# Economics Grade 11 P2 National Exemplar November 2020 QP

> Grade 11 Economics Paper 2 question paper from the National Exemplar November Exam 2020 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-11-economics-2020-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/2d35946f-de9d-416c-a449-3bd7615d188c
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: National Exemplar November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P2 National Exemplar November 2020 QP](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-economics-2020-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/2d35946f-de9d-416c-a449-3bd7615d188c)

## About this document

Economics · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [ECONOMIC P2 GR11 QP MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-economics-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/0107d6f1-e17b-4e53-8faf-f28cc44d33df) — Memo · 2020 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
               SENIOR SERTIFIKAAT

                       GRAAD 11

               NOVEMBER 2020

                 EKONOMIE V2
                (EKSEMPLAAR)

PUNTE: 150

TYD:   2 uur

               Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

  \

### Page 2

2                                    EKONOMIE V2                      (EC/NOVEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

        x   AFDELING A: VERPLIGTEND
        x   AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
        x   AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

 2.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik word.

 3.     Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

 4.     Lees die vrae aandagtig deur.

 5.     Begin ELKE vraag op ’n NUWE bladsy.

 6.     Laat 2−3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

 7.     Beantwoord vrae in volsinne en maak seker dat die uitleg, inhoud en
        konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vlakke van die vrae
        voldoen.

 8.     Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele vrae wat
        beantwoord is, sal NIE nagesien word NIE.

 9.     Gebruik slegs swart of blou ink.

 10.    Jy mag ’n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 11.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2020)                            EKONOMIE V2                                     3

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1                                                     30 PUNTE – 20 MINUTE

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A−D) langs die vraagnommer
        (1.1.1−1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.

        1.1.1    Daar is ’n … verhouding tussen die prys van produk A en die
                 hoeveelheid van komplement produk B aangevra.

                 A     negatiewe
                 B     positiewe
                 C     nul
                 D     normale

        1.1.2    ’n ... is ’n hibriede markstruktuur.

                 A     Monopolie
                 B     Oligopolie
                 C     Monopolistiese mededinger
                 D     Volmaakte mededinger

        1.1.3    Totale koste is gelyk aan vaste koste plus ... koste.

                 A     veranderlike
                 B     gemiddelde
                 C     marginale
                 D     stygende

        1.1.4    ’n Negatiewe inkome elastisiteitskoëffisiënt toon dat die produk ’n ...
                 goed is.

                 A     minderwaardige
                 B     normale
                 C     luukse
                 D     basiese

        1.1.5    ’n Stelsel wat gebruik word om afval in bruikbare produkte te
                 omskep, word ... genoem.

                 A     produksie
                 B     herverdeling
                 C     herwinning
                 D     storting (‘dumping’)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

4                                   EKONOMIE V2                           (EC/NOVEMBER 2020)

       1.1.6    ’n Ekonomiese stelsel wat ’n bydraer is tot die Noord-Suid verdeel,
                is …

                A    sosialisme.
                B    kapitalisme.
                C    gemengde ekonomiese stelsel.
                D    gemeenskaplike stelsel.

       1.1.7    Hulpbronne wat uitgeput mag raak indien dit nie op ’n volhoubare
                manier bestuur word nie, staan as ... hulpbronne bekend.

                A    natuurlike
                B    mensgemaakte
                C    eindigende
                D    hernubare

       1.1.8    In Suid-Afrika is huishoudelike afval die verantwoordelikheid van
                die ...

                A    sentrale regering.
                B    provinsiale regering.
                C    huishoudings.
                D    plaaslike regering.
                                                                             (8 x 2)    (16)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2020)                        EKONOMIE V2                                       5

 1.2    Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ begrip in KOLOM A pas. Skryf
        slegs die letter (A−I) langs die vraagnommers (1.2.1−1.2.8) in die
        ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.

                    KOLOM A                                 KOLOM B
        1.2.1    Markewewig                 A    uitbreiding     van     ekonomiese
                                                 aktiwiteite oor nasionale grense

        1.2.2    Rekeningkundige winste     B    oordragbetalings aan behoeftiges

        1.2.3    Kruiselastisiteit van vraag C   totale vraag is gelyk aan totale
                                                 aanbod

        1.2.4    Onverwante goedere         D    ’n gemeenskap van organismes
                                                 tesame met hul omgewing

        1.2.5    Sosiale toelaes            E    verskil tussen totale inkome uit die
                                                 verkoop van goedere en eksplisiete
                                                 koste

        1.2.6    Handelsversperrings/       F    verandering in die prys van een
                 -beperkings                     goed het geen uitwerking op die
                                                 hoeveelheid aangevra van ’n ander
                                                 goed nie

        1.2.7    Internasionalisering       G sensitiwiteit van die vraag na een
                                              goed op ’n verandering in die prys
                                              van ’n ander goed

        1.2.8    Ekosisteem                 H    beperkings wat op internasionale
                                                 handel geplaas word

                                            I    reaksie van die hoeveelheid
                                                 aangebied tot ’n verandering in die
                                                 prys van ’n goed
                                                                             (8 x 1)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

6                                     EKONOMIE V2                             (EC/NOVEMBER 2020)

    1.3   Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
          langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

          1.3.1   Ondernemings wat dieselfde soort goedere produseer

          1.3.2   Die waarde van insette wat deur die entrepreneur besit word en in
                  die produksieproses gebruik word

          1.3.3   Die werklike prys van ’n individuele item op ’n spesifieke tyd

          1.3.4   ’n Koste of voordeel van ’n goed of diens wat geïgnoreer word in die
                  prys wat vir ’n derde party gehef word

          1.3.5   Kennis wat ’n praktiese toepassing het in die daaglikse oorlewing van
                  plaaslike gemeenskappe

          1.3.6   Verskeidenheid van plant- en dierspesies in ’n spesifieke gebied
                                                                                (6 x 1)         (6)

                                                               TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2020)                          EKONOMIE V2                                    7

 AFDELING B

 Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in jou
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                    40 PUNTE – 30 MINUTE

 2.1   Beantwoord die volgende vrae.

       2.1.1         Noem enige TWEE voorbeelde van substituutgoedere.                  (2)

       2.1.2         Hoe is die faktor- en produktemarkte verwant aan mekaar?           (2)

 2.2   Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          HIERDIE BESIGHEDE IN ’N OLIGOPOLIE HET DIE POTENSIAAL OM
                                SAAM TE SPAN

       2.2.1    In watter industrie is bostaande besighede?                             (1)

       2.2.2    Noem die markstruktuur met slegs twee produsente.                       (1)

       2.2.3    Beskryf kortliks die begrip kartel.                                     (2)

       2.2.4    Verduidelik kortliks nie-prysmededinging as ’n kenmerk van ’n
                oligopolie.                                                             (2)

       2.2.5    Hoekom span besighede dikwels saam, alhoewel dit in Suid-Afrika
                onwettig is?                                                            (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

8                                  EKONOMIE V2                             (EC/NOVEMBER 2020)

2.3     Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                TOTALE NUT EN MARGINALE NUT (‘UTILITY’) SKEDULE

                EENHEDE            TOTALE NUT                MARGINALE
                VERBRUIK                                        NUT
                   0                     0                        -
                   1                     10                      10
                   2                     16                       6
                   3                     A                        5
                   4                     23                       2
                   5                     24                       1
                   6                     24                       0
                   7                     20                      -4
                   8                     14                      -6

        2.3.1   Wat word gebruik om nut te meet?                                            (1)

        2.3.2   Wat is die waarde van A?                                                    (1)

        2.3.3   Beskryf kortliks die begrip marginale nut.                                  (2)

        2.3.4   Verduidelik die frase nut is subjektief, as ’n kenmerk van nut.             (2)

        2.3.5   Gebruik die inligting in bostaande tabel om die totale en marginale
                nutkurwes, met volledige byskrifte, te teken.                               (4)

2.4     Verduidelik kortliks relatiewe onelastiese aanbod en eenheid-elastisiteit van
        aanbod as ’n graad van pryselastisiteit van aanbod, sonder die gebruik van
        grafieke.                                                                           (8)

2.5     Ondersoek die belangrikheid van relatiewe pryse in die ekonomie.                   (8)
                                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2020)                          EKONOMIE V2                                            9

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                       40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1    Beantwoord die volgende vrae.

       3.1.1    Noem enige TWEE voorbeelde van nie-hernubare hulpbronne.                          (2)

       3.1.2    Hoe het globale markte voordeel uit verbeterde mededinging getrek?                (2)

3.2    Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     INTERNASIONALE HANDEL EN GLOBALISASIE

       By die Bretton Woods-konferensie het politici saamgestem om reëls neer te
       lê vir internasionale handel en finansies en vir die befondsing van
       internasionale instellings wat toesig moet hou oor die proses van
       globalisasie. Hierdie instellings sluit die Wêreldbank, die Internasionale
       Monetêre Fonds en die WHO in. Die globale uitbreiding van korporasies in
       die Verenigde State en Europa en ander ontwikkelinge in wetenskap en
       tegnologie is die dryfveer agter globalisasie.

                                           [Aangepas en vertaal uit Clever Economics. bl. 83]

       3.2.1     Wat is die geldeenheid van die Verenigde State?                                  (1)

       3.2.2     Waarvoor staan die afkorting WHO?                                                (1)

       3.2.3     Beskryf kortliks die begrip internasionale handel.                               (2)

       3.2.4     Verduidelik kortliks die rol van die Internasionale Monetêre Fonds
                 (IMF).                                                                           (2)

       3.2.5     Hoe sal ontwikkelde lande daaruit voordeel trek om met Afrika-lande
                 handel te dryf?                                                                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

10                                  EKONOMIE V2                                     (EC/NOVEMBER 2020)

3.3    Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                     BESOEDELING

           AFVAL WAT IN DIE OMGEWING GESTORT WORD, VERNIETIG
                        UITEINDELIK DIE OMGEWING

                         [Aangepas uit https:/wilbrink.co.za/inspection-authority/regulations]

       3.3.1   Noem die soort besoedeling wat veroorsaak kan word deur afval
               in die omgewing te stort.                                                          (1)

       3.3.2   Noem die soort afval wat in bostaande foto getoon word.                            (1)

       3.3.3   Beskryf kortliks die begrip omgewing.                                              (2)

       3.3.4   Verduidelik die Kyoto Protokol as ’n internasionale ooreenkoms
               om klimaatsverandering te verminder.                                               (2)

       3.3.5   Ondersoek die impak van plastiese besoedeling op die omgewing.                     (4)

3.4    Verduidelik verhoogde buitelandse handel en kulturele veranderinge as
       gevolge van globalisasie.                                                                  (8)

3.5    Hoe kan nie-hernubare hulpbronne teen uitwissing beskerm word?                             (8)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2020)                                         EKONOMIE V2                                11

VRAAG 4:                       MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
                               KWESSIES                     40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1    4.1.1                   Noem enige TWEE voorbeelde van konstante/vaste koste.                  (2)

       4.1.2                   Hoe kan belasting gebruik word om omgewingsvolhoubaarheid te
                               verseker?                                                              (2)

4.2    Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

               Prys/ inkome / koste
                                                                           GK

                                                     E
                                      P
                                                                            LGI=MI=P

                                      0
                                                      H1                 Uitset (h)

       4.2.1                   Wat word punt E genoem?                                                (1)

       4.2.2                   Hoe lyk die vraagkurwe van die besigheid in ’n volmaakte mark?         (1)

       4.2.3                   Beskryf kortliks die begrip mark.                                      (2)

       4.2.4                   Verduidelik kortliks die aard van produkte as ’n kenmerk van ’n
                               volmaakte mark.                                                        (2)

       4.2.5                   Hoekom maak ’n volmaakte mededinger slegs ’n normale wins oor
                               die langtermyn?                                                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

12                                 EKONOMIE V2                              (EC/NOVEMBER 2020)

 4.3    Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                NOORD-SUID VERDEEL

        Noord-Suid verdeel omskryf die sosio-ekonomiese en politieke kategorieë
        van lande.

        Die Noord-verdeel bestaan uit lande wat ontwikkelde ekonomieë het en as
        ryk lande beskou word. Al die lede van die G8 kom uit die Noord-verdeel.
        Lande in die Noord- en Suid-verdeel het verskillende vlakke van ekonomiese
        groei.

        Die Noord-Suid verdeel word gekritiseer as ’n manier om skeiding te maak
        tussen mense op ekonomiese gebied en word beskou as ’n faktor in die
        verbreding van die gaping tussen ontwikkelde en ontwikkelende ekonomieë.
        Die VN is op die voorpunt om die Noord-Suid verdeel te laat krimp deur
        beleide wat in hul Millennium Ontwikkelingsdoelwitte aangespreek word.

                                                             [Bron: www.worldatlas.com]

        4.3.1   Noem EEN land wat deel is van die G8.                                      (1)

        4.3.2   In watter deel van die Verdeel word daar verwag dat mense langer
                sal lewe?                                                                  (1)

        4.3.3   Beskryf kortliks die begrip ekonomiese groei.                              (2)

        4.3.4   Verduidelik die doelwit van die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte.         (2)

        4.3.5   Hoekom is dit moeilik vir die lande in die Suid-verdeel om mee te
                ding met lande in die Noord-verdeel?                                       (4)

 4.4    Onderskei tussen die korttermyn en die langtermyn.                                 (8)

 4.5    Ondersoek die rol wat mense in die beskadiging van die ekosisteem speel.           (8)
                                                                                          [40]

                                                           TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2020)                          EKONOMIE V2                                       13

AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                   PUNTE-
                     STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL
                                                                                 TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ’n laerorde-antwoord.
x ’n Goeie begin is om ’n begrip of sleutelwoord wat in die vraag voorkom, te
      definieer.                                                                     Maks. 2
x Moenie enige deel van die vraag by jou inleiding insluit nie.
x Moenie enige gedeelte van die inleiding in die inhoud herhaal nie.
x Moenie in die inleiding sê wat jy in die inhoud gaan bespreek nie.
Inhoud
Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/Bespreek             Maks. 26
krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik
Addisionele gedeelte: Gee eie opinie/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
krities/Teken ’n grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en
verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Onderskei/
Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe/Stel voor
                                                                                     Maks. 10
Slot
Enige hoërordeslot moet die volgende insluit:
x ’n Kort opsomming van wat bespreek is, sonder herhaling van enige feite wat
   reeds genoem is
x Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is
                                                                                     Maks. 2
x Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking/ontleding te versterk
x ’n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
x Aanbevelings
TOTAAL                                                                                  40

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                        40 PUNTE – 40 MINUTE
x   Bespreek in detail die volgende faktore wat elastisiteit van vraag bepaal.
    -    Aard van die produk                                   (10)
    -    Duursaamheid van die produk                           (8)
    -    Tydsperiode                                           (8)                            (26)
x   Ondersoek die uitwerking van prys-onelastisiteit van vraag op inkome.                     (10)
                                                                                              [40]

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES                         40 PUNTE – 40 MINUTE

x      Bespreek die oorsake van globalisasie deur op die volgende te fokus:
       - Handelsliberalisering                                         (10)
       - Multinasionale ondernemings                                   (10)
       - Standaardisering                                              (6)                    (26)
x      Evalueer die negatiewe impak van globalisasie op die omgewing.                         (10)
                                                                                              [40]
                                                                TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                    GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

## Related documents

- [Gr 11 Eco P2 (Afrikaans) June 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-eco-p2-afrikaans-june-2023-question-paper/56be9682-6841-4908-96d9-de8713868ac0) — Economics · QP · 2023 · Afr
- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2022-afrikaans/1b85faaa-981a-47a9-a6ab-453a60804c87) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr11 Ecn P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/5439f8b1-e96c-4dbf-8e67-3bc1809214bf) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [ECON P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/61f64fd7-cc78-41a8-9f45-dc47d12250ca) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [ECONOMIC P2 GR11 QP NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/economic-p2-gr11-qp-nov2020-eng-d/bb204f65-bfc3-4053-9394-a1244db47398) — Economics · QP · 2020 · Eng
- [ECONOMIC P2 GR11 QP NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/economic-p2-gr11-qp-nov2020-afr-d/b64cc877-0722-4cbc-a60e-4055df16a8db) — Economics · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-november-2025-marking-guideline-watermark/50dfb8cd-5e5c-4978-9147-e5988b4d7b5e) — Memo · 2025
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024 afrikaans moderated final(1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9) — Memo · 2024 · Afr
- [MP Economics Grade 11 June 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-economics-grade-11-june-2024-p2-and-memo/0bc69926-9b81-4107-b5e0-8db54cea1ff1) — Memo · 2024
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
