# Business Studies Grade 11 Eastern Cape November 2015 QP

> Grade 11 Business Studies question paper from the Eastern Cape November Exam 2015 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-11-business-studies-2015-eastern-cape-november-exam-question-paper-afrikaans/663e22eb-e4da-4e92-b2c5-03a4b3558020
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/business-studies) › [Business Studies Grade 11 Eastern Cape November 2015 QP](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-business-studies-2015-eastern-cape-november-exam-question-paper-afrikaans/663e22eb-e4da-4e92-b2c5-03a4b3558020)

## About this document

Business Studies · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2015 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 11

                       NOVEMBER 2015

                    BESIGHEIDSTUDIES

PUNTE:   300

TYD:     3 uur

                                *IBUSTA*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

2                                  BESIGHEIDSTUDIES                      (EC/NOVEMBER 2015)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die onderstaande instruksies en inligting aandagtig deur voordat jy die vrae
beantwoord.

1.     Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

       AFDELING A:      VERPLIGTEND

       AFDELING B:      Bestaan uit VYF vrae.
                        Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie
                        afdeling.

       AFDELING C:      Bestaan uit VIER vrae.
                        Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie
                        afdeling.

2.     Neem die tydsindeling in ag wanneer vrae beantwoord word.

3.     Lees die instruksie vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis
       van wat vereis word.

4.     Tensy ander instruksies gegee word moet antwoorde in VOLSINNE gegee
       word.

5.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

6.     Gebruik die puntetoekenning en aard van die vraag om die lengte en diepte
       van ŉ antwoord te bepaal.

7.     Begin die antwoord vir ELKE vraag op ŉ nuwe bladsy, bv. VRAAG 2 –
       NUWE BLADSY, VRAAG 3 – NUWE BLADSY, ens.

8.     Gebruik die tabel hieronder as ŉ gids vir punte- en tydstoekenning wanneer
       elke vraag beantwoord word.

                      AFDELING                    VRAAG     PUNTE           TYD
       A       Meervoudigekeuse-vrae
               Kies die korrekte woord
                                                      1       40       30 minute
               Pas-items
               VERPLIGTEND
       B       Beantwoord enige DRIE van die           2       60      30 minute
               vyf vrae.                               3       60      30 minute
                                                       4       60      30 minute
                                                       5       60      30 minute
                                                       6       60      30 minute
       C       Opsteltipe-vrae Beantwoord              7       40      30 minute
               enige TWEE vrae.                        8       40      30 minute
                                                       9       40      30 minute
                                                      10       40      30 minute
               TOTAAL                                         300     180 minute

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2015)                  BESIGHEIDSTUDIES                                     3

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1    VIER moontlike opsies word as antwoord vir die volgende stellings gegee.
       Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
       vraagnommer(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
       1.1.11 E.

       1.1.1     Ekonomiese misdaad sluit ... in.

                 A     roofkopiëring
                 B     winkeldiefstal
                 C     geldwassery
                 D     gewapende roof

       1.1.2     Watter van die volgende pas nie by die bemarkingsamestelling nie?

                 A     Prys
                 B     Produk
                 C     Personeel
                 D     Plek

       1.1.3     Paulina Pizza is ŉ onderneming wat deel van die … sektor vorm.

                 A     voedselvervaardiger
                 B     primêre
                 C     sekondêre
                 D     tersiêre

       1.1.4     ŉ Vakbond se hooffunksie is om …

                 A     vir beter salarisse en werksomstandighede namens werkers
                       te onderhandel.
                 B     handelsooreenkomste met ander lande te organiseer.
                 C     die politieke mondstuk vir die land te wees.
                 D     stakings, sloerstakings en ander vorme van protesoptogte te
                       organiseer.

       1.1.5     Kentucky Fried Chicken en McDonalds is voorbeelde van …

                 A     kettingswinkels.
                 B     franchises.
                 C     groothandelaars.
                 D     uitkontrakteringsbesighede.

       1.1.6     Die grootste vakbond in Suid-Afrika staan as die … bekend.

                 A     Kongres van Suid-Afrikaanse Vakbonde
                 B     Konferensie van Suid-Afrikaanse vakbonde
                 C     Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie
                 D     Kongres van vakbonde in Suid-Afrika

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

4                                 BESIGHEIDSTUDIES                       (EC/NOVEMBER 2015)

      1.1.7     … is ŉ voorbeeld van ŉ besigheid in die sekondêre sektor.

                A     Olieboor
                B     Melkproduksie
                C     Joghurtprodusering
                D     ŉ Vrugteboord

      1.1.8     Pro bono-werk beteken om ...

                A     probleme op te los of om moeilike situasies te hanteer.
                B     ŉ werk te onderneem sonder om betaling daarvoor te soek,
                      veral vir kliënte met ŉ lae inkomste.
                C     dinge te gee en om hulp te verskaf om doelwitte te bereik of
                      te behaal.
                D     iemand op te lei, berading te gee en raad te gee met minder
                      ervaring as wat jy het.

      1.1.9     Die vervaardiger van groot hoeveelhede gestandaardiseerde
                artikels kan identifiseer word as …-produksie.

                A     bondel
                B     massa
                C     werk
                D     produk

      1.1.10    Wat kan ŉ werker eis indien daar ŉ werkverwante besering
                opgedoen word?

                A     Getrouheidsversekering
                B     Werknemersversekering
                C     Padongelukkefonds
                D     Beroepsbeserings en -siektes                            (10 x 2) (20)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2015)                    BESIGHEIDSTUDIES                                        5

 1.2 Vul in die ontbrekende woord/e vir elke van die volgende. Skryf slegs die
     woord langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK.

       1.2.1    Afslag op pryse van goedere en dienste vir verbruikers wat dit buite
                seisoene aankoop, staan bekend as ...

       1.2.2    Om jou verbruikerstal uit te brei en om kwaliteit dienste te verbeter.

       1.2.3    Die … word altyd gebruik om te toets of ŉ aksie eties is.

       1.2.4    BTW, Perseel, Lopende Betaalstelsel (LBS) word deur … registreer.

       1.2.5    Die … is die naam van die wet wat verbruikers beskerm en sorg dat
                hulle nie diep in die skuld raak nie.
                                                                            (5 x 2)        (10)

 1.3 Kies ŉ omskrywing uit KOLOM B wat pas by ŉ begrip in KOLOM A. Skryf
     slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
     ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 F.

            KOLOM A                                  KOLOM B
       1.3.1 Ekonomiese           A Om ŉ produk ŉ hoë prys te gee om die topvlak
             dilemmas               van die mark te lok

       1.3.2    Kritiekroete-     B Hierdie kaart wys hoe kritiese elemente van ŉ
                ontleding           taak of projek verwant is aan mekaar en tot die
                                    projek in sy geheel

       1.3.3    Prysafskeiding    C Wanneer al die dele van die besigheid so goed
                                    saamwerk en meer uitsette produseer

       1.3.4    Induksie          D ŉ Stap-vir-stap tegniek vir die
                                    beplanningsproses.

       1.3.5    Opbreek van       E Die proses waar ŉ nuwe werker, of ŉ werker
                werkstrukture       wat oorgeplaas was uit ŉ ander posisie,
                                    voorgestel word aan die besigheid

                                  F   Wanneer daar probeer word om onbeperkte
                                      behoeftes met beperkte hulpbronne te
                                      bevredig
                                                                           (5 x 2)         (10)

                                                              TOTAAL AFDELING A:             40

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

6                                  BESIGHEIDSTUDIES                      (EC/NOVEMBER 2015)

AFDELING B

Beantwoord enige DRIE vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWING

2.1                  “Magsverhoudings kan ŉ besigheid maak of breek.”

      Verduidelik bogenoemde stelling met gepaste voorbeelde.                            (6)

2.2   Bespreek die impak van die verandering in inkomste vlakke van verbruikers
      op die besigheidsektor.                                             (4 x 2)        (8)

2.3   Onderskei tussen samesmeltings, oornames, alliansies en verkryging. (3 x 2)        (6)

2.4   Beskryf kortliks hoe sosiale, kulturele en demografiese kwessies besighede
      affekteer.                                                                         (6)

2.5   “Uitkontraktering het al hoe meer populêr oor die afgelope jare geword.”

      Bespreek VYF voordele van uitkontraktering.                                      (10)

2.6   “Elke bestuurder in die werkplek moet sorg dat ongelukke in die werkplek
      voorkom moet word.”

      Gee VYF maatstawwe wat bestuurders in plek kan stel om te voorkom dat
      ongelukke in die werkplek plaasvind.                             (5 x 2)         (10)

2.7   “Die belangrikheid van die primêre sektor-industrieë wat die sub-sektore van
      die sekondêre sektor voed word oorbenadruk in die ekonomieë van
      ontwikkelende lande soos Suid-Afrika.”

      Verduidelik hierdie stelling deur die skakel tussen die landbou, bosbou,
      vissery en mynbou te vergelyk as sub-sektore van die primêre sektor in die
      Suid-Afrikaanse ekonomie.                                                        (14)
                                                                                       [60]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2015)                    BESIGHEIDSTUDIES                                     7

VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

3.1    Tabuleer die verskille tussen ŉ eenmansaak, beslote korporasie en private
       maatskappy ten opsigte van die volgende kenmerke:

       3.1.1    Aantal stigterslede                                            (3 x 2)     (6)

       3.1.2    Aanspreeklikheid vir skuld                                     (3 x 2)     (6)

       3.1.3    Belasting                                                      (3 x 2)     (6)

3.2    Verduidelik enige DRIE kontraktuele implikasies wat bruikhuur vir besighede
       inhou.                                                                 (3 x 2)      (6)

3.3    ŉ Besigheidsplan is ŉ geskrewe dokument wat die aard, verkope en
       bemarking asook die finansiële agtergrond van die besigheid beskryf. Hierdie
       plan sluit in ŉ geprojekteerde wins- en uitgawe staat. Die besigheidsplan
       word ook beskou as ŉ padkaart wat rigting moet gee sodat die besigheid sy
       toekoms kan bepaal en ook vroegtydig struikelblokke in sy pad te kan
       identifiseer.

       3.3.1    ŉ Besigheidsplan moet omgeskakel word in ŉ aksieplan.

                Definieer die aksieplan.                                                   (2)

       3.3.2    Verduidelik die stappe wat gevolg moet word om ŉ besigheidsplan in
                ŉ aksieplan om te skakel.                                   (5 x 2)       (10)

3.4    Lys en verduidelik VYF funksies van ŉ vakbond.                          (5 x 2)    (10)

3.5    Noem VYF dinge wat vermy moet word in ŉ vraag en antwoordsessie. (5 x 2)           (10)

3.6    Wat is die verskil tussen verbale en nieverbale aanbieding van
       besigheidsinligting?                                                                (4)
                                                                                          [60]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

8                                 BESIGHEIDSTUDIES                      (EC/NOVEMBER 2015)

VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE

4.1   “Die kragveld-ontleding is ŉ besluitnemingstegniek wat in enige besigheid
      gebruik kan word.”

      Noem SES stappe wat gebruik kan word indien hierdie tegniek toegepas
      word.                                                                              (6)

4.2   Noem en verduidelik die stadiums wat ŉ besigheid kan gebruik indien daar
      krisisse voorkom.                                                                 (10)

4.3   Gee kortliks VYF redes waarom besighede gekant is teen veranderinge.
                                                                         (5 x 2)        (10)

4.4   Noem VYF belangrike eienskappe van ŉ entrepreneur.                     (5 x 2)    (10)

4.5   “Mikroleners word nie deur die Suid-Afrikaanse bankwet gereguleer nie.”

      Evalueer die aard en funksies van mikroleners.                                     (4)

4.6   Stel VYF strategieë voor om stres te hanteer.                          (5 x 2)    (10)

4.7   Beskryf die doel van die Arbeidsverhoudingewet, van 1995 (Wet nommer 66
      van 1995).                                                        (5 x 2)         (10)
                                                                                        [60]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2015)                     BESIGHEIDSTUDIES                                     9

VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

5.1    Lees deur die gevallestudie en beantwoord die vrae wat daarna volg:

                                  ADVERTERING IS MY WERK

       James het vir ses maande waargeneem as finansiële bestuurder voordat daar
       besluit was om die pos te adverteer. Die bestuurder het die pos geadverteer
       sonder om te spesifiseer wat die vereiste kwalifikasies en ervaring vir die pos
       was. Dit het gemaak dat aansoekers nie duidelikheid kon verkry oor die
       kriteria van die seleksieproses nie. Een van die funksionele bestuurders het
       besluit om die pos intern te adverteer deur van kennisgewingborde gebruik te
       maak. Slegs werkers in die finansiële departement kon aansoek doen.
       James was die enigste aansoeker en was permanent aangestel sonder ŉ
       onderhoud.

       5.1.1    Stel TWEE alternatiewe metodes voor wat die besigheid nog kan
                gebruik om die pos te adverteer.                                            (4)

       5.1.2    Die besigheid het van interne werwing gebruik gemaak. Verduidelik ŉ
                ander metode wat ook gebruik kon word.                                      (4)

       5.1.3    Waarom is dit belangrik om kwalifikasies en ervaring te spesifiseer
                indien ŉ pos geadverteer word?                                              (4)

       5.1.4    Differensieer tussen pos/werkbeskrywing en pos/werkspesifikasie.            (4)
                                                                                           [16]

5.2    Pas die volgende konsepte by die beskrywing wat daarna volg.

       Skryf SLEGS die konsep langs die vraagnommer neer.

                     Induksie; Werwing; Plasing; Dienskontrak; Seleksie

       5.2.1    Verskaf vereistes vir indiensneming, bv. vergoeding en werksure.

       5.2.2    Die aksie wat plaasvind nadat ŉ aantal onderhoude gevoer was.

       5.2.3    Die proses om geskikte kandidate te soek om die werk te doen.

       5.2.4    Om die kandidaat bekend te stel aan beleide, prosedure en
                werksprosesse van die besigheid.

       5.2.5    Die proses om ŉ nuwe kandidaat in ŉ pos aan te wys.             (5 x 2)    (10)

5.3    Watter inligting behoort in ŉ dienskontrak ingesluit te wees?                       (10)

5.4    Noem TWEE gehalte-liggame wat verseker dat vervaardigde goedere se
       gehalte behou word.                                              (2 x 2)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

10                                 BESIGHEIDSTUDIES                       (EC/NOVEMBER 2015)

5.5   Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat daarna
      volg:

      Beaux-Arts was in 1996 deur Linda Lloyd in Kempton Park gestig. Linda het
      begin met ŉ kuns en ambagsdienste wat sy aan skoolkinders vanaf die
      ouderdom van drie jaar verskaf het. Sy het as ŉ proef konsessiebesigheid
      (franchise) vir ŉ jaar begin en daarna ŉ lid van die Franchise Assosiasie van
      Suid-Afrika geword. Teen Junie 2001 het sy franchise besighede gestig wat
      skole in 101 stede, dorpe en munisipale gebiede oor die land bedien het. Sy
      het self die opleiding gedoen wat produkopleiding en bemarkingservaring
      ingesluit het. Konsessiehouers en hul werkers het ook deurgaanse opleiding
      deur spesialiste in die veld van pottebakkery, kuns en ambag ontvang om te
      verseker dat hulle die vereiste ervaring opdoen en kon gebruik.

      5.5.1    Bespreek TWEE voordele en TWEE nadele van ŉ franchise
               besigheid.                                                     (4 x 2)     (8)

      5.5.2    Linda wil graag van die aktiwiteite wat deur haar franchise-besigheid
               onderneem word, uitkontrakteer. Beveel aan EEN aktiwiteit wat sy
               kan uitkontrakteer en gee ŉ rede vir jou antwoord.                         (4)

      5.5.3    Veronderstel jy doen aansoek om die regte van ŉ franchise te besit
               vanaf Linda, en jy neem al die verantwoordelikheid van die besigheid
               op jouself. Watter soort eienaarskap sal jy kies? Motiveer jou
               antwoord.                                                                 (8)
                                                                                        [60]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2015)                  BESIGHEIDSTUDIES                                        11

VRAAG 6 ALLERLEI

6.1    6.1.1    Lys VIER oorsake van konflik in ŉ organisasie.                              (8)

       6.1.2    Watter strategieë kan gebruik word om konflik op te los?                    (8)

6.2    Alle spanne deel dieselfde vier belangrike elemente. Skryf neer die VIER
       elemente wat ŉ span suksesvol maak.                                                  (8)

6.3    Lys enige VIER eienskappe van goeie sake praktyke soos vervat in die
       King Kode III.                                                      (4 x 2)          (8)

6.4    “Verpakking onderskei produkte van die van mededingers.”

       Noem en beskryf kortliks die VIER vorme of tipes van verpakking.          (4 x 3) (12)

6.5    Identifiseer die probleemoplossingstegnieke wat hieronder beskryf word:

       6.5.1    Versameling van inligting deur ŉ gekose paneel wat gebaseer is op
                kennis van ŉ spesifieke onderwerp of area om ŉ oplossing vanuit
                verskillende oogmerke te kry deur van vraelyste gebruik te maak.            (2)

       6.5.2    Die metode om voor- en nadele te lys en te bespreek om sodoende
                oplossings vir ŉ probleem te kry.                                           (2)

6.6    Na vele inmengery en vergaderings het almal Joseph as spanlid aanvaar.
       Almal is nou gefokus op die groot wedstryd wat binne twee weke sal
       plaasvind. Soos die tyd verbygaan, het almal egter oor die wedstryd begin
       stres. Die afrigter het besef dat hy die span sal moet leer oor hoe om stres
       te bestuur.

       6.6.1    Waarom is dit belangrik vir die afrigter om die stresvlakke te
                bestuur?                                                                  (5
                                                                                          (10)
                                                                                             x 2)

6.7    Omskryf kollektiewe bedinging.                                                      (2)
                                                                                          [60]

                                                              TOTAAL AFDELING B:          180

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

12                                 BESIGHEIDSTUDIES                        (EC/NOVEMBER 2015)

AFDELING C

Beantwoord enige TWEE vrae uit hierdie afdeling.

VRAAG 7

Die bepaling van geskikte pryse vir produkte is een van die suksesfaktore vir ŉ
besigheid. As gevolg van die konstante verandering in die besigheidsomgewing
moet besighede soms aanpassings maak ten einde bestaande verbruikers te
behou, of om nuwe verbruikers te lok.

Analiseer en bespreek bogenoemde stelling onder die volgende hoofde:

Prystegnieke, Prysstrategieë, Prysbepaling en Faktore wat prysbepaling beïnvloed        [40]

VRAAG 8

Baie besighede word direk of indirek geraak deur talle sosio-ekonomiese
kwessies, wat druk plaas op die korporatiewe sosiale verantwoordelikheid van
besighede.

Bespreek die impak van DRIE van hierdie huidige sosio-ekonomiese kwessies op
ŉ besigheid se bedrywighede: bv. lae inkomste vlakke; armoede; inflasie;
demografiese/kulturele faktore en bevolkingsgroei; werkloosheid en/of ekonomiese
misdaad. Beveel aan enige moontlike oplossings en of bydraes wat besighede
kan maak om hierdie sosio-ekonomiese kwessies aan te kan spreek.                        [40]

VRAAG 9

ŉ Goeie voorbeeld van ŉ franchise-besigheid is Kentucky Fried Chicken. Hierdie
tipe besighede word feitlik in elke stad of dorp oor die land heen aangetref. ŉ Klein
besigheidseienaar koop die regte om goedere en dienste te verkoop vanaf ŉ groot,
reeds bestaande maatskappy. Die persoon wat die regte koop staan bekend as
die konsessiehouer/franchisee en die persoon/maatskappy wat die regte verkoop
staan bekend as die konsessiegewer/franchisor.

Brei uit op bogenoemde stelling deur te verwys na die voordele en nadele vir beide
die franchise-houer en franchise-gewer asook wat in die franchise-kontrak ingesluit
behoort te word.                                                                        [40]

VRAAG 10

Die Arbeidsverhoudingewet (wet nommer 66 van 1995) die Wet op Gelyke
Indiensneming, Wet 55 van 1998 en die Wet op Basiese Diensvoorwaardes,
wet 75 van 1997, was ingestel om die wanbalanse van die verlede in die
arbeidsektor reg te stel.

Bespreek die aard en bepalings van elke wetgewing en verduidelik hoe die wette
besighede beïnvloed.                                                                    [40]

                                                            TOTAAL AFDELING C:            80
                                                                GROOTTOTAAL:             300

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [BUSNESS STUDIES GR11 NOV 15 MEMO-AFR](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-business-studies-2015-eastern-cape-november-exam-memorandum-afrikaans/1abe246e-c384-4f04-871e-899584884ac5) — Business Studies · Memo · 2015 · Afr
- [BUS STUDIES P2 GR11 QP NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr11-qp-nov-2023-afrikaans/c6f575df-eade-4046-9d99-5fb712a4c087) — Business Studies · QP · 2023 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR11 MEMO SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr11-memo-sept2022-afrikaans/7d3c4d6c-19c9-4bb5-ad4e-4e7748c698c7) — Business Studies · Memo · 2023 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR11 MEMO SEPT2022 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr11-memo-sept2022-afrikaans-watermark/937f19de-bbb3-49bc-8029-e946e63d5d18) — Business Studies · Memo · 2023 · Afr
- [BUS STUDIES P2 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr11-memo-nov-2023-afrikaans-watermark/23acc6bb-1aad-4d57-95a2-d9781f97e116) — Business Studies · Memo · 2023 · Afr
- [BUS STUDIES P2 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/7668b78b-f627-40e3-a57c-e5de76ae3591) — Business Studies · Memo · 2023 · Afr

## More from Grade 11 Business Studies

- [Gr 11 Bus Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-bus-stu-atp-2023-24/9ad6e1d4-d0db-4a5d-938b-c62e8c425afd) — ATP
- [LP Business Studies Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-11-june-2025-p1-and-memo/430c6d81-db16-48ba-9a31-dd02966696bb) — QP + Memo · 2025
- [LP Business Studies Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-11-june-2025-p2-and-memo/8510a558-f4ef-4a6e-a8a4-ea5e38115ad4) — QP + Memo · 2025
- [BUSINESS STUDIES GRADE 11 NOV 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-11-nov-2025-marking-guideline-watermark/ac3d93e2-bc36-4620-bc68-8ea52575bd46) — Memo · 2025
- [KZN Business Studies Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-business-studies-grade-11-march-2025-qp-and-memo/4cb5b873-831f-4c2a-8621-535ec3cf62e7) — QP + Memo · 2025
- [BUSINESS STUDIES GR 11 P2 MG ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr-11-p2-mg-eng-watermark/73eb0603-6d98-4a00-94a2-c10deb7d95da) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
