# Accounting Grade 11 P2 North West June 2024 QP (Afr)

> Grade 11 Accounting Paper 2 question paper from the North West June Exam 2024 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-11-accounting-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/2253b993-91ba-4917-a836-cbf3da28ea09
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: North West June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/accounting) › [Accounting Grade 11 P2 North West June 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-accounting-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/2253b993-91ba-4917-a836-cbf3da28ea09)

## About this document

Accounting · Grade 11 · North West June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

PROVINSIALE ASSESSERING

                                     GRAAD 11

                               REKENINGKUNDE V2
                                     JUNIE 2024

                                                                           PUNTE: 150

                                                                            TYD: 2 uur

                           Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye,
                     ’n formuleblad en ’n antwoordeboek van 8 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Rekeningkunde/V2                           2                               NW/Junie 2024
                                        Graad 11

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

 1.   Beantwoord AL die vrae.

 2.   ’n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
      beantwoord.

 3.   ’n Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel
      aangeheg.

 4.   Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

 5.   Jy mag ’n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 6.   Jy mag ’n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

 7.   Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

 8.   Skryf netjies en leesbaar.

 9.   Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ’n riglyn wanneer jy die vraestel
      beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk nie.

 VRAAG                     ONDERWERP                         PUNTE           MINUTE

      1      Bankversoening                                     45              30

      2      Krediteureversoening                               20              20

      3      Vaste bates                                        50              40

      4      Rekeningkundige vergelyking                        35              30

 TOTAAL                                                        150             120

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Rekeningkunde/V2                            3                               NW/Junie 2024
                                         Graad 11

 VRAAG 1: BANKVERSOENING                                                 (45 punte; 30 minute)

 1.1   MEERVOUDIGEKEUSE VRAE

       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
       Ontleed die Bankversoeningstaat hieronder en kies die korrekte antwoord en
       skryf slegs die letter (A-D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) neer.                 (5)

       INLIGTING:

       Bankversoeningstaat soos op 31 Mei 2024
       Dt saldo volgens bankstaat                                                R15 500
       Uitstaande deposito                                                       R22 000
       Uitstaande EFO’s: 450                                                      R6 500
                             452                                                   R500
       Dt regstelling van fout                                                    R4 820
       Kt regstelling van fout                                                     R840
       Saldo volgens die bankrekening                                                 R?

       1.1.1       Die korrekte saldo volgens die bankrekening hierbo is:

                   A    R4 480 (dt)
                   B    R4 480 (kt)
                   C    R5 160 (dt)
                   D    R5 160 (kt)

       1.1.2       ’n Moontlike rede vir die inskrywing vir R4 820 is:

                   A    Die bankstaat toon ’n bedrag vir ’n ander kliënt.
                   B    Die bankstaat toon ’n foutiewe bedrag vir rente verdien.
                   C    Die bankstaat se bankkoste was te hoog.
                   D    Die debietorder vir versekering het twee keer deurgegaan.

       1.1.3       ’n Moontlike rede vir die inskrywing vir R840 is:

                   A    Die bankstaat toon ’n bedrag vir ’n ander kliënt.
                   B    Die bankstaat toon ’n foutiewe bedrag vir rente verdien.
                   C    Die bankstaat se bankkoste was te hoog.
                   D    Die debietorder vir versekering het twee keer deurgegaan.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Rekeningkunde/V2                           4                              NW/Junie 2024
                                        Graad 11

       1.1.4       Watter EEN van die volgende is voorbeelde van bankkoste?

                   A    OTM-koste, kontanthanteringsheffing, rente op ’n debietsaldo
                   B    Rente op oortrokke rekening, OTM-koste, debietorderkoste
                   C    Internetbankfooi, debietorderkoste, OTM-koste
                   D    Kontanthanteringsheffing, renteheffing, debietorderkoste

       1.1.5       EFO 450 verskyn korrek op die bankversoeningstaat van Mei 2024,
                   maar is verkeerdelik as R5 600 in die Kontantbetalingsjoernaal
                   geboekstaaf. Watter inskrywing moet gemaak word om die fout reg te
                   stel?

                   A    R900 in die Kontantbetalingsjoernaal
                   B    R900 in die Kontantontvangstejoernaal
                   C    R1 000 in die Kontantbetalingsjoernaal
                   D    R1 000 in die Kontantontvangstejoernaal

 1.2   BANKVERSOENING

       Die inligting hieronder is uit die boeke van Tadima Handelaars geneem.

       GEVRA:

       1.2.1       Bereken die totale in die kontantjoernale op 31 Mei 2024.                  (15)

       1.2.2       Bereken die korrekte saldo van die bankrekening op 31 Mei 2024.            (5)

       1.2.3       Stel die bankversoeningstaat op 31 Mei 2024 op.                            (10)

       1.2.4       Die eienaar het probleme met die deponering van kontant opgemerk.
                   Verduidelik DRIE maatreëls wat hy kan gebruik om hierdie probleme
                   op te los.                                                                 (6)

       1.2.5       Die heffing op kredietkaartverkope is 5% van die betrokke bedrag.
                   Bereken die totale kredietkaartverkope vir die maand.                      (3)

       1.2.6       Noem EEN voordeel van die gebruik van elektroniese
                   fondsoorplasings (EFO).                                                    (1)

       INLIGTING:

       A.          Die voorlopige totale in die kontantjoernale, voor die ontvangs
                   van die bankstaat vir Mei 2024:

                   Kontantontvangstejoernaal:                     R405 600
                   Kontantbetalingsjoernaal:                      R384 450

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Rekeningkunde/V2                          5                             NW/Junie 2024
                                       Graad 11

       B.          Bankversoeningstaat op 30 April 2024

                   Gunstige saldo volgens die bankstaat                       R10 650
                   Uitstaande deposito Dateer 10 April 2024                    R9 300
                                         Dateer 25 April 2024                 R17 000
                   Uitstaande EFO:       205                                  R12 800
                                         206                                   R3 750
                   Gunstige saldo volgens die bankrekening                    R20 400

                   LET WEL:

                   Met die vergelyking van die Mei 2024 bankstaat, ontvang van TYME
                   Bank, met die Bankversoeningstaat van April 2024, is die volgende
                   opgemerk:

                        Die uitstaande deposito van R17 000 het nie op die Mei
                         bankstaat verskyn nie. ’n Ondersoek het aan die lig gebring
                         dat die geld nooit gedeponeer is nie. Die kassier kan nie
                         verduidelik waar die kontant is nie.
                        EFO nr. 205 is korrek op die Mei bankstaat as R18 200.
                        Die ander uitstaande bedrae van die vorige maand het op die
                         Mei bankstaat verskyn.

       C.          Die volgende transaksie op die bankstaat van Mei 2024 verskyn
                   nie in die joernale nie:

                        OTM-fooie, EFO-kostes en kontanthanteringsheffing, R1 380.
                        Rente op lopende rekening, R350.
                        Kredietkaartheffing, R2 025.
                        ’n Direkte deposito van ’n debiteur, T Colby nadat hy 5%
                         korting ontvang het op uitstaande skuld van R3 800.
                        ’n Direkte deposito van R7 500 deur K Britz, ’n huurder.
                        ’n Debietorder van R3 700 vir die maandelikse
                         telefoonrekening het twee keer op die Bankstaat verskyn. Die
                         bank sal die fout volgende maand regstel.
                        ’n Debietkaartbetaling van R1 500 vir brandstof vir die
                         onderneming se voertuig. Die eienaar het nagelaat om die
                         brondokument by die boekhouer in te gee.

       D.          Die volgende inskrywings was na die 25ste Mei 2024 in die
                   kontantjoernale:

                        Deposito gedateer 28 Mei 2024              R6 500
                        EFO 268 gedateer 29 Mei 2024               R2 700
                        EFO 269 gedateer 30 Mei 2024               R4 300
                        Debietkaart kontantontrekking              R12 300

       E.          Die bankstaatsaldo op 31 Mei 2024 was?

                                                                                               45

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Rekeningkunde/V2                          6                              NW/Junie 2024
                                       Graad 11

 VRAAG 2: KREDITEUREVERSOENING                                            (20 punte; 20 minute)

 2.1   EVA HANDELAARS

       Eva Handelaars ontvang die staat van hulle krediteur, Yoki Handelaars, op
       25 Maart 2024. ’n Vergelyking toon dat die saldo op die staat nie met dié van die
       krediteuregrootboekrekening ooreenstem nie.

       GEVRA:

       2.1.1    Gebruik die tabel wat in die Antwoordeboek verskaf is om die
                veranderinge aan te dui wat in die Krediteurekontrolerekening en die
                Rekeningstaat gemaak moet word om die foute en weglatings in ag te
                neem.

                Dui ‘n vermeerdering met ‘n ‘+’ en ‘n vermindering met ‘n ‘–‘ met elke
                bedrag aan.                                                                 (14)

       2.1.2    Gee TWEE verduidelikings hoe die voorbereiding van ‘n krediteure-
                rekonsiliasie as ‘n interne beheermaatreël, die besigheid kan bystaan
                om hul krediteure meer effektief te bestuur.                                (4)

       2.1.3    Verwys na inligting C nommer 3.

                Identifiseer die tipe korting wat aan Eva Handelaars op 24 Maart 2024
                toegestaan is.                                                              (2)

       INLIGTING:

       A.       Krediteuregrootboek van Eva Handelaars:

                Yoki Handelaars
                 Datum    Besonderhede            Fol     Debiet     Krediet     Saldo
                 Mrt    1 Rekening gelewer        a/b                            86 600
                2024      Faktuur 567              KJ                 82 000    168 600
                        6 Debietnota              KAJ       4 500               164 100
                       10 EFO 446                 KBJ      52 000               112 100
                          Korting                 KBJ       4 160               107 940
                       20 Faktuur 995              KJ                 18 500    126 440
                       22 EFO 467                 KBJ      22 000               104 440
                       24 Faktuur 584              KJ                 40 000    144 440
                       28 EFO 471                 KBJ      23 000               121 440
                          Korting                 KBJ       2 300               119 140
                       30 Faktuur 591              KJ                 74 000    193 140

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Rekeningkunde/V2                           7                             NW/Junie 2024
                                        Graad 11

       B.        Staat ontvang van Yoki Handelaars:

                 YOKI HANDELAARS
                 Arendstraat 145                        Debiteur: Eva Handelaars
                 25 Maart 2024                                    Duifstraat

                   Datum     Besonderhede                 Debiet     Krediet     Saldo
                   Feb 26    Saldo                                              111 600
                        28   Kwitansie 115                            25 000     86 600
                   Mrt   1   Faktuur 567                   82 000               168 600
                         6   Kredietnota 12                 4 500               173 100
                        10   Kwitansie 121                            52 000    121 100
                             Korting toegestaan                        2 600    118 500
                        18   Faktuur 572                   48 000               166 500
                        22   Kwitansie 135                            22 000    144 500
                        24   Faktuur 584                   36 000               180 500
                        25   Afleweringskoste               5 500               186 000

       C.        ’n Ondersoek het aan die lig gebring dat:

            1.   Yoki Handelaars het slegs 5% korting op die betaling op 10 Maart 2024
                 toegestaan.
            2.   Yoki Handelaars het die kredietnota 12 in die verkeerde kolom in hulle
                 rekords ingeskryf.
            3.   Eva Handelaars het vergeet om die korting wat Yoki Handelaars op
                 faktuur 584 gegee het, af te trek.
            4.   Faktuur 995 was vir goedere wat Eva Handelaars by Koki Handelaars
                 gekoop het.
            5.   Faktuur 572 was vir goedere wat deur Yoki Handers aan Vae
                 Handelaars verkoop het.
            6.   Volgens die kontrak hef Yoki Handelaars ’n afleweringsfooi aan al hulle
                 debiteure.
            7.   Die staat wat van Yoki Handelaars ontvang is, bevat geen transaksie
                 wat na 25 Maart 2024 aangegaan is nie. Al hierdie transaksies is
                 korrek in die boeke van Eva Handelaars geboekstaaf.

                                                                                                 20

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Rekeningkunde/V2                             8                            NW/Junie 2024
                                          Graad 11

 VRAAG 3: VASTE BATES                                                   (50 punte; 40 minute)

 3.1   PAS ITEMS

       Kies ’n beskrywing uit KOLOM B wat by ’n item in KOLOM A pas. Skryf slegs
       die letter (A–E) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.5) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, bv. 3.1.6 F.

                KOLOM A                                    KOLOM B
       3.1.1   Omsigtigheid             A       Metode om waardevermindering op die
                                                kosprys af te skryf.
       3.1.2   Historiese koste
                                        B       Bereken bedrae deur opgehoopte
       3.1.3   Vaste paaiement                  waardevermindering van die kosprys af
                                                te trek.
       3.1.4   Verminderde saldo
                                        C       Bates moet op ’n realistiese waarde
       3.1.5   Boekwaarde                       bepaal word.

                                        D       Waardevermindering word op
                                                boekwaarde bereken.

                                        E       Bate geboekstaaf teen sy aankoopprys
                                                minus handels-korting, plus enige
                                                ander bykomstighede.
                                                                                (5 x 1)    (5)
 3.2   VASTE BATES

       Die inligting wat verskaf word, het betrekking op die Nie-bedryfsbates van LM
       Handelaars. Die finansiële jaar eindig op 29 Februarie 2024.

       GEVRA:

       3.2.1       Bereken waardevermindering op toerusting en voertuie.                   (17)

       3.2.2       Voltooi die Bateverkoperekening om die verkope van toerusting aan
                   te teken.                                                         (6)

       3.2.3       Voltooi die vaste bate nota op 29 Februarie 2024.                       (14)

       INLIGTING:

       A.          Vaste bate nota (Nota 3):

                                                     Toerusting          Voertuie
                   Drawaarde (01/03/23)                     50 000                  ?
                   Kosprys                                 400 000            300 000
                   Opgehoopte
                                                         (350 000)                     ?
                   waardevermindering

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Rekeningkunde/V2                           9                              NW/Junie 2024
                                        Graad 11

       B.          Toerusting:

                        LM Handelaars het twee kopieermasjien vir R200 000 elk
                         gekoop. Opgehoopte waardevermindering op hierdie
                         kopieermasjiene op 1 Maart 2023 was R350 000. Die
                         besigheid het hierdie kopieermasjiene vir meer as vyf jaar
                         gehad, en hulle sal na verwagting produktief gebruik word vir
                         nog drie jaar.
                        LM Handelaars het 'n nuwe afrolmasjien op krediet by Cannon
                         vir R250 000 op 1 Desember 2023 gekoop.
                        Waardevermindering op toerusting word bereken teen 15%
                         per jaar op kosprys.

       C.          Voertuie:

                        Nissan MP 200 is op 1 Maart 2021 vir R300 000 gekoop.
                         Hierdie bakkie is vir R220 000 kontant verkoop op
                         1 September 2023.
                        Twee Toyota bakkies is op 31 Mei 2023 vir R325 000 elk
                         gekoop. Die fondse is elektronies na die motorhandelaar
                         oorgedra.
                         Alarmstelsels van R8 000 is geiïnstalleer en lisensiegelde van
                         R1 800 is betaal.
                        Waardevermindering word op drawaarde bereken teen 'n
                         koers van 20% per jaar.

 3.3   INTERNE KONTROLE VAN VASTE BATES

            3.3.1 Noem TWEE punte van advies, oor hoe om beter beheer oor die
                  gebruik van besigheidsvoertuie uit te oefen.                (4)

            3.3.2 Verduidelik waarom dit belangrik is om ’n bateregister wat op datum
                  is te hou. Verskaf TWEE punte.                                      (2)

            3.3.3 Gee EEN rede waarom ŉ onderneming mag besluit om vaste bates
                  te verkoop.                                                             (2)

                                                                                            50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Rekeningkunde/V2                           10                            NW/Junie 2024
                                        Graad 11

 VRAAG 4: REKENINGKUNDIGE VERGELYKING                                   (35 punte; 30 minute)

 4.1   AMELIA HANDELAARS

       Die inligting wat verskaf word, het betrekking op Amelia Handelaars. Die onderneming
       handhaaf ‘n vaste winsopslag van 25% op kosprys en gebruik die deurlopende
       voorraadstelsel.

       LET WEL: Aanvaar dat die bankrekening ‘n batige saldo toon.

       GEVRA:

       Ontleed die volgende transaksies volgens die opskrifte wat verskaf is in jou
       ANTWOORDEBOEK.

       4.1.1       Verkoop goedere op krediet, R25 000.                                  (6)

       4.1.2       Koop handelsvoorraad vir R65 000 min 5% handelskorting. Maak 'n
                   EFO-betaling aan die verskaffer.                                (4)

       4.1.3       Betaal per EFO om die goedere by die onderneming te laat aflewer,
                   R900.                                                             (4)

       4.1.4       ‘n Elektroniese bankbetaling van R20 000 aan ‘n krediteur is
                   foutiewelik reeds op 13 Februarie 2024 geboekstaaf, alhoewel die
                   magtigingsdatum vir die oorbetaling van die fondse deur die bank eers
                   30 April 2024 is.                                                     (4)

       4.1.5       ‘n EFO vir R534 verskyn op die bankstaat. Die bedrag wat in die
                   kontantjoernaal ingeskryf was, is R435. Die bankstaatbedrag is
                   korrek. Die EFO is aan Mompati BK vir handelsvoorraad uitereik. (6)

       4.1.6       ‘n Ander EFO is foutiewelik in die KBJ as R999 in plaas van R99
                   ingeskryf. Hierdie EFO is aan East Pack vir verbruiksgoedere
                   uitgereik.                                                      (6)

       4.1.7       Die winkelperseel is uitgebrei teen 'n kosprys van R160 000. Dit is
                   betaal en ingeskryf. Die boekhouer het egter die bedrag foutiewelik
                   teen Herstelwerk gedebiteer.                                        (5)

                                                                                          35

                                                                              TOTAAL:      150

Kopiereg voorbehou

### Page 11

Rekeningkunde/V2                                                                         NW/Junie 2024
                                               Graad 11

        GRAAD 11 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS

      Bruto Wins         100                 Bruto Wins            100                Netto Wins        100
                     x                                         x                                    x
        Verkope          1               Koste van Verkope          1                   Verkope             1

            Bedryfsuitgawes        100                                      Bedryfswins       100
                               x                                                          x
                  Verkope           1                                         Verkope         1

      Totale verdienste per vennoot                100                      Netto Wins                  100
                                               x                                                    x
 Gemiddelde eienaarsbelang van vennoot             1               Gemiddelde eienaarsbelang                1

           Bedryfsbates: Bedryfslaste                         (Bedryfsbates – Voorraad): Bedryfslaste

       Gemiddelde debiteure        365 of 12                       Gemiddelde krediteure                    365 of 12
                               x                                                                        x
          Kredietverkope                 1                Kredietaankope of Koste van Verkope                   1

       Gemiddelde voorraad         365 of 12                                Koste van Verkope
                               x
         Koste van Verkope              1                                  Gemiddelde voorraad

      Langtermynlenings : Eienaarsbelang                                 Totale bates: Totale laste

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [ACCOUNTING P2 GR11 QP NOV2023 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-qp-nov2023-afrikaans-watermark/a2d9376b-5342-490a-8a04-b73e930d98f4) — Accounting · QP · 2023 · Afr
- [Gr11 Acc P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-afrikaans-2020-exemplars-answer-book/beefd0ec-65a9-40ba-8a4f-bcbbc4b55e73) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR11 QP NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-qp-nov2020-afrikaans/e1f5b6b4-a7f4-4a8c-b27e-228a5f075c6b) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Gr11 Acc P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/f4aaccee-11fc-4428-9e02-2a752dd91053) — Accounting · QP · 2019 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR11 MEMO NOV2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-memo-nov2023-afrikaans/2ecebf35-604c-44ba-bade-30f2cc9d4da4) — Accounting · Memo · 2023 · Afr
- [Grade 11 ACC P2 (Afrikaans) June 2023 Answerbook](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-acc-p2-afrikaans-june-2023-answerbook/4b61a1af-b499-47c2-813a-2e27bffe45f3) — Accounting · Addendum · 2023 · Afr

## More from Grade 11 Accounting

- [GR11 Accounting Practice exam November Paper 1](https://www.hlayiso.com/library/gr11-accounting-practice-exam-november-paper-1/a786fffb-f00d-472f-a62b-80f038063c5b) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR11 ANSWER BOOK NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-answer-book-nov2025-afrikaans-watermark/6daad69c-e558-4d79-9945-bdcc57c797b8) — Addendum · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/7aa479bf-34d0-4240-934b-67a2f33e2597) — Memo · 2025 · Eng
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-afr-watermark/a92dc10a-0d2e-42d6-9cd3-ff78b0e78afe) — Memo · 2025 · Afr
- [LP Accounting Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-11-march-2025-qp-and-memo/e029a6c5-e494-4ee4-85f6-bf55d1d8442b) — QP + Memo · 2025
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2024 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2024-eng-watermark/c09eb350-5d2d-4070-8df4-25ece70dc7de) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
