# Afrikaans FAL Grade 11 Paper 3 November Mock 2026 Memo

> Grade 11 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the November Mock Exam 2026, 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-3-afrikaans/f119fe1c-6b54-4c2b-8ff5-26bffffc16f5
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2026
- Exam period: November Mock Exam
- Paper: 3
- Publisher: Hlayiso
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 11 Paper 3 November Mock 2026 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-3-afrikaans/f119fe1c-6b54-4c2b-8ff5-26bffffc16f5)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 11 · November Mock Exam · 2026 · Afrikaans. Memorandum, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Grade 11 Afrikaans FAL P3 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/892a748c-f6fa-4555-8061-556866de024f) — QP · 2026 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

hlayiso mock exams
                              Oefenreeks:
                              Graad 11 eksamenvoorbereiding
                              WWW.HLAYISO.COM

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 11

                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3
                        NOVEMBEREKSAMEN 2026 (PROEF)
                                   NASIENRIGLYNE

PUNTE: 100

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 10 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3                2                              Hlayiso/Proef 2026
                                            NSS – Nasienriglyne

ALGEMENE RIGLYNE BY DIE ASSESSERING VAN VRAESTEL 3
1.      Gebruik die rubrieke soos volg:
        AFDELING A: VRAAG 1                      OPSTEL (50)
        AFDELING B: VRAAG 2.1–2.4                LANGER TRANSAKSIONELE TEKS (30)
        AFDELING C: VRAAG 3.1–3.3                KORTER TRANSAKSIONELE TEKS (20)
2.      Bestudeer die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat beplanning, formaat,
        redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is.
3.      As ’n onderwerp misgetas is, word die kandidaat streng gepenaliseer by die inhoud
        (’n baie lae punt), maar die taal word normaalweg nagesien.
4.      Indien ’n skryfstuk grootliks uit die vraestel oorgeskryf is, ontvang die kandidaat geen
        punte nie (kommentaar: “Nie eie werk nie”). Indien dele van die skryfstuk wel die
        kandidaat se eie werk is, word daardie dele volgens die laagste kode geassesseer.
5.      Die kandidaat word nie addisioneel gepenaliseer indien hy/sy minder as die minimum
        of meer as die maksimum getal woorde gebruik nie; die rubriek maak reeds
        voorsiening daarvoor.
6.      By die visuele prikkels (VRAAG 1.6.1–1.6.3) moet die titel en die prent bymekaar
        aansluit. Indien die titel nie by die prent pas nie, maar die inhoud wel op die prent
        reageer, word die titel geïgnoreer.
7.      ’n Holistiese benadering word gevolg: die fokus val nie rigied op ’n enkele spelfout
        binne die konteks van die sin nie.
8.      Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is,
        word die eerste poging nagesien.
SIMBOLE BY DIE NASIEN
 VERDUIDELIKING                 SIMBOOL           BESKRYWING
 Woordorde                         ( )↷           Hakies en pyltjie
 Spelfout                                         Twee strepies onder die woord
 Woordkeuse                            /          Haal met ’n streep deur
 Tydfoute                              T          Hoofletter T in die kantlyn
 Woord(e) weggelaat                    ∧          Weglaatteken
 Taalfoute                                        Enkelstreep onder die fout
 Paragraafindeling                     //         Dubbele skuinsstreep
 Woorde uit ander tale                 X          Trek ’n X oor die woord
 Erkenning van goeie                   ✓          Regmerkie bo goeie taalgebruik of idees
 taalgebruik
 Herhaling                             hh         In die kantlyn
 Onduidelik/onverstaanbaar             ≀          Kronkelstreep in die kantlyn
 Punktuasie                            ◦          Omkring die fout
 Oorgeskryf uit die vraestel           Vr         In die kantlyn

NEERSKRYF VAN PUNTE

     • Bepaal eers in watter hoofvlak (bv. KNAP) die skryfstuk val, dan of dit in die hoë of lae
       subkategorie val, en ken dan EEN punt per kriterium toe.
     • AFDELING A: Inhoud en beplanning (30) + Taal, styl en redigering (15) + Struktuur (5)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           3                             Hlayiso/Proef 2026
                                       NSS – Nasienriglyne

      = 50
   • AFDELING B: Inhoud, beplanning en formaat (18) + Taal, styl en redigering (12) = 30
   • AFDELING C: Inhoud, beplanning en formaat (12) + Taal, styl en redigering (8) = 20

Voorbeeld (AFDELING A):       I/B: Knap – 22   T/S/R: Gemiddeld – 9   S: 4    TOTAAL: 35/50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           4                             Hlayiso/Proef 2026
                                       NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: OPSTEL
AFDELING A word volgens die opstelrubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor
EEN onderwerp of prent skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel skryf wat by sy/haar interpretasie
van die onderwerp pas. Assesseer die opstel sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se
oogpunt. Die moontlikhede hieronder is nie bindend nie.
VRAAG 1

1.1   Die dag toe ek my grootste vrees oorwin het
      Waarskynlik ’n verhalende opstel: die kandidaat vertel van ’n spesifieke dag waarop
      hy/sy ’n vrees (bv. vir water, hoogtes, honde, praat voor die klas) die hoof gebied het.
      Die vrees, die gebeure en die gevoel daarna moet duidelik wees. ’n Beskrywende
      benadering (die gevoelens daardie dag) is ook aanvaarbaar.                          [50]
1.2   My gunstelingplek in die hele wêreld
      Leen hom tot ’n beskrywende opstel: die kandidaat beskryf die plek (bv. ouma se
      kombuis, ’n strand, ’n sportveld) met sintuiglike detail (sien, hoor, ruik, voel, proe) en
      verduidelik waarom dit vir hom/haar spesiaal is. ’n Verhalende opstel oor ’n besoek aan
      die plek is ook aanvaarbaar.                                                          [50]
1.3   Selfone behoort in alle skole verbied te word.
      ’n Argumenterende opstel (die kandidaat stem saam OF nie saam nie en verdedig
      sy/haar standpunt) of ’n beredenerende opstel (albei kante word bespreek: afleiding,
      kuberafknouery en kullery teenoor navorsing, veiligheid en kontak met ouers) met ’n
      gevolgtrekking. Die standpunt moet duidelik wees.                               [50]
1.4   Een fout het alles verander …
      Waarskynlik ’n verhalende opstel oor ’n fout (bv. ’n leuen, ’n verkeerde keuse, ’n
      ongeluk) en die gevolge daarvan. Die verandering kan negatief of positief wees (bv.
      die kandidaat het ’n waardevolle les geleer). ’n Bespiegelende opstel oor hoe klein
      foute groot gevolge kan hê, is ook aanvaarbaar.                                [50]
1.5   ’n Ware vriend is goud werd.
      Kan beskrywend (die eienskappe van ’n ware vriend), verhalend (’n voorval wat bewys
      het wie ’n ware vriend is) of beredenerend/bespiegelend (waarom ware vriendskap
      so waardevol is) wees. Die metafoor “goud werd” behoort op een of ander wyse
      aangespreek te word.                                                            [50]
1.6.1 Prent: ’n leë pad met ’n tas en ’n padteken “KAAPSTAD 1 400 km”
      Moontlike interpretasies: ’n reis, wegloop van die huis, ’n nuwe begin in ’n groot stad,
      studies of werk ver van die huis af, heimwee, ’n lang pad na ’n droom, verlies (wie se
      tas is dit?). Enige opstelsoort is aanvaarbaar mits die verband met die prent duidelik
      is.                                                                                 [50]
1.6.2 Prent: ’n selfoon met die boodskap “Kom asseblief dadelik huis toe. Ons moet
praat.”
      Moontlike interpretasies: slegte nuus (siekte, dood, ’n ongeluk), goeie nuus (’n
      verrassing, ’n prys), ’n geheim wat uitgekom het, die kandidaat het iets verkeerd
      gedoen, ouers wat skei of verhuis. Waarskynlik ’n verhalende opstel met spanning.
      Die titel is die kandidaat se eie.                                           [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           5                            Hlayiso/Proef 2026
                                       NSS – Nasienriglyne

1.6.3 Prent: ’n wenpodium met ’n trofee op die hoogste trappie
      Moontlike interpretasies: ’n sportprestasie, harde werk en volharding, die prys van
      sukses, kompetisie, die gevoel van wen of verloor, ’n droom wat waar word, of figuurlik:
      “die eerste plek” in die lewe. Enige opstelsoort is aanvaarbaar.                   [50]
                                                            TOTAAL AFDELING A:            50
SOORTE OPSTELLE (KORT RIGLYN)

   • Verhalend: vertel ’n storie met ’n duidelike begin, middel (hoogtepunt) en einde;
     gewoonlik in die verlede tyd.
   • Beskrywend: beskryf ’n persoon, plek of gebeurtenis so lewendig dat die leser dit kan
     sien, hoor en voel.
   • Argumenterend: die skrywer neem ’n duidelike standpunt in en gee redes om die leser
     te oortuig.
   • Beredenerend: albei kante van ’n saak word bespreek voordat die skrywer tot ’n
     gevolgtrekking kom.
   • Bespiegelend: die skrywer dink oor ’n idee of vraag na; persoonlik van aard.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           6                             Hlayiso/Proef 2026
                                       NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKS
AFDELING B word volgens die rubriek uit 30 geassesseer. Let op die korrekte formaat van
elke teks; formaat is deel van die punt vir Inhoud, beplanning en formaat.
VRAAG 2

2.1   VRIENDSKAPLIKE BRIEF
         • Skrywer se adres regs bo, met die datum daaronder.
          • Aanhef, bv. Liewe Lindiwe (sonder komma), met ’n hoofletter na die aanhef.
          • Inleiding: groet en verwys na die rede vir die brief (niggie/neef kom volgende jaar
            na die skool).
          • Inhoud: beskryf die skool (onderwysers, vriende, sport, kultuur, reëls) EN gee
            praktiese raad oor aanpassing (sluit by ’n klub aan, wees vriendelik, vra hulp).
          • Slot: bemoedigende woorde; afsluiting, bv. Groete/Liefde, en die skrywer se
            voornaam.
          • Toon: informeel, vriendelik en gerusstellend.
                                                                                          [30]
2.2   FORMELE BRIEF
        • Skrywer se adres regs bo, met die datum daaronder; ontvanger se titel en adres
          links (bv. Die Skoolhoof, Hoërskool …).
          • Aanhef: Geagte meneer/mevrou …
          • Onderwerpreël (onderstreep of in hoofletters), bv. VERSOEK OM ’N
            DRA-JOU-EIE-KLERE-DAG TE HOU.
          • Inhoud: die doel van die dag, die datum (laaste Vrydag van die kwartaal), die
            bydrae (R10), hoe die geld ingesamel en aan die kinderhuis oorhandig sal word,
            reëls oor gepaste klere.
          • Slot: bedanking en versoek om ’n antwoord; Die uwe, handtekening, naam en
            van, posisie (bv. VLR-voorsitter).
          • Toon: formeel en beleefd; geen sametrekkings of slengtaal nie.
                                                                                          [30]
2.3   DIALOOG
         • Opskrif/titel en ’n kort beskrywing van die situasie/omgewing (opsioneel, tussen
           hakies).
          • Name van die sprekers aan die linkerkant, gevolg deur ’n dubbelpunt; geen
            aanhalingstekens nie.
          • Toneelaanwysings (indien gebruik) tussen hakies.
          • Albei standpunte moet duidelik gestel word (bv. vervoer, koste, veiligheid,
            wie gaan saam, huistoe-kom-tyd). Die gesprek moet logies verloop en tot ’n
            gevolgtrekking kom.
          • Toon: gepas vir ’n gesprek tussen ’n kind en ouer – respekvol.
                                                                                          [30]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           7                         Hlayiso/Proef 2026
                                       NSS – Nasienriglyne

2.4   DAGBOEKINSKRYWINGS
        • TWEE inskrywings, elk met ’n datum (en tyd) boaan; ’n aanhef soos Liewe
          Dagboek is opsioneel.
          • Eerstepersoonsvorm; informele en persoonlike toon.
          • Inskrywing 1 (aand vóór die finaal): senuwees, verwagtinge, voorbereiding,
            verantwoordelikheid as kaptein.
          • Inskrywing 2 (aand ná die finaal): die uitslag, hoogtepunte van die wedstryd,
            gevoelens (vreugde of teleurstelling), lesse geleer.
          • Die verskil in gevoelens tussen die twee inskrywings moet duidelik wees.
                                                                                       [30]
                                                             TOTAAL AFDELING B:         30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3           8                           Hlayiso/Proef 2026
                                       NSS – Nasienriglyne

AFDELING C: KORTER TRANSAKSIONELE TEKS
AFDELING C word volgens die rubriek uit 20 geassesseer.
VRAAG 3

3.1   ADVERTENSIE
        • ’n Pakkende opskrif, bv. TE KOOP: FIETS IN TOPTOESTAND!
          • Beskrywing van die fiets: tipe, kleur, grootte, ouderdom, toestand, ekstra’s (bv.
            helm, slot).
          • Prys (en of dit onderhandelbaar is).
          • Kontakbesonderhede: naam, klas/registerklas, selfoonnommer.
          • Oorredende taal en uitlegelemente (bv. hoofletters, kolpunte, uitroeptekens). Die
            woorde word getel; tekeninge verdien geen punte nie.
                                                                                         [20]
3.2   UITNODIGING
         • Wie nooi (die skool/kultuurkomitee), wie genooi word (ouers en gemeenskap).
          • Wat: kultuuraand (sang, dans, toneel); waarom: om geld vir rekenaars in te samel.
          • Wanneer: datum en tyd in November; waar: plek (bv. skoolsaal).
          • Toegangsgeld/kaartjies, eetgoed, kleredrag (opsioneel).
          • RSVP: aan wie, kontaknommer en datum.
          • Aantreklike uitleg; toon: vriendelik en uitnodigend.
                                                                                         [20]
3.3   AANWYSINGS
        • ’n Kort opskrif/groet (dit is ’n WhatsApp-boodskap; informele register is
          aanvaarbaar, maar Standaardafrikaans word verwag).
          • Duidelike aanwysings in die korrekte volgorde, bv. Draai links by …, Loop reguit
            verby …
          • Ten minste VYF bakens (bv. ’n kerk, vulstasie, spazawinkel, park, taxistaanplek,
            robot).
          • Afstande/tyd (bv. omtrent 200 m, vyf minute stap) en die huisnommer/kleur van
            die huis aan die einde.
          • Gebiedende wyse; kort, eenvoudige sinne of genommerde stappe.
                                                                                         [20]
                                                             TOTAAL AFDELING C:           20
                                                                   GROOTTOTAAL:          100

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3                              9                                                    Hlayiso/Proef 2026
                                                          NSS – Nasienriglyne

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL
[50 PUNTE]
Kriteria                  Uitsonderlik            Knap                   Gemiddeld             Elementêr               Onvoldoende
INHOUD EN    Hoë          28–30                   22–24                  16–18                 10–12                   4–6
BEPLANNING vlak           Respons                 Respons baie           Respons               Wisselvallige           Respons heeltemal
(30)                      uitsonderlik/treffend   goed; idees            bevredigend; idees    samehang; idees         irrelevant; idees
Respons en                en bo verwagting;       heeltemal relevant,    redelik               onduidelik, nie         deurmekaar; vaag
idees;                    idees intelligent en    interessant en         samehangend en        oorspronklik nie;       en herhalend; geen
organisering              volwasse;               volwasse;              oortuigend;           min bewys van           organisasie nie
van idees;                uitsonderlike           organisasie baie       redelike              organisasie
bewustheid                organisasie en          goed en                organisasie
van doel,                 samehang                samehangend
gehoor en                 (inleiding, liggaam,
konteks                   slot)
             Lae          25–27                   19–21                  13–15                 7–9                     0–3
             vlak         Respons                 Respons goed;          Respons               Respons grootliks       Geen poging om by
                          uitmuntend, maar        idees relevant en      bevredigend, maar     irrelevant; idees los   die onderwerp te
                          sommige treffende       interessant;           verval soms in        en verwarrend;          hou nie;
                          eienskappe              organisasie goed       onduidelikheid; ’n    skaars bewys van        deurmekaar en
                          ontbreek; knap          en samehangend         mate van              organisasie             sonder fokus
                          organisasie en                                 organisasie
                          samehang
TAAL, STYL        Hoë     14–15                   11–12                  8–9                   5–6                     0–3
EN                vlak    Toon, register, styl    Baie gepaste toon      Gepaste toon en       Toon en                 Taal
REDIGERING                en woordeskat           en woordeskat;         woordeskat; taal      woordeskat nie          onverstaanbaar;
(15)                      hoogs gepas;            taalgebruik            dra betekenis         gepas nie; baie         woordeskat so
Toon, register,           taalgebruik getuig      effektief;             voldoende oor         basiese                 beperk dat dit nie
styl,                     van vertroue;           grammatika en                                taalgebruik; baie       sin maak nie
woordkeuse,               grammatika en           spelling grootliks                           beperkte
grammatika,               spelling feitlik        foutvry                                      woordeskat
spelling en               foutvry
punktuasie
                  Lae     13                      10                     7                     4
                  vlak    Taalgebruik             Taalgebruik            Voldoende             Taalgebruik
                          uitstekend en           toepaslik en oor die   taalgebruik, maar     onvoldoende;
                          retories effektief;     algemeen effektief;    teenstrydighede;      weinig
                          feitlik foutvry         enkele foute           beperkte retoriese    sinsverskeidenheid;
                                                                         middele               woordeskat baie
                                                                                               beperk
STRUKTUUR                 5                       4                      3                     2                       0–1
(5)                       Uitstekende             Logiese                Relevante detail      Sommige punte           Noodsaaklike
Kenmerke van              ontwikkeling van        ontwikkeling van       ontwikkel; sinne en   geldig; sinne en        punte ontbreek;
die teks;                 die onderwerp;          detail;                paragrawe goed        paragrawe foutief;      sinne en
paragraaf-                uitsonderlike detail;   samehangend;           gekonstrueer;         opstel maak nog         paragrawe foutief;
ontwikkeling en           sinne en                sinne en               opstel maak nog       sin                     opstel maak nie sin
sinskonstruksie           paragrawe               paragrawe logies       effens sin                                    nie
                          uitsonderlik            en gevarieerd
                          gekonstrueer
VERSPREIDING VAN          43–50                   33–40                  23–30                 13–20                   0–10
PUNTE
LET WEL: Die kriteria vir Inhoud en Taal is in elke vlak in ’n hoë en ’n lae subkategorie verdeel. Struktuur word nie in hoë en lae vlakke
verdeel nie.

Kopiereg voorbehou                                                                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3                           10                                                    Hlayiso/Proef 2026
                                                        NSS – Nasienriglyne

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) –
EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE]
Kriteria                Uitsonderlik            Knap                    Gemiddeld            Elementêr                Onvoldoende
INHOUD,                 15–18                   11–14                   8–10                 5–7                      0–4
BEPLANNING EN           Respons                 Respons baie goed;      Respons              Basiese respons;         Geen kennis van die
FORMAAT (18)            uitsonderlik, bo        goeie kennis van        voldoende;           geringe kennis van       kenmerke van die
Respons en idees;       verwagting; idees       die kenmerke van        voldoende kennis     die kenmerke;            teks nie; betekenis
organisering van        intelligent en          die teks; geen          van die kenmerke;    afwykings; inhoud        onduidelik met groot
idees; doel, gehoor,    volwasse; grondige      afwykings nie;          enkele afwykings;    nie altyd                afwykings; geen
kenmerke/               kennis van die          samehangend en          redelike samehang;   samehangend nie;         samehang nie;
konvensies en           kenmerke van die        goed uitgebrei;         sommige detail;      min detail; formaat      formaat nie
konteks                 teks; behou fokus;      formaat gepas met       formaat oorwegend    vaagweg toegepas         toegepas nie
                        idees uitgebrei met     onbeduidende foute      gepas met enkele
                        ondersteunende                                  foute
                        detail; gepaste en
                        akkurate formaat
TAAL, STYL EN           10–12                   8–9                     6–7                  4–5                      0–3
REDIGERING (12)         Toon, register, styl    Baie geskik vir doel,   Geskik vir doel,     Minder geskik;           Stem nie ooreen
Toon, register, styl,   en woordeskat           gehoor en konteks;      gehoor en konteks;   grammatika               met doel, gehoor en
woordkeuse,             hoogs geskik vir        grammatika oor die      enkele               onakkuraat met           konteks nie; besaai
grammatika,             doel, gehoor en         algemeen korrek;        grammatikafoute;     etlike foute; basiese    met foute; betekenis
punktuasie en           konteks;                baie goeie              voldoende            woordeskat;              ernstig belemmer
spelling                grammatika              woordeskat;             woordeskat; foute    betekenis belemmer
                        akkuraat en goed        oorwegend foutloos      belemmer nie
                        gekonstrueer; feitlik                           betekenis nie
                        foutloos
VERSPREIDING            25–30                   19–23                   14–17                9–12                     0–7
VAN PUNTE

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KORTER TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING C) –
EERSTE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE]
Kriteria                Uitsonderlik            Knap                    Gemiddeld            Elementêr                Onvoldoende
INHOUD,                 10–12                   8–9                     6–7                  4–5                      0–3
BEPLANNING EN           Respons                 Respons baie goed;      Respons              Basiese respons;         Geen kennis van
FORMAAT (12)            uitsonderlik, bo        goeie kennis van        voldoende;           geringe kennis van       die kenmerke nie;
Respons en idees;       verwagting;             die kenmerke; geen      voldoende kennis     die kenmerke;            betekenis
organisering van        grondige kennis van     afwykings nie;          van die kenmerke;    afwykings; min           onduidelik; geen
idees; kenmerke/        die kenmerke van        samehangend;            enkele afwykings;    detail; formaat          samehang nie;
konvensies en           die teks; behou         formaat gepas met       sommige detail;      vaagweg toegepas         formaat nie
konteks                 fokus; idees            onbeduidende foute      formaat oorwegend                             toegepas nie
                        uitgebrei met detail;                           gepas
                        gepaste en akkurate
                        formaat
TAAL, STYL EN           7–8                     5–6                     4                    3                        0–2
REDIGERING (8)          Toon, register en       Baie geskik vir doel    Geskik vir doel en   Minder geskik;           Stem nie ooreen
Toon, register, styl,   woordeskat hoogs        en gehoor;              gehoor; enkele       grammatika               met doel en gehoor
woordkeuse,             geskik; grammatika      grammatika oor die      grammatikafoute      onakkuraat met           nie; besaai met
grammatika,             akkuraat; feitlik       algemeen korrek;        wat nie betekenis    etlike foute; basiese    foute; betekenis
punktuasie en           foutloos                baie goeie              belemmer nie         woordeskat;              ernstig belemmer
spelling                                        woordeskat                                   betekenis belemmer
VERSPREIDING            17–20                   13–15                   10–11                7–8                      0–5
VAN PUNTE

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Grade 11 Afrikaans FAL P1 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/e789b3de-4121-4cac-9ddd-2560e118efd5) — Afrikaans FAL · QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans FAL P2 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/23463b7d-6e15-4fe4-a938-3c18c8cce222) — Afrikaans FAL · QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans FAL P3 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-3-afrikaans/3e05c3a4-6c73-444a-9109-43f4a76f93f1) — Afrikaans FAL · QP · 2026 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 MEMO GR11 NOV 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-memo-gr11-nov-2022/49d8bcac-ca73-4701-bd0d-5b0eff7581a5) — Afrikaans FAL · Memo · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 MEMO GR11 NOVEMBER 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-memo-gr11-november-2020/6b789773-cb6f-4bc9-9b1a-c8e94002202b) — Afrikaans FAL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 MEMO GRAAD 11 NOVEMBER 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-memo-graad-11-november-2019/683c3250-0701-4435-80cb-b4034b32e461) — Afrikaans FAL · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 11 Afrikaans FAL

- [Gr11-Afr-EAT-Studiegids LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-afr-eat-studiegids-lr/f08478bd-d6f1-47ab-9e51-b8e2589f8746) — Guide · Afr
- [Grade 11 Afrikaans FAL P1 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-1-afrikaans/46a850dc-ea7c-4724-a6d6-efb9119ed359) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans FAL P2 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-2-afrikaans/62280587-4112-47a5-b0f5-e0038b0c5b8f) — QP · 2026 · Afr
- [Gr 11 Afrikaans FAL ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-afrikaans-fal-atp-2023-24/dfe0a958-fc56-42e1-8dce-38c48b6068b8) — ATP · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 MEMO GR11 NOV2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-memo-gr11-nov2022/bc2393af-c65a-4444-ad4f-4d4a3dc1def5) — Memo · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR11 NOV 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr11-nov-2022/65d50ba7-1bec-406c-9d87-73abcc2c4cd0) — QP · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
