIGHEIDSTUDIES V2                     (EC/NOVEMBER 2018)

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

NOTE:     Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
          antwoord op ELKE vraag moet op ŉ NUWE bladsy begin, byvoorbeeld
          VRAAG 2 op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE bladsy,
          ensovoorts.
VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

2.1   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      Gauteng is een van die ryker provinsies in die land omdat grondstowwe en
      infrastruktuur beskikbaar is. Statistiek SA se syfers toon dat meer mense in
      die aanloklike stad van goud en ander minerale werk soek. Hierdie mense
      kom van oral in Suid-Afrika en die buiteland.

      2.1.1     Haal enige TWEE faktore wat ŉ impak op die ligging van ŉ
                besigheid het, uit die scenario hierbo aan.                             (2)

      2.1.2     Verduidelik enige TWEE aspekte wat belangrik is vir die ligging
                van ŉ besigheid.                                           (2 x 2)      (4)

      2.1.3     Evalueer die impak van ENIGE faktor aangehaal in
                VRAAG 2.1.1.                                               (2 x 2)      (4)

2.2   Benoem die tipe visuele hulpmiddel wat van VRAAG 2.2.1–2.2.5 beskryf
      word.

      2.2.1     Papierblaaie wat aan ŉ staander vasgemaak word

      2.2.2     ŉ Groot skerm wat aan ŉ rekenaar of ŉ projektor gekoppel word
                en aan ŉ groot gehoor wys wat op die rekenaarskerm is

      2.2.3     ŉ Toestel wat deur middel van ŉ videosein beelde op ŉ skerm
                projekteer. Dit kan videobeelde of foto’s vertoon

      2.2.4     ŉ Vertoontoestel wat gebruik word om beelde aan die gehoor
                bokant die spreker se kop te wys.

      2.2.5     Verskeie toerusting wat deelnemers in staat stel om met mekaar
                oor lang afstande te praat asook visuele beelde te stuur              (10)
2.3   Beskryf in breë trekke TWEE komponente van ŉ sakeplan.               (2 x 2)      (4)

2.4   Bespreek, met verwysing na ŉ sakeplan, die omgewingsfaktore deur ŉ
      PESTWO-analise te gebruik.                                                        (8)
2.5   2.5.1     Bespreek enige TWEE stappe om vir ŉ verbale aanbieding voor te
                berei.                                                                  (4)
      2.5.2     Gee raad aan ŉ besigheid oor hoe om ondersteuningsmateriaal vir
                ŉ aanbieding voor te berei.                                            (4)
                                                                                      [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2018)                 BESIGHEIDSTUDIES V2                                         7

VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE

3.1   Noem VIER elemente van professionele gedrag.                                       (4)

3.2   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         ZANDI SE ELEGANCE RESTAURANT

      Zandi het 40 werknemers, wat uit mans en vrouens vanuit verskillende
      etniese groepe, geloof- en kultuurgroepe, bestaan. Hy bou sy sukses deur
      nuwe idees te ondersteun wat die personeel gemotiveerd en geïnteresseerd
      hou.

      Hy wil die voorspoed van die besigheid met die personeel deel en betrek
      hulle by besluitneming. Die werknemers in Zandi se besigheid funksioneer
      goed as ŉ span wanneer dit by die besigheid se bedrywighede kom.

      3.2.1    Haal enige TWEE voorbeelde van diversiteit uit die scenario hierbo
               aan.                                                                    (2)

      3.2.2    Beskryf VIER kriteria vir suksesvolle en samewerkende spanwerk.         (8)

      3.2.3    Verduidelik hoe Zandi diversiteit in sy besigheid kan hanteer.          (8)

3.3   Identifiseer die probleemoplossingstegniek wat op die volgende
      beskrywings van toepassing is:

      3.3.1    ŉ Paneel deskundiges vul ŉ reeks vraelyste in en idees word
               anoniem aangepas

      3.3.2    ŉ Groep dink aan positiewe en negatiewe uitkomste en weeg die
               voordele en nadele op

      3.3.3    Skryf sleutelwoorde neer en kombineer hulle op verskillende
               maniere om innoverende voorstelle te kry.                   (3 x 2)       (6)

3.4   Beskryf in breë trekke die probleemoplossingsiklus.                              (12)
                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

8                                BESIGHEIDSTUDIES V2                     (EC/NOVEMBER 2018)

 VRAAG 4: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE

 BESIGHEIDSGELEENTHEDE

 4.1   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               BUFFALO TIMBER BPK.
       Matthew en Peter vervaardig skoolmeubels, lessenaars, tafels, stoele en
       kaste. Hulle oorweeg om meer spasie te huur van hul redelike verhuurder
       se billike pryse vir hul produksiebedrywighede sowel as die duur
       gespesialiseerde masjinerie.

       Hulle moet ook 'n groot vragmotor koop wat oor ŉ langer tydperk betaalbaar
       sal wees. Hulle beoog om regskontrakte vir al bogenoemde aktiwiteite op
       te stel, maar dit is nie duidelik hoe om dit te doen nie.

       4.1.1    Identifiseer die tipe kontrakte wat Buffalo Timber Bpk. van
                bogenoemde scenario verlang.                                           (6)

       4.1.2    Beskryf aspekte wat in die dienskontrak van Buffalo Timber Bpk.
                ingesluit moet word.                                                   (8)

 4.2   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          PETER SE VLEIS & SUIWEL (PVS)

       PVS spesialiseer in die verkoop van vleis, melk, kaas en jogurt. Hy het drie
       opgeleide werknemers. Die besigheid het nie genoeg kapitaal om nuwe
       moderne masjinerie om hulle produksie te verbeter aan te koop nie. PVS
       se mededinger in dieselfde omgewing, is as gevolg van ŉ oneffektiewe
       bemarkingstrategie en ŉ gebrekkige navorsingplan, baie na aan
       bankrotskap. PVS is in ŉ hoë misdaadgebied geleë.

       4.2.1    Noem TWEE navorsingsinstrumente wat PVS kan gebruik om data
                van klante te verkry.                                                   (2)

       4.2.2    Doen ŉ SSGB-(SWOT-) ontleding vir PVS.                                  (8)

 BESIGHEIDSROLLE

 4.3   Noem VIER voordele van tydsbestuur.                                              (4)

 4.4   Beskryf die belangrikheid om doelwitte te stel.                                  (4)

 4.5   Maak voorstelle oor hoe om aan jou sterkpunte en swakhede te werk.               (8)
                                                                                       [40]

                                                          TOTAAL AFDELING B:            80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2018)                BESIGHEIDSTUDIES V2                                       9

 AFDELING C

 Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.

 LET WEL:       Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
                antwoord van die vraag moet op ŉ NUWE bladsy begin.

 VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (ONDERNEMINGSVORM)

 Vusi en Sibu het hulle BSc Ing-grade in dieselfde jaar voltooi. Hulle het besluit om ŉ
 konstruksiebesigheid in Oos-Londen te begin. Hulle oorweeg ŉ persoonlike-
 aanspreeklikheidsmaatskappy.

 As ŉ besigheidsontleder, skryf ŉ verslag oor die volgende aspekte:

     Brei uit oor die betekenis van ŉ persoonlike-aanspreeklikheidsmaatskappy.
     Beskryf die kenmerke van hierdie ondernemingsvorm.
     Bespreek die voordele en nadele van die persoonlike aanspreeklikheids-
      maatskappy.
     Onderskei tussen ŉ maatskappy met ŉ winsmotief en ŉ maatskappy sonder ŉ
      winsmotief.                                                                         [40]

 VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (SOSIALE VERANTWOORDELIKHEID)

 Besigheidsondernemings is deel van die samelewing. Hulle het dus ŉ sosiale
 verantwoordelikheid teenoor die samelewing en die omgewing en hul aktiwiteite
 moet volhoubaar wees.

  Onderskei tussen korporatiewe sosiale verantwoordelikheid en korporatiewe
   sosiale belegging.
  Beskryf in breë trekke die voordele van KMB vir beide besigheid en die
   gemeenskap.
  Gee raad aan die besigheid oor ŉ werkplekprogram om MIV/Vigs te hanteer.
  Stel maniere voor waarop ŉ besigheid die plaaslike gemeenskap kan help om
   werkloosheid aan te spreek.                                                            [40]

                                                             TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                 GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [BUSINESS STUDIES P1 GR10 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2018-national-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/b7ccf711-d3b2-4e75-a01b-40505e45a3f5) — Business Studies · QP · 2018 · Afr
- [BUSINESS STUDIES GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2018-national-november-exam-memorandum-afrikaans/f8e9d080-b7c6-45c2-8880-93d178670cfe) — Business Studies · Memo · 2018 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR10 MEMO AFR NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2018-national-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/af0fee15-4e15-4185-8c86-7fa22bcbd8c3) — Business Studies · Memo · 2018 · Afr
- [BUSINESS STUDIES QP GR10 NOV 2019 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2019-national-november-exam-question-paper-afrikaans/33006d69-87d9-4952-be2f-189853693dab) — Business Studies · QP · 2019 · Afr
- [BUSINESS STUDIES QP GR10 NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2017-national-november-exam-question-paper-afrikaans/df933a34-fb53-4f1d-97fd-5ccba21cd35a) — Business Studies · QP · 2017 · Afr
- [BUSINESS STUDIES GR10 MEMO NOV 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2019-national-november-exam-memorandum-afrikaans/da9e46b1-35a8-4bd8-a908-1010faedbd47) — Business Studies · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 10 Business Studies

- [Gr10-Besigheidstudie-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-besigheidstudie-studyguide-lr/a4f5aa94-a92e-47d4-921d-9afbe170cee1) — Guide
- [Gr10-Business-Studies-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-business-studies-studyguide-lr/f1f2cd4f-dd8c-4da9-956a-1709f7d7953d) — Guide
- [Gr 10 Bus Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-bus-stu-atp-2023-24/275fdd47-3b44-4afe-9900-15609e39bc03) — ATP
- [GP Sosh Business Studies Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/gp-sosh-business-studies-grade-10-march-2025-qp-and-memo/55518b1d-484c-4dcc-b0b2-067c148e2449) — QP + Memo · 2025
- [LP Business Studies Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-10-june-2025-p1-and-memo/1c1b6cde-1015-47d8-8a45-b8df59b0e497) — QP + Memo · 2025
- [Business Studies Grade 10 March 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-10-march-2023-qp-and-memo/0ef398dc-186c-4514-b5f6-61e70e26bee3) — QP + Memo · 2023

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
