# Hospitality Studies Grade 11 Exemplar November 2022 Memo

> Grade 11 Hospitality Studies memorandum from the Exemplar November Exam 2022 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-11-hospitality-studies-2022-exemplar-november-exam-memorandum-afrikaans/07b6b986-bf6d-4e4a-9d30-69aef44b1297
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Hospitality Studies
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: Exemplar November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Hospitality Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/hospitality-studies) › [Hospitality Studies Grade 11 Exemplar November 2022 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-hospitality-studies-2022-exemplar-november-exam-memorandum-afrikaans/07b6b986-bf6d-4e4a-9d30-69aef44b1297)

## About this document

Hospitality Studies · Grade 11 · Exemplar November Exam · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                     NOVEMBER 2022

                GASVRYHEIDSTUDIES
                  NASIENRIGLYN
                  (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   200

               Hierdie nasienriglyn bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

2                                  GASVRYHEIDSTUDIES     (EC/NOVEMBER 2022)

AFDELING A

VRAAG 1

1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      1.1.1     B✓                         1.1.6    A✓
      1.1.2     B✓                         1.1.7    D✓
      1.1.3     D✓                         1.1.8    B✓
      1.1.4     A✓                         1.1.9    B✓
      1.1.5     C✓                         1.1.10   C✓      (10 x 1)    (10)

1.2   PASITEMS

      1.2.1     A✓
      1.2.2     F✓
      1.2.3     E✓
      1.2.4     C✓
      1.2.5     B✓                                           (5 x 1)     (5)

1.3   PASITEMS

      1.3.1     C✓
      1.3.2     D✓
      1.3.3     F✓
      1.3.4     G✓
      1.3.5     E✓
      1.3.6     B✓                                           (6 x 1)     (6)

1.4   EENWOORD-ITEMS

      1.4.1     Kosjer ✓
      1.4.2     Bobotie ✓
      1.4.3     Á la carte ✓
      1.4.4     Julienne ✓
      1.4.5     Verfris ✓
      1.4.6     Groen ✓
      1.4.7     Maître d'hôtel ✓
      1.4.8     Basiliekruid ✓
      1.4.9     Deglaseer ✓
      1.4.10    Roux ✓                                      (10 x 1)    (10)

1.5   PASITEMS

      1.5.1     B✓
      1.5.2     A✓
      1.5.3     C✓
      1.5.4     E✓                                                       (4)

Kopiereg voorbehou                                       Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2022)             GASVRYHEIDSTUDIES                                     3

1.6    KEUSE-ITEMS

       Vla ✓                              A
       Gaar rys ✓                         C
       Spanspekskywe ✓                    D
       Hoender-mayonnaise toebroodjie ✓   F
       Seekos pasta ✓                     G        (Enige volgorde) (5 x 1)     (5)

                                                   TOTAAL AFDELING A:            40

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 4

4                                    GASVRYHEIDSTUDIES                          (EC/NOVEMBER 2022)

AFDELING B:            KOMBUIS- EN RESTAURANTWERKSAAMHEDE
                       HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT

VRAAG 2

2.1   2.1.1   •      Om te voorkom dat gaste siek word / om veilige voedsel aan gaste
                     te bedien / om die uitbreek van voedselvergiftiging en selfs die dood
                     te verhoed ✓
              •      Voedsel bederf raak en klagtes van gaste ✓
              •      Om die besigheid en voedselwerkers te beskerm teen vervolging in
                     terme van die Wet op Beroepsgesondheid en -Veiligheid/
                     regsaksies van gaste / regskoste en boetes wat deur
                     gesondheidsowerhede uitgereik word ✓
              •      Betaling van regskoste en eise kan duur wees ✓
              •      Om die reputasie van die besigheid te beskerm en op te bou/ die
                     besigheid kan kliënte verloor ✓                         (Enige 4 x 1)      (4)

      2.1.2   (a)      •   Dit minimaliseer kruisbesmetting ✓
                       •   Dit verseker dat hoë risiko en lae risiko voedsel, byvoorbeeld
                           rou vleis en slaaie apart gehou word ✓                               (2)

               (b)     •   Bewaar appels teen ŉ lae temperatuur om ensiemaksie te
                           inhibeer ✓
                       •   Moenie appels in te klein stukkies sny nie / moenie appels te
                           lank voor bedieningstyd sny nie ✓
                       •   Bedek appels met suurlemoensap/ŉ suur/vitamien C ✓                   (3)

      2.1.3    (a)     •   Belê in kragopwekker(s) ✓
                       •   Gebruik gas in die kombuis ✓
                       •   Wees voorbereid om maklik voorbereibare geregte vir sulke
                           onvoorsiene omstandighede te hê ✓
                       •   Hou die yskas en vrieskas se deure so lank as moontlik toe
                           om die koue temperatuur te behou ✓              (Enige 2 x 1)        (2)

               (b)     •   Hou lampe en kerse gereed vir nood-beligting ✓
                       •   Werk nou saam met die kombuis wat spesiale spyskaarte
                           betref om in sulke gevalle aan gaste voor te stel ✓                  (2)

2.2   2.2.1   •      Werkoppervlaktes moet daagliks skoongemaak en ontsmet word /
                     gebruik chemikalieë wat bakterieë dood maak om oppervlaktes
                     skoon te maak ✓
              •      Werksoppervlaktes moet glad en sonder krake wees ✓
              •      Gaar en rou voedsel moenie op dieselfde oppervlakte hanteer word
                     nie / gebruik verskillende kleure snyplanke vir verskillende
                     voedselsoorte ✓                                           (Enige 2 x 1)    (2)

      2.2.2   •      Vullisdromme moenie naby voedselbereidings-areas wees nie ✓
              •      Hou die deksels op vullisdromme ✓
              •      Maak vullisdromme gereeld leeg ✓                  (Enige 2 x 1)            (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2022)                     GASVRYHEIDSTUDIES                                              5

     2.2.3    •      Bedek alle voedsel in die yskas ✓
              •      Stoor rou kos op die onderste rak van die yskas of koelstoor/ stoor
                     gaar voedsel bokant rou kos om die drup van rou kos op gaar kos te
                     verhoed ✓
              •      Vleis, vis, hoender, rou vrugte en groente moet in aparte areas in
                     die koelstoor of yskas bewaar word om kruisbesmetting te
                     voorkom ✓
              •      Stoor rou en gaar items apart ✓
              •      Stoor voedsel met ŉ sterk reuk apart van ander voedsel-items ✓
              •      Hou die yskasdeure toe ✓                                (Enige 2 x 1)       (2)

2.3 •    Etiketteer alle giftige chemikalieë en skoonmaakmiddels versigtig ✓
    •    Stoor chemikalieë en skoonmaakmiddels in ŉ ander area as kos ✓
    •    Moet nooit gegalvaniseerde houers gebruik om suurvormende kosse soos
         tamatie te stoor nie ✓
     •   Was alle vars vrugte en groente deeglik ✓                     (Enige 3 x 1)             (3)

2.4 2.4.1     •      Gebruik ŉ brandblusser of sand as die brand klein is ✓
              •      Aktiveer die brandalarm in die geval van ŉ groot brand ✓
              •      Skakel die brandweer ✓
              •      Maak vensters en deure toe en skakel die krag af ✓
              •      Ontruim die gebou of die restaurantarea / kry alle gaste uit die
                     gebou uit ✓
              •      Personeel moet gaste kalm hou ✓                         (Enige 4 x 1)       (4)

     2.4.2    •      Moenie paniekerig raak nie; bly kalm ✓
              •      Praat stadig en met ŉ kalmerende toon/ wees hoflik maar
                     selfgeldend ✓
              •      Ontbied die sekuriteitspersoneel onmiddellik na die toneel ✓
              •      Probeer om die konflik vinnig op te los sodat die ander gaste so min
                     as moontlik ontwrig word ✓
              •      Skryf enige insidente in die toepaslike logboek neer sodat die
                     inligting beskikbaar is vir verdere optrede indien nodig of indien dit
                     nodig is om die polisie in kennis te stel ✓               (Enige 4 x 1)     (4)

                                                                  TOTAAL AFDELING B:              30

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

6                                     GASVRYHEIDSTUDIES                           (EC/NOVEMBER 2022)

 AFDELING C:          VOEDING- EN SPYSKAARTBEPLANNING
                      VOEDSELKOMMODITEITE
 VRAAG 3

 3.1 3.1.1    Margarien:                (60 ÷ 500) x R29,49
                                       = R3,54 ✓✓

              Suiker:                    (0,08 ÷ 2,5) x R48,50
                                       = R1,56 ✓✓

              Eier:                     (1 ÷ 12) x R38,25
                                       = R3,19 ✓✓

              Bruismeel:                (0,12 ÷ 2,5) x R25,99
                                       = R1,25 ✓✓

              Melk:                      (60 ÷ 500) x R11,00
                                       = R1,32 ✓✓

              TOTAAL:                     (R3,54 + R1,56 + R3,19 + R1,25 + R1,32) ✓
                                        = R10,86 ✓                                               (12)

      3.1.2   •      R10,86 ÷ 6 ✓
              •      = R1,81 per porsie ✓                                                         (2)

 3.2 3.2.1    (a)      Biltongsop met potbrood ✓                                                  (1)

              (b)      Denningvleis ✓                                                             (1)

              (c)      Geelrys met rosyne ✓                                                       (1)

              (d)      Geroomde marogo ✓                                                          (1)

              (e)      Komkommer, tamatie-en-picante rissie sambal ✓                              (1)

              (f)      Malvapoeding met vla ✓                                                     (1)

 3.3 3.3.1    •      Mense eet eerste met hul oë; maak dus seker dat voedselitems
                     elegant en aantreklik bedien en gegarneer word ✓
              •      Kies die kleure versigtig; dit sal tot die glans van die teetafel
                     bydra ✓
              •      Maak seker dat ten minste een van die geregte op die spyskaart
                     kleurvol is ✓
              •      Gebruik ŉ verskeidenheid teksture ✓                        (Enige 2 x 1)     (2)

      3.3.2   •      Gebruik ŉ balans tussen soet- en soutdisse ✓
              •      Gebruik teksture en garnering om ŉ verskeidenheid te verskaf ✓
              •      Bedien ewe veel ryk en gesonde opsies ✓
              •      Gebruik ŉ verskeidenheid gaarmaakmetodes ✓
              •      Varieer geure en bestanddele ✓
              •      Neem die tyd van die dag in ag ✓                    (Enige 2 x 1)            (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2022)                   GASVRYHEIDSTUDIES                                             7

       3.3.3   •     Hou kulturele en godsdienstige voorkeure in ag, byvoorbeeld
                     Joodse gaste eet nie spek nie ✓
               •     Hou mediese toestande in gedagte, byvoorbeeld neut-allergieë ✓           (2)

       3.3.4   •     Bedien ŉ verskeidenheid soorte tee ✓
               •     Koue drankies kan ook bedien word byvoorbeeld ystee /
                     vrugtesappe ✓
               •     Ander warm drankies soos byvoorbeeld warm sjokolade kan ook
                     bedien word ✓                                     (Enige 2 x 1)          (2)

 3.4 3.4.1     Dit is geskik / rys bevat nie gluten / gluten-vry ✓                            (1)

       3.4.2   675 mℓ tot 750 mℓ ✓                                                            (1)

       3.4.3   45 g tot 50 g rou rys per persoon ✓                                            (1)

       3.4.4   •     Om te week versag die korrels ✓
               •     Om te week verkort die gaarmaaktyd ✓                  (Enige 1 x 1)     (1)

                         Voorbereiding                            Motivering
       3.5.1    •    Blansjeer, verwyder skil ✓ • Onaangename taai tekstuur van
                •    Verwyder pitte ✓               skil/ pitte kan ŉ bitter smaak hê ✓
                                              (2)                                     (1)
       3.5.2    •    Sny in skywe. Sprinkel       • Verwyder oortollige vloeistof en
                     met sout. Laat staan vir       bitterheid ✓
                     30 minute ✓
                •    Verwyder vloeistof ✓ (2)                                         (1)

 3.6 3.6.1      Losweg verpak in plastiese sakke of lugdigte houers in yskas ✓                (1)

       3.6.2    Donker papiersak / koel, droë plek / nie in yskas nie ✓                       (1)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

8                                   GASVRYHEIDSTUDIES                        (EC/NOVEMBER 2022)

 VRAAG 4

 4.1   4.1.1    (a)       Te donker/ lae volume ✓                                            (1)

                (b)       Digte / swaar tekstuur ✓                                           (1)

       4.1.2    •     Swak kwaliteit meel ✓
                •     Te veel meel is in die meel ingeforseer ✓
                •     Te min/veel sout ✓
                •     Te min gis ✓
                •     Onvoldoende fermentasie of rys/ nie genoeg gerys ✓
                •     Oond te warm/ nie genoeg gebak ✓
                •     Deeg te styf of te sag ✓                         (Enige 3 x 1)         (3)

 4.2   4.2.1    •     Vis behoort ŉ ligte seereuk of geen reuk hoegenaamd te hê
                      nie ✓
                •     Oë moet helder en vol wees, nie ingesak nie ✓
                •     Kiewe behoort onbeskadig en helderrooi te wees ✓
                •     Vlees moet ferm en elasties / veerkragtig wees. Dit moet
                      terugspring wanneer met die vinger gedruk word ✓
                •     Vinne en skubbe moet klam en vol wees sonder oortollige
                      uitdroging om die rante ✓
                •     Die vel moet klam en glinsterend wees met geen kneusmerke of
                      donker kolle ✓                                      (Enige 4 x 1)      (4)

       4.2.2    •     Aartappels: gebraai, aartappelskyfies, gekook, kapokaartappels,
                      gebak ✓
                •     Rys ✓
                •     Koes-koes ✓
                •     Pasta ✓
                •     Gekookte koring ✓                                  (Enige 2 x 1)       (2)

 4.3   4.3.1    Vis-aftreksel met suurlemoen of wit wyn ✓✓                                   (2)

       4.3.2    Proses waardeur ŉ vloeistof/sous/sop deur verdamping verdik word,
                sodat ŉ meer intense geur verkry kan word ✓✓                                 (2)

       4.3.3    ŉ Mengsel van grofgekapte wortels, uie en seldery om aftreksels en
                souse mee te geur ✓✓                                                         (2)

       4.3.4    ŉ Bondel kruie en speserye wat saam gebind word om aftreksel mee
                te geur ✓✓                                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2022)                   GASVRYHEIDSTUDIES                                         9

 4.4    4.4.1        Hollandaise ✓                                                        (1)

        4.4.2        Mornay ✓                                                             (1)

        4.4.3        Appelsous/Espagnole ✓                                                (1)

        4.4.4        Tamatiesous ✓                                                        (1)

 4.5    •   Dit moet vuurwarm bedien word ✓
        •   Daar moet geen vet op die oppervlak dryf nie ✓
        •   Dit moet ŉ oorheersende brokkoli geur hê ✓
        •   Dit moet die regte konsistensie hê ✓
        •   Die sop moet ŉ aantreklike groen kleur hê ✓
        •   Die voorkoms moet aantreklik lyk sonder te veel garnering ✓    (Enige 3)      (3)

 4.6                 Naam van sop     Warm of koud   TWEE hoofbestanddele
        4.6.1        Vischyssoise     warm ✓        • Aartappels ✓
                                                (1) • Preie ✓                 (2)
        4.6.2        Minestrone       koud ✓        • Pasta ✓
                                                    • Bone ✓
                                                    • Groente/wortels/ tamaties ✓
                                                (1)                      (Enige 2)

 4.7    4.7.1    Sjokolade botterkoek: roommetode ✓
                 Switserse rol sponskoek: sponsmetode ✓                                   (2)

        4.7.2     Roommetode:
                 • Room botter/margarien en suiker totdat dit lig en skuimerig is ✓
                 • Voeg eier een vir een by. Meng goed ✓
                 • Meng droë bestanddele en vloeistowwe om die beurt by ✓

                 Sponsmetode:
                 • Klits eiergele. Voeg suiker bietjie vir bietjie by tot die
                   lintstadium ✓
                 • Vou droë bestanddele in die eiergeelmengsel in ✓
                 • Klits eierwit tot stywepuntstadium en vou in mengsel in ✓              (6)
                                                                                         [40]

                                                             TOTAAL AFDELING C:            80

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

10                                 GASVRYHEIDSTUDIES                    (EC/NOVEMBER 2022)

 AFDELING D:          SEKTORE EN LOOPBANE
                      VOEDSEL- EN DRANKBEDIENING

 VRAAG 5

 5.1 5.1.1     Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en siektes ✓

      5.1.2    Wet op Diensbillikheid ✓

      5.1.3    Wet op Werkloosheidsversekering ✓

      5.1.4    Wet op Vreemdelinge-beheer ✓                                             (4)

 5.2 • Is skuldig bevind aan ŉ kriminele oortreding ✓
     • Indien ŉ beseerde persoon sterf kan die oortreding na strafbare manslag
       verander word ✓
     • Indien ŉ werkgewer skuldig bevind word, kan hy of sy ŉ boete van
       R100 000 kry of twee jaar tronkstraf opgelê word ✓
     • Die hof kan die werkgewer beveel om die reëls van die Wet binne ŉ
       bepaalde tyd na te kom ✓                                      (Enige 3 x 1)      (3)

 5.3 Die werkgewer is verantwoordelik vir:

      • Saamstel van werkplekbeleid en riglyne vir gesondheid en veiligheid ✓
      • Verseker dat alle potensiële gevare uitgeskakel is ✓
      • Handhaaf ŉ werkplek vry van risiko’s ✓
      • Saamstel van ŉ gesondheid- en veiligheidskomitee
      • Aanstelling van gesondheid- en veiligheidsverteenwoordigers en die hou
        van gereelde vergaderings van werkspleksveiligheidskomitee ✓
      • Verseker dat alle stelsels en masjinerie veilig is ✓
      • Verseker dat personeel korrek opgelei is en toesighouding van
        personeel ✓                                                  (Enige 5 x 1)      (5)

 5.4 5.4.1     Banketbestuurder ✓                                                       (1)

      5.4.2    •     Datum van geleentheid ✓
               •     Tyd wat geleentheid begin ✓
               •     Aantal gaste ✓
               •     Spyskaart ✓
               •     Tafelplan ✓
               •     Dekor ✓
               •     Musiek ✓
               •     Koste / betalings ✓                             (Enige 5 x 1)      (5)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2022)                GASVRYHEIDSTUDIES                                      11

5.5    • Effektiewe spanwerk / deel die werkslading ✓
       • Elke spanlid moet ŉ duidelike idee hê van wat gedoen moet word en die
         doelwitte wat bereik moet word ✓
       • Mise-en-place moet betyds voltooi word / alle voorbereidings moet vroeg
         begin word en afgehandel word voordat gaste arriveer ✓
       • Take moet in kleiner take in ŉ spesifieke volgorde verdeel word om die
         span te help om doeltreffend te wees ✓
       • Spanlede moet mekaar help ✓
       • Spanlede moet waaksaam wees/ wees bereid om die ekstra myl te loop ✓
       • Wees verantwoordelik; meld betyds aan by die werk ✓           (Enige 4 x 1)     (4)

5.6     •   Verskillende take gelyktydig kan verrig ✓
        •   Gespesialiseerde kookkuns kennis ✓
        •   Moet verskillende vaardighede hê, georganiseerd en kreatief wees ✓
        •   Goeie kommunikasievaardighede ✓
        •   Vermoë om begrotings te hanteer ✓
        •   Vermoë om doeltreffende werkskedules te organiseer ✓
        •   Vermoë om personeel te kies en op te lei ✓                 (Enige 3 x 1)     (3)
                                                                                        [25]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

12                                   GASVRYHEIDSTUDIES                        (EC/NOVEMBER 2022)

 VRAAG 6
 6.1 6.1.1     Guéridon-diens ✓                                                              (1)
      6.1.2    •     Voedsel word voorgesny / gefiliteer / geflambeer of voorberei op ŉ
                     beweegbare trollies ✓
               •     Die trollie word langs die gas se tafel getrek ✓
               •     Die voedsel word in die teenwoordigheid van die gas berei ✓
                                                                            (Enige 2 x 1)    (2)
      6.1.3    •     Crêpes Suzette ✓
               •     Tongvis a la Meunierre ✓
               •     Steak Diane ✓                                                           (3)
 6.2 •    Goeie porsie beheer ✓
     •    Bediening kan vinnig en doeltreffend wees ✓
     •    Kelners kan goed opgelei wees, maar benodig nie so ŉ hoë vlak van
          vaardigheid nie ✓
      •   Sjefs die kry kans om hul kreatiwiteit met betrekking tot aanbieding te
          beoefen ✓
      •   Minder vermorsing van kos ✓                                     (Enige 3 x 1)      (3)
 6.3 •    Die interieurontwerp en dekor moet met die tema van die restaurant
          saamsmelt ✓
      •   Die meubels moet die karakter van die restaurant beklemtoon en moet
          gemaklik en duursaam wees ✓
      •   Die kleurskema moet ŉ warm en verwelkomende atmosfeer skep ✓
      •   Gebruik verskillende tipes beligting, soos by die kerse, gedempte lig of
          natuurlike beligting ✓
      •   Kies musiek wat pas by die restaurant se tema en by die tipe kos wat
          aangebied word ✓
      •   Musiek moenie oorweldigend wees nie; gaste moet mekaar kan hoor ✓
      •   Kamertemperatuur moet gerieflik wees ✓
      •   Verseker dat die kamer goed geventileerd is ✓                  (Enige 4 x 1)       (4)
 6.4 Ontvang en groet van gaste:
     • Groet gaste op ŉ warm en vriendelike manier wanneer hulle aankom.
       Hierdie sal die gaste ŉ aangename ervaring laat verwag. ✓
     • Erken gaste binne 30 sekondes vanaf aankoms ✓
     • Kontroleer die bespreking nadat die gaste gegroet is ✓
     • Help gaste met spesiale behoeftes, byvoorbeeld gaste in ŉ rolstoel ✓
     • Help gaste met hul jasse en sakke ✓
     Aansit van gaste:
     • Wys die gaste na hul tafel. Maak seker dat hulle gerieflik sit ✓
     • Stel jouself aan die gaste voor ✓
     • Stel vas of daar ŉ gasheer is ✓
     • Ontvou die servet as dit ŉ prosedure is wat die restaurant gevolg word ✓
     • Deel spyskaarte aan die gaste vanaf die linkerkant uit en neem die drank
       bestellings ✓
     • Laat die gaste toe om die spyskaarte te bestudeer, maar verduidelik
       spyskaartkeuses en spesiale aanbiedings ✓
     • Nader die tafel wanneer dit lyk of die gaste gereed is om te bestel ✓
                                                                        (Enige 6 x 1)        (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2022)        GASVRYHEIDSTUDIES                                   13

 6.5 1 – servet ✓         4 – bottermes ✓     7 – teelepel
     2 – koekvurk ✓       5 – koppie ✓        8 – koeldrank- /waterglas
     3 – kleinbordjie ✓   6 – piering ✓

                                     OF

                                                            (Enige 6 x 1)     (6)
                                                                             [25]

                                                TOTAAL AFDELING D:            50
                                                    GROOTTOTAAL:             200

Kopiereg voorbehou                                            Blaai om asseblief

## Related documents

- [HOSPITALITY STUDIES QP GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-hospitality-studies-2022-exemplar-november-exam-question-paper-afrikaans/eb04d6b8-c16f-4fac-b827-bdd35967f853) — Hospitality Studies · QP · 2022 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES QP GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-qp-gr11-nov2022-afrikaans/19ab3b43-074b-4a1a-8223-73732ed50fab) — Hospitality Studies · QP · 2022 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR11 NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr11-nov2019-afrikaans/03ade377-c2c5-4c4c-9be5-0888e48ebe5f) — Hospitality Studies · Memo · 2019 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES QP GR11 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-hospitality-studies-2020-national-exemplar-november-exam-question-paper-afrikaans/0f207789-0d0d-4c41-a091-a0a6c0418aae) — Hospitality Studies · QP · 2020 · Afr
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR11 NOV ENG](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr11-nov-eng/f3151f42-2c65-4eb4-93f1-c149e6e9c624) — Hospitality Studies · Memo · 2017 · Eng
- [HOSPITALITY STUDIES MEMO GR11 NOV AFR](https://www.hlayiso.com/library/hospitality-studies-memo-gr11-nov-afr/15c5b1ee-6966-44ca-a0b8-0dd72711cb16) — Hospitality Studies · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 11 Hospitality Studies

- [G11T1W1 Offline](https://www.hlayiso.com/library/g11t1w1-offline/6168ec54-a1a2-4866-b172-5f99e7ccf2e8) — Guide
- [G11T1W10 Offline](https://www.hlayiso.com/library/g11t1w10-offline/f1e42c0c-a266-48f4-b63f-02543ac90cca) — Guide
- [G11T1W2 Offline](https://www.hlayiso.com/library/g11t1w2-offline/11cfb2d1-e4d0-471e-89bb-eea7bfd97e50) — Guide
- [G11T1W3 Offline](https://www.hlayiso.com/library/g11t1w3-offline/5bef8446-a1ed-4f6d-a556-90c78c752096) — Guide
- [G11T1W4 Offline](https://www.hlayiso.com/library/g11t1w4-offline/0ab6ca15-6d22-405a-9a49-c103b0e1d0b4) — Guide
- [G11T1W5 Offline](https://www.hlayiso.com/library/g11t1w5-offline/ee1e78d1-87c2-4be0-8f44-0053a083323f) — Guide

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
