# Geography Grade 11 P2 National Exemplar November 2020 QP

> Grade 11 Geography Paper 2 question paper from the National Exemplar November Exam 2020 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-11-geography-2020-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/31afda46-e34d-4ff5-b862-76b5b07701ea
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Geography
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: National Exemplar November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/geography) › [Geography Grade 11 P2 National Exemplar November 2020 QP](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-geography-2020-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/31afda46-e34d-4ff5-b862-76b5b07701ea)

## About this document

Geography · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [GEOGRAPHY P2 QP ANNEX MEMO GR11NOV2020 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-geography-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/668b1b73-0bd0-470e-a310-00e6f564b98e) — Memo · 2020 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                     NOVEMBER 2020

                      GEOGRAFIE V2
                      EKSEMPLAAR

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

### Page 2

2                                   GEOGRAFIE V2                       (EC/NOVEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE vrae.

 2.    Alle diagramme is in die BYLAE ingesluit.

 3.    Illustreer jou antwoorde met geannoteerde diagramme waar moontlik.

 4.    Laat ŉ lyn oop tussen onderafdelings van die vrae wat beantwoord word.

 5.    Begin ELKE vraag aan die bokant van ŉ NUWE bladsy.

 6.    Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
       gebruik word.

 7.    Moet NIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

 8.    In AFDELING B word jy van ŉ 1 : 50 000 topografiese kaart
       (2527BD HARTBEESPOORTDAM) en ŉ ortofotokaart van ŉ gedeelte van
       die gekarteerde gebied voorsien.

 9.    Toon ALLE berekeninge en gebruik die formules, waar van toepassing.
       Punte sal hiervoor toegeken word.

 10.   Dui die maateenheid in die finale antwoord van berekening aan, bv. 10 km;
       2,1 cm.

 11.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar en ŉ vergrootglas gebruik.

 12.   Die gebied wat met ROOI en SWART op die topografiese kaart afgebaken
       is, verteenwoordig die gebied wat deur die ortofotokaart gedek word.

 13.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2020)                        GEOGRAFIE V2                                    3

 AFDELING A:         ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE, HULPBRONNE EN
                     VOLHOUBAARHEID

 VRAAG 1

 1.1    Kies die korrekte woord(e) uit die tussen hakies wat elke stelling geografies
        KORREK sal maak. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
        (1.1.1–1.1.8) neer.

        1.1.1    Volgens die Brandt-verslag word 80% van die wêreld se inkomste in
                 die (noorde/suide) verdien.

        1.1.2    (Eerste/Derde) wêreldlande voer hoofsaaklik grondstowwe uit.

        1.1.3    ŉ Beperking van (Rostow/Friedman) se model is dat dit nie
                 bevolkingsgroeitempo in ag neem nie.

        1.1.4    Deur ŉ entstof vir die Corona-virus (COVID-19) te vind, is ŉ voorbeeld
                 van ontwikkeling op ŉ (streeks-/globale-) omvang.

        1.1.5    (Bo-na-onder / Onder-na-bo) -benadering is dikwels ŉ meer
                 suksesvolle benadering in gemeenskapsgebaseerde ontwikkeling.

        1.1.6    Die volhoubaarheidsmodel sluit die (kern en periferie/ekonomie en
                 omgewing) in.

        1.1.7    Ontwikkeling in (Eerste/Derde)        wêreldlande    word    deur ŉ
                 markekonomie bereik.                                           (7 x 1) (7)

 1.2    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
        (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 A.

        1.2.1    … is die wêreld se mees verhandelde kommoditeit.

                 A    Katoen
                 B    Koring
                 C    Olie
                 D    Goud

        1.2.2    Hulp van skenkerlande wat soms maskers en ventilators insluit, in tye
                 van ŉ mediese krisis, is ŉ voorbeeld van ... hulp.

                 A    tegniese
                 B    voorwaardelike
                 C    uitvoer
                 D    humanitêre

        1.2.3    … vorm die basis van ŉ uitvoer-gerigte benadering tot ontwikkeling.

                 A    Tegnologie
                 B    Vervaardiging
                 C    Mynbou
                 D    Konstruksie

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

4                                  GEOGRAFIE V2                        (EC/NOVEMBER 2020)

        1.2.4   … is ŉ voorbeeld van ŉ handelsverhouding wat plaaslike produkte
                teen buitelandse kompetisie beskerm.

                A    Handelsversperrings/handelsbeperkings
                B    Vryehandel
                C    Regverdige handel
                D    Onregverdige handel

        1.2.5   ŉ Geslagsongelykheidindeks van ..., dui meer gelykheid tussen mans
                en vroue aan.

                A    0,83
                B    0,48
                C    0,21
                D    0,64

        1.2.6   Handelsblokke moedig … aan.

                A    regverdige handel
                B    onregverdige handel
                C    vryehandel
                D    handelsbeperkings

        1.2.7   … beskryf die verhouding tussen die waarde van ŉ land se uitvoere
                en invoere.

                A    Handelsterme
                B    Handelsbalans
                C    Betalingsbalans
                D    Bruto nasionaleproduk

        1.2.8   … is die wêreld se vinnigste ontwikkelende ekonomie.

                A    Suid-Afrika
                B    Japan
                C    China
                D    Indië                                                  (8 x 1) (8)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2020)                          GEOGRAFIE V2                                      5

 1.3 Verwys na die spotprent in FIGUUR 1.3 wat ŉ ekonomiese aanwyser van
     ontwikkeling toon.

       1.3.1    Wat is die Gini-koëffisiënt?                                       (1 x 1)   (1)

       1.3.2    Hoe beeld die spotprent die Gini-koëffisiënt uit?                  (1 x 1)   (1)

       1.3.3    Sou die Gini-koëffisiënt in hierdie spotprent ŉ statistiese telling nader
                aan nul (0) of een (1) toon?                                       (1 x 1)   (1)

       1.3.4    Bespreek DRIE maniere waarop ŉ land die verdeling van welvaart in
                ŉ land kan verbeter.                                      (3 x 2)            (6)

       1.3.5    Verduidelik hoe DRIE positiewe demografiese aanwysers ŉ
                verbetering in die ekonomiese vlak van ontwikkeling van ŉ land, kan
                toon.                                                        (3 x 2)         (6)

 1.4 Lees die artikel in FIGUUR 1.4 wat na globalisering verwys.

       1.4.1    Volgens die artikel, hoe het globalisering gehelp met die verspreiding
                van die COVID-19 pandemie?                                      (1 x 1)      (1)

       1.4.2    Haal EEN voordeel van globalisering uit die artikel aan.           (1 x 1)   (1)

       1.4.3    Noem EEN voorbeeld van ŉ multinasionalekorporasie (MNK) in die
                artikel.                                               (1 x 1)               (1)

       1.4.4    Bespreek hoe die COVID-19 pandemie                      ŉ   nadeel vir
                multinasionalekorporasies (MNK’s) kan wees.                      (2 x 2)     (4)

       1.4.5    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik waarom
                globalisering nog steeds as die vernaamste stimulus vir ekonomiese
                groei in die wêreld gesien word.                             (4 x 2)         (8)

 1.5 Lees die gevallestudie in FIGUUR 1.5 oor gemeenskapsontwikkeling in
     Zambië en beantwoord die vrae wat volg.

       1.5.1    Noem of die gevallestudie na landelike of stedelike
                gemeenskapsontwikkeling verwys.                                    (1 x 1)   (1)

       1.5.2    Beskryf TWEE voorbeelde wat bewys dat Veronica se lewensgehalte
                verbeter het.                                            (2 x 2)             (4)

       1.5.3    Die verbeterde lewensgehalte vir hierdie individue sal waarskynlik
                positiewe uitkringende effekte in hul gemeenskap hê. Stel TWEE
                positiewe uitkringende effekte vir Veronica se gemeenskap voor.
                                                                            (2 x 2)          (4)

       1.5.4    Beskryf DRIE voordele van die gebruik van hierdie tipe tegnologie
                waarna in die gevallestudie verwys word.                   (3 x 2)            (6)
                                                                                             [60]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

6                                    GEOGRAFIE V2                                (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 2

 2.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
        (2.1.1–2.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.8 A.

        2.1.1        ... is die enigste kommersiële kernkragstasie in Suid-Afrika.

                     A    Kusile
                     B    Arnot
                     C    Koeberg
                     D    Lethabo

        2.1.2        Groen-energie is/word ...

                     A    geproduseer met fossielbrandstof.
                     B    hernubaar.
                     C    nie-hernubaar.
                     D    ŉ produk van kweekhuisgasse.

        2.1.3        ... is die kraguitleg wat die meeste van Suid-Afrika se elektriese-
                     energie produseer.

                     A    Telkom
                     B    Sasol
                     C    Eskom
                     D    Koeberg

        2.1.4        Die hoeveelheid koolstofdioksied wat deur ŉ individu in die atmosfeer
                     vrygestel word, word ... genoem.

                     A    kweekhuisvoetspoor
                     B    groenbeweging
                     C    koolstofvoetspoor
                     D    omgewingsvoetspoor

        2.1.5        Die ... wat in 1997 geteken is, vereis van lande om hulle
                     kweekhuisgasvrystellings te verminder.

                     A    Parys-akkoord
                     B    COP 17
                     C    BRICS verdrag
                     D    Kyoto-protokol

        2.1.6        Energie wat vanuit warm gesteentes onder die aardoppervlakte
                     verkry word, staan as ... energie bekend.

                     A    biomassa
                     B    geotermiese
                     C    wind
                     D    bio-brandstof

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2020)                        GEOGRAFIE V2                                      7

        2.1.7    ... is die mineraal wat benodig word om kernkrag op te wek.

                 A    Steenkool
                 B    Goud
                 C    Uraan
                 D    Platinum                                                   (7 x 1)    (7)

 2.2    Kies die korrekte woord(e) uit die tussen hakies wat elke stelling geografies
        KORREK sal maak. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
        (2.2.1–2.2.8) neer.

        2.2.1    Die (D/R)-horison is die diepste grondhorison in die grondprofiel.

        2.2.2    ŉ (Steil/Geleidelike) topografie veroorsaak goed-gedreineerde en
                 steiler grond.

        2.2.3    Ontbossing is ŉ (menslike/fisiese) agent van erosie.

        2.2.4    Grondkleur word deur (tyd/moederrotse) beïnvloed.

        2.2.5    Humusinhoud kom meestal in die (bo-grond/ondergrond) voor.

        2.2.6    Die vernaamste agent van gronderosie is (water/droogte).

        2.2.7    (Hernubare/Nie-hernubare) hulpbronne word konstant deur die
                 natuur geproduseer.

        2.2.8    Gedeeltelik verweerde gesteente-materiaal word in die
                 (regoliet/ondergrond) aangetref.                                (8 x 1)    (8)

 2.3    Verwys na die spotprent in FIGUUR 2.3 wat die verhouding tussen
        hulpbronne en ekonomiese ontwikkeling aantoon.

        2.3.1    Noem die natuurlike hulpbron wat in die spotprent uitgeput word.
                                                                               (1 x 1)      (1)

        2.3.2    Volgens die spotprent, waarom word hierdie natuurlike hulpbron
                 uitgeput?                                               (2 x 1)            (2)

        2.3.3    Hoe affekteer die uitputting van hierdie natuurlike hulpbron die
                 omgewing?                                                  (2 x 1)         (2)

        2.3.4    Bespreek die positiewe ekonomiese impak wat die uitputting van
                 hierdie hulpbron op die ontwikkeling van ŉ land het.     (2 x 2)           (4)

        2.3.5    Verduidelik hoe lande meer volhoubare strategieë kan implementeer
                 om hulle natuurlike hulpbronne te beskerm.                 (3 x 2)         (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

8                                GEOGRAFIE V2                             (EC/NOVEMBER 2020)

 2.4   Verwys na FIGUUR 2.4 wat Suid-Afrika se energieplan toon.

       2.4.1 Watter persentasie van Suid-Afrika se energieplan sal steenkool in
             2030 uitmaak?                                               (1 x 1)      (1)

       2.4.2 Noem enige TWEE ander konvensionele energiebronne wat ŉ deel
             van Suid-Afrika se energieplanne in 2030 sal wees.    (2 x 1)            (2)

       2.4.3 Waarom sal Suid-Afrika nog steeds in 2030 so op steenkool steun?
                                                                        (2 x 1)       (2)

       2.4.4 Bespreek die impak wat Suid-Afrika se steun op steenkool op die
             omgewing sal hê.                                         (2 x 2)         (4)

       2.4.5 Verduidelik waarom kernkrag nie ŉ belangrike rol in Suid-Afrika se
             energieplan in 2030 sal speel nie.                          (3 x 2)      (6)

 2.5   Verwys na FIGUUR 2.5 wat nie-konvensionele energiebronne illustreer.

       2.5.1   Waarom is son- en windenergie voorbeelde van nie-konvensionele
               energiebronne?                                          (1 x 1)        (1)

       2.5.2   Gee TWEE bewyse uit die skets om die stelling te ondersteun dat
               die bron van nie-konvensionele energie relatief goedkoop is. (2 x 1)   (2)

       2.5 3   Hoe kan son-energie voordelig vir Suid-Afrika se huidige
               energiebronne wees?                                          (2 x 1)   (2)

       2.5.4   Beskryf die negatiewe impak wat windturbines wat gebruik word om
               wind-energie op te wek, op die omgewing kan hê.            (1 x 2)     (2)

       2.5.5   In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die impak wat
               die nie-konvensionele energiebronne, in die skets uitgebeeld, op die
               ekonomie van Suid-Afrika sal hê.                             (4 x 2)    (8)
                                                                                      [60]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2020)                          GEOGRAFIE V2                                    9

 AFDELING B: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE

 Die onderstaande vrae is gebaseer op die 1 : 50 000 topografiese kaart 2527 DB
 HARTBEESPOORTDAM, sowel as die ortofotokaart van ŉ gedeelte van die
 gekarteerde gebied.

 3.1   3.1.1    Die skaal van die topografiese kaart is 1 : 50 000. Skryf die skaal as ŉ
                woordskaal neer.                                                 (1 x 1) (1)

       3.1.2    Wat is die reguitlyn-afstand vanaf peilbaken 104 in blok C2 tot
                punthoogte 1521 in blok B3? Gee jou antwoord in meter.          (2 x 1) (2)

 3.2   3.2.1    Bereken die magnetiese deklinasie van Hartbeespoortdam vir 2020.
                Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.
                                                                            (5 x 1) (5)

       3.2.2    Vergelyk die magnetiese deklinasie van 2020 met die magnetiese
                deklinasie vir 2012 en dui aan watter een die grootste is. (1 x 1) (1)

       3.2.3    Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.2.2.                             (1 x 1) (1)

 3.3   3.3.1    Die verskynsel by 5 op die ortofotokaart is (ŉ) ...

                A    rugbyvelde.
                B    tennisbane.
                C    oop parkeergebied.
                D    suiweringsplantasie.

       3.3.2    Die primêre ekonomiese aktiwiteit by P in blok A1 is (ŉ) ...

                A    sportvelde.
                B    uitgrawings.
                C    bewerking.
                D    nie-standhoudende rivier.

       3.3.3    Identifiseer die omgewingsfaktor wat die gebied in blok C5 affekteer:

                A    Rivier
                B    Dam
                C    Rioolwerke
                D    Pad                                                         (3 x 1)    (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

10                                GEOGRAFIE V2                           (EC/NOVEMBER 2020)

 3.4   Verwys na die FEITE-LÊER (FIGUUR 3.4) van die Hartbeespoortdam en die
       topografiese kaart.

       Die Schoemansville-stadsraad het besluit om die vlak van ontwikkeling in die
       gebied deur middel van toerisme te verbeter. Bespreek hoe die stadsraad die
       gebied kan bevorder deur bewyse uit blokke B2 en B3 te gebruik.      (2 x 2)      (4)

 3.5 Verwys na blok E1 op die topografiese kaart.

       3.5.1   Identifiseer die omgewingsprobleem wat in die gebied aangetref word.
                                                                             (1 x 1)     (1)

       3.5.2   Watter TWEE volhoubare strategieë kan geïmplementeer word om die
               impak wat by VRAAG 3.5.1 geïdentifiseer is, te voorkom en te
               kontroleer?                                               (2 x 2)         (4)

 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

 3.6 Verwys na FIGUUR 3.6, wat van die Hartbeespoortdam in blok B2 op die
     topografiese kaart geneem is, en beantwoord die volgende vrae.

       3.6.1   Is die foto ŉ raster- of vektorbeeld?                          (1 x 1)    (1)

       3.6.2   Gee ŉ rede vir jou antwoord op VRAAG 3.6.1.                    (1 x 2)    (2)

       3.6.3   Watter tipe ruimtelike voorwerp is die damwal in blok B2 op die
               topografiese kaart?                                      (1 x 1)          (1)

 3.7 Verwys na die ortofotokaart.

       3.7.1   Het die ortofotokaart ŉ lae of hoë resolusie? Gee ŉ rede vir jou
               antwoord.                                             (1 + 1 x 2)         (3)

       3.7.2   Noem EEN faktor in die afstandwaarnemingsproses wat die resolusie
               van die ortofotokaart kan beïnvloed.                       (1 x 1)        (1)
                                                                                        [30]

                                                                  GROOTTOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [GEOGRAPHY P2 QP GR11NOV2020 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-geography-2020-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/4d30616b-4cac-4a08-8b5f-ebd71601d315) — Geography · QP · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR11 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-geography-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/355b8de3-5ced-4d5e-96be-a064532cc824) — Geography · Memo · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 MEMO GR11 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-memo-gr11-nov2020-afrikaans/62361e11-43d8-4104-b3ac-aed67f5487d8) — Geography · Memo · 2020 · Afr
- [Geography P1 Exemplar 2013 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-geography-2013-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/ea1538b3-8df1-40aa-9727-485fa49748b9) — Geography · QP · 2013 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR11 QP NOV2020 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-geography-2020-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-1/2837cd32-d6c7-4749-a8a7-5acb71bf29f0) — Geography · QP · 2020 · Afr
- [GEOG-P2 GR11-QP-Afrikaans Vryheid](https://www.hlayiso.com/library/geog-p2-gr11-qp-afrikaans-vryheid/566f5869-acdc-4a17-9971-559ede8abd5d) — Geography · QP · 2013 · Afr

## More from Grade 11 Geography

- [GEOGAPHY P1 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/geogaphy-p1-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/f4dc79b3-16ce-4c85-bce6-b0b3d628919b) — Memo · 2025 · Eng
- [FS Geography Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-geography-grade-11-march-2025-qp-and-memo/971937cb-0cd1-4f4b-ac7c-d89c3464de70) — QP + Memo · 2025
- [GEOGRAPHY P1 MEMO GR11NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-memo-gr11nov-2024-afr-watermark/f29b99c3-25d5-4fea-b032-0ce54ac414f2) — Memo · 2024 · Afr
- [2730DD VRYHEID Gr11 P2 2023 print watermark](https://www.hlayiso.com/library/2730dd-vryheid-gr11-p2-2023-print-watermark/e6324f24-57af-4b23-b2d9-462fb7bb9917) — QP · 2023
- [2730DD VRYHEID Gr11 P2 2023 print Debbie](https://www.hlayiso.com/library/2730dd-vryheid-gr11-p2-2023-print-debbie/853b0cd2-7ba3-41cc-bed8-c96e88083662) — QP · 2023
- [2730DD VRYHEID Gr11 P2 2023 print Debbie watermark](https://www.hlayiso.com/library/2730dd-vryheid-gr11-p2-2023-print-debbie-watermark/daddea19-5a2d-4856-ae19-2d590275773f) — QP · 2023

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
