# Life Sciences Grade 11 P2 National Exemplar November 2020 QP

> Grade 11 Life Sciences Paper 2 question paper from the National Exemplar November Exam 2020 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2020-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/e2c907a9-58b3-4b10-97bb-66c25da2c16e
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: National Exemplar November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/life-sciences) › [Life Sciences Grade 11 P2 National Exemplar November 2020 QP](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2020-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/e2c907a9-58b3-4b10-97bb-66c25da2c16e)

## About this document

Life Sciences · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR11 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/0400c2ec-9d59-4362-ad20-cd516e1e9a60) — Memo · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR11 NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/2b87c776-2666-4205-a905-4b992d131e8a) — Memo · 2020 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                       SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 11

                        NOVEMBER 2020

                  LEWENSWETENSKAPPE V2
                      (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                               *ILFSCA2*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

### Page 2

2                            LEWENSWETENSKAPPE V2                          (EC/NOVEMBER 2020)
    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

    1.    Beantwoord AL die vrae.

    2.    Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.

    3.    Begin die antwoord op ELKE vraag boaanࢀn NUWE bladsy.

    4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
          hierdie vraestel gebruik is.

    5.    Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.

    6.    ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
          swart ink.

    7.    Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra
          word.

    8.    Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal
          geteken NIE.

    9.    MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

    10.   Jy mag ƌ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer
          gebruik waar nodig.

    11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2020)           LEWENSWETENSKAPPE V2                                               3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae
     gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs
     die vraagnommers (1.1.1–1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer,
     byvoorbeeld 1.1.10 D.

       1.1.1   Die hergroei van plante en diere in ƌ gebied nadat ƌ brand alle
               plantegroei vernietig het:

               A      Primêre suksessie
               B      Sekondêre suksessie
               C      Kompeterende uitsluiting
               D      Simbiose

       1.1.2   Watter van die volgende produseer teenliggaampies?

               A      Bloedplasma
               B      Limfosiete
               C      Makrofage
               D      Rooibloedselle

       1.1.3   Die kortstondige tipe immuniteit wat moeders aan hul babas
               oordra, word … genoem.

               A      moederlike immuniteit
               B      aktiewe immuniteit
               C      passiewe immuniteit
               D      aangebore immuniteit

       1.1.4   Elke van die volgende verhoog intraspesifieke kompetisie,
               behalwe:

               A      Te veel kos
               B      Gebrek aan water
               C      Te min spasie
               D      Te min maats

       1.1.5   ƌ Saad en ƌ spoor verskil omdat:

               A      Spore diploïed is, terwyl sade haploïed is
               B      Spore dehidrasie kan weerstaan, terwyl sade nie kan nie
               C      Spore gamete is, terwyl sade nuwe plante laat ontstaan
               D      Spore gewoonlik eensellig is, terwyl sade meersellig is

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

4                                 LEWENSWETENSKAPPE V2                   (EC/NOVEMBER 2020)

      1.1.6   ƌ Bioloog het ƌ nuwe lewende sel met ƌ duidelike selwand, maar
              sonder enige kern ontdek.

              Die sel is waarskynlik diࣉ van ƌ ...

              A       dier.
              B       bakterie.
              C       virus.
              D       plant.

      1.1.7   ƌ Ondersoek is gedoen om die doeltreffendheid van vier
              teenswambehandelings, om die groei van gis te voorkom, te toets.
              Die resultate word in die onderstaande diagram getoon.

                                                                 SLEUTEL

                                                     Mycoban     Gisgroei

              Fungiclear                             Fungisan    Geen gisgroei
                                                                 Teenswambehandelin
                  Mycocide

              Watter EEN van die volgende gevolgtrekkings kan uit die resultate
              gemaak word?

              A        Al die teenswambehandelings is ewe effektief.
              B        Al die teenswambehandelings is ondoeltreffend.
              C        Mycocide is die doeltreffendste en Fungisan die minste
                       effektief.
              D        Fungisan is die doeltreffendste en Mycocide die minste
                       effektief.

      1.1.8   Beskou die volgende wat die waterweë in Suid-Afrika beïnvloed.

              (i)      Termiese besoedeling
              (ii)     Rioolstortings
              (iii)    Suurmynafvoer
              (iv)     Oorgebruik van anorganiese kunsmisstowwe

              Watter van die bogenoemde verminder die suurstofinhoud van ƌ
              rivier?

              A        Slegs (ii) en (iv)
              B        Slegs (i)
              C        Slegs (i), (ii) en (iv)
              D        (i), (ii), (iii) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2020)             LEWENSWETENSKAPPE V2                                        5

       1.1.9     Beskou die onderstaande blokke.

                     3 cm                  2 cm                1 cm
                     OA: 54 cm2            OA: 24 cm2          OA: 6 cm2
                     Volume: 24 cm3        Volume: 8 cm3       Volume: 1 cm3
                     Blok A                Blok B              Blok C

                Volgens die bostaande diagramme is die blokke met die hoogste
                oppervlak-tot-volume verhouding:

                 A    Blok A

                 B    Blok B

                 C    Blok C

                 D    Almal is dieselfde

                                                                       (9 x 2)    (18)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

6                              LEWENSWETENSKAPPE V2                        (EC/NOVEMBER 2020)

    1.2   Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
          Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.8) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

          1.2.1      Simbiotiese verwantskap tussen E. coli-bakterieë wat in die
                     ingewande voorkom van die mens

          1.2.2      Die mikro-organisme wat gebruik word tydens die vervaardiging
                     van bier en brood

          1.2.3      ƌ Diagram wat die evolusionêre verwantskappe tussen
                     verskillende organismes toon

          1.2.4      Voortplantingstruktuur waarin die gamete in gimnosperme
                     aangetref word

          1.2.5      ƌ Proses wat deur oormatige voedingstowwe in water veroorsaak
                     word wat tot algebloei lei en waterkwaliteit verminder

          1.2.6      Die verskeidenheid plant- en dierelewe in ƌ bepaalde habitat

          1.2.7      Die uitskakeling van een spesie in ƌ habitat as gevolg van die
                     mededinging van ƌ soortgelyke spesie wat dieselfde ekologiese
                     nis beset

          1.2.8      Gas wat op stortingsterreine geproduseer word en wat moontlik
                     as biobrandstof gebruik kan word                     (8 x 1)            (8)

    1.3   Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS
          A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
          Skryf slegs A, slegs B, Beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
          (1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                               KOLOM ǿ                           KOLOM ǿǿ
          1.3.1      Blom van ƌ monokotiel             A: Kelk
                     (eensaadlobbige)                  B: Kroon
          1.3.2      Fungi                             A: Saprofities
                                                       B: Prokarioties
          1.3.3      Verminderde beskikbaarheid        A: Geneties gemodifiseerde
                     van water                            gewasse
                                                       B: Vernietiging van vleilande
                                                                                   (3 x 2)   (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2020)          LEWENSWETENSKAPPE V2                                              7

 1.4    Bestudeer die onderstaande diagramme.

             DIAGRAM 1                DIAGRAM 2                DIAGRAM 3

                                      C

            A
                                                 D

           B

                                                                     E

        1.4.1    Noem die koninkryk waaraan die bogenoemde organismes behoort.            (1)

        1.4.2    Noem die Afdeling/Filum waaraan die organisme in DIAGRAM 1
                 behoort.                                                                 (1)

        1.4.3    Gee die LETTERS wat die gametofietgenerasie voorstel.                    (2)

        1.4.4    Gee die DIAGRAMNOMMER van die groep wat NIE op water vir
                 voortplanting staatmaak NIE.                                             (2)

        1.4.5    Gee die DIAGRAMNOMMER van die groepe wat as
                 sadeproduseerders beskou word.                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

8                                           LEWENSWETENSKAPPE V2                                 (EC/NOVEMBER 2020)

 1.5    Bestudeer die onderstaande twee bevolkingsgroeikurwes.

                                          GRAFIEK 1                                           GRAFIEK 2

                                   F

        Bevolkingsgrootte                                            Bevolkingsgrootte
                                                           D
                                                   C

                                                                                                       E
                                      B

                            A

                                             Tyd                                                 Tyd

 1.5    1.5.1               Verskaf byskrifte vir fases:

                            (a)   B                                                                                (1)

                            (b)   C                                                                                (1)

                            (c)   E                                                                                (1)

        1.5.2               Noem die tipe groeivorm wat deur GRAFIEK 1 voorgestel word.                            (1)

        1.5.3               Watter groeikurwe sal die groei van ƌ bakteriekolonie voorstel?                        (1)

        1.5.4               Gee die LETTER van die fase waar:

                            (a)   Die geboortesyfer gelyk aan die sterftesyfer is                                  (1)

                            (b)   Die geboortesyfer die sterftesyfer verreweg oorskry                              (1)

        1.5.5               Wat stel die pyle in GRAFIEK 1 voor?                                                   (1)

        1.5.6               Gee TWEE redes waarom die beginfase, A, stadig begin.                                  (2)

                                                                                         TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2020)           LEWENSWETENSKAPPE V2                                                9

  AFDELING B

  VRAAG 2

  2.1    Die nuwe coronavirus met die naam COVID-19 het tydens 2020 tot
         pandemievlak gestyg. Wetenskaplikes regoor die wêreld het meegeding om ƌ
         entstof te vervaardig om die virus te beveg. Dit sou egter maande duur voordat
         ƌ entstof vrygestel kon word nadat dit ontdek is.

         Hieronder is die virus wat ons wêreld verander het.

                                                                  A

                                                   B

         2.1.1   Verskaf byskrifte vir die virale dele wat onderskeidelik, A en B,
                 gemerk is.                                                                      (2)

         2.1.2   Waarom word antibiotika nie voorgeskryf om die virus te beveg nie?              (2)

         2.1.3   Verduidelik hoe ƌ entstof werk om ons teen ƌ siekte te beskerm.                 (3)

         2.1.4   Waarom sal dit so lank duur voordat ƌ entstof vrygestel kan word?               (2)

  2.2    Malaria veroorsaak jaarliks wêreldwyd meer as 400 000 sterftes.

         2.2.1   Noem die protosoön wat malaria veroorsaak.                                      (1)

         2.2.2   Wat is die vektor wat malaria versprei?                                         (1)

         2.2.3   Gee TWEE algemeen simptome wat by malariapasiënte voorkom.                      (2)

         2.2.4   Hoe kan malaria voorkom word as daar geen medikasie of entstof
                 beskikbaar is nie?                                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

10                          LEWENSWETENSKAPPE V2                            (EC/NOVEMBER 2020)

  2.3   Aartappels is ƌ stapelvoedsel in baie lande, insluitend Peru. Die Internasionale
        Aartappelsentrum in Lima, Peru, is ƌ saadbank wat 4 500 verskillende soorte
        aartappelsade variëteite berg. Baie van hierdie variëteite word nie gebruik nie,
        aangesien boere verkies om slegs enkele variëteite wat goed groei te gebruik.
        Die meeste boere beoefen monokultuur en verbou slegs een variëteit/soort
        aartappel.

        Om die aartappelsaad te versamel, word die vrugte of aartappelbessies gepluk
        en rypgemaak. Die sade kan vir baie jare lewensvatbaar bly.

        Die onderstaande diagramme toon die aartappelbessie (Diagram A), die
        aartappelsaad in die bessie (Diagram B) en die aartappelblom (Diagram C).

                DIAGRAM A                                  DIAGRAM B

                                         DIAGRAM C

                                                                        U

                     P                                                  S
                     Q                                                  T
                     R
                                                                       V

        2.3.1   Noem die plantafdeling waaraan aartappels behoort.                           (1)

        2.3.2   Verskaf byskrifte vir die blomkranse gemerk U en V in Diagram C.             (2)

        2.3.3   Gee die LETTER en NAAM van die deel in Diagram C:

                (a)      Wat na bevrugting in die aartappelbessie sal ontwikkel              (2)

                (b)      Waar die manlike gamete geproduseer word                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2020)             LEWENSWETENSKAPPE V2                                           11

        2.3.4    Die aartappelblomme is helder pers met ƌ klein hoeveelheid nektar.
                 Stel voor hoe hierdie blomme bestuif kan word.                                   (1)

        2.3.5    Gee EEN:

                 (a)        Voordeel van monokultuur                                              (1)

                 (b)        Nadeel van monokultuur                                                (1)

        2.3.6    Verduidelik TWEE redes waarom saadbanke belangkrik is.                           (4)

        Boere gebruik egter nie sade om hul aartappelplante te kweek nie, maar hulle
        plant eerder die aartappelknol wat begin het om wortels te ontwikkel soos in
        die onderstaande prentjie getoon.

        2.3.7    Is hierdie metode om aartappels te verbou ƌ voorbeeld van
                 ongeslagtelike- of geslagtelike voortplanting?                                   (1)

        2.3.8    Verduidelik EEN voordeel om aartappels op hierdie manier te verbou.              (2)

  2.4   Die onderstaande diagramme toon diere wat aan dieselfde filum behoort.

        2.4.1        Noem die filum waaraan bogenoemde organismes behoort.                        (1)

        2.4.2        Watter tipe simmetrie word deur lede van die bogenoemde filum
                     getoon?                                                                      (1)

        2.4.3        Teken ƌ eenvoudige, benoemde diagram van ƌ dwarssnit deur die
                     liggaamswand om die aantal weefsellae wat by hierdie filum
                     voorkom, aan te toon.                                                        (4)

        2.4.4        Verduidelik hoe die liggaamsplan van hierdie diere-filum geskik is vir
                     hul sittende/sessiele lewenswyse.                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

12                              LEWENSWETENSKAPPE V2                     (EC/NOVEMBER 2020)

  2.5    Bestudeer die onderstaande diagram van die erdwurm. Erdwurms behoort
         tot die filum Annelida, wat selomatiese organismes is.

                                               Derm

                 Anus

                                                             Clitellum
                         Dorsale bloedvat

                        Aorta-boë

                        Brein

                                                            Slukderm
                                                          Ventrale bloedvat
                                                Ventrale senuweekoord
             Mond                        Farinks

         2.5.1       Toon hierdie organisme kefalisasie?                                       (1)

         2.5.2       Gee ƌ rede vir jou antwoord wat in die bostaande diagram
                     sigbaar is.                                                               (1)

         2.5.3       Op watter wyse is ƌ seloom voordelig vir die erdwurm?                     (2)

         2.5.4       Waarom benodig lede van die Annelida ƌ bloedstelsel?                      (2)

         2.5.5       Beskryf op watter wyse erdwurms vir boere ekonomies belangrik
                     is.                                                                    (4)
                                                                                           [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2020)                         LEWENSWETENSKAPPE V2                                          13

 VRAAG 3

 3..1                 Lees die onderstaande uittreksel en bestudeer die grafiek wat die aantal
                      sebras en leeus in Parkwoodwildreservaat oorࢀn tydperk van 65 jaar
                      toon.

 3.1                  Die belangrikste rede waarom leeus genoeg kos kan kry, is omdat hulle
                      gewoonlik koöperatief (in ƌ groep) jag. Gewoonlik omsingel verskeie leeus
                      die trop waarop hulle jag maak en dryf hul prooi stadig in die rigting van die
                      leeuwyfies wat in die lang gras wegkruip. Hierdie leeuwyfies val hul prooi,
                      van die kante of van agter af, aan. Leeus is nie vinnige roofdiere nie. Deur
                      in groepe te werk, kan hulle op hul prooi jagmaak wat andersins te vinnig
                      vir hulle sou wees. Leeus word verder bevoordeel deur in ƌ groep te jag,
                      as hulle ƌ dier doodmaak wat te groot vir ƌ individu is om aan te val.
                      Sebras is een van die vernaamste prooisoorte van leeus.

                      Die onderstaande grafiek toon die aantal sebras en leeus in
                      Parkwoodwildreservaat oor ƌ tydperk van 65 jaar.

                            Grafiek wat die sebra- en leeubevolking in Parkwood-
                                       wildereservaat van 1950–2015
                      400

                      350

                      300             B

       Aantal diere
                      250

                      200

                      150                     A

                      100

                       50
                              1950 1955 1960 1965 1970 1975 1980 1985 1990 1995 2000 2005 2010 2015
                        0
                                                               Jaar

                      3.1.1      Gee TWEE redes, genoem in die uittreksel, waarom die
                                 sosiale struktuur (jag in groepe) van leeutroppe sulke
                                 suksesvolle jagters maak.                                               (2)

                      3.1.2      Watter tipe verwantskap word tussen leeus en sebras in die
                                 bostaande grafiek getoon?                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

14                              LEWENSWETENSKAPPE V2                         (EC/NOVEMBER 2020)

        3.1.3        Watter lyn (A of B) stel die leeubevolking voor?                       (1)

        3.1.4        Gee TWEE redes vir jou antwoord in VRAAG 3.1.3.                        (2)

        3.1.5        In 1995 was daar ƌ groot afname in die aantal sebras in die
                      reservaat. Gee EEN omgewingsfaktor wat hierdie afname kon
                      veroorsaak het.                                                       (1)

        3.1.6        Sebras woon in kuddes. Verduidelik EEN rede waarom die
                     lewe in kuddes voordelig is.                                           (2)

        3.1.7        Verduidelik waarom die moontlikheid dat die sebra- en
                     leeubevolkings dravermoë kan bereik, beperk word.                      (3)

 3.2   3.2.1         Definieer die volgende:

                     (a)   Aardverwarming                                                    (1)

                     (b)   Voedselsekerheid                                                  (3)

       3.2.2         Noem die vernaamste gas wat deur mense geproduseer word wat
                     vir aardverwarming verantwoordelik is.                                  (1)

       3.2.3         Verduidelik hoe aardverwarming ƌ negatiewe uitwerking op
                     voedselsekerheid het.                                                   (5)

 3.3   Die verspreiding van Uitheemse Indringerplante (‘IAP’ ‘Invasive Alien
       Plants’) in die wateropvanggebiede van Suid-Afrika is kommerwekkend. In ƌ
       land wat water reeds skaars is, beteken dit dat minder water vir landbou- en
       huishoudelike gebruik beskikbaar is. In ƌ onlangse studie van die
       opvangsgebied van die Olifantsrivier is gekyk na die waterverbruik van
       sommige van die mees indringende spesies (in m3 per hektaar gemeet) en
       die gebied wat hulle binnedring (in hektaar gemeet).

       Die resultate word in die onderstaande tabel getoon.

            Uitheemse                  Waterverbruik           Gebied binnegedring
        Indringerspesies               (m3 / hektaar)          deur plante (hektaar)
       Arundo donax                         1155                       5406
       Eucalyptus sp.                       1250                        116
       Pinus sp.                            2550                        752
       Populus sp.                           645                        358
       Salix babylonica                      830                        358

       3.3.1     Gee die:

                 (a)        Onafhanklike veranderlike                                        (1)

                 (b)        Afhanklike veranderlikes                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/NOVEMBER 2020)              LEWENSWETENSKAPPE V2                                        15

        3.3.2        Watter metode kan gebruik word om die oppervlakte wat deur
                     uitheemse plante binnegedring is, te bereken?                         (1)

        3.3.3        Hoeveel water het Pinus sp. in die opvangsgebied van die Olifants-
                     rivier verbruik? Toon ALLE berekeninge.                               (3)

        3.3.4        Teken ƌ geskikte grafiek om die waterverbruik van die
                     verskillende uitheemse indringerspesies in die opvangsgebied van
                     die Olifantsrivier aan te toon.                                       (6)

        3.3.5        Gee DRIE maniere wat gebruik kan word om van uitheemse
                     indringerplante ontslae te raak.                                      (3)

        3.3.6        Gee EEN manier waarop jy as individu die aantal uitheemse
                     indringerspesies in Suid-Afrika kan verminder.                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

16                           LEWENSWETENSKAPPE V2                        (EC/NOVEMBER 2020)

  3.4     Die onderstaande bevolkingspiramides toon die verandering in die Suid-
          Afrikaanse bevolking van 1990 tot 2019. Ons kan sien dat Suid-Afrika in 1990 van
          ƌ ontwikkelende land na ƌ meer ontwikkelde land beweeg het. Die data is deur
          middel van ƌ sensus versamel.

        100+
                                                       Suid-Afrika 1990
        95-99
                                                       Bevolking: 36 800 506
        90-94
        85-89
        80-84
        75-79
        70-74
        65-69
        60-64
        55-59
        50-54
        45-49
        40-44
        35-39
        30-34
        25-29
        20-24
        15-19
        10-14
          5-9
            10% 8%     6%    4%     2%   0%     2%     4%    6%   8%
                 Persentasie Mans             Persentasie Vroue

        100+
        95-99                                         Suid-Afrika
                                                      South Africa2019
                                                                   2019
        90-94                                         Bevolking:
                                                      Population: 58
                                                                  58 558
                                                                     558 267
                                                                         267
        85-89
        80-84
        75-79
        70-74
        65-69
        60-64
        55-59
        50-54
        45-49
        40-44
        35-39
        30-34
        25-29
        20-24
        15-19
        10-14
          5-9
          0-4
            10% 8%      6%    4%    2%   0%      2%     4%   6%   8%
                 Persentasie Mans              Persentasie Vroue

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/NOVEMBER 2020)            LEWENSWETENSKAPPE V2                                              17

          3.4.1      Definieer die konsep sensus.                                             (1)

          3.4.2      Watter groep, mans of vroue, het ƌ hoër lewensverwagting?                (1)

          3.4.3      Watter piramide (1990 of 2019) toon:

                     (a)     ƌ Vinnig toenemende bevolking,                                   (1)

                     (b)     Lae lewensverwagting?                                            (1)

          3.4.4      Verduidelik TWEE redes vir die verandering in die vorm van
                     die piramide van 1990 tot 2019.                                          (4)

          3.4.5      Waarom is dit belangrik dat regerings die inligting in ƌ
                     bevolkingspiramide toon?                                                 (3)

                                                             TOTAAL AFDELING B                100
                                                                 GROOTTOTAAL:                 150

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020 Afrikaans .docx](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr11-nov2020-afrikaans-docx/6bfde4c0-705a-4366-b519-da158a210651) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr11-nov2020-afrikaans/548b157e-3fe2-429d-945d-ed753014122b) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR11 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr11-nov2020-afrikaans/5e572d25-3d0e-49c1-b07e-e8046386defb) — Life Sciences · Memo · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 QP MEMO GR11 NOV2020ENG D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-2/035b23e8-a921-4800-be17-7e9074236922) — Life Sciences · Memo · 2020
- [LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/6384ce3f-cccc-427f-a368-7b8fe8b152a4) — Life Sciences · QP · 2018 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov2017-afrikaans/5c136a7a-ccf7-4459-99cd-5fb4f04747c4) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 11 Life Sciences

- [Gr 11 Life Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-life-sci-atp-2023-24/4ab88214-8173-4f6e-98ea-ab509ada756b) — ATP
- [LEWENSWETENSKAPPE V1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/1bdf579b-8063-4dc2-a5bd-522094c45c65) — Memo · 2025 · Afr
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2025-qp-and-memo/31a59d87-a46a-4536-91d0-2fe1264e946a) — QP + Memo · 2025
- [EC Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/68ed48c4-d02f-4f7f-97fb-736190106d11) — QP + Memo · 2024
- [LIFE SCIENCES P2 GR 11 MEMO NOV2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2024-eastern-cape-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/1768e181-1a1b-418d-890f-2e94f97be7f3) — Memo · 2024 · Afr
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/16f6b3c9-ef72-40fd-8904-5ab062f8ed6e) — QP + Memo · 2024

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
