# Business Studies Grade 10 P2 National November 2019 QP (Afr)

> Grade 10 Business Studies Paper 2 question paper from the National November Exam 2019 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2019-national-november-exam-question-paper-paper-2/f6f0c31c-48b8-49a8-b2d8-ef3831a1466b
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: National November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/business-studies) › [Business Studies Grade 10 P2 National November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2019-national-november-exam-question-paper-paper-2/f6f0c31c-48b8-49a8-b2d8-ef3831a1466b)

## About this document

Business Studies · Grade 10 · National November Exam · 2019. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                  SENIOR SERTIFIKAAT

                         GRAAD 10

                   NOVEMBER 2019

                 BESIGHEIDSTUDIES V2

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                                *XBUSTA2*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.

### Page 2

2                                  BESIGHEIDSTUDIES V2                   (EC/NOVEMBER 2019)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

      AFDELING A:      VERPLIGTEND
      AFDELING B:      Bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in
                       hierdie afdeling.
      AFDELING C:      Bestaan uit TWEE vrae. Beantwoord enige EEN van die twee vrae in
                       hierdie afdeling.

 2.   Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
      vereis word.

 3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is
      NIE.

 4.   Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

 5.   Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van 'n
      antwoord te bepaal.

 6.   Gebruik die tabel hieronder as ŉ riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy elke
      vraag beantwoord.

                                                                                  TYD
                     AFDELING                        VRAAG       PUNTE
                                                                                (minute)
      A:    Objektiewe tipe vrae
                                                         1          30              20
            VERPLIGTEND

      B:    DRIE direkte/indirekte tipe vrae             2          40              35
            KEUSE:
            Beantwoord enige TWEE.                       3          40              35
                                                         4          40              35

      C:    TWEE opsteltipe vrae                         5          40              30
            KEUSE:
            Beantwoord enige EEN.                        6          40              30
                      TOTAAL                                       150             120

 7.   Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy,
      VRAAG 2 – nuwe bladsy, ens.

 8.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 9.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2019)                        BESIGHEIDSTUDIES V2                                3

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
     Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
     (1.1.1–1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.

       1.1.1    ŉ Voorbeeld van ŉ entrepreneurseienskap wanneer van die
                entrepeneur vereis word om berekende risiko’s neem, staan as …
                bekend.

                A    uithouvermoë
                B    risiko-nemer
                C    passie
                D    organisatoriese vaardighede

       1.1.2    ŉ Klantebasis is ŉ voorbeeld van ŉ … in ŉ besigheid.

                A     sterk punt
                B     swakheid
                C     geleentheid
                D     bedreiging

       1.1.3    Mnr. Khan het sy eie klein besigheid begin en het ŉ sterk vertroue in
                homself en sy vermoëns getoon. Dit word … genoem.

                A     selfrefleksie
                B     self-assessering
                C     selfbewustheid
                D     selfvertroue

       1.1.4    Watter EEN van die volgende is ŉ komponent van die finansiële plan?

                A     Visie
                B     Missie
                C     Prys
                D     Kontantvloeistaat

       1.1.5    Die verhouding tussen werknemers op dieselfde vlak word …
                verhouding genoem.

                A     eweknie-
                B     gesags-
                C     groep-
                D     eksterne                                                 (5 x 2)    (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

4                                  BESIGHEIDSTUDIES V2                     (EC/NOVEMBER 2019)

 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woorde in die lys hieronder te gebruik.
     Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.5) in die
     ANTWOORDEBOEK neer.

           tabel; wins; aandele; waarde van elke lid; maatskappy in staatsbesit;
              produktiwiteit; staafgrafiek; spangees; prospektus; koöperasie

      1.2.1   Die verskil tussen ŉ besigheid se inkomste en uitgawes word …
              genoem.
      1.2.2   Al Bashar gebruik ŉ … om verkoopsyfers in ŉ reeks reghoekige figure
              te vertoon.
      1.2.3   ŉ Uitnodiging van ŉ maatskappy aan die publiek om aandele te koop,
              word ŉ … genoem.
      1.2.4   Spanlede wat … het, neem deel aan spanaktiwiteite.
      1.2.5   Die … spesialiseer in spesifieke velde bv. landbou, verbruikers.
                                                                                 (5 x 2)   (10)
 1.3 Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf slegs
     die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.5) in die
     ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.

               KOLOM A                                   KOLOM B
      1.3.1 Korporatiewe sosiale        A    Is die liggaam se reaksie op situasies
            verantwoordelikheid              wat ŉ persoon moeilik vind om te
                                             hanteer
      1.3.2 Kreatiewe denke             B    Die hedendaagse weergawe van ŉ
                                             transparant
      1.3.3 Stres                       C    Advertensie wat baie aandag trek
      1.3.4 Uitdeelstukke               D    Besigheid neem verantwoordelikheid
                                             vir die impak van sy aktiwiteite op
                                             gemeenskappe en die omgewing
      1.3.5 Besigheidsdoelstellings     E    Behels die generering van nuwe en
                                             nuttige idees
                                        F    Geskrewe of gedrukte inligting wat aan
                                             ŉ gehoor uitgedeel word
                                        G    Is ŉ tyd van intense probleme,
                                             moeilikheid of gevaar
                                        H    Die bydraes wat ŉ besigheid tot die
                                             gemeenskap lewer
                                        I    Verhoog verkope met 20%
                                        J    Die vermoë om te oorleef deur die
                                             bewaring van natuurlike hulpbronne
                                                                             (5 x 2)       (10)
                                                            TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2019)                     BESIGHEIDSTUDIES V2                                  5

 AFDELING B

 Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

 LET WEL:       Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
                antwoord op ELKE vraag moet op ŉ NUWE bladsy begin, byvoorbeeld
                VRAAG 2 op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE bladsy, ens.

 VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

 2.1 Noem VIER faktore wat die ligging van ŉ besigheid beïnvloed.                          (4)

 2.2 Verduidelik die belangrikheid van die besigheid se ligging.                           (8)

 2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        THANDOZUKO HAARPRODUKTE VERVAARDIGER BPK. (THPV BPK.)

       Vuyo, die finansiële bestuurder van Thandozuko Haarprodukte Vervaardiger,
       is deur die aandeelhouers genooi om ŉ aanbieding oor die finansiële posisie
       van die besigheid te doen. Terwyl hy voorberei het, het hy die volgende faktore
       oorweeg: tydsduur, terugvoersessie en die doelwitte van die aanbieding.

       2.3.1    Haal DRIE faktore uit die scenario aan wat Vuyo in ag moes neem
                terwyl hy vir die aanbieding voorberei het.                                (3)

       2.3.2    Bespreek ander faktore, nie dié in VRAAG 2.3.1 aangehaal nie, wat jy
                moet oorweeg wanneer daar vir ŉ verbale aanbieding voorberei word.         (8)

       2.3.3    Gee advies aan besighede oor hoe om ondersteuningsmateriaal vir ŉ
                aanbieding voor te berei.                                                  (8)

 2.4 Noem VYF komponente van ŉ sakeplan.                                                   (5)

 2.5 Bespreek die elemente van interne marknavorsing.                                     (4)
                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

6                                  BESIGHEIDSTUDIES V2                     (EC/NOVEMBER 2019)

 VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE

 3.1 Definieer die betekenis van aanpasbaarheid.                                           (2)

 3.2 Identifiseer die kriteria vir suksesvolle spanprestasie van die scenarios wat
     hieronder gegee word.

      3.2.1    Spanlede kan net presteer as hulle presies weet wat van hulle verwag
               word.                                                                       (2)

      3.2.2    Spanlede moet die vertroue hê om hulle opinies te gee.                      (2)

      3.2.3    Spanne sal presteer as lede aan die span se doelwitte en uitstekende
               optrede toegewy is.                                                         (2)

      3.2.4    Spanne moet goeie verhoudings met ander spanne in die organisasie
               hê.                                                                         (2)

 3.3 Bespreek die voordele van spanwerk in die werksplek.                                  (6)

 3.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      Mense moet goed kan saamwerk sodat die besigheid se doelwitte bereik kan
      word. Ons waardes en sienings beïnvloed egter ons werksverhoudings. Ons
      moet dus ons diversiteit aanvaar en probeer om nie teen ander te diskrimineer
      nie.

      3.4.1    Haal TWEE faktore vanuit bostaande scenario aan wat span-
               verhoudings kan beïnvloed.                                                  (2)

      3.4.2    Bespreek die TWEE faktore in VRAAG 3.4.1 aangehaal.                         (8)

 3.5 Beveel maniere aan om stres te beheer.                                                (8)

 3.6 Beskryf in breë trekke DRIE maniere waarop werknemers ŉ professionele
     beeld kan projekteer.                                                                (6)
                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2019)                      BESIGHEIDSTUDIES V2                                  7

 VRAAG: 4: ALLERLEI/VERSKEIE ONDERWERPE

 BESIGHEIDSGELEENTHEDE

 4.1 Identifiseer die ondernemingsvorm wat deur ELK van die volgende stellings
     verteenwoordig word:

       4.1.1    ŉ Delikatesse (‘food delicacy store’) is die eiendom van James en
                Seuns en hulle is verantwoordelik vir die skulde van die besigheid.         (2)

       4.1.2    Zheng Leierskap en Opleiding Bpk. kan hulle aandele op die
                Johannesburgse Aandelebeurs verkoop.                                        (2)

       4.1.3    Zama (Edms.) Bpk. is ŉ gevestigde maatskappy met ŉ goeie
                reputasie.                                                                  (2)

 4.2 Bespreek die kenmerke van ŉ persoonlike-aanspreeklikheidsmaatskappy.                   (6)

 4.3 Verduidelik die belangrikheid van ŉ sakeplan.                                          (8)

 BESIGHEIDSROLLE

 4.4   Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.

       Sake-ondernemings is deel van die gemeenskap. Hulle het daarom ook ŉ
       sosiale verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap en die omgewing, en
       hulle aktiwiteite moet volhoubaar wees.

       4.4.1    Definieer die begrip maatskaplike verantwoordelikheid.                      (2)

       4.4.2    Stel inisiatiewe voor wat besighede kan neem om sosio-ekonomiese
                kwessies aan te spreek.                                                     (8)

 4.5 Noem VIER redes waarom dit belangrik is om doelwitte te stel.                          (4)

 4.6 Beskryf in breë trekke die belangrikheid daarvan om te besef wat jou sterk
     punte en swakhede is.                                                                 (6)
                                                                                          [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B:            80

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

8                                   BESIGHEIDSTUDIES V2                       (EC/NOVEMBER 2019)

    AFDELING C

    Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.

    LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan.
                  Die antwoord op die vraag moet boaan ŉ NUWE bladsy begin,
                  byvoorbeeld VRAAG 5 op ŉ NUWE bladsy of VRAAG 6 op ŉ
                  NUWE bladsy.

    VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BESIGHEIDSGELEENTHEDE EN
             KONTRAKTE)

                                 SHANE DUTTON (SD)

    Nadat Shane Dutton sy matriek geslaag het, het hy nie geld gehad om verder te
    studeer nie. Hy het ŉ besigheidsgeleentheid gesien en sy eie besigheid ‘Wash-
    Now’ begin. Dit is ŉ innoverende diens wat jou wasgoed kom haal, was en weer
    by jou voordeur aflewer.

    Hou bostaande scenario in gedagte en skryf gedetailleerde notas oor die
    volgende aspekte:

    x   Brei uit oor die betekenis van besigheidsgeleentheid.
    x   Beskryf die protokol vir die uitvoer van navorsing.
    x   Bespreek enige DRIE tipes kontrakte.
    x   Gee raad aan besighede oor die regsvereistes van ŉ kontrak.                       [40]

    VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (KREATIEWE DENKE EN
             PROBLEEMOPLOSSING)

    J.J. Tekstiele Nywerheid ondervind lae produktiwiteit. Om mededingend te wees,
    moet hulle probleme proaktief en kreatief aanspreek, voordat dit ŉ negatiewe effek
    op hulle winsgewendheid het.

    Skryf ŉ opstel oor kreatiewe denke waarin jy die volgende aspekte aanspreek:

    x   Onderskei tussen probleemoplossing en besluitneming.
    x   Verduidelik die probleemoplossingsiklus.
    x   Bespreek die volgende probleemoplossingstegnieke:
        o Delphi-tegniek
        o Nominale groeptegniek
    x   Maak voorstelle oor die voordele van kreatiewe denke.                             [40]

                                                             TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                 GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

## Related documents

- [BUS STUDIES P2 GR10 QP NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2019-national-november-exam-question-paper-paper-2/5f8c1a26-3040-4657-b18a-8ded54626519) — Business Studies · QP · 2019 · Eng
- [BUS STUDIES P2 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2019-national-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/7e676337-e79b-48dc-aa1e-f276f879d90e) — Business Studies · Memo · 2019 · Afr
- [BUS STUDIES P2 GR10 MEMO NOV2019 English](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2019-national-november-exam-memorandum-paper-2-english/e128a9d4-1575-4ad7-be4d-7dc8d5031369) — Business Studies · Memo · 2019 · Eng
- [BUSINESS STUDIES QP GR10 NOV 2019 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2019-national-november-exam-question-paper-afrikaans/33006d69-87d9-4952-be2f-189853693dab) — Business Studies · QP · 2019 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 QP GR10 NOV 2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2019-national-november-exam-question-paper-paper-1/d72182be-a118-4766-8cfa-6a578bea1e29) — Business Studies · QP · 2019 · Eng
- [BUSINESS STUDIES GR10 MEMO NOV 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2019-national-november-exam-memorandum-afrikaans/da9e46b1-35a8-4bd8-a908-1010faedbd47) — Business Studies · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 10 Business Studies

- [Gr10-Besigheidstudie-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-besigheidstudie-studyguide-lr/a4f5aa94-a92e-47d4-921d-9afbe170cee1) — Guide
- [Gr10-Business-Studies-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-business-studies-studyguide-lr/f1f2cd4f-dd8c-4da9-956a-1709f7d7953d) — Guide
- [Grade 10 Business Studies P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/db962a15-a357-404d-89f0-94e178c7aba5) — Memo · 2026 · Eng
- [Grade 10 Business Studies P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2/c6274f8e-28b7-4810-be16-48bca28b8bbd) — Memo · 2026 · Eng
- [Grade 10 Business Studies P1 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-1/6e4346ce-baf1-4991-9b1f-03c159203c5c) — Memo · 2026 · Eng
- [Grade 10 Business Studies P2 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-2/44df7391-9802-46bd-9164-29bb7ded30ae) — Memo · 2026 · Eng

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
