# Geography Grade 10 P1 National November 2018 QP (Afr)

> Grade 10 Geography Paper 1 question paper from the National November Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-10-geography-2018-national-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/eec1fa0f-8d72-4d44-8043-f651f1cd0ac4
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Geography
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: National November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/geography) › [Geography Grade 10 P1 National November 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-geography-2018-national-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/eec1fa0f-8d72-4d44-8043-f651f1cd0ac4)

## About this document

Geography · Grade 10 · National November Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [GEOGRAPHY P1 GR10 ANNEX NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-geography-2018-national-november-exam-addendum-paper-1-afrikaans/5b1838b3-0013-472c-8f69-74e1325d7a86) — Addendum · 2018 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-geography-2018-national-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/786b8b25-98c2-482a-a23c-efc98f2a706e) — Memo · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 10

                            NOVEMBER 2018

                             GEOGRAFIE V1

PUNTE:     225

TYD:       3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en ŉ addendum van 12 bladsye.

### Page 2

2                                   GEOGRAFIE V1                        (EC/NOVEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.

 2.    Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk.

 3.    Alle diagramme is in die ADDENDUM ingesluit.

 4.    Los ŉ lyn oop tussen onderafdelings van vrae wat beantwoord word.

 5.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 6.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel in hierdie
       vraestel.

 7.    Nommer die antwoorde in die middel van die lyn.

 8.    Moenie in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf nie.

 9.    Teken volledige diagramme waar daar gevra word om dit te doen.

 10.   Beantwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of lys.

 11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2018)                          GEOGRAFIE V1                                      3

 AFDELING A: DIE ATMOSFEER EN GEOMORFOLOGIE

 Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. As jy EEN vraag in
 AFDELING A beantwoord, MOET jy TWEE vrae in AFDELING B beantwoord.

 VRAAG 1

 1.1     Bestudeer die volgende weerstasiemodel van Butterworth, FIGUUR 1.1 en
         beantwoord die onderstaande vrae.

                                          FIGUUR 1.1

         Gebruik die weerstasiemodel om die aanbiedingsteks vir die program vir
         televisieweer-aanbieders te skryf. In jou teks noem die volgende weer-
         eienskappe:

         1.1.1       Doupunttemperatuur

         1.1.2       Lugtemperatuur

         1.1.3       Wolkdekking

         1.1.4       Windrigting

         1.1.5       Windspoed in knope

         1.1.6       Neerslag

         1.1.7       Is die temperatuur versadig of onversadig met waterdamp?
                                                                                (7 x 1) (7)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

4                                      GEOGRAFIE V1                            (EC/NOVEMBER 2018)

 1.2     Pas die terme in KOLOM B by die beskrywings in KOLOM A. Skryf slegs
         die korrekte letter (A–I) langs die ooreenstemmende vraagnommer
         (1.2.1–1.2.8) in jou ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.8 K.

                             KOLOM A                              KOLOM B
         1.2.1       Die studie van die Aarde se fisiese   A   Sedimente
                     kenmerke en die prosesse wat
                     hulle gevorm het

         1.2.2       Groot krake wat ontstaan as gevolg    B   Kors
                     van deurlopende spanning en
                     drukkragte

         1.2.3       Soliede buitenste laag van die        C   Fossiel
                     Aarde, 5–70 km dik

         1.2.4       Stukke rots, klei en ander stowwe     D   Geomorfologie
                     uit geërodeerde rotse wat op die
                     bodem van 'n meer of see ophoop

         1.2.5       Die oorblyfsels van dooie plante of   E   Verskuiwing
                     diere wat in rots bewaar is

         1.2.6       ŉ Buiging van rotse in plooie as      F   Mantel
                     gevolg van sterk kompressiekragte
                     van binne

         1.2.7       Die laag gesmelte materiaal           G   Kwartsiet
                     rondom die Aarde se kern

         1.2.8       ŉ Metamorfiese gesteente wat uit      H   Plooiing
                     sandsteen gevorm word, wat veral
                     bestand teen erosie is

                                                           I   Batoliet
                                                                                  (8 x 1) (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2018)                            GEOGRAFIE V1                                    5

 1.3     Verwys na FIGUUR 1.3 wat osoon-uitputting aantoon.

         1.3.1       Definieer die term osoon-uitputting.                        (1 x 1)    (1)

         1.3.2       In watter laag van die atmosfeer is osoon gekonsentreerd? (1 x 1)      (1)

         1.3.3       Waarvoor staan die akroniem CFC?                            (1 x 1)    (1)

         1.3.4       Identifiseer DRIE oorsake van osoon-uitputting in FIGUUR 1.3.
                                                                                (3 x 1)     (3)

         1.3.5       Beskryf EEN manier hoe die uitputting van die osoonlaag mense
                     sal affekteer.                                            (1 x 2)      (2)

         1.3.6       In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek volhoubare
                     strategieë (maniere) om osoon-uitputting te verminder. (4 x 2)         (8)

 1.4     Verwys na FIGUUR 1.4, wat ŉ wolktipe illustreer.

         1.4.1       Benoem A en B op die diagram as onderskeidelik warm lug en koue
                     lug.                                                     (2 x 1)       (2)

         1.4.1       Identifiseer die tipe wolk in FIGUUR 1.4.                   (1 x 1)    (1)

         1.4.3       (a)   Word hierdie wolktipe met sneeu of weerlig geassosieer?
                                                                                (1 x 1)     (1)

                     (b)   Regverdig jou antwoord in VRAAG 1.4.3(a) deur TWEE redes
                           te verskaf.                                       (2 x 2)        (4)

         1.4.4       Donderstorm is ŉ ander vorm van neerslag. Bespreek EEN
                     positiewe en TWEE negatiewe impakte van donderstorms op mense
                     en die omgewing.                                        (3 x 2)        (6)

 1.5     Lees die uittreksel oor aardbewings in FIGUUR 1.5, noukeurig deur.

         1.5.1       Verskaf ŉ geomorfologiese term vir die volgende:

                     (a)   Die vibrasie in die aardkors as gevolg van skielike
                           bewegings van die kors langs ŉ verskuiwing.

                     (b)   Die punt op die aardoppervlakte onmiddellik bo die fokus van
                           ’n aardbewing.                                        (2 x 1)    (2)

         1.5.2       Gee die grootte van hierdie aardbewing en die aantal mense wat
                     gesterf het.                                            (2 x 1)        (2)

         1.5.3       Watter instrument word gebruik om die grootte van ŉ aardbewing te
                     meet?                                                     (1 x 1)      (1)

         1.5.4       Verduidelik waarom die meeste aardbewings langs plaatgrense
                     voorkom.                                             (1 x 2)           (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

6                                       GEOGRAFIE V1                            (EC/NOVEMBER 2018)

         1.5.5       Beskryf kortliks die negatiewe resultate of skade wat deur die
                     aardbewing in Kashmir, veroorsaak is.                   (2 x 2)              (4)

         1.5.6       Bespreek waarom minder ontwikkelde lande nie in staat is om
                     aardbewings te hanteer as meer ontwikkelde lande nie. (2 x 2)                (4)

 1.6     Verwys na FIGUUR 1.6 wat die struktuur van die aarde aantoon.

         1.6.1       Noem die lae wat X, Y en Z genommer is.                           (3 x 1)    (3)

         1.6.2       Kopieer die tabel hieronder en vul die volgende dikte in vir elke laag
                     om dit te voltooi. 1 200 km, 5 tot 90 km en 1 200 km.

                                  LAAG        DIKTE

                                  X

                                  Y

                                  Z

                                                                                       (3 x 1)    (3)

         1.6.3       Is daar ŉ vermindering of vermeerdering van temperatuur soos jy
                     vanaf laag Y na laag Z beweeg?                           (1 x 1)             (1)

         1.6.4       Laag Z bestaan uit TWEE lae. Noem hierdie TWEE lae.               (2 x 1)    (2)

         1.6.5       Verduidelik hoe laag X vulkaniese aktiwiteit tot gevolg het.      (1 x 2)    (2)

         1.6.6       Beskryf TWEE maniere waarop die laag gemerk Z belangrik vir die
                     mens is.                                                (2 x 2)              (4)
                                                                                                 [75]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2018)                             GEOGRAFIE V1                                 7

 VRAAG 2

 2.1     Verskeie opsies word as antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
         korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (2.1.1–2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.9 D.

         2.1.1       Watter van die volgende is nie ŉ kweekhuisgas nie?

                     A      Metaan
                     B      CFK
                     C      Koolstofdioksied
                     D      Suurstof

         2.1.2       Inkomende son-radiasie word, … genoem.

                     A      konveksie
                     B      insolasie
                     C      refleksie
                     D      geleiding

         2.1.3       Die warm seestroom wat langs die ooskus van Suid-Afrika
                     aangetref word, is die … -seestroom.

                     A      Indiese
                     B      Benguela
                     C      Mosambiek
                     D      Kuroshio

         2.1.4       Wolke van groot vertikale uitbreiding is ... -wolke.

                     A      cumulo-stratus
                     B      cumulo-nimbus
                     C      cirrus
                     D      strato-cumulus

         2.1.5       Lyne wat plekke met dieselfde druk verbind.

                     A      Isoterme
                     B      Isobare
                     C      Lengtelyne
                     D      Breedtelyne

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

8                                      GEOGRAFIE V1                            (EC/NOVEMBER 2018)

         2.1.6       Die lag in die atmosfeer waar daar ŉ inversie van temperatuur
                     verhoging voorkom, is die …

                     A     troposfeer en termosfeer.
                     B     mesosfeer en stratosfeer.
                     C     stratosfeer en termosfeer.
                     D     troposfeer en mesosfeer.

         2.1.7       Konveksiereën is die tipe reënval wat oor die algemeen in die …
                     provinsie, in die somer voorkom.

                     A     Vrystaat
                     B     Wes-Kaap
                     C     Oos-Kaap
                     D     Gauteng

         2.1.8       Waterstof is vog in die atmosfeer, is sy … vorm (toestand).

                     A     vloeibare
                     B     gas
                     C     soliede
                     D     kondensasie                                             (8 x 1) (8)

 2.2     Verwys na FIGUUR 2.2 wat verskeie stollingsintrusies aantoon.

         2.2.1       Noem die stollingsintrusies wat deur die letters A, B, C en D as ŉ
                     gang, plaat, batoliet en lakkoliet aangetoon word.                     (4)

         2.2.2       Noem die proses wat verantwoordelik is vir die blootstelling van
                     intrusiewe stollingsverskynsels op die aardoppervlakte.                (1)

         2.2.3       Watter letter stel ŉ vulkaniese pyp voor?                              (1)

         2.2.4       Noem EEN intrusiewe stollingsverskynsel wat met graniet
                     geassosieer word.                                                      (1)

 2.3     Verwys na FIGUUR 2.3 wat ŉ reënvaltipe illustreer.

         2.3.1       Is die reënval wat deur FIGUUR 2.3 voorgestel word, konveksie
                     reënval of frontale reënval?                           (1 x 1) (1)

         2.3.2       Verskaf die naam van die grens tussen warm lug en koue lug.
                                                                               (1 x 1)      (1)

         2.3.3       Identifiseer warm lug en koue lug in FIGUUR 2.3 as dalende of
                     stygende lug onderskeidelik.                               (2 x 1) (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2018)                            GEOGRAFIE V1                                        9

         2.3.4       (a)   Sal wolke by X of Y heelwaarskynlik vorm?                 (1 x 1) (1)

                     (b)   Regverdig jou antwoord in VRAAG 2.3.4 (a) deur EEN bewys
                           te verskaf.                                        (1 x 2) (2)

         2.3.5       In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek die positiewe en
                     negatiewe impak van die reënvaltipe genoem in VRAAG 2.3.1 in
                     die Wes-Kaap provinsie.                                    (4 x 2)        (8)

 2.4     Lees die gevallestudie in FIGUUR 2.4 noukeurig deur, wat handel oor die
         droogte in Ethiopië as gevolg van klimaatsverandering.

         2.4.1       Definieer die term droogte.                                     (1 x 1) (1)

         2.4.2       Noem TWEE menslike oorsake van droogtes uit die gevallestudie.
                                                                              (2 x 1) (2)

         2.4.3       Verskaf TWEE gevolge van die droogte op die mense van Ethiopië.
                                                                            (2 x 2)            (4)

         2.4.4       Droogte is ŉ bedreiging vir die omgewing. Bespreek TWEE bewyse
                     uit die gevallestudie om hierdie stelling te ondersteun. (2 x 2) (4)

         2.4.5       Beskryf TWEE volhoubare strategieë wat in plek gestel kan word om
                     droogte te bestuur.                                        (2 x 2) (4)

 2.5     Bestudeer die uittreksel in FIGUUR 2.5 oor ŉ tsoenami.

         2.5.1       Onderskei tussen ŉ tsoenami en ŉ aardbewing.                    (2 x 1) (2)

         2.5.2       Noem TWEE lande, buiten Suid-Afrika, wat deur hierdie tsoenami
                     geraak is.                                               (2 x 1) (2)

         2.5.3       Gee die totale getal mense wat in Suid-Afrika gesterf het.      (1 x 1) (1)

         2.5.4       Verduidelik hoekom Suid-Afrika minder sterftes gehad het in
                     vergelyking met ander lande wat deur hierdie tsoenami geraak is.
                                                                                 (1 x 2)       (2)

         2.5.5       Bespreek die belangrikste gevare (bedreigings) vir die oorlewendes
                     van die tsoenami in Sumatra.                                 (2 x 2) (4)

         2.5.6       Stel TWEE metodes voor wat in hierdie lande gebruik kan word om
                     die impak van ŉ tsoenami te verminder.                    (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

10                                    GEOGRAFIE V1                          (EC/NOVEMBER 2018)

 2.6     Verwys na FIGUUR 2.6, wat Laurasië en Gondwanaland 200 miljoen jaar
         gelede illustreer.

         2.6.1       Al die vastelande en aangrensende watermassas word in tektoniese
                     plate verdeel. Wat is ŉ plaattektoniek?                   (1 x 1)      (1)

         2.6.2       Watter teorie word in FIGUUR 2.6 geïllustreer?             (1 x 1)     (1)

         2.6.3       Watter vasteland in Gondwanaland is deel van beide die suidelike
                     en noordelike halfrond?                                  (1 x 1)       (1)

         2.6.4       (a)   Noem TWEE kontinente wat Laurasië gevorm het.        (2 x 1)     (2)

                     (b)   Noem DRIE kontinente wat Gondwanaland gevorm het.
                                                                           (3 x 1)          (3)

         2.6.5       Wat was die naam van die enkele vasteland wat voor Laurasië en
                     Gondwanaland bestaan het?                               (1 x 1)        (1)

         2.6.6       Verskaf DRIE bewyse wat daarop dui dat kontinente voorheen almal
                     ŉ enkele landmassa was.                                   (3 x 2)     (6)
                                                                                          [75]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2018)                           GEOGRAFIE V1                                         11

AFDELING B: BEVOLKING EN WATERHULPBRONNE
Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. As jy EEN vraag in AFDELING B
beantwoord, MOET jy TWEE vrae in AFDELING A beantwoord.
VRAAG 3
3.1 Kies die korrekte woord(e) tussen hakies om die stelling waar te maak. Skryf SLEGS
    die woord(e) langs die vraagnommer (3.1.1–3.1.7) in jou ANTWOORDEBOEK neer.
    3.1.1     (Waterverspreiding / Reënvalverspreiding) is die verspreiding van reënval oor
              ŉ gebied.
    3.1.2     Die proses waar vloeistof in ys verander, is (vries / smelt).
    3.1.3     (Ontsouting / Sublimasie) is die proses om soutwater na vars water te
              verander.

    3.1.4     Die proses van wateropname deur plante, die oordrag van die water deur die
              plant en vrystelling na die atmosfeer is (transpirasie / verdamping).

    3.1.5     (Infiltrasie / Afloop) is die proses waar water in die grond insypel.

    3.1.6     Die meeste neerslag gebeur oor die (riviere / oseane).

    3.1.7     (Mariene-besoedeling / Grondbesoedeling) is die besoedeling van die
              oseane.                                                             (7 x 1)               (7)

3.2 Pas die term / konsep in KOLOM A by die korrekte toepaslike beskrywings in
    KOLOM B. Skryf slegs die korrekte letter (A–I) langs die ooreenstemmende nommer
    in jou ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.2.9 K.

                KOLOM A                                       KOLOM B
     3.2.1     Geboortekoers              A     Die manier waarop mense oor ŉ gebied
                                                versprei word
     3.2.2     Bevolkingsdigtheid         B     Die aantal sterftes per 1 000 van die
                                                bevolking per jaar
     3.2.3     Sterftekoers               C     Aantal kinders wat sterf voordat hulle
                                                ouderdom 5 bereik
     3.2.4     Lewensverwagting           D     Die aantal babas gebore per 1 000 van die
                                                bevolking per jaar
     3.2.5     Kindersterftesyfer         E     Die aantal mense per vierkante km
     3.2.6     Groeikoers                 F     ŉ Persoon wat na 'n vreemde land beweeg
     3.2.7     Bevolkingsverspreiding G         Bereken deur die verskil tussen
                                                geboortesyfer en sterftesyfer te bepaal

     3.2.8     Vrugbaarheidskoers         H     Gemiddelde aantal jare wat 'n mens kan
                                                verwag om te lewe
                                          I     Gemiddelde aantal kinders per vrou
                                                                                         (8 x 1)        (8)

 Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

12                                     GEOGRAFIE V1                            (EC/NOVEMBER 2018)

 3.3     Bestudeer die artikel in FIGUUR 3.3 oor die bevolking van Suid-Afrika.

         3.3.1       Definieer die term bevolking.                              (1 x 1)     (1)

         3.3.2       Wat was Suid-Afrika se bevolking in 2001 en 2015
                     onderskeidelik?                                            (2 x 1)     (2)

         3.3.3       Noem die provinsie met die laagste bevolking en die aantal mense
                     wat in hierdie provinsie woon.                             (2 x 1)     (2)

         3.3.4       Lewer kommentaar op die neiging van 2001 tot 2016 in die artikel
                     aangaande die bevolking van Suid-Afrika.                 (1 x 2)       (2)

         3.3.5       Bespreek TWEE negatiewe impakte wat die verhoogde
                     bevolkingsgroei op natuurlike hulpbronne van die land getoon het.
                                                                               (2 x 2)      (4)

         3.3.6       Stel enige TWEE strategieë voor wat ingestel kan word om
                     bevolkingsgroei in Suid-Afrika te bestuur.         (2 x 2)             (4)

 3.4     Verwys na FIGUUR 3.4 wat die MIV/Vigs infeksiekoers per provinsie
         illustreer.

         3.4.1       Skryf die akroniem Vigs volledig uit.                      (1 x 1)     (1)

         3.4.2       Noem TWEE simptome wat ervaar kan word deur mense wat
                     MIV/Vigs opgedoen het.                              (2 x 1)            (2)

         3.4.3       Lys provinsies met die hoogste en laagste infeksiekoers
                     onderskeidelik.                                  (2 x 1)               (2)

         3.4.4       Suid-Afrika is een van die lande met die hoogste MIV/Vigs
                     infeksiekoers. Verduidelik EEN faktor wat tot hoë infeksiekoers in
                     ŉ land soos Suid-Afrika bydra.                             (1 x 2)     (2)

         3.4.5       Stel TWEE maniere voor waarop MIV van een persoon na ŉ ander
                     oorgedra word.                                       (2 x 2)           (4)

         3.4.6       Stel die beste strategieë voor om die vernedering (skaamte) te
                     verminder wat mense met MIV/Vigs ervaar.                (2 x 2)        (4)

 3.5     Bestudeer FIGUUR 3.5 noukeurig, wat inter-bekkenverplasing van water
         illustreer.

         3.5.1       Verduidelik wat met waterverplasing bedoel word.             (1 x 1)   (1)

         3.5.2       Noem EEN munisipaliteit en die provinsie wat by hierdie
                     waterverplasing baat.                                        (2 x 1)   (2)

         3.5.3       Gee TWEE aktiwiteite waarvoor water in hierdie munisipaliteite
                     gebruik word.                                         (2 x 1) (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2018)                            GEOGRAFIE V1                                     13

         3.5.4       Verduidelik hoe water vanaf die Groot Vis-rivierkom na die Sondags
                     rivierkom oorgedra word.                                    (2 x 2)     (4)

         3.5.5       Daar is ŉ toename in vraag na water in Suid-Afrika, maar die
                     verskaffing van bruikbare water neem af.
                     Bespreek DRIE menslike en fisiese faktore wat die beskikbaarheid
                     van water in Suid-Afrika beïnvloed.                      (3 x 2)        (6)

 3.6     Verwys na FIGUUR 3.6 en beantwoord die vrae wat volg.

         3.6.1       Gee die geskikte term wat elektrisiteit wat uit water gegenereer
                     word, beskryf.                                           (1 x 1)        (1)

         3.6.2       Is water ŉ hernubare of nie-hernubare hulpbron?              (1 x 1)    (1)

         3.6.3       Waaarvoor word water in FIGUUR 3.6 gebruik?                 (1 x 1)     (1)

         3.6.4       Verskaf TWEE ander voorbeelde van hoe landelike gemeenskappe
                     hul waterhulpbronne gebruik, uitgesonderd die een wat in
                     FIGUUR 3.6 geïllustreer word.                            (2 x 1)        (2)

         3.6.5       Verduidelik kortliks hoe grondwater tot die beskikbaarheid van
                     water in Suid-Afrika bydra.                              (1 x 2)        (2)

         3.6.6       In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel voor hoe individue
                     volhoubaar water in die huis, in die tuin en in die gemeenskap, kan
                     bespaar.                                                     (4 x 2)    (8)
                                                                                            [75]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

14                                     GEOGRAFIE V1                             (EC/NOVEMBER 2018)

 VRAAG 4

 4.1     Kies die korrekte antwoord uit die lys hieronder wat met die stellings
         (4.1.1–4.1.7) ooreenstem. Skryf slegs die korrekte woord langs elke
         vraagnommer neer. byvoorbeeld 4.1.8 piramide.

              Immigrasie; emigrasie; vrywillige migrasie; stootfaktor; trekfaktor,
                                  vlugtelinge; xenofobie

         4.1.1       Dit moedig mense aan om uit ŉ van spesifieke gebied te beweeg.

         4.1.2       Die vrywillige beweging van mense vanaf een plek na ŉ ander.

         4.1.3       Wanneer mense na ŉ nuwe land beweeg.

         4.1.4       Mense verlaat hul huise en vlug na 'n ander land uit vrees vir hul
                     lewens.

         4.1.5       Onredelike vrees, wantroue en haat teenoor buitelanders.

         4.1.6       Wanneer mense uit 'n land beweeg.

         4.1.7       Dit lok mense na ŉ gebied.                                  (7 x 1)     (7)

 4.2     Beskryf die hidrologiese siklus deur die korrekte woord(e) tussen hakies in
         die volgende paragraaf te kies. Skryf die vraagnommer (4.2.1–4.2.8) en die
         korrekte woord langsaan.

         Die meeste water verdamp uit 4.2.1 (oseane / riviere) om vogtige lug te
         vorm. Vogtige lug word landwaarts gedruk, vanaf ŉ 4.2.2 (hoë druk / lae
         druk) oor die see na ŉ 4.2.3 (hoë druk / lae druk) oor die land. Wanneer die
         4.2.4 (droë / klam) lug opwaarts gedwing word, kondenseer dit en
         4.2.5 (wolke / afloop) sal vorm. 4.2.6 (Neerslag / Perkolasie) vind plaas en
         die water beland op die aardoppervlak. Water dreineer in riviere en dit word
         4.2.7 (oppervlakafloop / basisvloei) genoem. Soos die water infiltreer, sal
         die watertafel 4.2.8 (styg / daal). (8 x 1)                                         (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/NOVEMBER 2018)                               GEOGRAFIE V1                                  15

 4.3     Lees die gevallestudie in FIGUUR 4.3 noukeurig voordat jy die vrae wat
         volg beantwoord.

         4.3.1       Gee die geografiese term wat die beweging van die Tsitsa-familie,
                     van die een plek na die ander, die beste beskryf.         (1 x 1)       (1)

         4.3.2       Kies die korrekte woord in verhouding tot die Tsitsa-familie se
                     hervestiging van Suid-Afrika na Engeland.

                     (a)   Streek / Internasionaal

                     (b)   Vrywillige / Gedwonge

                     (c)   Permanent / Tydelik                                    (3 x 1)    (3)

         4.3.3       Verduidelik waarom die Tsitsa-familie uit Suid-Afrika verhuis het.
                                                                                (1 x 1)      (1)

         4.3.4       Bespreek TWEE trekfaktore wat die Tsitsa-familie na Engeland
                     aangetrek het.                                        (2 x 2)           (4)

         4.3.5       Stel DRIE negatiewe impakte voor op die Tsitsa’s se plek van
                     herkoms (Suid-Afrika) as gevolg van vrywillige migrasie. (3 x 2)        (6)

 4.4     Lees die gevallestudie in FIGUUR 4.4 noukeurig deur voor jy die vrae wat
         volg, beantwoord.

         4.4.1       Definieer die demografiese oorgangsmodel.                    (1 x 1)    (1)

         4.4.2       Identifiseer die stadium waar die geboortesyfer hoog is en
                     sterftesyfers vinnig daal.                           (1 x 1)            (1)

         4.4.3       Dui die stadium aan waar beide die sterftesyfer en geboortesyfer
                     laag is.                                                  (1 x 1)       (1)

         4.4.4       Vergelyk die vlak van geboortesyfer en vlak van sterftesyfer in
                     stadium 1.                                                   (1 x 2)    (2)

         4.4.5       In stadium 2 begin die sterftesyfer vinnig daal. Stel TWEE redes
                     voor om te motiveer waarom dit die geval is.              (2 x 2)       (4)

         4.4.6       In stadium 3 begin die geboortesyfervlakke te normaliseer namate
                     die bevolkingsgroeikoers daal. Bespreek DRIE faktore wat
                     geboortesyfers beïnvloed.                                  (3 x 2)      (6)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

16                                     GEOGRAFIE V1                           (EC/NOVEMBER 2018)

 4.5     Bestudeer FIGUUR 4.5 sorgvuldig.

         4.5.1       Definieer die term oorbevissing.                           (1 x 1)     (1)

         4.5.2       Gee TWEE redes wat oorbevissing veroorsaak.                (2 x 1)     (2)

         4.5.3       Verskaf TWEE negatiewe gevolge van oorbevissing op mense en
                     die omgewing.                                        (2 x 2)           (4)

         4.5.4       ‘Die oseane is een van ons grootste hulpbronne vir die lewe.’
                     In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek die belangrikheid
                     van oseane in mense se lewens.                              (4 x 2)    (8)

 4.6     Lees die uittreksel in FIGUUR 4.6 noukeurig voordat jy die vrae wat volg,
         beantwoord.

         4.6.1       Noem die land wat deur oorstromings in die uittreksel, geraak word.
                                                                                 (1 x 1)    (1)

         4.6.2       Watter land is versoek om die geaffekteerde land te help? (1 x 1)      (1)

         4.6.3       Noem die organisasie wat na die oorstroomde gebied ontplooi is om
                     hulp aan mense te bied.                                  (1 x 1)       (1)

         4.6.4       Verduidelik hoekom daar na die huise wat in FIGUUR 4.6
                     geïllustreer word, as ‘informeel’ verwys word.   (1 x 2)               (2)

         4.6.5       Verskaf TWEE voorbeelde van swak infrastruktuur wat gelei het tot
                     ontoeganklikheid in die gebied wat deur oorstromings geraak word.
                                                                               (2 x 2)      (4)

         4.6.6       Stel DRIE strategieë voor om die impak van oorstromings in die
                     informele nedersetting te verminder.                   (3 x 2)         (6)
                                                                                           [75]

                                                                    GROOTTOTAAL:           225

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

## Related documents

- [GEOGRAPHY P2 GR10 QP NOV 2018 AFR](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-geography-2018-national-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/1876bc51-45e4-46f6-b7b7-1616b9646797) — Geography · QP · 2018 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR10 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr10-qp-nov2018-afrikaans/54e2ee45-d729-4f25-9317-d95f6fe505c3) — Geography · QP · 2018 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR10 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-geography-2017-national-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/3f1160c6-acbd-40b0-a189-974c662d4eb5) — Geography · QP · 2017 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR10 MEMO NOV 2018 AFR](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-geography-2018-national-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/c3241048-76b3-44ff-8fd5-5f13042a0487) — Geography · Memo · 2018 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR10 ANNEX NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr10-annex-nov2018-afrikaans/f70cc58f-d42e-4ef3-90be-7f23a24f44ea) — Geography · Addendum · 2018 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr10-memo-nov2018-afrikaans/1601f63c-88ae-4560-b21f-799af5e2c719) — Geography · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 10 Geography

- [Gr10-Geografie-OG-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-geografie-og-studyguide-lr/2ab1d1d1-d663-402d-95b1-0d6300b5f44b) — Guide
- [Gr 10 Geo ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-geo-atp-2023-24/3c6b7f67-534b-4a7c-9268-0464a4b829f8) — ATP
- [FS Geography Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-geography-grade-10-march-2025-qp-and-memo/1140962c-f861-493f-a8fc-7fc29994a5e2) — QP + Memo · 2025
- [LP Geography Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-geography-grade-10-june-2025-p1-and-memo/a1991f99-db75-463a-8559-ab3f8f66bd67) — QP + Memo · 2025
- [EC Geography Grade 10 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-geography-grade-10-june-2024-qp-and-memo/75f06c3e-9c6b-48f3-bcc2-4be18c48492e) — QP + Memo · 2024
- [GEO P1 Gr10 ANNEX NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geo-p1-gr10-annex-nov2020-afrikaans/a0a28adf-d617-40ab-b33c-7ec1bfbeee78) — Addendum · 2020 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
