# Geography Grade 11 P2 National Exemplar November 2013 QP

> Grade 11 Geography Paper 2 question paper from the National Exemplar November Exam 2013 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-11-geography-2013-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/95bbd9ef-8433-483a-a619-12406d628af3
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Geography
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: National Exemplar November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/geography) › [Geography Grade 11 P2 National Exemplar November 2013 QP](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-geography-2013-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/95bbd9ef-8433-483a-a619-12406d628af3)

## About this document

Geography · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2013 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                GEOGRAFIE V2

                               NOVEMBER 2014

PUNTE: 75

TYD: 1½ uur

EKSAMEN-
NOMMER:
SENTRUM-
NOMMER:

                     VRAAGNOMMER             V1    V2   V3    V4   TOT
                     NASIENER
                     MODERATOR
                     PUNT BEHAAL
                     TOTAAL                   15   20   25    15   75

                     Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en
                       1 bladsy vir rofwerk en berekeninge.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Geografie/V2                              2                           DBE/November 2014
                                         NSS

HULPBRONMATERIAAL

1.       'n Uittreksel uit topografiese kaart 2528DA CULLINAN.

2.       Ortofotokaart 2528DA16 CULLINAN.

3.        LET WEL: Die bronmateriaal moet deur skole vir hul eie gebruik ingeneem
                   word.

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou EKSAMENNOMMER en SENTRUMNOMMER in die spasies op die
         voorblad.

2.       Beantwoord AL die vrae in die spasies wat op hierdie vraestel voorsien word.

3.       Jy word voorsien van 'n 1 : 50 000 topografiese kaart 2528DA van CULLINAN
         en 'n ortofotokaart van 'n gedeelte van die gekarteerde gebied.

4.       Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van die
         eksamensessie aan die toesighouer oorhandig.

5.       Jy mag die blanko bladsy aan die einde van die vraestel vir alle rofwerk en
         berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak NIE.

6.       Toon ALLE berekeninge, waar van toepassing. Punte sal hiervoor toegeken
         word.

7.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

8.       Die afgebakende gebied in ROOI op die topografiese kaart verteenwoordig
         die gebied wat deur die ortofotokaart gedek word.

9.       Die volgende Engelse begrippe en hul Afrikaanse vertalings word op die
         topografiese kaart getoon.

          ENGLISH                       AFRIKAANS
          Diggings                      Uitgrawings
          Conveyor belt                 Vervoerband
          Golf course                   Gholfbaan
          River                         Rivier
          Diamond mine                  Diamantmyn
          Sewage works                  Rioolwerke
          Waterworks                    Waterwerke
          Sewage disposal works         Rioolverwyderingswerke
          Rifle range                   Skietbaan
          Landing strip                 Landingstrook
          Brickworks                    Steenwerke
          Furrow                        Voor
          Refuse dump                   Vullisstortingsterrein

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Geografie/V2                               3                           DBE/November 2014
                                          NSS

                         ALGEMENE INLIGTING OOR CULLINAN

Cullinan is in die Hoëveldstreek van Suid-Afrika geleë. Die dorp lê 1 467 m bo seevlak.
Die naaste stad is Pretoria, wat 40 km daarvandaan is, terwyl Johannesburg 100 km
daarvandaan is. Op 25 Junie 1905 is die beroemde Cullinan-diamant, die grootste ter
wêreld teen 3 106 karaat (621 g), deur Frederick George Stanley Wells, 'n
oppervlakbestuurder by die Premier-diamantmyn, ontdek. Die dorp Cullinan het sy
bestaan te danke aan diamantmynbou in die gebied. Cullinan se oopgroefmyn is een
van die grootstes in die wêreld en is drie keer groter as die meer bekende Kimberley-
diamantmyn.

                                                                          MOSAMBIEK
               NAMIBIË

                                      FIGUUR 1

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Geografie/V2                                 4                     DBE/November 2014
                                            NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Die vrae hieronder is gebaseer op die 1 : 50 000 topografiese kaart 2528DA
CULLINAN, sowel as die ortofotokaart van 'n gedeelte van die gekarteerde gebied.
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) in die blokkie langs elke vraag.

1.1     Die kaartindeks/-verwysing van die topografiese kaart suidoos van Cullinan
        is …

        A      2528BD.
        B      2528AD.
        C      2528DD.
        D      2528DB.

1.2     Die rigting van P in blok B8 vanaf O in blok C6 is …

        A      noordoos.
        B      noordnoordoos.
        C      oosnoordoos.
        D      oos.

1.3     Cullinan is 'n …-dorp.

        A      nywerheids
        B      ontspannings
        C      slaap
        D      mynbou

1.4      Die straatpatroon in Refilwe in blok B2 is …

        A      onbeplan.
        B      onreëlmatig.
        C      radiaal.
        D      ruitvormig.

1.5     Die kontoerinterval op die ortofotokaart is ... meter.

        A      5
        B      10
        C      15
        D      20

1.6     Die ortofotokaart is 'n voorbeeld van 'n … foto.

        A      hoëhoek-skuins-
        B      laehoek-skuins-
        C      horisontale
        D      vertikale lug-

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Geografie/V2                                5                           DBE/November 2014
                                           NSS

1.7     Die damwal (Y) in blok F8 is … meter bo seevlak.

        A      1 500
        B      20
        C      150
        D      1 400

1.8     Die mensgemaakte verskynsel by 4 op die ortofotokaart is 'n …

        A      park.
        B      begraafplaas.
        C      gholfbaan.
        D      bewaringsgebied.

1.9     Die natuurlike verskynsel by 7 op die ortofotokaart is 'n …

        A      vallei.
        B      uitloper.
        C      kloof/ravyn.
        D      poort.

1.10    Die ry bome in blok H5 word as 'n … gebruik.

        A      voorbrand
        B      plaasgrens
        C      plantasie
        D      windbreek

1.11    Die ware peiling van punthoogte 1452 (K) in blok F1 vanaf peilbaken 44 (J) in
        blok E2 is …

        A      24°.
        B      294°.
        C      204°.
        D      94°.

1.12    Die hoofgrondgebruiksone in blok E4 is die …

        A      landelik-stedelike oorgangsone.
        B      swaarnywerheidsgebied.
        C      residensiële gebied.
        D      ligtenywerheidsgebied.

1.13    Verskynsel 6 op die ortofotokaart is 'n …

        A      myn.
        B      dam.
        C      uitgrawing.
        D      mynhoop.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Geografie/V2                                             6                           DBE/November 2014
                                                        NSS

1.14    Die stroomorde by X in blok C5 is …

        A        4.
        B        3.
        C        1.
        D        2.

1.15    Die ruitverwysing/koördinate/posisie van die dam in blok F7 is …

        A        25°42'48''S 28°36'30''O/25°42,8'S 28°36,5'O.
        B        28°42'30''S 25°36'48''O/28°42,5'S 25°36,8'O.
        C        25°42'30''O 28°36'48''S/25°42,5'O 28°36,8'S.
        D        25°42'30''S 28°36'48''O/25°42,5'S 28°36,8'O.
                                                                                            (15 x 1)       [15]

VRAAG 2: KAARTBEREKENINGE EN -TEGNIEKE

2.1      Verwys na die dwarsdeursnee hieronder vanaf L in blok A2 tot by M in blok
         B5 op die topografiese kaart en beantwoord die vrae wat volg. Die vertikale
         skaal van die dwarsdeursnee is 1 cm verteenwoordig 20 m.

                      HOOGTE IN METER

                                                     1 : 50 000

         2.1.1                     Identifiseer landvorms A en B op die dwarsdeursnee hierbo.

                                   A:

                                   B:
                                                                                                (2 x 1)    (2)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 7

Geografie/V2                                  7                          DBE/November 2014
                                             NSS

         2.1.2       (a)   Identifiseer die konvensionele teken by C wat hoogte aantoon.

                                                                                    (1 x 1)     (1)

                     (b)   Gee die hoogte van die konvensionele teken by C.

                                                                                    (1 x 1)     (1)

         2.1.3       (a)   Watter gemiddelde gradiënt sal op helling D op die
                           dwarsdeursnee van toepassing wees? Omkring die korrekte
                           antwoord (A of B) hieronder.

                           A 1 : 22

                           B 1 : 122                                              (1 x 1)       (1)

                     (b)   Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 2.1.3(a).

                                                                                    (1 x 1)     (1)

         2.1.4       Bereken die vertikale vergroting van die dwarsdeursnee. Toon ALLE
                     berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.

                                               vertikale skaal
                     Vertikale vergroting =
                                              horisontale skaal

                                                                                    (4 x 1)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Geografie/V2                                8                         DBE/November 2014
                                           NSS

2.2      Bereken die magnetiese deklinasie van topografiese kaart 2528DA
         CULLINAN vir 2014. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge
         toegeken word.

                                                                                (5 x 1)     (5)

2.3      Verwys na die afgebakende gebied in ROOI op die topografiese kaart wat die
         ortofotokaart voorstel. Gebruik die afgebakende gebied om die oppervlakte
         van die ortofotokaart in km² te bereken. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir
         berekeninge toegeken word.

          Oppervlakte = lengte × breedte

                                                                                (5 x 1)     (5)
                                                                                            [20]
Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Geografie/V2                                           9                               DBE/November 2014
                                                      NSS

VRAAG 3: TOEPASSING EN INTERPRETASIE

3.1      Verwys na die grafiek hieronder, die inligting op bladsy 3 en die topografiese
         kaart om die vrae wat volg te beantwoord.

                                             Reënval van Cullinan

                     Reënval in mm

                                     Jan. Feb. Mrt. Apr. Mei Jun. Jul. Aug. Sep. Okt. Nov. Des.

         3.1.1             Kry Cullinan seisoenale reënval of reënval regdeur die jaar?

                                                                                                  (1 x 1)    (1)

         3.1.2             Gee EEN bewys vanaf die grafiek en EEN bewys vanaf die
                           topografiese kaart om jou antwoord op VRAAG 3.1.1 te
                           ondersteun.

                           Grafiek:

                           Topografiese kaart:

                                                                                                  (2 x 1)    (2)

         3.1.3             Met jou antwoord op VRAAG 3.1.1 in gedagte, is die ortofotokaart
                           in die somer of winter geneem? Gee 'n rede vir jou antwoord.

                           Antwoord:

                           Rede:

                                                                                                  (1 + 2)    (3)
Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Geografie/V2                               10                          DBE/November 2014
                                          NSS

3.2      3.2.1       Noem die algemene vloeirigting van die Masokololorivier in
                     blok C8.

                                                                                 (1 x 1)     (1)

         3.2.2       Gee EEN rede vanaf die topografiese kaart vir jou antwoord op
                     VRAAG 3.2.1.

                                                                                 (1 x 2)     (2)

3.3      Verwys na die nedersetting by punt V in blok D8 en beantwoord die vrae
         hieronder.

         3.3.1       Noem die nedersettingspatroon van die nedersetting by punt V.

                                                                                 (1 x 1)     (1)

         3.3.2       Noem EEN nadeel vir 'n plaasarbeider wat in die nedersetting in
                     VRAAG 3.3.1 woon.

                                                                                 (1 x 2)     (2)

3.4      Verwys na blok D1 en D2 wat die Premier-diamantmyn, 'n oopgroefmyn aan
         die buitewyke van Cullinan, aandui. Bestudeer dit saam met die ortofotokaart
         en beantwoord die vrae wat volg.

         3.4.1       Noem EEN omgewingsongeregtigheid wat hierdie tipe mynbou in
                     die omgewing rondom die Premier-diamantmyn veroorsaak het.

                                                                                 (1 x 1)     (1)

         3.4.2       Bespreek TWEE maatreëls wat mynboumaatskappye kan instel
                     om die omgewingsbalans te herstel.

                                                                                 (2 x 2)     (4)
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Geografie/V2                                11                          DBE/November 2014
                                           NSS

         3.4.3       Evalueer waarom mynboumaatskappye verkies om nie die
                     omgewingsbalans wat jy in VRAAG 3.4.2 genoem het, reg te stel
                     nie.

                                                                                  (2 x 2)     (4)

3.5      Verwys na die plaas Uitzicht in blok E7 en beantwoord die vrae wat volg.

         3.5.1       Beoefen die plaas Uitzicht kleinskaalse of grootskaalse boerdery?

                                                                                  (1 x 1)     (1)

         3.5.2       Gee EEN rede vanaf die topografiese kaart om jou antwoord op
                     VRAAG 3.5.1 te ondersteun.

                                                                                  (1 x 2)     (2)

3.6      Die residensiële gebied by punt 9 op die ortofotokaart is 'n hoë-inkomste-
         residensiële gebied.

         Gee EEN bewys vanaf die ortofotokaart om hierdie stelling te ondersteun.

                                                                                  (1 x 1)     (1)
                                                                                              [25]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Geografie/V2                                 12                                DBE/November 2014
                                            NSS

VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

4.1      Die diagram hieronder toon die verskillende komponente van 'n GIS.
         Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.

                                    Geografiese Inligtingstelsel
                                               GIS

                                                            Mense

                                                                   [Aangepas uit Google Images]

         4.1.1       Identifiseer komponente A en B.

                     A:

                     B:
                                                                                          (2 x 1)     (2)

         4.1.2       Verduidelik die rol wat mense in 'n GIS speel.

                                                                                          (1 x 2)     (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Geografie/V2                                  13                            DBE/November 2014
                                             NSS

4.2      Om 'n papier-GIS te doen is dit belangrik dat 'n mens vertroud raak met die
         verskillende inligtingslae. Verwys na blok F6 op die topografiese kaart en die
         diagram hieronder om die vrae wat volg, te beantwoord.

                     Infrastruktuur

                     Grondgebruik
                     en dreinering

                     Topografie

                                                           [Aangepas uit Google Images]

         4.2.1         Gee EEN voorbeeld van elk van die volgende lae in blok F6:

                       Infrastruktuur:

                       Grondgebruik:

                       Dreinering:
                                                                                      (3 x 1)     (3)

         4.2.2         Waarom is data-oorlegging (inligtingslae) belangrik in 'n GIS?

                                                                                      (1 x 2)     (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Geografie/V2                               14                           DBE/November 2014
                                          NSS

4.3      Die gebied rondom die moeras en vlei in blok E5 is 'n vloedrisiko. Hidroloë het
         voorgestel dat 'n buffersone van 250 m rondom die moeras en vlei geskep
         word waar geen ontwikkeling mag plaasvind nie. Verwys na die uittreksel van
         blok E5 op die topografiese kaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                     Moeras en vlei

                                     Standhoudende rivier
                                     Nie-standhoudende rivier

                 Skaal 1 : 50 000

         4.3.1       Teken die buffersone wat deur die hidroloë aanbeveel word op die
                     uittreksel van blok E5 hierbo in.                         (2 x 1)      (2)

         4.3.2       Identifiseer EEN mensgemaakte buffersone en EEN natuurlike
                     buffersone wat in blok E5 aangetref word.

                     Mensgemaak:

                     Natuurlik:
                                                                                 (2 x 1)    (2)

         4.3.3       Noem EEN standplaasfaktor wat die ligging van die nedersetting
                     Erica in blok E4 en E5 bepaal het.

                                                                                 (1 x 2)    (2)
                                                                                            [15]

                                                                             TOTAAL:        75

Kopiereg voorbehou

### Page 15

Geografie/V2                   DBE/November 2014
                         NSS

ROFWERK EN BEREKENINGE

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P1 Exemplar 2013 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-geography-2013-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/ea1538b3-8df1-40aa-9727-485fa49748b9) — Geography · QP · 2013 · Afr
- [GEOG-P2 GR11-QP-Afrikaans Vryheid](https://www.hlayiso.com/library/geog-p2-gr11-qp-afrikaans-vryheid/566f5869-acdc-4a17-9971-559ede8abd5d) — Geography · QP · 2013 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 QP GR11NOV2020 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-geography-2020-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/4d30616b-4cac-4a08-8b5f-ebd71601d315) — Geography · QP · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 QP ANNEX MEMO GR11NOV2020 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-geography-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/668b1b73-0bd0-470e-a310-00e6f564b98e) — Geography · Memo · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR11 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-geography-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/355b8de3-5ced-4d5e-96be-a064532cc824) — Geography · Memo · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 MEMO GR11 NOV2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-memo-gr11-nov2022-afrikaans-final/9e6b56e8-149d-4daf-8e7a-ce27663d63c8) — Geography · Memo · 2022 · Afr

## More from Grade 11 Geography

- [GEOGAPHY P1 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/geogaphy-p1-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/f4dc79b3-16ce-4c85-bce6-b0b3d628919b) — Memo · 2025 · Eng
- [FS Geography Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-geography-grade-11-march-2025-qp-and-memo/971937cb-0cd1-4f4b-ac7c-d89c3464de70) — QP + Memo · 2025
- [GEOGRAPHY P1 MEMO GR11NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-memo-gr11nov-2024-afr-watermark/f29b99c3-25d5-4fea-b032-0ce54ac414f2) — Memo · 2024 · Afr
- [2730DD VRYHEID Gr11 P2 2023 print watermark](https://www.hlayiso.com/library/2730dd-vryheid-gr11-p2-2023-print-watermark/e6324f24-57af-4b23-b2d9-462fb7bb9917) — QP · 2023
- [2730DD VRYHEID Gr11 P2 2023 print Debbie](https://www.hlayiso.com/library/2730dd-vryheid-gr11-p2-2023-print-debbie/853b0cd2-7ba3-41cc-bed8-c96e88083662) — QP · 2023
- [2730DD VRYHEID Gr11 P2 2023 print Debbie watermark](https://www.hlayiso.com/library/2730dd-vryheid-gr11-p2-2023-print-debbie-watermark/daddea19-5a2d-4856-ae19-2d590275773f) — QP · 2023

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
