# Hospitality Studies Grade 11 2020 QP (Afr)

> Grade 11 Hospitality Studies question paper from the National Exemplar November Exam 2020 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-11-hospitality-studies-2020-national-exemplar-november-exam-question-paper-afrikaans/0f207789-0d0d-4c41-a091-a0a6c0418aae
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Hospitality Studies
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: National Exemplar November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Hospitality Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/hospitality-studies) › [Hospitality Studies Grade 11 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-hospitality-studies-2020-national-exemplar-november-exam-question-paper-afrikaans/0f207789-0d0d-4c41-a091-a0a6c0418aae)

## About this document

Hospitality Studies · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 11

                     NOVEMBER 2020

                  GASVRYHEIDSTUDIES
                    (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

2                                 GASVRYHEIDSTUDIES                  (EC/NOVEMBER 2020)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.

     AFDELING A:      Kortvrae                            (30)
     AFDELING B:      Kombuis-en
                      restaurantwerksaamhede
                      Higiëne, veiligheid en sekuriteit   (20)
     AFDELING C:      Voeding- en spyskaartbeplanning
                      Voedselkommoditeite                 (60)
     AFDELING D:      Sektore en loopbane
                      Voedsel- en drankbediening          (40)

2.   Beantwoord AL die vrae in jou ANTWOORDEBOEK.

3.   Nommer jou antwoorde korrek en volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik word.

4.   Begin elke AFDELING op ŉ nuwe bladsy.

5.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2020)                  GASVRYHEIDSTUDIES                                         3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
       Kies die regte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (1.1.1–1.1.10) in jou ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 C.

       BYVOORBEELD:

       1.1.11 Voedselitems wat geneig is om vinnig te verrot staan as … bekend.

                A    verbruikersgoedere
                B    nie-bederfbare produkte
                C    bederfbare produkte
                D    nie-verbruikersgoedere

                ANTWOORD:
                1.1.11 C

       1.1.1    ŉ Voormalige president, Nelson Mandela, se gunstelinggereg, ŉ
                bredie van stampmielies en boontjies:

                A    Sheba
                B    Umngqusho
                C    Mogodu
                D    Chakalaka

       1.1.2    Die onderstaande gereg is aan Suid-Afrika deur die volgende kultuur
                bekendgestel:

                A    Italianers
                B    Nederlanders
                C    Duitsers
                D    Portugese

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

4                                  GASVRYHEIDSTUDIES                       (EC/NOVEMBER 2020)

      1.1.3    As 500 g botter R70,00 kos, hoeveel sal 125 g botter kos?

               A     R17,50
               B     R14,00
               C     R8,75
               D     R35,00

      1.1.4    Die gereelde was van hande is baie belangrik om kruisbesmetting
               tydens voedselhantering te voorkom. Mens behoort jou hande met water
               en seep nat te maak en jou hande vir ten minste ... sekondes te skrop.

               A     5
               B     10
               C     20
               D     50

      1.1.5    ŉ Bondel kruie en speserye wat gebruik word om soppe en souse te
               geur:

               A     Glace de Viande
               B     Bouquet garni (Bossie kruie)
               C     Jus Lié
               D     Beurre Noisette

      1.1.6    ŉ Gewilde ontbytgereg met vis as hoofbestandeel is ...

               A     garnale in knoffelbottersous.
               B     diepgebraaide vis in bierbeslag.
               C     gerookte skelvis met kaassous.
               D     geroosterde snoek met patat.

      1.1.7    Wanneer ŉ interessante spyskaart met ŉ groot verskeidenheid
               saamgestel word, moet die volgende oorweeg word:

               A     Teksture van voedsel, verskillende vorms en die ouderdom van
                     gaste
               B     Tipe geleentheid, klimaat en seisoen
               C     Beskikbaarheid van bestanddele, geure van voedsel en
                     voedingsbehoeftes
               D     Gaarmaakmetodes, kleur van voedsel, teksture en smake van
                     voedsel

      1.1.8    ŉ Hotel doen die spyseniering vir ŉ troue. Die personeellid in beheer van
               alle vergaderings met die kliënt, spyskaart, tafelplanne, kostes, wyn en
               kommunikasie met ander departemente rakende die geleentheid sal die
               ... wees.

               A     banketbestuurder
               B     aboyeur
               C     voedsel- en-drankbestuurder
               D     maitre d’hotel

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2020)                  GASVRYHEIDSTUDIES                                       5

       1.1.9    Die rede waarom sjefs kies om organies grootgemaakte hoender te
                koop is omdat dit ...

                A    minder vet bevat.
                B    goedkoper is.
                C    beter smaak.
                D    makliker bekombaar is.

       1.1.10 Die basis van ŉ bisque is ...

                A    skulpvis en béchamel.
                B    beet, melk en eiergeel.
                C    aartappel en room.
                D    velouté en gekapte hoender.                           (10 x 1)    (10)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

6                              GASVRYHEIDSTUDIES                    (EC/NOVEMBER 2020)

 1.2 PASITEMS

      Kies die groente in KOLOM B wat die beste by die klassifikasie volgens die
      eetbare gedeeltes van groente in KOLOM A pas. Skryf SLEGS die letter (A–F)
      langs die ooreenstemmende vraagnommers (1.2.1–1.2.5) in jou
      ANTWOORDEBOEK neer.

             KOLOM A                                KOLOM B
           KLASSIFIKASIE                            GROENTE
      1.2.1 Blare                  A

      1.2.2    Vrugte              B

      1.2.3    Peule en sade       C

      1.2.4    Bolle               D

      1.2.5    Blomme              E

                                   F

                                                                           (5 x 1)    (5)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2020)                   GASVRYHEIDSTUDIES                                           7

 1.3 EENWOORD-ITEMS

       Gee EEN woord(e) of term(e) vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
       SLEGS die regte woord(e) of term(e) langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.10) in
       die ANTWOORDEBOEK neer.

       1.3.1      Gedroogde en gesoute vis, ŉ welbekende lekkerny van die Weskus-
                  streek van Suid-Afrika

       1.3.2      ŉ Geskikte plaasvervanger vir morogo of umfino

       1.3.3      Die spesery wat gebruik word om melktert mee te geur

       1.3.4      Die Franse term vir koek

       1.3.5      Die bedienstyl waar kelners Crêpes Suzette in die teenwoordigheid van
                  gaste berei

       1.3.6      Die tegniek waar vleis bedek word met ŉ laag vet of spek voordat dit
                  gerooster word

       1.3.7      ŉ Unieke dis waarmee ŉ individuele sjef of restaurant geïdentifiseer
                  word

       1.3.8      Skadelike organismes wat siektes kan veroorsaak

       1.3.9      Die tipe besmetting wat deur plaagdoders en skoonmaakmiddels
                  veroorsaak word

       1.3.10     ŉ Mengsel van rof gekapte wortels, uie en seldery wat gebruik word
                  om soppe en souse te geur                                     (10 x 1)    (10)

 1.4 KEUSE-ITEMS

       Kies VYF geregte wat is vir die bediening van ŉ kontinentale ontbyt geskik. Skryf
       SLEGS die letters wat ooreenstem met die korrekte antwoorde in jou
       ANTWOORDEBOEK neer.

       A       Lemoensap
       B       Gebraaide spek
       C       Croissants
       D       Brie en Cheddar
       E       Roereiers
       F       Semelmuffins
       G       Salami en ham                                                     (5 x 1)         (5)

                                                               TOTAAL AFDELING A:                30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

8                                 GASVRYHEIDSTUDIES                        (EC/NOVEMBER 2020)

 AFDELING B:         KOMBUIS- EN RESTAURANTWERKSAAMHEDE
                     HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT

 VRAAG 2

 2.1 Behoorlike en gereelde was van hande speel ŉ belangrike rol in kombuis-
     higiëne. Gee ŉ volledige beskrywing hoe dit gedoen behoort te word.                         (5)

 2.2   Kies van die lys hieronder VIER voedselitems wat moontlik ŉ hoë risiko vir
       voedselbesmetting kan wees:

                             Salm-mayonnaise vulsel
                             Gaar blomkool
                             Spanspek in Parma ham toegedraai
                             Vlasous
                             Rysslaai
                             Amandels                                                           (4)

 2.3 Identifiseer die bakterië wat voedselvergiftiging kan veroorsaak wanneer die
     volgende geëet word:

       2.3.1   Gekraakte eiers

       2.3.2   Hoenderbredie wat vir ŉ lang tyd louwarm gehou is

       2.3.3   ŉ Groep vriende wat ŉ bak pasta vir middagete deel

       2.3.4   ŉ Groot houer gaar rys is nie behoorlik afgekoel voordat dit in die yskas
               geplaas is nie. Dit is die volgende dag opgewarm en aan gaste bedien              (4)

 2.4 Die Beach-hotel bedien ŉ warm pastaslaai op hul buffetspyskaart. Dit word die
     vorige dag berei en verkoel.

       Beveel DRIE reëls aan wat gevolg moet word wanneer die warm pastaslaai
       herverhit word sodat die groei van mikro-organismes voorkom kan word.                     (3)

 2.5 Lilian, die voorkantoor ontvangsdame van die Beach-hotel, was ŉ slagoffer van
     ŉ gewapende roof terwyl sy aan diens was.

       Verduidelik hoe Lilian die bogenoemde situasie behoort te hanteer het.                    (4)

                                                               TOTAAL AFDELING B:                20

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2020)                   GASVRYHEIDSTUDIES                                           9

 AFDELING C:          VOEDING- EN SPYSKAARTBEPLANNING
                      VOEDSELKOMMODITEITE

 VRAAG 3

 3.1 Bestudeer die spyskaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               Spyskaart
                             Susan se 60ste
                             Verjaarsdagtee
                                       Koeksisters
                        Botterbroodjies met Aarbeikonfyt en Room
                                        Petit Fours
                                       Mini Melktert

                                           XXX

                                  Biltong Toebroodjies
                                  Ham-en-Uie Quiche
                                    Spinasie Muffins
                                Bobotie Chinese Rolletjies

                                           XXX

                                       Rooibos Tee
                                          Koffie
                                       Lemoensap

       3.1.1    Kies uit die spyskaart VYF items wat ŉ weerspieëling van ons inheemse
                Suid-Afrikaanse bestanddele en geregte beskou kan word.                      (5)

       3.1.2    Lewer krities kommentaar op die spyskaart se geskiktheid vir ... gaste.

                (a)    gluten onverdraagsame                                                 (2)

                (b)    vegetariese                                                           (2)

       3.1.3    Die buffet bedienstyl word vir die spyskaart aanbeveel. Ondersteun die
                keuse met TWEE oortuigende redes.                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

10                                GASVRYHEIDSTUDIES                      (EC/NOVEMBER 2020)

 3.2 ŉ Personeellid by ŉ eksklusiewe gastehuis moet gaste van raad bedien met
     keuses vanafdie ontbyt-spyskaart. Bestudeer die lys van ontbytgeregte wat
     hieronder gegee word en maak aanbevelings:

          Vars aarbeie-en-appelliefieslaai; Griekse jogurt met heuning; spinasie-
       fritatta; gebraaide spek en eiers; avokadoskyfies; geroosterde boerewors;
                       semel- botterbroodjies; mieliepap; potbrood

      3.2.1    TWEE geregte vir ŉ gas wat ŉ hoë vet en lae koolhidraat dieet volg         (2)

      3.2.2    TWEE geregte vir ŉ oorsese gas wat graag eg Suid-Afrikaanse
               disse wil beproef                                                          (2)

      3.2.3    ŉ Hoofgereg vir ontbyt vir ŉ vegetariër                                    (1)

      3.2.4    Stel ŉ geskikte manier voor waarop die muesli van die ontbytbuffet-
               tafel bewaar en aangebied kan word                                         (2)

 3.3 Beskryf kortliks van die bereiding van die volgende verdikkingsmetodes vir
     souse:

      3.3.1   Roux                                                                        (2)

      3.3.2   Beurre manie                                                                (2)

      3.3.3   Reduksie                                                                    (2)

 3.4 Bestudeer die kosteberekeningsbladsy hieronder en beantwoord die vrae wat
     volg.

      Gereg: Meellose sjokoladekoek
      Aantal porsies: 6
      Bestanddele Eenheid benodig             Eenheid aangekoop     Aankoopprys
      Eiers                4                        dosyn              R18,00
      Nutella            240 g                     1,35 kg            R588,00

      3.4.1   Bereken die totale koste om die gereg te berei. Toon ALLE
              berekeninge.                                                                (4)

      3.4.2   Bereken die koste per porsie.                                               (2)
                                                                                         [30]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2020)                    GASVRYHEIDSTUDIES                                      11

 VRAAG 4

 4.1 Kies van die lys hieronder DRIE geregte wat rys as ŉ bestanddeel bevat.

          Kedgeree; Enchilada; Paella; Focaccia; Pilaf; Ravioli; Chorizo; Naan                    (3)

 4.2 Pluimvee is ŉ hoogs bederfbare voedselsoort. Lys VYF punte wat oorweeg moet
     word wanneer pluimvee gestoor word.                                                          (5)

 4.3 Bestudeer die prente van hoendersnitte hieronder en beantwoord die vrae wat
     volg.

                          A                                       B

       4.3.1     Identifiseer hoendersnitte A en B.                                               (2)

       4.3.2     Voorspel watter een van die twee hoendersnitte sappiger en geuriger
                 sal wees nadat dit gaargemaak is. Motiveer jou antwoord.                         (2)

       4.3.3     Maak ŉ aanbeveling vir die hoendersnit wat die beste sal wees vir:

                 (a)    Beenkragsop
                 (b)    Hoender-schnitzel
                 (c)    Gevulde hoender, toegedraai in spek en dan gebraai
                 (d)    Geroosterde klewerige hoenderporsies                      (4 x 1)         (4)

 4.4 Lys TWEE funksies vir elk van die volgende bestanddele wanneer brood met
     gis as rysmiddel, gebak word:

       4.4.1     Sout

       4.4.2     Suiker

       4.4.3     Olie of botter                                                   (3 x 2)         (6)

 4.5 Voorspel die resultate wat voorkoms en tekstuur betref wanneer brooddeeg nie
     na die eerste rysstadium afgeknie was nie.                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

12                                GASVRYHEIDSTUDIES                   (EC/NOVEMBER 2020)

 4.6 Verduidelik DRIE moontlike oorsake van elk van die volgende foute in koeke:

      4.6.1    Ingesink in die middel                                                  (3)

      4.6.2    Digte en swaar tekstuur                                                 (3)
                                                                                      [30]

                                                         TOTAAL AFDELING C:           60

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2020)                 GASVRYHEIDSTUDIES                                      13

 AFDELING D:         SEKTORE EN LOOPBANE
                     VOEDSEL- EN DRANKBEDIENING

 VRAAG 5

 5.1 Een van die strategië van ŉ groot industriële kombuis is om groot take in kleiner
     take op te deel. Bespreek hoe hierdie strategie tot effektiewe spanwerk kan
     bydra.                                                                                    (3)

 5.2 Vergelyk die voordele van beide die tradisionele manier van werk in die kombuis
     met die van oorkruisopleiding.                                                            (4)

 5.3 Lys die DRIE mees senior sjefs posisies van ŉ groot hotelkombuis en gee ŉ
     kort beskrywing van elkeen se verantwoordelikhede.                    (3 x 2)             (6)

 5.4 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       Die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid (WBGV) speel ŉ belangrike rol in
       die Gasvryheidsbedryf.

       5.4.1    Gee VIER verantwoordelikhede van werknemers soos deur die Wet op
                Beroepsgesondheid en Veiligheid vereis.                                        (4)

       5.4.2    Verduidelik die boetes soos bepaal deur die WBGV vir diegene wat nie
                aan die Wet voldoen nie.                                                    (3)
                                                                                          [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

14                                 GASVRYHEIDSTUDIES                        (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 6

 6.1 Bestudeer die prent en uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      Die plekdekking is vir die volgende maaltydplan:         Sop of Vis, Hoofgereg,
      Nagereg.

      6.1.1    Identifiseer die tipe spyskaart vir die bostaande plekdekking.                     (1)

      6.1.2    Identifiseer die eetgerei wat A, B, D en F gemerk is.                              (4)

      6.1.3    Identifiseer the letter waar die rooiwynglas geplaas moet word.                    (1)

      6.1.4    Veronderstel jy is die maître d’ en in beheer van ŉ groot restaurant. Maak
               ŉ aanbeveling vir ŉ geskikte servetvou vir die kelners. Motiveer jou
               keuse.                                                                             (2)

      6.1.5    Identifiseer die fout wat met die plasing van die eetgerei vir die nagereg
               gemaak is.                                                                         (1)

 6.2 Gee VIER riglyne wat oorweeg moet word om ŉ aangename restaurant
     atmosfeer te skep.                                                                           (4)

 6.3 Verduidelik kortliks die prosedure wat gevolg moet word wanneer gaste in ŉ
     restaurant ontvang, geplaas en gegroet word.                                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/NOVEMBER 2020)                  GASVRYHEIDSTUDIES                                      15

 6.4 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       6.4.1    Identifiseer die bedieningstyl wat in die bostaande prent uitgebeeld
                word.                                                                           (1)

       6.4.2    Lys DRIE voordele vir restaurante om hierdie bedieningstyl te gebruik.      (3)
                                                                                           [20]

                                                              TOTAAL AFDELING D:             40
                                                                  GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR11 NOV 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-hospitality-studies-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-afrikaans/ec0af372-8678-49d3-bbe2-7a2d2b2a6dbf) — Hospitality Studies · Memo · 2020 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR11 NOV 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr11-nov-2022-afrikaans/3b43bac3-decf-4a1d-a9c0-2811142cc070) — Hospitality Studies · Memo · 2022 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR11 NOV 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-hospitality-studies-2022-exemplar-november-exam-memorandum-afrikaans/07b6b986-bf6d-4e4a-9d30-69aef44b1297) — Hospitality Studies · Memo · 2022 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR11 NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr11-nov2019-afrikaans/03ade377-c2c5-4c4c-9be5-0888e48ebe5f) — Hospitality Studies · Memo · 2019 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES QP MEMO GR11 NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-memo-gr11-nov2020-afr-d/ef9616c1-ca11-4799-a1dc-7192f55a849a) — Hospitality Studies · Memo · 2020 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR11 NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr11-nov2020-eng-d/4eb10ead-e009-4129-aa11-821ae0248a1c) — Hospitality Studies · Memo · 2020 · Eng

## More from Grade 11 Hospitality Studies

- [G11T1W1 Offline](https://www.hlayiso.com/library/g11t1w1-offline/6168ec54-a1a2-4866-b172-5f99e7ccf2e8) — Guide
- [G11T1W10 Offline](https://www.hlayiso.com/library/g11t1w10-offline/f1e42c0c-a266-48f4-b63f-02543ac90cca) — Guide
- [G11T1W2 Offline](https://www.hlayiso.com/library/g11t1w2-offline/11cfb2d1-e4d0-471e-89bb-eea7bfd97e50) — Guide
- [G11T1W3 Offline](https://www.hlayiso.com/library/g11t1w3-offline/5bef8446-a1ed-4f6d-a556-90c78c752096) — Guide
- [G11T1W4 Offline](https://www.hlayiso.com/library/g11t1w4-offline/0ab6ca15-6d22-405a-9a49-c103b0e1d0b4) — Guide
- [G11T1W5 Offline](https://www.hlayiso.com/library/g11t1w5-offline/ee1e78d1-87c2-4be0-8f44-0053a083323f) — Guide

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
