# Geography Grade 11 P1 National Exemplar November 2020 Memo

> Grade 11 Geography Paper 1 memorandum from the National Exemplar November Exam 2020 (Afrikaans), 32 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-11-geography-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-1/ea4b18c3-b122-4d8d-8c4d-dfb800730afd
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Geography
- Grade: Grade 11
- Document type: Memorandum
- Year: 2020
- Exam period: National Exemplar November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 32

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/geography) › [Geography Grade 11 P1 National Exemplar November 2020 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-geography-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-1/ea4b18c3-b122-4d8d-8c4d-dfb800730afd)

## About this document

Geography · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020. Memorandum, 32 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                 SENIOR SERTIFIKAAT

                        GRAAD 11

                  NOVEMBER 2020

                    GEOGRAFIE V1
                    EKSEMPLAAR

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                           *IGEOGA1*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

2                                   GEOGRAFIE V1                        (EC/NOVEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit drie vrae.

 2.    ALLE diagramme is in die BYLAAG ingesluit.

 3.    Indien moontlik, illustreer jou antwoorde met geannoteerde diagramme.

 4.    Laat ŉ lyn oop tussen onderafdelings van die vrae wat beantwoord word.

 5.    Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

 6.    Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
       gebruik word.

 7.    Moet NIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

 8.    In AFDELING B word jy voorsien van ŉ 1 : 50 000 topografiese kaart
       (2527 BD HARTBEESPOORTDAM) en ŉ ortofoto van ŉ gedeelte van die
       gekarteerde gebied.

 9.    Toon ALLE berekeninge en gebruik die formules wat verskaf word, waar van
       toepassing. Punte sal hiervoor toegeken word.

 10.   Dui die maateenheid in die finale antwoord van berekeninge aan, bv. 10 km;
       2,1 cm.

 11.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar en ŉ vergrootglas gebruik.

 12.   Die gebied wat in ROOI en SWART op die topografiese kaart afgebaken is,
       verteenwoordig die gebied wat deur die ortofotokaart gedek word.

 13.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2020)                       GEOGRAFIE V1                                   3

 AFDELING A: DIE ATMOSFEER EN GEOMORFOLOGIE

 VRAAG 1

 1.1   Kies ŉ term in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
       die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 J.

                          KOLOM A                             KOLOM B
       1.1.1    Bepaal die hoeveelheid insolasie wat A      Mosambiek
                die aarde ontvang

       1.1.2    Die krag wat veroorsaak dat lug vanaf ŉ B   geostrofies
                hoogdruk na ŉ laagdruk beweeg

       1.1.3    Roterende krag wat winde deflekteer     C   aanlandig

       1.1.4    Winde wat swaar reën        na   Indië D    breedtegraad
                gedurende somer bring

       1.1.5    Winde wat parallel met die lyne van die E   drukgradiënt
                isobare waai

       1.1.6    Winde wat vanaf die land na die see F       coriolis
                waai

       1.1.7    Seestrome wat by die pole ontstaan      G   moeson

       1.1.8    Kontaksone van polêre lug met warm H        front
                tropiese lug

                                                        I   Benguela
                                                                            (8 x 1)     (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

4                                GEOGRAFIE V1                           (EC/NOVEMBER 2020)

 1.2   Verwys na FIGUUR 1.2 oor driesel-lugsirkulasie. Pas die onderstaande
       beskrywings met een van die POLÊRE, HADLEY- of FERRELSEL. Kies die
       antwoord en skryf slegs die sel langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in
       jou ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.8 POLÊR. Jy mag dieselfde
       sel meer as een keer kies.

       1.2.1   Lug sirkuleer tussen die 60̊–90̊ breedtelyne

       1.2.2   Lug styg naby die ewenaar en divergeer poolwaarts

       1.2.3   Lugsirkulasie is in die middelbreedtes

       1.2.4   Word met tropiese lugmassa sirkulasie geassosieer

       1.2.5   Koue oostelike winde ontstaan in hierdie sel

       1.2.6   Hierdie sel genereer die westewindgordel

       1.2.7   Passaatwinde ontstaan in hierdie sel                         (7 x 1)     (7)

 1.3   FIGUUR 1.3 is ŉ voorstelling van ŉ Föhn-wind.

       1.3.1   Waarom is ŉ Föhn-wind ŉ voorbeeld van ŉ streekswind?         (1 x 1)     (1)

       1.3.2   Noem die kant van die berg by A, in die vorming van Föhn-winde.
                                                                           (1 x 1)      (1)

       1.3.3   Waarom kom reën by A voor?                                   (1 x 1)     (1)

       1.3.4   Bespreek waarom die dalende lug by B warm en droog sal wees.
                                                                         (2 x 2)        (4)

       1.3.5   In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die impak wat die
               dalende lug by B het op mense wat aan daardie kant van die berg
               woon.                                                        (4 x 2)     (8)

 1.4   Verwys na FIGUUR 1.4, wat die La Niña-proses illustreer.

       1.4.1   Waarom word die La Niña-proses as ŉ weerpatroon beskryf? (1 x 1)         (1)

       1.4.2   Noem TWEE bewysstukke uit FIGUUR 1.4 wat aandui dat die La
               Niña-proses uitgebeeld word.                        (2 x 1)              (2)

       1.4.3   Bespreek waarom die oostelike helfte van Australië swaar reënval
               gedurende die La Niña-proses sal ontvang.                 (3 x 2)        (6)

       1.4.4   Verduidelik die ekonomiese impak wat die La Niña-proses op Afrika
               sal hê.                                                   (3 x 2)        (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2020)                       GEOGRAFIE V1                                   5

1.5   Verwys na FIGUUR 1.5, wat ŉ uittreksel oor verwoestyning is.

      1.5.1   Volgens FIGUUR 1.5, wat is die hoofdoel van die groengordel-projek?
                                                                           (1 x 1)     (1)

      1.5.2   Wat is verwoestyning?                                        (1 x 1)     (1)

      1.5.3   Haal ŉ verklaring uit die uittreksel aan wat moontlike natuurlike
              oorsake van verwoestyning aandui.                         (1 x 1)        (1)

      1.5.4   Noem TWEE menslike aktiwiteite wat tot verwoestyning bydra.
                                                                        (2 x 1)        (2)

      1.5.5   Bespreek hoe die aanplant van bome as ŉ ‘buffersone kan dien’ om
              verwoestyning te bestuur.                                 (1 x 2)        (2)

      1.5.6   Behalwe vir bebossing (aanplant van bome), verduidelik TWEE ander
              maniere waarop verwoestyning bestuur kan word.             (2 x 2)       (4)

      1.5.7   Lewer kommentaar oor die positiewe impak wat die groengordel-
              projek op die mense wat in die omgewing woon, sal hê.  (2 x 2)           (4)
                                                                                      [60]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

6                                GEOGRAFIE V1                            (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 2

 2.1   Kies ŉ term in KOLOM B wat by die beskrywing oor topografie, wat met hellende
       lae geassosieer word, in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die
       vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
       2.2.2 I.

                          KOLOM A                                KOLOM B
       2.1.1   Eskarphelling wys na binne en die A            homoklinale skuiwing
               duikhelling wys na buite

       2.1.2   Steilhelling van ŉ homoklinale rug         B   cuesta

       2.1.3   Duikende strata is meer as 45°             C   cuesta-koepel

       2.1.4   Geleidelike helling van ŉ homoklinale      D   eskarp
               rug

       2.1.5   Lewer grondwater as gesteentes             E   duik
               deurlaatbaar is

       2.1.6   Beskryf asimmetriese rûe                   F   cuesta-bekken

       2.1.7   Duikende strata lê teen ŉ hoek van         G   hogsback
               10°–25°

                                                          H   homoklinale-rug
                                                                                  (7 x 1)     (7)

 2.2   Verwys na FIGUUR 2.2 wat verskillende soorte massabeweging toon. Pas die
       onderstaande beskrywings by die soorte massabeweging in die skets. Kies die
       antwoord en skryf slegs die soort massabeweging langs die vraagnommers
       (2.2.1 tot 2.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.9 grondkruip.
       Jy kan meer as een keer dieselfde soort massabeweging kies.

       2.2.1   Vinnige vloei van ŉ mengsel van gesteentes of grond en water

       2.2.2   Geboë boomstamme en skuins heinings is die gevolge

       2.2.3   Die vinnigste soort massabeweging

       2.2.4   Kom algemeen in droë en halfdroë streke voor

       2.2.5   Aardbewings kan hierdie soort massabeweging veroorsaak

       2.2.6   Stadigste tipe massabeweging

       2.2.7   ŉ Kombinasie van insinkings en puinvloei

       2.2.8   Het sy oorsprong by steil rotswande                                (8 x 1)     (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2020)                         GEOGRAFIE V1                                     7

 2.3   Bestudeer FIGUUR 2.3 wat ŉ canyon-landskap aandui.

       2.3.1    Toon bewyse uit die skets om te regverdig dat hierdie landskap uit
                lae van ongelyke weerstand teen erosie ontwikkel het.      (1 x 1)         (1)

       2.3.2    Beskryf die klimaat van hierdie canyon-landskap soos in
                FIGUUR 2.3 uitgebeeld.                                        (1 x 1)      (1)

       2.3.3    Noem EEN voordeel van hierdie canyon-landskap vir menslike
                aktiwiteite.                                        (1 x 1)                (1)

       2.3.4    Bespreek die rol van die rivier in die skets in die vorm van canyon-
                landskappe.                                                   (2 x 2)      (4)

       2.3.5    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe Karoo-
                landskappe uit ŉ canyon-landskap ontwikkel.            (4 x 2)             (8)

 2.4   FIGUUR 2.4 toon stapelrotse.

       2.4.1    Wat is stapelrotse?                                           (1 x 1)      (1)

       2.4.2    Noem die tipe rots, sigbaar op die skets, waaruit stapelrotse
                ontwikkel.                                            (1 x 1)              (1)

       2.4.3    Noem die stollingsintrusie waaruit stapelrotse mag ontwikkel.
                                                                           (1 x 1)         (1)

       2.4.4    Beskryf die rol wat stollingsintrusies in die vorming van stapelrotse
                speel.                                                        (2 x 2)      (4)

       2.4.5    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die vorming
                van stapelrotse.                                        (4 x 2)            (8)

 2.5   Verwys na FIGUUR 2.5 wat die tipiese hellingelemente/-vorms wat met ŉ
       helling geassosieer word, aantoon.

       2.5.1    Identifiseer die hellingelemente/-vorms genommer A, B, C
                en D.                                                    (4 x 1)           (4)

       2.5.2    Gee EEN kenmerk van elke hellingelement/-vorm genommer A en
                C.                                                   (1 + 1)               (2)

       2.5.3    Watter helling-element is die mees geskikte vir gewasboerdery?
                Gee ŉ rede vir jou antwoord.                            (1 + 2)            (3)

       2.5.4    “Hellings verskaf ŉ kosbare stuk grond vir die mensdom”.

                Bespreek die belangrikheid van hellings vir menslike aktiwiteite.
                                                                            (3 x 2)       (6)
                                                                                         [60]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

8                                   GEOGRAFIE V1                              (EC/NOVEMBER 2020)

 AFDELING B: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE

 Die vrae hieronder is gebaseer op die 1 : 50 000 topografiese kaart 2527 DB
 HATBEESPOORTDAM, sowel as die ortofotokaart van ŉ gedeelte van die
 gekarteerde gebied.

 VRAAG 3

 3.1   Verwys na die lyn wat loop van M (blok B5) tot N (blok A5) van die kabelbaan
       op die topografiese kaart.

       3.1.1   Bereken die gemiddelde helling van die kabelbaan vanaf M
               (kontoerlesing 1 235 m) tot bo by N (trigonometriese baken 66). Toon
               AL die berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.

                                          Vertikale interval (VI)
               Formule: Gradiënt = Horisontale ekwivalent (HE))
                                                                                   (5 x 1)     (5)

 3.2 FIGUUR 3.2 is ŉ dwarsprofiel van die klim tussen 3 en 4 op die ortofotokaart.

       3.2.1   Bereken die vertikale vergroting van die dwarsprofiel. Toon alle
               berekeninge vir jou berekeninge.

                                                      Vertikale Skaal (VS)
               Formule: Vertikale Vergroting =
                                                     Horisontale Skaal (HS)
                                                                                   (4 x 1)     (4)

       3.2.2   Gee EEN rede waarom daar intersigbaarheid tussen 3 en 4 is. (1 x 1)             (1)

 KAARTINTERPRETASIE

 3.3 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
     Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) in jou ANTWOORDEBOEK
     neer.

       3.3.1   Die mensgemaakte verskynsel 2 op die ortofotokaart is ŉ ...

               A     dam.
               B     reservoir.
               C     gebou.
               D     watertoring.

       3.3.2   Die verskynsel wat by 6 op die ortofotokaart gevind word, is ŉ ...

               A     hospitaal.
               B     skool.
               C     dam.
               D     tronk.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2020)                         GEOGRAFIE V1                                   9

       3.3.3    Die skaduwees op die helling onderkant 4 op die ortofotokaart kom in
                die suidweste voor, wat daarop dui dat die foto teen ... geneem is.

                A    08:00
                B    10:00
                C    16:00
                D    14:00                                                      (3 x 1)       (3)

 3.4 Verwys na die skuinslugfoto wat vanaf N in blok A5, op die topografiese kaart
     geneem is.

       3.4.1    Is hierdie lugfoto ŉ hoë of ŉ lae skuinslugfoto?                (1 x 1)       (1)

       3.4.2    In watter rigting het die kamera gewys toe die foto geneem is? (1 x 2)        (2)

       3.4.3    Identifiseer die vakansie-oord by A.                            (1 x 1)       (1)

 3.5 Verwys na blokke B3/4 op die topografiese kaart en die foto in VRAAG 3.5.

       3.5.1    Toon die gekarteerde gebied ŉ cuesta- of ŉ hogsback-landskap?
                Ondersteun jou antwoord met bewyse vanaf die topografiese kaart.
                                                                            (1 + 2)           (3)

       3.5.2    Waarom is daar geen ontwikkeling wat in die onderste hellings bokant
                Schoemansville plaasvind nie?                                 (1 x 2)         (2)

 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

 3.6 Jy doen tans ŉ stedelike studie van Ifafi in blok C5 op die topografiese kaart en
     gebruik papier-GIS om te help met die ontleding van die gebied.

       3.6.1    Watter GIS-proses sal gebruik word om die papier-GIS te
                produseer?                                        (1 x 1)                     (1)

       3.6.2    Identifiseer TWEE verskillende lae wat jy sal gebruik om die woonbuurt
                van Ifafi te analiseer.                                         (2 x 1)       (2)

       3.6.3    Gee EEN voorbeeld van ruimtelike data wat in blok C5 aangetref
                word.                                                        (1 x 1)          (1)

       3.6.4    Onlangs het baie van die inwoners van Ifafi gekla oor
                waterbesoedeling. Verduidelik hoe jy GIS kan gebruik om die inwoners
                te help om ŉ oplossing vir die probleem te vind.               (2 x 2)     (4)
                                                                                          [30]

                                                                    GROOTTOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT

      GRAAD 11

 NOVEMBER 2020

   GEOGRAFIE V1
     BYLAAG
   EKSEMPLAAR

        *IGEOGA3*

Hierdie bylaag bestaan uit 7 bladsye.

### Page 12

2                       GEOGRAFIE V1 (BYLAAG)           (EC/NOVEMBER 2020)

FIGUUR 1.2: DRIESEL-RANGSKIKKING LUGSIRKULASIE

                                                       [Bron: slideplayer.net]

FIGUUR 1.3: FÕHN-WIND

                                                 [Bron: ownyourweather.com]

 Kopiereg voorbehou                                       Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2020)                   GEOGRAFIE V1 (BYLAAG)                                    3

 FIGUUR 1.4: LA NIÑA-PROSES

                                                                        [Bron: wwwcrystal links]

 FIGUUR 1.5: VERWOESTYNING

                     AFRIKA SE AMBISIEUSE GROENGORDELPROJEK

 Die Great Green Wall-projek van 15 kilometer (9,3 myl) strek oor 7 775 km van Senegal
 aan die Atlantiese Oseaan tot Eritrea aan die Rooi See. Die doel was om die verspreiding
 van die Sahara-woestyn te beperk. Maar daar is nog steeds groot uitdagings.

 Die verandering in klimaat- en weerpatrone het ŉ vinnige verspreiding van die Sahara-
 woestyn veroorsaak, wat lande binnedring en groot mere omring, volgens
 klimaatkundiges. Sewe lande in die Sahel-streek, ŉ gebied net suid van die Sahara, het
 dus ŉ projek begin waarin miljarde bome teen 2030 in 11 lande geplant sal word, wat sal
 dien as buffersones om die verwoestyning te stop.

 Die Afrika-unie (AU) het die inisiatief in 2007 onder die naam die Groot Groen Muur van
 stapel gestuur.

 Die Groot Groen Muur is meer as net ŉ omgewingsprojek wat daarop gemik is om 100
 miljoen hektaar vrugbare lande in die Sahel te herstel, en 250 miljoen ton koolstofdioksied
 in die proses uit die atmosfeer te sny. Dit beoog om 10 miljoen sogenaamde groen
 werkgeleenthede te skep.

                                                        [Vryvertaal en aangepas uit www.dw.com]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

4                      GEOGRAFIE V1 (BYLAAG)                   (EC/NOVEMBER 2020)

 FIGUUR 2.2: TIPES MASSABEWEGING

                                          [Bron: landslideadelaide.wordpress.com]

 FIGUUR 2.3: CANYON-LANDSKAP

                                                   [Bron: nationalgeographic.com]

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/NOVEMBER 2020)         GEOGRAFIE V1 (BYLAAG)                                 5

 FIGUUR 2.4: STAPELROTSE

                                                        [Bron: www.clearias.com]

 FIGUUR 2.5: HELLINGS

                                                   [Bron: nationalgeographic.com]

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 16

6                                     GEOGRAFIE V1 (BYLAAG)                    (EC/NOVEMBER 2020)

 AFDELING B: ALGEMENE INLIGTING OOR HARTBEESPOORTDAM

 Koordinate: 25° 44′ 39″ S, 27° 53′ 58″ E        Hartbeespoortdam (ook bekend as Harties) is
                                                 ŉ boogsoortdam in die Noordwes-provinsie
                                                 van Suid-Afrika. Dit lê in ŉ vallei suid van die
                                                 Magaliesberg-bergreeks en noord van die
                                                 Witwatersberg-bergreeks,       ongeveer      35
                                                 kilometer noordwes van Johannesburg en 20
                                                 kilometer wes van Pretoria.

                                                 Die dam is oorspronklik ontwerp vir
                                                 besproeiing, wat tans die primêre gebruik is,
                                                 asook vir huishoudelike en industriële gebruik.

                                                 Die dorp bestaan uit vakansiehuise en
                                                 permanente wonings rondom die dam, want dit
                                                 is gewild onder besoekers van die nabygeleë
                                                 Gauteng provinsie.

                                                 Hartbeespoort-kabelbaan is        die   langste
                                                 eenweg-kabelbaan in Afrika.

 Die volgende Engelse terme en hul Afrikaanse vertalings word op die topografiese kaart
 aangetref:

                     AFRIKAANS                                        ENGLISH
    Rivier                                            River
    Industrie                                         Industry
    Kliniek                                           Clinic
    Landingstrook                                     Landing strip
    Inryteater                                        Drive-in-theatre
    Grawing                                           Digging
    Stuwal                                            Weir
    Kanaal                                            Canal

 FIGUUR 3.2

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/NOVEMBER 2020)         GEOGRAFIE V1 (BYLAAG)                                        7

 FIGUUR 3.4

                     [Bron: https://www.nationalgeographic.org/encyclopedia/escarpment/]

             A

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 19

NASIONALE
                  SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 11

                    NOVEMBER 2020

                      GEOGRAFIE V1
                      NASIENRIGLYN
                      EKSEMPLAAR

PUNTE:   150

               Hierdie nasienriglyn bestaan uit 9 bladsye.

### Page 20

2                                      GEOGRAFIE V1                       (EC/NOVEMBER 2020)

AFDELING A: DIE ATMOSFEER EN GEOMORFOLOGIE

VRAAG 1

1.1    1.1.1    D (breedtegraad) (1)

       1.1.2    E (drukgradiënt) (1)

       1.1.3    F (Coriolis) (1)

       1.1.4    G (moeson) (1)

       1.1.5    B (geostrofies) (1)

       1.1.6    C (aflandig) (1)

       1.1.7    I (Benguela) (1)

       1.1.8    H (front) (1)                                                (8 x 1)     (8)

1.2    1.2.1    Polêr (1)

       1.2.2    Hadley (1)

       1.2.3    Ferrelsel (1)

       1.2.4    Hadley (1)

       1.2.5    Polêr (1)

       1.2.6    Ferrelsel (1)

       1.2.7    Hadley (1)                                                   (7 x 1)     (7)

1.3    1.3.1    Dit affekteer slegs kleiner gebiede en waai net op sekere tye van
                die jaar (1)
                [KONSEP]                                                     (1 x 1)     (1)

       1.3.2    Windkant (1)                                                 (1 x 1)     (1)

       1.3.3    Vogtige lug styg aan die windkant van die berg (1)
                Afkoeling veroorsaak waterdamp om te kondenseer en wolke te
                vorm (1)
                Wolke is sigbaar in A (1)
                [ENIGE EEN]                                             (1 x 1)          (1)

       1.3.4    Vog word aan die windkant vrygestel (2)
                Vog verdamp soos lug daal (2)
                Die temperatuur verhoog adiabaties soos lug daal (2)
                [ENIGE TWEE]                                                 (2 x 2)    (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 21

(EC/NOVEMBER 2020)                    GEOGRAFIE V1                                           3

       1.3.5     Daar is ŉ moontlikheid van brande wat vernietiging kan veroorsaak
                 (aanvaar voorbeelde) (2)
                 Plantegroei/gewasse kan uitdroog wat die landbou beïnvloed (2)
                 Dit kan dehidrasie van weerlose mense soos kinders en bejaardes
                 veroorsaak (2)
                 Dit kan in sekere lande sneeu laat smelt en sneeustortings en
                 oorstromings veroorsaak (2)
                 As gevolg van oorstromings kan sneeustortings wydverspreide
                 vernietiging en selfs sterftes veroorsaak (2)
                 Gewasse kan weggespoel word (2)
                 [ENIGE VIER]                                               (4 x 2)        (8)

1.4    1.4.1     Dit veroorsaak korttermyn veranderinge in die klimaat. (1)
                 [KONSEP]                                                      (1 x 1)     (1)

       1.4.2     Sterk passaatwinde (1)
                 Laagdruk oor Australië (1)
                 Sterk ekwatoriale seestroom (1)
                 [ENIGE TWEE]                                                  (2 x 1)     (2)

       1.4.3     Warm temperature oor Australië veroorsaak dat ŉ laagdruk
                 ontwikkel (2)
                 Sterk passaat-/tropiese oostewinde stoot meer water as gewoonlik
                 weswaarts (2)
                 Grootskaalse verdamping en kondensasie kom voor (2)
                 Australië sal bo-gemiddelde reënval ontvang (2)
                 [ENIGE DRIE]                                              (3 x 2)         (6)

        1.4.4    Die oostelike deel van Afrika kan meer reënval as gewoonlik
                 ondervind, wat damme sal vul en die beskikbaarheid van water sal
                 verhoog (2)
                 Meer water sal beskikbaar wees vir industriële, huishoudelike en
                 landbougebruik (2)
                 Dit sal groter voedselproduksie deur bestaansboere en kommersiële
                 boere verseker (2)
                 Kos sou goedkoper en toegankliker wees (2)
                 Die aantal invoer na die land sal verminder word (2)
                 Meer inkomste uit toerisme (2)
                 Meer werksekerheid in boerdery en industrie (2)
                 [ENIGE DRIE]                                              (3 x 2)         (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 22

4                                     GEOGRAFIE V1                       (EC/NOVEMBER 2020)

1.5    1.5.1    ‘... om die verspreiding van die Sahara-woestyne te bekamp.’ (1)        (1)

       1.5.2    Die proses waar eertydse vrugbare grond meer aried word. (1)
                [KONSEP]                                                                (1)

       1.5.3    ‘Die verandering in klimaat en weerpatrone ...’(1)                      (1)

       1.5.4    Oorbeweiding (1)
                Oorbewerking (1)
                Ontbossing (1)
                Bestaansboerdery (1)
                Swak besproeiingspraktyke (1)
                [ENIGE TWEE]                                                (2 x 1)     (2)

       1.5.5    Bome bevorder infiltrasie en minder afloop van vrugbare grond (2)
                Bome dien as windskerms rondom vrugbare grond (2)
                Bome bied skaduwee en skep ŉ voedingsbak (2)
                Bome verhoog die evapo-transpirasie, dus reënval (2)
                [ENIGE EEN]                                                (1 x 2)      (2)

       1.5.6    Behoorlike grondbestuur wat die gebruik van organiese kunsmis
                insluit (2)
                Grondhervormingsprogramme / -wette wat die volhoubare bestuur
                van hulpbronne aanmoedig (2)
                Grondbestuur wat die groei van droogtebestande gewasse
                aanmoedig (2)
                Terrashellings om afloop te verminder en grondvog te verhoog (2)
                Laat die land braak lê (wisselbou) (2)
                [ENIGE TWEE]                                               (2 x 2)      (4)

       1.5.7    Dit sal miljoene hektaar vrugbare lande herstel (2)
                Dit sal voedselonsekerheid / hongersnood in die SAHEL
                verminder (2)
                Die agteruitgang van grond sal verminder word (2)
                Dit sal help om konflik in die gebied te verminder (2)
                Daar sal werk geskep word / vermenigvuldigingseffek (2)
                Dit sal massa migrasie van lande in die SAHEL na ander dele van
                Afrika verminder (2)
                Dit sal koolstofdioksied verminder en suurstof verhoog (2)
                [ENIGE TWEE]                                               (2 x 2)      (4)
                                                                                       [60]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 23

(EC/NOVEMBER 2020)                       GEOGRAFIE V1                                        5

 VRAAG 2

 2.1    2.1.1    C (cuesta-koepel) (1)

        2.1.2    D (eskarp) (1)

        2.1.3    G (hogsback) (1)

        2.1.4    E (duik) (1)

        2.1.5    F (cuesta-bekken) (1)

        2.1.6    H (homoklinale rug)

        2.1.7    B (cuesta) (1)                                                 (7 x 1)    (7)

 2.2    2.2.1    moddervloei (1)

        2.2.2    grondkruip (1)

        2.2.3    rotsstortings (1)

        2.2.4    moddervloei (1)

        2.2.5    grondverskuiwing (1)

        2.2.6    grondkruip (1)

        2.2.7    grondverskuiwing (1)

        2.2.8    rotsstortings (1)                                              (8 x 1)    (8)

 2.3    2.3.1    Steil en minder steil hellings is afwisselend (1)
                 Die hellings is terrasvormig (1)
                 [ENIGE EEN]                                                    (1 x 1)    (1)

        2.3.2    Droog / Lae reënval / Hoë temperature (1)                      (1 x 1)    (1)

        2.3.3    toerisme (aanvaar voorbeelde) (1)                              (1 x 1)    (1)

        2.3.4    Die rivier het sy loop op die oppervlak sedimente gevestig (2)
                 Rivier erodeer vertikaal deur krake en nate (2)                (2 x 2)    (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 24

6                                     GEOGRAFIE V1                          (EC/NOVEMBER 2020)

        2.3.5   Die canyon-landskap het weerstandige boonste lae wat ŉ
                beskermende kaprots met steil kranse vorm (2)
                Die lae onder die kaprots is makliker erodeerbaar (2)
                Terugwaartse erosie / skerp terugwyking laat die kaprots kleiner word
                en die valleivloer breër (2)
                Die canyon-landskap word nou gekenmerk deur plat heuwels, geskei
                deur wye gelyke vlaktes (2)
                Mesas is plat heuwels wat bedek is deur weerstandige plate en steil
                kranse (2)
                As die weerstandige kaprots kleiner as die helfte van die basis is,
                staan dit as ŉ butte bekend (2)
                Spitskoppe ontwikkel, met ŉ baie klein kaprots, met steil hellings (2)
                Sodra die weerstandige kaprots weggeërodeer is, lei die erosie van ŉ
                mesa of butte tot die vorming van ŉ koniese heuwel (2)
                [ENIGE VIER]                                                    (4 x 2)     (8)

    2.4 2.4.1   Massa los kernstene (1)
                [KONSEP]                                                        (1 x 1)    (1)

        2.4.2   Stollingsgesteentes (1)                                         (1 x 1)    (1)

        2.4.3   Batoliet (1)
                Lakkoliet (1)
                [ENIGE EEN]                                                     (1 x 1)     (1)

        2.4.4   Stollingsintrusies is die moederrots waarin stapelrotse hul basis
                het (2)
                Hierdie moederrots ondergaan chemiese verwering langs nate wat
                kernstene onder die oppervlak vorm (2)                          (2 x 2)     (4)

        2.4.5   Grondwater infiltreer in krake en nate van granietgesteentes onder
                die aardoppervlak (2)
                Minerale in die rots word opgelos om ŉ oplossing te vorm
                (ontbinding) (2)
                Die rots onder die grond verswak (2)
                Die verwydering van oorliggende rotslae stel die kernstene van die
                stollingsgesteentes bloot (2)
                [ENIGE VIER]                                                  (4 x 2)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 25

(EC/NOVEMBER 2020)                     GEOGRAFIE V1                                           7

  2.5 2.5.1      A – Kruin (1)
                 B – Krans (1)
                 C – Talus (1)
                 D – Pediment (1)                                                (4 x 1)     (4)

        2.5.2    Helling-element A
                 Grondkruip kom voor (1)
                 Helling is konveks en geleidelik (1)
                 [ENIGE EEN]

                 Helling-element C
                 Dit is ŉ eenvormige helling aan die basis van die krans (1)
                 Vallende materiaal word neergelaat (1)
                 Die hoek van die helling bly konstant (1)
                 [ENIGE EEN]                                                     (1 + 1)     (2)

        2.5.3    Pediment (D) (1)
                 Redes:
                 Die helling is plat/geleidelik (2)
                 Ideaal vir die gebruik van masjinerie (2)
                 Die aanlê van infrastruktuur is maklik en goedkoop (2)
                 [ENIGE EEN]                                                     (1 + 2)     (3)

        2.5.4    Hellings is toeriste-aantreklikhede (adrenaliensport-beoefening) (2)
                 Dit verweer om vrugbare grond te vorm (2)
                 Ontspanningsaktiwiteite vind plaas (2)
                 Bosbou word op die steiler hange beoefen (2)
                 Gelyke gebiede is geskik vir boerdery (2)
                 [ENIGE DRIE]                                                   (3 x 2)     (6)
                                                                                           [60]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 26

8                                        GEOGRAFIE V1                                (EC/NOVEMBER 2020)

    AFDELING B: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE

    VRAAG 3

    3.1   3.1.1   VI = 1 600 m – 1 235 m                              VI = 1 600 m – 1 235 m
                     = 365 m 3                                           = 365 m 3

                  HE = 1,6 3 cm x 500 m                               HE = 16 3 cm x 100 000
                                                                                  500
                              Speling [1,59 cm tot 1,61 cm]

                     = 800 m 3                         OR                = 800 m 3

                                    Speling vir HE [795 m – 805 m]

                  G = 365 3                 (Een punt vir)    G = 365 3
                      800                korrekte vervanging)     800

                                                 ଵ                                              ଵ
                     = 1 : 2,19 / 1 in 2,19 /          3            = 1 : 2,19 / 1 in 2,19 /
                                                ଶ,ଵଽ                                           ଶ,ଵଽ

                                 Speling vir finale antwoord [1 : 2,18 – 1 : 2,21]
                                                                                         (5 x 1)          (5)

    3.2   3.2 1                                              Vertikale skaal
                  Formule: Vertikale vergroting =
                                                            Horisontale skaal

                  = 1/60 3÷ 1/500 3              OF           = 1/6 000 3÷ 1/50 000 3

                  = 1/60 x 500/1 3                            = 1/6 000 x 50 000/1 3

                  = 8,3 keer 3                               = 8,3 keer 3                 (4 x 1)         (4)

          3.2.2   Daar is geen versperrings tussen 3 en 4 nie 3
                  Daar is geen hoogliggende area/heuwel tussen 3 en 4 nie3
                  [ENIGE EEN]                                                             (1 x 1)         (1)

    KAARTINTERPRETASIE

    3.3   3.3.1   B (1)

          3.3.2   B (1)

          3.3.3   C (1)                                                                   (3 x 1)         (3)

    3.4   3.4.1   Hoë (1)                                                                 (1 x 1)         (1)

          3.4.2   Suidwestelike (2)                                                       (1 x 2)         (2)

          3.4.3   Kosmos (1)                                                              (1 x 1)         (1)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 27

(EC/NOVEMBER 2020)                        GEOGRAFIE V1                                           9

 3.5     3.5.1       Cuesta (1)                                                      (1 x 1)     (1)

                     Bewyse
                     Eskarphelling (naaste aan die dam) het kontoerlyne naby mekaar
                     en ŉ meer geleidelike duikhelling (2)
                     Die duikhelling is geleidelik (10°–25°) tot die horisontaal (2)
                     [ENIGE EEN]                                                     (1 x 2)     (2)

         3.5.2       Beskermende gebied / buffersone (2)
                     Gradiënt miskien te steil – rotsstortings (2)
                     [ENIGE EEN]                                                     (1 x 2)     (2)

 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

 3.6     3.6.1       Data oorlegging/Oorlegging/Tematiese oorlegging kan die proses
                     verduidelik / Skryf ŉ beskrywing (1)
                     [ENIGE EEN]                                                (1 x 1)              (1)

         3.6.2       Vervoernetwerk – paaie en spoorlyne (1)
                     Ontspanningsgebiede– wys die ligging van alle oop parke, oop
                     gebiede (1)
                     Woongebiede (1)
                     Industriële gebiede / rioolwerke ens. (1)
                     [ENIGE TWEE]                                               (2 x 1)              (2)

         3.6.3       Paaie (1)
                     Riviere (1)
                     Huise en geboue (1)
                     Rioolwerke (1)
                     [ENIGE EEN – AANVAAR ANDER]                                     (1 x 1)         (1)

         3.6.4       Analiseer waar die nywerheidsgebiede geleë is in verhouding tot
                     riviere / ander waterbronne. (2)
                     Deur spesifieke bedrywe binne ŉ sekere radius van ŉ waterbron aan
                     te dui, kan jy die oorsaak opspoor. Met GIS-sagteware kan jy
                     afstande maklik meet. (2)
                     ŉ Lugfoto van die gebied kan bygevoeg word as ŉ ‘laag of tema’ wat
                     ook ŉ bietjie lig op die saak kan werp. (2)
                     Rookpluime kan sigbaar wees; weereens, wat aandui watter bedrywe
                     verantwoordelik vir lugbesoedeling is. (2)
                     [ENIGE TWEE]                                                (2 x 2)           (4)
                                                                                                  [30]

                                                                         GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

## Related documents

- [GEOGRAPHY P1 GR11 MEMO NOV2020 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-geography-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-1/ef2ea0d0-76ef-4273-a6d6-153f9bb36fe4) — Geography · Memo · 2020 · Eng
- [GEOGRAPHY P1 GR11 MEMO NOV2020 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-geography-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-1/3033d5bf-7015-45fb-99f5-756e2445faf1) — Geography · Memo · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR11 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-geography-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/355b8de3-5ced-4d5e-96be-a064532cc824) — Geography · Memo · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR11 ANNEXURE NOV2020 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-geography-2020-national-exemplar-november-exam-addendum-paper-1/2a377de6-e00e-4df3-a65b-5b304c6e2ea5) — Geography · Addendum · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR11 QP NOV2020 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-geography-2020-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-1/2837cd32-d6c7-4749-a8a7-5acb71bf29f0) — Geography · QP · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 QP ANNEX MEMO GR11NOV2020 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-geography-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/668b1b73-0bd0-470e-a310-00e6f564b98e) — Geography · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Geography

- [GEOGRAPHY P1 QP GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-qp-gr11-nov-2025-eng-watermark/caada183-967a-4820-a00e-363a8c0367cc) — QP · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 MAP 2529CC EMALAHLENI Nov 2025 Final watermark](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-map-2529cc-emalahleni-nov-2025-final-watermark/850cf53e-1902-408c-928d-6d7ceb2466cf) — QP · 2025
- [FS Geography Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-geography-grade-11-march-2025-qp-and-memo/971937cb-0cd1-4f4b-ac7c-d89c3464de70) — QP + Memo · 2025
- [GEOGRAPHY P1 QP GR11 NOV 2024 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-qp-gr11-nov-2024-afr-d-watermark/423e5b2a-0420-47af-8002-6e28c4f1257a) — QP · 2024 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR11 QP NOV2024 ENG D watermark](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr11-qp-nov2024-eng-d-watermark/f28c449c-8c06-4f6b-8014-968ad9ec2f20) — QP · 2024 · Eng
- [NW 11 GEOGRAPHY P2 QP ENG NOV 2024](https://www.hlayiso.com/library/nw-11-geography-p2-qp-eng-nov-2024/87401783-284d-47f0-a49a-7027fb34cb4c) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
