# Economics Grade 10 National November 2017 Question Paper

> Grade 10 Economics question paper from the National November Exam 2017, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2017-national-november-exam-question-paper/8b42428a-298b-4ee9-bf2c-1bd6f2bdc2bc
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: National November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 National November 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2017-national-november-exam-question-paper/8b42428a-298b-4ee9-bf2c-1bd6f2bdc2bc)

## About this document

Economics · Grade 10 · National November Exam · 2017. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                 SENIOR SERTIFIKAAT

                        GRAAD 10

                   NOVEMBER 2017

                      EKONOMIE V2

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                             *XECOA2*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

2                                    EKONOMIE V2                        (EC/NOVEMBER 2017)

  INSTRUKSIES EN INLIGTING

  1.     Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

  2.     Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Oortollige antwoorde sal NIE
         nagesien word NIE.

  3.     Beantwoord vrae in volsinne en die uitleg, inhoud en konteks van jou
         antwoorde moet voldoen aan die kognitiewe vereistes van die vrae.

  4.     Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik word.

  5.     Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

  6.     Lees AL die vrae sorgvuldig deur.

  7.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

  8.     Laat 2 tot 3 reëls tussen onderafdelings van vrae.

  9.     Gebruik slegs swart of blou ink.

  10.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

  11.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2017)                    EKONOMIE V2                                          3

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1                                                    30 PUNTE – 20 MINUTE

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
        Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
        ooreenstemmende vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK
        neer, bv. 1.1.9 D

        1.1.1    Wêreldmarkte staan ook as … markte bekend.

                 A     kollektiewe
                 B     geld-
                 C     globale
                 D     volmaakte

        1.1.2    ŉ Eienskap van ŉ onvolmaakte mark:

                 A      Daar is een verskaffer of ŉ paar groot verskaffers
                 B      Produkte is homogeen
                 C      Daar is geen hindernisse tot toetrede nie
                 D      Daar is baie kopers en verkopers

        1.1.3    Hierdie faktor sal tot ŉ uitwaartse beweging van die PMK lei:

                 A     Verbeterde tegnologie
                 B     Onbeskikbaarheid van arbeid
                 C     Gebrek aan grondstowwe
                 D     Onproduktiewe arbeid

        1.1.4    Die volgende word beskou as ŉ algemene oorsaak van
                 werkloosheid:

                 A      ŉ Groot bekwame arbeidsmag
                 B      ŉ Swak onderwysstelsel
                 C      Voldoende groei in die ekonomie van ŉ land
                 D      Arbeidsintensiewe bedrywe

        1.1.5    Vakbonde …

                 A     het die mag om werkgewers en werkers te dwing om die
                       Wet op Arbeidsverhoudinge na te kom.
                 B     onderhandel verbeterde lone en werksomstandighede vir
                       hulle lede.
                 C     maak voorstelle oor arbeidsbeleid en wetgewing.
                 D     help om arbeidsdispute te beredder deur konsiliasie of
                       arbitrasie.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

4                                     EKONOMIE V2                           (EC/NOVEMBER 2017)

        1.1.6   ŉ Toename in die loonkoers sal, ceteris paribus, lei tot …
                A      ŉ afname in hoeveelheid arbeid gevra.
                B      ŉ afname in die vraag na arbeid.
                C      ŉ toename in die hoeveelheid arbeid gevra.
                D      ŉ toename in die vraag na arbeid.

        1.1.7   Grensbelasting op ingevoerde produkte:
                A      Belasting op toegevoegde waarde
                B      Aksynsregte
                C      Doeanereg
                D      Groen belasting

        1.1.8   In 1996 is hierdie beleid ingestel om skoolprestasie te verbeter:
                A      SOOO
                B      WAV
                C      SASW
                D      WVO                                                      (8 x 2)   (16)
  1.2 Kies ŉ omskrywing uit KOLOM B wat pas by ŉ item in KOLOM A. Skryf
      slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
      ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J.

                KOLOM A                               KOLOM B
        1.2.1    Arbeidsmag-       A    bevorder kollektiewe bedinging en
                 deelnamekoers          konsultasie in die werkplek
        1.2.2   Begrotingslyn      B    formele aktiwiteite wat individue se vermoë
                                        om hulle volle potensiaal te bereik,
                                        verbeter
        1.2.3   Ceteris paribus    C    verskaf werkloosheidsyfers volgens beide
                                        nou en breë definisies van werkloosheid
        1.2.4   Menslike           D    wanneer die regering mense wat in sosiale
                Hulpbron                nood is, deur middel van oordragbetalings
                Ontwikkeling            subsidieer
        1.2.5   KMVA (CCMA)        E    alle ander dinge bly konstant
        1.2.6   BBSEB              F    verskillende kombinasies van goedere en
                (BBBEE)                 dienste wat ons met ŉ gegewe inkome kan
                                        koop
        1.2.7   Welsynstoelae      G    verskaf ŉ basis vir transformasie in die
                                        Suid-Afrikaanse ekonomie
        1.2.8   Statistiek         H    ŉ instrument wat gebruik word om te
                Suid-Afrika             bepaal watter deel van die bevolking
                                        ekonomies aktief is
                                   I    arbitreer dispute wat onopgelos gelaat is
                                        na konsiliasie
                                                                            (8 x 1)        (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2017)                      EKONOMIE V2                                           5

  1.3    Gee die korrekte term vir elk van die volgende omskrywings:

         1.3.1        Grafiek wat al die kombinasies van twee kommoditeite bevat wat
                      ŉ verbruiker ŉ gelyke hoeveelheid bevrediging gee

         1.3.2        Addisionele bevrediging verkry deur verbruik van een ekstra
                      eenheid van ŉ produk of diens oor ŉ gegewe tydperk

         1.3.3        Goedere verskaf deur die regering, aangesien hulle voordelig vir
                      die samelewing is

         1.3.4        ŉ Situasie waar ŉ persoon nie tot sy of haar volle vermoë in
                      diens geneem is nie

         1.3.5        Werkers onderhandel as ŉ groep met werkgewers rakende die
                      werksomstandighede

         1.3.6        Hierdie Wet is ingestel ten einde die gehalte van vaardighede
                      asook produktiwiteit in die werksplek te ontwikkel en te verbeter
                                                                                 (6 x 1)    (6)

                                                               TOTAAL AFDELING A:           30

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

6                                         EKONOMIE V2                    (EC/NOVEMBER 2017)

  AFDELING B

  Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou
  ANTWOORDEBOEK.

  VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                 40 PUNTE – 30 MINUTE

  2.1 Beantwoord die volgende kortvrae:

        2.1.1    Noem TWEE funksies van ŉ mark.                              (2 x 1)    (2)

        2.1.2    Wat is volmaakte markte?                                    (1 x 2)    (2)

  2.2 DATARESPONS

        Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                                  PRODUKSIEMOONTLIKHEIDSKURWE

                     Ton koring

                                              Ton staal

        2.2.1    Hoeveel ton koring en ton staal sal by punt B geproduseer word?
                                                                            (2 x 1)     (2)

        2.2.2    Vir watter doel word die produksiemoontlikheidskurwe gebruik?          (2)

        2.2.3    Verduidelik die begrip skaarsheid.                                     (2)

        2.2.4.   Waarom word produksie by punt G as ondoeltreffend beskou?
                                                                        (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2017)                   EKONOMIE V2                                           7

 2.3    DATARESPONS

        Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.

                 Prys            Hoeveelheid gevra       Hoeveelheid aangebied
                  R10                    20                        100
                     R6                  60                         60
                     R2                  100                        20

        2.3.1    Identifiseer die ewewigsprys en -hoeveelheid.                           (2)

        2.3.2    Gee die Wet van Aanbod.                                                 (2)

        2.3.3    Verduidelik produksiekoste as ŉ faktor wat ŉ verandering in
                 hoeveelheid aangebied kan veroorsaak.                       (2 x 1)     (2)

        2.3.4    Bereken die surplus aanbod. Toon alle berekeninge.                      (4)

 2.4    Onderskei tussen nasionale en internasionale markte.                 (2 x 4)     (8)

 2.5    Wat is die kenmerke van indifferensiekurwes?                         (4 x 2)     (8)
                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

8                                    EKONOMIE V2                             (EC/NOVEMBER 2017)

 VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                         40 PUNTE–30 MINUTE

 3.1    Beantwoord die volgende kortvrae.

        3.1.1   Noem enige TWEE benaderings om werkloosheid op te los. (2 x 1)               (2)

        3.1.2   Wat word bedoel met ŉ ekonomies-aktiewe bevolking?               (1 x 2)     (2)

 3.2    DATARESPONS

        Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

        COSATU WIL SUIKERBELASTING UITSTEL TOT WERK VERSEKER IS

        Die vakbondfederasie, Cosatu, het ŉ beroep gedoen op ŉ vertraging in die
        implementering van belasting op suikerversoete drankies, omdat ŉ
        omvattende oorgangs- en werksplan eers ontwikkel moet word. Alhoewel
        Cosatu saamgestem het dat diabetes en vetsug bydra tot ŉ nasionale
        gesondheidskrisis, is hulle besorg oor die werksverlies wat sal plaasvind
        a.g.v. die belasting wat daarop gemik is om die verbruik van suikerdrankies
        te verminder.

        "Vetsug, diabetes en baie ander siektes veroorsaak deur die oormatige
        verbruik van suiker het ŉ vreeslike en dodelike uitwerking op
        werkersklasgesinne. Ons status as die vetsugtigste nasie in Afrika som die
        krisis op.”

                                                   [Bron: Business Live, Linda Ensor 2017]

        3.2.1   Identifiseer TWEE negatiewe uitwerkings van suikerverbruik uit
                bostaande uittreksel.                                      (2 x 1)           (2)

        3.2.2   Watter vakbond verteenwoordig werkers in bostaande uittreksel?               (2)

        3.2.3   Volgens die uittreksel, wat is die doel van suikerbelasting?                 (2)

        3.2.4   Wat sal die uitwerking van die suikerbelasting op die ekonomie
                wees?                                                       (2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2017)                   EKONOMIE V2                                              9

 3.3    DATARESPONS

        Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

 Die seda is in Desember 2004 gestig as ŉ agentskap onder die Departement van Handel
 en Nywerheid. Die stigting is gedoen deur drie organisasies te verenig, naamlik die Ntsika
 Enterprise Promotion Agency, die Nasionale Vervaardigingsadvies Sentrum en die
 Gemeenskaps Openbare Private Vennootskapprogram.

 Seda bied besigheidsontwikkeling en ondersteuningsdienste vir klein ondernemings deur
 sy nasionale netwerk. Seda implementeer ook programme wat gerig is op
 besigheidsontwikkeling in gebiede wat deur die regering geprioritiseer word.
                                                                         [Bron: www.thedti.gov.za]

        3.3.1    Waarvoor staan die afkorting seda?                                         (1)

        3.3.2    Watter staatsdepartement is seda deel van?                                 (1)

        3.3.3    Noem enige ander TWEE instellings wat entrepreneurskap in Suid-
                 Afrika bevorder.                                         (2 x 1)           (2)

        3.3.4    Wat is die rol van seda?                                     (1 x 2)       (2)

        3.3.5    Hoe kan entrepreneurskap deur formele onderwys aangemoedig
                 word?                                                 (2 x 2)              (4)

 3.4    Onderskei tussen substituut- en komplementêre goedere                 (2 x 4)       (8)

 3.5    Wat is die arbeidsregte in Suid-Afrika?                                (4 x 2)      (8)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

10                                    EKONOMIE V2                              (EC/NOVEMBER 2017)

 VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE & KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                          40 PUNTE – 30 MINUTE

 4.1    Beantwoord die volgende kort vrae.

        4.1.1   Noem TWEE tipes effektiwiteit.                                       (2 x 1)       (2)

        4.1.2   Wat is geleentheidskoste?                                            (1 x 2)       (2)

 4.2    DATARESPONS

        Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                 TAXISTAKING AFGEWEER, MAAR BEDREIGING BLY

 Verlede maand het taxi-eienaars en bestuurders begin met ŉ vertraging in protes teen
 toegang tot finansiering, ŉ tekort aan subsidies vir die taxi-bedryf en bedryfspermitte. Hulle
 het al Gauteng se hoofpaaie geblokkeer om hul boodskap oor te dra, wat veroorsaak dat
 vlugte    van      OR        Tambo      Internasionale       Lughawe       vertraag     word.

 Die bedryf het gedreig om die land tot stilstand te bring as sy kommer nie aangespreek
 word nie. Die Minister van Vervoer, mnr. Joe Maswanganyi, het gesê dit is ooreengekom
 om kwessies rakende die taxi-industrie aan te spreek en dat die departement van vervoer
 en Santaco komitees sal stig
                                                                  [Bron: Times Live, Ernest Mabuza 2017]

        4.2.1   Identifiseer TWEE redes, uit die uittreksel, wat gelei het tot die
                vertraging van dienste in die taxibedryf.                        (2 x 1)           (2)

        4.2.2   Tot watter sektor behoort die taxibedryf?                                          (2)

        4.2.3   Wat is ŉ staking, soos na verwys in bostaande uittreksel?                          (2)

        4.2.4   Hoe sal die taxistaking die ekonomie beïnvloed?                      (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2017)                         EKONOMIE V2                                              11

   4.3     DATARESPONS

           Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.

                                Tabel 1: Inkome Ongelykheid (Gini-koëffisiënt)
                                           Posisie van BRICS-lande

           BRICS                Gini Indeks          Wêreld-             Jaar van verslag
                                                     posisie
           Suid-Afrika              0,63               4                         2009
           Brasilië                 0,55               13                        2009
           China                    0,43               54                        2005
           Rusland                  0,40               68                        2009
           Indië                    0,33              116                        2005
                                                 [Bron: Index Mundi, World Bank data. April 2014]

         4.3.1       Watter land het die laagste inkome-ongelykheid?                                (1)

         4.3.2       Noem enige EEN van die BRICS-lande.                                            (1)

         4.3.3       Verduidelik die begrip Gini-koëffisiënt.                                       (2)

         4.3.4       Wat dui ŉ Gini-koëffisiënt van 0,63 in Suid-Afrika aan?                        (2)

         4.3.5       Wat dink jy behoort die regering te doen om inkome-ongelykheid
                     te verminder?                                            (2 x 2)               (4)

   4.4 Bespreek indirekte belasting en subsidies as metodes van
       openbaresektor inmenging.                                                         (2 x 4)    (8)

   4.5 Verduidelik waarom, volgens jou mening, sekere groepe mense in
       Suid-Afrika ekonomies gemarginaliseerd is.                     (4 x 2)                        (8)
                                                                                                    [40]

                                                                     TOTAAL AFDELING B:             80

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

12                                  EKONOMIE V2                        (EC/NOVEMBER 2017)

  AFDELING C

  Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die
  ANTWOORDEBOEK.

  Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                       PUNTE-
                     STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                     TOEKENNING
  Inleiding
    ŉ Goeie begin sal wees om die begrip of sleutelwoord wat
       in die vraag gebruik word, te definieer.
    Sluit ander sinne in om die onderwerp te ondersteun.
    Moenie enige gedeelte van die vraag in jou inleiding insluit
                                                                       Maks. 2
       nie.
    Moenie enige gedeelte van die inleiding in jou inhoud
       herhaal nie.
    Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die inhoud gaan
       bespreek.
  Inhoud
  Hoofgedeelte:
         Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/              Maks. 26
          Ondersoek/Bespreek krities /Ontleed/Vergelyk/
          Evalueer/Onderskei/Verduidelik / Assesseer/Debatteer

  Addisionele gedeelte:
          Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
           krities/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die          Maks. 10
           gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe
           grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/
           Interpreteer/Debatteer kortliks
  Slot
  Enige toepaslike hoër-orde slot wat die volgende behoort in te
  sluit:
   ŉ Kort opsomming van wat bespreek/ontleed is sonder die
       herhaling van enige feite wat reeds in die inhoud genome
       is.                                                             Maks. 2
   ŉ Mening of waardeoordeel oor die feite wat bespreekte is
   Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/
       ontleding versterk
   ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien vereis
   Aanbevelings
                                                           TOTAAL:       40

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2017)                   EKONOMIE V2                                      13

  VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                   40 PUNTE – 40 MINUTE

  Markmislukking vind plaas wanneer die mark misluk om goedere en dienste te
  verskaf, of te veel of te min verskaf. Dit is die hoofrede waarom regerings in
  markte inmeng.

       Bespreek in detail, met behulp van grafieke, die volgende metodes van
        regeringsinmenging:

         Maksimum pryse
         Minimum pryse                                                              (26)

       Wat is die argumente ten gunste van minimum lone?                            (10)
                                                                                     [40]

  VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                        40 PUNTE – 40 MINUTE

  Die skepping van werksgeleenthede is een van die makro-ekonomiese doelwitte
  van die regering.

      Bespreek, in detail, die verskeie soorte werkloosheid.                        (26)

      Watter strategieë het die Suid-Afrikaanse regering geïmplementeer om die
       kwessie rondom werkloosheid aan te spreek?                                    (10)
                                                                                     [40]

                                                           TOTAAL AFDELING C:          40
                                                               GROOTTOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMICS P1 GR10 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2017-national-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/39929933-f231-4d31-8c37-17bb8f7c9306) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GR10 NOV 2017](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2017-national-november-exam-question-paper-paper-2/2b10a3d3-9fea-4ed9-aa55-b71c5af7564e) — Economics · QP · 2017
- [ECONOMICS P1 MEMO GR10 NOV2017](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2017-national-november-exam-memorandum-paper-1/e6207611-bbc1-4e76-82f0-b8f2bbefb70a) — Economics · Memo · 2017
- [EKONOMIE V2 Vraestel GR10 NOV 2017](https://www.hlayiso.com/library/ekonomie-v2-vraestel-gr10-nov-2017/68c5eff1-3ae1-4c14-b717-c240490cf660) — Economics · QP · 2017
- [Gr10 ECN P1 (English) June 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-english-june-2017-question-paper/77dd4edd-b219-41cb-a904-24bb83d51a4c) — Economics · QP · 2017 · Eng
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2017-question-paper/209c6d0c-2dc8-416c-9d4b-54e2ed5233cd) — Economics · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Grade 10 Economics P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/aa451ed3-608a-4b51-901a-d63eec037da7) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 Economics P1 (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-english-june-2024-possible-answers/c23085d5-738d-46b4-b878-072af26bc958) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-possible-answers/6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
