# Accounting Grade 11 P2 Gauteng June 2023 QP (Afr)

> Grade 11 Accounting Paper 2 question paper from the Gauteng June Exam 2023 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-11-acc-p2-afrikaans-june-2023-question-paper/6632baec-4f3d-4a23-a419-f6fc026287f7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Gauteng June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/accounting) › [Accounting Grade 11 P2 Gauteng June 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-acc-p2-afrikaans-june-2023-question-paper/6632baec-4f3d-4a23-a419-f6fc026287f7)

## About this document

Accounting · Grade 11 · Gauteng June Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Grade 11 ACC P2 (Afrikaans) June 2023 Answerbook](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-acc-p2-afrikaans-june-2023-answerbook/4b61a1af-b499-47c2-813a-2e27bffe45f3) — Addendum · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 PROVINSIALE EKSAMEN
                             JUNIE 2023
                              GRAAD 11

                             REKENINGKUNDE
                               VRAESTEL 2

TYD:     2 uur

PUNTE:   150

10 bladsye + 1 formuleblad en ŉ antwoordboek van 11 bladsye

                                                              b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                           REKENINGKUNDE           2
                                                           VRAESTEL 2  GRAAD 11

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Beantwoord ALLE vrae.

2. ŉ Spesiale ANTWOORDBOEK word voorsien waarin ALLE vrae beantwoord moet
   word.

3. ŉ FORMULEBLAD vir finansiële aanwysers word verskaf aan die agterkant van die
   vraestel. Jy mag dit gebruik indien nodig.

4. Wys ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.

5. Jy mag ŉ nie-programeerbare sakrekenaar gebruik.

6. Jy mag blou/swart ink gebruik om die vraestel te beantwoord.

7. Waar van toepassing, wys al die berekeninge tot EEN desimale plek

8. Skryf netjies en leesbaar.

9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ŉ riglyn wanneer die vraestel
   beantwoord word. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

 Vraag              Onderwerp                Punte       Tyd in minute

    1.      Bankversoening                     40           32 minute

    2.      Krediteureversoening               25           20 minute

    3.      Vaste Bates en Bateverkope         55           44 minute

    4.      Finansiële Aanwysers               30           24 minute

            TOTAAL                             150         120 minute

                                                                                   b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                            REKENINGKUNDE                  3
                                                            VRAESTEL 2  GRAAD 11

VRAAG 1: BANKVERSOENING                                           (40 punte; 32 minute)

1.1   WAAR OF ONWAAR

      Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs “Waar” of
      “Onwaar” langs die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK.

      1.1.1     Kontant onttrekkingsfooi en rente op oortrokke rekening op ŉ Bankstaat
                word aangeteken as bankkoste in die Kontantbetalingsjoernaal.              (1)

      1.1.2     Dit is nie nodig om ŉ Bankversoeningstaat op te tel nie omdat die
                bankstaat altyd die korrekte saldo sal aantoon.                            (1)

      1.1.3     Die dokument wat ontvang word deur ŉ kliënt wat goedere op krediet
                gekoop het, word ŉ kwitansie genoem.                                       (1)

      1.1.4     ŉ Kredietsaldo op die Bankstaat verteenwoordig ŉ gunstige saldo vir die
                besigheid.                                                                 (1)

      1.1.5     Wanneer ŉ besigheid goedere aan die krediteur terugstuur, word die
                goedere vergesel met ŉ kredietnota.                                        (1)

1.2   BANKVERSOENING

      GEVRA:

      Gebruik die volgende inligting geneem uit die rekeningkundige rekords van Zulu
      Winkels vir Junie 2023 en:

      1.2.1     Voltooi die KOJ- en KBJ-totale op die tabel wat voorsien is.              (14)

      1.2.2     Bereken die korrekte bankrekening saldo in die Algemene Grootboek op
                30 Junie 2023. Wys ALLE berekeninge.                                       (5)

      1.2.3     Berei die Bankversoeningstaat voor op 30 Junie 2023.                      (12)

      1.2.4     Verwys na INLIGTING J: Deposito van R12 700 op 20 Junie 2023.

                Verduidelik hoekom die boekhouer bekommerd moet wees oor die
                deposito. Verskaf TWEE redes.                                              (4)

                                                                                           b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                         REKENINGKUNDE                      4
                                                         VRAESTEL 2  GRAAD 11

INLIGTING:

Die boekhouer van Zulu Winkels het die Bankstaat wat gedurende Junie 2023 van Kings
Bank ontvang is, vergelyk met die Bankversoeningstaat vir Mei 2023 en die
Kontantjoernale vir Junie 2023. Die volgende verskille het aan die lig gekom:

A. Die Bankrekening in die Algemene Grootboek het n debietsaldo van R21 800 op
   1 Junie 2023 getoon.

B. Voor die inspeksie van die Junie-bankstaat was die voorlopige totale in die Junie
   2023 Kontantjoernale: KOJ R116 400 en KBJ: R132 500.

C. Bankkoste van R1 150 en rente op ŉ debietsaldo van R230 verskyn op die Junie
   2023 Bankstaat maar nie in die betrokke Kontantjoernale nie.

D. EFO ontvang van ŉ debiteur is korrek aangeteken as R5 300 op die Bankstaat vir
   Junie 2023, maar is verkeerdelik as R3 500 in die betrokke Kontantjoernaal
   aangeteken.

E. ŉ Deposito van R2 190 ontvang op 25 Junie 2023 vir verkope was in die
   Kontantontvangstejoernaal aangeteken as R2 910.

F. ŉ Debiteur het R1 000 direk in Zulu Winkels se bankrekening inbetaal om sy rekening
   van R1 100 te vereffen. Dit verskyn slegs op die Bankstaat vir Junie 2023.

G. Die jaarlikse versekeringspremie vir die eienaar se persoonlike voertuigversekering is
   betaal met ŉ debietorder vir, R1 440. Die transaksie verskyn slegs op die Bankstaat
   vir Junie 2023.

H. Die debietorder vir selfoondata, R1 840, was nie in die betrokke Kontantjoernaal
   aangeteken nie. Dit was ook verkeerdelik twee keer aangeteken op die Bankstaat vir
   Junie 2023.

 I. ŉ Deposito vir R22 500, gedateer 23 Junie 2023, was nie aangeteken in die betrokke
    Kontantjoernaal nie, maar verskyn op die Bankstaat vir Junie 2023.

 J. ŉ Deposito vir R12 700, gedateer 20 Junie 2023, kom nie voor op die Bankstaat vir
    Junie 2023 nie. Die bedrag kom slegs voor in die Kontantontvangstejoernaal.

K. Huur van R9 200, ontvang op 30 Junie 2023, is opgeteken in die betrokke
   Kontantjoernaal vanaf die bewys van betaling wat van die huurder ontvang is. Die
   transaksie kom nie voor op die Bankstaat vir Junie 2023 nie.

 L. Die volgende EFO’s, almal gedateer vir 30 Junie 2023, is nie op die Bankstaat vir
    Junie 2023 getoon nie:

        EFO 778          R 6 200
        EFO 791          R 520
        EFO 797          R 1 260

                                                                                            b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                          REKENINGKUNDE                      5
                                                          VRAESTEL 2  GRAAD 11

 M. Op die Bankstaat vir Mei 2023, is die rentebedrag van R355 wat van die bank ontvang is
    vir ŉ positiewe banksaldo, per abuis gedupliseer. Daar is egter bevind dat die fout nog
    nie deur die bank op die Junie 2023 Bankstaat reggestel is nie. Die fout is reggestel op
    die Bankversoeningstaat vir Mei 2023. Die bank het die versekering gegee dat die fout in
    Julie 2023 reggestel sal word.

  N. Die Bankstaat toon ŉ sluitingsaldo van R ? op 25 Junie 2023.
                                                                                           40

VRAAG 2: KREDITEUREVERSOENING                                    (25 punte; 20 minute)

Die eienaar van Sunrays Kwekery, Me. Flowers, vra jou hulp met die rekonsiliasie van ŉ
krediteur se rekening Rose Handelaars. Me. Flowers is van mening dat haar besigheid slegs
R3 266 aan Rose Handelaars skuld en sy is daarom ontsteld dat die staat wat sy ontvang het
ŉ uitstaande bedrag van R16 727 reflekteer.

GEVRA:

2.1   Stel die korrekte rekening vir Rose Handelaars in die Krediteuregrootboek
      van Sunrays Kwekery op.                                                             (14)

2.2   Stel die Krediteureversoeningstaat op 30 April 2023 op.                             (11)

INLIGTING:

         A.   Die volgende rekening verskyn in die Krediteuregrootboek van Sunrays
              Kwekery op 30 April 2023:

               Besonderhede                            Debiet      Krediet    Saldo
               April
                 1     Saldo                                         2 000        2 000
                 3     Kwitansie 417                                   600        2 600
                 6     Faktuur 338                                   3 850        6 450
                10     EFO 1048                          3 630                    2 820
                       Korting (EFO 1048)                  330                    2 490
                11     Faktuur 619                       1 870                      620
                       Debietnota 72                       297                      323
                15     Faktuur 342                                   5 200        5 523
                20     Debietnota 75                       350                    5 173
                24     EFO 1059                          2 420                    2 753
                       Korting (EFO 1059)                  242                    2 511
                26     Faktuur 2301                                  4 400        6 911
                30     EFO 1067                          4 050                    2 861
                       Korting (EFO 1067)                              405        3 266

                                                                                             b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                   REKENINGKUNDE                        6
                                                   VRAESTEL 2  GRAAD 11

B. Op 30 April 2023 het Me. Flowers die volgende rekeningstaat van Rose
   Handelaars ontvang:
     Besonderhede                                 Debiet    Krediet   Saldo
     April
     1     Saldo                                    2 000               2 000
     6     Faktuur 338 (Verkope)                    3 850               5 850
     10    Kwitansie 1104 (Betaling ontvang)                  3 630     2 220
           Korting ontvang op kwitansie 1104                    363     1 857
     11    Kredietnota 143 (Afslag)                             270     1 587
     15    Faktuur 342 (Verkope)                    5 720               7 307
     19    Faktuur 347 (Verkope)                    2 310               9 617
     20    Kredietnota 145 (Toegestaan)                        350      9 267
     24    Kwitansie 1112 (Betaling ontvang)                  2420      6 847
           Korting ontvang op kwitansie 1112                   121      6 726
     29    Faktuur 351 (Verkope)                   10 001              16 727
C. Die inskrywing op 3 April 2023 in die rekening van Rose Handelaars in die
   Krediteuregrootboek is verkeerd, die bedrag was ontvang van ŉ debiteur, Palm Tree.

D. Me. Flowers het ŉ reëling met Rose Handelaars dat ŉ 10% korting ontvang sal word
   vir elke betaling wat gemaak word (sien die inskrywings op die 10de en 24ste).

E. Faktuur 619 vir R1 870 op 11 April 2023 in die rekening van Rose Handelaars in die
   Krediteuregrootboek, is ten opsigte van voorraad wat op krediet aan Plants Galore
   verkoop is.

F. Op 11 April 2023 is ŉ inskrywing vir R297 (debietnota 72) in die Krediteure-
   afslagjoernaal gemaak wat handel oor ŉ afslag van Rose Handelaars. Daar is
   vasgestel dat die transaksie korrek in die Krediteuregrootboek gemaak is.

G. ŉ Fout is gemaak met die oorboeking van die inskrywing op die 15 April vanaf die
   Krediteurejoernaal na die rekening van Rose Handelaars. Die bedrag is korrek op die
   rekeningstaat wat ontvang is.

H. Faktuur 347 op 19 April 2023 op die staat van Rose Handelaars was ten opsigte van
   ŉ ander klant, Reaping Rose.

 I. Faktuur 2301 vir R4 400 op 26 April in die rekening van Rose Handelaars in die
    Krediteuregrootboek is foutiewelik na die rekening oorgeboek, in plaas van na die
    rekening van Bark Handelaars.

J. Die verkope van R10 001 wat op 29 April 2023 in die staat van Rose Handelaars
   weerspieël word, was beslis vir Sunrays Kwekery.

K. ŉ Oorboekingsfout het in die boeke van die besigheid voorgekom, vir die korting
   (EFO 1067) wat nog reggestel moet word.

L. Sekere inskrywings verskyn nie op die staat nie aangesien die staat op die 27 April
   2023 gestuur is, terwyl die Krediteuregrootboek voortgaan tot 30 April 2023.
                                                                                25
                                                                                        b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                           REKENINGKUNDE                      7
                                                           VRAESTEL 2  GRAAD 11

VRAAG 3: VASTE BATES EN BATEVERKOPE                              (55 punte; 44 minute)

3.1   PASITEMS

      Pas die woorde/frases in Kolom A by die beste definisie/verduideliking in Kolom B. Skryf
      slegs die letters (A – G) langs die vraagnommer (3.1.1 tot 3.1.5) in die
      ANTWOORDBOEK neer.
                                                                                             (5)
                   KOLOM A                                    KOLOM B
       3.1.1     Nie-bedryfsbate             A   ŉ Besitting wat vir minder as ŉ jaar in die
                                                 besigheid bly en gebruik word om
                                                 inkomste te genereer
       3.1.2     Bateverkope                 B   Wanneer die besigheid besluit dat die
                                                 nuttige lewensduur van ŉ vaste bate
                                                 verby is en hulle die bates onttrek deur
                                                 dit te skrap, te verkoop of te skenk.
       3.1.3     Historiese koste            C   ŉ Beheerinstrument om die
                                                 besonderhede van elke individuele
                                                 vastebate in die onderneming en die
                                                 waardevermindering daarvan aan te
                                                 teken
       3.1.4     Waardevermindering          D   ŉ Besitting wat langer as ŉ jaar in die
                                                 besigheid bly en gebruik word om
                                                 inkomste te genereer
       3.1.5     Wesenlikheids               E   Klein bedrae wat geen werklike
                                                 relevansie het nie hoef nie afsonderlik
                                                 geopenbaar te word volgens die AARP-
                                                 beginsel nie.
                                             F   Die vermindering in die waarde van ŉ
                                                 vaste bate, gewoonlik as gevolg van
                                                 slytasie
                                             G   Die oorspronklike kosprys van ŉ vaste
                                                 bate moet volgens die AARP-beginsel
                                                 aangeteken word

3.2   Jy word voorsien van die inligting met betrekking tot KG Handelaars op 30 Junie
      2023, die einde van die rekeningkundige tydperk:

      GEVRA:

      Gebruik die inligting wat verskaf word om die volgende te voltooi:

      3.2.1    Waardevermindering op voertuie vir die jaar geëindig op 30 Junie 2023.
               Gebruik die tabel wat voorsien word as ŉ riglyn.                            (16)

      3.2.2    Bateverkoperekening in die Algemene Grootboek                                 (8)

      3.2.3    Berei Nota 3 voor oor Vaste Bates. Toon berekeninge aan waar nodig.         (19)

                                                                                              b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                          REKENINGKUNDE                   8
                                                          VRAESTEL 2  GRAAD 11

      INLIGTING:
      Saldo’s op 1 Julie 2022

                                                   Opgehoopte
                                     Kosprys                         Drawaarde
                                                waardevermindering
       Grond en geboue                  400 000                 ( 0)    400 000
       Voertuie                         300 000            (76 000)     224 000

      TRANSAKSIES:

      30 September 2022
       Aanbouings aan die geboue ten koste van R120 000
       Herstelwerk aan die stoorkamer wat die eienaar R25 000 kos

      31 Desember 2022
       Ruil ŉ ou motor in vir R55 000 op ŉ nuwe motor vir R150 000 van Jozi
         Motors. Die voertuig was gekoop op 1 Julie 2020 vir R100 000.

      Berekening van Waardevermindering
       Op voertuie teen 20% per jaar op die boekwaarde

3.3   INTERNE KONTROLE VAN BATES

      GEVRA:

      Beantwoord die vrae wat met die gevallestudie hieronder verband hou.

      INLIGTING:

      Jeanette Rowls is die eienaar van Hair Online, ŉ aanlyn winkel wat haarprodukte
      verkoop wat by jou deur afgelewer word. Jeanette het onlangs ŉ gebou in
      Springs gekoop wat sy as kantoor sowel as stoorfasiliteit gebruik. Die besigheid
      het 2 mini-bussies wat Jeanette tweedehands gekoop het; elk met hul eie
      bestuurder, 1 skootrekenaar en 1 drukker. Jeanette het jou hulp gevra met die
      volgende:

      3.3.1    Jeanette is bewus daarvan dat die meeste bates waarde verloor as
               gevolg van normale slytasie. Watter vaste bate depresieer gewoonlik nie
               aan die einde van die finansiële jaar nie? Verduidelik kortliks hoekom
               hierdie bate nie depresieer nie.                                          (2)

      3.3.2    Jeanette neem elke dag die skootrekenaars huis toe vir haar kinders om
               te gebruik sodat hulle toegang tot aanlyn lesse kan kry.
               Verduidelik hoe die waardevermindering vir hierdie skootrekenaars
               hanteer sal word. Verwys na die toepaslike AARP-beginsel in jou
               antwoord.                                                                 (3)

      3.3.3    Jeanette het opgemerk dat een van die mini-bussies se kilometerlesing
               hoër is as wat dit behoort te wees. Gee EEN praktiese oplossing oor
               hoe sy hierdie probleem kan oplos.                                        (2)

                                                                                          b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                  REKENINGKUNDE          9
                  VRAESTEL 2  GRAAD 11

                                         55

                                          b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                            REKENINGKUNDE                        10
                                                            VRAESTEL 2  GRAAD 11

VRAAG 4: FINANSIËLE AANWYSERS                                   (30 punte 24 minute)

Jy word voorsien van inligting van Exclusive Boutique, ŉ luukse klereboetiek in Sandton. Die
inligting is geneem uit die finansiële rekords aan die einde van die finansiële jaar, 30 Junie
2023. Die vennote is M. Floyd en T. Bins. Die onderneming streef daarna om ŉ 100%
winsopslag op kosprys te behaal.

GEVRA:

Verwys na die inligting wat verskaf word en beantwoord die vrae hieronder.

Wanneer finansiële inligting geïnterpreteer word, verwys altyd na finansiële aanwyser/s en/of
syfers in jou antwoord/e.

4.1   Bereken die winsopslag op kosprys wat die besigheid behaal het vir die jaar
      geëindig 30 Junie 2023.                                                                    (3)

4.2   Verwys na jou antwoord op VRAAG 4.1. Is daar rede tot kommer? Gee EEN rede
      vir jou antwoord.                                                                          (2)

4.3   As die onderneming nie die beoogde winsopslag van 100% behaal nie dui dit nie
      altyd op probleme nie.

      4.3.1   Gee EEN moontlike rede waarom die nie-bereiking van die beoogde
              winsopslag NIE ŉ rede tot kommer sal wees NIE.                                     (1)

      4.3.2   Gee EEN moontlike rede waarom die nie-bereiking van die beoogde
              winsopslag ŉ rede tot kommer IS.                                                   (1)

4.4   Bereken die bedryfsuitgawes op verkope vir die jaar geëindig 30 Junie 2023.                (3)

4.5   Verwys na jou antwoord op VRAAG 4.4. Na jou mening, kon die onderneming sy
      bedryfsuitgawes goed beheer? Gee EEN rede vir jou antwoord, haal syfers aan.               (2)

4.6   Die vennote is van mening dat die winsgewendheid van die onderneming vanaf
      verlede jaar verswak het. Noem TWEE aanwysers, met syfers en tendense, om hul
      mening te staaf.                                                                           (4)

4.7   Bereken die voorraadomsetkoers vir die jaar geëindig 30 Junie 2023.                        (3)

4.8   Verwys na jou antwoord op VRAAG 4.7. Is daar rede tot kommer? Gee EEN rede
      vir jou antwoord.
                                                                                                 (2)
4.9   Bereken die aantal dae waarvoor daar voorraad voorhande is.                                (3)

4.10 Verwys na jou antwoord op VRAAG 4.9. Is daar rede tot kommer? Gee EEN rede
     vir jou antwoord.                                                                           (2)

4.11 Hoe kan ŉ besigheid sy beheer oor sy debiteure en krediteure verbeter? Noem
     EEN manier om beheer oor debiteure te verbeter en EEN manier om beheer oor
     krediteure te verbeter.                                                                     (4)

                                                                                                  b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

INLIGTING:

A.   Uittreksel uit die kredietbeleid van Exclusive Boutique:

           Debiteure moet hulle rekeninge binne 30 dae vereffen.
           Krediteure moet binne 60 dae betaal word om te kwalifiseer vir vroeë
            vereffeningskorting.
           Krediteure moet nie later as 90 dae na die aangaan van die skuld betaal word
            nie om die 3% per maand renteboete te vermy.

B.       Syfers uit die finansiële state:

                                                        2023            2022
         Omset                                        4 000 000
         Koste van verkope                            2 200 000
         Bedryfsuitgawes                              1 888 000
         Voorraad                                      600 000         400 000
         Handelskrediteure                             140 000         160 000

C.   Kredietaankope vir die jaar, R600 000.

D.   Finansiële aanwysers soos vir die afgelope twee jaar bereken:

                                                          2023            2022
         % winsopslag op kosprys                           ?              97%
         % bruto wins op verkope                          45%             45%
         % bedryfsuitgawes op verkope                      ?              30%
         % bedryfswins op verkope                         18%             22%
         % netto wins op verkope                          15%            17,7%
         Voorraadomsetkoers                                ?           4 keer p.j.
         Voorraad op hande                                 ?           91,3 dae
         Gemiddelde debiteure-invorderingsperiode        55 dae         65 dae
         Gemiddelde krediteure se betalingsperiode       91 dae         59 dae

                                                                                           30

                                                                               TOTAAL: 150

                                              EINDE

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                      REKENINGKUNDE                 12
                                                      VRAESTEL 2  GRAAD 11

FORMULEBLAD

   Bruto wins 100               Bruto wins      100              Netto wins 100
                                                                         
    Verkope    1             Koste van verkope 1                  Verkope    1

       Bedryfsuitgawes 100                             Bedryfswins 100
                                                                 
          Verkope       1                               Verkope     1

Totale verdienste deur vennoot 100                   Netto wins           100
                                                                       
  Gemiddelde vennotebel ang     1             Gemiddelde eienaarsbe lang 1

     Bedryfsbates: Bedryfslaste             Bedryfsbates – Voorraad: Bedryfslaste

 Gemiddelde debiteure 365    12               Gemiddelde krediteure          365    12
                         of                                                    of
   Kredietverkope      1      1       Kredietaan kope of Koste van verkope    1      1

Gemiddelde voorraad 365    12                          Koste van verkope
                       of
 Koste van verkope   1      1                         Gemiddelde voorraad

  Nie-bedryfslaste: Vennotebelang                 Totale bates: Totale laste

## Related documents

- [ACCOUNTING P2 GR11 QP NOV2023 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-qp-nov2023-afrikaans-watermark/a2d9376b-5342-490a-8a04-b73e930d98f4) — Accounting · QP · 2023 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR11 MEMO NOV2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-memo-nov2023-afrikaans/2ecebf35-604c-44ba-bade-30f2cc9d4da4) — Accounting · Memo · 2023 · Afr
- [Gr11 Acc P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-afrikaans-2020-exemplars-answer-book/beefd0ec-65a9-40ba-8a4f-bcbbc4b55e73) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR11 QP NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-qp-nov2020-afrikaans/e1f5b6b4-a7f4-4a8c-b27e-228a5f075c6b) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Gr11 Acc P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/f4aaccee-11fc-4428-9e02-2a752dd91053) — Accounting · QP · 2019 · Afr
- [Gr 11 Accounting P2 (AFR) 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-accounting-p2-afr-2023-question-paper/798e29d9-4c97-46fd-8801-ca79ce2af2e8) — Accounting · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 11 Accounting

- [GR11 Accounting Practice exam November Paper 1](https://www.hlayiso.com/library/gr11-accounting-practice-exam-november-paper-1/a786fffb-f00d-472f-a62b-80f038063c5b) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR11 ANSWER BOOK NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-answer-book-nov2025-afrikaans-watermark/6daad69c-e558-4d79-9945-bdcc57c797b8) — Addendum · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/7aa479bf-34d0-4240-934b-67a2f33e2597) — Memo · 2025 · Eng
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-afr-watermark/a92dc10a-0d2e-42d6-9cd3-ff78b0e78afe) — Memo · 2025 · Afr
- [LP Accounting Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-11-march-2025-qp-and-memo/e029a6c5-e494-4ee4-85f6-bf55d1d8442b) — QP + Memo · 2025
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2024 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2024-eng-watermark/c09eb350-5d2d-4070-8df4-25ece70dc7de) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
