# Economics Grade 11 P1 National Exemplar November 2020 Memo

> Grade 11 Economics Paper 1 memorandum from the National Exemplar November Exam 2020 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-11-economics-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/62c9420c-7687-4258-9faa-75b6a5dffc89
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2020
- Exam period: National Exemplar November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P1 National Exemplar November 2020 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-economics-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/62c9420c-7687-4258-9faa-75b6a5dffc89)

## About this document

Economics · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020 · Afrikaans. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                 SENIOR SERTIFIKAAT

                       GRAAD 11

                  NOVEMBER 2020

                     EKONOMIE V1
                    NASIENRIGLYN
                    (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   150

               Hierdie nasienriglyn bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

2                               EKONOMIE V1                              (EC/NOVEMBER 2020)

 AFDELING A: (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      1.1.1    A 33   insette

      1.1.2    C 33   buitelandse direkte investering

      1.1.3    D 33   volle indiensname

      1.1.4    C 33   BBP teen konstante pryse

      1.1.5    A 33   vlak van per capita inkome

      1.1.6    B 33   landbou

      1.1.7    D 33   Sasol

      1.1.8    B 33   terugkoop koers                                     (8 X 2)     (16)

 1.2 PAS ITEMS

      1.2.1    F3     Hierdie dokument skets hoe die regering voorstel om sy
                      besteding oor ŉ gegewe tydsperiode te finansier

      1.2.2    E3     ŉ Proses waar buitelandse lande hul besighede uit ŉ land
                      onttrek

      1.2.3    H3     Is betrokke in die produksie of ontginning van grondstowwe

      1.2.4    A3     Ondernemings wat deur die staat beheer word

      1.2.5    B3     Staatsinmenging om werkers te beskerm teen onregverdige
                      arbeidspraktyke

      1.2.6    D3     ŉ Beleid wat daarop gemik is om die eienaarskap van
                      landbougrond aan swart mense in die ekonomie, te vergroot

      1.2.7    C3     Die verhouding tussen inset en uitset

      1.2.8    G3     Die totaal van die faktor inkome in ŉ land          (8 X 1)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2020)                     EKONOMIE V1                                  3

 1.3 GEE EEN BEGRIP

       1.3.1    Per capita inkome 3

       1.3.2    Informele sektor 3

       1.3.3    Bruto Binnelandse Produk teen markpryse 3

       1.3.4    Monetêre beleid 3

       1.3.5    Geslote ekonomie 3

       1.3.6    Verstedeliking 3                                     (6 x 1)     (6)

                                                        TOTAAL AFDELING A:       30

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

4                                   EKONOMIE V1                                 (EC/NOVEMBER 2020)

 AFDELING B

 Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MAKRO EKONOMIE

 2.1 2.1.1    Noem enige TWEE faktore wat die prys van natuurlike
              hulpbronne beïnvloed.

              x      aanbod en vraag 3
              x      klimaat 3
              x      ligging 3
              x      kwaliteit van hulpbronne 3
              x      tegnologie 3                                           (Enige 2 x 1)    (2)

      2.1.2    Waarom word invoere nie in binnelandse besteding ingesluit nie.

               x Dit is omdat dit nie deel vorm van die binnelandse produksie
                 nie. 33
               x Die inkome van hul aankope word in ander lande en nie plaaslik
                 bestee nie. 33
                 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2)            (2)

 2.2 DATARESPONS

      2.2.1    Noem enige ander vorm van vervoer.

               x Spoorvervoer 3
               x Lugvervoer 3
               x Watervervoer 3                                             (Enige 1 x 1)    (1)

      2.2.2    Watter agentskap is verantwoordelik vir die oprigting en
               instandhouding van nasionale paaie in Suid-Afrika?

               Suid-Afrikaanse Nasionale Pad Agentskap (SANRAL) 3                            (1)

      2.2.3    Omskryf kortliks die begrip infrastruktuur.

               x      Infrastruktuur is die basiese geriewe, dienste en installasies wat
                      benodig word vir die werking van ’n ekonomie, soos byvoorbeeld
                      geboue, paaie en verskaffing van energie wat produktiwiteit
                      moontlik maak. 33
                     (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                      (2)

      2.2.4    Verduidelik die ekonomiese belangrikheid van vervoer aan die
               ekonomie.

               x  Vervoer bring die verbruiker en die vervaardiger bymekaar. 33
               x  Dit lewer ’n waardevolle bydrae tot die bruto binnelandse produk
                  van die land. 33
               x Dit help met die groei van toerisme. 33
               x Dit verskaf werksgeleenthede. 33
                 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2)            (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2020)                          EKONOMIE V1                                        5

       2.2.5    Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering die werking van openbare
                vervoer in die land verbeter?

                Die regering kan openbare vervoer verbeter deur die volgende:
                x Dit maklik te maak om openbare vervoer te gebruik as die ontwerp
                    van openbare voertuie verbeter word en deur die gebruik van
                    voertuig tariewe. 33
                x Munisipaliteite moet nouer met taxi’s saamwerk en inligting stelsels
                    gebruik om die werking daarvan beter te bestuur. 33
                x Samewerking met maatskappye wat innoverende toepassings
                    ontwikkel wat heen-en-weer-ry oplossings bied aan groot
                    werkverskaffers, in plaas daarvan om aan werkers parkeer geriewe
                    te bied. 33
                x Verminder verkeersopeenhopings deur toegewyde bane toe te ken
                    vir die gebruik van openbare vervoer. 33
                x Regulering van openbare vervoer tariewe. 33
                   (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 x 2)           (4)

 2.3 DATARESPONS

       2.3.1    Noem enige persoonlike eienskap van ’n entrepreneur.

                x     Goeie kommunikasie vaardighede 3
                x     Goeie mense vaardighede 3
                x     Bereidheid om berekende risiko’s te neem 3
                x     Hoë vlakke van kreatiwiteit en innovasie 3
                     (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)     (Enige 1 x 1)     (1)

       2.3.2    Wat is die vergoeding wat ’n entrepreneur ontvang?

                Wins 3                                                                        (1)

       2.3.3    Omskryf kortliks die begrip entrepreneur.

                x     ’n Persoon wat die risiko loop om ’n nuwe besigheid te begin en te
                      finansier, wat die behoeftes van verbruikers sal bevredig deur die
                      doeltreffende samevoeging van die ander produksiefaktore, ten
                      einde ’n wins te maak. 33
                     (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                       (2)

       2.3.4    Verduidelik die rol van ’n entrepreneur in die ekonomie.

                x  Entrepreneurs bevredig die behoeftes van verbruikers deur
                   goedere en dienste te verskaf wat deur verbruikers vereis word. 33
                x Hulle dien as ’n mark vir die natuurlike hulpbronne of
                   grondstowwe. 33
                x Hulle verskaf inkome aan die eienaars van die produksiefaktore. 33
                  (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2)            (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

6                               EKONOMIE V1                              (EC/NOVEMBER 2020)

      2.3.5    Hoe sal regeringsinmenging in die mark, die vergoeding van ’n
               entrepreneur beïnvloed?

               x  Die vergoeding sal toeneem wanneer die regering die entrepreneur
                  ’n subsidie betaal vir die produksie van noodsaaklike goedere, wat
                  weer die produksiekoste sal verlaag. 33
               x Die vergoeding sal daal wanneer die regering die minimum lone
                  implementeer wat tot ’n toename in die produksiekoste sal lei. 33
               x Entrepreneurs is afhanklik van verskillende maatreëls, byvoorbeeld
                  verlaging in belasting. 33
                 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 x 2)              (4)

 2.4 Bespreek die rol van huishoudings in ’n oop ekonomiesekringloop.

      x  Huishoudings is die hoofverbruikers van ekonomiese goedere en dienste –
         hulle gebruik hulle inkome om van besighede te koop. 99
      x Huishoudings is die primêre ekonomiese deelnemers omdat hulle die
         eienaars van die vier produksiefaktore is. 99
      x Huishoudings verkoop produksiefaktore in die faktormark aan besighede. 99
      x Huishoudings ontvang ’n vergoeding van die besighede in die vorm van lone,
         huur, rente en wins. 99
        (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                 (4 x 2)             (8)

 2.5 Hoe suksesvol was die Suid-Afrikaanse regering in die lewering van sosio-
     ekonomiese dienste?

      Die SA regering was suksesvol in die lewering van sosio-ekonomiese
      dienste in die volgende maniere:
      x Verskaffing van gratis basiese onderwys en die prioritisering daarvan deur sy
         Vroeë Kinderontwikkeling ten einde te verseker dat alle kinders toegang tot
         onderwys verkry. 99
      x Verskaffing van gratis gesondheidsorg deur sy openbare gesondheid klinieke
         en hospitale wat toeganklik is vir al die inwoners. 99
      x Verskaffing van sosiale toelaes aan miljoene van die armes in Suid-Afrika. 99
      x Verskaffing van gesonde maaltye by baie openbare skole in die land. 99
      x Baie huishoudings het elektrisiteit geriewe ontvang en toegang tot skoon
         water en sanitasie. 99
      x Daar is huise vir miljoene gesinne gebou. 99
      x Die regering het ’n beduidende poging aangewend ten opsigte van
         werkverskaffing deur sy Uitgebreide Openbare Werke Program (UOWP). 99
      x Daar was pogings om landbou en voedselsekuriteit in plattelandse gebiede ’n
         hupstoot te gee deur verskillende projekte van die Departement van
         Landbou. 99

      Die regering was nie suksesvol in die lewering van sosio- ekonomiese
      dienste in die volgende manier nie:
      x Die aantal mense wat werkloos is, het in die afgelope jare toegeneem. 99
      x Korrupsie het dienslewering in die land verhoed. 99
      x Die swak toestand van gesondheidsentrums met uiterste tekorte. 99
      x Styging in armoede vlakke soos wat meer mense werkloos raak. 99
         (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                                (8)
                                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2020)                         EKONOMIE V1                                        7

 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES

 3.1 3.1.1      Noem enige TWEE funksies van die Sentrale Bank.

                x    Dit is ’n bankier vir handelsbanke 3
                x    ’n Bankier vir die regering 3
                x    ’n Bewaarder van goud en buitelandse valutareserwes 3
                x    Verskaf ekonomies en statistiese dienste 3        (Enige 2 x 1)         (2)

       3.1.2    Hoekom is geld as ’n ruilmiddel ingestel?

                x     Om handel te vereenvoudig. 33
                x     Om die tekortkominge van die ruilhandel stelsel te oorbrug. 33
                     (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2)        (2)

 3.2 DATARESPONS
       3.2.1    Identifiseer ’n land met die mees ongelyke verspreiding in die
                bostaande grafiek.

                Land B 3                                                                     (1)

       3.2.2    Wat beteken ’n Gini-koëffisiënt van nul?

                Dit beteken gelyke verdeling van inkome / volmaakte gelykheid. 3             (1)

       3.2.3    Omskryf kortliks die begrip Lorenz kurwe.

                ’n Grafiek wat die verspreiding van inkome (of rykdom) aandui, binne
                ’n ekonomie. 33
                (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                           (2)

       3.2.4    Verduidelik die verhouding tussen die Lorenz kurwe en die Gini-
                koëffisiënt.

                x     Hoe meer ongelyk ’n land se inkome verspreiding is, hoe vêrder
                      is sy Lorenz kurwe van die 45 grade lyn en hoe hoër is sy Gini-
                      koëffisiënt. 33
                x     As daar volmaakte gelykheid is, sal die Lorenz kurwe dieselfde
                      wees as die 45 grade lyn en die Gini-koëffisiënt sal nul wees. 33
                      (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2)       (2)

       3.2.5    Veronderstel die area tussen Land A en die lyn van gelykheid (C)
                is 20 en die totale area (C + D) onder die lyn van gelykheid is 100.
                Berekend die Gini-koëffisiënt. Toon alle berekeninge.

                Gini-koëffisiënt = C / C + D3
                                 = 20 / 1003
                                 =   0,2 33
                (Maksimum 2 punte vir slegs die antwoord)                                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

8                                  EKONOMIE V1                              (EC/NOVEMBER 2020)

 3.3 DATARESPONS

      3.3.1    Noem enige eienskap van ontwikkelende lande.

               x      Lae lewenstandaard 3
               x      Lae per capita inkome3
               x      Ongelyke verdeling van inkome 3
               x      Lae lewensverwagting 3
               x      Gebrek aan onderwys 3
                     (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 1)      (1)

      3.3.2    Watter aanwyser word gebruik om MOI te meet?

               x Lewensverwagting 3
               x Onderwys 3
               x BBP per capita 3
                     (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 1)      (1)

      3.3.3    Omskryf kortliks die begrip ekonomiese ontwikkeling.

               x Dit is ’n verbetering in die lewenstandaard van die mense in ’n
                  land. 33
                 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                        (2)

      3.3.4    Verduidelik die gebruik van per capita syfers.

               x Om die lewenstandaard in ’n land te meet. 33
               x Om voorspoed vlakke van verskillende lande te vergelyk. 33
                 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2)          (2)

      3.3.5    Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering die kwaliteit van menslike
               hulpbronne verbeter?

               Die regering kan:
               x in kwaliteit onderwys belê 33
               x indiensopleiding verskaf 33                                  (2 x 2)      (4)

 3.4 Bespreek kortliks die belangrikheid van inheemse kennisstelsels.

       x Dit word beskou as die sleutel tot volhoubare sosiale en ekonomiese
         ontwikkeling. 33
       x Verskaf ’n produktiewe raamwerk vir aktiwiteite wat daarop gemik is om
         gemeenskappe te help. 33
       x Bied probleemoplossings planne of strategieë aan plaaslike
         gemeenskappe, veral die armes. 33
       x Verteenwoordig ’n belangrike bydrae tot globale ontwikkeling van
         kennis. 33                                                          (4 x 2)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2020)                     EKONOMIE V1                                       9

 3.5 Evalueer die Heropbou en Ontwikkelingsprogram as ’n ontwikkeling
     strategie in Suid-Afrika.

       Positief:
       x was’n arbeidsintensiewe openbare werke program 33
       x gehelp het in die vermindering van armoede deur meer werksgeleenthede
         te skep 33
       x ’n sosio-ekonomiese beleidsraamwerk was wat soos ’n goue draad deur
         elke regeringsplan geloop het 33
       x gehelp het met die ontwikkeling van menslike hulpbronne wat die
         ekonomie die meeste benodig vir ontwikkeling 33
       x gehelp het met die toename in infrastruktuur ontwikkeling 33
       x die implementering van grondhervorming aangemoedig het 33
       x gehelp het met die voorsiening van huise, water, elektrisiteit en primêre
         gesondheidsorg 33

       Negatief:
       x Werkloosheidskoers hou aan styg 33
       x Armoede en dienslewering is nooit verbeter nie 33
         (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                             (8)
                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

10                                 EKONOMIE V1                              (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES

 4.1 4.1.1     Noem enige TWEE metodes wat gebruik word om die Bruto
               Binnelandse Produk te bereken.

               x Produksiemetode 3
               x Inkomemetode 3
               x Bestedingsmetode 3                                       (Enige 2 x 1)     (2)

      4.1.2    Hoekom is rykdom belangriker as inkome?

               x     Rykdom is meer belangrik om sosiale ongelykheid te verstaan
                     aangesien dit ’n inkome genereer en daarom hang inkome
                     ongelykheid gedeeltelik af van rykdom ongelykheid. 33
                     (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)         (1 x 2)     (2)

 4.2 DATARESPONS

      4.2.1    Gee ’n voorbeeld van belasting op produkte.

               x BTW 3
               x Aksyns (Sonde belasting) 3                                                 (1)

      4.2.2    Waaruit bestaan vergoeding van werkers?

               Salarisse en lone 3                                                          (1)

      4.2.3    Omskryf kortliks die begrip lopende pryse.

               x Lopende pryse meet BBP deur die werklike pryse te gebruik wat
                 ons in die ekonomie waarneem. 33
               x Heersende pryse maak geen aanpassings vir inflasie nie. 33
                 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                         (2)

      4.2.4    Verduidelik die doel van subsidies op produksie.

               x      Subsidies op produksie verlaag die produksiekoste vir die
                      vervaardiger en moedig produksie van noodsaaklike produkte
                      aan. 33
                     (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)         (1 x 2)     (2)

      4.2.5    Bereken die verbruik van vaste kapitaal as ’n persentasie van die
               BTW teen faktorkoste vir 2019. Toon ALLE berekeninge.

              x      713 078 / 4 428 317 X 100 33
                     16,1% 33
                     (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)   (Enige 2 x 2)     (4)

 4.3 DATARESPONS

      4.3.1    Wat is die hoofdoel van die NOP?

              x      Om armoede en ongelykheid uit te roei. 3
                     (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2020)                      EKONOMIE V1                                         11

       4.3.2    In watter jaar beplan die NOP om sy doelwitte te bereik?

                2030 3                                                                       (1)

       4.3.3    Omskryf kortliks die begrip ekonomiese groei.

                x Dit is ’n toename in die produksievermoë van ’n land. 33
                  (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)            (1 x 2)      (2)

       4.3.4    Verduidelik die negatiewe uitwerking wat die NOP op belasting-
                betalers mag hê.

                x Om die NOP te implementeer sal die regering toenemend meer
                   inkome benodig – meer en hoër belasting sal benodig word. 33
                x Dit verlaag besteebare inkomste nog meer. 33
                x Hoër vlakke van bedrog en korrupsie beïnvloed dienste aan die
                   armes. 33
                  (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2)           (2)

       4.3.5    Hoe sal die Suid-Afrikaanse ekonomie uit die implementering van
                die NOP voordeel trek?

                Die Suid-Afrikaanse ekonomie sal bevoordeel word deur:
                x Verlaging van jeug werkloosheid 33
                x Jong mense van breër geleenthede te voorsien 33
                x Die mededingende vermoë van die ekonomie te verhoog 33
                x Die lewenstandaard van die mense te verhoog 33
                x Die pas van industrialisasie te versnel 33
                   (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 x 2)          (4)

 4.4 Bespreek die ekonomiese belangrikheid van die tersiêre sektor.

       x   Dra by tot die BBP 33
       x   Verskaf werksgeleenthede 33
       x   Dit is ’n bron van inkome vir die staat 33
       x   Skep ’n mark vir verbruikers produkte 33
       x   Dra by tot uitvoere 33
           (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)           (Enige 4 x 2)        (8)

 4.5 Ontleed Suid-Afrika se beperkings tot ekonomiese groei.

       x Die oorwaardering en die wisselvalligheid van Suid-Afrika se
            geldeenheid 33
       x    ’n Onvoldoende nasionale infrastruktuur 33
       x    ’n Tekort aan geskoolde arbeid 33
       x    Hindernisse tot toetrede, beperkings op mededinging en beperkte nuwe
            geleenthede vir investering 33
       x    Tekorte in die staat se organisasie, vermoë en leierskap 33
           (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                                (8)
                                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

12                              EKONOMIE V1                              (EC/NOVEMBER 2020)

 AFDELING C

 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE

 x Bespreek in detail ’n gemengde ekonomie onder die volgende hoofde:
   ¾ Eienskappe/Kenmerke
   ¾ Nadele                                                                              (26)
 x Hoe bevoordeel ’n gemengde ekonomie sy bevolking?                                     (10)

 INLEIDING

 x   ’n Ekonomiese stelsel is die manier hoe ’n land probeer om die vrae te
     beantwoord rondom wat geproduseer moet word, met wat en deur wie. 33
     (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike inleiding)                                  (2)

 HOOFGEDEELTE

 KENMERKE VAN ’N GEMENGDE EKONOMIE
 x Meeste van die produksiefaktore is in privaat besit, maar die regering reguleer
   die besit daarvan. 33
 x Die regering meng in waar mark ondoeltreffendheid voorkom ten die
   markmislukking te voorkom. 33
 x Mededinging bestaan tussen besighede. 33
 x Die winsmotief speel ’n belangrike rol in die ekonomie. 33
 x Die openbare sektor verskaf infrastruktuur en openbare dienste omdat daar
   weinige winsmotief vir die vryemark is om hierdie goedere en dienste te
   verskaf. 33
 x Die regering meng in die werking van die ekonomie in en stel wette daar om die
   werking van die ekonomie te verbeter, 33 soos die Wet op Arbeidsverhoudinge
   en die Wet op Basiese Diensvoorwaardes. 3
 x Die regering gebruik ŉ progressiewe belastingstelsel om inkome te herverdeel. 33
 x Privaat individue gebruik hulle eie inisiatief om produkte en dienste te vervaardig
   en te verkoop wat die behoeftes van die verbruikers sal bevredig. 33
 x Demokrasie en vryheid bestaan. 33

 NADELE VAN ’N GEMENGDE EKONOMIE

 x   Markmislukkings kom voor wanneer skaars hulpbronne vermors of uitgebuit word
     as gevolg van verkeerde produksie besluite deur privaat besighede. 33
 x   Omgewingsagteruitgang is ’n probleem en arbeid word dikwels uitgebuit as die
     rol van die staat te klein is. 33
 x   Inkome verspreiding is nie gelyk nie. 33
 x   ’n Gemengde ekonomie staar probleme van werkloosheid, inflasie en
     sakesiklusse in die gesig. 33
 x   Omdat die regering die wetgewende prosesse beheer, bestaan die risiko dat dit
     oormatige sosiale en welsyn dienste kan verskaf met oormatige belasting van die
     privaatsektor. 33
 x   Gemengde ekonomieë behaal nie die hoë vlakke van doeltreffendheid wat
     markekonomieë behaal nie. 33
 x   Hulle verlaag nie armoedevlakke gou genoeg nie. 33
 x   In gemengde ekonomieë, laat staatsbeheerde ondernemings oor die algemeen
     nie mededinging toe nie, 33 en dit skep monopolieë. 33               (Maks. 26)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2020)                    EKONOMIE V1                                      13

 ADDISIONELE GEDEELTE

 x   Die gemengde ekonomie laat toe dat die regering sy mense en sy mark
     beveilig deur sy rol in die weermag, internasionale handel en nasionale
     vervoer. 33
 x   Die regering bestuur ook gesondheidsorg, welsyn en aftree programme. 33
 x   ŉ Gemengde ekonomie versprei goedere en dienste na plekke waar dit die
     meeste benodig word en laat toe dat pryse die aanbod en vraag meet. 33
 x   ŉ Gemengde ekonomie beloon die mees doeltreffende produsente met
     die hoogste wins. Dit beteken verbruikers kry die beste waarde vir hulle
     geld. 33
 x   Dit moedig innovasie aan om kreatief, goedkoop en doeltreffend te
     voldoen aan die verbruiker se behoeftes. 33
 x   Dit ken outomaties kapitaal aan die mees innoverende en doeltreffende
     produsente toe, wat op hul beurt weer kapitaal kan investeer in meer
     besighede soos hulle s ŉ. 33
 x   Die groter rol wat die regering speel maak voorsiening vir die vinnige
     mobilisering van fondse na areas soos beskerming, tegnologie en lugvaart,
     wat dikwels deur die markekonomie afgeskeep word. 33
 x   Die uitgebreide rol van die regering verseker ook dat minder
     mededingende deelnemers aandag geniet. 33

 SLOT

 In werklikheid, hang dit af van hoe ŉ gemengde ekonomie bestuur word, want selfs
 die vryemark ekonome met die sterkste wil, sal saamstem dat ŉ mate van regerings-
 inmenging nodig in ŉ land is. 33

 VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES

 x Bespreek in detail die monetêre beleidsinstrumente.                                (26)
 x Hoe suksesvol is die SARB met die stabilisering van pryse op die
   verskillende markte, as sy hoofdoel?                                               (10)

 INLEIDING

 Monetêre beleid verwys na die maatreëls wat die Suid-Afrikaanse Reserwebank
 toepas om die hoeveelheid geldvoorraad in die land te beïnvloed. 33
 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike inleiding)                 (Maks. 2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

14                              EKONOMIE V1                               (EC/NOVEMBER 2020)

 HOOFGEDEELTE

 Rentekoerse 3

 x Die rentekoers, gebaseer op die repokoers, is die hoofinstrument wat die SARB
   gebruik om sy monetêre beleid te implementeer. 33
 x Tydens inkrimping van ekonomiese aktiwiteite, sal die SARB die repokoers verlaag
   ten einde die ekonomie te stimuleer. 33
 x Lae rentekoerse sal verbruiksbesteding verhoog. 33
 x Daar sal maklike toegang tot die verkryging van lenings wees aangesien dit meer
   bekostigbaar raak. 33
 x Die aanbod van geld sal toeneem. 33
 x Besteding sal ook toeneem en die ekonomie is sodoende gestimuleer. 33
 x Wanneer daar inflasionêre druk is, sal die SARB die repokoers verhoog en banke
   sal die prima uitleenkoers dienooreenkomstige verhoog. 33
 x Hoë rentekoerse sal daartoe lei dat mense meer van hulle geld spaar aangesien
   hulle ’n hoër opbrengs sal ontvang. 33
 x Daar sal minder geld wees om te bestee. 33
 x Lenings sal ook te duur raak. 33
 x Die aanbod van geld sal afneem en inflasie sal ook daal. 33

 Kontantreserwe vereiste 3

x    Die SARB kan ook die aanbod van geld beïnvloed deur die persentasie van
     deposito’s wat banke, as ’n kontantreserwe moet hou, te verander. 33
x    Wanneer die SARB die aanbod van geld moet beperk, sal hulle die persentasie
     van die kontantreserwe vereiste verhoog. 33
x    Dit sal veroorsaak dat die banke minder geld het om krediet mee toe te staan. 33
x    Minder lenings sal lei tot minder inspuitings (toevoegings) van geld in die
     ekonomie. 33
x    Die aanbod van geld sal dan daal. 33

Ope mark transaksies 3
x Ope mark transaksies behels die koop en verkoop van staatsekuriteite. 33
x Wanneer die SARB die aanbod van geld wil beperk, verkoop hulle sekuriteite aan
  die banke. 33
x Die banke het dan minder beskikbare geld om lenings mee toe te staan. 33
x Wanneer die SARB die aanbod van geld wil verhoog en die ekonomie wil stimuleer,
  koop hulle sekuriteite van die banke. 33
x Die geld wat dan deur die Reserwebank uitbetaal word, sal na die banke vloei. 33
x Die banke kan nou weer meer krediet toestaan, 33 wat lei tot ’n toename in die
  aanbod van geld. 33

 Morele oorreding 3
 x Die SARB kan deur oortuigende morele oorreding vir die banke vra om versigtiger
   te wees met die toestaan van lenings. 33
 x Die Reserwebank kan ook morele oorreding gebruik om verbruikers te waarsku om
   nie te veel te bestee nie en eerder te bespaar gedurende tye van inflasie. 33
                                                                           (Maks. 26)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/NOVEMBER 2020)                      EKONOMIE V1                                        15

 ADDISIONELE GEDEELTE

x   Die VPI het die boonste koers vlak van die inflasieteiken gedurende 2014
    gebreek. 33
x   Die SARB het rentekoerse verhoog ten einde die inflasiekoers terug te bring na
    die laer koers vlak, met ander woorde stabilisering van prys. 33
x   Die vasstel van die inflasiekoers teiken van 3 – 6% was ŉ groot inisiatief deur die
    regering wat die SARB gehelp het om die pryse te stabiliseer. 33
x   ŉ Afname in die pryse van internasionale ru-olie, oor die afgelope maande, het die
    wêreldwye inflasionêre druk, onderdruk. 33
x   Dit dra grootliks by tot die laer plaaslike inflasie, wat die produksieprysinflasie
    gunstig beïnvloed. 33
x   As gevolg hiervan was dit vir die SARB moontlik om die repokoers onveranderd te
    hou. 33
x   PPI vir intermediêre vervaardigde goedere het ŉ positiewe invloed op die
    stabilisering van pryse. 33
x   Alhoewel die Reserwebank baie suksesvol is in die stabilisering van pryse, het
    sekere eksterne faktore wat die globale ekonomie beïnvloed het, soos die wêreld
    resessie, ŉ negatiewe impak op die SARB se pogings om die pryse te
    stabiliseer. 33
x   Ander faktore soos disinvestering as gevolg van swak regeringsbestuur, lei to ŉ
    skerp afname in stabiliteit wat die stabilisering effek van die SARB belemmer. 33
x   Die swak waarde van die Rand op die internasionale markte is ŉ groot negatiewe
    bydraende faktor tot die inflasiekoers as gevolg van die groot afhanklikheid van
    invoere. 33
    (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)

 SLOT

 Die uitbreek van Covid-19 het ŉ geweldige invloed gehad op die besluit van die
 Monetêre Beleidskomitee in hulle poging om die ekonomie te stimuleer. 33
 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike slot)                                            (2)

                                                              TOTAAL AFDELING C: 40
                                                                  GROOTTOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMIC P2 GR11 QP MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-economics-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/0107d6f1-e17b-4e53-8faf-f28cc44d33df) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [ECON P1 GR11 MEMO NOV 2020 F](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-economics-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-1/0d74faeb-7628-4d44-959b-9d7a28fc2dc1) — Economics · Memo · 2020
- [ECON P1 GR11 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr11-memo-nov2019-afrikaans/f261271c-5399-4a63-bc3b-3182b0e988ac) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Gr11 Ecn P1 (Afrikaans) November 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2019-possible-answers/4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) June 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-june-2018-possible-answers/b60960f8-7015-438a-88ca-cb43675de57f) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [ECON P1 GR11 QP MEMO NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr11-qp-memo-nov2020-eng-d/5406dfaf-8a50-4533-8505-38d7c36c55cb) — Economics · Memo · 2020 · Eng

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2025-afrikaans-watermark/86767b41-58b1-48f1-8398-85ff62ae0406) — QP · 2025 · Afr
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 QP NOV 2024 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-qp-nov-2024-afr-d-watermark/8703b89d-9b76-462c-932b-0bec6afe2b03) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e) — QP · 2024 · Afr
- [NW 11 ECONOMICS P2 QP AFR NOV 2024](https://www.hlayiso.com/library/nw-11-economics-p2-qp-afr-nov-2024/7a818f82-3a68-4706-bcd0-8984b2f584ac) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV 2023 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov-2023-afrikaans-d/dd4b415f-de2c-47ef-b4c1-6b78f3ecc69e) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
