# Life Sciences Grade 11 P1 National Exemplar November 2020 QP

> Grade 11 Life Sciences Paper 1 question paper from the National Exemplar November Exam 2020 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2020-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/64d5c86d-af00-485e-b178-ae0a4fc3dc32
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: National Exemplar November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/life-sciences) › [Life Sciences Grade 11 P1 National Exemplar November 2020 QP](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2020-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/64d5c86d-af00-485e-b178-ae0a4fc3dc32)

## About this document

Life Sciences · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                  SENIOR SERTIFIKAAT

                        GRAAD 11

                   NOVEMBER 2020

               LEWENSWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

2                               LEWENSWETENSKAPPE V1                     (EC/NOVEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

 1.   Beantwoord AL die vrae.

 2.   Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

 3.   Begin die antwoord op ELKE vraag bo-aan ŉ NUWE bladsy.

 4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

 5.   Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

 6.   Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

 7.   Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

 8.   Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
      NIE.

 9.   MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

 10. Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
     waar nodig.

 11. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2020)                    LEWENSWETENSKAPPE V1                                   3

 AFDELING A
 VRAAG 1

 1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
       die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1–
       1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
       1.1.1     Energie word tydens ... vrygestel.

                 A    fotosintese
                 B    selrespirasie
                 C    transpirasie
                 D    vertering

       1.1.2     Watter EEN van die volgende weë/paaie toon die korrekte volgorde van
                 lugbeweging tydens uitaseming?
                 A    Brongioli→brongus→alveolus→tragea
                 B    Alveolus→brongioli→brongus→tragea
                 C    Tragea→brongus→brongioli→alveolus
                 D    Alveolus→brongus→brongioli→tragea

       1.1.3     Die deel van die brein wat geaktiveer word wanneer iemand begin
                 dehidreer, is die ...
                 A    serebrum.
                 B    serebellum.
                 C    pons.
                 D    hipotalamus.
       1.1.4     Watter EEN van die volgende stowwe word tydens anaërobiese
                 respirasie deur gisselle gevorm?
                 A    Etielalkohol (etanol)
                 B    Suurstof
                 C    Glukose
                 D    Koolsuur

       1.1.5     Koolstofdioksied word hoofsaaklik in die vorm van ... vervoer.
                 A    ureum
                 B    karboksielsuur
                 C    bikarbonaatione
                 D    melksuur

       1.1.6     Watter van die volgende faktore sal die tempo van asemhaling by die
                 mens bepaal (beïnvloed)?
                 A    Koolstofdioksiedvlak in die bloed
                 B    Vlak van suurstof in die uitgeasemde lug
                 C    Hoeveelheid water in die bloed
                 D    Konsentrasie insulien in die bloed

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

4                               LEWENSWETENSKAPPE V1                         (EC/NOVEMBER 2020)

       1.1.7    As die pH van die bloed te laag daal, watter stof sal deur die selle van
                die nierbuisie vanuit die bloed in die filtraat uitgeskei word om hierdie
                wanbalans reg te stel?
                A    Kaliumione
                B    Karbonaatione
                C    Natriumione
                D    Waterstofione

       1.1.8    Die bloedweefsel wat suurstof vervoer, is die ...
                A    witbloedselle
                B    rooibloedselle
                C    bloedplaatjies
                D    hemoglobien
       1.1.9    Watter EEN van die volgende bloedvate vervoer suurstof vanaf die long
                na die hart?
                A    Pulmonêre arterie/longslagaar
                B    Nieraar
                C    Leweraar
                D    Longaar
       1.1.10   Watter streek van die nier bevat nierpiramides?
                A    medulla
                B    korteks
                C    hilum
                D    pelvis (nierbekken)                                         (10 x 2)   (20)
       1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
                Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
                ANTWOORDEBOEK neer.
       1.2.1    Die proses waardeur die liggaam van metaboliese afvalstowwe ontslae
                raak.
       1.2.2    Die struktuur wat voorkom dat voedsel tydens die slukproses in die
                lugpyp beland.
       1.2.3    Die deel van die spysverteringskanaal wat dien as deurgang vir beide
                voedsel en lug.
       1.2.4    Die regulering van die waterinhoud in die liggaamsvloeistowwe deur
                die niere
       1.2.5    Die streek/deel van die brein wat die tempo van asemhaling by die
                mens beheer
       1.2.6    Die algemene energiedraer in die selle van lewende organismes
       1.2.7    Die proses waardeur voedsel in die spysverteringskanaal van die mens
                voortbeweeg word
       1.2.8    Die fase van selrespirasie waartydens glukose in pirodruiwesuur
                omgeskakel word                                          (8 x 1)             (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2020)                  LEWENSWETENSKAPPE V1                                   5

 1.3   Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
       SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf
       slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
       (1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                          KOLOM I                               KOLOM II
       1.3.1     Setel van selrespirasie      A:    Chloroplast
                                              B:    Mitochondrion
       1.3.2     Vervoer van verteerde        A:    Nieraar
                 voedingstowwe vanaf die
                 dunderm na die lewer
                                              B:    Leweraar
       1.3.3     Hormoon betrokke by die      A:    ADH
                 herabsorpsie van water
                                              B:    Glukagon
                                                                                (3 x 2)   (6)

 1.4   Die diagram hieronder stel die menslike urienstelsel voor.

                              A
                                                      B

                                                       C

                               G
                                                       D

                                                      E

                                                       F

       1.4.1     Gee byskrifte vir dele:

                 (a)   G                                                                  (1)

                 (b)   F                                                                  (1)

       1.4.2     Noem die hoofbloedvat:

                 (a)   Wat suurstofarme bloed terugvervoer na die hart                    (1)

                 (b)   Waarin die bloed onder die hoogste druk verkeer                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

6                               LEWENSWETENSKAPPE V1                       (EC/NOVEMBER 2020)

       1.4.3    Gee die LETTER en NAAM van die:

                (a)   Deel wat urine tydelik versamel en berg                               (2)

                (b)   Bloedvat wat suurstofryke bloed direk na die nier vervoer             (2)

                (c)   Buis wat urine van die nier na deel E vervoer                         (2)

 1.5   Die diagram hieronder stel ŉ struktuur voor wat in die dunderm van ŉ mens
       voorkom.

                                                            C
                                                            D

                         B
                         A

       1.5.1    Identifiseer die struktuur wat in die bostaande diagram getoon word         (1)

       1.5.2    Identifiseer die benoemde deel wat verantwoordelik is vir die opname
                van:

                (a)   Vetsure en gliserol                                                   (1)

                (b)   Glukose en aminosure                                                  (1)

       1.5.3    Watter EEN van die bloedvate (A of B) vervoer die grootste
                hoeveelheid (meeste) verteerde voedingstowwe?                               (1)
       1.5.4    Noem TWEE prosesse wat verantwoordelik is vir die opname van
                verteerde voedingstowwe.                                                    (2)
                                                                TOTAAL AFDELING A:           50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2020)                     LEWENSWETENSKAPPE V1                                   7

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1   Die diagram hieronder stel die struktuur (bou) van ŉ nefron voor.

                                 B
                           C
                                 A

                                                D
                                 Bloed

                               Bloed

                                                                      Urine
                                         Filtraat

       2.1.1    Identifiseer die deel wat … gemerk is.

                (a)   A                                                                     (1)

                (b)   B                                                                     (1)

       2.1.2    Noem die proses wat by C plaasvind.                                         (1)

       2.1.3    Die konsentrasie van verskillende stowwe in die bloed, filtraat en urine
                word hieronder gegee.

                Ligging                 Ureum        Glukose     Proteïene      Soute
                                       g/100 cm3    g/100 cm3    g/100 cm3      g/100
                                                                                 cm3
                Bloed by deel            0,03         0,10          8,00         0,72
                A
                Filtraat                 003          0,10          0,00         0,72
                Uriene                   2,00         0,00          0,00         1,50

                Watter van die stowwe wat in die tabel getoon word …

                (a)   het nie van die deel gemerk A na B beweeg nie?                        (1)

                (b)   is teenwoordig in die filtraat, maar word weer volledig
                      geabsorbeer by deel D?                                                (1)

                (c)   bereik die hoogste konsentrasie in die urine?                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

8                               LEWENSWETENSKAPPE V1                         (EC/NOVEMBER 2020)

       2.1.4   Verduidelik TWEE strukturele aanpassings van deel D om sy funksie te
               verrig.                                                                            (4)

       2.1.5   Noem EEN manier waarop die inligting in die tabel sou verskil indien dit
               van toepassing was op ŉ pasiënt wat aan diabetes mellitus ly voordat enige
               behandeling gegee is.                                                              (2)

 2.2   ŉ Ondersoek is gedoen om vas te stel watter gas tydens selrespirasie vrygestel
       word.

       Die prosedure was soos volg:

       •   120 sade van dieselfde spesie het ontkiem
       •   60 daarvan is geskei en 30 minute in kookwater geplaas
       •   Die ander ontkiemende sade is in proefbuis A geplaas, terwyl die sade uit die
           kookwater in proefbuis B geplaas is nadat dit afgekoel het
       •   Albei apparate is met formalien afgespoel om mikro-organismes wat moontlik
           aanwesig was, te verwyder
       •   Albei apparate is opgestel soos in die diagram hieronder getoon

                       proefbuis A                             proefbuis B

                                       prop
                                                                                 prop

                                     ontkiemende
                                                                              dooie
                                         sade
                                                                              sade
                                     watteprop
                                                                             watteprop

                                      helder                                  helder
                                     kalkwater                               kalkwater

                     eksperiment                               kontrole

                                                 kartonhouer

       2.2.1   Skryf ŉ hipotese vir die ondersoek.                                                (2)

       2.2.2   Noem die gas wat tydens selrespirasie vrygestel word                               (1)

       2.2.3   Hoe is die toets vir die gas wat in VRAAG 2.2.2 genoem word, uitgevoer?            (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2020)                  LEWENSWETENSKAPPE V1                                      9

       2.2.4    Waarom is ontkiemende sade in die eksperiment gebruik?                        (2)

       2.2.5    Verduidelik waarom die resultaat in die kontrole verskil van dié in die
                eksperiment.                                                                  (2)

       2.2.6    Waarom is ŉ watteprop as ŉ versperring gebruik in plaas van ŉ
                rubberblok?                                                                   (2)

       2.2.7    Die grootte van die saad en die tempo van metabolisme in die sade
                wissel, en daarom is die resultaat wat in hierdie eksperiment verkry word,
                dalk nie betroubaar nie.

                Hoe sou jy die betroubaarheid van hierdie eksperiment verbeter?               (1)

       2.2.8    Gee ŉ rede waarom albei apparate in ŉ kartonhouer gehou word.                 (1)

       2.2.9    Watter TWEE omgewingsfaktore moet tydens hierdie eksperiment
                konstant gehou word?                                                          (2)

 2.3   Lees die volgende uittreksel.

       Insulien is ŉ hormoon wat selle toelaat om glukose te absorbeer en te gebruik.
       Dit reguleer die hoeveelheid glukose wat in die bloedstroom sirkuleer. Dit gee
       ook opdrag aan die lewer om oortollige glukose te berg.

       By mense wat insulienweerstandig is, is die selle nie in staat om insulien effektief
       te gebruik nie. Wanneer die selle nie glukose kan absorbeer nie, neem die
       glukose-vlakke in die bloed toe. Dus maak die pankreas ekstra insulien om die
       lae tempo van glukose-opname te oorkom, en is dit minder waarskynlik dat
       diabetes sal ontwikkel. Dit beteken dat die bloedglukose-vlakke binne gesonde
       perke sal bly. Mettertyd begin die pankreas se vermoë om insulien vry te stel, af
       te neem wat lei tot die ontwikkeling van tipe 2-diabetes.

       2.3.1    Noem die klier wat insulien afskei.                                           (1)

       2.3.2    Waarom word glukose deur die selle benodig?                                   (1)

       2.3.3    Beskryf hoe insulienweerstandigheid tot tipe 2-diabetes kan lei.              (4)

       2.3.4    Verduidelik hoe normale glukosevlakke gehandhaaf word wanneer ŉ
                gesonde nie-diabeet voedsel eet wat ŉ hoë persentasie glukose bevat.          (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

10                              LEWENSWETENSKAPPE V1                         (EC/NOVEMBER 2020)

 2.4   ŉ Ondersoek is gedoen om te bepaal of lig nodig is vir fotosintese.

       Die ondersoek is soos volg gedoen:

       •   ŉ Malva-potplant is 2–3 dae lank in ŉ donker kamer gehou
       •   Een van die blare is vir stysel getoets
       •   Die malva-potplant is ongeveer 4–5 uur lank in die son geplaas
       •   Een van die blare is gedeeltelik bedek met ŉ kartonstrook soos in die
           onderstaande diagram getoon
       •   Aan die einde van die ondersoek is ŉ styseltoets op dieselfde blaar uitgevoer

                                                            skuifspeld

                                                            stensil

       2.4.1   Waarom is die plant in ŉ donker kamer geplaas?                               (1)

       2.4.2   Waarom is die styseltoets na 3 dae uitgevoer?                                (1)

       2.4.3   Noem die chemikalie (reagens) wat gebruik is om vir die
               teenwoordigheid van stysel te toets.                                         (1)

       2.4.4   Waarom is slegs ŉ gedeelte van die blaar met ŉ stensil bedek?                (2)

       2.4.5   Teken ŉ diagram met byskrifte van die blaar om die resultate van die
               styseltoets aan die einde van die ondersoek te toon.                         (3)

 2.5   Verduidelik enige      DRIE    strukturele   vereistes   van   ŉ   doeltreffende
       gaswisselingstelsel.                                                                  (6)
                                                                                            [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2020)                                  LEWENSWETENSKAPPE V1                                     11

 VRAAG 3
 3.1   Die grafiek hieronder toon die verband tussen ligintensiteit en die vrystelling en
       opname van koolstofdioksied deur die blare van ŉ plant.

                                Die verband tussen ligintensiteit en die vrystelling en opname van
                                                         koolstofdioksied

                                 8

          Koolsstofdioksied
                                 7

                                 6

        opgeneem (mg/50 cm3)
                                 5
                                 4

                                 3

                                 2

                                 1
                                 0

          Koolstofdioksied
                                         5     10     15    20     25     30    35       40   45     50
                                -1

                                -2

        vrygestel (mg/50 cm3)
                                                    Ligintensiteit (arbitrêre eenhede)

       3.1.1                    By watter reeks ligintensiteite word koolstofdioksied vrygestel?                   (2)
       3.1.2                    Noem die proses wat in die blare plaasvind, wat koolstofdioksied gebruik.          (1)
       3.1.3                    Waarom word die meeste koolstofdioksied vrygestel as die ligintensiteit nul
                                is?                                                                                (2)
       3.1.4                    Hoeveel koolstofdioksied neem die blare by ŉ ligintensiteit van 20 eenhede
                                op?                                                                                (2)
       3.1.5                    As die ligintensiteit ongeveer 2 eenhede is, is daar geen netto verandering
                                in die konsentrasie koolstofdioksied rondom die plant nie. Gee ŉ
                                verduideliking hiervoor.                                                           (2)
       3.1.6                    By ligintensiteite bo 30 eenhede bly die hoeveelheid koolstofdioksied wat
                                opgeneem word, dieselfde. Gee ŉ moontlike verduideliking vir hierdie
                                waarneming.                                                                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

12                                  LEWENSWETENSKAPPE V1                     (EC/NOVEMBER 2020)

 3.2   Die diagram hieronder stel die menslike longe voor.

                                                                                B
                                                                                C

                                                                               D

                                                                               E
           A

       3.2.1   Identifiseer dele:

               (a)   D                                                                       (1)

               (b)   E                                                                       (1)

       3.2.2   Noem die epiteelweefsel wat die binnekant van deel C uitvoer.                 (1)

       3.2.3   Noem die funksie van deel B.                                                  (1)

       3.2.4   Beskryf die proses van inaseming.                                             (5)

       3.2.5   Die koronavirus, wat verantwoordelik is vir Covid-19, infekteer die
               onderste lugweë. Dit veroorsaak ŉ ophoping van vloeistowwe in die
               longbuise en in die dele gemerk A. Verder ontwikkel die weefsel wat
               deel A uitvoer, letsels en verdik. Dit kan lei tot die dood van ŉ pasiënt.

               (a)   Noem die deel gemerk A.                                                 (1)

               (b)   Verduidelik waarom infeksie van die onderste asemhalingsweë
                     (luggange) moontlik tot die dood kan lei.                               (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2020)                   LEWENSWETENSKAPPE V1                                    13

 3.3   Die diagram hieronder stel ŉ sekere             gedeelte   van   die    menslike
       spysverteringskanaal (dermkanaal) voor.

               C

                                                                         D
               B

                A
                                                                         E

       3.3.1    Identifiseer dele:

                (a)    A                                                                     (1)

                (b)    C                                                                     (1)

       3.3.2    Noem DRIE funksies van die deel gemerk B.                                    (3)

       3.3.3    Verduidelik hoe vetvertering beïnvloed sal word indien daar ŉ blokkasie
                in die buis gemerk D sou voorkom.                                            (3)

       3.3.4    Verduidelik TWEE maniere waarop die gedeelte gemerk E struktureel
                geskik is vir die doeltreffende opname van verteerde voedingstowwe.          (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

14                               LEWENSWETENSKAPPE V1                     (EC/NOVEMBER 2020)

 3.4   Die diagram hieronder stel ŉ organel voor wat in ŉ plantsel voorkom.

                                                                          A

                                                                              B

       3.4.1   Identifiseer die organel.                                                    (1)

       3.4.2   Benoem die deel gemerk B.                                                    (1)

       3.4.3   Noem die TWEE fases van ŉ belangrike biologiese proses wat in hierdie
               organel plaasvind.                                                           (2)

       3.4.4   Beskryf die proses wat gedurende daglig in die deel gemerk A, plaasvind.     (5)

       3.4.5   Verduidelik of omgewingstemperature die proses wat in die organel –
               soos voorgestel deur die diagram – vertraag of eerder stop.                  (2)
                                                                                           [50]

                                                               TOTAAL AFDELING B:          100
                                                                   GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR11 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/0400c2ec-9d59-4362-ad20-cd516e1e9a60) — Life Sciences · Memo · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR11 NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/2b87c776-2666-4205-a905-4b992d131e8a) — Life Sciences · Memo · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020 Afrikaans .docx](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr11-nov2020-afrikaans-docx/6bfde4c0-705a-4366-b519-da158a210651) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr11-nov2020-afrikaans/548b157e-3fe2-429d-945d-ed753014122b) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 QP GR11 NOV 2020 AFR](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-gr11-nov-2020-afr/18a24e65-e159-47af-9eb1-3ab23c8d9d01) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR11 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr11-nov2020-afrikaans/5e572d25-3d0e-49c1-b07e-e8046386defb) — Life Sciences · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Life Sciences

- [Gr 11 Life Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-life-sci-atp-2023-24/4ab88214-8173-4f6e-98ea-ab509ada756b) — ATP
- [LEWENSWETENSKAPPE V1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/1bdf579b-8063-4dc2-a5bd-522094c45c65) — Memo · 2025 · Afr
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2025-qp-and-memo/31a59d87-a46a-4536-91d0-2fe1264e946a) — QP + Memo · 2025
- [EC Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/68ed48c4-d02f-4f7f-97fb-736190106d11) — QP + Memo · 2024
- [LIFE SCIENCES P2 GR 11 MEMO NOV2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2024-eastern-cape-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/1768e181-1a1b-418d-890f-2e94f97be7f3) — Memo · 2024 · Afr
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/16f6b3c9-ef72-40fd-8904-5ab062f8ed6e) — QP + Memo · 2024

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
