# Information Technology Grade 11 P2 Exemplar November 2022 QP

> Grade 11 Information Technology Paper 2 question paper from the Exemplar November Exam 2022 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2022-exemplar-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/be8f522c-a9ab-4a0d-bbce-f1b478d57356
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Exemplar November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/information-technology) › [Information Technology Grade 11 P2 Exemplar November 2022 QP](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2022-exemplar-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/be8f522c-a9ab-4a0d-bbce-f1b478d57356)

## About this document

Information Technology · Grade 11 · Exemplar November Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 11

                      NOVEMBER 2022

                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2
                       (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

### Page 2

2                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                (EC/NOVEMBER 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:

      AFDELING A: Kortvrae                                            (15)
      AFDELING B: Stelseltegnologieë                                  (27)
      AFDELING C: Kommunikasietegnologie en Netwerktegnologie         (24)
      AFDELING D: Data- en Inligtingsbestuur                          (23)
      AFDELING E: Oplossingsontwikkeling                              (22)
      AFDELING F: Geïntegreerde Scenario                              (39)

2.    Lees AL die vrae noukeurig deur.

3.    Beantwoord AL die vrae.

4.    Die puntetoekenning gee oor die algemeen ŉ aanduiding van die getal
      feite/redes wat vereis word.

5.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

6.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2022)                         INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                          3

 AFDELING A: KORTVRAE

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
        (1.1.1 tot 1.1.5) in jou ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.

       1.1.1    Kan geïdentifiseer word as ŉ proses van verbinding, interaksie en
                integrasie tussen mense, maatskappye en regering.

                A    Outomatisering
                B    Globalisasie
                C    Robotika
                D    Revolusie                                                            (1)

       1.1.2    Enige georganiseerde stelsel vir die versameling, organisering, stoor
                en kommunikasie van inligting.

                A    Desentralisering
                B    Skarebefondsing
                C    Inligtingstelsels
                D    Virtualisasie                                                        (1)

       1.1.3    ŉ Fout in ŉ databasis word … genoem.

                A    programfout
                B    onreëlmatigheid
                C    uitsondering
                D    fout                                                                 (1)

       1.1.4    Die data in ŉ databasis word in … gestoor.

                A    vorms
                B    tabelle
                C    verslae (‘reports’)
                D    mikros                                                               (1)

       1.1.5    Watter EEN van die volgende is NIE ŉ taalvertaler NIE?

                A    Saamsteller (‘Assembler’)
                B    Kompileerder (‘Compiler’)
                C    Interpreteerder (‘Interpreter’)
                D    ‘Codec’                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

4                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                          (EC/NOVEMBER 2022)

1.2    Kies ŉ term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
       slegs die letter (A–K) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.11 L.

                            KOLOM A                                    KOLOM B
       1.2.1    Klein programme wat gebruikers help om             A   ETG (‘RAM’)
                hul rekenaars te onderhou

       1.2.2    ŉ Stel instruksies wat die bedryfstelsel sê        B   drywer (‘driver’)
                hoe om met 'n spesifieke stuk hardeware
                te kommunikeer

       1.2.3    Tydelike geheue van ŉ rekenaar wat data            C   LAG ('ROM')
                en programme teen ŉ hoë spoed kan stoor
                en herwin

       1.2.4    Spesifieke attribute wat verpligtend is en         D   nutsprogramme
                met waardes ingevul moet word                          (‘utilities’)

       1.2.5    ŉ Manier sodat ŉ program homself in twee           E   sosiale media
                of meer gelyktydige werkende take kan
                verdeel

       1.2.6    ŉ Vorm van elektroniese kommunikasie               F   verpligte velde
                waardeur        gebruikers      aanlyn
                gemeenskappe skep om inligting, idees,
                persoonlike boodskappe en ander inhoud
                te deel

       1.2.7    Die eerste woord of letter is ŉ kleinletter en     G   rafel ('thread')
                dan elke woord/letter daarna begin met ŉ
                hoofletter, bv. sLastName

       1.2.8    Die proses om tussen verskillende data H               'casting'/'typeca
                tipes om te skakel                                     sting'

       1.2.9    Verskeie simbole wat die begin en einde            I   'CamelCase'
                van individuele stukke data in gewone teks
                aandui

       1.2.10   Die doelbewuste skepping van bronkode of           J   grenssimbool
                masjienkode wat moeilik is vir mense om te
                verstaan

                                                                   K   verdoesel
                                                                       ('obfuscated')
                                                                                (10 x 1)    (10)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:           15

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2022)                      INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                  5

AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

VRAAG 2

Rekenaars is orals, by die werk, skool en huis.

2.1    Die meeste moderne programmeringstale waardeer die belangrikheid van
       programmeringskode wat eenvoudig, maklik is om te lees en te gebruik.

       2.1.1    Verduidelik kortliks die begrip masjienkode.                                   (1)

       2.1.2    Lys TWEE klassifikasie/kategorieë van programmeringstale.                      (2)

       2.1.3    Noem die volle betekenis van die lêeruitbreding, .exe.                         (1)

       2.1.4    Skryf die akroniem 'API' volledig uit.                                         (1)

2.2    Stel jou voor dat jy op die internet rondblaai en besluit om ŉ groot lêer af te
       laai. As ŉ program net een taak op ŉ tyd kan uitvoer, sou jy moes ophou op
       die internet blaai terwyl jou deurblaaier ('browser') hierdie lêer aflaai, en jy sou
       slegs kon voortgaan om op die internet te blaai nadat die aflaai voltooi is.

       2.2.1    Noem en beskryf DRIE verwerkingstegnieke.                                      (6)

       2.2.2    Gee ŉ naam vir die taak wat op ŉ rekenaar uitgevoer word.                      (1)

       2.2.3    Deesdae bestaan SVEs (insluitend slimfoon-SVEs) uit meer as een
                verwerker, wat ... genoem word.                                                (1)

2.3    Meeste weergawes van Windows Server bevat Hyper-V, wat virtualiserings-
       tegnologie is.

       2.3.1    Verduidelik kortliks die konsep virtualisering.                                (1)

       2.3.2    Gee DRIE redes/voordele vir die gebruik van virtuele masjiene.                 (3)

2.4    Sekere komponente van rekenaartoestelle bevat ŉ beperkte hoeveelheid
       fisiese geheue in die geheue.

       2.4.1    Verduidelik kortliks wat kasberging (‘caching’) is.                            (1)

       2.4.2    Noem DRIE vorms van kasberging.                                                (3)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

6                            INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                    (EC/NOVEMBER 2022)

2.5   Analiseer die diagram hieronder en beantwoord die vrae onder die diagram.

      2.5.1    Gee die ander naam van die bogenoemde rekenaardeel (behalwe die
               naam moederbord).                                                      (1)

      2.5.2    Verduidelik wat ŉ moederbordbus is.                                    (1)

      2.5.3    Noem TWEE tipes moederbordbusse.                                       (2)

      2.5.4    Noem die moederbordgleuwe wat gebruik word om die volgende
               komponente te koppel:

               (a)   SVE (‘CPU’)                                                      (1)

               (b)   EKG (‘RAM’)                                                      (1)

                                                          TOTAAL AFDELING B:          27

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2022)                     INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                              7

AFDELING C: KOMMUNIKASIE-TEGNOLOGIE EN NETWERKTEGNOLOGIEË

VRAAG 3

Rekenaars is die primêre middels vir plaaslike en wêreldwye kommunikasie vir
miljarde mense. Verbruikers gebruik rekenaars om met besighede, werknemers met
ander werknemers, klante, studente met klasmaats en onderwysers, in verbinding te
tree. Deur middel van rekenaars het die samelewing onmiddellike toegang tot inligting
van regoor die wêreld.

3.1    Data-oordrag word deur verskillende hardeware, media en toestelle in ŉ
       spesifieke uitleg ondersteun.

       3.1.1    Noem en verduidelik TWEE kategorieë/klassifikasie van kommunikasie-
                media. Noem EEN voorbeeld vir elke kategorie.                               (6)

       3.1.2    ŉ Rekenaartoestel wat gekoppel is aan ŉ netwerk, word gewoonlik na
                as ŉ … verwys.                                                              (1)

3.2    Daar is verskeie netwerktopologieë wat netwerkingenieurs gebruik om
       rekenaars te verbind.

       3.2.1    Verduidelik kortliks wat ŉ netwerktopologie is.                             (1)

       3.2.2    Gee TWEE voordele van ŉ sternetwerk.                                        (2)

       3.2.3    Noem die hoofnadeel van ŉ sternetwerk.                                      (1)

       3.2.4    Noem die rol van ŉ skakeltoestel ('switch') behalwe om rekenaars in
                dieselfde gekabelde netwerk te verbind.                                     (1)

       3.2.5    Noem ŉ ander toestel wat gebruik kan word om rekenaartoestelle in ŉ
                sternetwerk te verbind, behalwe ŉ skakelaar.                                (1)

3.3    Baie besighede skep intranets wat werknemers toegang tot netwerkhulpbronne
       gee. Noem enige TWEE netwerkhulpbronne wat op ŉ intranet gedeel kan word.            (2)

3.4    Vandag het jongmense, van regoor die wêreld, besef dat geld verdien kan
       word as jy ŉ groot genoeg aanlyn-aanhang het. Baie handelsmerke werk saam
       met internetpersoonlikhede en beïnvloeders om hul produkte te bemark.

       3.4.1    Verduidelik kortliks die volgende terme/konsepte:

                (a)   Sosiale media                                                         (1)

                (b)   Beïnvloeders                                                          (1)

       3.4.2    Gee TWEE riglyne wat jy kan volg wanneer jy op die internet
                kommunikeer.                                                                (2)

       3.4.3    Wat word die ongewenste pos wat e-pos gebruikers ontvang, genoem?           (1)

3.5    Noem en beskryf kortliks TWEE kategorieë van webwerwe.                               (4)

                                                                  TOTAAL AFDELING C:        24

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

8                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                        (EC/NOVEMBER 2022)

AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR
VRAAG 4
Die hoeveelheid data en inligting oor individue wat enige plek op die internet gestoor
word, vermeerder vinnig elke dag.

4.1   Foto's, finansiële rekords, werkgeskiedenis en aankope is slegs ŉ paar van die
      soorte data en inligting wat gratis beskikbaar is vir ander, of teen ŉ fooi, wat in
      databasisse gestoor word.
      4.1.1    Verduidelik kortliks wat ŉ databasis is.                                      (1)
      4.1.2    Noem en verduidelik TWEE tipe databasisse.                                    (4)

      4.1.3    Die ontwerp van ŉ databasis word deur TWEE faktore bepaal/
               beïnvloed. Noem die TWEE faktore.                                             (2)

      4.1.4    Verduidelik kortliks die konsep verspreide databasis en lys TWEE
               voorbeelde van verspreide databasisse.                                        (3)

      4.1.5    Lys enige TWEE nadele van ŉ gesentraliseerde databasis.                       (2)

4.2   Lys enige DRIE rolle van ŉ databasisprogrammeerder.                                    (3)

4.3   Ten einde vir die rekenaar om data te gebruik om resultate te produseer wat
      besluitnemingtoelaat, moet die data van goeie gehalte wees. Noem DRIE
      eienskappe van kwaliteitdata.                                                          (3)

4.4   Verduidelik wat datavalidering is.                                                     (1)

4.5
              tblSuppliers                           tblProducts
                SupplierID                             ProductCode
                SupplierName                           SupplierID
                ContactNo                              BrandName
                Address1                               ProductDesc
                Address2                               CostPrice
                City
                PostalCode
                Email
                                                  tblTransactions
                                                          TransactionID
                                                          ProductID
                                                          TransDate
                                                          Quantity
                                                          UnitPrice
                                                          AmountDue

      4.5.1    Teken die bostaande tabelle in jou ANTWOORDEBOEK oor.
               Identifiseer ŉ primêre sleutel (PS) en vreemde sleutel (VS) vir elke
               tabel. Skep ŉ entiteitsverwantskap ('ER') tussen die entiteite.
                         (10 ÷ 2)                                                            (5)

      4.5.2    Noem die datatipe vir die veld ContactNo in tblSuppliers.                     (1)

                                                                 TOTAAL AFDELING D:          25
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2022)                     INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                               9

AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING

VRAAG 5

5.1    Onderskei tussen ŉ logiese lêer en ŉ fisiese lêer.                                   (2)

5.2    Oor die algemeen, is dit beter om te verhoed dat gebruikers foute maak as om
       hulle na die tyd in te lig dat hulle foute gemaak het.

       5.2.1 Noem DRIE kategorieë van programmeringsfoute.                                  (3)

       5.2.2 Wat is ŉ ander naam vir ŉ fout in programmering behalwe die woord
             (‘bug’)?                                                                       (1)

       5.2.3 ŉ Professionele manier om te voorkom dat ŉ program faal ('crash'),
             word … genoem.                                                                 (1)

5.3    In baie toepassings moet groot hoeveelhede data willekeurig gestoor en
       gebruik word, skikkings word meestal hiervoor gebruik.

       5.3.1 Verduidelik kortliks wat ŉ skikking is.                                        (1)

       5.3.2 Noem en verduidelik TWEE tipes skikkings.                                      (4)

       5.3.3 Analiseer die arrPunte skikkingsdiagram wat hieronder getoon word en
             beantwoord die onderstaande vrae.

                     60        70         85           80        90          75

               (a)    Gebruik die bogenoemde gegewe datastruktuur om ŉ skikking
                      met die naam arrPunte, te verklaar.                                   (1)

               (b)    Skryf ŉ indeks neer wat gebruik kan word om die waarde 90 in
                      arrPunte te verkry.                                                   (1)

               (c)    Wat is ŉ ander naam vir 'n indeks?                                    (1)

               (d)    Wat word die waardes wat in ŉ skikking gestoor word, genoem?          (1)

       5.3.4 Gee DRIE maniere/opsies om ŉ skikking te verklaar.                             (3)

5.4    Die volgende Delphi-stelling word gegee.

       sWord: = ‘Dwelling in the computing world’;

       Skryf die resultaat van elk van die volgende funksies neer:

       5.4.1 Delete(sWord, 17, 15);                                                         (1)

       5.4.2 Insert(‘4th IR’, sWord, 15); // Gebruik die resultaat in VRAAG 5.4.1           (1)

       5.4.3 setLength(sWord, 13);                                                          (1)

                                                              TOTAAL AFDELING D:            22

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

10                            INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                      (EC/NOVEMBER 2022)

AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

VRAAG 6

Daar is groot hoeveelhede data wat gebruik kan word om besigheidsprobleme aan
te spreek, wat jy voorheen nie sou kon oplos nie. Die waarde wat die wêreld se
grootste tegnologiese ondernemings bied, kom van hul data wat hul voortdurend
ontleed om doeltreffendheid te bevorder en nuwe produkte te ontwikkel.

6.1   Groot data het ŉ modewoord ('buzzword') geword.

      6.1.1    Noem enige DRIE aanlyndienste wat gebruik maak van groot data.            (3)

      6.1.2    Noem DRIE nadele wat met groot data geassosieer word.                     (3)

6.2   Onderskei tussen ŉ mobiele kantoor en ŉ virtuele kantoor.                          (2)

6.3   Meeste mense verstaan outomaties privaatheid en die belangrikheid van
      privaatheid.

      6.3.1    Verduidelik kortliks die konsep privaatheid.                              (1)

      6.3.2    Skryf die akroniem POPI voluit en verduidelik die doel van POPI.          (2)

      6.3.3    Noem enige DRIE maniere/tegnieke wat gebruik kan word om jou
               aanlyn-identiteit te beskerm.                                             (3)

6.4   Noem VIER tipes probleme wat gewoonlik met rekenaars geassosieer word.             (4)

6.5   Die begeerte om gewild te wees en om die nuutste tegnologieë aan te gryp,
      het die behoefte om met die ‘buzzy’ mobiele liggingsgebaseerde toeps veilig
      te wees, ingehaal.

      6.5.1    Verduidelik kortliks wat liggingsgebaseerde rekenaars/dienste is.         (1)

      6.5.2    Noem TWEE risiko’s/nadele van liggingsgebaseerde rekenaars.               (2)

      6.5.3    Noem DRIE voorbeelde van liggingsgebaseerde toeps.                        (3)

6.6   Noem DRIE vermoëns van IKT.                                                        (3)

6.7   Onderskei tussen HTTP en HTTPS (akronieme is nie nodig nie).                       (2)

6.8   Skryf die akroniem ‘OTP’ voluit.                                                   (1)

6.9   Noem enige DRIE pligte van ŉ webontwerper.                                         (3)

6.10 Data is deesdae ŉ waardevolle bate vir enige besigheid.

      6.10.1   Verduidelik kortliks die konsep rugsteun.                                 (1)

      6.10.2   Noem DRIE tipes rugsteune.                                                (3)

      6.10.3   Noem TWEE verskillende liggings waar rugsteune gestoor kan word.          (2)

                                                              TOTAAL AFDELING F: 39
                                                                  GROOTTOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2022-exemplar-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/02cbecc3-c4be-49dd-986d-125a0173594d) — Information Technology · Memo · 2022 · Afr
- [IT P2 GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-memo-nov2022-afrikaans/f5015e15-ffe2-4923-9427-07b7a1a37ae1) — Information Technology · Memo · 2022 · Afr
- [IT-P2-GR11 QP-Afr-NOV-2020](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2020-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/07b2bcb7-4a41-492b-8cf6-b9dad4f25eeb) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [IT P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans-d/efb9ea69-0c0c-4423-a8c5-4b0b4c18f010) — Information Technology · QP · 2018 · Afr
- [IT P2 GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-qp-nov2017-afrikaans/bec5c240-c7a1-4d01-b839-7c3cf5373489) — Information Technology · QP · 2017 · Afr
- [IT P2 GR11 MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/40e4609f-a288-4991-86eb-07f586af4002) — Information Technology · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Information Technology

- [Gr 11 Info Tech ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-info-tech-atp-2023-24/67fc595c-646e-4c38-9951-fe5fe3a113a7) — ATP
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 ENG](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2022-eng/463c896e-3593-418e-ae29-9566ee4c04d7) — Memo · 2022 · Eng
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2022-afr/bb1a49a4-65e0-428e-9303-788c58ca7b60) — Memo · 2022 · Afr
- [GEO-Sept-QP & Memo-2015-Gr11](https://www.hlayiso.com/library/geo-sept-qp-memo-2015-gr11/cfa849fa-4151-4938-b293-d0122c3a72c6) — QP + Memo · 2021
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2020-afrikaans/b58d463e-025c-4716-9255-6eeeebfafbc3) — Memo · 2020 · Afr
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2020 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2020-afrikaans-d/25d21533-ac81-4ade-a4b8-c56f655e7a81) — Memo · 2020 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
