# Business Studies Grade 10 P1 2020 QP (Afr)

> Grade 10 Business Studies Paper 1 question paper from the National Exemplar Exam (NSC) 2020 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2020-national-exemplar-exam-nsc-question-paper-paper-1-afrikaans/a9098a80-c4f4-4576-b009-9054afff0457
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: National Exemplar Exam (NSC)
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/business-studies) › [Business Studies Grade 10 P1 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2020-national-exemplar-exam-nsc-question-paper-paper-1-afrikaans/a9098a80-c4f4-4576-b009-9054afff0457)

## About this document

Business Studies · Grade 10 · National Exemplar Exam (NSC) · 2020 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                  SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 10

                    NOVEMBER 2020

                 BESIGHEIDSTUDIES V1
                    (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

2                                   BESIGHEIDSTUDIES V1                  (EC/NOVEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

       AFDELING A:     VERPLIGTEND
       AFDELING B:     Bestaan uit DRIE vrae.
                       Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
       AFDELING C:     Bestaan uit TWEE vrae.
                       Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

 2.    Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
       vereis word.

 3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
       gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer
       is NIE.

 4.    Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

 5.    Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ŉ
       antwoord te bepaal.

 6.    Gebruik die tabel hieronder as ŉ riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy elke
       vraag beantwoord.

                                                                                 TYD
                     AFDELING                     VRAAG          PUNTE
                                                                               (minute)
       A: Objektiewe tipe vrae
                                                      1             30            20
          VERPLIGTEND

       B:   DRIE direkte/indirekte tipe               2             40            35
            vrae
            KEUSE:                                    3             40            35
            Beantwoord enige TWEE.                    4             40            35

       C:   TWEE opsteltipe vrae                      5             40            30
            KEUSE:
            Beantwoord enige EEN.                     6             40            30
                     TOTAAL                                        150            120

 7.    Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
       bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy.

 8.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 9.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2020)                    BESIGHEIDSTUDIES V1                                     3

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (1.1.1–1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.

       1.1.1    ŉ Stelling wat die rede vir die bestaan van die besigheid verduidelik.

                A    Visie
                B    Missie
                C    Doelstelling
                D    Doelwit

       1.1.2    Cool Cat Bpk. vervaardig skoolklere. Die besigheid is in die …
                sektor bedrywig.

                A    primêre
                B    sekondêre
                C    tersiêre
                D    publieke

       1.1.3. Tshepo moet masjinerie in stand hou om te voorkom dat masjiene
              breek. Daarom is hy deel van die …-funksie.

                A    menslike hulpbronne
                B    openbare betrekkinge
                C    aankope
                D    produksie

       1.1.4    Bonny verkoop vervalste matrieksertifikate en bestuurderslisensies
                aan desperate mense. Hierdie is ŉ voorbeeld van …

                A    smokkelary.
                B    geldwassery.
                C    vervalsing.
                D    ŉ piramide-skema.

       1.1.5    ŉ Metode wat gebruik word om kwaliteit in landbouprodukte aan te
                dui, is ...

                A    ŉ SABS-teken.
                B    ŉ handelsmerk.
                C    ŉ voorbeeld (ŉ monster).
                D    gradering.                                                (5 x 2)     (10)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

4                                BESIGHEIDSTUDIES V1                    (EC/NOVEMBER 2020)

 1.2. Voltooi die volgende stellings deur die woorde uit die lys hieronder te
      gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.5) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

           kontant; makro; finansiële; mark; uitsluiting; bemarking; interne;
                              staking; eksterne, krediet

       1.2.1   ASA reguleer advertensies in Suid-Afrika en is deel van die …-
               omgewing.

       1.2.2   Om klante se behoeftes te identifiseer is die verantwoordelikheid
               van die …-funksie.

       1.2.3   ŉ … is aksie wat deur ŉ werkgewer geneem word om skade tydens
               industriële aksie te verhoed.

       1.2.4   ŉ Voordeel van …-aankope is dat die koper vir afslag kan
               kwalifiseer.

       1.2.5   Om ŉ goeie publieke beeld te skep en om te gee vir werknemers in
               ŉ besigheid, is ŉ voorbeeld van … openbare betrekkinge. (5 x 2)      (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2020)                 BESIGHEIDSTUDIES V1                                    5

 1.3. Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf slegs
      die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.5) in die
      ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.

                  KOLOM A                             KOLOM B
       1.3.1    Organisatoriese kultuur A   word gebruik om besluite te neem

       1.3.2    Termynlening           B    organisasies wat die reëls vir
                                            bedrywighede in daardie industrie
                                            bepaal

       1.3.3    Data                   C    diversiteit in die besigheid

       1.3.4    Tussengangers          D    onverwerkte feite in tabelformaat

       1.3.5    Begrotings             E    geld wat by ŉ bank geleen word

                                       F    die persoonlikheid van die besigheid

                                       G    beraamde uitgawes en inkomste vir ŉ
                                            bepaalde tydperk

                                       H    verskaffers wat besighede toelaat om
                                            goedere en dienste te koop en later te
                                            betaal

                                       I    oorbrug die gaping tussen           die
                                            vervaardiger en die verbruiker

                                       J    word gebruik om finansiële state en
                                            verslae op te stel
                                                                         (5 x 2)      (10)

                                                          TOTAAL AFDELING A:           30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

6                                 BESIGHEIDSTUDIES V1                       (EC/NOVEMBER 2020)

 AFDELING B

 Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeliing.

 LET WEL:       Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
                antwoord op ELKE vraag moet op ŉ NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2
                op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE bladsy.

 VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS

 2.1    Definieer die betekenis van die mikro-omgewing.                                            (4)

 2.2    Beskryf die belangrikheid van ŉ besigheid se organisatoriese struktuur.                    (4)

 2.3    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                 TASKER SE VARSVISMARK
        Tasker se Varsvismark verkoop vars vis. Hulle het vyf voltydse werkers in diens.
        Hulle gebruik yskaste wat spesiaal vir hulle gemaak is om hulle produkte vars te
        hou. Hulle het geld van MoneyWise geleen om die besigheid uit te brei.

        Identifiseer TWEE organisatoriese hulpbronne in die scenario en motiveer jou
        antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.                                         (6)

 2.4    Bespreek verskaffers as ŉ komponent van die markomgewing.                                  (6)

 2.5    Verduidelik TWEE redes waarom NRO’s en GGO’s deel van die markomgewing
        vorm.                                                                                      (6)

 2.6    Stel TWEE pogings voor om ŉ inklusiewe werksmag te verseker.                               (4)

 2.7    Bespreek die impak van misdaad op die besigheid.                                           (6)

 2.8    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                    GOLDIE HONDESALON
        Goldie Hondesalon is ŉ salon vir honde. Die bestuur het besluit om hulle dienste
        uit te brei om ook ander troeteldiere in te sluit. Die verhoging in die rentekoerse
        het kontantvloeiprobleme in die besigheid veroorsaak. ŉ Nuwe mededinger het
        ŉ salon in die area oopgemaak.

        2.8.1    Haal TWEE bedreigings uit die scenario aan.                                       (2)

        2.8.2    Beveel EEN strategie vir elkeen van die bedreigings aan om die
                 uitdaging te hanteer.                                                            (4)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2020)                   BESIGHEIDSTUDIES V1                                 7

 VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

 3.1.   Noem TWEE tipes organisatoriese strukture.                                     (2)

 3.2    Beskryf in breë terme die verbruiker se regte volgens die Nasionale
        Kredietwet.                                                                    (6)

 3.3.   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                      HAPPY PENCIL
        Happy Pencil is ŉ skryfbehoeftewinkel in Oos-Londen. Die besigheid het
        verskeie werknemers wat in verskillende departemente werk. Anton hou die
        besigheid se Facebook-blad op datum.

        3.3.1    Identifiseer die besigheidsfunksie waarvoor Anton verantwoordelik
                 is.                                                                   (2)

        3.3.2    Beskryf TWEE ander metodes wat Anton kan gebruik om sy
                 verantwoordelikhede, in die besigheidsfunksie geïdentifiseer in
                 VRAAG 3.3.1, uit te voer.                                             (6)

 3.4    Bespreek die interverwantskap tussen die besigheidsfunksies.                   (6)

 3.5    Beskryf TWEE redes waarom ŉ besigheid finansiering mag benodig.                (4)

 3.6    Verduidelik die verskil tussen vaste- en bedryfskapitaal.                      (4)

 3.7    Evalueer die impak van die Wet op Verbruikersbeskerming op besighede.          (8)
                                                                                      [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

8                                 BESIGHEIDSTUDIES V1                       (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE

 BESIGHEIDSOMGEWINGS

 4.1    Identifiseer die komponent van die makro-omgewing in ELK van die stellings
        hieronder.

        4.1.1   Paper en Kie. ondervind ŉ afname in verkope omdat die
                inkomstevlakke van klante laag is.                                         (2)

        4.1.2   Die jaarlikse inflasiekoers in Suid-Afrika het tot 4,3% in Augustus
                gestyg.                                                                    (2)

        4.1.3   Fizzy Karwassery sukkel om in die droogte te oorleef.                      (2)

 4.2    Verduidelik kortliks hoekom die makro-omgewing ŉ uitdaging vir ŉ
        besigheid kan wees.                                                                (4)

 4.3    Evalueer die negatiewe impak van MIV/Vigs op ŉ besigheid.                          (4)

 4.4    Verduidelik die verwantskap tussen die mikro-, mark- en makro-
        omgewings.                                                                         (6)

 BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

 4.5    Noem TWEE remedies van die Nasionale Kredietwet.                                   (2)

 4.6    Onderskei tussen gehaltebeheer en gehalteversekering.                              (4)

 4.7    Maak voorstelle vir gehalte-aanwysers vir die finansiële funksie.                  (4)

 4.8    Verduidelik die implikasies van die Wet op Verbruikersbeskerming op die
        bemarkingsfunksie.                                                                 (4)

 4.9    Bespreek die belangrikheid van voorraadbeheer.                                     (6)
                                                                                          [40]

                                                            TOTAAL AFDELING B:             80

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2020)                   BESIGHEIDSTUDIES V1                                         9

 AFDELING C

 Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.

 LET WEL:       Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
                antwoord op die vraag moet op ŉ NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5
                op ŉ NUWE bladsy of VRAAG 6 op ŉ nuwe bladsy.

 VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS

 Die informele sektor is veelsydig en dinamies en sluit ŉ verskeidenheid ekonomiese
 aktiwiteite in. Kriminele aktiwiteite, bv. rowery, onwettige dobbelary is ook deel van
 hierdie sektor.
                                                            [Bron: https://www.polity.org.za]

 Skryf ŉ gedetailleerde verslag oor die volgende aspekte:

 •    Beskryf in breë trekke die belangrikheid van die informele sektor
 •    Tabuleer die verskille tussen die formele en informele sektor
 •    Bespreek die impak van roofkopiëring op die besigheid
 •    Beveel TWEE oplossings aan vir roofkopiëring                                              [40]

 VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

 Die belangrikheid van bestuur kan nooit onderskat of geïgnoreer word nie want dit
 is ŉ bewese feit dat die sukses van ŉ maatskappy afhang van hoe goed dit bestuur
 word.
                                                         [Bron: https://www.feedough.com]

 Hou bostaande stelling in gedagte en skryf ŉ verslag oor die volgende aspekte:

 •   Beskryf in breë trekke VIER bestuurstake
 •   Beskryf die verantwoordelikhede van die DRIE vlakke van bestuur
 •   Verduidelik die belangrikheid van gehalte vir die besigheid
 •   Gee advies aan besighede oor die korrelasie tussen die sukses van die
     besigheid en bestuur                                                                       [40]

                                                               TOTAAL AFDELING C:                40
                                                                   GROOTTOTAAL:                 150

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

## Related documents

- [BUSINESS STUDIES P1 GR10 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2018-national-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/b7ccf711-d3b2-4e75-a01b-40505e45a3f5) — Business Studies · QP · 2018 · Afr
- [BUSINESS STUDIES GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr10-memo-nov2020-afrikaans/6f883cf2-3e0a-4ff6-8386-087b0e4530ee) — Business Studies · Memo · 2020 · Afr
- [BUS STUDIES P2 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr10-memo-nov2020-afrikaans/9df57623-7244-43c9-a581-b77a6142bdbc) — Business Studies · Memo · 2020 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR10 MEMO AFR NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2018-national-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/af0fee15-4e15-4185-8c86-7fa22bcbd8c3) — Business Studies · Memo · 2018 · Afr
- [BUSINESS STUDIES QP GR10 NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2018-national-november-exam-question-paper-afrikaans/e6cf8a91-6fd9-488c-8a17-77f6fb3a51fb) — Business Studies · QP · 2018 · Afr
- [BUSINESS STUDIES QP GR10 NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-business-studies-2017-national-november-exam-question-paper-afrikaans/df933a34-fb53-4f1d-97fd-5ccba21cd35a) — Business Studies · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 10 Business Studies

- [Gr10-Besigheidstudie-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-besigheidstudie-studyguide-lr/a4f5aa94-a92e-47d4-921d-9afbe170cee1) — Guide
- [Gr10-Business-Studies-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-business-studies-studyguide-lr/f1f2cd4f-dd8c-4da9-956a-1709f7d7953d) — Guide
- [Gr 10 Bus Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-bus-stu-atp-2023-24/275fdd47-3b44-4afe-9900-15609e39bc03) — ATP
- [GP Sosh Business Studies Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/gp-sosh-business-studies-grade-10-march-2025-qp-and-memo/55518b1d-484c-4dcc-b0b2-067c148e2449) — QP + Memo · 2025
- [LP Business Studies Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-10-june-2025-p1-and-memo/1c1b6cde-1015-47d8-8a45-b8df59b0e497) — QP + Memo · 2025
- [Business Studies Grade 10 March 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-10-march-2023-qp-and-memo/0ef398dc-186c-4514-b5f6-61e70e26bee3) — QP + Memo · 2023

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
