# Economics Grade 10 National November 2017 Memo

> Grade 10 Economics memorandum from the National November Exam 2017, 15 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2017-national-november-exam-memorandum/556c4b79-c047-4eba-9da2-bdc95e3b6d27
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: National November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 National November 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2017-national-november-exam-memorandum/556c4b79-c047-4eba-9da2-bdc95e3b6d27)

## About this document

Economics · Grade 10 · National November Exam · 2017. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 10

                      NOVEMBER 2017

                        EKONOMIE V1
                       NASIENRIGLYNE

PUNTE:       150

         -         Hierdie nasienriglyn bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

(EC/NOVEMBER 2017)                      EKONOMIE V1                                           2

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1    MEERVOUDIGE-KEUSE VRAE

        1.1.1    C        Markekonomie
        1.1.2    B        Verwys na die waarde van die volgende beste alternatief
                            wat opgeoffer is
        1.1.3    C        BNI
        1.1.4    D        Negatiewe ekonomiese groei
        1.1.5    A        Gilde
        1.1.6    B        Konstruksie
        1.1.7    D        Die verskil tussen die geboortekoers en die sterftekoers in ’n
                            land
        1.1.8    C        Vrugbaarheidskoers                                    (8 x 2)     (16)

 1.2    PASITEMS

        1.2.1        D     Gebruik om teorieë te verduidelik en voorspellings te maak

        1.2.2        A     Goedere wat volop is en geen prys behaal nie

        1.2.3        E     Wanneer intermediêre produkte bygetel word by finale
                            goedere

        1.2.4        B     Verwys na die op en af van ekonomiese aktiwiteit in die
                            ekonomie

        1.2.5        C     Die wêreldwye integrasie van markte en produksie

        1.2.6        G     Gelyke deelname deur almal

        1.2.7        I     Bestaan uit mense tussen die ouderdomme van 15 en 64
                            wie nie werk nie en aktief werk soek

        1.2.8        F     ’n Plek waar kopers en verkopers ontmoet                (8 x 1)    (8)

 1.3    EEN-WOORD ITEMS

        1.3.1    Loopbaan 

        1.3.2    Arbeid 

        1.3.3    Piek 

        1.3.4    Ruilhandel 

        1.3.5    Geslote ekonomie 

        1.3.6    Verstedeliking                                                    (6 x 1)    (6)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2017)                         EKONOMIE V1                                          3

 AFDELING B

 Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.

 VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE

 2.1    2.1.1 Noem enige TWEE soorte verbruikersgoedere.

                        Duursame goedere 
                        Semi-duursame goedere 
                        Nie-duursame goedere 
                        Dienste                                              (Enige 2 x 1)     (2)

        2.1.2 Hoe sal die neem van Wiskunde op skool jou help as jy ’n
              ekonoom wil word?

                        Wiskundige berekeninge word in die ekonomie gebruik om dinge
                         soos die bevolkingsgroeikoers te bepaal 
                         (Aanvaar enige ander toepaslike antwoord)              (1 x 2)          (2)

 2.2    DATARESPONS

        2.2.1    Identifiseer die fase in die sakesiklus asook ’n ekonomiese
                 aktiwiteit uit bostaande spotprent.

                 Herstelfase  en werkloos                                                      (2)

        2.2.2    Hoekom dink jy sal ‘werkloos’ nie tot ’n ekonomiese ‘opstyg’ lei
                 nie?

                  Daar is ’n hoë persentasie van werklose mense in Suid-Afrika  
                   (Aanvaar enige ander toepaslike antwoord)                                     (2)

        2.2.3        Na watter sakesiklusaanwyser verwys ‘werkloos’?

                  Samevallende                                                                (2)

        2.2.4    Hoe sal jy die herstelfase van ’n tipiese sakesiklus beskryf?

                         Uitvoere sal begin toeneem, wat sal lei tot ’n toename in
                          produksie 
                         Hulle begin ’n paar nuwe werkers aanstel en bestel
                          grondstowwe 
                         Hulle mag self meer lenings uitneem by finansiële instellings 
                         Ekonomiese aktiwiteite in die land begin stadig toeneem 
                          (Aanvaar enige ander toepaslike antwoord)            (Enige 2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

(EC/NOVEMBER 2017)                           EKONOMIE V1                                      4

 2.3    DATARESPONS

        2.3.1        Watter sektor het die meeste bygedra in 2015?

                        Tersiêre sektor                                                      (1)

        2.3.2        Watter berekeningsmetode is gebruik in bostaande tabel om die
                     Bruto Binnelandse Produk te bereken?

                        Bruto Toegevoegde Waarde metode                                      (1)

        2.3.3        Benoem die ontbrekende items B en C.

                     B = PLUS belasting op produkte;  of + belasting op produkte
                     C = MINUS subsidies op produkte;  of - subsidies op produkte             (2)

        2.3.4        Verduidelik die begrip Bruto Binnelandse Produk.

                     Dit meet die waarde van alle finale goedere en dienste wat
                     binne die grense van ’n land geproduseer word, binne ’n
                     spesifieke tydperk, gewoonlik ’n jaar                                   (2)

        2.3.5        Bereken die BBP soos voorgestel deur D.

                     Bruto toegevoegde waarde teen basiese pryse       3 589 812 
                     + Belasting op produkte                           438 785 
                     - subsidies op produkte                           15 005 
                     = Bruto binnelandse produk teen markpryse         4 013 592              (4)

 2.4    Onderskei tussen leidende en sloerende ekonomiese aanwysers.

          Leidende ekonomiese aanwysers is aanwysers wat verander
           voordat die ekonomie verander 
           Leidende ekonomiese aanwysers is die belangrikste soort aanwyser vir
           beleggers omdat dit help voorspel hoe die ekonomie in die toekoms sal
           wees 
          Sloerende ekonomiese aanwysers is aanwysers wat rigting
           verander eers nadat die ekonomie dit gedoen het 
           Die werkloosheidskoers is ’n sloerende ekonomiese aanwyser,
           want werkloosheid neig om te daal vir twee of drie kwartale,
           nadat die ekonomie begin verbeter het 
           (Aanvaar enige ander toepaslike antwoord)                    (Enige 2 x 4)          (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2017)                   EKONOMIE V1                                         5

 2.5    Wat is moontlike oplossings om omgewingsprobleme te verminder?

            Groen belasting 
              Regering kan belasting instel op die produksie van
               goedere en op die mate waarin hulle die omgewing
               beïnvloed 
              Produsente sal hulle besoedeling moet verminder om
               seker te maak dat hulle produksiekoste laag gehou
               word 

            Regeringsoptrede 
              Regerings regoor die wêreld begin maatreëls in plek kry om die
                hoeveelheid besoedeling in hulle lande te stop of te verminder 

            Openbare optrede 
              Soos meer mense bewus raak van die skade aan die omgewing,
                neem hulle stappe en neem deel aan programme om te help om
                die skade te herstel en om die omgewing om hulle te verbeter 
        
         Nuwe tegnologie 
           Skoner en veiliger tegnologie word ontwikkel met die omgewing in
             gedagte 
           Minder afvalprodukte, dalende afhanklikheid van
             fossielbrandstowwe en ‘n vraag by produsente na doeltreffende
             en omgewingsveilige tegnologie lei tot die ontstaan van nuwe
             produkte en omgewingsveilige masjinerie 
             (Aanvaar enige ander toepaslike antwoord)             (Enige 4 x 2)       (8)
                                                                                      [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

(EC/NOVEMBER 2017)                     EKONOMIE V1                                           6

 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES

 3.1 3.1.1      Noem enige TWEE BRICS-lande.

                    Brasilië 
                    Rusland 
                    Indië 
                    China 
                    Suid-Afrika                                         (Enige 2 x 1)           (2)

       3.1.2    Wat is Multi-nasionale Ondernemings?

                    Baie groot korporasies met bande regoor die wêreld                         (2)

 3.2 DATARESPONS

       3.2.1    Identifiseer enige TWEE hoofmoordenaars in Afrika.

                    Vigs 
                    Oorlog 
                    Malaria                                              (Enige 2 x 1)          (2)

       3.2.2    Waarvoor staan die akroniem Vigs?

                    Verworwe immuniteitsgebreksindroom                                         (2)

       3.2.3    Watter land het die hoogste MIV/Vigs koers in Afrika?

                    Suid-Afrika                                                                (2)

       3.2.4    Wat is die impak van MIV/Vigs op die bevolkingstruktuur?

                  Vigs veroorsaak hoofsaaklik dat sterftes in die volwasse
                   ouderdomsgroep toeneem, wat gewoonlik die laagste sterftekoers
                   het 
                 Die piekouderdom van Vigs-sterftes is pas vyf tot tien jaar later 
                 Gemiddelde lewensverwagting word grootliks beïnvloed deur
                   MIV/Vigs omdat sterftes onder jong volwassenes, kinders en
                   babas lei tot ’n groot aantal lewensjare wat verlore gaan 
                 Een van die ergste gevolge van Vigs is dat ’n groot aantal kinders
                   wees gelaat word omdat beide ouers sterf a.g.v. Vigs 
                  (Aanvaar enige ander toepaslike antwoord.)               (Enige 2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2017)                       EKONOMIE V1                                       7

 3.3 DATARESPONS
       3.3.1    Identifiseer TWEE sektore uit bogenoemde tabel.
                    Privaatsektor 
                    Openbare sektor                                            (2 x 1)        (2)
       3.3.2    Omskryf die begrip vakbonde.
                     Organisasies van werkers wat daarna streef om lone en
                      werksomstandighede te verbeter 
                     (Aanvaar enige ander toepaslike antwoord)            (Enige 1 x 2)         (2)
       3.3.3    Gee en verduidelik EEN rede waarom werkers sal verkies om aan
                ’n vakbond te behoort soos uit die tabel blyk.
                 Soos aangetoon in die tabel, beskik alle vakbondlede in die
                   openbare sektor oor ’n geskrewe kontrak 
                 Die tabel toon ook dat 97,8% van unie-werkers sê dat hulle
                   betaaldeverlof-voordele ontvang 
                 Soos getoon in die tabel, het 96,5% van werkers ’n permanente
                   kontrak 
                  (Aanvaar enige ander toepaslike antwoord)             (Enige 1 x 2)       (2)
       3.3.4    Waarkom is vakbonde belangrik in Suid-Afrika?
                 Hulle onderhandel vir verbeterde lone en werksomstandighede vir
                   hulle lede 
                 Hulle reguleer die verhoudings tussen werkers en werkgewers 
                 Hulle beskerm hul lede se werksekerheid 
                 Hulle bevorder hulle lede se opleiding en onderwys 
                 Hulle dien as ’n politieke forum vir werkers 
                 Hulle het bygedra tot die stigting van ’n nuwe regering 
                (Aanvaar enige ander toepaslike antwoord)                 (Enige 2 x 2)     (4)
 3.4 Omskryf die ontwikkeling van markte en handel in die vroeë
     gemeenskappe.

        Soos wat produksie toegeneem het, was daar ’n behoefte aan meer
         afsetplekke 
        Weeklikse markte is gehou op dorpspleine en langs die kaaie 
        Streekhandelsfeeste is gehou; dit is groter markte waar produkte van ’n
         wye gebied verkoop is en ander ontspanning aangebied is 
        Handelaars het na vore gekom wat kopers en verkopers in verskillende
         gemeenskappe en streke bymekaargebring het 
        Gespesialiseerde markte het in baie dele van die wêreld ontstaan, soos
         gebiede wat spesialiseer in sy, speserye, fynhout en leerprodukte 
                                                                       (Enige 4 x 2)
         (Aanvaar enige ander toepaslike antwoord.)                                         (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

(EC/NOVEMBER 2017)                     EKONOMIE V1                                         8

 3.5 Gee jou opinie oor die impak van immigrasie en vlugtelinge op die
     bevolking van Suid-Afrika.

        Immigrasie van geskoolde mense spreek die vraag na skaars vaardighede
         en kundigheid aan 
        Konflik rakende migrerende arbeiders wat werk van SA-burgers wegneem,
         het onlangs begin kop uitsteek 
        Groot invloei van onwettige immigrante verhoog SA se bevolking, wat lei tot
         ’n styging in die regering se finansiële las 
        Onwettige immigrante en vlugtelinge het bygedra tot die ontwikkeling van
         informele sektore 
        Invloei dra by tot druk op die regering om onderwys en basiese
         gesondheidsdienste te verskaf                               (Enige 4 x 2)
         (Aanvaar enige ander toepaslike antwoord)                                          (8)
                                                                                           [40]

 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES

 4.1 4.1.1      Noem TWEE soorte verbruik.

                    Onmiddellike verbruik 
                    Uitgestelde verbruik                                (Enige 2 x 1)         (2)

       4.1.2    Wat is immigrasie?

                    Buitelanders wat die lande binnekom op ’n permanente basis 
                                                                         (Enige 1 x 2)          (2)

 4.2 DATARESPONS

       4.2.1    Identifiseer TWEE mineraalneerslae uit die uittreksel.

                 Platinum 
                 Uraan                                                 (2 x 1)                (2)

       4.2.2    Omskryf die begrip skaarsheid.

                 Skaarsheid bestaan a.g.v. beperkte hulpbronne waarmee
                  onbeperkte behoeftes bevredig moet word                                     (2)

       4.2.3    Haal uit die uittreksel aan om te bewys dat daar beperkte
                produksiefaktore in hierdie land is.

                 Die land het ’n tekort aan geskoolde arbeid  en kapitaal                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2017)                    EKONOMIE V1                                        9

       4.2.4    Hoe raak absolute en relatiewe skaarsheid die ekonomie van
                ontwikkelende lande?

                 A.g.v. absolute skaarsheid, het ontwikkelende lande onvoldoende
                  hulpbronne en is daarom nie in staat om goedere en dienste te
                  produseer nie 
                 Bv. volgens die scenario, het die land ’n absolute skaarsheid aan
                  water en sal hulle nie aan die basiese behoeftes van hul inwoners
                  kan voorsien nie 
                 Die relatiewe skaarsheid van die land verwys na die feit dat die
                  land nie oor die nodige vaardighede en kapitaal beskik nie 
                 Hulle kan nie platinum- of uraanneerslae ontgin nie, so geen werk
                  kan geskep word nie, geen salarisse word betaal nie en die land kan
                  nie vooruitgaan nie 
                  (Aanvaar enige ander toepaslike antwoord.)                                  (4)

4.3 DATARESPONS

     4.3.1     Gee die syfers vir werkende en werklose mense gedurende die
               laaste kwartaal van 2016.

                Die syfer vir werkende mense is 16 069  en vir werklose mense is
                 dit 5 781                                                                   (2)

     4.3.2     Verduidelik die begrip Nie Ekonomies Aktief.

                Verwys na daardie mense wat nie werk soek nie (ontmoedigde
                 werksoekers)                                                               (2)

     4.3.3     Watter neiging neem in die tabel waar by die werkende
               arbeidsmagbevolking?

                Die werkende-ouderdom bevolking het stewig gegroei vanaf die 1ste
                 kwartaal 2016 tot die 1ste kwartaal van 2017 
                Opwaartse neiging                                                          (2)

     4.3.4     Bereken die werkloosheidskoers vir die 1ste kwartaal van 2017.

                Werklose
                          x 100 
               Arbeidsmag

               6 214
                        x 100 
               22 426

               = 27,7%                                                                      (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

(EC/NOVEMBER 2017)                    EKONOMIE V1                                         10

4.4 Vergelyk vrye goedere en ekonomiese goedere in die ekonomie.
            EKONOMIESE GOEDERE                             VRYE GOEDERE
     Hulle is skaars                          Hulle is volop 
     Hulle het nut en ruilwaarde              Hulle het nut, maar nie ruilwaarde nie
                                                
     Hulle toon welvaart van mense aan  Hulle toon nie welvaart van mense
                                                aan nie 
     Hulle eis ’n prys wat ons betaal         Hulle eis nie ’n prys nie 
     Hulle behoort aan iemand                 Hulle behoort nie aan iemand nie 
                                  (Enige 2 x 2)                           (Enige 2 x 2)
     (Aanvaar enige ander toepaslike antwoord)                                              (8)

4.5 Hoe het landhere hul rykdom in antieke tye gebruik?

      Die permanente nedersettings van boere en die groeiende ekonomiese
       surplus het gelei tot die eerste klasseverdeling in gemeenskappe 
      Verskillende mense het nou verskillende ekonomiese rolle vervul,
       afhangende van hulle status. Byvoorbeeld, suksesvolle boere het landhere
       geraak wat groot stukke grond, bekend as landgoedere (‘manors’), besit
       het 
      Kleinboere is toegelaat om op die grond wat aan landhere of lede van die
       koninklikes behoort het, te bly 
      Kleinboere kon hulleself en hulle gesinne onderhou, maar moes die meeste
       van hulle jaarlikse surplus-produksie aan die landheer oorbetaal 
      Landhere het dan hierdie surplusse aangewend om hulle rykdom te bou en
       hulle mag te versterk
      Hulle het hierdie rykdom gebruik om hulle luukse verbruik te finansier,
       kastele te bou, te betaal vir die werk van vakmanne en om oorloë te
       finansier 
      In ruil, is kleinboere deur landhere beskerm                     (Enige 4 x 2)
       (Aanvaar enige ander toepaslike antwoord)                                            (8)
                                                                                           [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2017)                    EKONOMIE V1                                     11

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

STRUKTUUR VAN OPSTEL                                                  PUNTE-
                                                                    TOEKENNING
Inleiding                                                             Maks. 2
Inleiding
Die inleiding is ŉ lae-orde respons:
 ŉ Goeie begin sou wees om ŉ definisie te gee van ŉ konsep of
   sleutelwoord wat in die vraag voorkom
 Moenie enige gedeelte van die vraag in jou inleiding gebruik
   nie
 Moenie enige gedeelte van die inleiding in die inhoud herhaal
   nie
 Poog sover moontlik om nie in die inleiding te noem wat in die
   inhoud bespreek gaan word nie
Inhoud                                                               Maks. 26
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande
bespreking/Ondersoek / Bespreek krities/ Ontleed/Vergelyk/
Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik /
Assesseer/Debatteer

Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek                        Maks. 10
krities/Evalueer/Evalueer krities/Teken ŉ grafiek en
verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik / Voltooi
die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/
Stel voor
Slot

Enige toepaslike hoër-orde slot behoort die volgende in te sluit:
 ŉ Kort opsomming van dit wat bespreek/ontleed is, sonder die
  herhaling van enige feite wat reeds genoem is
                                                                      Maks. 2
 ŉ Mening of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is
 Addisionele ondersteunende inligting wat die
  bespreking/ontleding versterk
 ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien vereis
 Aanbevelings
                                                        TOTAAL:         40

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

(EC/NOVEMBER 2017)                    EKONOMIE V1                                         12

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE

Die ekonomie bestaan uit ’n baie komplekse web van ’n groot aantal verskillende
aktiwiteite wat deur miljoene mense onderneem word.

 Bespreek die rol wat elke deelnemer in ’n oop ekonomiese kringloopmodel
  speel.                                                                                (26)

 Wat is die uitwerking van ’n ekonomiese afswaai op die deelnemers aan die
  ekonomie?                                                                             (10)

INLEIDING

’n Kringloop is ’n diagram wat die vloei van goedere, dienste, produksiefaktore,
inkome en besteding, en die verhouding tussen die deelnemers aan die ekonomie,
aantoon 
(Aanvaar enige ander toepaslike inleiding)                                  (Maks 2)     (2)

INHOUD

HOOFGEDEELTE

 HUISHOUDINGS/VERBRUIKERS 
   Hulle is die primêre deelnemers aan die ekonomie 
   Hulle bied produksiefaktore aan beide produsente en regering 
   In ruil kry hulle vergoeding in die vorm van lone en salarisse 
   Gebruik hulle inkome om goedere en dienste te koop van produsente 
   Betaal belasting aan die regering 

 PRODUSENTE/BESIGHEDE/ONDERNEMINGS 
   Gebruik produksiefaktore om goedere en dienste te produseer 
   Verkoop goedere en dienste aan verbruikers, regering en buitelandse
    sektor 
   Kry geld van ander deelnemers vir goedere en dienste 
   Betaal belasting aan die regering 

 REGERING/ STAAT 
   Lewer openbare dienste tot voordeel van al die ander deelnemers 
   Vorder belasting in van huishoudings en besighede 

 BUITELANDSE SEKTOR 
   Produseer goedere en dienste 
   Verkoop (voer uit) surplusse na ander lande 
   Koop (voer in) goedere en dienste uit ander lande 
    (Aanvaar enige ander toepaslike antwoord)                           (Maks. 26)      (26)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2017)                      EKONOMIE V1                                         13

ADDISIONELE GEDEELTE

Wat is die uitwerking van ’n ekonomiese afswaai op die deelnemers aan die
ekonomie?

 Besighede sal minder goedere en dienste begin produseer 
 Huishoudings sal hulle werk verloor 
   Daar sal minder verbruik van goedere en dienste deur huishoudings
      wees 
 Die regering se inkome uit belastings sal afneem 
    Die regering sal meer openbare goedere en dienste moet verskaf 
 Uitvoere deur die buitelandse sektor sal afneem a.g.v. die daling in
  produksie 
  (Aanvaar enige ander toepaslike definisie)                           (Maks.10)

SLOT

Terwyl die kringloop ’n vereenvoudiging van die realiteit is, is die verstaan van die
reële vloei en geldvloei wat onder hierdie omstandighede plaasvind, ŉ belangrike
fondasie om komplekse ekonomieë te verstaan 

(Aanvaar enige ander toepaslike slot)                                        Maks. 2      (2)
                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

(EC/NOVEMBER 2017)                    EKONOMIE V1                                          14

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES

Die grootte van ’n land se bevolking speel ’n enorme rol in die ekonomie en dit is
belangrik dat mense gereeld getel moet word, byvoorbeeld elke vyf jaar.

Bespreek, in detail, die fases in die demografiese siklus onder die volgende opskrifte:

 Die hoë stilstaande fase
 Die vroeë uitbreidingsfase                                                                (26)

Hoe sal jy ’n sentraalbeplande ekonomie beskryf?                                            (10)

INLEIDING

Die demografiese model toon tendense van hoe ’n nasie se groeikoerse oor tyd
verander 
(Aanvaar enige ander toepaslike definisie)                               (Maks. 2)               (2)

INHOUD

HOOFGEDEELTE

Fase 1: Die hoë stilstaande fase
 Geboorte- en sterftekoerse in hierdie fase is baie hoog 
 Groei is baie stadig en fluktueer met ’n baie jong bevolking 
 Die gemeenskap is arm; daarom is daar geen gesinsbeplanning en ’n gebrek aan
  mediese sorg 
 Kinders word gesien as ekonomiese bates 
 Hierdie fase word gekenmerk deur ’n natuur gebonde ekonomie, wat fokus op
  eenvoudige landbou en lae vlak handearbeid produksie 
 Voorbeelde van lande in hierdie fase is Tibet  en Ethiopia 

Fase 2: Die vroeë uitbreidende fase
 Die geboortekoers bly hoog en die sterftekoers daal 
 Bevolkingsgroei styg redelik, omdat geboortebeperking en gesinsbeplanning nie
  toegepas word nie 
 Lewensomstandighede verbeter en mense leef tot ’n hoër ouderdom 
 Redes vir dalende sterftekoers:
  o Verbeterde produksie en boerdery metodes, vervoer en stoor van voedsel
  o Openbare gesondheidsdienste (bv. inenting teen pokke) 
  o Mediese wetenskappe, gesondheidsbewustheid 
  o Onderwys (loods van verskeie nasionale programme, bv. Vigs) 
  o Verbeterde higiëne (bv. kook van drinkwater) en sanitasie 
 Die natuurlike groeikoers is hoër gedurende hierdie fase soos die gaping tussen
  lewe en dood verder uitmekaar raak 
 Die gemiddelde ouderdom van die bevolking is laer 
 Lande is dig bevolk (verstedelik) 
 Voorbeelde van lande in hierdie fase is Turkye  en Meksiko (Maks. 26)                (26)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/NOVEMBER 2017)                   EKONOMIE V1                                         15

ADDISIONELE GEDEELTE

Hoe sal jy ’n sentraal-beplande ekonomie omskryf?

   Alle produksiefaktore en eiendom word deur die staat besit
   Kapitaal hulpbronne word deur die staat besit 
   Die gemeenskap as ’n geheel neem ekonomiese besluite 
   Die staat beplan en reël hoe produksiefaktore gebruik moet word
   Alle ekonomiese aktiwiteite word sentraal beplan 
   Die prys van goedere en dienste word deur die staat gereguleer 
   Verbruikers het min keuse oor waar om inkopies te doen – alles word deur die staat
    geproduseer 
 Mense het min persoonlike vryheid 
 Mense het geen keuse watter werk of by wie hulle wil werk nie 
(Aanvaar enige ander relevante respons)                                   (Maks. 10)      (10)

SLOT

Hierdie model kan gebruik word om te voorspel hoe dinge in ’n land dalk mag
verander in die toekoms 
(Aanvaar enige ander slot)                                                 (Maks. 2)       (2)
                                                                                          [40]

                                                             TOTAAL AFDELING C:             80
                                                                 GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMICS P1 MEMO GR10 NOV2017](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2017-national-november-exam-memorandum-paper-1/e6207611-bbc1-4e76-82f0-b8f2bbefb70a) — Economics · Memo · 2017
- [ECONOMICS P1 GR10 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2017-national-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/39929933-f231-4d31-8c37-17bb8f7c9306) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GR10 NOV 2017](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2017-national-november-exam-question-paper-paper-2/2b10a3d3-9fea-4ed9-aa55-b71c5af7564e) — Economics · QP · 2017
- [EKONOMIE V1 Memo GR10 NOV 2017](https://www.hlayiso.com/library/ekonomie-v1-memo-gr10-nov-2017/685be28d-8616-492c-a843-bba2d61f68f0) — Economics · Memo · 2017
- [EKONOMIE V2 MEMO GR10 NOV 2017 AFR FINAAL](https://www.hlayiso.com/library/ekonomie-v2-memo-gr10-nov-2017-afr-finaal/21185a5c-ad61-41d5-a03c-88be42b204a4) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [ECONOMICS P1 MEMO GR10 NOV2017](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-memo-gr10-nov2017/c36ac5c6-ec5b-4c45-8f5e-8b0db73cba57) — Economics · Memo · 2017

## More from Grade 10 Economics

- [Grade 10 Economics P2 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-2/6bab9eed-eb05-460c-a90c-1b7ae3db0240) — QP · 2026 · Eng
- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-english-june-2024-question-paper/6c40d10f-82fe-43f3-bea3-c9d464a800ff) — QP · 2024 · Eng
- [ECONOMICS P1 QP JUNE 24](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-1/a6b341ec-cf90-4c6c-bc44-6fd35bc80cb5) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
