# Economics Grade 11 P2 North West June 2024 QP (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 2 question paper from the North West June Exam 2024 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-11-economics-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/79035354-da23-4a1b-b0a5-5bab39af221e
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: North West June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P2 North West June 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-economics-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/79035354-da23-4a1b-b0a5-5bab39af221e)

## About this document

Economics · Grade 11 · North West June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

GRAAD 11

                                 EKONOMIE V2
                                   JUNIE 2024

        
                                                                PUNTE:       150

                                                                  TYD:     2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Ekonomie/V2                                 2                            NW/Junie 2024
                                        Graad 11

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

     AFDELING A:        VERPLIGTEND
     AFDELING B:        Beantwoord TWEE van die drie vrae.
     AFDELING C:        Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.   Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien
     word NIE.

3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
     gebruik is.

4.   Skryf die vraagnommer van elke vraag boaan elke antwoord.

5.   Lees die vrae aandagtig deur.

6.   Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7.   Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.   Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks
     van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.   Gebruik slegs swart of blou ink.

10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Ekonomie/V2                                   3                               NW/Junie 2024
                                          Graad 11

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                           30 PUNTE - 20 MINUTE

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
    Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
    (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer bv. 1.1.9 D.

     1.1.1    Wanneer ondernemings in staat is om hul eie pryse te bepaal, staan hulle
              bekend as ...

              A      prysmakers.
              B      volmaakte markte.
              C      prysnemers.
              D      nie-prys mededingers.

     1.1.2    Wanneer verbruikers die … van 'n produk sien, weet hulle presies hoeveel
              hulle sal betaal.

              A.     strepieskode
              B      relatiewe prys
              C      waarde
              D      absolute prys

     1.1.3    Kapitaal word in die … mark verkoop.

              A      produkte
              B      buitelandse
              C      faktor-
              D      kleinhandel-

     1.1.4    … is die verskil tussen totale inkomste uit verkope en eksplisiete koste.

              A      Normale wins
              B      Ekonomiese wins
              C      Natuurlike wins
              D      Ekonomiese verlies

     1.1.5    Wins sal gemaksimeer word wanneer TI bo die ... is.

              A      GI.
              B      TK.
              C      MI.
              D      MK.

     1.1.6    As … 'n verhoging in hulle pryse aankondig, sal ander kleiner maatskappye
              volg.

              A      reguleerders
              B      kapitaliste
              C      verliesleiers
              D      prysleier

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Ekonomie/V2                                   4                                NW/Junie 2024
                                          Graad 11

     1.1.7    Alle verbruikers het 'n … van hulpbronne.

              A      skaarste
              B      oorvloed
              C      onbeperkte aanbod
              D      winsgewende hoeveelheid

     1.1.8    'n Negatiewe inkomste-elastisiteitskoëffisiënt sê vir ons dat die produk
              'n … goed is.

              A      beperkte
              B      onbeperkte
              C      minderwaardige
              D      normale                                                      (8 x 2) (16)

1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs
    die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
    ANTWOORDEBOEK, bv. 1.2.9 J.

                  KOLOM A                               KOLOM B
      1.2.1       Homogeen            A     betalings van geld gemaak vir die
                                            produksiefaktore en ander insette wat in
      1.2.2       Onderhandel               die produksieproses gebruik word

      1.2.3       Gemiddelde koste    B     'n markstruktuur met 'n groot enkele
                                            verkoper en baie kopers
      1.2.4       Totale nut
                                      C     wanneer inkomste styg, word groter
      1.2.5       Eksplisiete koste         hoeveelhede gevra

      1.2.6       Relatief elasties   D     die waarde is meer as een, maar minder
                                            as oneindig
      1.2.7       Normale goed
                                      E     produkte is gestandaardiseerd
      1.2.8       Plaasvervangers
                                      F     totale bevrediging verkry deur al die
                                            nutseenhede bymekaar te tel

                                      G     kopers en verkopers bespreek pryse

                                      H     totale koste gedeel deur die totale
                                            aantal eenhede geproduseer

                                      I     positiewe kruiselastisiteit van vraag

                                                                                  (8 x 1) (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Ekonomie/V2                                 5                               NW/Junie 2024
                                        Graad 11

1.3 Gee EEN term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
    langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
    Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

     1.3.1    Die produksie van een produk lei tot die produksie van ander produkte in
              dieselfde proses

     1.3.2    Produksieprosesse het gefokus op handearbeid deur mense

     1.3.3    Die inkomste wat 'n besigheid verdien uit die verkoop van goedere en
              dienste

     1.3.4    Die koste om nog een eenheid van 'n produk te vervaardig

     1.3.5    Prysdaling in een produk lei tot 'n verhoogde vraag na 'n ander produk

     1.3.6    Die impak van veranderinge in pryse op die vraag na goedere     (6 x 1) (6)

                                                        TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Ekonomie/V2                                  6                                    NW/Junie 2024
                                         Graad 11

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2:      MIKRO-EKONOMIE                                        40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1 Beantwoord die volgende vrae.

     2.1.1    Noem enige TWEE voorbeelde van komplimentêre produkte.                (2 x 1) (2)

     2.1.2    Verduidelik die verband tussen die produkte en die faktore
              markte.                                                               (1 x 2) (2 )

2.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

             Miljoene spandeer op
             nuwe embleem–verslag

                                                     [Van: https://www.dailymaverick.co.za]

     2.2.1    Identifiseer die markstruktuur in die spotprent hierbo.                         (1)

     2.2.2    Noem die diens wat deur die staatsonderneming in die spotprent hierbo
              verskaf word.                                                         (1)

     2.2.3    Beskryf kortliks die term markstruktuur.                                        (2)

     2.2.4    Verduidelik hoe prys in volmaakte mededinging bepaal word.                      (2)

     2.2.5    Hoe kan mededinging gebruik word om lewenstandaarde te verhoog?
                                                                         (2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Ekonomie/V2                                   7                                          NW/Junie 2024
                                          Graad 11

2.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                        Apple Phone
                                                         Apple-foon
                 Android-foon
                Android Phone        A1

        P                                 A2   P                          A1

        P1

        P2
                                     V
                                                                                    V1
                                                                               V2

                         H     H1              H                H2 H1
                                                                                         H
                         1

                                                     [Bron: https://www.economicshelp.org]

     2.3.1    Noem die TWEE produkte wat in die grafiek hierbo vergelyk word.                     (1)

     2.3.2    Identifiseer die tipe verwantskap tussen die produkte in die grafiek
              hierbo.                                                                             (1)

     2.3.3    Beskryf kortliks die term relatiewe pryse.                                          (2)

     2.3.4    Hoekom sal die prys van produkte styg as die prys van brandstof styg? (2)

     2.3.5    Verduidelik wat gebeur met die vraag na Apple-fone wanneer daar 'n
              daling in die prys van Android-fone is?                      (2 x 2) (4)

2.4 Bespreek met behulp van 'n grafiek hoe oligopolieë pryse in die mark bepaal.
                                                                           (2 x 4) (8)

2.5 Evalueer die belangrikheid van die beskikbaarheid van inligting as 'n kenmerk
    van markte.                                                              (4 x 2) (8)
                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Ekonomie/V2                                 8                                    NW/Junie 2024
                                        Graad 11

VRAAG 3:      MIKRO-EKONOMIE                                      40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1 Beantwoord die volgende vrae.

     3.1.1    Noem die TWEE bydraers tot totale koste.                            (2 x 1) (2)

     3.1.2    Hoe baat besighede by veranderinge op die lang termyn?              (1 x 2) (2)

3.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                    Mark
                                                                Penetrasie

                                         Ekonomiese               Maksimalisering

                                          Opskaling                   van Wins

                              “Mik ek te hoog?”
                                                   [Aangepas van: https://za.pinterest.com]

     3.2.1    Wat word deur die aantekeninge op die spieël in die spotprent hierbo
              aangedui?                                                                       (1)

     3.2.2    Wat is die hoofdoelwit van enige private besigheid?                             (1)

     3.2.3    Beskryf kortliks die term maksimalisering van verkope.                          (2)

     3.2.4    Wat is die grootste bepaler van 'n besigheid se doelwitte of oogmerke? (2)

     3.2.5    Hoe sal groot sakeondernemings enige TWEE Smart-doelwitte
              implementeer.                                             (2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Ekonomie/V2                                  9                              NW/Junie 2024
                                         Graad 11

3.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              TOTALE INKOMSTESKEDULE
                                          Totale        Gemiddelde    Marginale
         Hoeveelheid        Prys
                                        inkomste         inkomste     inkomste
                0            R0             R0             R0             R0
               10           R290          R2 900          R290           R290
               30           R240          R7 200          R240           R215
               70           R200         R14 000          R200           R170
               90           R180         R16 200          R180             A
              110           R130         R14 300          R130           -R95
              120           R110         R13 200          R110           -R110

     3.3.1    Wat word in die tabel hierbo uitgebeeld?                                 (1)

     3.3.2    Hoeveel eenhede lewer die grootste totale inkomste in die tabel hierbo? (1)

     3.3.3    Beskryf kortliks die term normale wins.                                  (2)

     3.3.4    Wat is die hoofbepalers van veranderinge in inkomste?                    (2)

     3.3.5    Bereken A, toon AL die berekeninge.                              (2 x 2) (4)

3.4 Onderskei tussen skaalbesparings en skaalverspillings.                     (2 x 4) (8)

3.5 Hoe beinvloed die huidige Suid-Afrikaanse ekonomiese landskap die koste
    van produksie?                                                      (4 x 2) (8)
                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Ekonomie/V2                                   10                                    NW/Junie 2024
                                          Graad 11

VRAAG 4:      MIKRO-EKONOMIE                               40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1 Beantwoord die volgende vrae.

     4.1.1    Noem enige twee produkte waar vraag nie sal verander wanneer
              pryse daal nie                                             (2 x 1) (2)

     4.1.2    Wat beïnvloed die brandstofprys in Suid-Afrika?                         (1 x 2) (2)

4.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              ELASTISITEIT VAN VRAAG

                                 Goeie                                   Vergeet
                                                                            dit!
                                  prys!

                                               [Bron: https://oppysportsblog.wordpress.com]

     4.2.1    Wat laat die verbruiker besluit om NIE die produk te koop wat in die
              spotprent hierbo geadverteer word nie?                                           (1)

     4.2.2    Noem die belasting wat die prys van koeldranke kan verhoog.                      (1)

     4.2.3    Beskryf kortliks die term pryselastisiteit van aanbod.                           (2)

     4.2.4    Wat sal gebeur wanneer die aanbod van 'n produk onelasties is tot
              veranderinge in pryse?                                                           (2)

     4.2.5    Hoe kan veranderinge in inkomste die elastisiteit van vraag beïnvloed?
                                                                              (2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Ekonomie/V2                                 11                                     NW/Junie 2024
                                        Graad 11

4.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       JOHN BATES CLARK, MARGINALE NUT

      Gee vir 'n man een eenheid van artikel A, en dan nog een en nog een, totdat
      hy tien van hulle het. Alhoewel elkeen van die artikels in die reeks hom 'n
      bietjie goed kan doen, sal die bedrag van die voordeel geleidelik verminder,
      soos die aantal artikels meer word, en die tiende een sal hom die minste van
      almal bevoordeel.
      Om sy voorraad van A by te voeg, sal die man nooit meer opoffer as wat na
      sy mening 'n billike verrekening is vir die voordeel wat hy uit die tiende en
      laaste eenheid daarvan sal kry nie.
      Ten einde 'n artikel enigsins rykdom te kan gee, moet elke eenheid van die
      aanbod daarvan, soos ons gesien het, van 'n mate van belang wees vir sy
      eienaar. Die wet wat ons sopas aangehaal het, merk die laaste eenheid van
      die aanbod as die minste belangrike eenheid uit.

                                                             [Bron: https://www.econlib.org]

     4.3.1    Noem die ekonomiese konsep wat in die uittreksel hierbo verduidelik is. (1)

     4.3.2    Wat word beskou as die minste belangrike eenheid wat in die uittreksel
              hierbo verskaf word?                                                   (1)

     4.3.3    Beskryf kortliks die term verbruikersewewig.                                     (2)

     4.3.4    Wat is die verband tussen skaarste en nut?                                       (2)

     4.3.5    Verduidelik die wet van afnemende marginale nut.                       (2 x 2) (4)

4.4 Bespreek die faktore wat die pryselastisiteit van aanbod beïnvloed.              (4 x 2) (8)

4.5 Ondersoek faktore wat monopolieë kan beïnvloed wanneer pryse vasgestel word.
                                                                      (4 x 2) (8)
                                                                               [40]

                                                        TOTAAL AFDELING B:                     80

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Ekonomie/V2                                   12                                 NW/June 2024
                                          Graad 11

AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die drie vrae in hierdie afdeling van die ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                PUNTE TOE-
                     STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL
                                                                                 KENNING
 Inleiding
 Die inleiding is die laer-orde antwoord.
  'n Goeie beginpunt is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband
     hou, te definieer of omskryf.                                                Maks. 2
  MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
  MOENIE enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal NIE.
  Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
 Liggaam
 Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/In-diepte
 bespreking/Ondersoek/Bespreek
                                                                                 Maks. 26
 krities/Vergelyk/Onderskei/Differensieer/Verduidelik/Teken 'n grafiek en
 verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Assesseer/Debatteer.
 'n Maksimum van 8 punte mag vir opskrifte/voorbeelde toegeken word.

 Bykomende gedeelte: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
                                                                                 Maks. 10
 krities/Debatteer/lei af/Vergelyk/Interpreteer/Hoe/Stel voor/Analiseer
 'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
 word.
 Slot
 Enige hoër-orde slot behoort die volgende intesluit:
  'n Kort samevatting van wat bespreek is sonder om feite wat reeds
     genoem is te herhaal
  Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is                 Maksimum: 2
  Bykomende ondersteunende ingsinligting wat die bespreking/analise te
     versterk
  'n Teenstrydige standpunt met motivering
  Aanbevelings
 TOTAAL:                                                                            40
VRAAG 5:      MIKRO-EKONOMIE                                        40 PUNTE – 40 MINUTE
 Bespreek in besonderhede die vraag – en aanbodverhouding van komplimente
  met behulp van grafieke.                                            (26 punte)
 Hoe kan die private voorsiening van elektrisiteit help om die impak van
  beurtkrag te verlig?                                                            (10 punte)    [40]
VRAAG 6:      MIKRO-EKONOMIE                                              40 PUNTE – 40 MINUTE
 Bespreek in besonderhede die VYF pryselastisiteite van vraag (PEV).             (26 punte)

 Ontleed die impak van die prys van elektrisiteit op die vraag na goedere en
  dienste.                                                                    (10 punte)        [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                      GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024 afrikaans moderated final(1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49) — Economics · Memo · 2024 · Afr
- [Gr 11 Eco P2 (Afrikaans) June 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-eco-p2-afrikaans-june-2023-question-paper/56be9682-6841-4908-96d9-de8713868ac0) — Economics · QP · 2023 · Afr
- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2022-afrikaans/1b85faaa-981a-47a9-a6ab-453a60804c87) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr11 Ecn P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/5439f8b1-e96c-4dbf-8e67-3bc1809214bf) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [ECON P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/61f64fd7-cc78-41a8-9f45-dc47d12250ca) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9) — Economics · Memo · 2024 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-november-2025-marking-guideline-watermark/50dfb8cd-5e5c-4978-9147-e5988b4d7b5e) — Memo · 2025
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [MP Economics Grade 11 June 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-economics-grade-11-june-2024-p2-and-memo/0bc69926-9b81-4107-b5e0-8db54cea1ff1) — Memo · 2024
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc) — Memo · 2023 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (AFR) 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afr-2023-possible-answers/5526925c-49e0-4b9a-b046-25907db21c52) — Memo · 2023 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (AFR) 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afr-2023-question-paper/7f5fa3a9-535a-476e-a085-135256d299aa) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
