# Economics Grade 11 P2 National Exemplar November 2020 Memo

> Grade 11 Economics Paper 2 memorandum from the National Exemplar November Exam 2020 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-11-economics-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/c12e4d8e-1732-41a1-a777-46213eda1a3f
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2020
- Exam period: National Exemplar November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P2 National Exemplar November 2020 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-economics-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/c12e4d8e-1732-41a1-a777-46213eda1a3f)

## About this document

Economics · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
               SENIOR SERTIFIKAAT

                      GRAAD 11

                 NOVEMBER 2020

                   EKONOMIE V2
                  NASIENRIGLYN
                  (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   150

               Hierdie nasienriglyn bestaan uit 19 bladsye.

### Page 2

2                                  EKONOMIE V2                            (EC/NOVEMBER 2020)

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

       1.1.1    B       positiewe

       1.1.2    C       monopolistiese mededinger

       1.1.3    A       veranderlike

       1.1.4    A       minderwaardige

       1.1.5    C       herwinning

       1.1.6    B       kapitalisme

       1.1.7    D       hernubare

       1.1.8    D       plaaslike regering                                 (8 x 2)   (16)

 1.2   PASITEMS

       1.2.1     C       totale vraag is gelyk aan totale aanbod

       1.2.2     E       verskil tussen totale inkome uit die verkoop van
                          goedere en eksplisiete koste

       1.2.3     G       sensitiwiteit van die vraag na een goed op ’n
                          verandering in die prys van ’n ander goed

       1.2.4     F       verandering in die prys van een goed het geen
                          uitwerking op die hoeveelheid aangevra van ’n ander
                          goed nie

       1.2.5     B       oordragbetalings aan behoeftiges

       1.2.6     H       beperkings wat op internasionale handel geplaas word

       1.2.7     A       uitbreiding van ekonomiese aktiwiteite oor nasionale
                          grense

       1.2.8     D       ’n gemeenskap van organismes tesame met hul
                          omgewing                                  (8 x 1)              (8)

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2020)                    EKONOMIE V2                              3

 1.3    GEE EEN TERM

        1.3.1    industrie 

        1.3.2    implisiete koste 

        1.3.3    nominale prys 

        1.3.4    eksternaliteit 

        1.3.5    inheemse kennisstelsels 

        1.3.6    bio-diversiteit                                (6 x 1)      (6)

                                                    TOTAAL AFDELING A:        30

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 4

4                                     EKONOMIE V2                           (EC/NOVEMBER 2020)

 AFDELING B

 Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in jou
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE

 2.1   Beantwoord die volgende vrae.

       2.1.1   Noem enige TWEE voorbeelde van substituutgoedere.
                Botter en margarien 
                Tee en koffie 
                Beesvleis en skaapvleis 
                Coca-Cola en Pepsi 
                 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                       (2)

       2.1.2   Hoe is die faktor- en produktemarkte verwant aan mekaar?
                Die produktemark kan nie sonder die faktormark bestaan nie 
                Produsente gebruik produksiefaktore uit die faktormark om
                 goedere en dienste in die produktemark te produseer 
                ’n Tekort aan produksiefaktore in die faktormark, bv. grond as
                 gevolg van ’n droogte, sal voedselproduksie in die produktemark
                 verminder en voedselpryse sal gevolglik styg                            (2)

 2.2   2.2.1   In watter industrie is bostaande besighede?
               Motorvoertuig industrie/Voertuigindustrie                                  (1)

       2.2.2   Noem die markstruktuur met slegs twee produsente.
               Duopolie                                                                   (1)

       2.2.3   Beskryf kortliks die begrip kartel.
               ’n Kartel is ’n groep produsente wie se doel dit is om ’n
               gesamentlike monopolie te vorm. 
               (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                         (2)

       2.2.4   Verduidelik kortliks nie-prysmededinging as ’n kenmerk van ’n
               oligopolie.
                Nie-prysmededinging behels maniere waarna besighede soek om
                  verkope te verhoog en kliënte te lok deur ander metodes as slegs
                  die prys, bv. advertensies en kwaliteit van die produk. 
                Dit is ’n markstrategie waarmee een onderneming probeer om
                  hulle produkte te onderskei van dié van mededingende produkte
                  op grond van sekere eienskappe, soos ontwerp. 
                  (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2020)                    EKONOMIE V2                                          5

        2.2.5    Hoekom span besighede dikwels saam alhoewel dit onwettig is
                 in Suid-Afrika?
                  Om pryse vas te stel of uitsetvlakke daar te stel wat gesamentlike
                    winste sal maksimeer 
                  Om beheer oor die markaanbod te verkry 
                  Om die koste van mededinging te verlaag ten einde
                    bemarkingsoorloë te voorkom wat miljoene rande sal kos 
                    (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                  (4)

 2.3    DATARESPONS

        2.3.1    Wat word gebruik om nut te meet?
                 Utils                                                                  (1)

        2.3.2    Wat is die waarde van A?
                 21                                                                     (1)

        2.3.3    Beskryf kortliks die begrip marginale nut.
                 Addisionele graad van bevrediging wat die verbruiker verkry uit die
                 verbruik van een addisionele eenheid van ’n produk. 
                 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                      (2)

        2.3.4    Verduidelik die frase, nut is subjektief, as ’n kenmerk van nut.
                 Nut verskil van persoon tot persoon.  Dit hang af van die voorkeure
                 van ’n persoon.  Byvoorbeeld, knoffel het nut vir een persoon,
                 maar geen nut vir ’n ander nie. 
                 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

6                                            EKONOMIE V2                            (EC/NOVEMBER 2020)

       2.3.5         Gebruik die inligting in bostaande tabel om totale en marginale
                     nutkurwes, met volledige byskrifte, te teken.

                                TOTALE NUT EN MARGINALE NUT
               30

         Nut   25

               20

               15
                                                                                      TN 
               10

                5

                0
                         1       2       3         4       5         6          7          8
                -5                                                                          
                                                       Eenhede verbruik                     MN
               -10                                                                                       (4)

 2.4   Verduidelik kortliks relatiewe onelastiese aanbod en eenheid-elastisiteit van
       aanbod as ’n graad van pryselastisiteit van aanbod, sonder die gebruik van
       grafieke.

       Relatiewe onelastiese aanbod
        Pryselastisiteit is minder as een (PEA < 1) 
        ’n Verandering in prys sal lei tot ’n kleiner persentasie verandering in die
         hoeveelheid aangebied 
        Produsente sal sukkel om aan te pas by die prysstyging, veral oor die
         korttermyn 

       Eenheid elastiese aanbod
        Pryselastisiteit is gelyk aan een (PEA = 1) 
        ’n Verandering in prys sal lei tot presies dieselfde persentasie verandering in
         die hoeveelheid aangebied 
        Die aanbodkurwe lyk soos die normale aanbodkurwe met ’n positiewe helling
         van links na regs 
         (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                                             (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2020)                    EKONOMIE V2                                          7

 2.5   Ondersoek die belangrikheid van relatiewe pryse in die ekonomie.
        Relatiewe pryse dra belangrike inligting oor betreffende die skaarsheid
          van sekere goedere 
        Word gebruik deur verbruikers, besighede en die regering om te besluit
          watter goedere en hulpbronne om aan te koop 
        Gee belangrike inligting weer vir die doeltreffende toekenning van
          hulpbronne regoor enige markekonomie 
        Dit is moontlik vir die regering om die vlak van inflasie, ekonomiese groei
          en ekonomiese ontwikkeling in die land, vas te stel 
        Dit kan deur ekonome gebruik word om die ekonomiese prestasie van
          die land te assesseer en dit met ander lande te vergelyk 
        Die regering gebruik die relatiewe pryse om te kyk in watter rigting die
          ekonomie neig, bv. of die toestand van die ekonomie verswak of
          verbeter. 
        Relatiewe pryse is belangrik vir die Reserwebank en die regering ten
          einde doeltreffende besluite te neem oor die korrekte gebruik en
          implementering van beide fiskale en monetêre beleide 
        Omdat relatiewe pryse die middelpunt is van die dinamika van markte,
          sal beleidmakers hulle besluite daarop baseer. 
         (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                              (8)
                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

8                                       EKONOMIE V2                         (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

 3.1   Beantwoord die volgende vrae.

       3.1.1    Noem enige TWEE voorbeelde van nie-hernubare hulpbronne.

                     Olie 
                     Natuurlike gas 
                     Steenkool 
                     Kernkrag 
                     (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                    (2)

       3.1.2    Hoe het globale markte voordeel getrek uit verbeterde
                mededinging?
                 Globale markte trek voordeel uit verbeterde kwaliteit van goedere
                   en dienste 
                 Markte sal toegang tot nuwe kliënte hê 
                 Besighede sal skaalvoordele genereer wat totale en gemiddelde
                   produksiekoste sal verlaag 
                  (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                       (2)

 3.2   DATARESPONS

       3.2.1    Wat is die geldeenheid van die Verenigde State?
                VSA dollar                                                                 (1)

       3.2.2    Waarvoor staan die afkorting WHO?
                Wêreld Handelsorganisasie                                                  (1)

       3.2.3    Beskryf kortliks die begrip internasionale handel.
                Die ruil van goedere en dienste van een land met ’n ander land. 
                (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                          (2)

       3.2.4    Verduidelik kortliks die rol van die Internasionale Monetêre
                Fonds (IMF).
                 Verantwoordelik vir die algemene toesig oor die internasionale
                  finansiële stelsel 
                 Fasiliteer internasionale betalings tussen lande 
                 Verskaf lenings aan lande met betalingsbalansprobleme 
                   (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                      (2)

       3.2.5    Hoe sal ontwikkelde lande daaruit voordeel trek om handel te
                dryf met Afrika-lande?
                 Hulle trek voordeel uit goedkoper arbeid uit Afrika-lande 
                 Afrika-lande, spesifiek Suid-Afrika, is geseënd met minerale
                   hulpbronne wat skaars is in ontwikkelde lande 
                  (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)           (2 x 2)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2020)                    EKONOMIE V2                                        9

 3.3    3.3.1    Noem die soort besoedeling wat veroorsaak kan word deur
                 afval in die omgewing te stort.
                 Grondbesoedeling / Omgewingsbesoedeling                               (1)

        3.3.2    Noem die soort afval wat in bostaande foto aangetoon word.
                 Vaste afvalstowwe                                                     (1)

        3.3.3    Beskryf kortliks die begrip omgewing.
                 Omgewing verwys na die fisiese omgewing en die fisiese toestand
                 daarvan wat mense se lewens beïnvloed. Dit sluit grond, see en
                 atmosfeer in. / Sluit alle lewende en nie-lewende dinge wat
                 natuurlik voorkom in 
                 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                    (2)

        3.3.4    Verduidelik die Kyoto Protokol as ’n internasionale ooreenkoms
                 om klimaatsverandering te verminder.
                  Dit is ’n wetlik bindende ooreenkoms waarby geïndustrialiseerde
                   lande ooreengekom het om die uitlaat van kweekhuisgasse te
                   verminder 
                  Hulle onderneem om konsentrasies van kweekhuisgasse te
                   stabiliseer teen vlakke wat klimaatsverandering kan
                   voorkom 
                    (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                  (2)

        3.3.5    Ondersoek die impak van plastiese besoedeling op die
                 omgewing.
                  Plastiek word gemaak uit ru-olie wat ’n beduidende hoeveelheid
                   besoedeling afgee en nie degradeerbaar is nie 
                  Dit maak seediere dood aangesien hulle dit foutiewelik as
                   voedsel sien 
                  Plastiek maak stortingsterreine oorvol en benodig
                   fossielbrandstof vir die produksie daarvan, wat die omgewing
                   beskadig 
                  Dit bedek die oppervlakte van die oseaan en lei tot die
                   vernietiging van habitat en wildlewe 
                  Plastiekbesoedeling veroorsaak skade aan mense, diere en
                   plante deur giftige besoedelingstowwe 
                    (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

10                                    EKONOMIE V2                          (EC/NOVEMBER 2020)

 3.4   Verduidelik verhoogde buitelandse handel en kulturele veranderinge
       as gevolge van globalisasie.

       Verhoogde buitelandse handel
        Internasionale handel het geweldig gegroei as gevolg van
           globalisasie 
        Buitelandse handel het toegeneem as gevolg van
           handelsooreenkomste, verwydering van handelsbeperkings en die
           inmenging van instellings wat daarop gemik was om internasionale
           handel te verbeter 
        Die toename in buitelandse handel het toegang verskaf tot ’n wye
           verskeidenheid van buitelandse produkte en dienste aan verbruikers
           in alle lande 
        Dit is moontlik vir besighede om toegang tot buitelandse
           grondstowwe en komponente te verkry                       (2 x 2)            (4)

       Kulturele veranderinge
        Globalisasie het daartoe gelei dat verskeie kulture bymekaar
           uitgekom het. 
        Sommige lande neig om die kultuur van ander lande aan te neem en
           hulle eie kultuur af te skeep. 
        Kookstyle, musiekstyle, kunsvorms, tale en gewoontes het
           internasionaal versprei as gevolg van globalisasie. 
        Mense van een kultuur ontdek tekortkominge in hul kultuur wanneer
           hulle met ander kulture in kontak kom. 
        Gemeenskappe het uitgebrei soos wat hulle mense uit ander kulture
           en agtergronde ingeneem het en het sodoende ’n hele nuwe kultuur
           van hulle eie geskep en dit mag lei tot ’n wêreld met ’n globale
           kultuur.                                                       (2 x 2)       (4)
           (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                          (8)

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2020)                    EKONOMIE V2                                          11

 3.5   Hoe kan nie-hernubare hulpbronne teen uitwissing beskerm word?
       Nie-hernubare hulpbronne kan beskerm word deur:
          hulpbronne, soos water, doeltreffend te bestuur deur slegs die vereiste
           hoeveelheid te gebruik en nie lopende krane sonder toesig te los
           nie 
          swart en grys water terug na hulle oorspronklike toestand te behandel
           vir beide plaaslike en industriële gebruik 
          elektrisiteit te bespaar, omdat dit van steenkool en natuurlike gas
           afkomstig is, deur items wat nie in gebruik is nie te ontkoppel en meer
           energie-doeltreffende toestelle en gloeilampies te gebruik 
          die gebruik van plastiek te verminder soos plastiek inkopiesakkies,
           strooitjies, ens. en dit te vervang met meer duursame items, wat die
           gebruik van die plastiek hulpbronne sal vermy en sodoende plastiese
           afval, wat die omgewing beskadig, sal verhoed 
          volhoubare landboupraktyke te gebruik en oeste te roteer en
           dekgewasse te plant om die grond gesond te hou en ook deur minder
           chemikalieë te gebruik en biologiese pesbeheer en natuurlike
           bemestingstowwe te integreer 
          wetgewing en regulasies toe te pas wat mense sal inlig oor die
           nodigheid van die bewaring van hulpbronne vir toekomstige geslagte
           en swaar boetes op te lê op individue wat nie hieraan gehoor gee
           nie 
           (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                (4 x 2)     (8)
                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

12                                   EKONOMIE V2                          (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 4:      MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
               KWESSIES

 4.1 4.1.1     Noem enige TWEE voorbeelde van konstante/vaste koste.
                Huur 
                Versekeringspremies 
                Rente op lenings 
                Waardevermindering 
                Lone en salarisse 
                 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                     (2)

      4.1.2    Hoe kan belasting gebruik word om omgewingsvolhoubaarheid te
               verseker?
                Die regering hef groenbelasting en omgewingsbelasting op
                  produkte wat met hoë besoedelingsvlakke geassosieer word 
                Gebruik belastinginkome om omgewingsvriendelike produkte te
                  bemark, bv. sonkrag-warmwaterstelsels 
                Belasting word ingestel op ekonomiese afval, byvoorbeeld op
                  gebruikte motorbande 
                Belasting word ook ingestel op nie-degradeerbare
                  plastiekinkopiesakke deur die prys te verhoog ten einde die gebruik
                  daarvan te ontmoedig 
                  (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                    (2)

 4.2 DATARESPONS

      4.2.1    Wat word punt E genoem?
               Wins maksimaliserende punt                                               (1)

      4.2.2    Hoe lyk die vraagkurwe van die besigheid in ’n volmaakte mark?
               Horisontaal                                                              (1)

      4.2.3    Beskryf kortliks die begrip mark.
               Mark is ’n meganisme wat kopers en verkopers van goedere en
               dienste bymekaarbring 
               (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                       (2)

      4.2.4    Verduidelik kortliks die aard van produkte as ’n kenmerk van ’n
               volmaakte mark.
                Al die produkte wat in die spesifieke mark verkoop word, is
                  homogeen 
                Dit is identies in alle opsigte, betreffende kwaliteit, voorkoms,
                  ens. 
                Geen koper het enige voorkeur vir die produk van enige individuele
                  verkoper bo dié van ’n ander nie 
               (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2020)                    EKONOMIE V2                                       13

       4.2.5    Hoekom maak ’n volmaakte mededinger slegs ’n normale wins
                oor die langtermyn?
                 Ekonomiese wins oor die korttermyn lok nuwe besighede om toe te
                   tree tot die mark 
                 Die aanbod van die industrie neem dus toe 
                 Die markprys daal vir alle besighede totdat normal wins weer
                   gerealiseer word 
                  (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                   (4)

 4.3 DATARESPONS

       4.3.1    Noem EEN land wat deel van die G8 is.
                Italië/Japan/Frankryk/Rusland/Kanada/VSA/Duitsland/Brittanje           (1)

       4.3.2    In watter deel van die Verdeel word daar verwag dat mense
                langer sal lewe?
                Noord                                                                  (1)
       4.3.3    Beskryf kortliks die begrip ekonomiese groei.
                Die toename in die produksievermoë van ’n land gemeet in reële
                BBP 
                (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                     (2)

       4.3.4    Verduidelik die doelwit van die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte.
                 Poog om armoede aan te spreek en volhoubare ontwikkeling te
                   verseker 
                 Bereik primêre onderwys oral in die wêreld 
                 Ontwikkel globale vennootskap vir ontwikkeling 
                  (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)              (2)

       4.3.5   Hoekom is dit moeilik vir die lande in die Suid-verdeel om mee te
               ding met lande in die Noord-verdeel?
                   Die hoofekonomiese aktiwiteit van die lande in die Suid-verdeel
                    is landbou wat dit moeilik maak om mee te ding op hierdie
                    gebied, want die Noord-verdeel subsidieer hulle
                    landbouaktiwiteite  daarom kan die Suid-verdeel nie meeding
                    met die laer Noord-verdeel pryse nie. 
                   Die Suid-verdeel moet hoër rentekoerse betaal indien hulle geld
                    wil leen by die Noord-verdeel 
                   Hulle moet hoë pryse betaal om toegelaat te word om nuwe
                    tegnologie te gebruik, wat hulle moet invoer van die Noord-
                    verdeel 
                   (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

14                                   EKONOMIE V2                          (EC/NOVEMBER 2020)

4.4   Onderskei tussen die korttermyn en die langtermyn.
      Korttermyn
       Korttermyn is die periode waartydens een of meer hulpbronne nie verander
        kan word nie 
       Korttermyn-koste kan vas of veranderlik wees 
       Dit is kostes wat ‘n korttermyn implikasie op die produksieproses het – dit
        word oor ‘n kort reeks van uitsette aangewend 
       Dit word eenmalig aangegaan en kan nie weer en weer gebruik word nie,
        soos byvoorbeeld die betaling vir lone of grondstowwe, ens.        Maks. 4
      Langtermyn
       Langtermyn is ŉ periode waarbinne alle hulpbronne kan verander 
       Alle langtermynkostes is veranderlik 
       Besighede kan al hul insette verander, insluitende vaste koste 
       Alle produksiefaktore en tussentydse insette kan verander soos wat die
        uitsetvlakke verander 
       Langtermynkoste word opgehoop wanneer besighede hulle produksievlakke
        oor tyd verander, in reaksie op die verwagte winste/verliese 
       Produksiefaktore verskil almal om die langtermynkostes van die produksie
        van goedere en dienste te bereik,                                Maks. 4
        (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                                    (8)
4.5   Ondersoek die rol wat mense in die beskadiging van die ekosisteem
      speel.
       Die uitbuiting van natuurlike hulpbronne en die produksie van afval en ander
         besoedelingstowwe deur die mens, het gelei tot die beduidende agteruitgang
         van ‘n groot deel van die omgewing se ekosisteem 
       Byvoorbeeld, mynbou, ontbossing, brand van fossielbrandstof en
         besoedeling is sommige van die menslike aktiwiteite wat gelei het tot die
         beskadiging van die omgewing 
       Bowendien het industriële besoedeling die aarde, water en lug besmet en
         die gebruik van chlorofluorokoolstowwe (KFK) het gedeeltes van die
         osoonlaag vernietig en die oormatige uitlating van koolstofdioksied (CO2) in
         die atmosfeer het bygedra tot ‘n kweekhuiseffek wat weer tot
         aardverwarming lei. 
       Deur sekere produkte te gebruik, byvoorbeeld spuitkannetjies, kan mense
         die omgewing beskadig sonder dat hulle dit eers besef 
       Mense gee dikwels min om oor hulle gewoontes wat die omgewing beskadig,
         en dit as gevolg van eiebelang 
       Sommige mense besoedel die omgewing deur rommelstrooiery, weggooi
         van afval, ens. en die koste word gedra deur ander mense  Die gebruik
         van die omgewing as ’n rommelhoop vir afval veroorsaak dat dit vuiler, leliker
         en meer ongesond raak 
       Die gebruik van die omgewing as ’n produktiewe bron verminder sy
         geriefswaarde, bv. die gebruik van grond wat omskep is vir landbougebruik
         lei tot die vernietiging van woude en heinings en dit bederf die skoonheid van
         die land en lei tot ’n afname in dier- en plantspesies. 
        (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                                 (8)
                                                                                          [40]
                                                              TOTAAL AFDELING B:           80

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/NOVEMBER 2020)                   EKONOMIE V2                                         15

 AFDELING C

 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE

   Bespreek in detail die volgende faktore wat elastisiteit van vraag
    bepaal.
    - Aard van die produk
    - Duursaamheid van die produk
    - Tydsperiode
   Ondersoek die uitwerking van prys nie-elastisiteit van vraag op inkome.

 INLEIDING
 Pryselastisiteit van vraag meet hoeveel verbruikers op ‘n verandering in die prys
 van ‘n produk reageer / dit meet hoe sensitief die vraag na die produk is, tot ‘n
 verandering in die prys van die produk. 
 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike inleiding.)                                 (2)

 HOOFGEDEELTE
 Aard van die produk
  Pryselastisiteit van vraag vir noodsaaklike produkte soos basiese
   voedsel, elektrisiteit en medisyne neig om onelasties te wees 
  Dit is onwaarskynlik dat die verandering in die prys ‘n uitwerking op die
   vraag sal hê 
  Hierdie is belangrike produkte vir oorlewing, so verbruikers sal
   aanhou om dit te koop, ten spyte van ‘n prysverandering/
   prysverhoging 
  Luukse produkte maak dat mense beter voel en verskaf aan hulle
   ‘n meer gerieflike lewenstyl, daarom neig die vraag daarna om meer
   elasties te wees 
  Bv. restaurantetes, oorsese vakansies, ens. is nie noodsaaklik vir oorlewing
   nie en daarom is dit sensitief vir enige prysveranderinge 
  ’n Prysstyging in luukse goedere sal lei tot ‘n groot afname in die
   hoeveelheid gevra van sodanige goedere                             (Maks. 10)

 Duursaamheid van die produk
  Hoe meer duursaam die produk is, hoe meer elasties sal die vraag
   daarna wees 
  Indien die produk vir ‘n lang tyd gebruik kan word, sal verbruikers
   beïnvloed word deur prysstygings en meer huiwerig wees om die produk te
   koop 
  Bv. klere, wanneer die pryse van klere styg, sal verbruikers nog
   hulle ou klere dra en nie nog duurder klere koop nie. 
  Met prysstygings sal verbruikers die aankope uitstel tot ŉ latere
   datum met die hoop dat pryse sal daal teen die tyd dat hulle die
   produk moet koop 
  Vir nie-duursame produkte, neig die vraag om meer onelasties te wees
   omdat die aankope nie tot ‘n latere datum uitgestel kan word nie  (Maks. 8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

16                                    EKONOMIE V2                           (EC/NOVEMBER 2020)

Tyd
  Vraag neig om meer elasties oor die langtermyn te wees as oor die kort-
    termyn. 
  Dit is omdat dit die verbruiker tyd neem om aan te pas by prysveranderinge. 
  Byvoorbeeld, as die prys van elektrisiteit toeneem, mag mense probeer om hul
    verbruik te verminder deur op byvoorbeeld verhitting te bespaar, oor die
    korttermyn. 
  Oor die langtermyn, sal die verbruik van elektrisiteit tot ‘n groot mate daal indien
    mense hulle elektriese toestelle en verwarmingstelsels vervang met gas. 
   (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                       (Maks. 8)

 ADDISIONELE GEDEELTE
  Totale inkome mag hoër wees as die prys verhoog word en dieselfde
   hoeveelheid steeds aangevra word. 
  Daarom kan ondernemings wat onelastiese goedere verkoop, die prys
   verhoog, minder verkoop maar steeds ‘n hoër inkome verdien. 
  Pryselastisiteit bied beter buigsaamheid in die vasstel van
   prysstrategieë, sonder om winste te verlaag. 
  Ekstra produksiekoste kan oorgedra word aan verbruikers sonder om
   die vraag nadelig te beïnvloed. 
  Aan die ander kant, mag die onelastisiteit van prys die totale inkome
   verminder as die prys van ‘n onelastiese produk (bv. sigarette) verlaag word
   en daar geen verandering in die vraag is nie (bv. vraag verhoog nie). 
  Dit dui daarop dat die onderneming nie die prys moet verlaag nie,
   aangesien hulle nie voordeel sal trek uit sodanige optrede nie. 
   (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                                     (10)

 SLOT
 Die bestudering van pryselastisiteit van vraag is baie belangrik omdat ekonome,
 produsente en die regering dit kan gebruik om waardevolle voorspellings te maak oor
 wat sal gebeur wanneer die prys van ‘n produk styg/daal. 
 Die regering pas sy beleid op belastings aan volgens die elastisiteit van die
 vraag na die produk wat hul wil belas. 
 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike slot.)                                            (2)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/NOVEMBER 2020)                    EKONOMIE V2                                         17

 VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

     Bespreek die oorsake van globalisasie deur op die volgende te fokus:
      - Handelsliberalisering
      - Multinasionale ondernemings
      - Standaardisasering
     Evalueer die negatiewe impak van globalisasie op die omgewing.

 INLEIDING
 Globalisasie is die proses of interaksie tussen die lande van die wêreld om hulle
 ekonomieë en gemeenskappe saam te bring ten einde die globale ekonomie te
 ontwikkel. / Globalisasie is die interaksie en koppeling van ekonomieë met die doel
 om te kan handel dryf. 
 (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike inleiding.)                                   (2)

HOOFGEDEELTE
Handelsliberalisering
    Handelsliberalisering is die afskaffing of vermindering van
     handelsbeperkings tussen lande, bv. invoerbelasting. 
    Die doel van handelsliberalisering was om internasionale handel te
     stimuleer. 
    Dit het na die Tweede Wêreldoorlog begin met die stigting van die AOTH
     (GATT) deur die Verenigde Nasies. 
    AOTH-lede het onderhandel vir die afskaffing van handelsbeperkings en
     hindernisse sowel as om metodes te vind om internasionale handel te
     vergroot. 
    Hierdie rol is later in 1994 deur die WHO oorgeneem. 
    Die WHO verseker dat handelsooreenkomste tussen lande nagekom word
     en hulle dien as bemiddelaar tydens handelsdispute. 
    Afskaffing van handelsbeperkings is daarop gemik om buitelandse direkte
     investering aan te moedig ten einde nywerhede verder te ontwikkel en
     verbruikers se koopkrag te verhoog. 
    Die uitvloei van hierdie optrede was die totstandkoming van
     uitvoerverwerking-sones (EVSs) in baie lande, waarbinne geen
     handelstariewe gehef word nie. 
    Deur handelsliberalisering het sommige lande ’n vryhandelsgebied (VHG)
     gevorm, waar ooreenkomste bereik is waardeur deelnemende lande alle
     handelsbeperkings op die ruil van goedere en dienste tussen hulle,
     afgeskaf het. 
    Die uitwerking van ‘n VHG is dat die totale volume van handel toeneem
     omdat lande kan spesialiseer in die produkte wat hulle die goedkoopste
     kan produseer.                                                (Maks. 10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

18                                    EKONOMIE V2                          (EC/NOVEMBER 2020)

 Multinasionale ondernemings
      Multinasionale ondernemings is maatskappye wat vervaardigings-, diens-
       en handelsondernemings in verskeie lande vestig. 
      Wanneer hulle goedere en dienste in ander lande produseer, hoef hulle
       dit nie na daardie land uit te voer nie, so hulle bespaar op die
       vervoerkoste. 
      Hulle fasiliteer BDI sowel as die migrasie van gespesialiseerde arbeid
       wanneer dit nie in die buitelandse mark beskikbaar is nie. 
      Hulle speel ook ‘n groot rol in die verspreiding en implementering van
       nuwe tegnologieë. 
      MNO’s is maatskappye wat produkte en dienste aan ten minste twee
       lande lewer. 
      Hulle produseer produkte in verskeie lande waar die produksiekoste die
       laagste is en versprei die produkte dan wêreldwyd. 
      MNO’s stel lande bloot aan internasionale produkte wat globalisasie deur
       middel van internasionale handel bevorder.                     (Maks.10)

 Standaardisasie
     Verwys na die maak van reëls regoor die wêreld, wat dit makliker maak vir
      lande en besighede om internasionaal handel te dryf en te investeer. 
     Diegene wat onderworpe is aan die reëls gedra hulle op dieselfde manier
      en dit bevorder globalisasie. 
     Globalisasie is bevorder deur ‘n aantal fasiliterende reëls, prosedures en
      norme wat deur internasionale instellings neergelê is. 
     Voorbeelde van sulke reëls sluit in handelsverhoudings, investering,
      gesondheidsake, arbeid en die omgewing. 
       (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)               (Maks. 6)

 ADDISIONELE GEDEELTE
 Globalisasie het die omgewing as volg negatief beïnvloed:
      Druk is op die omgewing geplaas terwyl besoedeling veroorsaak is as
       gevolg van verhoogde produksie en verbruik. 
      Druk is geplaas op nie-hernubare energie hulpbronne, bv. petrol, as
       gevolg van die verhoogde verbruik van brandstof in die produksie van
       goedere/dienste en die vervoer daarvan tussen lande. 
      Verhoging in die stort van afval en skadelike chemiese stowwe in die
       oseane, oliestortings wat gegenereer word as gevolg van verhoogde
       produksie, en die doodmaak van onderwaterorganismes. 
      Druk is geplaas op die beskikbaarheid van grond en hulpbronne deur
       tonnels en snelweë deur en oor berge te bou en grond binne te dring om
       die weg te baan vir geboue, bv. herstrukturering van die grond. 
      Storting van verskeie chemikalieë in die grond in die proses om
       industrialisasie te verbeter, wat weer gelei het tot die groei van baie
       skadelike onkruid en plante. 
      Toenemende gebruik van plastiek gedurende verpakking, wat ‘n
       hoofbesoedelingstof is aangesien dit nie degradeerbaar is nie en
       wydverspreide omgewingsbesoedeling veroorsaak. 
        (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)               (Maks. 10)

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 19

(EC/NOVEMBER 2020)                    EKONOMIE V2                                          19

 SLOT
 Globalisasie het ‘n belangrike rol gespeel in alle lande van die wêreld aangesien dit
 baie lande gehelp het om vinniger te groei as wat hulle dit andersins sou kon
 doen. 
 Werksgeleenthede en ekonomiese groei het verbeter, veral in ontwikkelende
 lande. 
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike slot.)

                                                             TOTAAL AFDELING C:           40
                                                                 GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [ECONOMIC P2 GR11 QP MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-economics-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/0107d6f1-e17b-4e53-8faf-f28cc44d33df) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [ECON P1 GR11 MEMO NOV 2020 F](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-economics-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-1/0d74faeb-7628-4d44-959b-9d7a28fc2dc1) — Economics · Memo · 2020
- [ECONOMICS P2 GR11 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-memo-nov2019-afrikaans/7f1be1f6-063b-41e1-a31e-d825fe2b56c3) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Gr11 ECN P2 (Afrikaans) June 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-june-2019-possible-answers/8406f1d8-0d8f-4ab3-bbc9-7734cfbc83f0) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Gr11 Ecn P2 (Afrikaans) November 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2019-possible-answers/3da2c64d-9c52-4050-b623-b23413f7d393) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [ECON P2 GR11 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-memo-nov2018-afrikaans/a15b86ad-8124-4e32-83f9-507f4410b2c1) — Economics · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2025-afrikaans-watermark/86767b41-58b1-48f1-8398-85ff62ae0406) — QP · 2025 · Afr
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 QP NOV 2024 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-qp-nov-2024-afr-d-watermark/8703b89d-9b76-462c-932b-0bec6afe2b03) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e) — QP · 2024 · Afr
- [NW 11 ECONOMICS P2 QP AFR NOV 2024](https://www.hlayiso.com/library/nw-11-economics-p2-qp-afr-nov-2024/7a818f82-3a68-4706-bcd0-8984b2f584ac) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV 2023 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov-2023-afrikaans-d/dd4b415f-de2c-47ef-b4c1-6b78f3ecc69e) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
