# Economics Grade 10 P1 National November 2017 QP (Afr)

> Grade 10 Economics Paper 1 question paper from the National November Exam 2017 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2017-national-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/39929933-f231-4d31-8c37-17bb8f7c9306
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: National November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P1 National November 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2017-national-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/39929933-f231-4d31-8c37-17bb8f7c9306)

## About this document

Economics · Grade 10 · National November Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                 SENIOR SERTIFIKAAT

                        GRAAD 10

                   NOVEMBER 2017

                     EKONOMIE V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

2                                   EKONOMIE V1                    (EC/NOVEMBER 2017)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK.

       AFDELING A: VERPLIGTEND
       AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
       AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

 2.    Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

 3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
       hierdie vraestel gebruik word.

 4.    Lees die vrae aandagtig deur en begin elke vraag boaan ’n NUWE
       bladsy.

 5.    Laat 2 tot 3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

 6.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die uitleg, inhoud
       en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die
       vrae voldoen.

 7.    Skryf netjies en leesbaar.

 8.    Slegs die vereiste aantal vrae sal nagesien word in die volgorde
       waarin dit in die ANTWOORDEBOEK verskyn.

 9.    Gebruik slegs swart of blou ink.

 10.   Jy mag ‘n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2017)                 EKONOMIE V1                                        3

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1:                                              30 PUNTE – 20 MINUTE

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae
        gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D)
        langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

        1.1.1    Privaateienaarskap en individuele voorkeure is belangrik in
                 hierdie soort ekonomie:

                 A    Tradisionele ekonomie
                 B    Beheerekonomie
                 C    Markekonomie
                 D    Gemengde ekonomie

        1.1.2    Geleentheidskoste ...

                 A    verduidelik hoe mense keuses maak.
                 B    verwys na die waarde van die volgende beste alternatief
                      wat opgeoffer is.
                 C    verduidelik hoe geleentheid in die ekonomie werk.
                 D    omskryf die nut van ’n goed of diens.

        1.1.3    Die totale vergoeding wat aan die eienaars van die
                 produksiefaktore binne ’n gegewe tydperk betaal word:

                 A    BBP
                 B    BNB
                 C    BNI
                 D    BBB

        1.1.4    Gedurende die resessionêre fase van ’n sakesiklus is daar ...

                 A    geen verandering in ekonomiese groei nie.
                 B    ’n afname in werkloosheid.
                 C    positiewe ekonomiese groei.
                 D    negatiewe ekonomiese groei.

        1.1.5    Hierdie was verenigings van vakmanne en ander professies wat
                 handel in dorpe en stede gedurende die markevolusie beheer
                 het:

                 A    Gilde
                 B    Landhere
                 C    Alliansies
                 D    Hiërargie

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 4

4                                   EKONOMIE V1                      (EC/NOVEMBER 2017)

        1.1.6   Watter EEN van die volgende is NIE ’n voorbeeld van die
                dienstesektor NIE?

                A    Bankwese
                B    Konstruksie
                C    Vervoer
                D    Onderwys

        1.1.7   Die natuurlike groeikoers is ...

                A    die koers waarteen ’n land ekonomies groei.
                B    die koers waarteen die gemiddelde mens natuurlik groei.
                C    die verskil tussen mense wat in ’n land werk.
                D    die verskil tussen die geboortekoers en die sterftekoers in ’n
                     land.

        1.1.8   Die verhouding van lewendige geboortes in ’n gebied tot die
                bevolking in daardie gebied:

                A    Mortaliteitskoers
                B    Absorpsiekoers
                C    Vrugbaarheidskoers
                D    Bevolkingsgroeikoers                                    (8 x 2) (16)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2017)                   EKONOMIE V1                                      5

 1.2    Kies ŉ omskrywing in KOLOM B wat by ŉ item in KOLOM A pas. Skryf
        slegs die letter (A−I) langs die vraagnommer (1.2.1−1.2.8) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

                     KOLOM A                            KOLOM B
        1.2.1        Model               A   Goedere wat volop is en geen prys
                                             behaal nie

        1.2.2        Vrye goedere        B   Verwys na die op en af van
                                             ekonomiese aktiwiteit in die ekonomie

        1.2.3        Dubbeltelling       C   Die wêreldwye integrasie van markte
                                             en produksie

        1.2.4        Sakesiklus          D   Gebruik om teorieë te verduidelik en
                                             voorspellings te maak

        1.2.5        Globalisasie        E   Wanneer intermediêre produkte
                                             bygetel word by finale goedere

        1.2.6        Demokrasie          F   ’n Plek waar kopers en verkopers
                                             ontmoet

        1.2.7        Ekonomies-          G   Gelyke deelname deur almal
                     aktiewe bevolking

        1.2.8        Mark                H   Diegene wat werkloos is en vir een of
                                             ander rede opgehou het om werk te
                                             soek

                                         I   Bestaan uit mense tussen die
                                             ouderdomme van 15 en 64 wat werk
                                             of aktief werk soek
                                                                          (8 x 1)           (8)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

6                                   EKONOMIE V1                        (EC/NOVEMBER 2017)

    1.3   Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
          term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK
          neer.

          1.3.1   Die professies, werke en posisies wat jy beklee oor die jare wat
                  jy werk

          1.3.2   Alle menslike inspanning wat vir vergoeding aangewend word

          1.3.3   Die hoogste punt van ekonomiese aktiwiteit in die sakesiklus

          1.3.4   Ruil van een produk vir ’n ander van min of meer dieselfde
                  waarde

          1.3.5   ’n Ekonomie wat nie met ander lande handel dryf nie

          1.3.6   Die beweging van mense vanaf landelike gebiede na stede of
                  dorpe                                               (6 x 1)        (6)

                                                         TOTAAL AFDELING A:           30

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2017)                 EKONOMIE V1                                          7

  AFDELING B

  Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
  ANTWOORDEBOEK.

  VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                             40 PUNTE – 30 MINUTE

  2.1   Beantwoord die volgende kortvrae.

        2.1.1    Noem enige TWEE soorte verbruikersgoedere.               (2 x 1)     (2)

        2.1.2    Hoe sal die neem van Wiskunde op skool jou help as jy ’n
                 ekonoom wil word?                                    (1 x 2)         (2)

  2.2   DATARESPONS

        Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   Lyk of
                                   ons
                                   opstyg.!

                                                           [Bron: www.struggle.pk]

        2.2.1    Identifiseer die fase in die sakesiklus asook ’n ekonomiese
                 aktiwiteit uit bostaande spotprent.                                  (2)

        2.2.2    Hoekom dink jy sal ‘werkloos’ nie tot ’n ekonomiese ‘opstyging’
                 lei nie?                                                             (2)

        2.2.3    Na watter sakesiklus-aanwyser verwys ‘werkloos’?                     (2)

        2.2.4    Hoe sal jy die herstelfase van ’n tipiese sakesiklus beskryf?        (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

8                                   EKONOMIE V1                            (EC/NOVEMBER 2017)

    2.3 DATARESPONS

        Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           TOEGEVOEGDE WAARDE (R Miljoene) Huidige                         2015
                            pryse
          1. Primêre sektor                                              371 069

          2.   Sekondêre sektor                                          751 451

          3.   Tersiêre sektor                                          2 467 292

          4.   Bruto toegevoegde waarde teen basiese prys               3 589 812

          5.   B     belasting op goedere                                438 785

          6.   C     subsidies op goedere                                 15 005

          7.   Bruto binnelandse produk teen markprys                        D

                                  [Bron: SARB Kwartaallikse Bulletin, September 2016]

        2.3.1 Watter sektor het die meeste in 2015 bygedra?                              (1)

        2.3.2 Watter berekeningsmetode is gebruik in bostaande tabel om
              die Bruto Binnelandse Produk te bereken?                                   (1)

        2.3.3 Benoem die ontbrekende items B en C.                           (2 x 1)     (2)

        2.3.4 Verduidelik die begrip Bruto Binnelandse Produk.                           (2)

        2.3.5 Bereken die BBP soos deur D voorgestel.                                    (4)

    2.4 Onderskei tussen leidende en sloerende ekonomiese aanwysers.
                                                                  (2 x 4)                (8)

    2.5 Wat is moontlike oplossings om omgewingsprobleme te verminder?
                                                                  (4 x 2)                (8)
                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2017)                 EKONOMIE V1                                          9

  VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                         40 PUNTE – 30 MINUTE

  3.1   Beantwoord die volgende kort vrae.

        3.1.1    Noem enige TWEE BRICS-lande.                             (2 x 1)     (2)

        3.1.2    Wat is multi-nasionale ondernemings?                     (1 x 2)     (2)

  3.2   DATARESPONS

        Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        Die politieke spotprent is oor die drie moordenaars in Afrika. Dit toon
        dat die nommer een moordenaar in Afrika Vigs is. Dit is in die vorm
        van die Olimpiese podium in die sin dat dit die top drie moordenaars
        in Afrika voorstel. Die trappies is die rangorde van die moordenaars.
        Die karakters is almal doodsengele wat die dood voorstel. In Afrika is
        daar drie hoofmoordenaars en onder hulle is die top moordenaar Vigs.
        Hierdie politiese spotprent toon hoe dodelik Vigs vir ’n land is.

                       ... IN DIE ‘VOORLOPER AS OORSAAK VAN DOOD’
                      ITEM, DIE VASTELAND SE NUWE NOMMER EEN!...

                                        Vigs

                     Oorlog                                  Malaria

                              [Bron: Aangepas van www.alexandrahauber.weebly.com]

        3.2.1    Identifiseer enige TWEE hoofmoordenaars in Afrika.       (1 x 2)     (2)

        3.2.2    Waarvoor staan die akroniem Vigs?                                    (2)

        3.2.3    Watter land het die hoogste MIV/Vigs koers in Afrika?                (2)

        3.2.4    Wat is die impak van MIV/Vigs op die bevolkingstruktuur?
                                                                       (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

10                               EKONOMIE V1                         (EC/NOVEMBER 2017)

  3.3   DATARESPONS

        Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                 WERKTOESTANDE VAN UNIE EN NIE-UNIE LEDE

                                  Privaatsektor        Openbare Sektor
         Gedeelte van
         werkers met:           Nie-unie     Unie     Nie-unie         Unie
         Geskrewe kontrakte      83,3%      98,4%      99,7%         100,0%
         Betaalde verlof         62,0%      92,5%      54,3%          97,8%
         Permanente
         kontrakte               57,6%      91,0%      38,9%         96,5%
         Bedingingsraad-
         dekking                 2,8%       8,2%       11,4%         35,5%
         Geen loonbedinging
         van enige aard          82,3%      8,3%       72,7%          2,5%
                                                    [Bron: theconservation.com]

        3.3.1    Identifiseer TWEE sektore uit bogenoemde tabel.        (2 x 1)    (2)

        3.3.2    Omskryf die begrip vakbonde.                           (1 x 2)    (2)

        3.3.3    Gee en verduidelik EEN rede waarom werkers sal verkies om
                 aan ’n vakbond te behoort soos uit die tabel blyk.                (2)

        3.3.4    Waarom is vakbonde belangrik in Suid-Afrika?           (2 x 2)    (4)

  3.4   Omskryf die ontwikkeling van markte en handel in die vroeë
        gemeenskappe.                                                              (8)

  3.5   Gee jou opinie oor die impak van immigrasie en vlugtelinge op die
        bevolking van Suid-Afrika.                                                 (8)
                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2017)                  EKONOMIE V1                                          11

  VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                   40 PUNTE – 30 MINUTE

  4.1 Beantwoord die volgende kort vrae.

        4.1.1    Noem TWEE soorte verbruik.                                (2 x 1)      (2)

        4.1.2    Wat is immigrasie?                                        (1 x 2)      (2)

  4.2 DATARESPONS

        Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            DIE RYK LAND WAT ARM IS

        In Afrika is daar ’n groot land wat een van die armste lande in die
        wêreld is. Die ironie is dat hierdie land platinum- en uraanneerslae
        het wat onontgin is omdat die land ’n skaarste het aan geskoolde
        arbeid en kapitaal. Die grootste gedeelte van hierdie land bestaan uit
        woestyn.
                                       [Bron: Clever Economics Grade 10, Bladsy 22]

        4.2.1    Identifiseer TWEE mineraalneerslae uit die uittreksel. (2 x 1)         (2)

        4.2.2    Omskryf die begrip skaarsheid.                                         (2)

        4.2.3    Haal uit die uittreksel aan om te bewys dat daar beperkte
                 produksiefaktore in hierdie land is.                                   (2)

        4.2.4    Hoe raak absolute en relatiewe skaarsheid die ekonomie van
                 ontwikkelende lande?                                                   (4)
                                                                                       [14]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

12                                EKONOMIE V1                               (EC/NOVEMBER 2017)

  4.3 DATARESPONS

       Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
                       SLEUTEL ARBEIDSMARKAANWYSERS

                                                                           Kwrtl –       Jaar-tot-
                                  Jan – Mar    Okt.-Des      Jan -Mar
                                                                         tot-Kwrtl.       jaar
                                    2016        201 6          2017
                                                                        verandering   verandering
                                                          Duisend
             Arbeidsmag
               bevolking
             (15—64 jaar)        36 431       36 905        37 061        156          630
             Arbeidsmag          21 398       21 849        22 426        577         1 029
                In diens
         geneem/Werkende         15 675       16 069        16 212        144           538
            Formele sektor
             (nie-landbou)       10 983       11 156        11 337        181           354
           Informele sektor
             (nie-landbou)       2 565        2 695         2 681         -14           116
                Landbou           869          919           875          -44            6
         Privaat huishoudings    1 257        1 299         1 319          21            62
               Werkloos          5 723        5 781         6 214         433           491
           Nie ekonomies
                  aktief         15 033       5 781         14634        -421          -399
             Ontmoedigde
             werksoekers         2 434        2 292         2 277         -15          -156
              Ander (nie-
          ekonomies aktief)      12 599       12 763        12 357       -406          -242
               Koers (%)
         Werkloosheidskoers       26,7         26,5            ?          1,2           1,0
                                                                        [www.statssa.gov.za]

       4.3.1   Gee die syfers vir in-diens-geneemde/werkende en werklose
               mense gedurende die laaste kwartaal van 2016.            (2 x 1)                       (2)

       4.3.2   Verduidelik die begrip Nie Ekonomies Aktief.                                           (2)

       4.3.3   Watter neiging neem jy in die tabel waar by die werkende
               arbeidsmagbevolking?                                                                   (2)
       4.3.4   Bereken die werkloosheidskoers vir die 1ste kwartaal van 2017.                         (4)
  4.4 Vergelyk vrye goedere en ekonomiese goedere in die ekonomie.                     (2 x 4)        (8)

  4.5 Hoe het landhere hul rykdom in antieke tye gebruik?                              (4 x 2)        (8)
                                                                                                     [40]
                                                              TOTAAL AFDELING B:                      80

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2017)              EKONOMIE V1                                      13

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling.

STRUKTUUR VAN OPSTEL                                              PUNTE-
                                                                TOEKENNING
Inleiding                                                         Maks. 2
Die inleiding is ŉ lae-orde respons:
 ŉ Goeie begin sou wees om ŉ definisie te gee van ŉ
   konsep of sleutelwoord wat in die vraag voorkom
 Moenie enige gedeelte van die vraag in jou inleiding
   gebruik nie
 Moenie enige gedeelte van die inleiding in die inhoud
   herhaal nie
 Poog sover moontlik om nie in die inleiding te noem wat in
   die inhoud bespreek gaan word nie
Inhoud                                                            Maks. 26
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande
bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed/
Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik /
Assesseer/ Debatteer

Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek                     Maks. 10
krities/Evalueer/Evalueer krities/Teken ŉ grafiek en
verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi
die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/ Verduidelik/
Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/ Hoe?/ Stel voor
Slot
Enige toepaslike hoër-orde slot behoort die volgende in te
sluit:
 ŉ Kort opsomming van dit wat bespreek/ontleed is, sonder
    die herhaling van enige feite wat reeds genoem is
                                                                     Maks. 2
 ŉ Mening of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is
 Addisionele ondersteunende inligting wat die
    bespreking/ontleding versterk
 ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien vereis
 Aanbevelings
                                                     TOTAAL:           40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                               40 PUNTE – 40 MINUTE

Die ekonomie bestaan uit ’n baie komplekse web van ’n groot aantal
verskillende aktiwiteite wat deur miljoene mense onderneem word.

    Bespreek die rol wat elke deelnemer in ’n oop ekonomiesekringloopmodel
     speel.                                                                         (26)

    Wat is die uitwerking van ’n ekonomiese afswaai op deelnemers aan die
     ekonomie?                                                                      (10)
                                                                                    [40]

    Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

14                                EKONOMIE V1                      (EC/NOVEMBER 2017)

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                       40 PUNTE – 40 MINUTE

Die grootte van ’n land se bevolking speel ’n enorme rol in die ekonomie en
dit is belangrik dat mense gereeld getel moet word, byvoorbeeld elke vyf
jaar.

Bespreek, in detail, die fases in die demografiese siklus onder die volgende
opskrifte:

    Die hoë stilstaande fase
    Die vroeë uitbreidingsfase                                                 (26)

Hoe sal jy ’n sentraalbeplande ekonomie omskryf?                                (10)
                                                                                [40]

                                                   TOTAAL AFDELING C:            80
                                                       GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

## Related documents

- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/a7a98926-6f8d-44f2-ae7e-4dc7afed3e6c) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) June 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-june-2017-possible-answers/8209781f-6149-4eb2-9b59-aae640a445d4) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [ECONOMICS P1 MEMO GR10 NOV2017](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2017-national-november-exam-memorandum-paper-1/e6207611-bbc1-4e76-82f0-b8f2bbefb70a) — Economics · Memo · 2017
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2017-question-paper/209c6d0c-2dc8-416c-9d4b-54e2ed5233cd) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2017-question-paper/f40c7bbb-0894-401c-b55f-d20dc2602589) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-june-2018-question-paper/85a08651-2711-4656-ae89-9b5dd7f46278) — Economics · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-possible-answers/6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-possible-answers/fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca) — Memo · 2023 · Afr
- [Gr 10 ECO P2 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p2-afrikaans-june-2023-possible-answers/11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
