# History Grade 10 National November 2019 Question Paper (Afr)

> Grade 10 History question paper from the National November Exam 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-10-history-2019-national-november-exam-question-paper/73752d4f-dd03-4c28-808c-63c1c2bdb27b
- Updated: 2026-09-28
- Subject: History
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: National November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/history) › [History Grade 10 National November 2019 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-history-2019-national-november-exam-question-paper/73752d4f-dd03-4c28-808c-63c1c2bdb27b)

## About this document

History · Grade 10 · National November Exam · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 10

                           NOVEMBER 2019

                             GESKIEDENIS

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                                   *XHISA1*

         Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ŉ addendum van 10 bladsye.

### Page 2

2                                  GESKIEDENIS                            (EC/NOVEMBER 2019)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die voorgeskrewe
     inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is: DRIE brongebaseerde vrae
     onder AFDELING A en DRIE opstelvrae onder AFDELING B.

     AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

     VRAAG 1: TRANSFORMASIE IN SUIDER-AFRIKA NA 1750

     VRAAG 2: KOLONIALE UITBREIDING NA 1750

     VRAAG 3: DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN DIE UNIE

     AFDELING B: OPSTELVRAE

     VRAAG 4: TRANSFORMASIE IN SUIDER-AFRIKA NA 1750 – DIE OPKOMS
              VAN DIE BASOETO KONINKRYK ONDER KONING MOSHOESHOE

     VRAAG 5: KOLONIALE UITBREIDING NA 1750 – SAMEWERKING EN
              KONFLIK OP DIE HOËVELD

     VRAAG 6: DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN DIE UNIE – WET OP
              NATURELLE GROND VAN 1913

2.   AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig
     word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word.

3.   AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.   Beantwoord DRIE vrae soos volg:

     4.1     Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
             moet ŉ opstelvraag wees.

     4.2     Die DERDE vraag kan όf ŉ brongebaseerde vraag όf ŉ opstelvraag wees.

5.   In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig gebruik.

6.   Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

7.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
     gebruik is.

8.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2019)                        GESKIEDENIS                                           3

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

 Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling nie.
 Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM
 gevind word.

 VRAAG 1:       WAAROM WAS DIE ZOELOES ONDER SHAKA AS DIE MEES
                VREESAANJAENDE KRYGERS IN AFRIKA BESKOU?

 Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

 1.1 Gebruik Bron 1A.

       1.1.1    Verskaf TWEE bewyse uit die bron wat daarop dui dat Shaka nie die
                oorerflike opvolger was nie.                                    (2 x 1)          (2)

       1.1.2    Wie het Senzangakhona as die leier van die Zoeloes opgevolg?          (1 x 1)    (1)

       1.1.3    Wat was die eerste ding, volgens die bron, wat Shaka gedoen het nadat
                hy die leier van die Zoeloes geword het?                         (2 x 1)         (2)

       1.1.4    Identifiseer ŉ tradisionele wapen wat Shaka vir sy regimente of leër
                ingestel het.                                                       (1 x 1)      (1)

       1.1.5    Verduidelik waarom daar na Shaka as ŉ uitgeworpene verwys is.
                                                                                      (1 x 2)    (2)

       1.1.6    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
                waarom Shaka die kortsteek-assegaai ingebring het.                    (1 x 2)    (2)

       1.1.7    Lewer kommentaar oor hoe Shaka se diplomatieke vaardighede hom ŉ
                magtige Zoeloe-leier gemaak het.                             (1 x 2)             (2)

 1.2 Lees Bron 1B.

       1.2.1    Noem die DRIE belangrikste militêre taktieke wat Shaka tydens sy
                veldslae gebruik het.                                            (3 x 1)         (3)

       1.2.2    Verduidelik wat Shaka met sy oorlogskreet, ‘oorwinning of dood’ bedoel
                het.                                                              (1 x 2)        (2)

       1.2.3    Hoe, volgens die bron, sal jy die volgende beskryf:

                (a)   Die manlike amabutho                                            (1 x 2)    (2)

                (b)   Die vroulike amabutho                                           (1 x 2)    (2)

       1.2.4    Lewer kommentaar op die stelling: ‘Shaka het sy magte opgebou, wat
                spoedig die terreur van die land geword het’.                  (1 x 2)           (2)

       1.2.5    Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis,
                verduidelik waarom Shaka se militêre taktieke suksesvol met die
                verowering van ander koninkryke was.                                (2 x 2)      (4)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

4                                   GESKIEDENIS                             (EC/NOVEMBER 2019)

 1.3   Gebruik Bron 1C.

       1.3.1   Verskaf TWEE aanhalings uit die bron wat daarop dui dat Shaka na
               die dood van sy moeder baie wreed geword het.                (2 x 1)         (2)

       1.3.2   Lewer kommentaar oor hoe Nandi daartoe bygedra het dat Shaka ŉ
               magtige leier geword het.                                   (1 x 2)          (2)

       1.3.3   Verduidelik wat met die stelling bedoel word: ‘Shaka het sy moeder lief
               gehad tot amper op die punt van aanbidding’.                    (1 x 2)      (2)

       1.3.4   Waarom, volgens die bron, het Shaka mense doodgemaak?            (1 x 2)     (2)

 1.4   Raadpleeg Bron 1D.

       1.4.1   Identifiseer DRIE aanvalsposisies soos in die foto uitgebeeld.   (3 x 1)     (3)

       1.4.2   Verduidelik hoe Shaka se militêre formasie daarin geslaag het om sy
               vyande te verslaan.                                            (1 x 2)       (2)

       1.4.3   Vergelyk Bron 1B met Bron 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B
               die bewyse in Bron 1D rakende Shaka se militêre strategie ondersteun.
                                                                                (2 x 2)     (4)

 1.5 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis,
     skryf ŉ paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy
     verduidelik waarom die Zoeloes onder Shaka as die mees vreesaanjaende
     krygers in Afrika beskou was.                                                          (6)
                                                                                           [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2019)                        GESKIEDENIS                                          5

 VRAAG 2:       HOE HET KOLONIALISME DIE LEWENS VAN BEIDE XHOSAS EN
                BOERE, IN DIE KAAPKOLONIE, NEGATIEF BEÏNVLOED?

 Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

 2.1   Raadpleeg Bron 2A.

       2.1.1    Waarom, volgens die bron, was Brittanje daarin geïnteresseerd om
                die beheer van Suid-Afrika oor te neem?                      (2 x 1)          (2)

       2.1.2    Definieer die term kolonialisme in jou eie woorde.                (1 x 2)     (2)

       2.1.3     Lewer kommentaar op die negatiewe impak wat kolonialisme op die
                lewens van beide die Xhosas en die Boere in die Kaapkolonie gehad
                het.                                                         (2 x 2)          (4)

       2.1.4    Gebruik die inligting in die bron en jou kennis om te verduidelik
                waarom die Boere nie van die Britse bewind gehou het nie.         (2 x 2)     (4)

 2.2   Verwys na Bron 2B.

       2.2.1    Wat, volgens die bron, het Nongqawuse aan haar familie ná haar
                ontmoeting met die man gerapporteer?                        (2 x 1)           (2)

       2.2.2    Hoe, volgens die bron, het die Xhosa opperhoof, stamhoof Sarhili op
                die voorspellings/profesieë gereageer?                      (2 x 2)           (4)

       2.2.3    Beskryf in jou eie woorde hoe hierdie profesie tot die nederlaag van
                die witman sou gelei het.                                       (1 x 2)       (2)

 2.3   Bestudeer Bron 2C.

       2.3.1    Haal TWEE frases uit die bron aan wat daarop dui dat die Xhosas se
                onafhanklikheid en vryheid van hulle ontneem was.           (2 x 1)           (2)

       2.3.2    Noem enige VIER veranderings wat die Britse goewerneur op die
                verslane Xhosa-nasie aangebring het.                       (4 x 1)            (4)

       2.3.3    Lewer kommentaar op die houding van die Britse goewerneur, Harry
                Smith rakende die toekoms van die Xhosas in Suid-Afrika.   (1 x 2)            (2)

       2.3.4     Verduidelik in jou eie woorde wat die goewerneur met die woorde
                ‘naak’ en ‘boos’ bedoel het.                                  (1 x 2)         (2)

       2.3.5    Gebruik die bron en jou eie kennis om die negatiewe rol van die Britte
                op die Xhosas te verduidelik                                  (2 x 2)         (4)

       2.3.6    Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir studente wat die
                gevolge van Britse kolonialisme op die Xhosa-nasie navors.      (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

6                                   GESKIEDENIS                             (EC/NOVEMBER 2019)

 2.4   Gebruik Bron 2D.

       2.4.1   Identifiseer die persoon wat hierdie manifes geskryf het. Gebruik die
               visuele leidraad in die foto.                                   (1 x 1)     (1)

       2.4.2   In watter koerant was hierdie manifes gepubliseer?              (1 x 1)     (1)

       2.4.3   Waarom, volgens die bron, het die Boere besluit om die Kaapkolonie
               te verlaat?                                                 (2 x 1)         (2)

       2.4.4   Watter gevolgtrekkings kan oor die Boere se houding teenoor die
               emansipasie (vrylating) van slawe gemaak word?               (1 x 2)        (2)

 2.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
     paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy verduidelik
     hoe kolonialisme die lewens van beide die Xhosas en Boere in die Kaapkolonie
     negatief beïnvloed het.                                                              (6)
                                                                                         [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2019)                       GESKIEDENIS                                         7

 VRAAG 3:       WAT WAS DIE OMSTANDIGHEDE BINNE DIE BRITSE
                KONSENTRASIEKAMPE GEDURENDE DIE SUID-AFRIKAANSE
                OORLOG?

 Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

 3.1   Lees Bron 3A.

       3.1.1    Watter rol het swartes tydens die Suid-Afrikaanse Oorlog gespeel?
                                                                             (4 x 1)        (4)

       3.1.2    Verduidelik wat met witmensoorlog’ bedoel word.                 (1 x 2)     (2)

       3.1.3    Lewer kommentaar op die Britse reaksie van die Barolong nadat hulle
                Brittanje gehelp het om Mafikeng te red.                   (1 x 2)          (2)

       3.1.4    Noem VIER maniere waarop die Suid-Afrikaanse Oorlog swart boere
                beïnvloed het.                                            (4 x 1)           (4)

       3.1.5    Verduidelik waarom swart Suid-Afrikaners gevoel het dat die Britte
                hulle na die oorlog verraai het.                              (2 x 2)       (4)

 3.2   Bestudeer Bron 3B.

       3.2.1    Wat, volgens die bron, het die meisie aangespoor om die volkslied te
                sing?                                                        (1 x 2)        (2)

       3.2.2    Watter gevolgtrekkings kan uit die bron rakende die Britse houding
                teenoor Boere vroue en kinders gemaak word?                    (1 x 2)      (2)

       3.2.3    Hoe, volgens die bron, het die Boere op die behandeling van hul vroue
                en kinders in die konsentrasiekampe gereageer?                (2 x 1)       (2)

 3.3   Raadpleeg Bron 3C.

       3.3.1    Gebruik die inligting in die bron om die toestande in die konsentrasie-
                kampe te beskryf.                                               (4 x 1)     (4)

       3.3.2    Lewer kommentaar op waarom die behandeling van Afrikaner vroue
                en kinders as barbaars beskou was.                        (2 x 2)           (4)

       3.3.3    Wat, volgens die bron, was die gevolg van die voedseltekort in die
                kampe?                                                         (1 x 1)      (1)

       3.3.4    Noem die Engelse vrou wat die vroue en kinders in die konsentrasie-
                kampe gehelp het.                                           (1 x 1)         (1)

       3.3.5    Hoe komplementeer (ondersteun) Bron 3A vir Bron 3C in die
                beskrywing van die toestande in die konsentrasiekampe?          (2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

8                                   GESKIEDENIS                             (EC/NOVEMBER 2019)

 3.4   Gebruik Bron 3D.

       3.4.1   Wat dink jy was die bedoeling van die fotograaf met die publisering
               van hierdie foto?                                              (2 x 2)       (4)

       3.4.2   Verduidelik hoe Afrikaners moontlik gevoel het oor die Britte na die
               aanskouing van hierdie foto.                                    (1 x 2)      (2)

       3.4.3   Noem die TWEE siektes in die bron wat tot die dood van kinders in
               die konsentrasiekampe gelei het.                            (2 x 1)          (2)

 3.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
     paragraaf van SES reëls (60 woorde) waarin jy die omstandighede binne die
     Britse konsentrasiekampe gedurende die Suid-Afrikaanse Oorlog verduidelik.            (6)
                                                                                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2019)                     GESKIEDENIS                                         9

 AFDELING B: OPSTELVRAE

 Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie
 afdeling nie.

 VRAAG 4:       TRANSFORMASIE IN SUID-AFRIKA NA 1750 – DIE OPKOMS VAN
                DIE BASOETO-KONINKRYK ONDER KONING MOSHOESHOE

 ‘Moshoeshoe was as ŉ nasiebouer en ŉ diplomaat in die opbou van die Basoeto-
 koninkryk beskryf.’

 Stem jy saam met die stelling? Staaf jou antwoord met toepaslike voorbeelde.           [50]

 VRAAG 5:       KOLONIALE UITBREIDING NA 1750 – SAMEWERKING EN
                KONFLIK OP DIE HOËVELD

 ‘Die konflik tussen die Xhosa en die setlaars was oor grond en vee.’

 Stem jy saam met die stelling? Ondersteun jou argument met relevante bewyse.           [50]

 VRAAG 6:       SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN DIE UNIE – WET OP
                NATURELLE GROND VAN 1913

 Bespreek krities hoe die Naturelle Grond wet van 1913 die grondslag vir die stelsel
 van apartheid gelê het.                                                                [50]

                                                                          TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10



   

### Page 11

   

### Page 12



   

### Page 13



### Page 14

   

### Page 15



   

### Page 16



## Related documents

- [HISTORY GR10 QP NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-history-2019-national-november-exam-question-paper/a43066b5-8081-42e3-93cf-c9efb65425f4) — History · QP · 2019 · Eng
- [HISTORY GR10 ADDENDUM NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-history-2019-national-november-exam-addendum/18e3000f-2f4d-42eb-b985-68eac89d7aa8) — History · Addendum · 2019 · Eng
- [HISTORY GR10 ADDENDUM NOV2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-history-2019-national-november-exam-addendum/a49d36e1-040d-4ba4-b6c2-fb136fb088d3) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [HISTORY GR10 MEMO NOV2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-history-2019-national-november-exam-memorandum/b2d5b382-a822-410f-8181-f165fdf968a3) — History · Memo · 2019 · Afr
- [HISTORY GR10 MEMO NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-history-2019-national-november-exam-memorandum/3a8706c5-5d57-4f2e-b62b-7101bca4b4cf) — History · Memo · 2019 · Eng
- [HISTORY GR10 QP NOV2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-gr10-qp-nov2019-afr-d/9803d8a2-0354-4003-bd8b-81b111eb7285) — History · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 10 History

- [Grade 10 History November 2026 Mock Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-history-2026-november-mock-exam-addendum/d566e6d9-8258-4765-b80b-6c83e66b06d6) — Addendum · 2026 · Eng
- [Grade 10 History November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-history-2026-november-mock-exam-memorandum/041c0977-7ec5-4d80-b3e5-638e7d237765) — Memo · 2026 · Eng
- [Grade 10 History November 2026 Mock 2 Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-history-2026-november-mock-exam-2-addendum/69ecae02-9d7e-459d-92de-178ab11c8a56) — Addendum · 2026 · Eng
- [Grade 10 History November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-history-2026-november-mock-exam-2-memorandum/30206d18-b156-4b6f-81f2-58764be858ea) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 10 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-his-atp-2023-24/77b69460-c4e9-4807-8d15-fdb95c83ebd3) — ATP
- [EC History Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-10-march-2025-qp-and-memo/e50c532b-d70e-4ae5-b45d-e752d9219b14) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
