# Life Sciences Grade 11 P1 2020 Memo (Afr)

> Grade 11 Life Sciences Paper 1 memorandum from the National Exemplar November Exam 2020 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/86bb9b90-0fcc-4491-9e5b-822429a0f705
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2020
- Exam period: National Exemplar November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/life-sciences) › [Life Sciences Grade 11 P1 2020 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/86bb9b90-0fcc-4491-9e5b-822429a0f705)

## About this document

Life Sciences · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020 · Afrikaans. Memorandum, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 11

                      NOVEMBER 2020

               LEWENSWETENSKAPPE V1
                   NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

                Hierdie nasienriglyn bestaan uit 10 bladsye.

### Page 2

2                             LEWENSWETENSKAPPE V1                          (EC/NOVEMBER 2020)

 BEGINSELS MET BETREKKING TOT DIE NASIEN VAN LEWENSWETENSKAPPE

 1.    Indien meer inligting as die puntetoekenning gegee word
       Hou op merk nadat die maksimum punte verkry is en trek ŉ kronkellyn en dui
       ‘maks’ punte in die regterkantse kantlyn aan.

 2.    Indien, byvoorbeeld, drie redes vereis word en vyf word gegee
       Merk net die eerste drie ongeag daarvan of almal of sommige korrek/nie korrek is
       nie.

 3.    Indien die hele proses beskryf word terwyl slegs ŉ deel vereis word
       Lees alles en krediteer die relevante dele.

 4.    Indien vergelykings vereis word, maar beskrywings gegee word
       Aanvaar indien die verskille/ooreenkomste duidelik is.

 5.    Indien tabulering vereis word en paragrawe gegee word
       Kandidate sal punte verbeur indien nie getabuleer nie.

 6.    As geannoteerde diagramme aangebied word in plaas van beskrywings wat
       vereis word
       Kandidate sal punte verbeur.

 7.    Indien vloeidiagramme i.p.v beskrywings aangebied word
       Kandidate sal punte verbeur.

 8.    Indien die volgorde vaag en skakelings nie sin maak nie
       Krediteer waar volgorde en skakelings korrek is. Waar volgorde en skakelings nie
       korrek is nie, moenie krediteer nie. As die volgorde weer korrek is, gaan voort om
       te krediteer.

 9.    Nie-erkende afkortings
       Aanvaar indien dit aan begin van antwoord omskryf is. Indien dit nie omskryf is
       nie, moenie die nie-erkende afkorting krediteer nie, maar krediteer die res van die
       antwoord indien dit korrek is.

 10.   Verkeerd genommer
       Indien die antwoorde die regte volgorde van die vrae pas, is dit aanvaarbaar.

 11.   Indien die taal wat gebruik word, die bedoelde betekenis verander
       Moenie aanvaar nie.

 12.   Spelfoute
       Aanvaar as dit herkenbaar is, met die voorbehoud dat dit nie iets anders in
       Lewenswetenskappe beteken nie of as dit buite konteks is.

 13.   Indien gewone name gegee word in terminologie
       Aanvaar, indien dit by die memobespreking aanvaar is.

 14.   Indien slegs letter vereis word en slegs die naam word gegee (en andersom)
       Geen krediet nie.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2020)                  LEWENSWETENSKAPPE V1                                   3

 15.   As eenhede van mates nie aangedui word nie
       Kandidate sal punte verbeur. Memorandum sal afsonderlike punte vir eenhede
       aandui.

 16.   Wees sensitief vir die betekenis van die antwoord, wat soms op
       verskillende maniere aangebied kan word

 17.   Opskrif
       Alle illustrasies (soos diagramme, tekeninge, grafieke, tabelle, ens.) moet van
       ŉ opskrif voorsien word.

 18.   Vermenging van amptelike tale (terme en konsepte)
       ŉ Enkele woord of twee in enige ander amptelike taal anders as die leerder se
       assesseringstaal waarin die meeste van sy/haar antwoorde aangebied word,
       moet gekrediteer word, indien dit korrek is. ŉ Nasiener wat in die relevante
       amptelike taal vaardig is, moet geraadpleeg word. Dit geld vir alle amptelike
       tale.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

4                             LEWENSWETENSKAPPE V1                    (EC/NOVEMBER 2020)

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1   1.1.1    B ✓✓
       1.1.2    B ✓✓
       1.1.3    D ✓✓
       1.1.4    A ✓✓
       1.1.5    C ✓✓
       1.1.6    A ✓✓
       1.1.7    D ✓✓
       1.1.8    B ✓✓
       1.1.9    D ✓✓
       1.1.10   A ✓✓                                                    (10 x 2)    (20)

 1.2   1.2.1    Uitskeiding ✓
       1.2.2    Epiglottis ✓
       1.2.3    Farinks ✓
       1.2.4    Osmoregulering ✓
       1.2.5    Medulla oblongata ✓
       1.2.6    ATP ✓ / Adenosientrifosfaat
       1.2.7    Peristalse ✓
       1.2.8    Glikolise ✓                                              (8 x 1)     (8)
 1.3   1.3.1    Slegs B ✓✓
       1.3.2    Geeneen ✓✓
       1.3.3    Slegs A ✓✓                                               (3 x 2)     (6)

 1.4   1.4.1    (a)   Nieraar ✓                                                      (1)
                (b)   Uretra ✓                                                       (1)
       1.4.2    (a)   Vena cava inferior ✓                                           (1)
                (b)   Aorta ✓                                                        (1)

       1.4.3    (a)   E ✓ – (Urien) blaas ✓                                          (2)
                (b)   C ✓ – Nierslagaar ✓                                            (2)
                (c)   D ✓ – Ureter ✓                                                 (2)

 1.5   1.5.1    Villus ✓                                                             (1)
       1.5.2    (a)   Lakteaal ✓                                                     (1)

                (b)   (Netwerk van) kapillêre bloedvate ✓                            (1)

       1.5.3    A✓                                                                   (1)

       1.5.4    Diffusie ✓ en aktiewe vervoer ✓                                      (2)

                                                            TOTAAL AFDELING A:       50

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2020)                       LEWENSWETENSKAPPE V1                                     5

 AFDELING B
 VRAAG 2
 2.1   2.1.1    (a)      A – Glomerulus ✓                                                             (1)

                (b)      B – Bowmankapsel ✓                                                           (1)

       2.1.2    (Ultra) filtrasie ✓                                                                   (1)

       2.1.3    (a)      Proteïen ✓                                                                   (1)

                (b)      Glukose ✓                                                                    (1)

                (c)      Ureum ✓                                                                      (1)

       2.1.4    -     Die nierbuisie is gekronkel ✓ om voldoende tyd toe te laat vir die
                      herabsorpsie van nuttige voedingstowwe ✓ / vergroot die oppervlak vir
                      maksimum absorpsie
                -     Die kapillêre netwerk is in noue kontak met die buisie ✓ om vinnige
                      herabsorpsie van voedingstowwe te bevorder ✓
                -     Die selle van die binnewand van die buisie word ryklik voorsien van
                      mitochondria ✓ om energie te verskaf vir aktiewe absorpsie ✓ (aktiewe
                      vervoer) van voedingstowwe terug na die omliggende kapillêre
                      bloedvate
                -     Die selle van die buisie het mikrovilli ✓ om die oppervlakte te vergroot
                      vir maksimum absorpsie ✓                                    (Enige 2 x 2)       (4)

       2.1.5    Pasiënte met onbehandelde diabetes mellitus het glukose in die urine ✓✓               (2)

 2.2   2.2.1    Koolstofdioksied / suurstof word vrygestel tydens selrespirasie ✓✓                    (2)

       2.2.2    Koolstofdioksied ✓                                                                    (1)

       2.2.3    Die helder kalkwater word melkerig wit in die teenwoordigheid van
                koolstofdioksied ✓                                                                    (1)

       2.2.4    -     Ontkiemende sade is plantdele wat aktief groei ✓
                -     daarom is die tempo van respirasie hoër ✓ as in enige ander dele van
                      die plant
                -     aangesien meer energie ✓ benodig word vir die aktiewe groeiproses
                                                                                  (Enige 2)           (2)

       2.2.5    -     Geen selrespirasie vind in die dooie sade plaas nie ✓
                -     as gevolg daarvan word geen koolstofdioksied vrygestel nie ✓ daarom
                      bly die helder kalkwater helder ✓                          (Enige 2)            (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

6                                LEWENSWETENSKAPPE V1                           (EC/NOVEMBER 2020)

       2.2.6   -     Daar is spasies tussen die vesels van die katoenprop ✓/ gasse kan
                     deur die watte diffundeer
               -     laat die afwaartse beweging van koolstofdioksied toe ✓
                                                       OF
               -     Die rubberblok laat nie die afwaartse beweging van koolstof toe nie ✓
               -     gevolglik sal geen resultaat verkry word nie ✓                              (2)

       2.2.7   - Herhaal die eksperiment ŉ paar keer ✓
               - gebruik meer sade ✓ / verhoog die monstergrootte                  (Enige 1)     (1)

       2.2.8   -     Sommige van die selle in die sade mag dalk chloroplaste bevat ✓ en
                     kan daarom
               -     fotosintese ondergaan ✓
               -     en sodoende die eindresultaat ontwrig ✓                   (Enige 1)         (1)

       2.2.9   - Temperatuur ✓
               - Lig ✓                                                                           (2)

 2.3   2.3.1   Pankreas ✓ / Eilande van Langerhans                                               (1)

       2.3.2   Die glukose is ŉ bron van energie ✓ aangesien dit tydens selrespirasie
               geoksideer (afgebreek) word                                                       (1)

       2.3.3   -     As iemand insulienweerstandigheid ontwikkel,
               -     is die liggaamselle nie in staat om insulien effektief te gebruik nie ✓/
                     nie in staat om voldoende hoeveelhede glukose te absorbeer nie
               -     Dit lei tot ŉ toename in die glukosevlak in die bloed ✓
               -     wat die pankreas stimuleer om ekstra insulien af te skei ✓
               -     om die selle in staat te stel om voldoende hoeveelhede glukose op te
                     neem ✓
               -     Die pankreas se vermoë om ekstra insulien af te skei
                     sal oor tyd begin afneem ✓
               -     wat lei tot die ontwikkeling van tipe 2-diabetes               (Enige 4)    (4)

       2.3.4   - Glukosevlak in die bloed styg bo die normale vlakke ✓
               - Die pankreas word gestimuleer ✓
               - om insulien in die bloed af te skei ✓
               - Insulien beweeg in die bloed na die lewer ✓
               - waar dit die omskakeling van oortollige glukose na glikogeen
                 stimuleer wat dan gestoor word ✓
               - Die glukosevlak in die bloed daal nou ✓ en keer terug na normaal
                                                                            (Enige 4)            (4)

 2.4   2.4.1   Om die plant te ontstysel ✓/ toe te laat dat die plant sy styselreserwes
               opgebruik                                                                         (1)

       2.4.2   Om seker te maak of die blaar heeltemal ontstysel is ✓/ om te bevestig
               dat geen stysel teenwoordig is nie                                                (1)

       2.4.3   (Verdunde) jodiumoplossing ✓                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2020)                      LEWENSWETENSKAPPE V1                                   7

       2.4.4    -    Om te verhoed dat die lig op die bedekte deel val ✓ / om lig van die
                     deel weg te hou
                -    om as kontrole te dien ✓ / om die deel in lig en donker te vergelyk        (2)

       2.4.5

                                                                    word blou-swart
                       word bruin 
                                                                   / bevat stysel
                       / geen stysel

                                                               Korrekte skets en
                                                               skakering 
                                                                                                (3)

 2.5   -   Die oppervlak van die gaswisselingorgaan moet groot wees ✓ om voldoende
           suurstof te laat diffundeer
       -   Die oppervlak moet vogtig ✓ wees; gasse versprei slegs in oplossing ✓
       -   Die oppervlak moet dun wees ✓ sodat gasse vinnig daardeur kan
           diffundeer ✓
       -   ŉ Vervoerstelsel / bloedstelsel moet beskikbaar wees ✓ om die
       -   gasse van en na die gaswisselingsoppervlakke ✓ te vervoer
       -   Daar moet ŉ voldoende ventilasie-meganisme ✓ wees om te verseker dat
           suurstofbelaaide lug ingebring word en koolstofdioksiedbelaaide lug
           vrygestel ✓ word
       -   Die gaswisselingsoppervlak moet beskerm word ✓ omdat die
           gaswisselingstelsel dun en delikaat ✓ is / sodat dit nie uitdroog nie
                                              (Merk slegs eerste DRIE) (Enige 3 x 2)            (6)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

8                                LEWENSWETENSKAPPE V1                          (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 3
 3.1   3.1.1   Tussen 0 – 2 ✓ arbitrêre eenhede ✓                                               (2)
       3.1.2   Fotosintese ✓                                                                    (1)
       3.1.3   - Geen fotosintese vind plaas nie ✓
               - slegs respirasie vind plaas ✓                                                  (2)
       3.1.4   6 mg ✓/50 cm3 ✓                                                                  (2)
       3.1.5   -     Die tempo van fotosintese is gelyk aan ✓
               -     die tempo van asemhaling ✓
                                                        OF
               -     Die hoeveelheid CO2 wat geproduseer word, is gelyk aan die
                     hoeveelheid CO2 wat
               -     opgeneem ✓ word tydens fotosintese                                         (2)
       3.1.6   - Die tempo van fotosintese bly konstant ✓
               - omdat die optimale ✓ konsentrasie van CO2 opname vir fotosintese
                 bereik is /
               - omdat chlorofilmolekules versadig is ✓
               - Ensieme is die beperkende factor ✓                                             (4)

 3.2   3.2.1   (a)      D – tussenribspiere ✓                                                   (1)
               (b)      E – diafragma ✓                                                         (1)
       3.2.2   Gesilieerde ✓ epiteelweefsel                                                     (1)
       3.2.3   Die C-vormige kraakbeenringe hou die lugpyp te alle tye oop ✓                    (1)
       3.2.4   -     Diafragma trek saam en word plat ✓
               -     Die lengte van die borsholte (d.w.s. die afstand van bo tot onder)
                     neem toe ✓
               -     Die uitwendige tussenribspiere trek saam en die ribbekas word
                     opgelig ✓
               -     Dit laat die borsholte vergroot ✓
               -     Die totale volume van die borsholte neem toe ✓ en
               -     die druk op die longe neem af ✓
               -     aangesien die atmosferiese druk groter is as die druk op die longe ✓
               -     Lug, ryk aan suurstof, word deur die luggange in die longe ingetrek ✓
                                                                                   (Enige 5)    (5)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2020)                        LEWENSWETENSKAPPE V1                                   9

       3.2.5    (a)      Alveolus                                                                (1)
                (b)      -   Die korona-virusinfeksie veroorsaak
                         -   letsels en die verdikking van die plaveiselepiteel ✓
                         -   Dit voorkom gaswisseling ✓
                         -   tussen die alveolus en die omliggende kapillêre bloedvate✓
                         -   Die ophoping van vloeistowwe in die longbuis(brongiool)
                             voorkom dat lug na die alveolus ✓ vloei
                         -   Daarom word minder suurstof beskikbaar gestel ✓
                         -   vir selrespirasie ✓
                         -   end it lei tot orgaanversaking as gevolg van ŉ gebrek aan
                             energie ✓                                            (Enige 4)      (4)

 3.3   3.3.1    (a)      A – Duodenum ✓                                                          (1)

                (b)      C – Galblaas ✓                                                          (1)

       3.3.2    -     Skei gal af ✓
                -     Is in staat om oortollige glukose in glikogeen om te skakel ✓ / stoor
                      (berg) glikogeen
                -     Stoor minerale soos yster ✓
                -     Stoor vitamiene soos A, D en B12 ✓
                -     Deaminering van oortollige aminosure vind in die lewer plaas ✓
                -     In staat om sekere skadelike stowwe te ontgif en skadeloos te
                      maak ✓                                 (Merk slegs DRIE)     (Enige 3)     (3)

       3.3.3    -     Gal word nie in die duodenum vrygestel nie, ✓
                -     daarom is geen emulsifisering van vet moontlik nie ✓/ dit word nie in
                      klein druppeltjies afgebreek nie
                -     Dit beteken dat die ensiem lipase nie vette in vetsure en gliserol ✓ kan
                      verteer (afbreek) nie en / lipase-werking word minder effektief            (3)

       3.3.4    -     Baie lang ✓ dunderm / Deel E verseker dat die voedsel vir ŉ lang
                      tydperk in die spysverteringskanaal bly vir maksimum opname
                      (absorpsie) ✓
                -     Die miljoene villi ✓ in die dunderm / Deel E vergroot die oppervlakte ✓
                      vir absorpsie
                -     Die villi se wande bestaan uit ŉ enkele ry kolomepiteelselle ✓ (dun
                      wande) vir maklike absorpsie van verteerde voedingstowwe ✓
                -     Die lakteale en kapillêre bloedvate ✓ vervoer die geabsorbeerde
                      voedsel vinnig weg
                -     Die kolomepiteelselle van die villi het microvilli ✓ om die
                      oppervlak vir absorpsie te vergroot ✓
                -     Die kolomepiteelselle het ŉ hoë konsentrasie mitochondria ✓ om
                      energie ✓ te verskaf vir die aktiewe opname (absorpsie) van voedsel
                                                                                    (Enige 4)    (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

10                               LEWENSWETENSKAPPE V1                          (EC/NOVEMBER 2020)

 3.4   3.4.1   Chloroplaste ✓                                                                  (1)

       3.4.2   Stroma ✓                                                                        (1)

       3.4.3   - Ligfase ✓ / Ligafhanklike fase
               - Donker fase✓ / Lig-onafhanklike fase                                          (2)

       3.4.4   -     Die ligfase vind plaas in die grana van die chloroplaste ✓
               -     wat chlorofil bevat ✓
               -     die chlorofil absorbeer ligenergie ✓
               -     ŉ Gedeelte van die ligenergie word gebruik om ATP ✓ te vorm
               -     ŉ Deel van die ligenergie word gebruik vir die splitsing van water ✓
                     (fotolise)
               -     In hoë-energie waterstofatome ✓ en
               -     suurstofgas ✓ wat as neweproduk in die atmosfeer vrygestel word
                                                                                  (Enige 5)    (5)

       3.4.5   -     By hoë temperature word die proteïenmolekules van die ensieme
                     gedenatureer ✓
               -     Daarom verloor die ensieme hulle funksie ✓
               -     wat die metaboliese proses (fotosintese) laat stop ✓
               -     Baie lae temperature ✓ vertraag die tempo waarteen fotosintese
                     plaasvind ✓                                             (Enige 2)         (2)
                                                                                              [50]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:            100
                                                                     GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR11 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/0400c2ec-9d59-4362-ad20-cd516e1e9a60) — Life Sciences · Memo · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR11 NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/2b87c776-2666-4205-a905-4b992d131e8a) — Life Sciences · Memo · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR11 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr11-nov2020-afrikaans/5e572d25-3d0e-49c1-b07e-e8046386defb) — Life Sciences · Memo · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 QP MEMO GR11 NOV2020ENG D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-2/035b23e8-a921-4800-be17-7e9074236922) — Life Sciences · Memo · 2020
- [LIFE SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-memo-gr11-nov-2018-afrikaans/7839a03f-5438-4e0c-801b-89ccb1dd7577) — Life Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr11-memo-nov2017-afrikaans/7df20d63-e42b-4304-a4c6-711f21b5ecc5) — Life Sciences · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 11 Life Sciences

- [Gr 11 Life Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-life-sci-atp-2023-24/4ab88214-8173-4f6e-98ea-ab509ada756b) — ATP
- [LEWENSWETENSKAPPE V1 GR11 QP NOV2025 Afrikaans 2 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-gr11-qp-nov2025-afrikaans-2-watermark/06b74e7f-2b60-466c-b6f3-5daac44e39cb) — QP · 2025 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr11-nov-2025-eng-watermark/0249505b-9116-4f42-870c-e7cabeed0f37) — QP · 2025 · Eng
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2025-qp-and-memo/31a59d87-a46a-4536-91d0-2fe1264e946a) — QP + Memo · 2025
- [EC Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/68ed48c4-d02f-4f7f-97fb-736190106d11) — QP + Memo · 2024
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/16f6b3c9-ef72-40fd-8904-5ab062f8ed6e) — QP + Memo · 2024

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
