# Business Studies Grade 10 National November 2019 QP (Afr)

> Grade 10 Business Studies question paper from the National November Exam 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2019-national-november-exam-question-paper-afrikaans/33006d69-87d9-4952-be2f-189853693dab
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: National November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/business-studies) › [Business Studies Grade 10 National November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2019-national-november-exam-question-paper-afrikaans/33006d69-87d9-4952-be2f-189853693dab)

## About this document

Business Studies · Grade 10 · National November Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                  SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 10

                    NOVEMBER 2019

                 BESIGHEIDSTUDIES V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                               *XBUSTA1*

                  Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

2                                    BESIGHEIDSTUDIES V1                 (EC/NOVEMBER 2019)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

        AFDELING A:      VERPLIGTEND
        AFDELING B:      Bestaan uit DRIE vrae.
                         Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
        AFDELING C:      Bestaan uit TWEE vrae.
                         Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

 2.     Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
        vereis word.

 3.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
        genommer is NIE.

 4.     Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

 5.     Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ŉ
        antwoord te bepaal.

 6.     Gebruik die tabel hieronder as ŉ riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy elke
        vraag beantwoord.

                      AFDELING                      VRAAG        PUNTE           TYD
                                                                               (minute)
        A:    Objektiewe tipe vrae
                                                           1        30            20
              VERPLIGTEND

        B:    DRIE direkte/indirekte tipe                  2        40            35
              vrae                                         3        40            35
              KEUSE: Beantwoord enige                      4        40            35
                      TWEE.

        C:    TWEE opsteltipe vrae                         5        40            30
              KEUSE: Beantwoord enige                      6        40            30
                     EEN.

                       TOTAAL                                      150            120

 7.     Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
        bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ens.

 8.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 9.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2019)                 BESIGHEIDSTUDIES V1                                       3

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (1.1.1–1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.

       1.1.1    Die …-omgewing is die interne omgewing van die besigheid.

                A     mikro
                B     mark
                C     makro
                D     werkspasie

       1.1.2    Die geld wat benodig word om voertuie en toerusting vir die
                besigheid te koop word … genoem.

                A     lopende kapitaal
                B     bedryfskapitaal
                C     vaste kapitaal
                D     korttermynkapitaal

       1.1.3. Courtney is deel van die …-funksie en daarom moet sy op die beste
              manier besluit om die produkte van die besigheid te adverteer.

                A     menslike hulpbronne
                B     openbare betrekkinge
                C     aankope
                D     bemarkings

       1.1.4    Sammy verkoop dwelms en belê die winste van sy onwettige
                aktiwiteite in ŉ konstruksiebesigheid om die onwettige aktiwiteite te
                verdoesel. Dit word … genoem.

                A     smokkelary
                B     geldwassery
                C     ŉ piramideskema
                D     vervalsing

       1.1.5    Om werknemers regverdige salarisse te betaal, is ŉ gehalte-
                aanwyser van …

                A     die finansiële department.
                B     algemene bestuur.
                C     die administrasie-departement.
                D     die menslike hulpbronne departement.                   (5 x 2)    (10)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

4                                  BESIGHEIDSTUDIES V1                        (EC/NOVEMBER 2019)

 1.2. Voltooi die volgende stellings deur die woorde in die lys hieronder te
      gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.5) in
      die ANTWOORDEBOEK neer.

        privaat; sloerstaking; data; uitsluiting; kontant-; tender; publieke; faktuur;
                                      krediet-; inligting

       1.2.1   ŉ … betaling is wanneer jy voorraad koop en op ŉ latere datum
               daarvoor betaal.

       1.2.2   Die bestuursverslag wat op die Jaarlikse Algemene Vergadering
               aan aandeelhouers voorgelê word is ŉ voorbeeld van …

       1.2.3   Die aankopebestuurder kan die beste prys vir ŉ produk kry deur
               verskaffers vir ŉ … te vra.

       1.2.4   Eskom is deel van die … sektor, want dit word deur die staat
               beheer.

       1.2.5   ŉ Industriële aksie wat deur werkgewers geneem word om skade te
               voorkom word … genoem.                                  (5 x 2) (10)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2019)                 BESIGHEIDSTUDIES V1                                     5

 1.3. Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf slegs
      die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.5) in die
      ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.

                  KOLOM A                               KOLOM B
       1.3.1    Tegnologiese hulpbron   A    Omgee-Mandy is nie ŉ formele
                                             geregistreerde dagsorgfasiliteit nie

       1.3.2    Bedreiging              B    werknemers het nie die nodige
                                             vaardighede nie

       1.3.3    Informele sektor        C    om ŉ goeie verhouding met jou
                                             werknemers te hê

       1.3.4    Interne openbare        D    Jumping Jack is ŉ geregistreerde
                betrekkinge                  speelskool vir kinders

       1.3.5    Visie                   E    ŉ verskaffer wat bankrot speel

                                        F    om ŉ goeie verhouding met jou
                                             verskaffers te hê

                                        G    ŉ nuwe rekenaar vir die algemene
                                             bestuurder

                                        H    om die grootste en mees gesogte
                                             koffiewinkel in King William’s Town te
                                             wees

                                        I    intellektuele eiendom en sagteware-
                                             lisensies

                                        J    om twee nuwe items teen die einde
                                             van die maand op jou spyskaart by te
                                             voeg
                                                                          (5 x 2)      (10)

                                                          TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

6                                 BESIGHEIDSTUDIES V1                    (EC/NOVEMBER 2019)

 AFDELING B

 Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

 LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
               antwoord op ELKE vraag moet op ŉ NUWE bladsy begin, byvoorbeeld
               VRAAG 2 op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE bladsy, ens.

 VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS

 2.1    Noem DRIE komponente van die markomgewing.                                            (3)

 2.2    Verduidelik die doel van die organisatoriese kultuur.                                 (4)

 2.3    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              BANZO VERVOERDIENSTE (BVD)

        Banzo Vervoerdienste (BVD) is in Oos-Londen geleë. Hulle vervoer groot en
        klein pakkies na verskeie plekke in die Oos-Kaap. BVD het hulself bewys as ŉ
        maatskappy wat altyd bereid is om die ekstra myl te gaan.

        2.3.   Noem die besigheidsektor waarin BVD bedrywig is. Motiveer jou
        1      antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.                             (3)

        2.3.   Verduidelik die ander TWEE besigheidsektore en gee EEN voorbeeld
        2      van elke sektor.

               Gebruik die tabel hieronder as ŉ riglyn om dié vraag te beantwoord.

                       SEKTORE               VERDUIDELIKING            VOORBEELD
               (a)
               (b)
                                       (2)                      (2)                  (2)      (6)

 2.4    Onderskei tussen leierskap en bestuur.                                                (4)

 2.5    Bespreek die impak van misdaad op die besigheid.                                      (6)

 2.6    Verduidelik die negatiewe impak van MIV/Vigs op die besigheid.                        (6)

 2.7    Gee besighede raad oor hoe om inklusiwiteit in die werksplek te bevorder.           (8)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2019)                 BESIGHEIDSTUDIES V1                                       7

 VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

 3.1.   Noem DRIE faktore wat die organisasiestruktuur van die besigheid sal
        beïnvloed.                                                                        (3)

 3.2    Identifiseer die besigheidsfunksie in ELKE stelling hieronder.

        3.2.1    Hulle hou toesig oor die aktiwiteite van die ander funksies sodat die
                 besigheid se doelwitte bereik kan word.

        3.2.2    Hulle is verantwoordelik daarvoor om ŉ positiewe openbare beeld
                 vir die besigheid te skep en te handhaaf.

        3.2.3    Die proses om grondstowwe in voltooide goedere te omskep.
                                                                          (3 x 2)         (6)

 3.3.   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                           JL BPK.

        Sharon werk vir JL Bpk., ŉ leier in die kleremark. Sy is van toesighouer tot
        administratiewe bestuurder bevorder. Sy is nou in beheer van 30 mense in
        haar departement.

        3.3.1    Identifiseer Sharon se nuwe bestuursvlak. Motiveer jou antwoord
                 deur uit die scenario hierbo aan te haal.                                (3)

        3.3.2    Verduidelik haar verantwoordelikhede op die bestuursvlak in
                 VRAAG 3.3.1 geïdentifiseer.                                              (6)

 3.4    Beskryf TWEE metodes om openbare betrekkinge uit te voer.                         (6)

 3.5    Bespreek die belangrikheid van gehalte vir die besigheid.                         (4)

 3.6    Onderskei tussen gehaltebeheer en gehalteversekering.                             (4)

 3.7    Evalueer die impak van die Nasionale Wet op Verbruikersbeskerming op
        besighede.                                                                        (8)
                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

8                                 BESIGHEIDSTUDIES V1                        (EC/NOVEMBER 2019)

 VRAAG 4: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE

 BESIGHEIDSOMGEWINGS

 4.1    Gee die betekenis van armoede.                                                     (2)

 4.2    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  JIMMY SE CD’S (JCD)

        Jimmy laai musiek en flieks waarop kopiereg is, van die internet af. Hy
        verkoop dan hierdie CD’s teen ŉ afslagprys in Queenstown. Die CD’s lyk
        soos wettige kopieë, maar is nie.

        4.2.1   Identifiseer die sosio-ekonomiese kwessie in bostaande scenario.           (2)

        4.2.2   Bespreek TWEE oplossings vir die kwessie geïdentifiseer in                 (8)
                VRAAG 4.2.1.

 4.3    Onderskei tussen die private en publieke sektore.                                  (8)

 BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

 4.4    Noem die VIER hooftake van bestuur.                                                (4)

 4.5    Beskryf EEN tipe organisatoriese struktuur.                                        (4)

 4.6    Identifiseer die bron van finansiering in ELKE stelling hieronder.

        4.6.1   Good Fellows Bank laat Funky Fashions toe om ŉ ooreengekome
                bedrag, wat meer is as die geld in hulle tjekrekening, te onttrek.

        4.6.2   Corner Café betaal Tasco Dienste om ŉ kasregister vir ŉ spesifieke
                tyd te gebruik.                                            (2 x 2)         (4)

 4.7    Gee besighede raad oor die verband tussen die sukses van die besigheid
        en bestuur.                                                                        (8)
                                                                                          [40]

                                                             TOTAAL AFDELING B:            80

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2019)               BESIGHEIDSTUDIES V1                                    9

 AFDELING C

 Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.

 LE WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
              antwoord op die vraag moet boaan ŉ NUWE bladsy begin, byvoorbeeld
              VRAAG 5 op ŉ NUWE bladsy of VRAAG 6 op ŉ NUWE bladsy.

 VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS

 Die besigheid word deur baie interne en eksterne faktore beïnvloed. Bestuur moet
 weet hoe om probleme te identifiseer en moet die kwessies aanspreek.

 Skryf ŉ gedetailleerde verslag oor die volgende aspekte:

 x    Brei uit oor die betekenis van die markomgewing
 x    Bespreek VYF komponente van die makro-omgewing
 x    Verduidelik die redes waarom die makro-omgewing ŉ uitdaging vir besighede
      kan wees
 x    Gee besighede advies oor die interverwantskap tussen die mikro-, mark-, en
      makro-omgewing                                                                  [40]

 VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

 Om suksesvol wees moet ŉ besigheid sterk finansiële beheer uitoefen. Verkeerde
 voorraadvlakke kan tot die besigheid se ondergang lei.

 Hou bostaande scenario in gedagte en skryf ŉ verslag oor die volgende aspekte:

 x Beskryf in breë trekke die verantwoordelikhede van die kredietverskaffers
   volgens die Nasionale Kredietwet
 x Bespreek die belangrikheid van voorraadbeheer
 x Verduidelik DRIE redes waarom besighede finansiering mag benodig
 x Gee besighede advies oor die belangrikheid van gehalte in ŉ gesonde finansiële
   funksie                                                                            [40]

                                                            TOTAAL AFDELING C:         40
                                                                GROOTTOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10



   

### Page 11

   

### Page 12



   

### Page 13



### Page 14



   

### Page 15



### Page 16



## Related documents

- [BUSINESS STUDIES GR10 MEMO NOV 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2019-national-november-exam-memorandum-afrikaans/da9e46b1-35a8-4bd8-a908-1010faedbd47) — Business Studies · Memo · 2019 · Afr
- [BUS STUDIES P2 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2019-national-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/7e676337-e79b-48dc-aa1e-f276f879d90e) — Business Studies · Memo · 2019 · Afr
- [BUSINESS STUDIES QP GR10 NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2018-national-november-exam-question-paper-afrikaans/e6cf8a91-6fd9-488c-8a17-77f6fb3a51fb) — Business Studies · QP · 2018 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR10 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2018-national-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/b7ccf711-d3b2-4e75-a01b-40505e45a3f5) — Business Studies · QP · 2018 · Afr
- [BUSINESS STUDIES QP GR10 NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2017-national-november-exam-question-paper-afrikaans/df933a34-fb53-4f1d-97fd-5ccba21cd35a) — Business Studies · QP · 2017 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 QP GR10 NOV 2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2019-national-november-exam-question-paper-paper-1/d72182be-a118-4766-8cfa-6a578bea1e29) — Business Studies · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 10 Business Studies

- [Gr10-Besigheidstudie-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-besigheidstudie-studyguide-lr/a4f5aa94-a92e-47d4-921d-9afbe170cee1) — Guide
- [Gr10-Business-Studies-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-business-studies-studyguide-lr/f1f2cd4f-dd8c-4da9-956a-1709f7d7953d) — Guide
- [Gr 10 Bus Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-bus-stu-atp-2023-24/275fdd47-3b44-4afe-9900-15609e39bc03) — ATP
- [GP Sosh Business Studies Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/gp-sosh-business-studies-grade-10-march-2025-qp-and-memo/55518b1d-484c-4dcc-b0b2-067c148e2449) — QP + Memo · 2025
- [LP Business Studies Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-10-june-2025-p1-and-memo/1c1b6cde-1015-47d8-8a45-b8df59b0e497) — QP + Memo · 2025
- [Business Studies Grade 10 March 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-10-march-2023-qp-and-memo/0ef398dc-186c-4514-b5f6-61e70e26bee3) — QP + Memo · 2023

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
