# Mathematical Literacy Grade 10 P2 National November 2019 QP

> Grade 10 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the National November Exam 2019, 8 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-10-mathematical-literacy-2019-national-november-exam-question-paper-paper-2/2737d2dc-e532-4ad1-ae86-f74b1e666f1c
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: National November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 10 P2 National November 2019 QP](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-mathematical-literacy-2019-national-november-exam-question-paper-paper-2/2737d2dc-e532-4ad1-ae86-f74b1e666f1c)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 10 · National November Exam · 2019. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                  SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 10

                    NOVEMBER 2019

         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

PUNTE:   75

TYD:     1½ uur

                              *XMLITA2*

                  Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.

### Page 2

2                              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                       (EC/NOVEMBER 2019)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae in die vraestel beantwoord word.

1.     Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.

2.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
       gebruik is.

3.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.     Jy mag ŉ goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik,
       tensy anders aangedui.

5.     Toon ALLE berekeninge duidelik.

6.     Rond ALLE finale antwoorde toepaslik volgens die gegewe konteks af, tensy anders
       aangedui.

7.     Toon meeteenhede aan, waar van toepassing.

8.     Kaarte en diagramme is NIE volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui.

9.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2019)                   WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                       3

VRAAG 1

1.1   Jou vriend Kim, het jou gevra om hom met sy bankstaat te help. Hy is seker daar is foute
      op sy bankstaat aangesien sekere dinge nie vir hom sin maak nie. Hieronder is ŉ afskrif van
      Kim se bankstaat.

                                    EERSTE NASIONALE BANK

      Mnr. Kim de Villiers         Staat                                Rekeningnommer 23456799
      Nahoonstraat 28            vir Januarie 2019                      Vincent Park Tak
      Nahoon                                                            Takkode: 211021
      5241

      Datum          Besonderhede           Debiet         Krediet         Fooie       Balans
       1/1/19      Openingsaldo                                                     12 783 56
       3/1/19      Deposito                               1 000    00     15   00   13 768 56
       5/1/19      Betaling: Con Cars      876       45                   2    50   12 889 61
       5/1/19      Betaling: M Smith     2 000       00                   2    50   10 887 11
      12/1/19      EFO aankope             125       60                   1    00      A
      26/1/19      Betaling: S Yusuf     2 600       00                   2    50    8158    01
      28/1/19      Salaris                                11 560   00               19 718 01

      (LET WEL: EFO beteken elektroniese fondsoordrag.)

         Die fooie vir deposito’s is R2,00 plus R1,00 vir elke R100,00.
         Aftrekorder betalings kos R2,50 ongeag die bedrag.
         Kaart-aankope kos R1,00 ongeag die bedrag.
         Huur is Kim se grootste uitgawe.

      Gebruik die bankstaat hierbo om die onderstaande vrae te beantwoord.

      1.1.1     Bepaal die ontbrekende waarde van A.                                                   (2)

      1.1.2     Kim beweer dat daar ŉ fout met die fooie-kolom is. Toon aan of daar ŉ fout is en
                verifieer, met die nodige berekeninge, of sy bewering geldig is of nie.                (4)

      1.1.3     Die bank het bevestig dat daar wel ŉ fout op sy bankstaat is. As die fout reggestel
                word, wat behoort Kim se balans op 28 Januarie 2019 te wees?                           (2)

      1.1.4     Kim skat dat haar bankfooie vir Januarie 2019 meer as R30,00 sal wees. Verifieer,
                met die nodige berekeninge, of haar bewering geldig is of nie en hou in gedagte
                dat die fout reggestel is.                                                             (3)

      1.1.5     Noem EEN moontlike rede waarom banke bankfooie (aan hul kliënte) hef.                  (2)

Kopiereg voorhou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

4                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                         (EC/NOVEMBER 2019)

 1.2   Kim ontvang ŉ verhoging van 3,5% in April 2019 op sy salaris. Hy wil sy maandelikse
       verhoging spaar en beplan om ŉ betonvloer vir sy voëlhok te bou.

                     Betonmengsel                                    Kruiwa

                        Emmer                                        Sement

       Kim benodig ŉ betonmengsel van 0,27 kubieke meter van sement, sand en gruis om ŉ
       betonvloer vir sy voëlhok te maak. Hy het ŉ emmer met ŉ kapasiteit van 8 liter en ŉ
       kruiwa met ŉ kapasiteit van 50 liter.

       Aanvaar dat 1 m3 = 1 000 liters

       1.2.1 Bereken hoeveel liter betonmengsel Kim sal benodig om ŉ vloer vir sy voëlhok
             te bou.                                                                                 (2)

       1.2.2 Die verhouding van sement tot sand tot gruis is 1 : 3 : 5. Hoeveel liter van elk,
             sement, sand en gruis word benodig? Aanvaar dat die volume van die
             betonmengsel min of meer dieselfde is as die volume van al die bestanddele
             (sement, sand en gruis).                                                                (4)

       1.2.3 Kim het vir Thato gevra om die werk vir hom te doen en hy het ingestem om dit
             op ŉ Saterdag te doen. Bereken die bedrag geld wat Kim vir Thato moet betaal
             as die koers R45,75 per uur (en gedeelte daarvan) is en hy die werk in 5,4 uur sal
             voltooi.
             (LET WEL: Die koers is dubbeld oor naweke.)                                             (3)

       1.2.4 Die totale koste van die boumateriaal is R1 524,99, arbeid uitgesluit. Kim spaar
             sy verhoging vir ses maande. Verifieer, met die nodige bewerkings, of Kim
             genoeg geld sal hê om sy projek vroeg in Oktober 2019 te begin.                         (4)
                                                                                                    [26]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2019)                  WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                       5

 VRAAG 2

 2.1   Thembinkosi wil ŉ trampolien in sy agterplaas vir die vermaak van sy kinders installeer.

         Die afmetings vir die trampolien word hieronder getoon:

                                           4,3 m

                                                                                       90 cm

         Hy het begin deur ŉ gat waarin die trampolien geplaas gaan word, te grawe.
         Alhoewel Thembinkosi van die sand wat uitgegrawe was gebruik het, is daar nog twee-
         derdes van die sand oor. ŉ Maatskappy is bereid om die sand gratis op te laai, indien die
         oorblywende sand meer as 5 m3 is.

       2.1.1 Bereken die oppervlakte van die basis van die gat in vierkante meter, afgerond tot
             2 desimale plekke.
             Gebruik die formule: Oppervlakte = r2 ; waar r = radius en = 3,142                             (2)

       2.1.2 Bepaal, deur ALLE bewerkings te toon, of daar genoeg sand sal wees sodat die
             maatskappy dit gratis kan kom optel.
             Jy mag die volgende formule gebruik:
             Volume = Oppervlakte van basis × hoogte                                                        (4)

 2.2   Thembinkosi het ŉ agterplaas met ŉ oppervlakte van 929 m2.

       2.2.1 Thembinkosi het 3% van die oppervlakte van sy agterplaas vir die oprigting van die
             trampolien voorberei. Verifieer, met die nodige berekeninge, of die voorbereide
             spasie genoeg sal wees of nie.                                                                 (3)

       2.2.2 Thembinkosi betaal huidiglik R2 534 per maand vir versekering op sy huishouding.
             Sy makelaar het gesê dat sy premie met 2,5% sal toeneem na die trampolien se
             installering. Hy voorsien dat sy nuwe maandelikse versekeringspremie R2 800 sal
             wees. Verifieer, met die nodige berekeninge, of sy bewering geldig is of nie.                  (4)
                                                                                                           [13]

Kopiereg voorhou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

6                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                            (EC/NOVEMBER 2019)

 VRAAG 3

 Montego Pet Nutrition is ŉ maatskappy wat premium gehalte troeteldierkos vervaardig, wat
 nasionaal en internasionaal versprei word. Die fabriek het onlangs opgraderings van
 R70 miljoen-rand aan sy perseel in Graaff-Reinet, Oos-Kaap gedoen.

 Skaal: 1 : 2500 000

 3.1   3.1.1   Bepaal die kortste afstand, met ŉ motor, om die bokse troeteldierkos na die hawe
               in Port Elizabeth te vervoer.                                                           (3)

       3.1.2   In watter rigting sal hulle van Graaff-Reinet na Port Elizabeth ry?                     (2)

       3.1.3   Waarom dink jy word die bokse by die hawe in Port Elizabeth afgelewer?                  (2)

 3.2   3.2.1   Gebruik die skaal om die reguitlyn afstand van Addo na Port Elizabeth te bepaal.
               Gee jou antwoord in kilometers.                                                         (4)

       3.2.2   Die bestuurder ry teen ŉ spoed van 100 km/h en vertrek om 10h00 vanaf Addo.
               Hy voorspel dat hy teen 10h55 Port Elizabeth sal bereik. Verifieer, deur alle
               bewerkings te toon, of sy voorspelling geldig is of nie.
               Gebruik die formule: Afstand = Spoed × tyd                                              (4)
                                                                                                      [15]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2019)                       WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                   7

 VRAAG 4

 Mev. Base, ’n Wiskundige Geletterdheid onderwyseres by Zinako-hoërskool, het die uitslae
 van haar graad 10-leerders vir die finale eksamen as ŉ persentasie, soos hieronder aangedui
 voorgestel.

   63        57            32       96        90         60    73          87     57        78

   46        48            80       88        33         55    46          67     60        78

   57        60            50       47        54         71    84          85     77        81

 4.1     4.1.1     Bereken die gemiddelde punt van die graad 10 Wiskundige Geletterdheid
                   leerders vir die finale eksamen.                                                    (3)

         4.1.2     Mev. Base beweer dat die modus van die gegewe data 78% sal wees.
                   Verduidelik wat die modus is en verifieer of haar stelling geldig is of nie.        (3)

 4.2     Mev. Base se leerders se prestasie in die eksamen word in die onderstaande tabel
         opgesom:

         TABEL 1:           PRESTASIEKODE MET OPSOMMING VAN LEERDERS SE
                            PRESTASIE

          Prestasiekode              Beskrywing                Persentasie        Frekwensie
                7                Uitmuntende prestasie           80–100               A
                   6             Verdienstelike prestasie         70–79                 5
                   5              Beduidende prestasie            60–69                 5
                   4              Voldoende prestasie             50–59                 B
                   3                Matige prestasie              40–49                 4
                   2                Basiese prestasie             30–39                 2
                                    Ontoereikende
                   1                                                0–29                0
                                       prestasie

         4.2.1         Bepaal die waardes van A en B.                                                  (2)

         4.2.2         Wat is die waarskynlikheid dat ŉ leerder van Mev. Base se Wiskundige
                       Geletterdheid klas minder as 60% in die finale eksamen sal kry? Skryf jou
                       antwoord as ŉ persentasie.                                                      (2)

Kopiereg voorhou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

8                                 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                       (EC/NOVEMBER 2019)

 4.3     Bestudeer die onderstaande sirkeldiagramme wat dienslewering in die Amathole
         distrik munisipaliteit vir ŉ sekere tydperk aandui. Die aantal huishoudings wat vir
         die tydperk gebruik was is 324 292. Beantwoord die vrae wat volg.

         Verwys na die bostaande sirkeldiagram om die onderstaande vrae te beantwoord.

         4.3.1       Bepaal die ontbrekende waarde van A en bereken hoeveel skakelhuise daar in
                     die Amathole distrik munisipaliteit is.                                          (4)

         4.3.2       Bepaal die aantal huishoudings wat spoeltoilette het.                            (3)

         4.3.3       Skryf die persentasie van plakkershutte teenoor ‘ander’ uitgedruk as ŉ
                     verhouding neer.                                                                 (2)

         4.3.4       Gee ŉ voorbeeld van die tipe huishouding wat na ‘ander’ in die bostaande
                     sirkeldiagram verwys word.                                                       (2)
                                                                                                     [21]

                                                                                     TOTAAL:           75

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

## Related documents

- [MATHS LIT P2 GR10 QP NOV2019 EngD](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-mathematical-literacy-2019-national-november-exam-question-paper-paper-2/79f0bde5-e62c-4ef5-9d42-2d4d00b7996e) — Mathematical Literacy · QP · 2019
- [Maths Lit P2 Gr10 Nov2019 ERRATA](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-mathematical-literacy-2019-national-november-exam-errata-paper-2/d5de430e-ca28-4572-b9c2-9b4066af8f0c) — Mathematical Literacy · Errata · 2019
- [MATHS LIT P2 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-mathematical-literacy-2019-national-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/d7d91364-2d4a-47e8-a9e9-fa53a5ac7d89) — Mathematical Literacy · Memo · 2019 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR10 MEMO NOV2019 English](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-mathematical-literacy-2019-national-november-exam-memorandum-paper-2-english/b1efab27-6ff5-411c-ae49-b0d5d7aa1fcf) — Mathematical Literacy · Memo · 2019 · Eng
- [MATHS LIT P1 GR10 QP FINAL NOV2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-mathematical-literacy-2019-national-november-exam-question-paper-paper-1/dd86f91d-b677-4a96-815a-161696a8a1db) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR10 QP NOV2019 EngD](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr10-qp-nov2019-engd/fdc07bfc-343f-4dd1-9a88-a370c4d9fa05) — Mathematical Literacy · QP · 2019

## More from Grade 10 Mathematical Literacy

- [Gr 10 Maths Lit ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-maths-lit-atp-2023-24/92fc8f30-3078-45c6-9017-a138e224b210) — ATP
- [LP Maths Literacy Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-maths-literacy-grade-10-june-2025-p1-and-memo/e7f8c3eb-2e73-4c9d-b508-ed762eaa72d4) — QP + Memo · 2025
- [LP Maths Literacy Grade 10 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-maths-literacy-grade-10-june-2025-p2-and-memo/95ca14e5-487a-4c97-83d6-6e6e30c152af) — QP + Memo · 2025
- [GR10 MATHEMATICAL LITERACY P1 ENG MG](https://www.hlayiso.com/library/gr10-mathematical-literacy-p1-eng-mg/ea97cc66-bb9a-4fcf-b36e-3aa17a2c1c09) — Memo · 2024 · Eng
- [GR10 MATHEMATICAL LITERACY P2 ENG MG](https://www.hlayiso.com/library/gr10-mathematical-literacy-p2-eng-mg/4c80c1a0-8f26-477b-8856-d61d0074c47f) — Memo · 2024 · Eng
- [LP Maths Literacy Grade10 Investigation 2023 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-maths-literacy-grade10-investigation-2023-and-memo/37fef4c0-533b-4ec3-b610-056aec18b472) — Memo · 2023

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
