# Geography Grade 11 P1 National Exemplar November 2013 QP

> Grade 11 Geography Paper 1 question paper from the National Exemplar November Exam 2013 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-11-geography-2013-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/ea1538b3-8df1-40aa-9727-485fa49748b9
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Geography
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: National Exemplar November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/geography) › [Geography Grade 11 P1 National Exemplar November 2013 QP](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-geography-2013-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/ea1538b3-8df1-40aa-9727-485fa49748b9)

## About this document

Geography · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2013 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 11

                                  GEOGRAFIE V1

                                    MODEL 2013

PUNTE: 300

TYD: 3 uur

                Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye en 'n 10 bladsy-bylae.

Kopeireg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Geografie/V1                                   2                              DBE/2013
                                      NSS – Graad 11 Model

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae

2.       Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 100 punte elk.

3.       By die paragraafstylvraag mag jy na EEN idee verwys wat jy in diepte moet
         bespreek, OF na verskillende idees wat in minder diepte bespreek word.

4.       ALLE diagramme is in die BYLAE ingesluit.

5.       Laat 'n reël oop tussen onderafdelings wat beantwoord word.

6.       Begin elke vraag BOAAN 'n NUWE bladsy.

7.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

8.       MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

9.       Illustreer jou antwoorde met benoemde diagramme, waar moontlik.

10.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Geografie/V1                                  3                                   DBE/2013
                                     NSS – Graad 11 Model

AFDELING A: DIE ATMOSFEER EN GEOMORFOLOGIE

Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. As jy EEN vraag uit
AFDELING B beantwoord, moet jy TWEE vrae uit AFDELING A beantwoord.

VRAAG 1

1.1      Voltooi elk van die volgende beskrywings deur 'n woord/begrip uit die lys
         hieronder te kies. Skryf slegs die word/begrip langs die vraagnommer
         (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

               globale lugsirkulasie; westewinde; passaatwinde; geostrofiese winde;
                                  Coriolis-krag; lugdrukgradiëntkrag

         1.1.1       Die ... veroorsaak dat lug van sy oorspronklike baan afwyk. (1 x 2)        (2)

         1.1.2       Grootskaalse lugbeweging in die atmosfeer staan as … bekend.
                                                                              (1 x 2)           (2)

         1.1.3       Die verskil in lugdruk wat daartoe lei dat lug van 'n area met hoë
                     druk na 'n area met lae druk beweeg, staan as ... bekend. (1 x 2)          (2)

         1.1.4       Winde wat parallel met isobare in die boonste atmosfeer
                     waai, is ...                                     (1 x 2)                   (2)

         1.1.5       Winde wat in die trope waai, word ... genoem.                (1 x 2)       (2)

1.2      Verwys na FIGUUR 1.2 wat intrusiewe landvorme toon en beantwoord die
         vrae wat volg.

         1.2.1       Benoem die grootse intrusiewe landvorm wat 3 gemerk is.      (1 x 2)       (2)

         1.2.2       Benoem intrusiewe landvorme 1, 2 en 7.                       (3 x 2)       (6)

         1.2.3       Watter landvorm sal ontwikkel as 1 aan die Aardoppervlak
                     blootgestel word?                                (1 x 2)                   (2)

1.3      Verwys na FIGUUR 1.3 wat die Wes-Afrikaanse moesonwinde toon en
         beantwoord die vrae wat volg.

         1.3.1       Wat is 'n moesonwind?                                        (1 x 2)       (2)

         1.3.2       Identifiseer die wind wat Wes-Afrika onderskeidelik van Januarie
                     tot Maart en van Junie tot September oorheers.            (2 x 2)          (4)

         1.3.3       Beskryf die weer in Wes-Afrika as gevolg van die wind wat van
                     Junie tot September waai.                              (2 x 2)             (4)

         1.3.4       Noem EEN probleem wat met die moesonwind wat van Januarie
                     tot Maart waai, geassosieer word.                  (1 x 2)                 (2)

         1.3.5       Noem EEN probleem wat met die moesonwind wat van Junie tot
                     September waai, geassosieer word.                  (1 x 2)                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Geografie/V1                                  4                                    DBE/2013
                                     NSS – Graad 11 Model

1.4      Bestudeer die spotprent oor droogte in FIGUUR 1.4 en beantwoord die vrae
         wat volg.

         1.4.1       Definieer die begrip droogte.                                 (1 x 2)       (2)

         1.4.2       Noem TWEE oorsake van droogtes.                               (2 x 2)       (4)

         1.4.3       Beskryf TWEE gevolge van droogtes op mense en die omgewing.
                                                                           (2 x 2)               (4)

         1.4.4       Hoekom is ontwikkelende lande meer kwesbaar vir droogtes as
                     ontwikkelde lande?                                   (2 x 2)                (4)

         1.4.5       Skryf 'n kort paragraaf waarin jy volhoubare strategieë verduidelik
                     wat ingestel kan word om droogtes effektief te bestuur.     (6 x 2)         (12)

1.5      Lees die artikel in FIGUUR 1.5 en beantwoord die vrae wat volg.

         1.5.1       Definieer die begrip grondverskuiwing.                        (1 x 2)       (2)

         1.5.2       Waar kom grondverskuiwings gewoonlik voor?                    (1 x 2)       (2)

         1.5.3       Noem TWEE oorsake van grondverskuiwings.                      (2 x 2)       (4)

         1.5.4       Beskryf DRIE gevolge van grondverskuiwings op mense en die
                     omgewing.                                           (3 x 2)                 (6)

         1.5.5       Skryf 'n kort paragraaf waarin jy strategieë verduidelik wat gebruik
                     kan word om die uitwerking van massabewegings te voorkom of te
                     beperk.                                                       (6 x 2)       (12)

1.6      Verwys na FIGUUR 1.6 wat cuestas toon en beantwoord die vrae wat volg.

         1.6.1       Wat is 'n cuesta?                                             (1 x 2)       (2)

         1.6.2       Beskryf die verskil in die ontwikkeling van cuestas in diagram A
                     en B.                                                      (2 x 2)          (4)

         1.6.3       Beskryf die verskil tussen die duikhelling en die eskarphelling van
                     'n cuesta.                                                   (2 x 2)        (4)

         1.6.4       Bespreek hoe mense cuestas kan gebruik.                       (2 x 2)       (4)
                                                                                                 [100]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Geografie/V1                                 5                                  DBE/2013
                                    NSS – Graad 11 Model

VRAAG 2

2.1      Bestudeer FIGUUR 2.1 wat op seisoenale temperatuurveranderinge
         gebaseer is en beantwoord die vrae wat volg. Al die inligting in FIGUUR 2.1,
         is vir seisoene in die Noordelike Halfrond.

         2.1.1       Gee die begrip wat gebruik word wanneer die son direk oor die
                     Kreefskeerkring of die Steenbokskeerkring skyn.        (1 x 2)           (2)

         2.1.2       Hoe vergelyk die lengte van die dag en nag in die Suidelike
                     Halfrond met mekaar wanneer dit 'n somersonstilstand ervaar?
                                                                               (1 x 2)        (2)

         2.1.3       Gedurende watter seisoen in die Noordelike Halfrond ervaar die
                     Arktiese Sirkel 24 uur nag?                             (1 x 2)          (2)

         2.1.4       Beskryf die lengte van die dag en nag wanneer die Suidelike
                     Halfrond 'n lentenagewening ervaar.                 (1 x 2)              (2)

         2.1.5       Wat noem ons die baan wat die Aarde rondom die son volg?
                                                                                (1 x 2)       (2)

2.2      Verwys na FIGUUR 2.2 wat 'n canyonlandskap toon. Dui aan of die volgende
         stellings WAAR of ONWAAR is.

         2.2.1       Canyonlandskappe ontwikkel in hellende sedimentêre gesteentes.
                                                                             (1 x 2)          (2)

         2.2.2       Afwaartse erosie is die belangrikste erosieproses wat vir die
                     ontwikkeling van 'n canyon verantwoordelik is.        (1 x 2)            (2)

         2.2.3       Canyonhange het 'n eenvormige vorm.                        (1 x 2)       (2)

         2.2.4       'n Canyon is gewoonlik wyd aan die oppervlak en nou by die
                     bodem.                                              (1 x 2)              (2)

         2.2.5       Die jongste rotslae word naby die basis van die canyon aangetref.
                                                                               (1 x 2)        (2)

2.3      Lees die artikel in FIGUUR 2.3 wat op die impak van El Niño gebaseer is.

         2.3.1       Noem die toestand wat nodig is voordat 'n El Niño-gebeurtenis kan
                     plaasvind.                                                (1 x 2)        (2)

         2.3.2       Verduidelik waarom die meteoroloog die sinking van die Titanic
                     met El Niño verbind.                                   (2 x 2)           (4)

         2.3.3       As die Titanic meer onlangs ter water gelaat is, kon die ramp
                     vermy gewees het. Waarom dink jy is dit die geval?      (2 x 2)          (4)

         2.3.4       Bespreek die impak van 'n El Niño-gebeurtenis op die omgewing
                     van Afrika.                                            (3 x 2)           (6)
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Geografie/V1                                 6                                  DBE/2013
                                    NSS – Graad 11 Model

2.4      Verwys na FIGUUR 2.4 wat verwoestyning in Afrika uitbeeld.

         2.4.1       Wat is verwoestyning?                                      (1 x 2)       (2)

         2.4.2       Noem EEN manier waarop mense tot verwoestyning bydra. (1 x 2)            (2)

         2.4.3       Beskryf die mate waarin Suid-Afrika deur verwoestyning bedreig
                     word.                                                   (2 x 2)          (4)

         2.4.4       Bespreek TWEE gevolge van verwoestyning op die ekonomie van
                     Afrika.                                              (2 x 2)             (4)

         2.4.5       Skryf 'n kort paragraaf waarin jy volhoubare metodes beskryf wat
                     die proses van verwoestyning in Afrika kan voorkom en omswaai.
                                                                              (6 x 2)         (12)

2.5      Verwys na FIGUUR 2.5 wat twee landvorme toon wat na mekaar ontwikkel.

         2.5.1       Identifiseer landvorme A en B.                             (2 x 2)       (4)

         2.5.2       Noem die onderliggende intrusiewe landvorm waaruit beide die
                     landvorme ontwikkel het.                              (1 x 2)            (2)

         2.5.3       Verduidelik kortliks waarom landvorm A 'n geronde vorm aanneem.
                                                                               (3 x 2)        (6)

         2.5.4       Skryf 'n kort paragraaf waarin jy verduidelik hoe landvorm B
                     ontwikkel.                                             (6 x 2)           (12)

2.6      Verwys na FIGUUR 2.6 wat die tipiese hangelemente/-vorme wat met 'n hang
         geassosieer word, voorstel.

         2.6.1       Identifiseer die hangelemente/-vorme wat A, B, C en D gemerk is.
                                                                              (4 x 2)         (8)

         2.6.2       Gee EEN kenmerk van elk van die hangelemente/-vorme wat A en
                     C gemerk is.                                          (2 x 2)            (4)

         2.6.3       Verduidelik waarom hangelement/-vorm D vir boere bruikbaar is.
                                                                              (2 x 2)         (4)
                                                                                              [100]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Geografie/V1                                   7                                               DBE/2013
                                      NSS – Graad 11 Model

AFDELING B: ONTWIKKELING, HULPBRONNE EN VOLHOUBAARHEID

Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. As jy EEN vraag uit AFDELING
A beantwoord, moet jy TWEE vrae uit AFDELING B beantwoord.

VRAAG 3

3.1      Kies 'n term uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
         die letter (A–F) langs die vraagnommer (3.1.1–3.1.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                           KOLOM A                                        KOLOM B
         3.1.1       Die totale waarde van goedere          A        ekonomiese ontwikkeling
                     en dienste wat in 'n jaar in 'n
                     land geproduseer word                  B        Bruto Binnelandse Produk

         3.1.2       'n Maatstaaf van 'n land se            C        Menslike
                     rykdom en hoe dit gegenereer                    Ontwikkelingsindeks
                     word
                                                            D        buitelandse valuta
         3.1.3       Geld wat uit uitvoere verdien
                     word                                   E        handelsbalans
         3.1.4       'n Maatstaf van die nie-
                                                            F        betalingsbalans
                     ekonomiese aspekte van 'n
                     land se ontwikkeling

         3.1.5       Die verskil in die geldwaarde
                     van 'n land se uitvoere en
                     invoere
                                                                                               (5 x 2)      (10)

3.2      Kies die korrekte woord/begrip tussen hakies om elk van die volgende
         stellings WAAR te maak. Skryf slegs die korrekte woord/stelling langs die
         vraagnommer (3.2.1 tot 3.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         3.2.1        'n (Natuurlike/Ekonomiese) hulpbron word uit die omgewing verkry.
                                                                                (1 x 2)                     (2)

         3.2.2        (Biotiese/Abiotiese) hulpbronne bestaan uit nielewende dinge.
                                                                                 (1 x 2)                    (2)

         3.2.3        (Eluviasie/Illuviasie) vind plaas wanneer gronddeeltjies as 'n
                      oplossing of in suspensie afwaarts deur grond gedra word. (1 x 2)                     (2)

         3.2.4        Hidroëlektrisiteit is 'n (hernubare/niehernubare) vorm van energie.
                                                                                  (1 x 2)                   (2)

         3.2.5        (Swaartekrag/Ontbossing)         is       'n    natuurlike     oorsaak      van
                      gronderosie.                                                             (1 x 2)      (2)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

Geografie/V1                                  8                                     DBE/2013
                                     NSS – Graad 11 Model

3.3      Verwys na FIGUUR 3.3 wat oorsake van gronderosie toon en beantwoord die
         vrae wat volg.

         3.3.1       Identifiseer TWEE oorsake van gronderosie wat in die diagram
                     sigbaar is.                                           (2 x 2)                (4)

         3.3.2       Verduidelik kortliks die gronderosieproses wat in die diagram
                     geïllustreer word.                                     (2 x 2)               (4)

         3.3.3       Bespreek enige DRIE gevolge van gronderosie op die omgewing.
                                                                            (3 x 2)               (6)

         3.3.4       Skryf 'n kort paragraaf waarin jy volhoubare bestuurstrategieë
                     bespreek wat gebruik kan word om gronderosie te voorkom en te
                     beheer.                                                 (6 x 2)              (12)

3.4      Suid-Afrika het waardevolle steenkoolafsettings in die noordooste van die
         land, en daarom word die meeste van Suid-Afrika se steenkoolaangedrewe
         aanlegte in Mpumalanga aangetref. Histories het dit Suid-Afrika toegang tot
         goedkoop elektrisiteit gegee, maar dit is ook een van die grootste redes
         waarom die land op die top 20-lys van lande is wat koolstofdioksied vrystel.

         3.4.1       Steenkool is nie 'n volhoubare energiebron nie. Verduidelik hierdie
                     stelling.                                                   (2 x 2)          (4)

         3.4.2       Noem TWEE omgewingsimpakte van steenkoolontginning en
                     termiese kragstasies.                           (2 x 2)                      (4)

         3.4.3       Bespreek DRIE bestuursmaatreëls wat ingestel kan word om Suid-
                     Afrika    se    vrystelling   van      koolstofdioksied   deur
                     steenkoolaangedrewe kragstasies te verminder.           (3 x 2)              (6)

3.5      Lees die uittreksel uit 'n artikel in FIGUUR 3.5 en beantwoord die vrae
         wat volg.

         3.5.1       Waarna verwys die begrip ontwikkelingshulp?                    (1 x 2)       (2)

         3.5.2       Wat is die verskil tussen bilaterale hulp en humanitêre hulp? (2 x 2)        (4)

         3.5.3       Noem EEN humanitêre hulporganisasie wat 'n belangrike rol speel
                     om voedsel aan lande te verskaf tydens hongersnood.     (1 x 2)              (2)

         3.5.4       Behalwe vir voedsel, noem EEN ander vorm van humanitêre hulp.
                                                                           (1 x 2)                (2)

         3.5.5       Stem jy saam dat humanitêre hulp aan Wes-Afrika en die Sahel
                     verleen moet word om 'n humanitêre krisis te voorkom? Motiveer
                     jou antwoord deur die voordele en/of nadele van die verskaffing
                     van humanitêre hulp te bespreek.                        (6 x 2)              (12)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Geografie/V1                                  9                               DBE/2013
                                     NSS – Graad 11 Model

3.6      Verwys na die spotprent in FIGUUR 3.6 wat handel aantoon en beantwoord
         die vrae wat volg.

         3.6.1       Moedig die man met die sigaar vryhandel aan?             (1 x 2)       (2)

         3.6.2       Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 3.6.1.            (1 x 2)       (2)

         3.6.3       Wie in die spotprent stel die volgende voor:

                     (a)   Meer ekonomies ontwikkelde lande                   (1 x 2)       (2)
                     (b)   Minder ekonomies ontwikkelde lande                 (1 x 2)       (2)

         3.6.4       Noem TWEE regulasies wat gebruik word om vryhandel te
                     voorkom.                                       (2 x 2)                 (4)

         3.6.5       Verduidelik waarom vryhandel voordelig kan wees vir lande wat
                     ekonomies minder ontwikkeld is.                        (3 x 2)         (6)
                                                                                            [100]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Geografie/V1                                  10                                     DBE/2013
                                     NSS – Graad 11 Model

VRAAG 4

4.1      Gee EEN woord/begrip vir elk van die volgende beskrywings deur 'n
         woord/begrip uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/begrip langs
         die vraagnommer (4.1.1 tot 4.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                 primêre aktiwiteite, ekonomiese aanwysers, tersiêre aktiwiteite,
                     uitvoergebaseerde ontwikkeling, sekondêre aktiwiteite,
                                  Rostow se ontwikkelingsmodel

         4.1.1       Lande gaan deur vyf stadiums van ekonomiese ontwikkeling (1 x 2)             (2)

         4.1.2       Dui die vlak van rykdom en ervaring van 'n land aan            (1 x 2)       (2)

         4.1.3       Aktiwiteite wat 'n diens lewer                                 (1 x 2)       (2)

         4.1.4       Die onttrekking     van   natuurlike   hulpbronne     direk   uit die
                     Aardoppervlak                                                  (1 x 2)       (2)

         4.1.5       'n Handels- en ekonomiese beleid wat                beoog     om die
                     nywerheidsontwikkeling van 'n land te versnel                  (1 x 2)       (2)

4.2      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
         Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
         vraagnommer (4.2.1 tot 4.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         4.2.1       'n Voorbeeld van 'n niehernubare hulpbron:

                     A      Grond
                     B      Water
                     C      Steenkool
                     D      Wind                                                    (1 x 2)       (2)

         4.2.2       Die beperking van skade aan die omgewing kan vermag word
                     deur …

                     A      ontbossing.
                     B      hulpbronvervanging.
                     C      bevolkingsgroei.
                     D      hulpbronuitbuiting.                                     (1 x 2)       (2)

         4.2.3       … is 'n voorbeeld van 'n handelsverspreiding.

                     A      Invoerkwotas
                     B      Gewaarborgde produkpryse
                     C      Minimum salarisstandaarde
                     D      Minimum produkpryse                                     (1 x 2)       (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Geografie/V1                                  11                                     DBE/2013
                                     NSS – Graad 11 Model

         4.2.4       Die gemiddelde inkomste per jaar per persoon in 'n land staan as
                     die … bekend.

                     A      BBP
                     B      BBP per capita
                     C      BNP
                     D      BNP per capita                                           (1 x 2)       (2)

         4.2.5       … is 'n voorbeeld van 'n demografiese ontwikkelingsaanwyser.

                     A      Die geletterdheidskoers
                     B      Die bevolkingsgroeikoers
                     C      Geslagsgelykheid
                     D      Toegang tot gesondheidsorg                               (1 x 2)       (2)

4.3     Die koerantberig in FIGUUR 4.3 verwys na die toekoms van kernkrag
        in Suid-Afrika.

         4.3.1       Wat is kernkrag?                                                (1 x 2)       (2)

         4.3.2       Waar is Suid-Afrika se huidige en enigste kernkragstasie geleë?
                                                                                 (1 x 2)           (2)

         4.3.3       Ten spyte van die baie voordele van kernkrag, maak Suid-Afrika
                     steeds grootliks staat op konvensionele energiebronne soos
                     steenkool om elektrisiteit op te wek. Waarom is dit die geval?
                                                                                   (2 x 2)         (4)

         4.3.4       Gee EEN rede waarom Suid-Afrika die bou van kernkragstasies in
                     Suid-Afrika uitgestel het.                             (1 x 2)                (2)

         4.3.5       Met verwysing na die voordele en nadele van kernkrag, skryf 'n
                     kort paragraaf waarin jy saamstem, of verskil, van die regering se
                     besluit om meer kernkragstasies te bou.                     (6 x 2)           (12)

4.4      Verwys na FIGUUR 4.4 wat 'n tipiese grondprofiel aandui.

         4.4.1       Wat is 'n grondprofiel?                                         (1 x 2)       (2)

         4.4.2       Wat is 'n grondhorisont?                                        (1 x 2)       (2)

         4.4.3       Van watter belang is grondhorisont A vir mense?                 (2 x 2)       (4)

         4.4.4       In watter grondhorisont kom uitloging hoofsaaklik voor?         (1 x 2)       (2)

         4.4.5       Watter rol speel moederrots (R) in grondvorming?                (1 x 2)       (2)

         4.4.6       Verduidelik die rol wat klimaat in grondvorming speel.          (2 x 2)       (4)

         4.4.7       Waarom kan mens sê dat die grondprofiel wat in FIGUUR 4.4
                     voorgestel word, die profiel van volwasse grond is? (1 x 2)                   (2)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Geografie/V1                                  12                                    DBE/2013
                                     NSS – Graad 11 Model

4.5      Verwys na die spotprent in FIGUUR 4.5 wat globalisering toon.

         4.5.1       Definieer die begrip globalisering.                            (1 x 2)    (2)

         4.5.2       Watter boodskap dra die spotprent oor globalisering oor?       (1 x 2)    (2)

         4.5.3       Watter land speel volgens die spotprent 'n belangrike rol in
                     globalisering?                                       (1 x 2)              (2)

         4.5.4       Gee DRIE redes waarom baie mense globalisering teenstaan.
                                                                            (3 x 2)            (6)

         4.5.5       In 'n kort paragraaf, gee aanbevelings hoe globalisering meer
                     voordelig vir ontwikkelende lande kan wees.             (6 x 2)           (12)

4.6      Verwys na FIGUUR 4.6 wat geslagsongelykheid voorstel.

         4.6.1       Wat beteken die begrip geslagsongelykheid?                     (1 x 2)    (2)

         4.6.2       Teen watter geslag        word    daar   volgens   die    staafgrafiek
                     gediskrimineer?                                                (1 x 2)    (2)

         4.6.3       Noem EEN vorm van geslagsongelykheid.                          (1 x 2)    (2)

         4.6.4       Watter   land   in  die       staafgrafiek   ervaar      die    ergste
                     geslagsongelykheid?                                            (1 x 2)    (2)

         4.6.5       Gee TWEE redes waarom geslagsongelykheid meer prominent in
                     ekonomies minder ontwikkelde lande as in ekonomies meer
                     ontwikkelde lande is.                              (2 x 2)                (4)

         4.6.6       Noem TWEE maatreëls wat in Suid-Afrika aangewend is om
                     geslagsongelykheid op te los.                    (2 x 2)                  (4)
                                                                                               [100]

                                                                        GROOTTOTAAL:           300

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [GEOGRAPHY P1 GR11 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-geography-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/355b8de3-5ced-4d5e-96be-a064532cc824) — Geography · Memo · 2020 · Afr
- [GEOG-P2 GR11-QP-Afrikaans Vryheid](https://www.hlayiso.com/library/geog-p2-gr11-qp-afrikaans-vryheid/566f5869-acdc-4a17-9971-559ede8abd5d) — Geography · QP · 2013 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 QP GR11NOV2020 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-geography-2020-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/4d30616b-4cac-4a08-8b5f-ebd71601d315) — Geography · QP · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR11 NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr11-nov2017-afrikaans/89ac8d61-719b-4d38-93ba-6889666e1540) — Geography · QP · 2017 · Afr
- [GEOG P1 N12 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/geog-p1-n12-qp-afr/4827bbe8-9fd3-470b-88a2-00977899d40e) — Geography · QP · 2012 · Afr
- [GEOG P1 GR11 QP (Eng) NOV2013](https://www.hlayiso.com/library/geog-p1-gr11-qp-eng-nov2013/b8e3d999-2fdd-49e9-900c-8a48487bcaa8) — Geography · QP · 2013 · Eng

## More from Grade 11 Geography

- [GEOGAPHY P1 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/geogaphy-p1-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/f4dc79b3-16ce-4c85-bce6-b0b3d628919b) — Memo · 2025 · Eng
- [FS Geography Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-geography-grade-11-march-2025-qp-and-memo/971937cb-0cd1-4f4b-ac7c-d89c3464de70) — QP + Memo · 2025
- [GEOGRAPHY P1 MEMO GR11NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-memo-gr11nov-2024-afr-watermark/f29b99c3-25d5-4fea-b032-0ce54ac414f2) — Memo · 2024 · Afr
- [2730DD VRYHEID Gr11 P2 2023 print watermark](https://www.hlayiso.com/library/2730dd-vryheid-gr11-p2-2023-print-watermark/e6324f24-57af-4b23-b2d9-462fb7bb9917) — QP · 2023
- [2730DD VRYHEID Gr11 P2 2023 print Debbie](https://www.hlayiso.com/library/2730dd-vryheid-gr11-p2-2023-print-debbie/853b0cd2-7ba3-41cc-bed8-c96e88083662) — QP · 2023
- [2730DD VRYHEID Gr11 P2 2023 print Debbie watermark](https://www.hlayiso.com/library/2730dd-vryheid-gr11-p2-2023-print-debbie-watermark/daddea19-5a2d-4856-ae19-2d590275773f) — QP · 2023

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
