# Information Technology Grade 11 P2 2020 QP (Afr)

> Grade 11 Information Technology Paper 2 question paper from the National Exemplar November Exam 2020 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2020-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/de57a180-ad1e-4211-a524-5dc7b437b7fd
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: National Exemplar November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/information-technology) › [Information Technology Grade 11 P2 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2020-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/de57a180-ad1e-4211-a524-5dc7b437b7fd)

## About this document

Information Technology · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [IT P2 GR11 MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/40e4609f-a288-4991-86eb-07f586af4002) — Memo · 2020 · Afr
- [IT-P2-GR11 QP MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/4a901958-1706-46e5-8fb1-d67739b39ec7) — Memo · 2020 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 11

                     NOVEMBER 2020

                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2
                       (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                                 *IINFTA2*

                    Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

2                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                (EC/NOVEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:

      AFDELING A: Kortvrae                                           (15)
      AFDELING B: Stelseltegnologieë                                 (26)
      AFDELING C: Kommunikasietegnologie en Netwerktegnologie        (25)
      AFDELING D: Data- en Inligtingsbestuur                         (21)
      AFDELING E: Oplossingsontwikkeling                             (24)
      AFDELING F: Geïntegreerde Scenario                             (39)

 2.   Lees AL die vrae noukeurig deur.

 3.   Beantwoord AL die vrae.

 4.   Die puntetoekenning gee oor die algemeen ‘n aanduiding van die getal
      feite/redes wat vereis word.

 5.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

 6.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2020)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                   3

 AFDELING A: KORTVRAE

 VRAAG 1

 1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld. 1.1.11 D.

       1.1.1    Die tipe programmering wat hoofsaaklik gebruik word om vinnige,
                effektiewe kode te skep wanneer stelselsagteware of ingeboude
                (‘embedded’) kode geskryf word wat ŉ spesifieke toestel beheer en wat
                ‘n program wat klein en vinnig is, sal lewer.

                A    Hoë-vlak programmeringstale
                B    Lae-vlak programmeringstale
                C    Middel-vlak programmeringstale
                D    Vinnige toepassingontwikkeling                                        (1)

       1.1.2    Kies die korrekte antwoord vir die volgende uitdrukking:
                20 DIV (10 - 20 MOD 3)

                A    0
                B    2
                C    4
                D    3                                                                     (1)

       1.1.3    Enige volgorde van instruksies wat deur ŉ SVE uitgevoer kan word,
                word ... genoem.

                A    proses
                B    program
                C    rafel (‘thread’)
                D    multitaakverwerking (‘multitasking’)                                  (1)

       1.1.4    Toets vir akkuraatheid van data vanuit ‘n menslike perspektief:

                A    Datavalidering
                B    Dataverifikasie
                C    Verwerking
                D    Magtiging (‘Authorisation’)                                           (1)

       1.1.5    Identifiseer die korrekte veranderlike naam(e) van die opsies hieronder
                gelys.

                A    1Team
                B    Begin
                C    _Discount
                D    Subject?                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

4                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                      (EC/NOVEMBER 2020)

      1.1.6     … verwys na die byvoeging of verwydering van rekords of die
                verandering van rekords in ŉ databasis.

                A    Dataverwerking
                B    Instandhouding van data
                C    Data-onafhanklikheid
                D    Datamanipulasie                                                       (1)

      1.1.7     Modem beteken …

                A    Modulator en Demodulator
                B    Modulation en Demodulation
                C    Morden en demodex
                D    Beide B en C                                                          (1)

      1.1.8     Instruksies in binêre formaat (nulle (0) en ene (1)) wat die SVE direk
                kan uitvoer.

                A    ‘Assembler’
                B    Kodering
                C    Masjienkode
                D    ‘Assembly’-kode                                                       (1)

      1.1.9     AGB (‘AUP’) beteken …

                A    ‘Acceptable Use Policy’
                B    ‘Accelerated User Policy‘
                C    ‘Acceptable Uniform Policy’
                D    ‘Access Usage Program’                                                (1)

      1.1.10    Proses waardeur sekere roetineprosesse in ŉ kantoor sonder
                menslike ingryping uitgevoer kan word.

                A    Uitkontraktering (‘Outsourcing’)
                B    Kantooroutomatisering
                C    Sentralisering
                D    Teleprosessering                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2020)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                   5

 1.2   Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
       woord/term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK
       neer.

       1.2.1    Die onnodige herhaling van data in ŉ databasis, word … genoem.            (1)

       1.2.2    Wanneer daar van gedesentraliseerde plekke gewerk word, bv. ŉ huis,
                en moderne kommunikasie gebruik word om gereeld by ‘n fisiese
                kantoor aan te meld.                                                      (1)

       1.2.3    Probleme of foute wat voorkom wanneer jy probeer om data by te
                voeg, te verwyder of te verander.                                         (1)

       1.2.4    … is ŉ vaste waarde wat aan ŉ veranderlike in ŉ program toegeken
                word.                                                                     (1)

       1.2.5    Die installering van ŉ nuwe, gekraakte (‘cracked’) weergawe van die
                bedryfstelsel-vasteware (‘firmware’) wat beperkings en beheer
                verwyder.                                                                 (1)

                                                              TOTAAL AFDELING A:           15

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

6                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                       (EC/NOVEMBER 2020)

 AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

 VRAAG 2

 Dit is die era van moderne rekenaars. Betroubare werkverrigting in rekenaars is
 baie belangrk vir die verbruiker. Vervaardigers vervaardig ŉ verskeidenheid
 mededingende elektroniese toestelle wat vir gebruikers bekostigbaar is. Bestudeer
 die spesifikasies en pakketbesonderhede hieronder en beantwoord die vrae wat
 volg.

              Spesifikasie A                                 Spesifikasie B

 Windows 10 Pro (64 bit)                     Windows 10 Home (32 bit)
 16 x 1024 MB DDR3                           8 x1024 MB DDR3
 Intel CoreTM i7 9750H                       Intel CoreTM i5 8265H
 960 GB NVME and Intel RX 5700XT 8GB         I.5 TB 9200 RPM and NVDIA GTX 1660 4GB
 Kaspersky                                   ESET
 OfficeSuite10.5                             LibreOffice v10.2

 2.1 EKG (‘RAM’) is ŉ belangrike komponent van enige soort elektroniese toestel.

      2.1.1    Wat is ŉ ander naam vir die hardewarekomponent wat die EKG
               bevat?                                                                      (1)

      2.1.2    Watter tipe geheue word met EKG geassosieer?                                (1)

      2.1.3    Noem die komponent in die moederbord waar die EKG verbind word.             (1)

      2.1.4    Spesifikasie B het ŉ 32-bis bedryfstelsel. Watter impak het dit in
               terme van EKG?                                                              (1)

      2.1.5    Noem die rol van EKG in ŉ elektroniese toestel.                             (1)

 2.2 Gee voorbeelde van stelselsagteware in enige spesifikasie (Spesifikasie A of
     Spesifikasie B) en noem watter tipe stelselsagteware elkeen voorstel.                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2020)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                 7

 2.3 Albei skootrekenaars het DDT modules.

       2.3.1    Skakel die EKG van die spesifikasie van skootrekenaar B om na GB.        (1)

       2.3.2    Skryf die akroniem DDT volledig uit.                                     (1)

 2.4 Moderne SVE’s werk met baie hoër snelhede as die moederbord. Hulle moet
     die kasgeheue baie gebruik om maksimum produktiwiteit aan die gang te hou.

       2.4.1    Noem die vinnigste SVE-spoed wat in die bogenoemde spesifikasies
                gegee is.                                                                (1)

       2.4.2    Die volgorde van die stappe wat die SVE volg, word … genoem.             (1)

       2.4.3    Noem die VIER stappe wat die SVE volg.                                   (4)

 2.5 Baie skootrekenaars het ŉ ingeboude/geïntegreerde videoverwerker en ŉ
     videokaart.

       2.5.1    Noem die doel van ŉ ingeboude of geïntegreerde videoverwerker en
                videokaart in skootrekenaars.                                            (2)

       2.5.2    Noem die videokaarte wat in die bogenoemde spesifikasies
                gekwoteer is.                                                            (2)

 2.6 Lys en verduidelik TWEE verskillende programmeringstaal-vertalers.                  (4)

 2.7 HDMI-poorte is deesdae standaard insluitings op rekenaars.

       2.7.1    Gee die doel van die HDMI-poort in rekenaars.                            (2)

       2.7.2    Skryf HDMI volledig uit.                                                 (1)

                                                             TOTAAL AFDELING B:          26

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

8                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                     (EC/NOVEMBER 2020)

 AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

 VRAAG 3

 Weet jy wat in jou netwerk skuil? Besighede en individue word aangemoedig om te
 dink aan die spoke, in die vorm van kwaadwillige sagteware, wat dalk of dalk nie in
 hul masjiene skuil. Bedreigings (‘threats’) het die vermoë om vir lang tydperke in ŉ
 netwerk te wees sonder dat enige iemand weet voordat dit die stelsel bedreig en/of
 intelligensiediefstal plaasvind.

 3.1 Mense wil 24/7 verbind wees.

      3.1.1    Verduidelik die konsep rekenaarnetwerk.                                    (1)

      3.1.2    Gee TWEE redes hoekom netwerke gebruik word.                               (2)

      3.1.3    Wat is ŉ ander naam vir die Internet?                                      (1)

 3.2 Verskillende media vereis dat data verskillend gekodeer moet word. Data word
     verskillend gestuur wanneer verskillende media gebruik word. Dit is waarom
     moderne toestelle (veral mobiele toestelle) ten minste twee verskillende ‘NIC’s
     bevat.

      Beantwoord die volgende vrae in terme van die tipe ‘NIC’s wat deur die
      toestelle in elke vraag gebruik word. Voltooi die volgende sinne.

      3.2.1    Slimfone en tablette het gewoonlik ŉ 3.2.1(a) _______ ‘NIC’ en ŉ
               3.2.1(b) _________ sellulêre modem.                                        (2)

      3.2.2    Skootrekenaars het ŉ 3.2.2(a) ________ ‘NIC’ en ŉ 3.2.2(b)
               _________ poort.                                                           (2)

 3.3 Noem die funksie van die Wi-Fi-toegangspunt.                                         (1)

      3.3.1    Wat is ŉ ander naam vir ŉ toegangspunt?                                    (1)

      3.3.2    Onderskei tussen warmkol en bandwydte.                                     (2)

 3.4 ‘Voice over Internet Protocol’ (VoIP) is die kommunikasieprotokol, die
     tegnologieë, die metodologieë en transmissiemetodes wat betrokke is by die
     lewering van stemkommunikasie en multimedia-sessies via die Internet.

      3.4.1    Noem die bekende sagteware-pakket wat mense toelaat om deur
               middel van VoIP te kommunikeer.                                            (1)

      3.4.2    Noem TWEE nadele van die gebruik van VoIP sagteware.                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2020)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                 9

 3.5 Daar is lêeroordragprogramme wat jy kan installeer, wat die oordragspoed
     van data oor die Internet vir die verskillende lêeroordragprotokolle sal
     verbeter deur verskillende samepersingstegnieke te gebruik.

       3.5.1    Noem en verduidelik TWEE tipes data-samepersing.                    (2)

       3.5.2    Noem EEN voorbeeld van elke tipe data-samepersing.                  (2)

 3.6 Die beste voorbeeld van ŉ WAN is die Internet, wat ook openbare WAN of
     GAN genoem word.

       3.6.1    Lys en verduidelik TWEE tipes Internetverbindings.                  (4)

       3.6.2    Lys EEN voorbeeld van elke verbinding.                              (2)

                                                            TOTAAL AFDELING C: 25

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

10                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                      (EC/NOVEMBER 2020)

 AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR

 VRAAG 4

 ŉ Skooldatabasis, byvoorbeeld, bevat data oor studente en klasse. Wanneer ŉ
 student aanvaar word, voer die toelatingsdepartmentklerk vele data-items in die
 rekenaar. Die rekenaarklerk gebruik ŉ digitale kamera om ŉ foto van die nuwe
 student te neem. Hierdie foto, tesame met ander inligting, word in ŉ databasis op die
 bediener se hardeskyf gestoor.

 4.1   Deur tyd te neem om te leer wat ŉ databasisbestuurstelsel is, kry jy ook insig
       in die konsep en take van databasisbestuur.

       4.1.1 Definieer die konsep DBBS (die betekenis van die akroniem word nie
             benodig nie).                                                                (1)

       4.1.2 Noem DRIE funksies van DBBS-sagteware.                                       (3)

       4.1.3 Wat is ŉ ander naam vir Google se Databasis?                                 (1)

 4.2   Datavalidasie is ŉ tegniek om die aantal foute, wat tydens die toevoer van data
       gemaak word, te verminder.

       4.2.1 Noem DRIE maatreëls/ maniere wat in programme/toepassings
             gebruik kan word om te verseker dat data geldig is.                          (3)

       4.2.2 Lys DRIE eienskappe van waardevolle inligting.                               (3)

 4.3
               tblStudent
                StudentID                         tblStudentTransactions
                FirstName                               TransactionID
                LastName                                StudentID
                Address                                 PostDate
                City                                    Amount
                PostalCode                              Description
                DateAdmitted
                Major
                Photo

       4.3.1 Teken die bostaande tabelle in jou ANTWOORDEBOEK. Identifiseer ŉ
             primêre sleutel (PK) en ŉ vreemde sleutel (FK) vir elke tabel. Verbind
             die tabelle en dui die tipe verwantskap wat tussen die tabelle bestaan
             aan.                                                                         (5)

       4.3.2 Onderskei tussen die saamgestelde sleutels (‘composite keys’) en ŉ
             primêre sleutel (‘primary key’).                                             (2)

 4.4   Noem DRIE funksies van ŉ DBA.                                                      (3)

                                                             TOTAAL AFDELING D:           21

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2020)                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                 11

 AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING

 VRAAG 5

 5.1   Tekslêers bied ŉ eenvoudige, gerieflike en permanente manier om teksdata te
       stoor en is algemeen vir die invoer en uitvoer van data na en van programme.
       Tekslêers bestaan uit teks wat gewoonlik baie min formattering bevat.

       5.1.1    … spesifiseer ŉ stel van 128 standaard karakters, insluitend 52
                hoofletters en kleinletters van die Engelse alfabet, 10 syfers, 32
                tipografiese simbole en 34 kontrolekarakters.                              (1)

       5.1.2    Data wat in ŉ Excel-lêer gestoor is kan omgeskakel word na ŉ tekslêer-
                formaat as ‘n … lêertipe.                                                  (1)

       5.1.3    Beskryf die funksie van die volgende tekslêer-stellings:

                (a)   AssignFile(txtStock, ‘Goods.txt’);                                   (1)

                (b)   Append(txtStock);                                                    (2)

 5.2   … is ŉ ontfoutingsmetode in Delphi wat gebruik word om die program uit te
       voer en die waardes van die veranderlikes te vertoon terwyl die program
       uitgevoer word.                                                                     (1)

 5.3   Verduidelik kortliks die konsep ‘data persistence’.                                 (1)

 5.4   In programmering wil ons gewoonlik die desimale waardes/punte onder
       mekaar vertoon.

       5.4.1    Verduidelik die doel van die Format-funksie.                               (1)

       5.4.2    Verduidelik die doel van die beheerkodes, buiten Format, in die
                argument wat hieronder gegee word.

                (a)   Format(‘%10.2f’, [rWeight])                                          (5)

                (b)   Jy kan die f formaatopsie verander na ____, wat die
                      formaatfunksie laat weet dat die waarde _____ is.                    (2)

 5.5   Onderskei tussen seleksiesortering en borrelsortering.                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

12                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                 (EC/NOVEMBER 2020)

 5.6   Teken die gegewe naspeurtabel hieronder in jou ANTWOORDEBOEK.
       Gebruik die gegewe kode en dui aan wat vertoon sal word as die program
       uitgevoer word.

       Var
        waarde1, waarde2, waarde3 : integer;
        waarde4 : real;
       begin
       1. waarde3 := 10;
       2. waarde1 :=30 – 5 * 5;
       3. waarde2 := 32 – waarde1 * waarde1;
       4. waarde4 := (waarde1 + waarde2) – waarde2/waarde1;
       5. waarde2 := waarde3 MOD 4;
       6. waarde1 := waarde3 DIV waarde2;
       7. redOut.Lines.Add(IntToStr(waarde1));
       8. redOut.Lines.Add(IntToStr(waarde2));
       9. redOut.Lines.Add(IntToStr(waarde3));
       10. redOut.Lines.Add(FloatToStr(waarde4));

          Reël       Waarde1   Waarde2   Waarde3    Waarde4      Afvoer
        1.
        2
        3

                                                                       (10 ÷ 2) =    (5)

 5.7   Onderskei tussen Readln en Writeln.                                           (2)

                                                         TOTAAL AFDELING D:          24

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2020)                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                  13

 AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

 VRAAG 6

 Dit is moeilik om te dink aan enige menslike pogings (‘endeavour’) wat nie voordeel
 kan trek uit die gebruik van IKT nie as gevolg van die wonderlike toepassings
 daarvan. IKT maak ŉ verskil in sommige wêreldtendense wat die mensdom as
 geheel beïnvloed.

 6.1 Die manier waarop IT die werkplek beïnvloed het, hang af van die tipe werk
     wat jy doen.

       6.1.1    Noem enige DRIE voorbeelde van hoe IT veranderings na die
                werksplek gebring het.                                                      (3)

       6.1.2    Noem TWEE maniere waarop IT-stelsels die lewe vir musikante baie
                makliker gemaak het.                                                        (2)

       6.1.3    Onderskei tussen werkplek en werkspraktyke.                                 (2)

       6.1.4    Regeringsentiteite en maatskappye gebruik uitkontraktering.
                Verduidelik wat uitkontraktering is.                                        (2)

 6.2 Netwerke is ŉ baie belangrike deel van IKT en het dit moontlik gemaak om
     data en hulpbronne te deel. Dit het baie makliker geword om ‘piracy’, plagiaat
     en ander vorme van kubermisdaad te pleeg.

       6.2.1    Waar word beleide wat beheer waartoe die gebruiker toegang in die
                netwerk het, gestel?                                                        (1)

       6.2.2    Noem enige DRIE aspekte wat by AUP ingesluit moet word.                     (3)

       6.2.3    Om gebruikersaktiwiteit en toegangbeheer te beperk deur opsies in
                die hardware en sagteware te verander, word … genoem.                       (1)

 6.3 Die verbeterde kommunikasie wat deur IKT moontlik gemaak is, het die
     belangrikheid van fisieke teenwoordigheid op ŉ spesifieke werkplek verminder.
     Werkgewers kan nou vir werknemers in enige stad of selfs land soek, omdat
     hul almal die werk in digitale formaat vanaf enige plek kan doen.

       6.3.1    Noem DRIE maniere waarop IKT kan help om die doeltreffendheid
                van die regering te verbeter.                                               (3)

       6.3.2    Noem DRIE redes waarom mense somtyds bang is vir IKT.                       (3)

 6.4 Die ontwikkeling van tegnologie beïnvloed heeltemal te veel aspekte van die
     lewe en die samelewing.

       6.4.1    Verduidelik wat globalisering is.                                           (2)

       6.4.2    Noem enige DRIE voordele/resultate van globalisering.                       (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

14                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                       (EC/NOVEMBER 2020)

      6.4.3    Die samelewing het verskillende fases van die Industriële Revolusie
               deurgemaak. Noem enige TWEE sektore en voordele wat die 4IR in
               elke sektor saamgevoeg het.                                                 (4)

 6.5 Alle soorte instellings benodig data en inligting om hul werk te verrig en
     suksesvol te wees. Instellings gebruik vandag rekenaars om data en inligting
     te stoor en te bestuur.

      ŉ Eienskap wat rekenaars handig maak, is akkuraatheid. Akkuraatheid hang af
      van die kwaliteit en korrektheid van die data.

      6.5.1    Noem enige DRIE algemene menslike foute wat groot skade in terme
               van verlies van data kan veroorsaak.                                        (3)

      6.5.2    Daar moet ŉ stelselmatige plan of skedule wees om te verseker dat
               data gereeld gerugsteun word. Noem enige DRIE rugsteunwenke.                (3)

 6.6 Daar is maatreëls wat in programme en toepassings ingesluit kan word om te
     verseker dat data geldig is.

      Noem enige DRIE metodes en tegnieke wat gebruik word om data te valideer.            (3)

 6.7 Verduidelik kortliks die konsep verpligte velde (‘mandatory fields’).                 (1)

                                                             TOTAAL AFDELING F:            39
                                                                 GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [IT-P2-GR11 QP-Afr-NOV-2020](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2020-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/07b2bcb7-4a41-492b-8cf6-b9dad4f25eeb) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [IT P1 QP GR11 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2020-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/83e10fa3-445e-4555-a985-c004e2982008) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [IT P1 QP GR11 NOV2020 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2020-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/df854c01-9053-430b-b1d1-beb016f0f838) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [IT P1 QP MEMO GR11 NOV2020 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/9dfca362-ba2e-43f6-947d-2f7c2aad0ded) — Information Technology · Memo · 2020 · Afr
- [IT P2 GR11 MEMO 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-2/42eca0ae-ea7c-48c5-a65e-33a549c78978) — Information Technology · Memo · 2020 · Afr
- [IT P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans-d/efb9ea69-0c0c-4423-a8c5-4b0b4c18f010) — Information Technology · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Information Technology

- [Gr 11 Info Tech ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-info-tech-atp-2023-24/67fc595c-646e-4c38-9951-fe5fe3a113a7) — ATP
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 ENG](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2022-eng/463c896e-3593-418e-ae29-9566ee4c04d7) — Memo · 2022 · Eng
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2022-afr/bb1a49a4-65e0-428e-9303-788c58ca7b60) — Memo · 2022 · Afr
- [IT P2 GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-memo-nov2022-afrikaans/f5015e15-ffe2-4923-9427-07b7a1a37ae1) — Memo · 2022 · Afr
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2022-exemplar-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/02cbecc3-c4be-49dd-986d-125a0173594d) — Memo · 2022 · Afr
- [GEO-Sept-QP & Memo-2015-Gr11](https://www.hlayiso.com/library/geo-sept-qp-memo-2015-gr11/cfa849fa-4151-4938-b293-d0122c3a72c6) — QP + Memo · 2021

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
