# Information Technology Grade 11 P1 Exemplar November 2022 QP

> Grade 11 Information Technology Paper 1 question paper from the Exemplar November Exam 2022 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2022-exemplar-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/a17870ba-8fac-4013-9eda-0831f367fbca
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Exemplar November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/information-technology) › [Information Technology Grade 11 P1 Exemplar November 2022 QP](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2022-exemplar-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/a17870ba-8fac-4013-9eda-0831f367fbca)

## About this document

Information Technology · Grade 11 · Exemplar November Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2022-exemplar-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/02cbecc3-c4be-49dd-986d-125a0173594d) — Memo · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                      NOVEMBER 2022

                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1
                       (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

### Page 2

2                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                     (EC/NOVEMBER 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Kandidate moet AL die vrae
      beantwoord.
2.    Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
      eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
      eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.
3.    Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag
      nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.
4.    Jou programme moet op só ŉ manier gekodeer word dat dit met enige data sal
      werk en nie net met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data-uittreksels
      wat in die vraestel verskyn nie.
5.    Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
      ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van Delphi vir enige van
      hierdie roetines gebruik nie. Byvoorbeeld, MOENIE locate, sort, filter,
      recordcount, setlength, charinset, ens. gebruik NIE.
6.    Stoor jou werk gereeld. Maak seker dat al jou lêers gelees kan word.
7.    Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee. Die
      lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf.
      Doen die volgende:
       Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer.
       Klik op die ‘extract’-knoppie.
       Sleutel die volgende wagwoord in: 21nOv&11rG.
      Nadat dit onttrek is, sal die volgende lys lêers in die lêergids (‘folder’)
      DataNov2021 beskikbaar wees:
      Vraag 1:                                     Vraag 3:
      Vraag1_u.pas                                 Vraag3_u.pas
      Vraag1_u.dfm                                 Vraag3_u.dfm
      Vraag1_p.dpr                                 Vraag 3_p.dpr
      Vraag1_p.res                                 Vraag3_p.res
                                                   dbConnection_u.pas
                                                   Bome.mdb
      Vraag 2:                                     BomeRugsteun.mdb
      Vraag2_u.pas                                 Vraag 4:
      Vraag2_u.dfm
      Vraag2_p.dpr                                 Vraag4_u.pas
      Vraag2_p.res                                 Vraag4_u.dfm
      Bome.txt                                     Vraag4_p.dpr
                                                   Vraag4_p.res

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2022)                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                      3

VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

SCENARIO:
Voltooi ŉ program wat mense toelaat om by ‘The Tree Society’ te registreer sodat
hulle toegang tot die Nationale- en Streeksparke verkry vir omgewingstudies.

Doen die volgende:
 Maak die onvolledige program in die Vraag 1 gidslêer oop.
 Sleutel jou naam as kommentaar in die eerste reël van die Vraag1_u.pas-lêer in.
 Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
 Volg die instruksies om die kode vir Vraag, 1.1, 1.2, 1.3, 1.4 en 1.5 te voltooi.

1.1     Menu opsie Nuwe Registrasie

        Maak die paneel, pnlRegistreer, sigbaar.                                            (1)

1.2     Knoppie [btnV1_2] Registreer

        Aansoekers moet ŉ begindatum in die edtDatum komponent in sleutel. Dit
        moet in die volgende formaat wees: JJJJ/MM/DD. Hul kontrak sal vir EEN
        jaar geldig wees. Bepaal die vervaldatum deur die jaar met een te
        vermeerder.

        Hul moet dan ŉ opsie uit die kombinasielys, cmbToegang, kies om aan te
        dui of hul toegang tot Nasionale- of Streeksparke wil hê.

        Die jaarlikse fooi vir die toegang tot die parke word soos volg bereken:
         Seniors 60 jaar en ouer: R500
         Volwassenes jonger as 60 jaar: R400
         Studente 18 jaar tot 25: R300
         Skoliere onder 18: R80
         Kinders 6 jaar en jonger: Verniet

        Aansoekers moet die aantal mense vir elke ouderdomskategorie in die
        gegewe ‘spin edit’ komponente aan dui.

        Skryf kode wat die toevoer sal verkry. Bereken en vertoon die totale bedrag
        verskuldig asook die vervaldatum, in ŉ boodskap komponent (‘message
        component’).

        LET WEL: Streekstoegang sal ŉ aftrekking van 40 persent van die totale
        bedrag insluit.

        Voorbeeld van afvoer:

                                                                                           (14)

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

4                    INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1      (EC/NOVEMBER 2022)

Kopiereg voorbehou                             Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2022)                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                      5

 1.3 Menu opsie Teken In

       Skryf kode om die volgende te doen:
        Maak die paneel, pnlTekenIn, sigbaar.
        Verander die fontkleur van pnlTekenIn na 'green'.
        Verander die kleur van pnlTekenIn na 'cream'.
        Maak die toevoerkomponente edtNaam en edtWagwoord leeg.
        Stel die fokus na edtNaam.                                                        (5)

 1.4 Knoppie [btnV1_4] Teken In
       Die gebruiker moet hul naam in edtNaam en ŉ sin, wat as ŉ wagwoord
       gebruik gaan word, in edtWagwoord in sleutel.
       Skryf kode om die volgende te doen:
        Kry die toevoer van die toevoerkomponente.
        Bereken die enkripte wagwoord volgens die volgende reëls:
           o     Die numeriese posisies van die karakters word met 3 vermeerder
                     Byvoorbeeld: Elke karakter van die wagwoord word met die
                     karakter van die alfabet wat drie karakters regs is van die
                     oorspronklike karakter vervang. ‘A’ word ‘D’, ‘B’ word ‘E’, ens.
             o Alle spasies moet met ŉ ster (*) vervang word.
             o Die letter ‘Z’ moet met die letter ‘A’ vervang word
             o Syfers en ander karakters bly dieselfde.
             o Die laaste drie karakters van die naam moet aan die einde van die
                 enkripte wagwoord gevoeg word.
            Vertoon die enkripte wagwoord in die komponent, edtEnkrip.                   (16)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

6                                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                        (EC/NOVEMBER 2022)

        Voorbeeld van afvoer:

    1.5 Menu opsie Teken Uit

        Skryf kode wat die gebruiker sal vra of hul wil uit teken. As hul wil, dan moet
        die program toegemaak word.

        Voorbeeld van afvoer:                                             OF:                   (4)

           Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
            programlêer in.
           Stoor jou program.
           ŉ Drukstuk van jou kode mag vereis word.                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2022)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                      7

VRAAG 2: SKIKKINGS EN TEKSLÊERS

Doen die volgende:
 Kompileer en voer die program in die Vraag 2 gidslêer uit. Die program het tans
  beperkte funksionaliteit.
 Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die Vraag2_u.pas.
 Voltooi die kode vir elke vraag soos die beskryf word in Vraag 2.

2.1   Knoppie [V2.1 Lees en Vertoon]

      ŉ Tekslêer word verskaf wat ŉ lys van al die beskermde boomspesies en die
      hoeveelhede wat in die land gevind is, bevat.
      Die formaat van die tekslêer is soos volg:
                            <boomnaam>#<hoeveelheid gevind>

      In sekere reëls van die tekslêer is die boom se naam nie in aanhalingstekens nie.
      Die meeste boomname is in aanhalingstekens.

      Voorbeeld van data in die Bome.txt tekslêer:

      Twee globale skikkings en ŉ skikkingteller is verskaf en word hieronder beskryf:
          arrHoeveelheid: array[1..200] of integer;
          arrBome: array[1..200] of string;
          iTeller: integer;

      Skryf kode om die volgende te doen:
       Verbind die tekslêer en lees elke reël na elke globale skikking wat gegee is.
          Skei die inligting, boomnaam en hoeveelheid. Verwyder die aanhalingstekens
          van die boomnaam, indien dit nodig is.
       Bereken en vertoon die totale aantal spesies in die redigeerblokkie,
          edtbeskermde.
       Bereken die aantal bome wat gevind is.
       Sorteer albei skikkings volgens die hoeveelhede van die laagste na die
          hoogste hoeveelheid.
       Vertoon, in redAfvoer, die inhoud van die gesorteerde skikkings in netjiese
          kolomme asook die aantal bome wat gevind is.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

8                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                 (EC/NOVEMBER 2022)

    Voorbeeld van afvoer:

                                                                                         (32)
2.2 Knoppie [V2.2 Bedreigde Lys]
    Die spesies waar minder as 100 bome gevind is, moet op die bedreigde lys
    geplaas word.
    Skryf kode om die volgende te doen:
     Skep ŉ tekslêer met die naam ‘Bedreigd.txt’.
     Gebruik die twee globale skikkings om al die name van die boomspesies te
        kry waar daar minder as 100 gevind is.
     Vertoon die naam van die bedreigde boom in die afvoerkomponent,
        redAfvoer.
     Skryf die naam van die bedreigde boom na die tekslêer ‘Bedreigd.txt’.
    Voorbeeld van afvoer in die tekslêer en 'richedit':

                                                                                          (8)

     Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
      in.
     Stoor jou program.
     ŉ Drukstuk van jou kode mag vereis word.                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2022)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                     9

VRAAG 3: DATABASISPROGRAMMERING

Hierdie vraag bestaan uit subvrae 3.1 tot 3.5. Die volgende is belangrik en geld vir al die
vrae:
 Jy mag GEEN van die gegewe data of kode verander NIE.
 Goeie programmeringsbeginsels moet vanuit eerste beginsels toegepas word.
 GEEN punte sal vir harde-kodering toegeken word nie. Gebruik strukture en
    veranderlikes waar nodig.
 MOENIE die volgende gebruik NIE: filter, sort, locate, recordcount, ens.

Daar is baie boomspesies in Suid-Afrika. ŉ Databasis is ontwerp om die inligting van al die
boomspesies in een tabel te stoor.

ŉ Tabel, Boomname word in die databasis Bome.mdb verskaf.
ŉ Voorbeeld van die eerste paar rekords van die tabel word hieronder aangetoon:

Die ontwerpaansig van die tabel, Boomname, wat die veld datatipes insluit word hieronder
vertoon:

LET WEL:
 Kode om die verbinding te doen, word gegee.
 Wanneer die Herstel Databasis knoppie geklik word, sal die databasis na die
  oorspronklike data herstel word.
 Die naam van die tabel wat in jou kode gebruik moet word is tblBome, wat die
  TADOTable objek is wat aan die databasis verbind is.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

10                            INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/NOVEMBER 2022)

Doen die volgende:
 Kompileer en voer die program in die Vraag 3 gidslêer. Die program het tans
  beperkte funksionaliteit.
 Sleutel jou naam as kommentaar in die eerste reël in die Vraag3_u.pas lêer.
 Voltooi die kode vir elke vraag soos in Vraag 3 beskryf word.

3.1   Knoppie [V3.1 Wes-Kaap]

      Vertoon die WetenskaplikeNaam van al die bome wat in die Wes-Kaap
      (‘Western Cape’) Area gekoop kan word. Vertoon die uitslae in die redVertoon
      richedit.

      Voorbeeld van afvoer:

                                                                                         (6)

3.2   Knoppie [V3.2 Ikoon en Beskermd]

      Vertoon die AnderNaam van al die bome wat Ikonies is en wie se Beskrywing
      ‘Protected’ is. Vertoon die uitslae in die redVertoon richedit.

      Voorbeeld van afvoer:

                                                                                         (8)

3.3   Knoppie [V3.3 Verwyder Indringerbome]

      Skryf kode om die bome te verwyder wat indringers is. Die Beskrywing is
      ‘invasive’.

      Voorbeeld van afvoer:

                                                                                         (7)

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2022)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                              11

3.4    Knoppie [V3.4 Rooi Gunstelinge]

       Verander die Gunsteling veld na True vir al die bome wie se AnderNaam
       met die woord ‘Red’ begin.

       Voorbeeld van afvoer:

                                                                                        (9)

3.5    Knoppie [V3.5 Inheemse Gemiddeld]

       Skryf kode wat die gemiddelde van Inheemse bome van al die bome wat
       getel is (‘Aantal’) sal bepaal en vertoon. Die gemiddeld moet afgerond word
       na geen desimale plekke. Vertoon die antwoord in die redVertoon richedit.

       Voorbeeld van afvoer:
                                                                                      (10)

          Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
           programlêer in.
          Stoor jou program.
          Druk die kode indien dit vereis word.                                      [40]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

12                            INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                     (EC/NOVEMBER 2022)

VRAAG 4: ALGEMENE PROBLEEMOPLOSSING
Doen die volgende:
 Kompileer en voer die program in die Vraag 4 gidslêer uit. Die program het tans
  beperkte funksionaliteit.
 Sleutel jou naam as kommentaar in die eerste reël van die Vraag4_u.pas lêer.
 Voltooi die kode vir elke vraag soos wat dit in Vraag 4 beskryf word.
4.1   Knoppie [Vraag 4.1]
      ŉ Getal is ŉ perfekte getal as die getal se faktore (behalwe die getal self)
      bymekaar getel word en gelyk aan die getal is.
      Byvoorbeeld: Die faktore van 6 is: 1 2 3 6. 1 + 2 + 3 = 6. Dit beteken dat 6 ŉ
      perfekte getal is.
      Skryf kode om ŉ ewekansige getal tussen 1000 en 9999 (albei ingesluit) te kies.
      Bereken en vertoon al die perfekte getalle in die reeks van 1 tot die ewekansige
      getal.
      Vertoon die ewekansige getal en die perfekte getalle in die memVertoon
      komponent.
      Voorbeeld van afvoer:

                                                                                            (12)
4.2   Knoppie [Vraag 4.2]
      Die heksadesimale getalstelsel het 16 syfers: 0 – 9, A – F. Die heksadesimale
      getalle A – F verteenwoordig onderskeidelik die desimale getalle 10 – 15.
      Skryf kode om die desimale getal te kry wat in die edtDesimaal komponent
      ingetik is en verwerk dit na heksadesimaal. Vertoon die heksadesimale getal in
      die komponent met die naam, edtHeksadesimaal.
      As geen getal ingesleutel is nie, moet ŉ gepaste boodskap vertoon word en die
      program moet toegemaak word
      Voorbeeld van afvoer:

                                                                                            (18)
       Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
        programlêer in.
       Stoor jou program.
       Druk die kode indien dit vereis word.                            [30]
                                                                            TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

## Related documents

- [IT P1 QP GR11 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2020-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/83e10fa3-445e-4555-a985-c004e2982008) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [IT P1 QP GR11 NOV2020 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2020-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/df854c01-9053-430b-b1d1-beb016f0f838) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [IT P1 GR11 NOV 2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr11-nov-2017-afrikaans/8d816656-5043-4d1a-9935-8b14eb3225ce) — Information Technology · QP · 2017 · Afr
- [IT P2 GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-memo-nov2022-afrikaans/f5015e15-ffe2-4923-9427-07b7a1a37ae1) — Information Technology · Memo · 2022 · Afr
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2020-afrikaans/b58d463e-025c-4716-9255-6eeeebfafbc3) — Information Technology · Memo · 2020 · Afr
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2020 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2020-afrikaans-d/25d21533-ac81-4ade-a4b8-c56f655e7a81) — Information Technology · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Information Technology

- [Gr 11 Info Tech ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-info-tech-atp-2023-24/67fc595c-646e-4c38-9951-fe5fe3a113a7) — ATP
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 ENG](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2022-eng/463c896e-3593-418e-ae29-9566ee4c04d7) — Memo · 2022 · Eng
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2022-afr/bb1a49a4-65e0-428e-9303-788c58ca7b60) — Memo · 2022 · Afr
- [GEO-Sept-QP & Memo-2015-Gr11](https://www.hlayiso.com/library/geo-sept-qp-memo-2015-gr11/cfa849fa-4151-4938-b293-d0122c3a72c6) — QP + Memo · 2021
- [IT P1 QP MEMO GR11 NOV2020 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-qp-memo-gr11-nov2020-afrikaans-d/09d5bea3-08be-4b20-9a72-e526738e9d32) — Memo · 2020 · Afr
- [IT P2 GR11 MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-memo-nov2020-afr-d/4a385cf4-caba-4711-a420-1f60d0f7e5fd) — Memo · 2020 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
