# Business Studies Grade 10 P1 National November 2018 QP (Afr)

> Grade 10 Business Studies Paper 1 question paper from the National November Exam 2018 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2018-national-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/b7ccf711-d3b2-4e75-a01b-40505e45a3f5
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: National November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/business-studies) › [Business Studies Grade 10 P1 National November 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2018-national-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/b7ccf711-d3b2-4e75-a01b-40505e45a3f5)

## About this document

Business Studies · Grade 10 · National November Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [BUSINESS STUDIES P1 GR10 MEMO AFR NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2018-national-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/af0fee15-4e15-4185-8c86-7fa22bcbd8c3) — Memo · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                  SENIOR SERTIFIKAAT

                       GRAAD 10

                    NOVEMBER 2018

                 BESIGHEIDSTUDIES V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

2                               BESIGHEIDSTUDIES V1                      (EC/NOVEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al die hoofonderwerpe.

       AFDELING A:     VERPLIGTEND
       AFDELING B:     Bestaan uit DRIE vrae.
                       Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
       AFDELING C:     Bestaan uit TWEE vrae.
                       Beantwoord SLEGS EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

 2.    Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
       vereis word.

 3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
       gebruik is. Geen punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is
       nie.

 4.    Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

 5.    Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van 'n
       antwoord te bepaal.

 6.    Gebruik die tabel hieronder as ŉ gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke
       vraag beantwoord word.

       AFDELING                            VRAAG          PUNTE              TYD
       A    Objektiewe tipe vrae
                                               1            30            20 minute
            VERPLIGTEND

       B       DRIE direkte/indirekte          2            40            35 minute
               tipe vrae                       3            40            35 minute
               KEUSE (Beantwoord               4            40            35 minute
               enige TWEE.)

       C       TWEE opsteltipe vrae            5            40            30 minute
               KEUSE (Beantwoord               6            40            30 minute
               SLEGS EEN.)

               TOTAAL                                      150           120 minute

 7.    Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy, byvoorbeeld VRAAG 1 –
       nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts.

 8.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 9.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2018)                          BESIGHEIDSTUDIES V1                              3

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommer
       (1.1.1–1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 E.

       1.1.1     ŉ Besigheid het volle beheer oor …

                 A    visie.
                 B    klante.
                 C    inflasie.
                 D    tegnologie.

       1.1.2     Watter EEN van die volgende kan as ŉ openbare sektor besigheid
                 geklassifiseer word?

                 A    Sishen Ysterertsmyn
                 B    Woolworths
                 C    Dube-Dube SA meubelvervaardiger
                 D    Eskom

       1.1.3     … beteken om iets te doen waarvan die uitkoms onseker is.

                 A    Piramideskema
                 B    Dobbelary
                 C    Geldwassery
                 D    Roofkopiëring

       1.1.4     Dit is die taak van die … om die beste werkers te werf en te keur.

                 A    Menslike hulpbronfunksie
                 B    Produksiefunksie
                 C    Openbare betrekkinge funksie
                 D    Aankopefunksie

       1.1.5     Die ... verseker dat taktiese besluite uitgevoer word.

                 A    laervlakbestuur
                 B    topvlakbestuur
                 C    middelvlakbestuur
                 D    laer- en topvlakbestuur                                   (5 x 2)   (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

4                               BESIGHEIDSTUDIES V1                          (EC/NOVEMBER 2018)

 1.2   Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
       Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

         Burgerlugvaartowerheid; vaste kapitaal; Nasionale Kredietwet; bedryfskapitaal;
          inklusiwiteit; Nasionale Verbruikersbeskermingswet; kapitaal; vaste kapitaal;
         wins; diskriminasie; Suid-Afrikaanse Gesagsvereniging vir Reklamestandaarde

       1.2.1    Die ... is ŉ onafhanklike instelling wat deur die bemarkings-
                kommunikasie-owerheid betaal word om advertensies in publieke belang,
                te reguleer.

       1.2.2    … is die geld wat gegenereer word om ŉ besigheid te begin.

       1.2.3    Die doel van … is om die ontwikkeling van ŉ kredietmark, wat vir alle
                Suid-Afrikaners toeganklik is, te bevorder.

       1.2.4    Die gedeelte van die totale kapitaal wat in nie-bedryfsbates soos
                voertuie, toerusting en grond en geboue belê word.

       1.2.5    Om aan almal gelyke geleenthede te gee.                             (5 x 2)   (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2018)                        BESIGHEIDSTUDIES V1                                 5

 1.3 Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat ŉ die begrip in KOLOM A pas. Skryf
     slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
     ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.

                     KOLOM A                                 KOLOM B
      1.3.1     Debiteure                       A   Die koste om geld te leen

      1.3.2     Verskaffers                     B   Verantwoordelik vir die insameling,
                                                    berging en verspreiding van
                                                    besigheidsinligting

      1.3.3     Rente                           C   Al die geld wat ŉ besigheid aan
                                                    krediteure skuld

      1.3.4     Lyn-organisatoriese struktuur   D   ŉ Persoon wat ŉ besigheid geld
                                                    skuld

      1.3.5     Administrasiefunksie            E   Die prys wat ons vir buitelandse
                                                    geldeenhede betaal

                                                F   Verantwoordelik vir die
                                                    verspreiding en verkoop van die
                                                    besigheid se produkte aan
                                                    verbruikers

                                                G   Besighede wat goedere en
                                                    dienste in ruil vir geld aanbied

                                                H   Ondergeskikte werknemers
                                                    rapporteer slegs aan een hoof

                                                I   Verantwoordelik vir die produksie
                                                    van goedere en dienste

                                                J   Werknemers rapporteer aan
                                                    hulle funksionele bestuurder
                                                                               (5 x 2)     (10)

                                                             TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

6                               BESIGHEIDSTUDIES V1                        (EC/NOVEMBER 2018)

 AFDELING B

 Beantwoord enige TWEE vrae van die drie vrae in AFDELING B. Die antwoord op
 ELKE vraag moet op ŉ NUWE bladsy begin, byvoorbeeld VRAAG 2 op ŉ NUWE
 bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE bladsy, ensovoorts.

 VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS

 2.1   Noem enige VIER komponente van die mikro-omgewing.                                  (4)

 2.2   Identifiseer die komponente van die markomgewing wat in elkeen van die
       volgende stellings hieronder verteenwoordig word:

       2.2.1   Mense of ander besighede wat die produkte en dienste van ŉ
               besigheid koop om hulle behoeftes te bevredig

       2.2.2   Mense of besighede wat ŉ belangrike rol speel om goedere vanwaar
               dit geproduseer word, na verbruikers regoor die land te versprei

       2.2.3   ŉ Supermark vind uit dat ŉ soortgelyke kruideniersware-winkel in
               hulle omgewing oopgemaak het                                                (6)

 2.3   Verduidelik die redes waarom die markomgewing ŉ uitdaging vir ŉ besigheid
       kan wees.                                                                           (8)

 2.4   Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       Zipho besit ŉ groot industriële vensterskoonmaakmaatskappy. Hy koop sy
       masjiene in die VSA. Hy sal slegs in staat wees om een masjien te koop, omdat
       die waarde van die Suid-Afrikaanse geldeenheid baie verminder het.

       2.4.1   Identifiseer die ekonomiese faktor van die makro-omgewing wat ŉ
               direkte invloed op Zipho se besigheid kan hê.                               (2)

       2.4.2   Beskryf in breë trekke enige TWEE ander komponente van die
               makro-omgewing.                                                             (8)

       2.4.3   Verduidelik die mate van beheer oor die omgewing wat in
               VRAAG 2.4.2 genoem word.                                                    (2)

 2.5   Verduidelik kortliks die verwantskap tussen die mikro- (interne), mark- en
       makro-omgewings.                                                                  (10)
                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2018)                        BESIGHEIDSTUDIES V1                                7

 VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

 3.1   Noem enige VIER metodes wat ŉ besigheid kan gebruik om die openbare
       betrekkinge funksie te ondersteun.                                                   (4)

 3.2   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                             BALOYI MEUBELWINKEL (BMW)

       Baloyi is ŉ besturende direkteur van ŉ baie suksesvolle meubelwinkel met
       takke regoor die land. Om ŉ besturende direkteur te wees, is harde werk;
       daarom het hy vier hoofde in verskillende departemente aangestel. Die
       verskillende departemente is menslike hulpbronne, finansies, aankope en
       administrasie.

       3.2.1    Haal TWEE vlakke van bestuur wat in die scenario ter sprake is, aan.        (2)

       3.2.2    Identifiseer die tipe bestuursvlakke aangehaal in VRAAG 3.2.1.              (2)

                LET WEL:     Teken die onderstaande tabel in jou ANTWOORDE-
                             BOEK om jou antwoord aan te bied.

                3.2.1   Aanhaling                3.2.2    Vlakke van bestuur

       3.2.3    Bespreek die rol en verantwoordelikheid van die bestuursvlakke in
                VRAAG 3.2.2 genoem.                                                         (8)

 3.3   Beskryf in breë trekke die faktore wat die organisatoriese struktuur beïnvloed.      (6)

 3.4   Identifiseer die bronne van finansiering wat op elkeen van die volgende
       situasies van toepassing is:

       3.4.1    Die besigheid reël met die bank om meer geld te onttrek as wat die
                besigheid in die bankrekening beskikbaar het

       3.4.2    Die lenings moet oor ŉ vaste tydperk wat nie langer as vyf jaar mag
                wees nie, terugbetaal word                                                  (4)

 3.5   Onderskei tussen gehaltebeheer en gehalteversekering.                                (6)

 3.6   Regverdig die instelling van die Nasionale Verbruikersbeskermingswet.               (8)
                                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

8                                BESIGHEIDSTUDIES V1                         (EC/NOVEMBER 2018)

 VRAAG 4: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE

 BESIGHEIDSOMGEWINGS

 4.1 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.

      Die eienaars van Tree Fruit Plantasie het besluit om hulle besigheid uit te brei.
      deur ŉ suiwelvervaardigingsonderneming, genaamd Xavier Suiwelprodukte,
      daarby in te sluit. Hulle gebruik hulle eie voertuie om melk en vrugte te vervoer.
      Hulle het ŉ plaaslike tak van Zubatec bank genader om hulle uitbreiding te
      finansier. Die eienaars het ook besluit om die versekeringsmaatskappy
      Metrocick te vra om hulle werknemers oor versekering in te lig.

      Identifiseer die TWEE sakesektore wat in die scenario genoem word.
      Motiveer jou antwoord deur uit die scenario aan te haal.                               (4)

 4.2 Onderskei tussen bestuur en leierskap.                                                  (8)

 4.3 Regverdig die belangrikheid van die openbare sektor.                                    (8)

 BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

 4.4 Noem die VIER basiese take van algemene bestuur.                                        (4)

 4.5 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      Besighede besef die belangrikheid van kwaliteitsbestuur om klante se
      tevredenheid te handhaaf en om die vervangingskoste van stukkende produkte
      te verminder. Klante wil kwaliteitgoedere koop wat vir ŉ lang tydperk sal hou.

      4.5.1    Definieer die betekenis van kwaliteit.                                        (4)

      4.5.2    Bespreek die voordele van kwaliteitbeheer.                                    (6)

 4.6 Verduidelik die aktiwiteite van die aankopefunksie.                                    (6)
                                                                                           [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B:             80

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2018)                       BESIGHEIDSTUDIES V1                                  9

 AFDELING C

 Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.

 LET WEL Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
         antwoord op die vraag moet boaan ŉ NUWE bladsy begin.

 VRAAG 5:       BESIGHEIDSOMGEWINGS (HEDENDAAGSE SOSIO-
                EKONOMIESE KWESSIES)

 Jy is reeds daarvan bewus dat ŉ besigheidsonderneming nie in isolasie bestaan nie.
 Suid-Afrikaanse besighede het met ŉ unieke stel sosio-ekonomiese uitdagings te
 doen wat ŉ impak op besigheidsbedrywighede het.

 Ondersteun bostaande stelling en skryf ŉ opstel wat die volgende aspekte insluit:

  Definieer die betekenis van sosio-ekonomiese kwessie.

  Beskryf die volgende sosio-ekonomiese kwessies.
   o MIV/Vigs
   o Roofkopiëring
   o Stakings
   o Armoede

  Bespreek die impak van elkeen van hierdie kwessies op besighede.
  Maak voorstelle oor die belangrikheid van inklusiwiteit in die werkplek.                [40]

 VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (BESIGHEIDSFUNKSIES)

 Vivo Supermark het sekere besigheids- en bestuursfunksies wat deur die
 bestuurders van die verskillende departemente in die organisasie uitgevoer word.
 Mnr. Zizi, die algemene bestuurder, het die volgende stelling gemaak: ‘Die gehalte
 van prestasies binne hierdie besigheidsfunksies kan tot die sukses van die
 organisasie bydra’.

 Gee Vivo Supermark advies oor die volgende aspekte.

  Onderskei tussen gehalteprestasie en gehaltebestuur.

  Bespreek gehalte in verhouding tot die volgende besigheidsfunksies:
   o Finansies
   o Administrasie
   o Algemene bestuur
   o Menslike hulpbronne

  Brei uit oor die verband tussen bestuur en die sukses van die besigheid.
  Regverdig die belangrikheid van gehalte om die beeld van die besigheid te
   bevorder.                                                                               [40]

                                                            TOTAAL AFDELING C: 40
                                                                GROOTTOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

## Related documents

- [BUSINESS STUDIES QP GR10 NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2018-national-november-exam-question-paper-afrikaans/e6cf8a91-6fd9-488c-8a17-77f6fb3a51fb) — Business Studies · QP · 2018 · Afr
- [BUSINESS STUDIES GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2018-national-november-exam-memorandum-afrikaans/f8e9d080-b7c6-45c2-8880-93d178670cfe) — Business Studies · Memo · 2018 · Afr
- [BUSINESS STUDIES QP GR10 NOV 2019 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2019-national-november-exam-question-paper-afrikaans/33006d69-87d9-4952-be2f-189853693dab) — Business Studies · QP · 2019 · Afr
- [BUSINESS STUDIES QP GR10 NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2017-national-november-exam-question-paper-afrikaans/df933a34-fb53-4f1d-97fd-5ccba21cd35a) — Business Studies · QP · 2017 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 QP GR10 NOV 2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2019-national-november-exam-question-paper-paper-1/d72182be-a118-4766-8cfa-6a578bea1e29) — Business Studies · QP · 2019 · Eng
- [BUSINESS STUDIES GR10 MEMO NOV 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2019-national-november-exam-memorandum-afrikaans/da9e46b1-35a8-4bd8-a908-1010faedbd47) — Business Studies · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 10 Business Studies

- [Gr10-Besigheidstudie-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-besigheidstudie-studyguide-lr/a4f5aa94-a92e-47d4-921d-9afbe170cee1) — Guide
- [Gr10-Business-Studies-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-business-studies-studyguide-lr/f1f2cd4f-dd8c-4da9-956a-1709f7d7953d) — Guide
- [Gr 10 Bus Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-bus-stu-atp-2023-24/275fdd47-3b44-4afe-9900-15609e39bc03) — ATP
- [GP Sosh Business Studies Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/gp-sosh-business-studies-grade-10-march-2025-qp-and-memo/55518b1d-484c-4dcc-b0b2-067c148e2449) — QP + Memo · 2025
- [LP Business Studies Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-10-june-2025-p1-and-memo/1c1b6cde-1015-47d8-8a45-b8df59b0e497) — QP + Memo · 2025
- [Business Studies Grade 10 March 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-10-march-2023-qp-and-memo/0ef398dc-186c-4514-b5f6-61e70e26bee3) — QP + Memo · 2023

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
